innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk

innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk

01.05.2013 Views

22 23 23 Verslag van die Besturende Direkteur Inleiding GWK se finansiële én strategiese resultate vir die 2011/12 finansiële jaar is `n getuigskrif van hoe die maatskappy daartoe kan bydra om suksesvolle produsente deel van landbou in Suid- Afrika te hou. `n Groei van 45% in die maatskappy se wins voor toevallings aan aandeelhouers het toevallings vir ons aandeelhouers dienooreenkomstig tot R100 miljoen laat toeneem. `n Verlaging in kunsmispryse het wel die groter GWK-groep se wins ingeperk, maar besparing op dié insetkoste was `n verdere voordeel vir ons produsente. Die groter korting sowel as dié besparing kon realiseer omdat die wins van die GWK-maatskappy se filiale in die groter GWK-groep nie `n invloed op toevallings vir aandeelhouers het nie. Dit wys die voordeel van die groep se diversiteit. Dié bydraes tot volhoubare landbou is fondamente vir verdere groei vir die groter GWK-groep. Volatiliteit in internasionale landboukommoditeite, asook ander onsekerhede in Suid- Afrikaanse landbou, noodsaak doelgerigte optrede om meer stabiliteit in primêre landbouproduksie te bewerkstellig. GWK het daarom tydens die periode in oorsig ook finansiering teen gunstige koerse opgeneem by die Industrial Development Corporation (IDC) om dié voordeel net so deur te gee aan produsente wat finansieel ná vloede ingeperk is. `n Totale bedrag van R150 miljoen is só aan produsente toegeken. `n Kerngesonde debiteureboek plaas GWK in `n posisie om voort te gaan om produsente in hul bedrywighede by te staan, terwyl die diversiteit van die GWK-groep se besighede die platform is vir volhoubare groei en ontwikkeling. Die belyning van hierdie diverse besigheidstrukture om in pas te bly met verandering, het daarom reeds in die jaar in oorsig weer aandag geniet. Dit sal GWK se posisie in die volgende periode verder versterk deur betrokkenheid in `n al hoe groter deel van die hele landbou-waardeketting. innoveer landbou Graanprodukte Die afgelope jaar is gekenmerk deur `n besonderse goeie koringproduksie-seisoen. Rekord-opbrengste is in GWK se bedieningsgebied behaal. Meulenaars het die produk egter baie stadig opgeneem met min belangstelling in plaaslike koring. Die jaar is gekenmerk deur `n rekord-persentasie verbruik van ingevoerde koring. Die mielie-seisoen was lank en nat en is deur gemiddelde opbrengste gekenmerk. Graanpryse het die jaar in oorsig eers laag verhandel met ’n sterk opwaartse beweging teen jaareinde. Dié styging was veral welkom vir koringverhandeling. Weens die laat mielieoes en swak koringpryse was koringaanplantings laer tydens die huidige seisoen teenoor die vorige seisoen. Die verbouing van Durumkoring, gars, en Waxy- en Simba-mielies geniet baie aandag. Daar word gepoog om hierdie markte 100% vanuit GWK se bedieningsgebied te voorsien. `n Bestendige groei word in hierdie markte verwag. Kapitaalprojekte wat in die 2011/12 finansiële jaar afgehandel is, sluit in die opgradering van die Jan Kempdorp-depot om innamekapasiteit te verhoog. Addisionele silokapasiteit van 10 000mt is by Hopetown (Trans Oranje) opgerig. Die deurligtingskapasiteit van GWK se silokomplekse is dramaties uitgebrei om GWK in staat te stel om graan teen hoër vogpersentasies te ontvang en hanteer. Koring en mielies is in silosakke gestoor om kapasiteit te skep by Douglas en Modderrivier om sodoende die groter koring- en mielieoeste te kon hanteer. Die finale lewensvatbaarheidstudie vir die oprigting van `n garsmoutery by Modderrivier sal in die volgende finansiële jaar afgehandel word. Die oprigting van `n koringmeule, beskuitjiefabriek en pastafabriek by Modderrivier gaan