01.05.2013 Views

PRAKTIESE TEOLOGIE 1

PRAKTIESE TEOLOGIE 1

PRAKTIESE TEOLOGIE 1

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

PRAKTIESE TEOLOGIE 1

SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Module 6

Inleiding tot Sosiologie.

LEDE IN CHRISTUS KERK

TEOLOGIESE SEMINARIE.

1

Inhoudsopgawe Bladsy

1. SOSIOLOGIE EN DIE SAMELEWING. 6

1.1. Inleiding. 6

1.2. Definisie van Sosiologie. 6

1.3. Kultuur en die Individu. 7

1.3.1. Kenmerke van Kultuur. 8

1.3.2. Funksies van Kultuur. 10

1.3.3. Koepel kultuur, Sub kultuur en Kontra kultuur. 11

1.3.4. Kultuur as Sosiale Omgewing en Norm Stelsel. 12

1.3.5. Waardes en Norme. 12

1.3.6. Legitimiteit. 13

2. DIE SOSIALISERING VAN DIE INDIVIDU. 14

2.1. Sosialisering. 14

2.2. Sosiale Kontrole. 15

2.3. Sosialisering deur Rol en Status. 15

2.4. Die begrippe Posisie, Rol en Status. 16

2.5. Posisie. 17

2.6. Rol. 17

2.6.1. Rolverwagtings. 18

2.6.2. Rolkonflik. 18

2

2.6.3. Die Hantering van Rolkonflik. 19

2.7. Status. 20

2.8. Gelykheid en Gelykwaardigheid. 22

3. SOSIALE ORGANISASIE. 23

3.1. Die Aard en Karakter van Organisasies. 23

3.2. Oorsprong en Klassifikasie van Organisasies. 24

3.2.1. Primêre Groepe. 27

3.2.1.1. Primêre Groepe in die Moderne Samelewing. 28

3.2.1.2. Die Funksie van Primêre Groepe. 29

3.2.2. Sekondêre Groepe of Organisasies. 30

3.2.2.1. Doelstellings van Organisasies. 31

3.2.3. Die Staat as Organisasie. 32

3.2.3.1. Oorsprong en Ontwikkeling van die Staat. 33

3.2.4. Die Organisasie as Burokrasie. 34

3.2.5. Struktuur van die Formele Organisasie. 35

4. SOSIALE INTERAKSIE. 35

4.1. Houdings en Verhoudings. 35

4.2. Die ontstaan van Houdings. 37

4.3. Etnisiteit en Ras in die Suid-Afrikaanse konteks. 39

4.4. Groepsgedrag. 41

3

4.4.1. Invloed van die Groep op Gedrag. 41

5. SOSIALE PROBLEME. 43

5.1. Aard van Sosiale Probleme. 43

5.2. Jeugmisdaad. 43

5.3. Seksuele Afwykings. 46

5.3.1. Definisies. 46

5.3.1.1. Verkragting. 47

5.3.1.2. Erotika of Pornografie. 48

5.3.1.3. Homoseksualisme. 49

5.3.2. Oorsake van Seksuele Afwykings. 50

5.3.3. Tipes Seksuele Afwykings. 50

5.4. Alkoholisme. 51

5.4.1. Tekens van Alkoholisme 53

5.4.2. Oorsake van Alkoholisme. 54

5.4.3. Gevolge van Alkoholisme. 55

5.4.3.1. Patologiese Bedwelming. 56

5.4.3.2. DeliriumTremens. 56

5.4.3.3. Alkoholiese Hallusinasies. 57

5.4.3.4. Alkoholiese Agteruitgang. 57

5.4.3.5. Korsakoff se Sindroom. 58

4

5.5. Dwelmafhanklikheid. 59

6. WERKSOPDRAG. 61

5

1. SOSIOLOGIE EN DIE SAMELEWING .

1. Inleiding

Sosiologie is die wetenskaplike studie van die samelewing en van die

interaksie tussen mense. Die samelewing verwys daarna dat die mens hom

altyd in ‘n mindere of meerdere mate tussen ander mense bevind, dat daar ‘n

interafhanklikheid tussen die mense in ‘n sosiale groep bestaan en dat hulle

mekaar se gedrag beïnvloed. Om geïsoleerd van andere te bestaan, is vreemd

aan die menslike natuur. Van die oomblik van sy geboorte tot met sy dood,

bevind die mens hom tussen andere en is hy grotendeels van hulle afhanklik.

Die mens wat van andere geïsoleerd is, beleef emosionele nood en soek

steeds na ‘n bondgenoot.

Die oorspronklike en ook kleinste sosiale groep waarin die mens hom bevind,

is die huisgesin. Die gesin word dan ook om die rede as die primêre groep

beskryf.

1.2. Definisie van Sosiologie.

Stewart (Steyn e.a. 1985:6) definieer dan ook die vak Sosiologie as ‘n

wetenskaplike studie van die samelewing – van groepe, instellings,

organisasies – en van die interafhanklikheid tussen die lede van die

samelewing. As terrein van studie word die volgende gestel:

• menslike of sosiale interaksie.

• menslike of sosiale verhoudings.

• menslike of sosiale groepe.

• die menslike samelewing.

Sosiale interaksie dui op enige gebeure waar die gedrag (handeling) van ‘n

persoon of persone die waarneembare gedrag of geestesgesteldheid van ‘n

ander persoon of persone beïnvloed. ‘n Handeling word deur Steyn e.a.

