01.05.2013 Views

UITLEEF VAN ONS WAARDES - Anglo American

UITLEEF VAN ONS WAARDES - Anglo American

UITLEEF VAN ONS WAARDES - Anglo American

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

GROEPSBELEID

Hierdie verklaring moet saamgelees word

met die meer gedetailleerde Groepsbeleid en

raamwerke wat van tyd tot tyd goedgekeur

word, insluitende die volgende:

• Die Anglo American Veiligheidsmanier

• Die Anglo American Beroepsgesondheidmanier

• Die Anglo American Omgewingsmanier

• Die Anglo American Sosiale Manier

• Volhoubare Ontwikkeling in die Anglo

American Verskaffersketting

• Anglo American Verskafferskode vir

Volhoubare Ontwikkeling

• Anglo American Groep Menslike Hulpbronne

Beginsels en Beleide

• Anglo American Menseregtebeleid

• Anglo American Groep HIV/VIGS Beleid

• Anglo American Besigheidsintegriteitbeleid

en Prestasiestandaarde vir Voorkoming van

Korrupsie

Ons verwelkom kommentaar rakende ons

Besigheidsbeginsels. Vir verdere inligting, kontak

asseblief:

Group Head of Government and Social Affairs

Anglo American plc

20 Carlton House Terrace

London SW1Y 5AN

E-pos: gsa@angloamerican.co.uk

www.angloamerican.co.uk

SPEAKUP

Die “SpeakUp”-fasiliteit verskaf ‘n vertroulike

en veilige manier aan werknemers, kontrakteurs,

verskaffers, besigheidsvennote en ander eksterne

belanghebbendes om gedrag te rapporteer en

onder die aandag te bring wat teenstrydig is met

ons waardes en standaarde, soos uiteengesit in

ons Besigheidsbeginsels.

Besoek www.anglospeakup.com of stuur ‘n

e-pos na anglocorporate@anglospeakup.com.

GOEIE BURGERSKAP:

BESIGHEIDSBEGINSELS

UITLEEF

VAN ONS

WAARDES

BESIGHEIDSINTEGRITEIT

VEILIGHEID EN VOLHOUBARE

ONTWIKKELING

INDIENSNEMING EN

ARBEIDSREGTE

GEMEENSKAPSONTWIKKELING

EN MENSEREGTE

GOEIE BURGERSKAP:

BESIGHEIDSBEGINSELS

Die Anglo American Groep het ‘n bewese rekord

van die positiewe verskil wat ons maak aan

die lande en gemeenskappe waar ons werk.

Ons is ambisieus en verbind tot leierskap in die

mynbedryf en om uitmuntendheid te behaal in

alles wat ons doen. Ons glo dat ons doelwit om

gehalte opbrengste aan ons beleggers te verskaf

die beste behaal word deur ons besigheid op ‘n

sosiale en omgewingsverantwoordelike wyse te

bestuur.

Ons ses kern waardes – veiligheid, sorg en

respek, integriteit, verantwoordbaarheid,

samewerking en innovasie – onderstreep hierdie

stelling en is van toepassing op hoe ons ons

bedrywighede bestuur en in ons omgang met

eksterne belanghebbendes. Om vertroue te wen

en te verdien is fundamenteel tot die sukses van

ons besigheid.

T Die veiligheid en gesondheid van ons werkers

is van kardinale belang en ons is meedoënloos in

ons nastrewe van ons doelwit van zero skade.

Ons bevorder diversiteit en inklusiwiteit om te

verseker dat werknemers van alle agtergronde

in staat is om billik te vorder en ooreenkomstig

hulle vermoëns.

Ons is verbind tot die steun van volhoubare

ontwikkeling in die samelewings waar

ons werk. Ons besef dat sommige mense

bekommerd is oor die gewaande mag van

groot korporatiewe entiteite en glo dat dit die

beste aangespreek word deur deursigtigheid en

verantwoordbaarheid.