voort. Voortgesette samesprekings met Transnet Freight Rail sowel as provinsiale en nasionale regeringstrukture het gelei tot goedkeuring vir die opgradering van die Belmont-Douglasspoorlyn. Werk om die drakrag van dié taklyn te verhoog, begin in die nuwe finansiële jaar. Die projek sal na verwagting teen Maart 2013 voltooi word. Die hoë internasionale graanpryse, veral vir koring, mielies en sojabone, is positief vir die Suid-Afrikaanse graanbedryf. Voortgesette verbouing van hierdie gewasse blyk baie winsgewend te wees vir die komende finansiële jaar. Goeie aanplanting word op somergewasse verwag vanweë die hoë pryse. Mielies behoort voortgeset op uitvoerpariteitsvlakke te verhandel, wat steeds winsgewende produksie ondersteun. Spesialisprodukte Johan van Dyk Besturende Direkteur Dié divisie het die afgelope jaar uitsonderlik gepresteer met beter as verwagte finansiële resultate. Twee ontwikkelingsprojekte is ook suksesvol en binne begroting geïmplementeer. Die katoenpluismeule is een van dié projekte wat suksesvol geïmplementeer is – die katoenbesigheid het sy eerste jaar aan die geprojekteerde winsverwagting voldoen. Bogemiddelde pluispersentasies is ondanks `n moeilike pluisseisoen gerealiseer. Innoverende verskansingstrategieë is geïmplementeer waarmee produsente se prysrisiko effektief bestuur is. Dit was `n uitdagende jaar vir aartappels. `n Groot ooraanbod het beteken dat nie alle moerproduksie in ons streek uitgeplaas kon word nie. Bemarking is gekortwiek deur kansellasies van bestellings, sowel as die virustoetsingsperiode wat weens fisiologiese redes ongewoon lank was. Die kweekhuisprojek is suksesvol voltooi en die nuwe rakstelsel word reeds met die huidige seisoen se inname in gebruik geneem. Die Wynbesigheid het kop opgetel met verskeie verbeterings wat by die fasiliteite aangebring is en die huidige saprealisasies vergelyk met die beste in die industrie. Druiweproduksie in die GWK-gebied bly egter `n bekommernis. Verskillende opsies vir die optimale benutting van die fasiliteite word ondersoek. Die afgelope seisoen se reeks wyne het heelwat aanklank gevind in die mark en is daarin geslaag om die produk op `n breër basis bekend te stel. GWK was bevoorreg om die afgelope jaar heelwat volumes saad te verwerk en bemark en ons het ook heelwat energie aan saadproewe spandeer. GWK het ook samewerkingsooreenkomste met internasionale telers aangegaan om spesifieke gewasse se lyne op `n eksklusiewe basis in Suid-Afrika te beproef. Verder het GWK die eksklusiewe verkoopsregte op sekere grondboonvariëteite bekom. GWK was aan die voorpunt van nuwe markontsluiting met die uitvoer van groot volumes lusern na oorsese verbruikers. Dít het alternatiewe bemarkingsgeleenthede vir lusernprodusente gebied, terwyl GWK as `n betroubare sakevennoot met unieke oplossings gevestig is. Volumes het saam met verhoogde binnelandse leweringskontrakte met meer as 25% gegroei. Die koste van nuwe plant- en oestoerusting is `n uitdaging vir produsente wat gesonde wisselboupraktyke toepas. Bewerking van verskillende gewasse noodsaak egter toegang tot spesialistoerusting. GWK het daarom besluit om in `n kontrakteursbesigheid te belê. Vier katoenplukkers in dié besigheid is reeds in 2011 suksesvol aangewend. Daar word verder belê in lusernbalers en plant- en oestoerusting vir grondbone. Produsente wat reeds oor spesialistoerusting beskik, word ook betrek deur derdeparty-kontraktering vir hulle te beding. Die grondbonemark is die afgelope jaar deur hoë pryse gekenmerk. GWK kon die mark goed benut om beter winste in die Oliesade-besigheid te ontsluit. Uitvoere het glad verloop sonder enige gehalteprobleme. GWK kon verder sonder enige voorraadverliese beter effektiwiteit by die verwerkingsgedeelte ontsluit.

