Opti Chicks bereik hul doelwit

Opti Chicks bereik hul doelwit Opti Chicks bereik hul doelwit

optichicks.co.za
from optichicks.co.za More from this publisher
01.05.2013 Views

NUUSBLAD VAN NOORDWES VOERE VOER VIR OPTIMALE RESULTATE NO. 15 – NOVEMBER 2010 Opti Chicks bereik hul doelwit Opti Chicks het onder baie moeilike marktoestande hul beplande doelwit bereik. Volgens Elmarie Brenkman (fi nansiële bestuurder) en Rina Botha (tegniese adviseur en bemarker) is daar beplan om tussen 500 000 en 600 000 kuikens per week aan die mark te verskaf en hierdie syfers is in September bereik. Intensiewe bemarking lewer resultate Konstruksie van die teelplaas en broeiery het in Oktober 2008 reeds ’n aanvang geneem en op 1 Oktober 2009 is die eerste dagoudkuikens gelewer. Daar is, in aanloop tot volproduksie, ’n goeie klantebasis opgebou en doeltreffende klantediens is in plek gekry. Goeie higiëne en kwailiteitsbeheer lei tot goeie kwaliteit Higiëne word op ’n weeklikse basis deeglik gemonitor met monsters wat weggestuur word vir ontleding om bakteriese- en swamgroei te voorkom. Op die plaas word alle teeltroppe ook volgens ‘n program gemonitor vir al die belangrikste siektes. Elmarie en Rina stem saam dat goeie kwaliteitsbeheer ’n beter eindproduk verseker. Opti Chicks is trots op die feit dat die teelplaas en broeiery se biosekuriteitsmaatreëls in plek is en dat hulle ’n siektevrye status handhaaf. Dis juis hierdie feit wat aan hul ’n uitvoersertifi kaat verseker het. Volgens Rina word daar voortdurend baie aandag aan kwaliteitsbeheer gegee en met die hoë volumes wat deurkom moes daar noodwendig intensiewe aandag gegee word aan beheermaatreëls van die broeiplaas tot by die broeiery. Klantediens ’n prioriteit by Opti Chicks ‘n Sterk fokus is geplaas om klantediens te bevorder en aanpassings is gemaak om aan klante se behoeftes te voldoen. Rina bring gereelde besoeke aan klante tydens afl ewering om te verseker dat hul tevrede is met hul bestellings. ’n Kleiner afl eweringsvoertuig is aangeskaf sodat meer as een afl ewering vroegoggend kan plaasvind en ook vir die kleiner afl ewerings by NWK handelstakke. Met beide afl eweringsvoertuie beskikbaar, kan onvoorsiene probleme nie die tydige afl ewering van bestellings aan kliënte kelder nie. www.noordwesvoere.co.za Belangrike inligting oor die nuwe bestelprosedure • Alle bestellings moet by Rolf Freitag (bestuurder: Broeiery) geplaas word. Skakel Rolf op (018) 632-0336 of 082 745 2182 om die beskikbaarheid van dagoudkuikens telefonies te bevestig. • Faks dan ’n skriftelike bestelling na 086 524 5363. • ʼn Bestelnommer sal aan u gestuur word wat sal beaam dat die bestelling geplaas is. Dit is baie belangrik dat u ’n bestelnommer ontvang om die bestelling te bevestig. • Bestellings moet 25 – 30 dae voor afl ewering geplaas word. Klante is welkom om bestellings vir kuikens by hul plaaslike handelstak te plaas, wat dit dan aan Rolf sal deurgee. Afl ewerings by die takke geskied op Donderdae volgens die volgende roete: Gerdau Ottosdal Delareyville Kameel Mareetsane Madibogo ROLF FREITAG (BESTUURDER: BROEIERY). ‘N OPTI CHICKS TROK WORD GELAAI VIR AFLEWERING. Sannieshof Mafi keng Buhrmannsdrif Zeerust Groot Marico

NUUSBLAD VAN NOORDWES VOERE VOER VIR OPTIMALE RESULTATE NO. 15 – NOVEMBER 2010

Opti Chicks bereik hul doelwit

Opti Chicks het onder baie moeilike

marktoestande hul beplande

doelwit bereik. Volgens Elmarie

Brenkman (fi nansiële bestuurder) en Rina

Botha (tegniese adviseur en bemarker) is

daar beplan om tussen 500 000 en

600 000 kuikens per week aan die

mark te verskaf en hierdie syfers

is in September bereik.

