01.05.2013 Views

innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk

innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk

innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

14 15 15

Verslag van die Ouditkomitee

Hierdie verslag inkorporeer die vereistes vir die statutêre verantwoordelikhede van Ouditkomitees, soos vervat in Artikel 94 van

die Maatskappywet.

Samestelling van die Ouditkomitee

Die Ouditkomitee bestaan uit vier onafhanklike, nie-uitvoerende direkteure soos per die riglyne van King III. Die lede beskik, na die

mening van die komitee, oor die nodige vaardighede, kennis en ervaring om hul pligte en verantwoordelikhede in terme van die

Maatskappywet, na behore te verrig.

Die volgende persone het vir die jaar in oorsig op die Ouditkomitee gedien:

Ouditkomiteelid Kwalifikasie

F.J. Lubbe (Voorsitter) GR(SA)

F.J. Lawrence B.Sc. Landbou-ekonomie (Hons)

T.C.J. Marais B.Com MBA

A.O. Műller GR(SA)

Verantwoordelikhede van die Ouditkomitee

Die komitee beskik oor `n handves wat deur die Direksie goedgekeur is, welke handves die pligte, verantwoordelikhede en

gedelegeerde bevoegdhede van die komitee uiteensit.

Die komitee dien ook as Ouditkomitee van die filiale van GWK.

Die algemene verantwoordelikhede van die Ouditkomitee sluit die volgende in:

• dien as skakel tussen die eksterne ouditeure en die Direksie;

• adviseer die Direksie of daar voldoende interne en finansiële kontroles in plek is;

• nagaan en goedkeuring van die jaarlikse interne ouditplan;

• nagaan en goedkeuring van die eksterne ouditplan;

• nagaan van interne ouditverslae, sowel as bestuurskommentaar daarop;

• nagaan van eksterne ouditverslae, sowel as bestuurskommentaar daarop;

• bepaal die effektiwiteit van die eksterne sowel as interne ouditeure;

• bepaal beleid, vir goedkeuring deur die Direksie, rakende die voorsiening van nie-oudit dienste deur eksterne ouditeure;

• maak `n aanbeveling aan die aandeelhouers vir goedkeuring, vir die aanstelling van onafhanklike eksterne ouditeure, sowel as

die goedkeuring van eksterne ouditeure se vergoeding;

• verseker dat alle wesenlike finansiële risiko’s geïdentifiseer is en bestuur word;

Vergaderings

Die Ouditkomitee het vir die periode in oorsig vier maal vergader, welke vergaderings ook deur die onafhanklike eksterne ouditeure,

Uitvoerende Direkteure, Hoofbestuur, die Uitvoerende Bestuurder: Sekretariaat en Risikobestuur, Bestuurder: Interne Oudit en die

Maatskappysekretaris op uitnodiging bygewoon word. Persone wat vergaderings op uitnodiging bywoon, beskik nie oor stemreg

nie.

Die Ouditkomitee vergader, sonder dat enige ander bestuurslede teenwoordig is, met die onafhanklike, eksterne ouditeure,

Uitvoerende Bestuurder: Sekretariaat en Risikobestuur en Bestuurder: Interne Oudit.

innoveer landbou

Toegang tot die Ouditkomitee

Die onafhanklike eksterne ouditeure, sowel as die interne ouditeure het onbeperkte toegang tot die Ouditkomitee en die

Voorsitter van die Ouditkomitee.

Statutêre pligte

In navolging van die bepalings van die Wet, het die Ouditkomitee:

• die aanstelling van Enslins (Bethlehem) Ing. as onafhanklike eksterne ouditeure en mnr. P.Y. Morrison, as die

geregistreerde ouditeur verantwoordelik vir die oudit, bevestig;

• hulself tevrede gestel dat die eksterne ouditeure onafhanklik van die maatskappy is;

• die terme van aanstelling en die fooie betaalbaar met die onafhanklike eksterne ouditeure ooreengekom;

• bevestig dat dit nie enige klagtes ontvang het nie, hetsy van binne of buite die maatskappy, met betrekking tot

rekeningkundige praktyk, die eksterne en interne oudit van die maatskappy, die inhoud of oudit van die jaarlikse

finansiële state of enige verwante aangeleentheid.

Die Ouditkomitee beveel ook aan dat die aandeelhouers die aanstelling van Enslins (Bethlehem) Ing. as onafhanklike eksterne

ouditeure van GWK vir die jaar geëindig 31 Mei 2013 en mnr. PY Morrison as die geregistreerde ouditeur verantwoordelik vir

die oudit, goedkeur.

Jaarlikse finansiële state

Ná deeglike oorweging van die finansiële state, ingesluit die jaarverslag, met spesifieke verwysing dat `n aanvaarbare vlak

van openbaarmaking en redelike voorlegging aan voldoen is, het die Ouditkomitee aan die GWK Direksie aanbeveel dat die

jaarlikse finansiële state goedgekeur word.

Namens die Ouditkomitee

F.J. Lubbe

Voorsitter van die Ouditkomitee

Douglas

21 Augustus 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!