01.05.2013 Views

innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk

innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk

innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

16 17 17

Sosiale verantwoordelikheid

Die waardes waarop GWK gebou is, sluit integriteit en sosiale verantwoordelikheid in. Investering in die gemeenskappe waar ons

werk en leef is nie vir die GWK Direksie en Bestuur onderhandelbaar nie en `n integrale deel van hoe ons sake doen.

Die maatskappy is daartoe verbind om as `n verantwoordelike, korporatiewe burger op te tree. Dit word gedoen deur beleggings in

die gemeenskap met borgskappe, vaardigheidsontwikkeling en interaksie met belanghebbendes.

GWK meet nie die nakoming van sosiale verantwoordelikheid en herinvestering in die omgewing aan die hoeveelheid geld wat

hiervoor aangewend word nie. Die sukses van ons gemeenskapsprojekte word gemeet aan die verskil wat dit maak.

Tydens die finansiële jaar in oorsig is verskillende skole in GWK se bedieningsgebied gehelp om belangrike infrastruktuur op te knap,

geleenthede vir leerders in onder meer sport geskep en verskeie gemeenskapsinstansies finansieel ondersteun om hul doelwitte te

bereik.

GWK is ook daarby betrokke om mense te vereer wat `n verskil in die gemeenskap maak om daardeur gemeenskapsbetrokkenheid

en `n gevoel van sosiale verantwoordelikheid te ontwikkel.

GWK fokus dié investering in plattelandse gebiede waar ons aandeelhouers hul landboubesighede bedryf. Dit is vir GWK belangrik

om te belê in die onderhoud van instansies wat vir hierdie gemeenskappe kosbaar is. Die investering is nie op individue gefokus nie,

maar op die befondsing van projekte en instellings waar mense in groepe bevoordeel word.

GWK besef sy verantwoordelikheid om projekte te ondersteun wat daarop fokus om opkomende produsente in Suid-Afrika as

kommersiële landbouers te vestig. Ons is daarom ook in samewerking met vennote soos die Noord-Kaapse department van

landbou by die opleiding van opkomende produsente betrokke.

Tydens die jaar in oorsig was meer as 1 000 opkomende produsente die bevoordeeldes in verskillende projekte waarby GWK deur

mentorskap by opleiding, boerderybeplanning, die ontwikkeling van volhoubare sakeplanne en landboukundige steun betrokke was.

Die maatskappy onderskryf ook die beginsels soos vervat in die Landbouhandves vir Swart Ekonomiese Bemagtiging. GWK se eie

SEB-voldoening is geklassifiseer as Vlak 7 en SEB-ontwikkeling word as strategies van belang beskou.

_000457

_000364

innoveer landbou

_000964

_000657

gee om vir ons gemeenskappe

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!