Intensiewe bemarking lewer resultate

Konstruksie van die teelplaas en broeiery

het in Oktober 2008 reeds ’n aanvang

geneem en op 1 Oktober 2009 is die

eerste dagoudkuikens gelewer. Daar is,

in aanloop tot volproduksie, ’n goeie

klantebasis opgebou en doeltreffende

klantediens is in plek gekry.

Goeie higiëne en kwailiteitsbeheer lei

tot goeie kwaliteit

Higiëne word op ’n weeklikse basis

deeglik gemonitor met monsters wat

weggestuur word vir ontleding om

bakteriese- en swamgroei te voorkom.

Op die plaas word alle teeltroppe ook

volgens ‘n program gemonitor vir al die

belangrikste siektes. Elmarie en Rina

stem saam dat goeie kwaliteitsbeheer

’n beter eindproduk verseker.

Opti Chicks is trots op die feit dat

die teelplaas en broeiery se biosekuriteitsmaatreëls

in plek is en dat

hulle ’n siektevrye status handhaaf.

Dis juis hierdie feit wat aan hul ’n

uitvoersertifi kaat verseker het. Volgens

Rina word daar voortdurend baie aandag

aan kwaliteitsbeheer gegee en met die

hoë volumes wat deurkom moes daar

noodwendig intensiewe aandag gegee

word aan beheermaatreëls van die

broeiplaas tot by die broeiery.

Klantediens ’n prioriteit by Opti Chicks

‘n Sterk fokus is geplaas om klantediens

te bevorder en aanpassings is gemaak

om aan klante se behoeftes te voldoen.

Rina bring gereelde besoeke aan klante

tydens afl ewering om te verseker dat hul

tevrede is met hul bestellings. ’n Kleiner

afl eweringsvoertuig is aangeskaf sodat

meer as een afl ewering vroegoggend

kan plaasvind en ook vir die kleiner

afl ewerings by NWK handelstakke. Met

beide afl eweringsvoertuie beskikbaar,

kan onvoorsiene probleme nie die

tydige afl ewering van bestellings aan

kliënte kelder nie.

www.noordwesvoere.co.za

Belangrike inligting oor die nuwe

bestelprosedure

• Alle bestellings moet by Rolf Freitag

(bestuurder: Broeiery) geplaas word.

Skakel Rolf op (018) 632-0336 of 082

745 2182 om die beskikbaarheid van

dagoudkuikens telefonies te bevestig.

• Faks dan ’n skriftelike bestelling na

086 524 5363.

• ʼn Bestelnommer sal aan u gestuur

word wat sal beaam dat die bestelling

geplaas is. Dit is baie belangrik dat

u ’n bestelnommer ontvang om die

bestelling te bevestig.

• Bestellings moet 25 – 30 dae voor

afl ewering geplaas word.

Klante is welkom om bestellings vir

kuikens by hul plaaslike handelstak te

plaas, wat dit dan aan Rolf sal deurgee.

Afl ewerings by die takke geskied op

Donderdae volgens die volgende roete:

Gerdau

Ottosdal

Delareyville

Kameel

Mareetsane

Madibogo

ROLF FREITAG (BESTUURDER: BROEIERY). ‘N OPTI CHICKS TROK WORD GELAAI VIR AFLEWERING.

Sannieshof

Mafi keng

Buhrmannsdrif

Zeerust

Groot Marico

BEDRYFSNUUS

Nuwe bestuurder

op Boschpoort

Roy Ramsden is van 1 September in

die pos bestuurder: Produksie op

Boschpoort. Hy is reeds 30 jaar in

dié bedryf en buiten vir die twee jaar

wat hy in Rusland spandeer het, was

hy onder ander voorheen by Rainbow

en ook lektor aan die KwaZulu-Natal

Pluimvee Instituut.

Afronding van bees en skaap

In ʼn vorige uitgawe van die Opti Bulletin het ons genoem

dat die afronding van kalwers of lammers in ʼn voerkraal

ʼn geleentheid bied vir vleisprodusente om meer vleis te

verkoop en sodoende hulle inkomste te verhoog en ook vir

mielieprodusente om meer vir hulle mielies te kry.

In die huidige scenario met die lae mieliepryse wat produsente

realiseer, is dit ʼn opsie wat oorweeg moet word. Voordat

daarmee begin word, moet die ekonomiese beginsels van voerkraalafronding,

soos bespreek in ʼn vorige Opti Bulletin, toegepas

word. Dus moet die aankoopprysmarge en die voerprysmarge

uitgewerk word om te besluit watter tipe diere aangekoop en

gevoer moet word.