(1985:21) gedefinieer as “enige gebeurtenis wat die besteding van energie

behels met die oog op die bereiking van doelstellings in situasies”. In die

finale instansie bestudeer die sosioloog menslike sosiale handelinge.

6

• Dit behels dat die sosioloog nie doellose, refleksiewe, instinktiewe,

geïsoleerde of bloot alle gedrag bestudeer nie.

• Die sosioloog is slegs geïnteresseerd in daardie gedrag wat in

interaksie-konteks tussen mense plaasvind.

Die volgende kenmerke van die sosiale handeling kan hier onderskei word:

• ‘n Sosiale handeling vind altyd in ‘n situasie plaas.

• ‘n Sosiale handeling is gemotiveerd en behels die besteding van

energie.

• ‘n Sosiale handeling is altyd gerig op die bereiking van ‘n doelwit.

• ‘n Sosiale handeling word deur die persoon se norms en waardes

gereguleer.

In die Sosiologie word daar op grond van die voorafgaande veral drie basiese

sub sisteme by sosiale handelinge onderskei. In die studieterrein van die

Sosiologie word die drie sub sisteme soos volg onderskei:

• Persoonlikheid sisteem.

Hier val die klem op die handelinge van die enkele persoon. Elke

persoon tree volgens ‘n bepaalde sisteem van behoeftes en gedrag op

wat as sy persoonlikheid verklaar kan word.

• Sosiale sisteem.

Hier val die klem op die handelinge van die persoon in verhouding met

andere. Die interaksie tussen persone word gereguleer deur ‘n sisteem

van gemeenskaplike verwagtinge wat met bepaalde verhoudinge en

rolvervulling verband hou.

• Kulturele sisteem.

Hier val die klem op die kulturele milieu wat vorm en rigting aan die

handelinge gee. Die kulturele milieu besit ‘n organisasie van

7

gedragswyses, leefstyle, waardes en norms wat rigting gee aan die

handelinge van die lede van die groep.

1.3. Kultuur en die Individu.

Reeds in 1871 het Tylor kultuur gedefinieer as “. . . that complex whole which

includes knowledge, belief, art, morals, law, custom, and any other capabilities

and habits acquired by man as a member of society”. ‘n Omvattende definisie

van kultuur lui dat “. . . kultuur alles behels wat mense as lede van ‘n

samelewing dink, doen en het” (Steyn 1985:32).

Bierstedt (1970:123) verwys daarna as “. . . a complex whole that consists of

all the ways we think and do and everything we have as members of society.”

Schuman (1958:15) omskryf kultuur soos volg: “Culture is the totality of

learned devices for problem solving, as distinct from hereditary equipment.”

Hallmark e.a. (1977:3) beweer: “When a group of people behave similarly and

share the same institutions and ways of life, they can be said to have a

common culture. Each person derives from it his basic way of life. If all tribes

or societies have culture, then civilizations are a particular kind of culture”.

Volgens Kapp e.a. (1982:45) is kultuur “. . . dit wat die mens presteer en tot

stand gebring het”. Dit behels die antropologiese gebruik van kultuur omdat

dit aandui hoe die mens deur sy handewerk sy omgewing begin onderwerp en

diensbaar maak het. Verder word die woord ook gebruik om intellektuele,

artistieke en geestes ontwikkelinge en skeppinge te beskryf. Dit verwys na ‘n

heel ingewikkelde patroon van idees, prestasies, tradisies en eiesoortighede

van ‘n volk, of ‘n nasie, of ‘n ryk.

Kultuur bestaan uit idees, norms en materiële dinge en behels alles wat die

mens dink, doen en het (besit). Die volgende algemene opmerkings sal die

begrip verder verklaar:

• Kultuur gee rigting aan die handelinge van mense en die interaksie

tussen hulle.

8

• Ordelike groeps- en gemeenskapslewe word daardeur moontlik

gemaak.

• Kultuur behels bepaalde voorskrifte en beperkings op die handelinge,

interaksies en verhoudings wat tussen mense kan voorkom.

• Kultuur behels materiële (konkrete kultuurvoorwerpe) en nie-materiële

(abstrakte geestesprodukte) aspekte.

1.3.1. Kenmerke van Kultuur.

Wat die aard van kultuur betref, kan op die volgende besondere kenmerke van

kultuur gelet word:

• Kultuur is uitsluitlik ‘n menslike produk.

Kultuur onderskei mense van diere en menslike samelewings van protosamelewings

wat by diere voorkom. Anders as die dier pas die mens nie

bloot bioties by sy omgewing aan nie maar pas sy omgewing

kultuurskeppend by hom aan.

• Kultuur is gemeenskaplike besit van die lede van ‘n samelewing of

groep.

Kultuur word deur al die lede van ‘n groep aanvaar en gedeel.

Individuele eienaardighede vorm nie deel van kultuur nie omdat alle lede

van die groep dit nie aanvaar nie.

• Kultuur is sosiaal verworwe of aangeleer.

Deur sosialisering word bepaalde gedrags-, denk- en gevoelswyses deur

die samelewing aan die individu oorgedra en deur hom aangeleer. Dit

word van geslag tot geslag oorgedra deur die opvoeding wat kinders

van veral hul ouers ontvang.

• Kultuur is dinamies en kumulatief.

Kultuur bly nie altyd dieselfde nie. Dit is dinamies omdat dit steeds

verander word deur klem verskuiwings, weglatings en toevoegings. Dit

9

is ook kumulatief van aard omdat opeenvolgende geslagte steeds nuwe

inhoude daarby voeg en bestaande inhoude wysig.

