01.05.2013 Views

Laai af - Ngnelspruitsuid.co.za

Laai af - Ngnelspruitsuid.co.za

Laai af - Ngnelspruitsuid.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die afgelope jaar het ons die Safari van Liefde-projek

gehad.

Hierdie jaar sit ons dit voort onder die tema:

2012 is my Omgee-Jaar

Jakobus moedig ons ook aan in 2:17

So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan

nie, is dit sonder meer dood.

Ons nooi u hartlik uit om hierdie jaar, by een van die

aksies en bedieninge betrokke te raak en ons gemeente te

omskep in ‘n Omgee-Gemeente wat grond vat!

Kyk gerus na die aangehegte lys van bedieninge, aksies

en belangegroepe. Voltooi die vormpie by die plek waar u

‘n bydrae wil maak en handig die voltooide vormpie by die

kerkkantoor in of gooi dit tydens ‘n erediens, in die kollekte

sakkie.

Met vriendelike groete

Jean, Louis en Carel

2

Die eredienste is die hoofbyeenkomste van ons gemeente.

Daarom maak dit ‘n geweldige bydrae tot die identiteit daarvan.

Woordverkondiging is die taak van die leraars. Hulle strewe

daarna dat dit altyd eerlik en betroubaar wees en grondvat in die

tyd waarin ons lewe.

Voorts wil ons hê dat die erediens hartlik, netjies en keurig sal

wees. Hiervoor is ‘n ruim span persone nodig vir:

1. HELPERS TYDENS NAGMAAL. By ongeveer vyf

geleenthede ‘n jaar, vier ons hierdie spesiale erediens. Die

hulp wat benodig word, is vir voorbereiding en bedien van

nagmaal en opruim na die tyd

2. OPNEEM VAN KOLLEKTES. 12 persone is elke

Sondagoggend nodig vir die opneem van die dankoffers

Hierdie is klein takies waarby enige persoon kan help.

Die kontakpersoon is:

Koos Bothma

Sel: 083-675-1830

3

KLEUTERKERK

Die Kleuterkerk, vir 3 tot 6 jariges, vind tydens die

Oggenddiens in die Lapa plaas. Hier word ons Kleuters op ‘n

Kreatiewe manier meer van God geleer.

Kontak Trinette Joubert by 083 650 5379

KINDERKERK EN KLEINGROEPE

Die Kinderkerk, vir Graad 1 tot Graad 6, vind in die Lapa

plaas van 08:30 tot 10:00 op ‘n Sondag. Die geleentheid is in

2 dele verdeel: Eers vind die Kinderkerk plaas en dan verdeel

hulle in Kleingroepe om verder oor die Tema te gesels.

Kontak Fransien Taljaard by 084 602 1338

JEUGDIENS EN KLEINGROEPE

By die Jeugdiens word ons Tieners op hulle eie unieke manier

meer van God en sy betrokkenheid by ons geleer. Die

geleentheid is in 2 dele verdeel: Eers vind die Jeugdiens plaas

en dan verdeel hulle in Kleingroepe om verder oor die Tema

te gesels.

Kontak Ds Louis Pienaar by 082 878 1743.

4

JUVENTAS

Juventas is die plek om op ‘n Vrydag te wees as jy ‘n Tiener

is. Hier kry ons Tieners die geleentheid om verhoudings te

bou, hope pret te hê, cool temas te bespreek en God te loof.

Plek: Lapa

Tyd: 18:30 tot 21:30

Kontak Prop Danie Strydom by 082 448 7098

JONG WERKENDES

Woensdagaande van 18:30 af kom ons naskoolse jongmense in

die Lapa bymekaar. Hierdie is die regte plek om aktuele

temas te bespreek, gesonde verhoudings te bou en God te

dien.

Kontak Prop Danie Strydom by 082 448 7098

5

KAMPE

6

Daar vind ‘n

verskeidenheid van

Kampe en Uitstappie

plaas. Kinderkerkkamp

en uitstappie,

Tienerkamp en

uitstappie,

Skoolverwisselingskamp

en nog vele meer.

