01.05.2013 Views

innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk

innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk

innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

6 7

Verslag van die Voorsitter van die Direksie

GWK gaan voort om in terme van sy finansiële en ander

prestasies aan die verwagting te voldoen. Die maatskappy

is ook reg geposisioneer om in die toekoms voort te gaan om

aandeelhouer-produsente en ander belanghebbendes deur sy

werksaamhede te bevoordeel.

Die landbou word al hoe meer gekenmerk deur stygende

onsekerheid, meer volatiliteit en ‘n sake-omgewing wat daagliks

verander.

Landboubesighede moet in hierdie omgewing innoverende

besigheidsoplossings bewerkstellig deur effektiewe

waardeketting-meganismes op alle vlakke te skep. `n Ketting

is ook net so sterk soos sy swakste skakel. Daarom moet alle

belanghebbendes in die ketting betrokke wees en daardeur

bevoordeel word. Dít is wat GWK doen.

In die jaar in oorsig het GWK weer daarin geslaag om homself

effektief in die landbou-waardeketting te posisioneer. Die

kompetisie in die mark is nie net tussen produkte en maatskappye

nie, maar ook tussen waardekettings.

Landbouers moet verseker dat ons deel is van die mees

mededingende waardeketting. Dit is wat landboubesighede in die

toekoms van mekaar gaan onderskei.

Ekonomiese oorsig

`n Paar trekkragte het op die oomblik die grootste invloed op

die landbou-omgewing. Dit sluit in die droogte in Amerika, die

finansiële krisis in Europa, China se volgehoue dryf tot sy eie

voedselsekerheid en landbou-ontwikkeling in Afrika.

Die droogte in Amerika bied op die korttermyn hoër graanpryse

wat voedselpryse in ‘n mate opwaarts trek. Dít gee `n welkome

inspuiting in die kommoditeitsmarkte wat nuwe debatte oor

voedselsekuriteit en die billike beskerming van ons plaaslike

bedrywe ontlok.

Verder maak dit Suid-Afrika se graan mededingend in die

wêreldmark en nuwe uitvoergeleenthede ontstaan. Dit is alles

positief vir landbouers.

Die krisis in Europa sal waarskynlik nog ‘n tyd lank voortduur en

hoewel hulle nie juis nuwe geleenthede vir uitvoer bied nie, moet

ons steeds ons markaandeel daar beskerm.

China is ‘n ander storie. Al het die land se ekonomie effens

afgekoel, is dit steeds die drywer wat die wêreldekonomie kop

bo water laat hou.

innoveer landbou

Ek glo dat China en Indië van ons grootste handelsvennote

gaan word, maar ook van ons grootste mededingers. Die Suid-

Afrikaanse regering moet versigtig met dié reuse onderhandel.

Suid-Afrika moet `n fyn balans handhaaf tussen die uitbreiding

van ons sakeverhouding met China en die beskerming en groei

van ons eie ekonomie.

Landbou-ontwikkeling in Afrika, waarby China ook betrokke is om

aan sy voedselbehoeftes te voldoen, noodsaak Suid-Afrikaanse

produsente ook om dermate meer effektief te boer sodat Suid-

Afrika sy posisie as die kosmandjie van Afrika kan behou. Suid-

Afrikaanse landbou moet nie die geleentheid miskyk om self in

die ontwikkeling van landbou in ander Afrikalande betrokke te

raak nie.

Die groot uitdaging midde-in die invloed van hierdie groter

trekkragte is hoe Suid-Afrikaanse produsente hulself moet

posisioneer om so ver vorentoe as moontlik `n aandeel in die

waardeketting in Afrika te behou en terselfdertyd die risiko`s in

die mark te verskans.

Landbou-oorsig

Die vloede van die afgelope twee jaar het groot druk op

produsente geplaas. Hier het GWK weer ‘n unieke oplossing

gevind deur vloedlenings van R150 miljoen van die Industrial

Development Corporation (IDC) aan produsente beskikbaar te

maak.

Grondhervorming en politieke onsekerheid bly groot uitdagings.

Die vlak van retoriek sal oor die komende maande al hoe erger

word.

