01.05.2013 Views

Die Antieke wêreld en sy mense (saamgestel ... - Ngkpierneef.co.za

Die Antieke wêreld en sy mense (saamgestel ... - Ngkpierneef.co.za

Die Antieke wêreld en sy mense (saamgestel ... - Ngkpierneef.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die Antieke wêreld en sy mense

(saamgestel deur dr Jaco Boonzaaier)

1. Ons is kinders van ons tyd. 'n Mens kan jou kwalik 'n wêreld voorstel sonder selfone, rekenaars, internet

en multi-kanaal televisie. Kyk jy egter van nader na die geskiedenis sien jy dat al hierdie uitvindinge en

ontwikkeling baie nuut en vars is. In die tagtigerjare van die vorige eeu was die tegnologie van vandag die

inhoud van ruimtefiksie films en gedagtevlugte van dagdromers.

Met bogenoemde in gedagte kan ‘n mens jou net met inspanning voorstel hoe dit moes wees om in die

antieke wêreld te lewe. Een ding darem oor die antieke wêreld: dit het baie stadiger as vandag beweeg!

Letterlik vir duisende jare het dinge op min of meer dieselfde manier gewerk. Ontwikkeling soos ons dit

verstaan, was daar nie.

‘n Mens is binne perke daarom veilig as jy veralgemeen wanneer dit kom by die leefwêreld van die mense

van die Bybelse tye. Die manier waarop mense gelewe het en hoe die wêreld gewerk het, het oor die loop

van eeue vir alle praktiese oorwegings konstant gebly. Trouens, die Industriële rewolusie was eintlik eers

die begin van ontwikkeling soos ons daaroor nadink.

2. Kultuur: Met dit gesê, ‘n opmerking oor kultuur. ‘n Mens sien in die Bybel ‘n mosaïk van kulture. Trouens,

die Bybel verteenwoordig ‘n tapiserie van kulturele waardes en gebruike. Wanneer sekere kultuurgebruike

van die tyd verskil van kultuurgebruike in ‘n ander tyd, moet ‘n mens ‘n oog daarvoor hê dat die sentrale

boodskap van die Bybel ingeweef is in die kultuur van die dag. Indien dit nie gebeur nie, kan ‘n mens maklik

verkeerde afleidings maak. Wanneer jy byvoorbeeld in die OT lees ons van poligame huwelike en later in die

NT van een man en een vrou, dui dit op kultuurverskille. Dit is nie ‘n ‘bewys’ van ontwikkeling nie; trouens

indien dit die geval was, sou die moderne Mormone in Salt Lake City (wat plek plek nog poligamie beoefen)

as ‘n onderontwikkelde gemeenskap bestempel kon word.

Hoekom is dit belangrik om na die antieke wêreld en sy mense te kyk? Ek wil dit graag met ‘n voorbeeld

illustreer. Wanneer jy met Amerikaner of Kanadees gesels en hulle noem dat hulle vanaand na die ‘Golden

Arches’ gaan, weet jy waarvan hulle praat? Gaan hulle ‘n nuwe museum besoek? Gaan hulle dalk na ‘n

nuwe inkopiesentrum toe? Waarvan praat hulle? Om te verstaan, moet jy die kode-taal binne die Noord-

Amerikaanse kultuur verstaan. As jy dit ken, sal jy weet dat die ‘Golden Arches’ na niks anders nie as

McDonalds verwys! Sien, dit was nie moeilik nie...of was dit? Ek moet erken dat ek die eerste keer toe ek

van die ‘Golden Arches’ gehoor het, nie geweet waarvan die mense praat nie. Hulle opgewondenheid oor

hulle aandete het by my verbygegaan omdat ek nie verstaan het nie.

Hierdie voorbeeld help ‘n mens om te verstaan hoekom dit belangrik is om iets te verstaan van die antieke

wêreld en sy mense; dit is immers die plek en tyd waar die Bybel tot stand gekom het. Om die boodskap van

die Bybel ten volle te verstaan, vra daarom dat ek probeer om ‘n greep op die wêreld van destyds te kry.