• Kultuur is in ‘n hoë mate eenvormig of uniform.

Ten spyte daarvan dat daar inhoudelik verskille tussen kulture voorkom,

is daar bepaalde universele patrone wat rondom basiese behoeftes van

mense sentreer. Elke kultuur heg bepaalde inhoude aan universele

aspekte soos taal, geslags-, huwelik- en gesin sisteme, ‘n ekonomiese,

godsdiens-, regerings- en regstelsel.

• Kultuur vertoon variasie of diversiteit.

Variasie of diversiteit verwys na die hoë mate van verskille wat daar in

die kultuur inhoud van verskillende samelewings bestaan. Die verskille

in kultuur word deur veral verskille in die volgende aspekte bepaal:

• Natuurlike fisiese en organiese omgewings.

• Geografiese isolasie.

• Stand van tegnologiese ontwikkeling.

• Algemene kultuurbasis.

• Etnosentrisme – hoogskatting van die eie kultuur.

• Zenosentrisme – hoogskatting van ‘n buitegroep se kultuur.

1.3.2. Funksies van Kultuur.

Kultuur speel ‘n sentrale en onmisbare rol in alle samelewings. Die volgende

funksies word deur Steyn (1985:34) onderskei:

• Aanpassingsfunksie – dit help die mens om by sy bepaalde omgewing

aan te pas.

• Gratifikasiefunksie – dit help die mens om sy behoeftes te bevredig

• Integrerende funksie – dit bind die lede van ‘n groep of samelewing

saam.

• Regulerende funksie – deur ‘n stel waardes en norme word die gedrag

van die lede van ‘n groep gereguleer en beheer.

10

1.3.3. Koepel kultuur, Sub kultuur en Kontra kultuur.

Die Republiek van Suid-Afrika met sy wye verskeidenheid mense kan as ‘n

sosioloog se droomwêreld beskou word. Afgesien van ‘n breë Westerse

koepel kultuur wat almal deel of na strewe, is die sogenaamde

“reënboognasie” ook ryk aan subkulture en kontra kulture.

• Koepel kultuur (“dome culture”).

o dui op ‘n omvattende, oorkoepelende leefwyse waarvolgens die

meeste of al die lede van ‘n samelewing lewe.

o in breë trekke stem die meerderheid van die inwoners van ‘n land

ooreen, byvoorbeeld, ten opsigte van kleredrag en arbeids

bedrywighede.

• Sub kultuur.

o dit is ‘n kultuur binne ‘n kultuur, ‘n deel kultuur wat onderskeibaar

van die breë kultuur is.

o die lede van ‘n subkultuur deel in ‘n groot mate die norms en

waardes van die koepel kultuur en word as deel van die koepel

kultuur gemeenskap beskou.

o binne ‘n bepaalde samelewing kan daar sprake wees van

beroeps,- ouderdoms- of ander subkulture.

o ‘n vreemde subkultuur verwys na minderheidsgroepe van

vreemde oorsprong binne ‘n bepaalde gasheer kultuur. Dit is

gewoonlik groepe immigrante wat in ‘n oorgangsfase na die

gasheer kultuur verkeer. Voorbeelde hiervan is Chinatowns,

Joodse Ghetto’s en Duitse of Engelse nedersettings.

• Kontra kultuur

o ‘n kontra kultuur is ‘n subkultuur wat in so ‘n mate van die norms

en waardes van die koepel kultuur afwyk dat dit as ‘n afwykende

subkultuur beskou word.

11

o die kontra kultuur is in opposisie met die koepel kultuur en

dikwels in konfrontasie daarmee tipiese kontra kulture is

byvoorbeeld die hippies, Hell’s Angels en revolusionêre groepe

wat die bestaande orde omvêr wil werp.

1.3.4. Kultuur as sosiale omgewing en normstelsel.

Kultuur het ‘n regulerende funksie in die sin dat dit bepaalde waardes en

norms daarstel waaraan die lede van die kultuurgroep moet voldoen. Die

algemene waardes en norms word dikwels deur die groep met sanksies beklee

(d.w.s. in juridiese wette vasgelê en afgedwing) en daardeur word die gedrag

of handelinge van die lede gerig, gereguleer en beheer.

1.3.5. Waardes en Norms.

Tussen waardes en norms bestaan daar ‘n noue verband.

1.3.5.1. Waardes.

Waardes gee ‘n aanduiding van die algemene kulturele standaarde wat in

sosiale handelinge wenslik is. Waardes is van ‘n meer algemene en abstrakte

aard terwyl norms spesifieke gedragsreëls is. By waardes word daar ‘n

onderskeid tussen dominante en variante waardes gemaak:

• Dominante waardes word:

o deur die oorgrote meerderheid in die bepaalde samelewing

aanvaar .

o word op ‘n wye aantal terreine toegepas.

o vir ‘n lang tydperk toegepas (langdurigheid).

• Variante waardes word:

o slegs deur ‘n minderheidsgroep aanvaar.

o gekenmerk deur ‘n afwyking van die dominante waardes.

o veral aangetref waar subkulture voorkom.

12

Tussen die waardesisteme van samelewings kom daar dikwels verskillende en

selfs kontrasterende waardes voor.