22 23 23

Verslag van die Besturende Direkteur

Inleiding

GWK se finansiële én strategiese resultate vir die 2011/12

finansiële jaar is `n getuigskrif van hoe die maatskappy daartoe

kan bydra om suksesvolle produsente deel van landbou in Suid-

Afrika te hou.

`n Groei van 45% in die maatskappy se wins voor toevallings

aan aandeelhouers het toevallings vir ons aandeelhouers

dienooreenkomstig tot R100 miljoen laat toeneem.

`n Verlaging in kunsmispryse het wel die groter GWK-groep se

wins ingeperk, maar besparing op dié insetkoste was `n verdere

voordeel vir ons produsente.

Die groter korting sowel as dié besparing kon realiseer omdat die

wins van die GWK-maatskappy se filiale in die groter GWK-groep

nie `n invloed op toevallings vir aandeelhouers het nie. Dit wys

die voordeel van die groep se diversiteit.

Dié bydraes tot volhoubare landbou is fondamente vir verdere

groei vir die groter GWK-groep. Volatiliteit in internasionale

landboukommoditeite, asook ander onsekerhede in Suid-

Afrikaanse landbou, noodsaak doelgerigte optrede om meer

stabiliteit in primêre landbouproduksie te bewerkstellig.

GWK het daarom tydens die periode in oorsig ook finansiering

teen gunstige koerse opgeneem by die Industrial Development

Corporation (IDC) om dié voordeel net so deur te gee aan

produsente wat finansieel ná vloede ingeperk is. `n Totale bedrag

van R150 miljoen is só aan produsente toegeken.

`n Kerngesonde debiteureboek plaas GWK in `n posisie om voort

te gaan om produsente in hul bedrywighede by te staan, terwyl

die diversiteit van die GWK-groep se besighede die platform is vir

volhoubare groei en ontwikkeling.

Die belyning van hierdie diverse besigheidstrukture om in pas te

bly met verandering, het daarom reeds in die jaar in oorsig weer

aandag geniet. Dit sal GWK se posisie in die volgende periode

verder versterk deur betrokkenheid in `n al hoe groter deel van

die hele landbou-waardeketting.

innoveer landbou

Graanprodukte

Die afgelope jaar is gekenmerk deur `n besonderse goeie

koringproduksie-seisoen.

Rekord-opbrengste is in GWK se bedieningsgebied behaal.

Meulenaars het die produk egter baie stadig opgeneem met min

belangstelling in plaaslike koring. Die jaar is gekenmerk deur `n

rekord-persentasie verbruik van ingevoerde koring.

Die mielie-seisoen was lank en nat en is deur gemiddelde

opbrengste gekenmerk.

Graanpryse het die jaar in oorsig eers laag verhandel met ’n

sterk opwaartse beweging teen jaareinde. Dié styging was veral

welkom vir koringverhandeling.

Weens die laat mielieoes en swak koringpryse was

koringaanplantings laer tydens die huidige seisoen teenoor die

vorige seisoen.

Die verbouing van Durumkoring, gars, en Waxy- en Simba-mielies

geniet baie aandag. Daar word gepoog om hierdie markte 100%

vanuit GWK se bedieningsgebied te voorsien. `n Bestendige groei

word in hierdie markte verwag.

Kapitaalprojekte wat in die 2011/12 finansiële jaar afgehandel

is, sluit in die opgradering van die Jan Kempdorp-depot om

innamekapasiteit te verhoog. Addisionele silokapasiteit

van 10 000mt is by Hopetown (Trans Oranje) opgerig. Die

deurligtingskapasiteit van GWK se silokomplekse is dramaties

uitgebrei om GWK in staat te stel om graan teen hoër

vogpersentasies te ontvang en hanteer.

Koring en mielies is in silosakke gestoor om kapasiteit te skep

by Douglas en Modderrivier om sodoende die groter koring- en

mielieoeste te kon hanteer.

Die finale lewensvatbaarheidstudie vir die oprigting van `n

garsmoutery by Modderrivier sal in die volgende finansiële jaar

afgehandel word.

Die oprigting van `n koringmeule, beskuitjiefabriek en pastafabriek

by Modderrivier gaan voort.

Voortgesette samesprekings met Transnet Freight Rail sowel

as provinsiale en nasionale regeringstrukture het gelei tot

goedkeuring vir die opgradering van die Belmont-Douglasspoorlyn.