Kom ek probeer om dit met ‘n voorbeeld uit die Bybel te verduidelik.

In Openbaring 3:15-16 lees die bekende gedeelte oor die gelowiges wat daarvan aangekla word dat hulle

lou geword het. Was hulle maar koud of warm dan was die saak reg, maar nou is hulle lou en sal uitgespoeg

word. Hoe moet ‘n mens dit verstaan? Wel, hier is hoe ‘n mens dit NIE moet verstaan nie:

Dit gaan hier oor geestelike temperatuur. Jy moet eerder koud wees - die Here opsy stoot of eenkant laat –

as om halfhartig te glo. Het jy al hierdie uitleg gehoor? Wat dink jy daarvan? Stem jy saam? Wel, kan ek

sake so ‘n bietjie deurmekaar krap? Indien dit waar is dat daar volgens hierdie uitleg drie roetes is, naamlik

warm, lou en koud, hoe rym dit met Jesus se woorde in Matteus 7:13-14 dat daar eintlik net twee roetes is?

Sien jy die probleem? Die gewilde ‘goue middeweg’ wat dikwels in Openbaring 3 ingelees word, is fiktief.

Hoe moet ons nou die beeld verstaan? Kom ek gee jou ‘n bietjie agtergrond uit die antieke wêreld.

Die gemeente aan wie die brief in Openbaring 3:14-22 gerig is, het gewoon in die dorpie Laodisea. Dit is

vandag ‘n ruïne in die moderne land van Turkye. Uit die geskiedenis weet ons dat Laodisea een groot

probleem gehad het, naamlik die dorp het nie ‘n waterbron gehad nie. Nie te ver van Laodisea nie het twee

ander dorpe, Kolosse en Hïerapolis tot stand gekom. Kolosse het die wonderlikste koue waterbronne gehad.

Dit is vandag nog te sien terwyl Hïerapolis bekend was in die eerste eeu vir die natuurlike warmwaterbronne

rondom die dorp. Die stadsvaders van Laodisea het destyds gesels met Kolosse en Hïerapolis en die

waterkanale van beide dorpe aangelê na Laodisea. Daarmee was die probleem van water opgelos, behalwe

vir een klein stukkie detail... teen die tyd dat die warm en koue water tot by Laodisea gevloei het, was albei

strome louwarm. Die koue water het warm geword en die warm water het koud geword. Die water was te

koud om in te bad en te warm om te drink. Trouens, as jy al louwarm water gedrink het, sal jy presies weet

hoekom ‘n mens dit uitspoeg eerder as drink. In ‘n neutedop was die water nutteloos behalwe as jy dit koud

of warm gemaak het. Teen hierdie tyd sien jy seker hoe die betekenis van Openbaring 3 nou ‘n ander kleur

kry.

1

Dit gaan nie oor drie moontlikhede nie; dit gaan net oor twee. Jy is óf geskik of nie; jy is daarom óf

warm/koud óf lou. Sien, ons is terug by die twee roetes waarvan Jesus gepraat het; jy is in of uit. Daar is nie

‘n middeweg nie.

Ek hoop dat hierdie voorbeeld jou gehelp het om te verstaan hoe belangrik dit is om die agtergrond van die

Bybel – die leefwêreld van die Bybel en sy mense beter te leer ken.

Vir die doel van die Bybelskool gaan ons op enkele aspekte fokus. Ek hoop egter dat hierdie inleiding jou

prikkel om nog meer en langer hieroor te lees. ‘n Waarskuwende woord, as ek mag. Die internet (Google by

name) bevat letterlik miljoene artikels en opinies. Wees egter bewus daarvan dat ‘n goeie 80% plus totaal

onbetroubaar is. Jy sal jouself lelik deurmekaar maak as jy alles glo wat jy daar raaklees! Daarom sou ek

aanbeveel dat jy eerstens moeite doen om die regte bronne op te spoor en dan te begin lees. Indien jy

hulpmiddels of leiding hiermee nodig het, vra gerus.