Die aard en omvang van ons impak bring daarmee

saam die verpligtinge van respek vir menseregte,

goeie omgewingsverantwoording en etiese

optrede. Ons ondersteun die tien beginsels van

die Verenigde Nasies se Globale Impak.

Die reserwes wat ons ontwikkel word oor

die algemeen deur regerings in trust vir hulle

burgers besit. Dit skep die geregverdigde

verwagting dat ons besighede geleenthede vir

‘n reeks van belanghebbendes sal genereer.

Ons produkte dra by tot die verbetering van

mense regoor die wêreld se lewenstandaard

en ons glo verantwoordelike mynbedrywighede

kan en sal bydra tot breër ontwikkeling,

insluitende die verwerkliking van die Millennium

Ontwikkelingsdoelwitte.

Ons “Goeie Burgerskap” Beginsels sit die

standaarde uiteen wat die optrede van ons

besighede lei. Alhoewel ons bedrywig is in baie

lande en in wyd uiteenlopende toestande, het

ons waardes en beginsels universele toepassing.

Hulle geld vir alle besighede wat ons bestuur,

vir alles wat ons doen en vir elke deel van die

wêreld waarin ons bedrywig is of wat aan ons

verskaf. Ons sal toesien dat hulle behoorlik

verstaan en nagekom word en sal hulle van tyd

tot tyd hersien in die lig van ondervinding.

Sir John Parker Voorsitter Cynthia Carroll Hoof Uitvoerende gesag

ONS BELANGHEBBENDES Ons verbeter ons begrip van die samelewing

en ons plek daarin deur aktiewe betrokkenheid

met diegene om ons. Ons erken die waarde

van vennootskappe in die bou van kapasiteit,

verbetering van korporatiewe bestuur en die

bevordering van volhoubare ontwikkeling.

Ons hoof verantwoording is jeens ons

beleggers. Ons sal daarna streef om

aandeelhouerwaarde met verloop van

tyd te maksimaliseer. Ons glo dat dit die

beste bereik sal word deur intelligente

inagneming van die belange van ander

belanghebbendes en deur ‘n reputasie vir

optrede met integriteit.

Beleggers

Ons sal verseker dat volle nakoming van

relevante wette en reëls geskied. Ons sal die hoë

standaarde van korporatiewe bestuur nakom en is

verbind tot deursigtigheid en billike optrede.

Werknemers

Ons is verbind tot die veiligheid van ons

werknemers en om hulle met sorg en respek te

hanteer. Ons sal in hulle ontwikkeling belê en

toesien dat hulle loopbane nie aan bande gelê

word nie deur diskriminasie of ander arbitrêre

versperrings op die pad na vooruitgang. Ons

erken die belangrikheid van ‘n gesinslewe en om

ons werknemers toe te laat om ‘n bevredigende

werk/lewe balans te hê. Ons sal ons werkers

eerlik behandel en sal gereelde tweerigting

kommunikasie in stand hou.

Regeringsliggame

Ons sal voldoen aan die wette van ons

gasheerlande terwyl ons ook die beste

praktyk standaarde wat deur voorste interregeringsorganisasies

ontwikkel is, in ag sal

neem. Ons streef daarna om ‘n goeie keuse as

belegger en vennoot te wees.

Gemeenskappe

Ons streef daarna om sterk en respekvolle

verhoudings met die gemeenskappe waarvan

ons deel is, te skep en te handhaaf. Ons

sal gereelde interaksie met hulle opsoek oor

aangeleenthede wat hulle mag raak. Ons streef

daarna om by te dra tot die skepping van

meer welvarende, bemagtigde en aanpasbare

gemeenskappe. Ons sal ons bedrywighede

se impak op plaaslike sosiale en ekonomiese

ontwikkeling gereeld in oënskou neem en

daaroor berig. Ons sal plaaslike meganismes

voorsien vir die oorweging en oplossing van

klagtes en griewe op ‘n billike, tydige en

toeganklike wyse.