Werk om die drakrag van dié taklyn te verhoog, begin

in die nuwe finansiële jaar. Die projek sal na verwagting teen

Maart 2013 voltooi word.

Die hoë internasionale graanpryse, veral vir koring, mielies

en sojabone, is positief vir die Suid-Afrikaanse graanbedryf.

Voortgesette verbouing van hierdie gewasse blyk baie

winsgewend te wees vir die komende finansiële jaar.

Goeie aanplanting word op somergewasse verwag vanweë die

hoë pryse. Mielies behoort voortgeset op uitvoerpariteitsvlakke

te verhandel, wat steeds winsgewende produksie ondersteun.

Spesialisprodukte

Johan van Dyk

Besturende Direkteur

Dié divisie het die afgelope jaar uitsonderlik gepresteer met beter

as verwagte finansiële resultate. Twee ontwikkelingsprojekte is

ook suksesvol en binne begroting geïmplementeer.

Die katoenpluismeule is een van dié projekte wat suksesvol

geïmplementeer is – die katoenbesigheid het sy eerste jaar aan

die geprojekteerde winsverwagting voldoen.

Bogemiddelde pluispersentasies is ondanks `n moeilike

pluisseisoen gerealiseer. Innoverende verskansingstrategieë is

geïmplementeer waarmee produsente se prysrisiko effektief

bestuur is.

Dit was `n uitdagende jaar vir aartappels. `n Groot ooraanbod

het beteken dat nie alle moerproduksie in ons streek uitgeplaas

kon word nie. Bemarking is gekortwiek deur kansellasies van

bestellings, sowel as die virustoetsingsperiode wat weens

fisiologiese redes ongewoon lank was. Die kweekhuisprojek is

suksesvol voltooi en die nuwe rakstelsel word reeds met die

huidige seisoen se inname in gebruik geneem.

Die Wynbesigheid het kop opgetel met verskeie verbeterings

wat by die fasiliteite aangebring is en die huidige saprealisasies

vergelyk met die beste in die industrie. Druiweproduksie in die

GWK-gebied bly egter `n bekommernis. Verskillende opsies vir

die optimale benutting van die fasiliteite word ondersoek. Die

afgelope seisoen se reeks wyne het heelwat aanklank gevind in

die mark en is daarin geslaag om die produk op `n breër basis

bekend te stel.

GWK was bevoorreg om die afgelope jaar heelwat volumes

saad te verwerk en bemark en ons het ook heelwat energie aan

saadproewe spandeer. GWK het ook samewerkingsooreenkomste

met internasionale telers aangegaan om spesifieke gewasse

se lyne op `n eksklusiewe basis in Suid-Afrika te beproef.

Verder het GWK die eksklusiewe verkoopsregte op sekere

grondboonvariëteite bekom.

GWK was aan die voorpunt van nuwe markontsluiting met die

uitvoer van groot volumes lusern na oorsese verbruikers. Dít

het alternatiewe bemarkingsgeleenthede vir lusernprodusente

gebied, terwyl GWK as `n betroubare sakevennoot met unieke

oplossings gevestig is. Volumes het saam met verhoogde

binnelandse leweringskontrakte met meer as 25% gegroei.

Die koste van nuwe plant- en oestoerusting is `n uitdaging

vir produsente wat gesonde wisselboupraktyke toepas.

Bewerking van verskillende gewasse noodsaak egter toegang

tot spesialistoerusting. GWK het daarom besluit om in `n

kontrakteursbesigheid te belê. Vier katoenplukkers in dié

besigheid is reeds in 2011 suksesvol aangewend. Daar word verder

belê in lusernbalers en plant- en oestoerusting vir grondbone.

Produsente wat reeds oor spesialistoerusting beskik, word ook

betrek deur derdeparty-kontraktering vir hulle te beding.

Die grondbonemark is die afgelope jaar deur hoë pryse

gekenmerk. GWK kon die mark goed benut om beter winste in

die Oliesade-besigheid te ontsluit. Uitvoere het glad verloop

sonder enige gehalteprobleme. GWK kon verder sonder enige

voorraadverliese beter effektiwiteit by die verwerkingsgedeelte

ontsluit.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!