3. Die wêreld van die antieke mens

Wanneer ‘n mens met ‘n vliegtuig oor ‘n area vlieg sien jy deur die venster dinge van ver af. Jy kan met een

slag ‘n groot stuk van die landskap onder jou raaksien. Dit beteken egter nie dat jy die detail van elke pad en

naambord kan sien nie. Die oorsig help jou egter om ‘n prentjie van die groter landskap te vorm. Wanneer jy

later met ‘n motor in die area rondry, sal jy die paaie en naamborde leer ken. Ons gaan min of meer op

dieselfde manier die saak benader. Ons begin met die 10 duisend meter prentjie – die een uit die vliegtuig

se venster. Daarna sal ons ‘n paar roetes verken om die detail van nader te leer ken. Daar gaan egter baie

paaie wees wat ons op ‘n ander stadium sal moet ry. Geniet die reis!

4. Waar ‘speel’ die Bybel af?

In Suid Afrika weet ons dat die mense van verskillende dele van ons land praat verskillend en leef

verskillend. Jy hoef maar net in ‘n besige inkopie-sentrum in Kaapstad, Durban, Johannesburg en Pretoria te

sit en kyk om dit te sien. En dan praat ‘n mens nie eers van die mense in die Noordkaap of boere van die

Vrystaatse platteland nie!

Dit is gevolglik belangrik om te onthou dat die Bybel ‘afspeel’ in die Midde-Ooste. Dit is gevolglik logies dat

‘n klomp van die kulturele eiegoed van die omgewing in die Bybel te sien sal wees. ‘n Mens moet gevolglik

op twee vlakke sensitief wees rondom die agtergrond van die Bybel. Eerstens is daar ‘n reuse leefwêreld

verskil en tweedens ‘n stel kulturele verskille tussen ‘n Midde-Oosterse en Westerse wêreld waarbinne ons

leef. Genoeg hieroor, kom ons begin ons verkenningsreis…

4.1. ‘n Landbouwêreld

Die wêreld van die Bybel was ‘n landbou-georiënteerde wêreld waar tussen 80-90% van die bevolking

kleinboere was wat deur middel van landbou aktiwiteite aan die lewe gebly het. Terwyl ‘n hoeveelheid van

die kleinboere op een plek geboer het, was daar ook ‘n hoë voorkoms van trekboere wat met hulle vee

deur onherbergsame dele getrek het, op soek na weiding en water. Landbou, soos ook die meeste ander

ekonomiese aktiwiteite, was familie-georiënteerd. Die familie, as die basiese ekonomiese eenheid van die

antieke wêreld, het dus bepaalde produkte verbou of sekere items vervaardig en dit op die openbare

markte van die hand gesit, of vir ander lewensmiddele verruil.

4.2. Ongeletterd

Die oorgrote meerderheid mense in die eerste eeu was ongeletterd en finansieel ook baie arm. Minder as

10% van die antieke bevolking kon lees en skryf, terwyl rykdom weer in ‘n baie klein groepie stedelike

elite, soos die aristokrasie, godsdienstige leierskorps en militêre hoofde, se hande gekonsentreer was.

Rondom hierdie groep, wat sowat 2-5% van die totale bevolking uitgemaak het, was daar ‘n verdere

groepering mense versamel wat hulle ten dienste was, soos amptenare, offisiere, regsgeleerdes en

skrifgeleerdes.

4.3 Swak toestande

Die stede was primêr rondom die behoeftes van die elite ingerig, daarom het dit nie oor die basiese

strukture van ons moderne stede, soos ‘n ekonomiese infrastruktuur en algemene dienste soos lopende

water en riolering, beskik nie. Toestande in stede was oor die algemeen maar haglik vanweë die hoë

bevolkingsdigtheid. Daar word byvoorbeeld bereken dat die stad Antiogië rondom die eerste eeu ‘n

bevolkingsdigtheid van sowat 120 mense per akker gehad het, terwyl ‘n moderne stad soos New York

maar ‘n bevolkingsdigtheid van ongeveer 38 mense per akker het.