Besigheidsvennote

Ons soek wedersyds voordelige verhoudings met

ons kliënte, kontrakteurs, verskaffers en ander

besigheidsvennote, gebaseer op billike en etiese

praktyke, insluitende stiptelike betaling binne

die ooreengekome terme. Ons verwag van ons

verskaffersketting om te streef daarna om die

standaarde wat in hierdie beginsels uiteengesit

is na te kom.

Nie-regerings Organisasies

Beleefde betrekkinge kan ‘n beslissende rol

speel in die bevordering van pluralistiese

en meer aanpasbare gemeenskappe. Ons

streef na konstruktiewe verhoudings met

relevante nie-regeringsorganisasies. Hulle

insette kan ons begrip van die samelewing en

gasheergemeenskappe verbeter.

BESIGHEIDSINTEGRITEIT

Ons ondersteun ondernemingsvryheid as

die stelsel wat die beste geskik is om by

te dra tot die ekonomiese welsyn van die

samelewing en om individuele bemagtiging

en vryheid te bevorder.

Sonder winste en ‘n sterk finansiële grondslag sou

dit nie moontlik wees om ons verantwoordelikhede

na te kom jeens belanghebbendes, werknemers,

regerings en gemeenskappe en diegene met

wie ons sake doen nie. Ons beleggingskriteria

weerspieël ekonomiese, sosiale, omgewings- en

politiese faktore.

Werknemers moet hulle pligte pligsgetrou, eerlik

en met behoorlike inagneming van die vermyding

van konflikte tussen persoonlike finansiële belange

en hulle verantwoordelikhede jeens hul werkgewer

nakom. Deur die gee of ontvang van geskenke

of gasvryheid, moet werknemers ons beleide

en prosedures nakom, optree op ‘n deursigtige

wyse en verseker dat hulle nie enige onbehoorlike

voordeel soek in die bestuur van sake of in hul

omgang met publieke amptenare nie.

Ons sal nie skenkings aan politici of politieke

partye maak nie.

Ons ondersteun die Ekstratiewe Industrieë

Deursigtigheidsinsiatief en sal jaarliks verslag doen

oor ons belasting- en honorarium betalings gemaak

in die belangrike lande waar ons bedrywig is.

Ons is onverbiddelik gekant teen korrupsie.

Ons sal nie toelaat dat ons werknemers, of

diegene wat namens on optree, omkoopgeld

sal aanbied, sollisiteer, betaal of aanvaar nie.

Ons sal nie anti-kompeterende praktyke

verskoon nie en sal nie enige sulke aktiwiteite

deur ons werknemers duld nie.

Ons verbied werknemers om met sekuriteite te

handel as hulle in besit is van ongepubliseerde,

pryssensitiewe inligting.

Ons sal hoë standaarde van besigheidsvertroue

handhaaf om: wesenlike risiko’s te identifiseer

en te monitor, ons bates te beskerm en om

korrupsie op te spoor of te voorkom.

Ons sal die toepassing van ons beginsels

aanmoedig by diegene met wie ons sake doen.

Hul bereidwilligheid om die beginsels te aanvaar

sal ‘n belangrike faktor wees in ons besluit om

sulke verhoudings aan te gaan of daarin te bly.

Ons verwag van ons werknemers om persoonlik

verantwoordelikheid te neem en toe te sien

dat ons optrede voldoen aan hierdie beginsels

en moedig alle belanghebbendes aan om

besorgdheid oor potensiële verbrekings of enige

ander regs- of etiese kwessies met die bestuur

op te neem. Ons sal ‘n maklik toeganklike

“whistle blowing”-fasiliteit verskaf en bevorder.

Niemand sal benadeel word as hulle te goeder

trou ‘n kwelling deur hierdie kanaal of direk aan

die bestuur opper.

VEILIGHEID EN

VOLHOUBARE

ONTWIKKELING

Veiligheid en Gesondheid

Ons visie is nul benadeling van diegene wat

by ons bedrywighede betrokke is en van

diegene om ons. Ons glo dat alle beserings en

beroepsiektes voorkombaar is. Ons sal toesien

dat veiligheidstandaarde konsekwent toegepas

word in al ons bedrywighede, ons sal nougeset

leer uit insidente en nougeset wees in die

voorkoming van herhalings.