Kontak Ds Louis Pienaar by 082 878 1743.

UITREIKE

Elke jaar word daar ‘n Uitreikspan na ‘n vakansieoord gestuur

om vir ‘n week lank daar die evangelie te bring.

Maandeliks word daar ook na Daantjie uitgereik.

Kontak Ds Louis Pienaar by 082 878 1743.

Kontak Prop Danie Strydom by 082 448 7098

Doel van die bediening: Om die omgee-been van die gemeente

te laat funksioneer. Vir hierdie doeleindes is daar begin met

Mosaïek Sentrum. Die doel van die sentrum is om uit te reik na

mense en om mense toe te rus en by te staan indien daar nood

is.

Waarby kan jy betrokke raak:

Ondersteuningsgroepe: Die doel dat mense met spesifieke

probleme bymekaar kom om mekaar te ondersteun. Van die

groepe kom op maandelikse basis byeen ander op tweeweeklikse

basis. Die volgende groepe is beskikbaar en

indien u ʼn behoefte het aan ʼn nuwe groep is u welkom om

dr. Jean Strydom (083 572 4886) te kontak.

Bipolêre depressie en depressie groep

Hierdie groep is vir mense wat sukkel met

depressie of bipolêre depressie.

Kanker groep

Hierdie groep is mense wat self kanker het asook

van die familielede wat ondersteuning moet bied.

Ouers met hiperaktiewe kinders

Indien jou kind hiperaktief is dan is die

ondersteuningsgroep net vir jou.

7

(Omgee-bediening vervolg)

Geliefdes aan die dood afgestaan groep

Kom gesels saam met ander wat ook deur die

dood geraak is om dit meer hanteerbaar te maak

en dan ook berusting te vind

“DivorceCare” en “DivorceCare for kids” groep

Ons bied aan mense wat reeds deur ‘n egskeiding

gegaan het of tans daardeur gaan ‘n kursus aan

wat hulle help om hierdie baie moeilike

omstandighede te oorkom. Hierdie jaar begin ons

ook ‘n spesifieke kursus vir kinders aanbied wat

hierdeur geraak is. Kontak Debbie Struwig vir

meer besonderhede: 0834540789.

Omgee projekte: Omdat omgee deel van ons gemeente se

kern identiteit is, wil ons graag op verskeie maniere uitreik

na ander. Met die verloop van tyd is die volgende projekte

geïdentifiseer en is u welkom om hierby in te skakel. Indien u

ʼn nuwe projek identifiseer is u welkom om Fransien Taljaard

te kontak.

Hulpbehoewende lidmate binne die gemeente:

Somtyds is daar lidmate / gesinne binne die gemeente

wat swaar kry en ons wil sover moontlik hulle help.

Somtyds kan u finansieel ondersteun of ander kere dalk

op ʼn meer persoonlike wyse betrokke raak.

Nelspruit Gemeenskapsforum: Ons help een maal per week met

kosvoorbereiding vir die forum. Indien u bereid is om te help met

8

(Omgee-bediening vervolg)

die kosvoorbereiding wat u sommer by u huis kan doen,

dan is

die projek ideaal.

Koskas en Klerekas: Binne die gemeente is daar ʼn

koskas en klerekas. Dalk is jy bereid om te help met

kosaankope of somtyds net die klerekas reg te pak.

Dullstroom Sentrum vir Epilepsie: Ons gemeente is op

ʼn klein skaal by die huis betrokke. Indien jy graag

betrokke wil raak kontak Marietjie Craig.

Huis Betlehem: Dis ʼn huis van veiligheid binne ons

gemeente grense en daar is van tyd tot tyd spesifieke

behoeftes wat die huis aan ons deurgee. Indien u

hierby betrokke wil raak kontak gerus die CMR.