ʼn Voorbeeld van die berekening van die aankoopprysmarge en

voerprysmarge vir vleisbeeste word in Tabel 1 geïllustreer om

die belangrikheid van die berekening te beklemtoon. Die berekening

word gedoen vir die aankoop van ʼn ligte dier van 200 kg

en ʼn swaarder dier van 250 kg.

Die tabel wys dat in die huidige situasie die aankoopprysmarge

negatief en die voerprysmarge positief is. In hierdie scenario

kan gesien word dat as ʼn swaarder dier gekoop en gevoer word,

ʼn verlies gemaak word, maar as ʼn ligte dier gekoop en gevoer

word ’n wins gemaak word. Dit beklemtoon net die belangrikheid

om hierdie berekening te doen voordat gevoer word. Dieselfde

beginsels geld vir die aankoop en voer van skape.

Die volgende voere is beskikbaar in die Opti-Reeks om in u

voerkraalafrondingsbehoeftes te voorsien:

1.Skaap

• 7600 Opti Skaap volledige aanvangs

7601 Opti Skaap volledige afrond

• 6301 Opti Skaap vetmes 33 konsentraat

2. Bees

• 6103 Opti Bees vetmes

6202 Opti Bees volledige fase D afrond

• 6302 Opti Bees vetmes 33 konsentraat

• 6304 Opti Bees vetmes 80 konsentraat

Personeelskuiwe by

Noordwes Voere

Carel Opperman het Noordwes Voere verlaat, en is bevorder na bestuurder: Epko.

Christa Joubert is aangestel as fi nansiële bestuurder.

Henri Coetzer sal alle Safex-aankope doen, d.w.s. alle mielies, sojabone en sojaoliekoek.

Aangesien die aankope gedeelte opgedeel is, sal Brian Grainger die res van die

aankope behartig.

Kontakbesonderhede

Henri Coetzer: (018) 633-1000 of 083 320 8046

Brian Grainger: (018) 632-4053 of 083 230 0124

CAREL CAREL CHRISTA HENRY BRIAN

TEGNIES

Tabel 1: Ekonomiese ontleding van beesvoerkraal-afronding

Aankoopprysmarge

Begin lewende massa (kg) 250,00 200,00

Begin karkasmassa (kg) 125,00 94,00

Aankoopprys kg lewende massa (rand/kg) 16,00 16,00

Aankoopprys (rand) 4 000,00 3 200,00

Aankoopprys/kg karkas (rand/kg) 32,00 34,04

Verkoopprys/kg karkas (rand/kg) 23,00 23,00

Vleiswaarde Begin karkas (rand) 2 875,00 2 162,00

Aankoopprysmarge (wins/verlies) rand

Voerprysmarge

-1 125,00 -1 038,00

Finale lewende massa (kg) 400,00 400,00

Finale Karkas massa (kg) 232,00 232,00

Finale Karkas massatoename (kg) 107,00 138,00

Getal dae gevoer 76,00 115,00

Totale voer geëet (kg/Bees) 900,00 1 200,00

Voerkoste @ R1,30 /kg (rand/Bees) 1 170,00 1 560,00

Verkoopprys/kg (rand/kg) karkas 23,00 23,00

Inkomste vanaf karkasmassatoename (rand) 2 461,00 3 174,00

Voerprysmarge (wins/verlies) rand

Totale marge

1 291,00 1 614,00

Aankoopprysmarge (rand) -1 125,00 -1 038,00

Voerprysmarge (rand) 1 291,00 1 614,00

Totale marge

Finale berekening

166,00 576,00

Marge (rand) 166,00 576,00

Rente op aankoopprys @ 12% per jaar (rand/bees) 114,28 143,51

Ander kostes (prosessering, veearts, mortaliteit) 100,00 125,00

Wins/verlies (rand) -48,28 307,49

Artikel geskryf deur John Veenstra, tegniese bestuurder: Noordwes Voere.

