OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

nuwewyn.co.za
from nuwewyn.co.za More from this publisher
01.05.2013 Views

Ja, ons ken en praat gedurig oor Hom as die Man van smarte en die Mens aan die kruis. Maar Hy is lankal nie meer net dit nie. Hy is nou die Een wat opgestaan het uit die dood, wat opgevaar het na die hemel, waar Hy as die Koning van alle konings op die troon sit en totaal in beheer is. Sien iets raak van Sy majesteit. As die groot en magtige Skepper van alle dinge (vgl. Joh. 1:3). As die Koning van die konings aan die regterhand van Sy Hemelse Vader wat in die hoë hemel sit (Heb. 1:3; Op. 1:5). Immanuel. God met ons. God wat in ons woon deur Sy Gees. Wat in en deur Sy teenwoordigheid, genade, liefde en krag by ons is, en in ons midde aan die werk is. Om ons te troos, te bemoedig en tot oorwinning te lei. Hy is immers die Een wat rondbeweeg tussen ons ... tussen die lampe ... in die gemeentes van ware gelowiges wêreldwyd. As jy Hom raaksien en herken, is dit eintlik soos om in die son te kyk met jou blote oë. Verblindend en oorweldigend. Dit is net God se Gees wat jou hiertoe kan "meevoer". Wat jou, midde die harde werklikheid van elke dag om jou, midde al die seer en die pyn, vir jou 'n kykie kan gee van hoe dit alles lyk van God se kant af ... En wat jou help om raak te sien dat die lewe en die toekoms in Sy hande is! Daarom kan ons weet: ons is veilig!

Openbaring 1(B) Jesus, die Seun van die mens ... Probeer vir jouself die toneel voorstel: Jy hoor 'n stem agter jou, hard, maar terselfdertyd ook strelend soos die geluid van water wat vloei. As jy omdraai, staan Hy daar: die Een wat jy liefhet, Jesus. Hy staan daar as die "Seun van die mens" - soos Daniël, daar in Dan. 7:13, Hom eens gesien het. Gelaaide woorde wat vertel van 'n heilige God wat 'n "mier tussen die miere" kom word het. Om diegene in die miershoop te kom red. Wat 'n vriend van tollenaars en sondaars geword het (vgl. Mat. 11:19), om ons te kom red. Omdat Hy ons so liefhet. Hy staan daar met sy lang, wit kleed met die goue band om die bors. Wat ons herinner aan die kleredrag van die hoëpriester van die ou bedeling op die groot versoendag. Op daardie dag het hy die offerandes geslag en die bloed daarvan op en voor die verbondsark in die Allerheiligste van die tabernakel of tempel gesprinkel (vgl. Lev. 16). Sien Hom in jou geestesoog aan die kruis ... Sy bloed wat vir jou gevloei het ... Sodat God jou genadig kan wees! Sodat daar vir eens en altyd vrede moontlik kan wees tussen God en sondige mense. Sien Hom daar staan, nadat Hy alles gedoen het wat nodig was ... Om volkome versoening vir ons te doen ... Met Sy hande nat van die bloed. Helder rooi, teen die wit van sy kleed. Hoor Hom God se seën uitspreek oor dié wat buite gestaan en wag het: "Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!" (Num. 6:24-26) Hoor hoe die Hebreërskrywer sê: "Met sy eie bloed en nie met dié van bokke en kalwers nie, het Hy net een maal die heiligdom binnegegaan en ‘n ewige verlossing tot stand gebring. Wanneer die bloed van bokke en bulle en die as van ‘n vers op die onreines gesprinkel word, maak dit hulle uiterlik rein. Hoeveel te meer sal die bloed van Christus ons gewete bevry van die las van dade wat tot die dood lei, sodat ons die lewende God kan dien! Hiervoor het Christus immers Homself as volkome offer deur die ewige Gees aan God geoffer ... nou het Hy net een keer in die voleinding van die tye verskyn om deur sy offer die sonde weg te neem" (Heb. 9:12-14,26). Die sonde waarmee die vyand ons die verderf wou insleep, se mag en houvas is breek. Sy bloed het die uitstaande skuld betaal. Die straf is uitgedien. Nou kan God diegene wat dit glo totaal vryspreek! Laat dit jou troos wees: die Een wat dit alles namens en vir ons bewerk het, is hier by ons. In ons midde. In ons. Deur Sy Gees. Ons is nie alleen nie. Ons is nie vergete en alleen agtergelaat nie. Hy is self hier by ons. As die Hoëpriester. Soos die Hebreërskrywer oor Hom skrywe: "Elke hoëpriester is ‘n mens wat uit die mense geneem en aangestel word om vir hulle by God in te tree deur gawes en offers vir die sondes te bring. Hy kan meegevoel hê met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self aan swakheid onderhewig is" (Heb. 5:1,2). Hy staan hier as Een wat met ons saamvoel. Wat weet wat ons deurgaan. Wat voel wat ons voel. Wat met onvoorwaardelike liefde na ons as stukkende mense kyk. Hoe kan dit dan anders! Hy is immers die Een wat, in plaas van veroordeel, self die straf vir ons gedra het.

Ja, ons ken en praat gedurig oor Hom as die Man van smarte en die Mens aan die kruis. Maar Hy is

lankal nie meer net dit nie. Hy is nou die Een wat opgestaan het uit die dood, wat opgevaar het na

die hemel, waar Hy as die Koning van alle konings op die troon sit en totaal in beheer is.

Sien iets raak van Sy majesteit. As die groot en magtige Skepper van alle dinge (vgl. Joh. 1:3). As die

Koning van die konings aan die regterhand van Sy Hemelse Vader wat in die hoë hemel sit (Heb. 1:3;

Op. 1:5).

Immanuel. God met ons. God wat in ons woon deur Sy Gees. Wat in en deur Sy teenwoordigheid,

genade, liefde en krag by ons is, en in ons midde aan die werk is. Om ons te troos, te bemoedig en

tot oorwinning te lei.

Hy is immers die Een wat rondbeweeg tussen ons ... tussen die lampe ... in die gemeentes van ware

gelowiges wêreldwyd.

As jy Hom raaksien en herken, is dit eintlik soos om in die son te kyk met jou blote oë. Verblindend

en oorweldigend.

Dit is net God se Gees wat jou hiertoe kan "meevoer". Wat jou, midde die harde werklikheid van

elke dag om jou, midde al die seer en die pyn, vir jou 'n kykie kan gee van hoe dit alles lyk van God se

kant af ... En wat jou help om raak te sien dat die lewe en die toekoms in Sy hande is!

Daarom kan ons weet: ons is veilig!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!