Waterval Boven Ouetehuis: Van tyd tot tyd het ons ʼn

uitreik daarheen. Soms braai ons vleis daar en ander

kere lewer ons pakkies vir die mense af en kuier bietjie

saam.

Suid Sorg Saam: Indien daar ʼn behoefte geïdentifiseer

is, hetsy ʼn gesin wat ʼn bed of yskas benodig dan word

dit afgekondig. Luister maar gereeld na die

afkondigings of hou die blaadjie dop en raak dan

op so wyse betrokke as jy iets ekstra het wat ander

dalk benodig.

Die kontakpersoon is:

Fransien Taljaard: Sel - 0846021338

9

Kleingroepe is vir ons gemeente belangrik en ons droom van

die dag wanneer almal iewers by ‘n Kleingroep inskakel. Dit

is die plek waar jy ander lidmate

beter leer ken en waar jy werklik

God se liefde in aksie kan beleef. Dit

is die plek waar jy naby verhoudings

bou en aan mekaar se laste help

dra. Dis ‘n plek waar jy veilig kan

voel om met ander die soet en die

suur van jou lewe te deel. Waarom

wag.

Skakel vandag nog in by ‘n

Kleingroep of begin as vriendekring

jou eie Kleingroep of Belangegroep.

Vir ‘n volledige lys van Kleingroepe of oor hoe jy te werk

moet gaan om jou eie groep te begin,

Kontak Ds Louis Pienaar by 082 878 1743.

10

Die Mannegroep is ‘n kosbare bediening waar gewone manne

mekaar se hande vat, mekaar dra en saam bid.

Ons lag saam, leer saam, sing saam,

werk saam en bid saam.

Die program is lig en kreatief en bied

iets vir elkeen aan. Ons doen

Bybelstudie of bespreek ‘n onderwerp,

of deel ‘n getuienis en nog vele meer.

Die mannegroep is baie aktief en baie sigbaar in die gemeente.

Die groep is selfgedrewe en het die afgelope paar jaar ‘n eie styl

ontwikkel. Hier word elkeen se stem gehoor.

Wedersydse respek, onderlinge vertroue en lojaliteit, is baie

belangrik. Hier mag jy maar jou hart oopmaak!

Ons kom Dinsdagaande om 18:00 in die lapa bymekaar

Die kontakpersoon is:

Peter Rösner

Sel: 083-966-9388

11

BEDIENINGSLEIER: ‘n Nuwe Leier word in Januarie

aangekondig

In 2012 word voortgebou op die gemeente se jaartema van

OMGEE. Kom word deel van hierdie jaar se span, raak betrokke

en maak ‘n verskil. Ons het vrouens soos jy nodig.

Jy kan by die volgende plekke betrokke raak:

FONDSINSAMELINGS

PROJEKTE

OMGEE VIR ANDER

KENMEKAAR

GELEENTHEDE

CHAMAL

BEGRAFNISBEDIENING

KOMBUIS

INSTANTHOUDING

PINKSTER

KOORDINERING

BLOMME RANGSKIKKING

VIR GELEENTHEDE

HELP MET ONVOORSIENE

FUNKSIES

WêRELD BIDDAG VIR

VROUE

12

Matteus 28:19-20

Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels:

Hierdie is ook die opdrag aan ons by NGSuid!

Ons is tans by die volgende projekte betrokke:

Goeie Nuus Taxi Uitreik – Op die Donderdag voor die

Paasnaweek, deel ons Christelike literatuur aan taxi’s uit

Hi-Tech – Gee verjaarsdagkaartjies aan al die personeel en doen

iets ekstra met Kersfees

Elandshoek – Dit is ‘n splinternuwe gemeente wat sopas tot

stand gekom het en ons help met fisiese werk, gebed,

persoonlike ondersteuning van die prediker

Mosambiek – ‘n jaarlikse besoek aan ‘n bedieningspunt daar

Bible Teaching College te Barberton – ondersteuning van een

student per jaar en van die personeel soos nodig.