1.3.5.2. Norms.

Norms verwys na gedragsreëls of –voorskrifte wat gedrag in spesifieke

situasies rig en reël. Algemene en abstrakte waardes kry in spesifieke norms

‘n konkrete beslag. Norms word verdeel in formele, geskrewe norms en

informele, ongeskrewe norms.

• Formele, geskrewe norms.

o dit sluit aspekte soos wette, regulasies, ordonnansies, statute,

konstitusies en reglemente in.

o dit word aan bepaalde organisasies soos ‘n staat, kollege,

maatskappy of ‘n tennisklub verbind.

o sommige geskrewe norme geld vir die hele samelewing soos,

byvoorbeeld ‘n land se grondwet terwyl ander byvoorbeeld net

op die lede van ‘n tennisklub van toepassing is.

• Informele, ongeskrewe norms.

o dit verwys na aspekte soos mores, “folkways”, gewoontes,

gebruike, tradisie, konvensie, etiket en modes wat spontaan

ontstaan.

o dit is dikwels van korte duur en nie alle lede binne ‘n koepel

1.3.6 Legitimiteit

kultuur voel ewe sterk daaroor nie.

Vir ‘n norm, geskrewe of ongeskrewe, om doeltreffend te wees, moet dit

legitiem wees. Legitimiteit verwys na die mate waarin die lede van die groep of

gemeenskap die norm as bindend vir hulle gedrag aanvaar. In die opsig is die

legitimiteit van ongeskrewe norme dikwels swakker as die van geskrewe

norme. Ook die legitimiteit van geskrewe norms soos wette wat deur sommige

lede van die groep as onregverdig beskou word, is dikwels in gevaar.

Wetgewing oor byvoorbeeld dobbelary, owerspel, pornografie, dwelmmisbruik

13

en diamant smokkelary word dikwels nie deur almal as ewe legitiem ervaar.

2. DIE SOSIALISERING VAN DIE INDIVIDU.

2.1. Sosialisering.

Sosialisering verwys na die sosiale ontwikkeling of vorming van die individu

binne en deur die toedoen van sy sosiale omgewing. Bilton (Steyn e.a.: 65) stel

dit soos volg: “The process by which we acquire the culture of the society into

which we are born – the process by which we acquire our social

characteristics and learn the ways of thought and behavior considered

appropriate in our society – is called socialization.” Die samelewing dra

bepaalde kultuur inhoude aan die individu oor terwyl die individu hierdie

inhoude aanleer en verwerk.

Sosialisering word gedefinieer as die proses waardeur die individu op ‘n

selektiewe wyse die waardes en houdings, die belangstellings, vaardighede en

kennis van die kultuurgroep waaraan hy behoort of waarvan hy lid wil word,

bekom.

Sosialisering het ten doel om die individu:

• in staat te stel om homself in alle sosiale verhoudinge te handhaaf;

• van ‘n eie plek in die samelewing te voorsien;

• in staat te stel om die bepaalde kultuur te handhaaf en uit te bou.

Die oordrag van kultuurgoedere vind deur middel van ‘n verskeidenheid

instansies plaas en daar word tussen primêre en sekondêre sosialiserings

agente onderskei.

2.1.1. Primêre Sosialisering.

By die sosialisering van die kind speel die gesin die belangrikste rol. Op ‘n

informele wyse leer die kind deur nabootsing en identifisering bepaalde

kultuurinhoude aan. Ook die kleuterskool, skool en portuurgroep speel ‘n rol

14

y primêre sosialisering. In die skool vind die oordrag van inhoude deur

formele instruksie plaas.

2.1.2. Sekondêre Sosialisering.

Sekondêre sosialisering vind by volwassenes plaas en instansies soos

kolleges, universiteite, die Weermag, ‘n beroepskring, kerk en gemeenskap is

hier van belang.

2.2. Sosiale Kontrole.

Sosialisering verwys na die sosiale ontwikkeling of vorming van die mens

binne en deur die toedoen van sy sosiale omgewing. Dit bewerkstellig die

noodsaaklike koppeling tussen die mens en die samelewing en is beide ‘n

oordrag- en oornameproses. Die sosialiteit van die mens is deel van sy

persoonlikheid. In die ontwikkeling van die persoonlikheid staan sosialisering

sentraal.

2.3. Sosialisering deur Rol en Status.

Sosialisering behels vir Mead (Steyn e.a.: 68) die oorname van houdings en die

aanleer van bepaalde rolle uit die onmiddellike omgewing. Die kind se

aanvanklike leer, vind deur spel plaas en Mead onderskei drie stadia in die

aanleer van rolle:

o Die “pre-play” stadium.

Die kind boots die handelinge van andere na sonder dat hy

werklik begrip daarvoor het, byvoorbeeld, die lees van ‘n koerant

of tydskrif. Op ‘n onbewuste wyse neem die kind die houdings en

rolle van diegene om hom aan sonder ‘n besef van die

onderskeid wat daar tussen homself en andere bestaan.

o Die “play” stadium.

Deur verbeeldingryke rolspel neem die kind die rolle van mense

uit sy omgewing aan. Die kind kan afwisselend die rolle van

15

vader, moeder, onderwyser, polisieman. . . vertolk. Die

rolvertolking is hier meer sinvol en die kind tree as outonome

self teenoor andere op. Die kind het nog nie ‘n konsekwente

gedragspatroon nie en spring van een rol na ‘n ander.

o Die “game” stadium.