2 NOVEMBER 2010

OPTI BULLETIN • NOORDWES VOERE

Goeie rekordhouding is die hoeksteen van

enige suksesvolle boerdery

In braaikuikenproduksie is goeie rekordhouding van

belang vir effektiewe bestuur, om risiko’s te identifi seer,

die produksieproses te beheer en natuurlik ook om

die winsgewendheid van jou bedryf te bepaal. Goeie

rekordhouding, sonder die korrekte analise en interpretering

daarvan, is nie veel werd nie – vandaar die bekende slagspreuk

“meet om te weet”. Die regte interpretering van data

Onderwerp Rekord Kommentaar

Kuikenplasing Hoeveelheid ontvang en datum

Trop en trop ouderdom

Vloertemperatuur met plasing

24 uur krop %

Mortaliteite Daagliks

Weekliks

Kumulatief

Gewigte Weeklikse gemiddelde gewig

Weeklikse massatoename

Voer Datum van ontvangs en afl eweringsnotanommer

Hoeveelheid per huis

Ouderdom van verandering van elke fase

Weeklikse inname (selfs daagliks indien

moontlik)

NOORDWES VOERE • OPTI BULLETIN NOVEMBER 2010

TEGNIES

identifi seer die effekte van veranderinge soos voeding, bestuur

en ook omgewings- en gesondheidsveranderinge.

Wanneer rekords opgestel word, besluit wat jy wil meet en

ook hoe die inligting gebruik gaan word. Hou dit eenvoudig

sodat dit maklik is om op datum te hou. Die tabel wys van die

rekords wat benodig word in braaikuikenproduksie:

Bogenoemde is slegs riglyne van die belangrikste rekords wat gebruik kan word. Die belangrikste is om ʼn datastelsel op te stel wat in u

behoeftes sal voldoen en dit sal moontlik maak om sinvolle, ingeligte besluite te neem.

Artikel geskryf deur Rina Botha, tegniese adviseur en bemarker: Opti Chicks en Noordwes Voere.

Bestuur verskil tussen ouer en jonger troppe. Probleme wat gedurende

siklus ondervind is, kan dalk toegeskryf word aan ʼn spesifi eke tropprobleem.

Lae vloertemperature met plasing kan gesondheidsprobleme in die siklus

veroorsaak.

Moet meer as 95% wees. Aanduiding dat kuikens voer en water gevind het.

Vergelyk met standaard. Groot variasies van standaard kan dui op

gesondheidsprobleme. Bepaal jou plaas se tendens oor ʼn jaarperiode.

Mortaliteitstendense gaan ander besluite soos byvoorbeeld ligprogramme

ook beïnvloed.

Help met bestuursbesluite soos:

Ligprogramme

Slagouderdom

Voerprogramme

As gewig nie op standaard is nie, soek eers die probleem by voerinname.

As daar probleme met die voer vermoed word, is dit nodig om die

afl eweringsnotanommer op te volg.

Bepaal die koste-effektiwiteit van die proses.

Vergelyk met voermaatskappy se riglyne.

Grootste koste van produksieproses — as deeglik gemonitor word, kan dit

kostebesparing tot gevolg hê.

Water Daaglikse inname Probleme met inname het groot impak op produksie.

Skielike fl uktuasie kan indikasie wees van vroeë probleme.

Wys selfs entstofreaksie uit.

Direkte verhouding met voerinname.

Moet elke dag vermeerder.

Temperature Daagliks: minimum en maksimum Temperature buite termoneutrale sone beïnvloed produksieresultate.

Enige temperatuurfl uktuerings is nadelig vir kuikens.

Entstowwe en

medikasie

Dag van toediening

“Batch-”/Lot-nommer

Finansieel Voerkoste

Kuikenkoste

Plaaskoste (arbeid, krag, verhittingskoste)

Inkomste per dagoud kuiken

Inkomste per kg

Inkomste/m 2

Opbrengs op belegging

Sekere entstowwe kan entstof reaksies toon.

Verkeerde toediening van antibiotika kan probleme veroorsaak.

Winsgewendheid van jou bedryf kan slegs bepaal word deur akkurate

kostebepalings.

3

OPTI-FOKUS: HERMAN DU PREEZ

Beplanning is die spil waarom dié

boerdery draai

Met slegs een voerkraal op hul plaas, Gruisfontein en

Witpan, het Manie du Preez en sy seuns, Herman en

Bennie, in Augustus 2008 hul eerste voerkraalbeeste

geslag. Vandag word 1 000 beeste in die vier voerkrale op die

plaas afgerond en 30 beeste per week geslag.

Pa Manie is sedert 1975 op die plaas. Herman het in 2003 by sy

pa aangesluit en Bennie na die voltooiing van sy studies in 2007.

Elke dag word met ’n beplanningsessie begin waar werk verdeel

word en gedetailleerde planne uiteengesit word om seker te

maak dat die verskeie vertakkings van dié boerderyonderneming

seepglad verloop. Manie glo dat ’n boerdery se inkomstestaat

tussen die verskillende vertakkings gebalanseer moet word.