Ons wil die lys hierdie jaar nog verder uitbrei en

nooi alle belangstellendes om hier betrokke te

raak. Dis werklik ‘n wonderlike voorreg om te

help om God se Woord uit te dra!

Die kontakpersoon is: Joggie Crots

Sel: 083-459-7089

13

Musiek is die taal wat almal verstaan – ook in die kerk!

Reg deur die Bybel is musiek en sang deel van die aanbidding

van God – daarom is dit ook vir ons hier by NGSuid baie

belangrik! Hier wil ons “Sing tot eer van die Here omdat Hy hoog

verhewe is” (Eks 15:21). Musiek en sang is gawes wat Hy aan

ons gegee het om Hom mee te dien!

Die kontakpersone is:

Die musiekbediening is ‘n dinamiese proses waar

musiek en liedere deel van mense word en mense

deel van mekaar word.

Die gemeente is tans op ‘n bestendige pad van

verantwoordelike vernuwing. Dit is die taak van

die musiekspan om die gemeente te help om te

kan “Sing tot eer van die Here!”.

Frans Buys: Sel - 0828986527

Mans, Dames & Jongmense: As jy die

Here wil dien met jou sang, nooi ons jou

hartlik uit om deel te wees van die

voorsangers. Indien jy ‘n instrument kan

bespeel: Kom! Laat ons die Here dien met

al ons instrumente!

Marianna Strydom: Sel - 0829251182

14

Doel van die bediening: Om gebed meer prominensie te gee

binne die gemeente en ook ʼn diens beskikbaar te stel waar

mense kan aanmeld vir voorbidding.

Waarby kan jy betrokke raak:

Gebedsketting: Gee vir ons jou selnommer en ons maak jou

deel van die gebedsketting. Van tyd tot tyd kan jy ʼn sms

ontvang om spesifieke voorbidding te doen vir persone.

Gebedsbulletin: Ons wil graag op kwartaallikse basis ʼn

nuusbrief in die gemeente uitgee. Die doel van die nuusbrief

is om gemeentelede toe te rus binne

verskeie aspekte van gebed.

Gebedspan: Ons het ʼn gebedspan wat

voor die erediens bymekaar kom en dan

is daar ook wat na afloop van die

erediens beskikbaar is om vir mense te

bid.

Indien jy hierby betrokke wil raak

kontak asb vir Minette Scheepers (Sel: 07825504190).

15

Die lewe het sy seisoene. Met verloop van jare kom aktiewe en

produktiewe mense in hul senior jare – die jare waar jy dikwels

hulp en spesiale aandag nodig het.

As u geroepe is om ‘n spesiale hand van omgee uit te reik aan

senior persone, nooi ek jou om by hierdie bediening in te skakel.

Die spesifieke behoeftes by hierdie bediening, is soos volg:

Help met funksies: Daar is drie bederffunksies en ook ‘n

kersete. Ons benodig persone om te help met die maak van

verversings en met tafel versierings

Telefoniese kontakte: Kan u dalk help om ‘n paar seniors te

skakel en te hoor hoe dit gaan?

Persoonlike besoeke: Met enkele kere moet ons mense

besoek wat siek is of help met vervoer of koop van

medikasie. As u ‘n “engel” wil wees, kan u gerus hier help!

Kom help gerus, ons het

aktiewe mense se hulp,

dringend nodig!

Kontakpersoon is:

Marion Kammeyer

Sel: 072-199-3494

16

Hierdie span rus nie op hul louere nie. Om “mot

en roes”, veroudering en verwering teen te werk,

is beslis ‘n groot taak!

Hierdie mense werk hard maar het ook ‘n

besondere spangees onder hulle!

Ons het hier entoesiastiese mense nodig met

kundigheid oor een of meer van die onderskeie aspekte van

geboue en selfs die tuine.

Ons is werklik trots op ons fasiliteite en wil dit graag op ‘n hoë

standaard hou en selfs verder uitbou.

