01.05.2013 Views

innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk

innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk

innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

18 19 19

Verslag van die Sosiale en Etiekkomitee

Die Sosiale en Etiekkomitee is die afgelope jaar gevestig ten einde die GWK Direksie by te staan om te verseker dat die GWK-groep as

goeie korporatiewe burgers funksioneer. Die komitee verrig voorts die statutêre funksies soos vereis in terme van die Maatskappywet.

Hierdie verslag word voorgelê om aan te toon hoe die komitee sy plig in terme van die van die Maatskappywet verrig het, sowel as

enige addisionele pligte wat die GWK Direksie aan die komitee delegeer het.

Samestelling van die komitee

Die komitee bestaan uit vier onafhanklike, nie-uitvoerende direkteure en een uitvoerende direkteur. Die Finansiële Direkteur,

Maatskappysekretaris, Uitvoerende Bestuurder: Menslike Hulpbronne en Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking, woon

die vergaderings op uitnodiging by en beskik oor geen stemreg nie.

Die volgende persone dien op die komitee:

Komiteelid Uitvoerend / Nie-uitvoerend

F.J. Lawrence (Voorsitter) Nie-uitvoerend

J.H. Coetzee Nie-uitvoerend

F.J. Lubbe Nie-uitvoerend

T.C.J. Marais Nie-uitvoerend

J.H. van Dyk Uitvoerend

Verantwoordelikhede van die Sosiale en Etiekkomitee

Die komitee beskik oor `n handves wat deur die Direksie goedgekeur is, welke handves die pligte, verantwoordelikhede en gedelegeerde

bevoegdhede van die komitee uiteensit. Die komitee dien ook as Sosiale en Etiekkomitee van die filiale in die GWK-groep.

Die funksies van die komitee sluit die volgende in, soos bepaal deur die Maatskappywet en die goedgekeurde handves:

Monitering van die GWK-groep se aktiwiteite met betrekking tot sosiale en ekonomiese ontwikkeling met spesifieke verwysing

na die groep se prestasie in terme van:

• Die bevordering van goeie korporatiewe burgerskap van die GWK-groep.

• Monitering van die GWK-groep se voldoening aan omgewing-, gesondheid- en veiligheidsnorme wat insluit

die impak van die GWK-groep se produkte en dienste.

• Monitering van klanteverhoudings wat insluit advertensies, openbare betrekkinge en voldoening aan

verbruikerswetgewing.

Toegang tot inligting

Die komitee beskik oor volle toegang tot:

• Interne ouditverslae.

• Verslae van eksterne ouditeure.

• Veiligheidsverslae en -notules.

• Verslae met betrekking tot sosiale ontwikkelingsaksies.

• Enige ander inligting wat die komitee redelikerwys in die uitvoering van sy pligte benodig.

innoveer landbou

Wesenlike aksies

Breedvoerige rapportering oor GWK se aktiwiteite met betrekking tot sosiale en ekonomiese ontwikkeling word in die sosiale

verantwoordelikheidsverslag gedoen.

Tydens die jaar in oorsig het die GWK Direksie `n nakomingsbeleid goedgekeur. Die beleid dien as `n riglyn wat betref die nakoming

van wette, reëls en riglyne deur werknemers en GWK en weerspieël ook GWK se waardesisteem. Die nakomingsbeleid is bedoel

om ons werknemers te voorsien van riglyne en verwysings in sy/haar daaglikse werk en sodoende enige oortreding te voorkom,

sowel as om GWK se etiese standaarde daar te stel. `n Uitgebreide kommunikasieprogram is geïmplementeer om te verseker dat die

nakomingsbeleid inslag vind op alle vlakke in GWK.

Vordering is ook gemaak met die finalisering van `n bedrogvoorkomingsbeleid wat in die 2013 finansiële jaar geïmplementeer sal

word. Een van die oogmerke van hierdie beleid is om `n meganisme daar te stel waardeur werknemers en kliënte onwettige, oneerlike

of onetiese gedrag deur werknemers van GWK kan rapporteer sonder enige gevaar van intimidasie.

GWK se veiligheids- en gesondheidsraamwerk en -strukture is die afgelope jaar hersien en wesenlike struktuurveranderings is gedoen.

Die struktuurveranderings het ten doel om groter fokus op die veiligheid en gesondheid van GWK se werknemers en kliënte te verkry

deur meer akkurate en tydige bestuursinligtingstelsels, groter verantwoordelikheid van personeel ten opsigte van veiligheid en meer

effektiewe en objektiewe rapporteringstelsels.

Namens die Sosiale en Etiekkomitee

F.J. Lawrence

Voorsitter van die Sosiale en Etiekkomitee

Douglas

21 Augustus 2012

innoveer landbou

_000657

_000964

_000854

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!