4.4 Lewensverwagting

Swak higiëniese toestande binne die stede (asook op die platteland), gebrekkige mediese dienste, en hoë

vlakke van misdaad het ‘n hoë sterftesyfer tot gevolg gehad. Trouens, volgens sommige geleerdes was

die mortaliteitsyfer in die antieke wêreld so hoog dat slegs sowat 40% van alle persone ouer as 16 jaar

2

geword het; 25% ouer as 26 jaar; 10% ouer as 46 jaar, terwyl slegs 3% van die bevolking ouer as 60 jaar

geword het. Die grootste voordeel van antieke stede was die feit dat hulle (gewoonlik) ommuur was, wat

relatiewe veiligheid vir die inwoners verseker het, asook die feit dat mense hulle produkte hierbinne aan

die rykes kon verkoop.

4.5 Armoede

Ten spyte van die relatief groot groepe mense wat in die antieke stede saamgetrek was, het die meeste

mense gedurende dié tyd in klein dorpies of gemeenskappe op die platteland gewoon waar hulle deur

middel van landbou aan die lewe gebly het. Vanweë gebrekkige infrastrukture, natuurrampe, hoë

belastings en oorloë het die meeste mense egter finansieel baie swaar gekry. In Palestina alleen het meer

as 70% van die bevolking rondom die eerste eeu onder die broodlyn geleef, wat in dié tyd op ‘n bedrag

van 200 denarii per jaar bereken is. ‘n Denarius was die loon wat iemand vir ‘n dag se werk betaal is. As

gevolg van werkskaarste en hoë religieuse- en staatbelastings was die oorgrote meerderheid Jode egter

nie in staat om hierdie tipe inkomste te genereer nie. Dit het tot gevolg gehad dat baie van hulle al hulle

grond en besittings verloor het en selfs as slawe verkoop is.

Jesus is in 6 v.C. gebore, kort voor die einde van Herodus die Grote se heerskappy in 4 v.C. Hy het groot

geword in die dorpie Nasaret in die heuwels van Suid-Galilea, baie naby aan die Hellenistiese stad

Sepporis waar Griekse en Romeinse spele in die groot teater opgevoer is. As houtwerker saam met sy pa

het Jesus ‘n selfs nog laer sosiale status as die tipiese plattelandse "peasants" gehad, aangesien

houtwerkers gewoonlik nie eens hulle eie stukkie grond besit het nie.

4.6 ‘n Manswêreld

Al kom daar heelwat positiewe opmerkings oor vroue in die Ou Testament voor, was Jode rondom die

eerste eeu van mening dat die vrou ‘n ondergeskikte posisie teenoor die man beklee en dat mans van

nature vroue se meerdere was. ‘n Populêre opvatting gedurende hierdie tyd was dat die sondeval by

vroue begin het; daarom is hulle ook as meer ydel, materialisties en listig as mans beskou. So het vele

Jode byvoorbeeld geglo dat daar drie dinge aan vrouens is wat altyd toe moes wees, naamlik hulle

monde, bene en hare. Met hulle monde praat hulle allerlei onsinnighede wat hulle mans in die

verleentheid kan bring, met hulle bene kan hulle ander mans verlei en deur met los hare in die openbaar

te verskyn, daag hulle hul eie mans se gesag oor hulle uit. Volgens die Misjna, ‘n versameling van Joodse

mondelinge tradisies en wette wat rondom die derde eeu nC op skrif gestel is, is vroue ook verbied om die

wet van God saam met mans te bestudeer.

