01.05.2013 Views

innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk

innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk

innoveer landbou Jaarverslag 2012 - gwk

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

12 13

Korporatiewe beheer (vervolg)

Direksiekomitees

Die Direksie het spesifieke komitees gevestig wat verantwoording doen aan die Raad van Direkteure. Spesifieke verantwoordelikhede

is aan die komitees gedelegeer met duidelik gespesifiseerde verwysingsraamwerke. Geen uitvoerende direkteur tree as voorsitter

van enige van die ondergemelde Direksiekomitees op nie.

Ouditkomitee

Die Ouditkomitee verrig `n belangrike rol in die stelsel vir die monitering van interne kontroles. Die lede van die Ouditkomitee beskik

oor voldoende finansiële en kommersiële vaardighede om hul pligte en verantwoordelikhede suksesvol uit te voer.

Die verslag van die Ouditkomitee vir die afgelope finansiële jaar is in hierdie jaarverslag vervat.

Risikokomitee

Die Risikokomitee beskik oor `n formele handves wat deur GWK se Raad van Direkteure goedgekeur is. Die komitee is verantwoordelik

om die maatskappy se risiko-filosofie, strategieë en beleid te hersien, sowel as om die effektiwiteit van GWK se risikobestuursplan

te evalueer.

Die maatskappy se Risikokomitee bestaan uit vier onafhanklike, nie-uitvoerende direkteure. Die Uitvoerende Direkteure,

Hoofbestuurders, Uitvoerende Bestuurder: Sekretariaat en Risikobestuur en Bestuurder: Interne Oudit woon die vergaderings op

uitnodiging by. Die komitee vergader minstens vier maal per jaar.

Tydens die jaar in oorsig is `n algehele herevaluasie van die GWK-groep se risiko-analisestelsel gedoen en is die risiko-analiseproses

en rapportering dienooreenkomstig aangepas.

Vergoedingskomitee

Die Vergoedingskomitee bestaan uit vier onafhanklike, nie–uitvoerende direkteure sowel as die Besturende Direkteur. Die Finansiële

Direkteur woon die vergaderings op uitnodiging by.

Die Vergoedingskomitee het twee maal die afgelope finansiële jaar vergader. Die Vergoedingskomitee het onbeperkte toegang tot

eksterne kundiges om die komitee by te staan in die hersiening van GWK se vergoedingsfilosofie, formulering van die oorhoofse

menslike hulpbron-raamwerk en vergelyking van die maatskappy se vergoedingspraktyke met die beste bestaande praktyke.

Sosiale en Etiekkomitee

Tydens die afgelope finansiële jaar is `n Sosiale en Etiekkomitee gevestig, welke komitee uit vier onafhanklike, nie-uitvoerende

direkteure en die Besturende Direkteur bestaan. Die Sosiale en Etiekkomitee monitor die GWK-groep se aktiwiteite in die gemeenskappe

waarbinne dit funksioneer en evalueer GWK se rol as korporatiewe burger.

innoveer landbou

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!