Omgewing

Ons visie vir die omgewing erken die sentrale rol

van goeie rentmeesterskap in die minimalisering

van die impak van ons aktiwiteite deur

eksplorasie tot by die sluiting van ‘n myn. Ons

sal myne uit die staanspoor beplan met die oog

op die beheer van die omgewings- en sosiale

impak van gestaakte en geslote myne.

Ons sal die omgewing bewaar en beskerm deur: die

doeltreffende gebruik van natuurlike hulpbronne,

insluitende energie en water en die minimalisering

van afval Ons erken die belangrikheid daarvan

om grond en water te gebruik met behoorlike

inagneming van die behoeftes van ander. Ons sal

aktiewe rentmeesterskap van grond, varswater

sisteme en biodiversiteit demonstreer.

Ons erken die uitdaging wat klimaatsverandering

daarstel op beide ‘n globale en plaaslike

vlak. Ons is verbind tot die verbetering van

die doeltreffendheid van ons energieverbruik

en streef na die vermindering van ons

kweekhuis gasuitlatings. Ons sal deelneem

aan navorsing en ontwikkelingsprogramme

Ons glo dat robuuste prosesse vir die bestuur

van veiligheid, gesondheid, omgewings- en

sosiale aangeleenthede ‘n fundamentele

element van goeie bestuurspraktyk is, asook

‘n bron van kompeterende voordeel.

om die klimaatsverandering aan te

spreek en om geleenthede te ondersoek

vir die gebruik van markgebaseerde

uitlatingsverminderingsmeganismes.

HIV/VIGS

Ons erken die tragedie wat deur die HIV/

VIGS- epidemie veroorsaak word, veral in sub-

Sahara Afrika. Ons het ‘n duidelike beleid vir die

aanspreek van HIV/VIGS en verwante siektes, soos

Tuberkulose. Ons is verbind daartoe om alle vorms

van vooroordeel te elimineer, veral die stigma en

diskriminasie op grond van ware of gewaande HIVstatus.

Ons streef daarna om geslagsgelykheid

te bevorder as deel van ons reaksie op hierdie

siekte. In ons werkplekke sal ‘n omvattende

voorkomingsstrategie bedryf word, gekoppel aan

programme vir vrywillige berading en toetsing

en ons sal behandeling verskaf aan werknemers

met HIV/VIGS. Ons is verbind tot die uitbreiding

van toegang tot behandeling na die afhanklikes van

ons werknemers en om te werk met vennote om

die gesondheidsstelsels in gemeenskappe wat met

ons bedrywighede geassosieer word, te versterk.

Ons verwag van ons verskaffersketting om te

streef daarna om die beste praktyk te behaal in

die beskerming van die veiligheid en gesondheid

van hulle werkers en in hul omgewings- en

sosiale optrede en bestuur van bronne.

Ons sal veiligheid en volhoubare ontwikkelingsaangeleenthede

aan die voorpunt van

werkplekkwessies hou en sal oor vordering in

vergelyking met ons beleide en doelwitte rapporteer.

INDIENSNEMING EN

ARBEIDSREGTE

Ons sal diversiteit bevorder en sal nie

onbillike diskriminasie of die onmenslike

hantering van werkers, insluitende enige

wyse van dwangarbeid, lyfstraf of ander

misbruik, duld nie. Ons werkers het die reg

om te werk in ‘n omgewing wat vry is van

teistering of intimidasie.

Ons streef daarna om ‘n werksomgewing

te skep wat bevorderlik is vir innovasie

en samewerking regdeur al ons

besighede en geografiese liggings. Om

verantwoordbaarheid, ‘n prestasiegerigte

kultuur en die monitering van individuele

ontwikkelingsbehoeftes aan te moedig, sal ‘n

toenemende deel van die werkers, individueel

of as lede van ‘n span, prestasiedoelwitte hê

wat gereeld hersien sal word.