Dit is die afrondingstadium in die ontwikkeling van die sosiale

persoonlikheid. Die voorheen losstaande houdings en rolle word

nou geïntegreer en ‘n volledige en verenigde self of

persoonlikheid word verwerf. Die houdings en verwagtings wat

algemeen in die bepaalde samelewing geld, het ‘n regulerende

invloed op die self en gedrag. In die “game” stadium leer die kind

dat daar bepaalde reëls en voorskrifte bestaan.

2.4. Die begrippe Posisie, Rol en Status.

Uit die interaksie tussen mense ontstaan die neiging dat die wyse waarop

mense teenoor mekaar optree geroetineerd raak – met ander woorde, dat

elkeen met verloop van tyd ‘n bepaalde posisie inneem en ‘n bepaalde rol

vertolk. ‘n Sosiale organisasie is ‘n sosiale struktuur waarin ‘n mens ‘n

bepaalde posisie beklee, ‘n bepaalde rol te vervul het en deur ‘n relatief vaste

netwerk van verhoudings saam gebind word. Op grond van posisie en rol weet

die mens wat om van andere te verwag en hoe om in bepaalde situasies

teenoor andere op te tree.

Die begrippe posisie en rol is slegs in die teorie skeibaar omdat dit in die

werklikheid nou verweef is. Posisie dui op ‘n strukturele aspek terwyl rol op

die dinamiese of funksionele aspek van die persoon se deelname aan sosiale

interaksie dui.

16

2.5. Posisie.

Posisie verwys na die plek of punt wat ‘n individu in ‘n bepaalde interaksie-

situasie inneem. Byvoorbeeld: In ‘n gesin situasie kan bepaalde persone die

posisie van vader, moeder en kind beklee. Die posisie word gebruik om ‘n

bepaalde naam aan die bekleër daarvan in ‘n bepaalde situasie te koppel. Daar

word tussen ‘n fokale posisie en ‘n kontra posisie onderskei.

Die begrip posisie:

* dui op die plek van ‘n persoon in ‘n interaksie-situasie.

* dien as rigtingwyser vir die handelinge van ‘n persoon.

* dien as antisipeerder van die handelinge van ‘n ander persoon.

* impliseer dat ‘n bepaalde posisie met bepaalde norms en voorskrifte beklee

word.

* impliseer dat daar ook bepaalde regte en verpligtinge aan ‘n posisie

verbonde is.

2.6. Rol.

Wanneer die vereiste optrede (funksie) binne ‘n bepaalde posisie ter sprake is,

word daar eerder na ‘n rol as ‘n posisie verwys. Waar posisie na die strukturele

aspek (plek) verwys, verwys rol na die normatiewe handeling aspek, dit wil sê,

na dit (funksie) wat van ‘n persoon in ‘n bepaalde posisie verwag word. Dit dui

op die wyse waarop die handelinge van ‘n persoon in ‘n gegewe posisie

behoort te verloop en hoe hy behoort op te tree. In die opsig is daar van

rolverwagtings sprake.

17

2.6.1. Rolverwagtings.

• dit dui op die normatiewe aspekte van ‘n rol.

• dit impliseer verwagtings wat aan ‘n individu in ‘n bepaalde posisie

gestel word.

• dit gee ‘n aanduiding van hoe andere in bepaalde omstandighede

teenoor hom behoort op te tree.

• dit impliseer evaluatiewe standaarde wat op die rolvervuller toegepas

word.

• dit is gewoonlik redelik geformaliseerd en gestruktureerd – kan selfs in

‘n staat van pligte en regte uiteen gesit word.

• daar is van wedersydse regte en verpligtinge sprake – hoe die

rolvervuller moet optree maar ook hoe andere teenoor hom moet

optree.

• rolverwagtinge word deur sosialisering aangeleer.

• konsensus oor rolverwagtinge word deur die bepaalde sosiale

interaksie bepaal.

2.6.2. Rolkonflik.

In ‘n komplekse en gedifferensieerde samelewing bevind die mens hom

daagliks in ‘n verskeidenheid interaksie-situasies waar hy telkens ‘n

verskillende posisie moet inneem en ‘n ander rol moet vervul. Die posisie-rol

van ‘n mens wissel van situasie tot situasie.

Die verskillende posisies wat ‘n mens op ‘n bepaalde tydstip in sy lewe kan

beklee, staan as sy posisie-stel bekend. Elke mens het ‘n unieke kombinasie

van posisies en rolle en daarom ook ‘n eiesoortige posisie-stel.

‘n Student se posisie-stel kan soos volg lyk:

Al die posisie-rolle wat die mens mag beklee, word selde gelyktydig

geaktiveer. In ‘n bepaalde situasie is daar van ‘n aktiewe posisie-rol (huidige

situasie) en een of meer latente posisie-rolle sprake. Die belangrikste posisierol

is die posisie waarvolgens ‘n persoon gewoonlik sosiaal gedefinieer of

18

geïdentifiseer word en dit staan as sy meester posisie bekend. In die Westerse

samelewing verwys ‘n persoon se meesterposisie gewoonlik na sy bepaalde

beroep.

• Inter-rolkonflik.

Inter-rolkonflik ontstaan uit die botsende verpligtinge en regte wat die

verskillende rolle in ‘n persoon se posisiestel aan hom stel. Byvoorbeeld, in

die voorbeeld van ‘n student se posisiestel ervaar hy in die klassituasie konflik

wanneer hy ‘n keuse tussen sy eggenootlike verpligtinge en die van ‘n student

moet maak. So moet hy byvoorbeeld kies tussen studeer vir ‘n toets en om sy

vrou uit te neem.