Een rabbi het selfs so ver gegaan om te sê dat ‘n vrou soos ‘n stuk vleis is waarmee ‘n man kan maak net

wat hy wil. Dit was natuurlik nie net in die Joodse wêreld waar die vrou ‘n ondergeskikte rol teenoor die

man beklee het nie. Ook in die Grieks-Romeinse wêreld, waar vroue oor die algemeen meer

geëmansipeerd as in die Joodse wêreld was, was die man steeds die onbetwiste hoof. Daarom kon die

groot Romeinse filosoof Seneka by geleentheid skryf dat die man gemaak is om te heers en die vrou om

te gehoorsaam en te swyg.

Uit die enkele voorbeelde wat hierbo opgenoem is, blyk dit dat mans vroue nie as hul gelykes beskou het

nie. Veral binne die Joodse wêreld was mans deeglik bewus van die feit dat hulle die belangrikste van al

God se skepsels is. Aan hulle, en nie aan vroue nie, is die opdrag tot voortplanting immers gegee. Hulle

moes egter nie alleen net die menslike geslag in stand hou nie, maar moes ook namens hulle families alle

godsdienstige funksies verrig, soos om in die tempel te offer en die sinagoge te besoek.

Die kernfout wat ons kan maak, is om te dink dat die Bybelskrywers hulle kultuuropset geïgnoreer het of

reeds oor die Nuwe Testament beskik het. Hulle dink dus nie soos ons nie.

4.7 Die rol van die pa

Die vader was uiteraard die belangrikste figuur binne die eerste eeuse familie. Veral binne die Romeinse

wêreld het die vader lewenslange mag oor sy gesin gehad, selfs al het sy kinders later getrou en ‘n eie

huishouding begin. Kinders kon byvoorbeeld geen grond van hul eie koop of besit, of ‘n testament opstel

sonder hulle vader se toestemming nie. Die beheer van die Romeinse vader oor sy gesin (bekend as

patria potestas) het verder behels dat hy die reg gehad het om eers na die geboorte van sy kinders te kon

besluit of hy hulle wel as sy kinders wou aanvaar of nie. Sou hy byvoorbeeld besluit om ‘n kind nie as sy

eie te aanvaar nie, is so ‘n baba gewoonlik op een van die ashope buite die dorp of stad weggegooi.

Terselfdertyd het ‘n vader ook die reg gehad om sy kinders as slawe te laat verkoop of selfs om hulle te

laat doodmaak indien hulle nie aan hom gehoorsaam was nie.

Hierdie mag van lewe en dood van ‘n vader oor sy kinders is trouens eers in die jaar 374 nC deur keiser

Valentinianus herroep.

3

Dit was die Mediterreense vader se taak om in sy familie se behoeftes aan kos en klere te voorsien.

Terselfdertyd het hy ook die plig gehad om sy gesin in die openbaar (dit wil sê, by die vergaderplekke van

mans, soos die stads- of dorpsplein) en by die kultus te verteenwoordig en om hulle goeie naam te

beskerm. Hy moes ook sy kinders help opvoed. So is daar byvoorbeeld van Joodse vaders verwag om

hulle seuns te onderrig in die gebooie van die Here en om hulle, na hulle twaalfde jaar, saam te neem na

die openbare godsdienstige byeenkomste.

4.8 Groepsmense

Tydens ‘n onderhoud vir ‘n nuwe werk is die eerste vraag wat gewoonlik aan jou gestel word ‘n vraag na

al jou kwalifikasies. ‘n Mens se papiere bepaal immers vandag in ‘n groot mate wie jy is. In die wêreld van

die eerste eeu was dit egter nie die geval nie. Wanneer mense in daardie tyd wou vasstel watter tipe

mens jy was, het hulle gewoonlik vir jou gevra wie jou pa is, van watter dorp jy afkomstig is, of tot watter

groep of volk jy behoort. Aangesien mense in die tyd van die Nuwe Testament nooit as losstaande

individue beskou is nie, is hulle meestal geassosieer met hulle families, gemeenskappe of hul tuisdorpe.