Kontakpersoon is Henk van Coller, sel: 07823359345

Die tegniese span is verantwoordelik vir die

klanksisteem en die rekenaar tydens eredienste.

Die byvoeging van ‘n videokamera, word in die

vooruitsigte gestel. As jy van tegnologie hou, is dit

die plek vir jou! Kontak vir Ludie Erasmus by sel:

0832293019 as jy hier ‘n bydrae wil maak.

17

Lofdans is die kunsvorm waar die musiek en lirieke deel van ons

liggaam word. Binne in ons, vind ‘n transformasie daarvan plaas

na ‘n nuwe vorm: Deur ritme, bewegings en simboliese

handelinge, kom dit tot uiting om die toeskouer/gehoor te beweeg

om die musiek & lirieke op ‘n nuwe vlak te beleef tot ‘n

gesamentlike lof aan ons Hemelse Vader. Lofdanse is ook ‘n

profetiese bediening wat as kanaal gebruik kan word vir

geestelike oorlogvoering of om by God vir ‘n persoon of saak in te

tree.

Lofdans is baie kreatief, ontspannend en

verrykend vir almal. Kom wees deel van

die groep en leer nuwe mense ken, kom

geniet en beleef die musiek en beleef die

energie van hierdie kreatiewe bediening.

Die rol van die lofdanser is om God te

aanbid en om ander Christene te bedien.

Die lofdansgroep tree by spesiale

geleenthede in die erediens op.

Die kontakpersoon is: Frances van Niekerk

Sel: 0833104329

18

Baie dankie vir die geleentheid om te kan getuig van die Here se

werk in ons Toerusting-groep.

Ons kom DV elke Donderdagaand bymekaar van 6:45nm tot 9nm

in NG Suid se konsistorie. Van die groeplede bring ‘n loflied of 2

saam & dan bid ons as groep saam vir leiding & openbaring wat

ons ook al bespreek.

Ons gebruik ‘n verskeidenheid van media bv DVD’s,

Powerpointaanbiedinge ens & bespreek dan agterna wat ons

raaksien & hoor.

Onder leiding van Heilige Gees fokus

ons veral op Jesus se vervulling van

die Ou Testament.

Enige persoon is hartlik welkom!

Soli Deo Gloria.

Kontakpersoon: Dr Faber vd Westhuizen

Sel: 082 878 1743

19

In die samelewing kry ‘n mens mos gelukkig die “Sonskynmense”!

Dit is die mense wat daarop fokus om seker te

maak ander mense voel tuis en is gemaklik. Dit is

mense wat altyd gereed staan om diensbaar te

wees, selfs met die kleinste takie.

In ons gemeente, is daar ‘n paar moontlikhede

waar u hartlikheid en gasvryheid kan betoon:

1. Verwelkomng by eredienste

Kontakpersoon: Dr Jean Strydom, Sel: 083 572 4886

2. Bedien verversings met begrafnisse

Kontakpersoon: Kobie Droste, sel: 0767881886

3. Bedien verversings na sommige

eredienste

Kontakpersoon: Ciska Bouwer, Sel: 079 508 3714

20

Visvang is meer as net visstokke, hoeke en aas! Visvang is ‘n fyn

kuns wat aangeleer word met ervaring, eksperimenteer,

waarneming, geduld, geduld, geduld .... Dit gaan ook oor die “tot

stilstand kom”, die natuur geniet en die saamwees met die mense

in jou groep. Die kersie op die koek is natuurlik die visstok wat

sekelstaan, die water wat kook as die skiblyf nader getrek word!

Die visvanggroep is ‘n klomp mak mense, mens-mense. Dit is oop

vir ALLE persone! Ontmoet nuwe mense, leer nuwe damme ken.

Gejaagde lewe?! Nee wat! Kom skakel by ons

in, geniet die lewe, geniet die mense. En

onthou: Jesus het van ons soort mense,

geroep om vissers van mense te word!