• Intra-rol konflik.

Intra-rol konflik kan op twee wyses ontstaan:

• Die persoon se persoonlikheid is in botsing met die bepaalde posisie-rol

wat hy moet vervul. Die tipe konflik spruit dikwels uit verkeerde

beroepskeuses en ander gevalle waar ‘n persoon gedwing word om ‘n

bepaalde taak waarvoor hy nie die aanleg het nie, te verrig.

• Mense in kontraposisies het dikwels teenstrydige rolverwagtinge wat

hulle aan iemand in ‘n fokale-posisie stel. Die student in die voorbeeld

kan in ‘n intra-rolkonflik beland omdat sy lektor, sy vrou, sy kind, sy

ouers en die andere almal verskillende en teenstrydige rolverwagtinge

van hom koester.

2.6.3. Die Hantering van Rolkonflik.

In die hantering van rolkonflik word gewoonlik een of meer van die volgende

strategieë aangewend:

• Kompartementalisering.

Die student in ons voorbeeld, kan ‘n rigiede indeling van sy

lewensaktiwiteite in bepaalde vaste kompartemente maak. Sy

19

studente,- huweliks-, beroeps-, reservis- en sportlewe word sodanig ten

opsigte van tyd en plek geskei dat botsende rolverwagtinge nie

tegelykertyd geaktiveer kan word nie. Hy hoef dan net aan een stel

verwagtinge op ‘n keer te voldoen.

• Hiërargiese rangskikking van rolverwagtinge.

‘n Orde van voorkeure word sodanig opgestel dat hy konfliksituasies in

‘n bepaalde orde kan hanteer. Die student in ons voorbeeld moet

eerstens bepaal wat in sy lewe die belangrikste posisie inneem en

verder ook byvoorbeeld, dat sy studies bedags, sy gesin saans en sy

deeltydse werk oor naweke die voorkeur kry.

• Kompromis.

Deur ‘n kompromis te tref, word die situasie so verander dat

teenstellende rolverwagtinge geïntegreer word. Byvoorbeeld die

student in die voorbeeld kry vir sy vrou by dieselfde plek ‘n werk en

hulle kinders kan ook terselfdertyd saam met hulle werk toe gaan. Op

die wyse kan hy aan sy posisie-rolle as deeltydse werknemer, eggenoot

en vader terselfdertyd aandag skenk.

• Rolverlating.

2.7. Status.

Dit behels dat die persoon die keuse uitoefen om een of meer van die

rolle wat die meeste stremming veroorsaak en die minste

aantrekkingskrag het, te laat vaar ten einde meer aandag aan die ander

te kan gee. Die student in die voorbeeld kan byvoorbeeld ophou rugby

speel of bedank as diaken of uitstel van diensplig kry.

Status en posisie word dikwels verkeerdelik as sinonieme gebruik. Status

verwys na die relatiewe aansien of prestige wat ‘n bepaalde posisie in

verhouding met ander posisies in ‘n bepaalde samelewing beklee. Status

impliseer daarom ‘n vertikale rangorde van posisies in ‘n samelewing of

20

eroepsomgewing. ‘n Belangrike kenmerk van die struktuur van ‘n samelewing

is die eienskap van gelaagdheid – dit wil sê, dat die posisies in lae of stande

gerangskik is. Die tipe gelaagdheid wat hier ter sprake is, staan as sosiale

stratifikasie bekend.

Sosiale stratifikasie kom in bykans alle samelewings en selfs in kleiner groepe

soos die gesin voor. Dit behels dat die verskillende lede van die groep nie ‘n

gelyke aanspraak op en toegang tot die skaars bronne en ander vorme van

beloning het nie. Omdat die verpligtinge, regte en bydraes van die lede van ‘n

samelewing verskil, verskil ook die status wat aan bepaalde posisies geheg

word. Alhoewel alle mense gelykwaardig as mens is, bestaan daar, met ander

woorde, nie absolute gelykheid tussen mense nie. Byvoorbeeld, ‘n student is

as mens gelykwaardig aan die rektor van sy inrigting maar sekerlik besit die

een meer status as die ander in bepaalde situasies. By enige vorm van

stratifikasie geld die beginsel van differensiasie wat in die hedendaagse

wêreld dikwels as diskriminasie vertolk word. Omdat mense gedifferensieerde

bydraes tot die welsyn van die groep lewer, ontwikkel daar verskillende rolle.

In ‘n gesin word die rolle gedifferensieer as die van vader, moeder, dogter en

seun en die verpligtinge en regte wat aan elke rol toegeken word, verskil. Uit

die aard van hulle funksies word ook by ‘n universiteit gedifferensieer tussen

die rolle van rektor, vise rektor, professor, senior lektor, lektor en student.

Volgens Tumis (Steyn e.a.: 192) funksioneer differensiasies die beste indien:

• verpligtinge en regte duidelik omskryf word.

• die lyne van gesag duidelik onderskei word.

• verantwoordelikhede duidelik onderskei word.

• personeel noukeurig gewerf en deeglik opgelei word.

• toereikende sanksies – beloning en strafmaatreëls – bestaan.

• wesentlike voorregte aan hoër rolle toegeken word.

