01.05.2013 Views

innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk

innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk

innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

24 25 25

Die Pekanneut-besigheid het sy kwota uitdagings gehad. Die

finansiële prestasie was laer as geprojekteer hoewel bykans

drie keer die vorige jaar se volumes hanteer is. Die lesse wat

ons geleer het, het gelei tot heelwat veranderings aan die

verwerkingsaanleg, terwyl produkhanteringsprotokolle ook

reeds aangepas is. Uitvoere het wel goed verloop en ons kon `n

volhoubare afnemersmark vestig wat in die komende seisoen

waardevol sal wees.

GWK Navorsing en Ontwikkeling het uitsonderlike dienste verrig.

`n Uitbreiding in kontrakte vir Hoë Tegnologie Boerdery (HTB)

het in bykans al die streke gerealiseer. Investering in navorsing

en ontwikkeling bied aan produsente die geleentheid om hul

eweknieë elders in die land met bogemiddelde opbrengste uit te

stof.

GWK Navorsing en Ontwikkeling was die jaar in oorsig ook

betrokke by die opleiding van meer as 1 000 opkomende

produsente. GWK se dryf en betrokkenheid hierby is daarop

gefokus om voorheen benadeelde produsente kommersieel te

vestig.

Handel

Die Kleinhandelbesigheid het aan die verwagte finansiële

prestasievereistes voldoen. `n Dramatiese groei in markaandeel

is verblydend.

Al vier GWK LandMark-winkels is aangewys as deel van die top

ses winkels van LandMark in die land. Die handelstak op Douglas

is aangewys as die beste groot LandMark-winkel, terwyl

die handelswinkel op Prieska aangewys is as die naasbeste

mediumgrootte winkel in die land.

Daarbenewens het GWK ook `n goue handelaarstatus van Valley

Irrigation ontvang, wat beklemtoon hoe GWK hom as dié spesialis

in verbouing onder besproeiing geposisioneer het.

GWK kon ten spyte van landwye vervoerstakings tydens die

Desember-oestyd met innoverende oplossings voortgaan om

genoeg brandstof by al sy depots aan produsente te voorsien en

daardeur `n groot krisis afweer.

Ontwikkeling in dié besigheid sluit in die opgradering van die

Vaalrivier Diensstasie op Douglas en die omskakeling van die

bande-afdeling op Modderrivier na `n Conti Partner-agentskap,

terwyl uitbreiding van produkreekse om deurlopend aan die

aanvraag by kleinhandeltakke te voldoen, asook `n volgehoue

fokus op klantediens, tot die winsgroei bygedra het.

innoveer landbou

Die Meganisasie en Ingenieurswerke-besigheid het puik presteer.

Deelname aan die John Deere Dealer of the Future-plan skep

`n mededingende voordeel om markaandeel verder uit te brei.

Dié besigheid se vakleerlingprogram het ook sy eerste groep

gekwalifiseerde vakleerlinge in die jaar in oorsig opgelewer.

Opgradering van die onderdele en werkswinkelfasiliteite op

Barkly-Wes is afgehandel en plaas GWK in nóg `n beter posisie om

die Barkly-Wes- én Hartsvallei-omgewing met goeie fasiliteite en

diens te bedien.

Bearing and Belting, wat laers, waaierbande en elektriese motors

verkoop, is `n nuwe handelsmerk wat in die jaar in oorsig in die

Meganisasie en Ingenieurswerke-besigheid gevestig is.

Industrieë

Sidi Parani, GWK se kunsmismaatskappy, het met effektiewe

bestuur sy markaandeel behou en in nuwe gebiede uitgebrei

midde-in `n omgewing wat deur groot wisselvalligheid in

grondstofpryse gekenmerk is.

Dié volatiliteit het ook vir mededingers groot uitdagings

veroorsaak terwyl Sidi Parani wesenlik laer kunsmispryse aan

produsente kon bied.

Die werklike impak van die Mededingingskommissie se

ooreenkoms met SASOL het in die jaar in oorsig meer rigbaar

geword. Beplanning word bemoeilik en mededingendheid in die

afwesigheid van prysaanduidings beïnvloed. Dit is ook die enigste

bron van ammoniumnitraat.

Die fokus is daarop om mededingendheid te verhoog

met die verbetering van produksietoerusting, prosesse,

grondstowwe en produkgehalte asook `n verdere verbetering in

klantetevredenheid.

SA Feed Phosphates (SAFP), GWK se vervaardiger van

voerfosfate, het `n uitdagende jaar beleef. Volumes het weens

afwaartse aanpassing van pryse deur mededingers gedaal.

Die veevoerfosfaatmark is gekonsentreerd met `n klein

hoeveelheid kopers wat `n groot persentasie van die totale mark

verteenwoordig.

Die besigheid fokus op sy mededingendheid in dié kopersmark.