Ons is verbind tot billike arbeidspraktyke

en ons diensvoorwaardes sal voldoen aan

toepaslike wette en industrie standaarde.

Arbeidsregte

Ons verbied kinderarbeid in ons bedrywighede.

Sou ons bewus word van sulke gevalle in ons

verskaffersketting, sal ons ‘n verantwoordelike

benadering ontwikkel vir die beëindiging daarvan

wat die welsyn van die kinders sal verseker.

Ons erken ons wernemers se reg van vryheid

van assosiasie en kollektiewe bedinging. Ons

betalingspraktyke sal bepaal word aan die hand van

plaaslike marktoestande en ons sal streef daarna om

te verseker dat ons lone betaal wat, as ‘n minimum,

voldoende is om in die basiese behoeftes van

ons werknemers en hul families om te sien.

Ons verwag van ons verskaffersketting om

te streef na die nakoming van al bogenoemde

diens- en arbeidsregtelike beginsels.

GEMEENSKAPSONTWIKKELING

EN MENSEREGTE

As die ontwikkeling van ‘n projek oorweeg

word, sal ons voortgaan op die basis

van ‘n volledige beoordeling van die

potensiële impak en deur vry, vooraf en

ingeligte konsultasie. Dit mag ons tot die

gevolgtrekking lei dat ons nie ‘n projek moet

ontwikkel nie, al is dit regtens toelaatbaar

en potensieel winsgewend. Ons streef

daarna om by te dra tot die ekonomiese

en sosiale welstand van gemeenskappe,

insluitende deur die ontwikkeling van

ondernemings, gebruik van plaaslike

verskaffers en om geleenthede te verskaf

vir mense van benadeelde agtergronde.

Inheemse Volkere

Ons erken die sterk kulturele en spirituele

affiniteit van inheemse volkere jeens grond en

die natuurlike omgewing en die sensitiwiteit

wat veroorsaak is deur baie inheemse groepe

se negatiewe ervaring van die mynbedryf.

Ons is daarom verbind tot die hantering van

ons verhoudings met inheemse gemeenskappe

in die gees van respek en dialoog en om hul

deelname aan die geleenthede wat deur die

mynbedrywighede geskep is, te fasiliteer.

Hervestiging

Waar dit nodig word om die hervestiging van

‘n gemeenskap te oorweeg, sal ons optree

ooreenkomstig die internasionale beste praktyk.

Ons sal voortgaan op die basis van: streef

na die vermyding van hervestiging; vrye

Ons respekteer menslike waardigheid

en die regte van individue en van die

gemeenskappe wat met ons bedrywighede

geassosieer word.

onderhandelings; deurlopende oorlegpleging met

geloofwaardige gemeenskapsverteenwoordigers;

billike vergoeding; voorsiening vir die oplossing

van griewe; ‘n vermoede van kollektiewe

hervestiging; en, as ‘n minimum, die restitusie

van lewensonderhoud.

Konflik

Ons erken dat ons aktiwiteit die dinamika en

gesagstrukture van gemeenskappe kan raak.

Ons is verbind tot die begrip van en

minimalisering van ons potensiaal om konflik in

plaaslike gemeenskappe te veroorsaak en om

saam te werk met ander om die indirekte impak

van ons aktiwiteite te bestuur.

Menseregte

Ons glo dat ons die reg en verantwoordelikheid

het om ons standpunt te stel aan regerings

oor aangeleenthede wat ons werknemers,

aandeelhouers of die gemeenskappe wat met

ons aktiwiteite geassosieer word, raak. Ons

onderskryf die Vrywillige Beginsels oor Veiligheid

en Menseregte.

Ons ondersteun die beginsels wat uiteengesit

is in die Universele Verklaring van Menseregte.

Alhoewel die primêre verantwoordelikheid

vir menseregte lê by regerings, erken ons

die verantwoordelikheid van besigheid om

menseregte te respekteer. Waar dit binne ons

vermoë is, sal ons streef om die nakoming van

menseregte in die lande waar ons werksaam is,

te bevorder.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!