Daarom word daar byvoorbeeld in die evangelies gepraat van Jesus van Nasaret, die seun van Josef (Joh

1:45), of van Simon seun van Jona (Matt 16:17), of van die seuns van Sebbedeus (Mark 10:35), of van

Paulus van Tarsus.

‘n Mens se stam of groep was natuurlik ook van groot belang. Trouens, die belangrikste papiere waaroor

Judeërs rondom die eerste eeu beskik het, was hulle geslagsregisters; dit wil sê, die lyste van al hulle

voorvaders se name.

Binne die sterk patriargaal georiënteerde eerste eeuse wêreld is dit te verstane dat eer ten nouste aan

mense se geslag gekoppel is. Mans het eenvoudig meer eer as vrouens gehad. Indien ‘n persoon ook

nog binne ‘n eervolle familie of stam gebore is (soos die stam van Benjamin - sien Fil 3:5), het dit beteken

dat so iemand ook by voorbaat ‘n eervolle persoon was. Aan die ander kant, indien ‘n persoon oneervolle

ouers gehad het, is so iemand ook as oneervol beskou. Vergelyk maar net die negatiewe oordeel in

Deuteronomium 23:2-4 oor kinders wat uit ontoelaatbare geslagsgemeenskap gebore is, wat selfs tot in

die tiende geslag nie lid van die gemeente van Israel kon word nie.

In hierdie wêreld van die eerste eeu was nie juis plek vir individualisme nie. Die verskillende groepe soos

die familie, die plaaslike gemeenskap, dorp, stad, stam of volk waartoe persone behoort het, het mense

se identiteit bepaal. Aangesien rolle binne hierdie groepe baie stereotiep van aard was, was

aangeleenthede wat vandag vir ons geweldig belangrik is, soos persoonlike regte, eie keuses en die reg

tot vrye assosiasie, nie juis hoog op die agenda nie. Individue het sodoende nie veel seggenskap gehad

oor met wie hulle wou trou, watter beroepe hulle sou volg, met wie hulle vriende wou wees, watter

godsdiens hulle wou aanhang, en dies meer, nie. Die groter groepe, en met name die familie as die

belangrikste instelling gedurende die eerste eeu, het meestal die finale sê oor hierdie aangeleenthede

gehad.

In die tyd van die Nuwe Testament is mense buite die groep meestal met groot wantroue bejeën. Hulle is

as buitestaanders beskou met wie nie eintlik gemeng is nie. Allerlei stereotipes is daarom rondom

buitestaanders ontwikkel sodat groepslede presies kon weet hoe om teenoor hulle op te tree. Op makrovlak

het die Grieke byvoorbeeld na ander volke as barbare (in die Grieks: barbaroi) verwys omdat hulle

sulke onverstaanbare, bar-bar geluide maak. Op hulle beurt het die Fariseërs weer, van diegene wat

ongehoorsaam aan die voorskrifte van die wet van Moses was, neerhalend gepraat as die mense van die

land. Hierdie (meestal negatiewe) etikettering van buitestaanders het uiteraard bygedra tot die

vervreemding tussen groepe mense.

4.9 Eer en Skaamte

Persone kon ook eer bekom wanneer dit deur ‘n baie belangrike persoon, soos ‘n keiser, koning of ‘n

godheid aan hulle toegesê is. Wanneer een van die keisers byvoorbeeld Romeinse burgerskap aan ‘n

bepaalde stad of dorp geskenk het, het dit onmiddellik die status van al die inwoners dramaties verhoog.

Verder kon persone ook eer verwerf deur sosiale interaksie met buitestaanders. Deur byvoorbeeld ‘n

ander persoon van dieselfde sosiale status se goeie naam in die openbaar uit te daag by wyse van

debatte, beledigings, strikvrae, ensovoorts, kon ‘n persoon sy eie eer en dié van sy groep verhoog indien

hy daarin kon slaag om die ander persoon openlik te verneder.

Hier sluit ons eers die 10 duisend meter perspektief af. Ons gaan in die volgende weke na meer detail rondom

van die sake kyk.

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!