Met die honderdjarige herdenking van Wet no. 27 oor Grondsake

van 1913, kan ons ook baie uitsprake oor grond verwag. Ons moet

egter koelkop bly! Ek glo vas dat `n proses van gee en neem en

toewyding van alle belanghebbendes oplossings sal bring.

Die veranderings met die grootste toekomsimpak in die landbou

word in die bemarkingsomgewing gesien. Kompetisie is sterk, die

konsentrasie van koopkrag word groter, die produsent se aandeel

in die verbruiker se Rand krimp, terwyl storting (dumping) en

laeprys-invoere vermeerder.

Daar is dus geen plek vir oneffektiewe praktyke nie. Op plaasvlak

moet die doeltreffendheid van produksie verhoog word.

Produsente moet meer effektief boer om mededingend te bly.

Die jaar vir GWK

Frank Lawrence

Voorsitter

GWK het die afgelope jaar weer daarin geslaag om die produsent

by te staan om meer effektief te boer. Dit is gedoen deur

toonaangewende navorsing, betrokkenheid by produsente én die

effektiewe oordrag van kundigheid.

Voorbeelde hiervan is voorligting, boeredae, besproeiingskedulering,

meganisasietegnieke, kontrakteringsdienste

vir katoen en lusern, finansiële dienste en studiegroepe.

GWK is daartoe verbind om sterk verhoudings met elke rolspeler

te vorm en te handhaaf op elke vlak van die waardeketting – van

die verskaffing van insette tot produksie, berging, prosessering,

verspreiding en bemarking.

GWK se grondboontjie-drogingsaanleg, katoenpluismeule,

pekanneutaanleg, koelkamers, uitvoer van lusern, abattoirs en

die onlangse opening van kleinhandelwinkels, asook die beplande

koringmeule, pasta- en beskuitjiefabriek is voorbeelde van hoe

GWK nuwe geleenthede in die waardeketting ontgin.

GWK tree as verlengstuk van produsente se besighede op. Ons

is, as maatskappy in produsente se besit, uniek vanweë die

samewerking en samehorigheid wat tussen die maatskappy

en produsente bestaan. Dít is die siel van ons besigheid.

Dit alles het bygedra tot uitstekende finansiële resultate met

‘n wins van R105 miljoen en toevallings van R100 miljoen

aan aandeelhouers. Ons bereik vanjaar ook ‘n mylpaal

met die eerste kapitaaluitbetalings van voorkeuraandele

en aandeelhouerslenings. Dit is die eerste rotasie van

aandeelhouersfondse wat plaasvind. `n Totale bedrag van

R11,9 miljoen sal aan kwalifiserende aandeelhouers uitbetaal

word.

GWK se eie kapitaal is tans net onder 30%. Ons mikpunt is hoër,

maar die stand van ons eie kapitaal is grootliks veroorsaak

deur die vertraagde mielieoes en die koringvoorraad wat nog

gestoor word. Dit behoort in die nuwe jaar reggestel te word.

Volhoubaarheid

GWK is `n besproeiingspesialis en besproeiing vorm `n integrale

deel van die landboulegkaart. Daarom is ons genoodsaak om

onsself vir die behoud van watergehalte te beywer en ook

volhoubaar en omgewingsvriendelik te boer.

In ons besigheid moet ons ook probeer om voortdurend nuwe

werkgeleenthede te skep. Deel hiervan is GWK se fokus op die

ontwikkeling van opkomende produsente en `n konstruktiewe

bydrae tot swart ekonomiese bemagtiging.

Nuwe werk word net met nuwe besigheid geskep. GWK is

daarom ook daarop gefokus om nuwe besigheidsgeleenthede

aan te gryp.

Erkenning

Ek bedank graag my mede-direkteure vir hul toewyding en die

besonderse wyse waarop hulle hul pligte uitvoer.

Dankie ook aan GWK se Bestuur en ander personeel vir die passie

wat in julle werk sigbaar is.

Aan ons aandeelhouers, dankie vir jul lojale ondersteuning wat

die maatskappy jaarliks groter hoogtes laat bereik.

Bowenal, dankie vir die genade van Bo wat ons daagliks ontvang.

Frank Lawrence

Voorsitter

Douglas

13 September 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!