Omdat bepaalde rolle in die samelewing hoër geëvalueer en meer gerespekteer

word, kom daar ‘n rangorde van rolle, van hoog tot laag, tot stand. Prestige is

die waardering en respek wat aan ‘n persoon toeval op grond van ‘n bepaalde

posisie wat hy in die samelewing of in ‘n organisasie beklee. Die waardering of

21

espek wat aan ‘n persoon op grond van sy persoonlike vermoëns en sy

prestasie in ‘n spesifieke rol toegeken word, staan as agting bekend. Prestige

en agting is normaalweg in die praktyk onlosmaaklik gebonde en persone

word op grond van beide geëvalueer en in rangorde geplaas.

Na die plek wat ‘n persoon in hierdie rangorde beklee, word daar verwys as sy

status in die samelewing. Die status van ‘n persoon behels dus beide sy

prestige op grond van ‘n pos wat hy beklee en agting wat hy op grond van

persoonlike kwaliteite en prestasie verwerf. Die blote feit dat ‘n persoon ‘n hoë

posisie of pos beklee, is daarom geen waarborg van status nie.

2.8. Gelykheid en Gelykwaardigheid.

Sosiale stratifikasie behels in essensie ‘n sisteem van ongelykheid. Waar

binne ‘n samelewing verskillende status, met verskillende regte, voorregte en

verpligtinge, aan lede toegeken word, word ongelykheid geïmpliseer. ‘n

Ongekwalifiseerde aanspraak dat alle mense gelyk is, kan sosiologies nie

aanvaar word nie. Indien met gelykheid die beginsels van gelykwaardigheid,

gelykberegtiging en kansgelykheid bedoel word dan is alle mense wel gelyk.

Binne enige samelewing is absolute en ongekwalifiseerde gelykheid ‘n

teenstelling in terminus. In die ware demokrasie word nie net die

gelykwaardigheid van mense nie maar ook die ongelykhede tussen mense

erken en geëerbiedig. Alhoewel alle mense gelykwaardig is, beskik hulle nie

oor gelyke vermoëns en talente nie en kan daarom ook nie in ‘n gelyke mate

tot die samelewing bydra nie. Binne ‘n demokrasie bestaan daar ‘n kosbare

historiese, maatskaplike, politieke en ekonomiese tradisie waardeur harde en

toegewyde werk aangemoedig word en waarin daar geglo word dat prestasie,

beloning, uitmuntendheid en status die regverdige beloning is van diegene wat

dit verdien. Ten opsigte van gelykwaardigheid, gelykberegting en

kansgelykheid behoort alle mense wel as gelyk beskou en behandel te word.

22

3. SOSIALE ORGANISASIE.

3.1. Die Aard en Karakter van Organisasies.

In die voorafgaande gedeelte is aangetoon dat die individu ‘n bepaalde

posisie-rol in die samelewing vervul en dat die gesin as die kleinste eenheid in

die sosiale sisteem optree. Verskillende individue of posisie-rolle kombineer

om komplekser patrone van interaksie te vorm wat as sosiale verhoudings

bekend staan. Na so ‘n totale interaksie-situasie waarin daadwerklike, konkrete

interaksie op ‘n redelik vaste patroon tussen mense plaasvind, word verwys as

‘n sosiale groep. Die begrip sosiale groep sluit ‘n groot verskeidenheid groepe

in wat van die klein informele tweepersoon groep (diade) tot groot, formele

organisasies kan wissel. ‘n Sosiale groep sluit byvoorbeeld die volgende in:

gesinne, speelgroepe, skole, gemeentes, klubs, sake organisasies,

maatskappye, stadsrade, staatsdepartemente ens. ‘n Sosiale groep sluit egter

nie die volgende verskynsels in nie: Statistiese en\of sosiale kategorieë en

versamelings Individue wat bloot op grond van bepaalde gemeenskaplike

kenmerke as ‘n groep saam gegroepeer word, is geen sosiale groep nie. Hier

word verwys na byvoorbeeld die lede van geslags-, ouderdoms-, inkomste- of

beroepsgroepe waartussen daar geen werklike sosiale interaksie bestaan nie.

Daar moet eerder na sulke identifiserings as byvoorbeeld ouderdoms- of

beroep kategorieë verwys word. Alhoewel erken word dat mense wat in

dieselfde statistiese of sosiale kategorie val as gevolg van gemeenskaplike

kenmerke heelwat in gemeen het, is die groter gemeenskaplikheid nog geen

werklike interaksie nie en kan daar nie van hierdie groepe as ‘n sosiale groep

gepraat word nie.

In die praktyk is dit dikwels moeilik om tussen ‘n blote versameling van mense

en ‘n sosiale groep te onderskei. Mense wat by ‘n ongelukstoneel saamdrom

of toustaan voor ‘n bioskoop teater is bloot ‘n versameling terwyl mense wat

saam in ‘n fabriek werk of een huis deel, wel deeglik ‘n sosiale groep kan

vorm.

23

3.2. Oorsprong en Klassifikasie van Organisasies.

Op grond van sekere minimum of basiese kenmerke kan die sosiale groep wel

van ‘n blote statistiese kategorie of versameling onderskei word. Die minimum

kenmerke is in die volgende definisie vervat:

‘n Sosiale groep bestaan uit:

- twee of meer persone wat,

- in ‘n bepaalde konteks,

- ‘n stabiele en onderskeibare interaksiepatroon het,

- met die oog op die bereiking van ‘n gemeenskaplike doel,

- waar daar tussen die lede en nie-lede onderskei kan word.