Voerkrale: ’n goeie besluit

Die Du Preez’s het eers lande by bure gehuur, maar nadat ’n

kosteberekening gedoen is, het hul besef dat ’n voerkraal vir

420 beeste gebou kon word met die brandstof- en huuruitgawes.

Die besluit is toe gemaak om die huurlande op te gee en te

investeer in die kapitale bate van ’n voerkraal. “Ons is vandag

baie bly ons het dié besluit geneem,” het Manie gesê.

Die eerste voerkraal is in 2008 gebou en hulle het gou gesien

dat dit winsgewend is. Met die sukses van die eerste voerkraal

is besluit om nog drie krale te bou wat die kapasiteit na 1 000

vergroot het.

Produksielek word op die aangeplante weidings gevoer

Speenkalwers word op hoogbemesde weiding ge-"background"

met ’n gemiddelde daaglikse toename (GDT) van 1,2 kg/dag –

1,3 kg/dag tot hul ’n gewig van 350 kg – 380 kg bereik. Hierna

word hul na die voerkraal gebring en vir 45 – 50 dae afgerond

met OPTI 33 se konsentrate. Hier word ʼn gemiddelde GDT van

1,8 kg/dag behaal. Wanneer die kalwers ’n gewig van 450 kg

bereik, word hul na Zeerust abattoir vervoer en geslag. Die

gemiddelde uitslagpersentasie is 56% – 57%.

“Ons het vir ’n lang tyd eers ’n opposisie produk gebruik en toe

besluit om OPTI te toets. Daar was 500 beeste op OPTI en 500

op die produk wat ons reeds aan die gebruik was,” verduidelik

Herman. Die verskil was ooglopend. Met OPTI handhaaf hulle ’n

uitslagpersentasie van 56% – 57% terwyl in die vorige scenario

slegs ’n gemiddelde uitslagpersentasie van 54% – 55% behaal is.

Op OPTI is die GDT selde minder as 1,8 kg per dag waar dit met

die vorige produk 1,6 kg per dag was.

Kwaliteit tel punte

Manie sê hy stap al van 1994 af ’n pad met NW Voere. Al die

lewende hawe se voedingsbehoeftes kom van daar af. “As hulle

take-aways vir mense gemaak het, het ons dit ook gekoop,” het

Manie met ’n glimlag bygevoeg.

“Goeie kwaliteit in die voerkraal is nie onderhandelbaar nie en

kuilvoer is onontbeerlik. Dit is ook van uiterse belang dat die

waterkrippe in die voerkrale heeldag skoongehou moet word.

Ons bespaar baie geld op die bemesting van ons aangeplante

weidings omdat ons die hoendermis van ons hoenderboerdery,

wat 4% stikstof bevat, op die lande kan aanwend.”

Verder word daar net NW Voere konsentrate vir die 340 000

hoenders wat gevoer moet word asook die 1 000 beeste wat in

die kraal staan én die 400 koeie gebruik. Die speenkalwers wat

voerkraal toe gaan, kom alles van die plaas af, maar hul koop

nog in ook. “Waar ons altyd in batches ingekoop het, probeer

ons nou weekliks gelyke getalle van wat ons verkoop het,

inkoop,” voeg Bennie by.

Manie en sy seuns loop ʼn pad met NW Voere. Dit is nie altyd

100% probleemvry nie, maar hulle het nog nooit ʼn probleem

teëgekom wat nie bevredigend opgelos kon word nie. NW Voere

se mense gee om.

Waaraan skryf hul die sukses toe?

Volgens Manie kom sukses in enige onderneming deur deeglike

beplanning, harde werk en toewyding aan dit wat jy besluit het

om te doen. Hy glo ook dat ’n mens sakegeleenthede moet kan

raaksien en benut en al die moontlike kennis oor jou vakgebied

moet inwin. Die seuns stem saam met hul pa dat in hierdie

onderneming beplanning, produktiwiteit, goeie verhoudings en

gebalanseerdheid die sleutel tot sukses is.

Dié drie produsente se leuse is: Ons geniet wat ons doen!

Opti Bulletin word kwartaalliks in opdrag van Noordwes Voere en Opti Chicks deur Infoworks saamgestel en uitgegee.

Navrae: Pierré Lombard (Noordwes Voere)

Tel: (018) 632-4053

E-pos: pierrel@nwk.co.za

BENNIE, MANIE EN HERMAN DU PREEZ

óf Jaco Viljoen (Opti Chicks)

Tel: (018) 632-0336/9

E-pos: jacov@nwk.co.za

4 OPTI BULLETIN • NOORDWES VOERE

NOVEMBER 2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!