Die fabriek is opgegradeer en aansoek is gedoen om ISOgradering

te verkry. Die wateroplosbaarheid van die produk is

ook nagevors en verskeie opsies is ondersoek om dit te verbeter

en hierdie geleentheid nou aan te gryp.

FloTank, wat `n diens as vervoermakelary intern aan die GWKgroep,

maar ook ekstern aan ander maatskappye bied, het die

afgelope jaar `n positiewe bydrae tot die groep se resultate

gelewer. Die besigheid het sagteware ontwikkel om `n nóg beter

diens aan sy kliënte te lewer. Die stelsel funksioneer goed ná

volledige implementering. `n Dienssentrum vir intydse inligting

vir kliënte oor vordering met aflewerings is die volgende vlak

van ontwikkeling wat aangepak word.

Westra, wat betrokke is in die vermaling van mielies om

voedselprodukte te vervaardig, het bevredigende resultate

gelewer vir die jaar in oorsig ten spyte van prysvolatiliteit weens

nuwe toetreders tot die mark. Vanweë Westra se produkgehalte

en handelsmerkvertroue kon die markaandeel vergroot word.

Die verpakkingsafdeling is opgegradeer om kapasiteit en

produktiwiteit te optimaliseer. Dit het wesenlike besparing en

groter effektiwiteit bewerkstellig.

Ondersoek word ingestel na verdere uitbreiding van Westra se

produkaanbieding, terwyl die beplande koringmeule, pastafabriek

en beskuitjiefabriek volgens beplanning onder dié besigheid gaan

ressorteer.

Veilings en Vleisbedrywe

Die Veilingsbesigheid het oor die afgelope finansiële jaar baie

goed presteer. `n Lewendehawe-kantoor is in Bloemfontein

geopen en `n bestaande veilingsbesigheid is op Humansdorp

tot die divisie toegevoeg. GWK Veilings het dus sy voetspoor

dramaties uitgebrei en is strategies goed geposisioneer vir

verdere winsgroei in die komende jaar.

Die winsgewendheid van GWK se Vleisbesigheid het wesenlik

verbeter van die vorige jaar se verliesposisie. Hoewel skaapgetalle

nasionaal laer was, het LAW sy markaandeel vergroot en is

beduidend meer skape by die fasiliteite op Groblershoop en De

Aar geslag. Nuwe strategieë is geïmplementeer om waarde tot

die produkreeks toe te voeg en eie verspreiding in die Noord-

Kaap te behartig. Die verwagting is dat skaapgetalle matig in die

komende jaar sal toeneem, wat daartoe sal bydra om deurset

deur die abattoirs te verhoog en winsgewendheid te verbeter.

Produsentepryse het in Junie en Julie 2011 skerp gestyg, maar het

weens verbruikersweerstand teruggesak en sywaarts beweeg.

Die Meat-to-Market-beesabattoir was onder moeilike

handelsomstandighede steeds winsgewend. `n Nuwe elektrisiteituit-gas-aanleg

is in die proses van voltooiing en sal in die nuwe

jaar in bedryf gestel word. Die tegnologie is `n eerste in Suid-

Afrika, is omgewingsvriendelik en sal oor die langtermyn tot

kostevoordele aanleiding gee.

Finansiering

Die fokus wat die afgelope paar jaar op die bestuur van risiko’s

met debiteure geplaas is, het verdere vrugte afgewerp deurdat

die boek tans kerngesond is.

In teenstelling met huidige neigings in die landbou, het die

groep se voorsiening vir twyfelagtige skuld met ’n verdere

R2,4 miljoen afgeneem.

`n Onlangse prestasiemeting-opname, uitgevoer deur PWC, het

getoon dat GWK se persentasie agterstallige skuld laer as die

nywerheidsgemiddeld is.

Dit is steeds ’n sterk fokus om ’n persoonlike verhouding met

GWK se kliënte te vestig. Dit is hierdie persoonlike verhouding

wat GWK ’n mededingende voordeel bied.

Ten slotte

As maatskappy in landbou-produsente se besit tree GWK as

verlengstuk van dié produsente se besighede op. Dit, sowel as

die diversiteit van GWK se verskillende besighede, maak GWK

uniek en posisioneer die maatskappy vir die toekoms.

Dit plaas GWK ook in `n posisie om voort te gaan met belangrike

herinvestering in die gemeenskappe waar ons sake doen.

GWK is as werkgewer van voorkeur in die Noord-Kaap trots op

die bydra van elke personeellid. Ek wil die GWK-span bedank vir

die toewyding en passie wat hulle daagliks in die maatskappy

belê. U is waarlik `n bron van inspirasie.

Aan die Raad van Direkteure, dankie vir u leiding en insig wat u die

afgelope jaar gebied het.

Dank ook aan ons kliënte, aandeelhouers en sakevennote,

waarsonder GWK nie `n bestaansreg sou gehad het nie.

En dan, aan die Hemelse Vader al die eer vir sy seëninge wat Hy

daagliks aan ons bied.

Johan van Dyk

Besturende Direkteur

Douglas

13 September 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!