Kontakpersoon is:

Homer Neethling

Sel: 083-298-7225

21

Hierdie is ‘n groep vir alle persone wat dit geniet om motorfiets te

ry. Ons bly mos in die motorfietsparadys!

Daar vind heel dikwels spontane en korter

ritte plaas. Ander kere is die ritte oor ‘n

langer afstand, soos bv na Dullstroom. Op

die korter ritte kan kleiner motorfietse met

graagte saamry. Met die langer ritte is

motorfietse wat 120km/h gemaklik kan

handhaaf, meer wenslik. Ons het ongeveer twee “Motorfiets

Sondae” waar ons die erediens bywoon en direk daarna, na ‘n

plek vertrek vir bv. koffie en pannekoek.

Deur hierdie gedeelde belangstelling, het goeie vriendskappe

onstaan en maak die saam kuier, ‘n groot deel uit van elke

uitstappie.

Die motorfietsgroep is nie net daar vir rondrits

nie en maak ook ‘n verskil. Verlede jaar het ons

‘n pretrit aangebied en het vier persone bederf

met ‘n rit na Kaapse Hoop. Ons het ook ‘n uitreik

na die ouetehuis op Belfast onderneem.

Die groep is oop vir alle soorte motorfietse.

Die kontakpersoon is: Vernon Lancaster

Sel: 082-820-0290

22

Indien jy daarvan hou om God se skepping, stukkie vir

stukkie in die kameralens vas te lê, nooi ek jou om by

hierdie nuwe groep aan te sluit.

Ons kom drie kere per jaar bymekaar om mekaar se foto’s te

geniet en by mekaar nuwe fotografievaardighede te leer. Ons

beplan om een keer per jaar ‘n fotografieprojek te hou waar ons

ons kreatiwiteit en vaardighede kan skerp maak.

Hierdie groep is oop vir alle persone met enige kamera.

Kontak vir Ria Wilken by 082-338-6934.

23

24

Die skilderkuns is iets

wat elke persoon kan

geniet – ons het mos

in graad 1 al met

vetkruid ingekleur!

Dit bied ook ruimte vir ontwikkeling tot ‘n superieure en

edele kunsvorm met ‘n skerp waarneming en delikate

vaardighede om met die kwas en verf te kan skep.

In die skeppingsproses raak jy weg in die wêreld van

kwas, kleur & teksture – dit is hier waar die lekker is: Die

wegraak om jouself te vind!

Dit word beplan dat die groep op uitgesoekte

Saterdagoggende bymekaar sal kom om saam te skilder,

saam te leer en mekaar beter te leer ken. Kom en beleef

die wonderlike wêreld van kreatiwiteit en ander persone

met dieselfde belangstelling – en dit alles onder die leiding

van ‘n bewese kunstenaar. Almal welkom!

Kontak vir Heila van der Merwe by

083-659-3525.

Voltooi die onderstaande vormpie, en gooi dit in die dankoffer

sakkie of handig dit by die kerkkantoor in

NAAM: ....................................................... SELNR: ......................

Maak ‘n regmerkie in die blokkie waar u betrokke wil wees

Eredienste:

Helper tydens nagmaal

Opneem van kollektes

Jeug (Skryf asb by watter aspek u wil help)

Omgeebediening (Skryf asb by watter aspek u wil help)

Kleingroep

Mannebediening

Vrouebediening

Uitreikaksie (Skryf asb by watter aspek u wil help)

Musiekbediening

Sanger

Instrumentalis

Gebedsbediening

Senior Lidmaat bediening

Eiendomme bediening

Tegniese span

Lofdansgroep

25

Toerusting

Gasvryheidsgroep

Verwelkoming

Bediening van verversings met begrafnisse

Bediening van verversings na eredienste

Visvanggroep

Motorfietsgroep

Vertel vir ons van die idee wat jy het of die passie wat in

jou hart is. Ons luister graag daarna en sal wil kyk hoe

ons jou kan help om dit uit te bou

26

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!