- op so ‘n wyse dat ‘n gevoel van eenheid ontwikkel en ook regte en

verpligtinge bestaan wat nie-lede nie besit nie en dat ‘n stel gemeenskaplike

norms geld waardeur die gedrag van die lede georden word.

Omdat ‘n blote versameling van mense ook van bogenoemde kenmerke mag

besit, is die onderskeid tussen versamelings en sosiale groepe dikwels ‘n

kwessie van graad en nie die blote aan- of afwesigheid van ‘n kenmerk nie. Uit

bogenoemde definisie blyk die volgende minimum kenmerke:

• Interaksie patroon.

Die interaksie kan beskryf word as nie blote toevallige interaksie nie. Die

interaksie neem met verloop van tyd ‘n vaste patroon aan sodat elke

individu met verloop van tyd weet wat van hom en andere verwag word.

• Groep doelstellings.

Die groep se doel spesifiseer die ideale of gewenste staat vir die groep

as geheel en gee rigting aan die handelinge van die lede. Die groep stel

die individu in staat om sy doelstellings te bereik en al die lede van die

24

groep het nie noodwendig dieselfde doelstellings nie.

Groepsdoelstellings kan egter met verloop van tyd verander.

• Groeplede.

Elke lid sien homself as lid en word ook deur die ander as lid erken en

aanvaar. Eenheid en samehorigheid ontwikkel in die mate waarin daar ‘n

onderskeid tussen lede en nie-lede gemaak word en lede nie summier

aanvaar word nie. Waar lidmaatskap deur streng groepsgrense beperk

word, is daar sprake van beperkte of geslote groepe. Ontgroening of

inlywingseremonies vind dikwels hulle oorsprong in die onwilligheid van

groeplede om nuwe lede summier te aanvaar.

• Regte en verpligtinge.

Regte en pligte verwys na die rolle wat die verskillende lede in die groep

moet vertolk. Gereelde interaksie het dikwels die ontstaan van vaste

posisie-rolle tot gevolg omdat bepaalde patrone van interaksie ontstaan.

Op grond van die posisie-rolle ontstaan daar ook bepaalde regte en

verpligtinge waaraan groeplede onderhewig is.

• Struktuur van die groep.

Op grond van die bepaalde posisie-rolle wat in die groep ontstaan en die

interpersoonlike verhoudings wat daardeur tot stand kom, kan ‘n

bepaalde struktuur in elke groep onderskei word. Die struktuur van ‘n

groep kan ook deur die bestaan van subgroepe binne die groep

gekenmerk word.

In ‘n gesin as sosiale groep kan die volgende verhoudings bestaan:

* Man-vrou verhouding * Moeder-dogter verhouding

* Vader-seun verhouding * Moeder-seun verhouding

* Vader-dogter verhouding * Suster-suster verhouding

25

* Broer-broer verhouding * Broer-suster verhouding

In ‘n uiteensetting van ‘n groep strukture kan die besondere verhouding

tussen die verskillende lede soos volg voorgestel word:

• Wedersydse sterk verhouding.

• Eensydige sterk verhouding.

• Wedersydse swak verhouding.

• Eensydige swak verhouding.

In ‘n gesin kan die groepstruktuur soos volg voorgestel word:

• Wedersydse sterk verhoudings tussen: man en vrou; vader en seun 1;

seun 2 en dogter 2; moeder en seun 2; en moeder en dogter 1.

• Wedersydse swak verhoudings tussen: moeder en seun 1; vader en

dogter 1.

• Eensydige sterk verhoudings tussen: seun 2 en vader; dogter 2 en

vader.

• Eensydige swak verhoudings tussen: seun 2 en seun 1; moeder en

dogter 2; dogter 2 en dogter 1; seun 1 en dogter 2; dogter 1 en seun 1;

seun 2 en dogter 1.

• Wat wedersydse sterk verhoudings betref, vorm die seun 2 en die dogter

Groep norms.

2 ‘n subgroep.

Die gedrag van die lede van ‘n groep word deur bepaalde groep norms as

bepaalde voorskrifte en reëls gereël. In elke groep situasie word daar ook

afgesien van algemene of universele menslike norms, spesifieke

groepsgebonde norms ontwikkel. Van die kant van die groep word druk op die

lede uitgeoefen om met die groep norms te konformeer. Die groep norms word

met ‘n bepaalde sanksie beklee in die opsig dat ‘n oortredende lid gestraf of

selfs verstoot kan word.

26

3.2.1. Primêre Groepe.

Die gesin word dikwels as die ruggraat van die samelewing beskou. Die klein,

intieme en primêre groep is van besondere belang vir menslike gedrag en die

individu se welsyn. ‘n Primêre groep soos ‘n gesin word veral deur die

volgende gekenmerk:

• Aangesig tot aangesig kontak:

Slegs tussen mense wat, ten minste vir ‘n tydperk, in noue kontak met mekaar

was, kan idees, menings en gevoelens uitgeruil word en kan intieme kontak

ontstaan.

• Kleinheid van die groep:

Hoe groter die groep, hoe meer verhoudings bestaan en hoe meer interaksie

vind daar plaas, en hoe minder is die kans dat intieme verhoudings kan

ontstaan.

• Herhalende intieme kontak:

Intimiteit ontstaan met verloop van tyd. Hoe meer en hoe langer die groeplede

in kontak bly, hoe beter is die kanse dat ‘n intieme primêre verhouding tussen

die lede van die groep kan ontstaan.

• Besondere aard van die verhoudinge:

Die besondere aard van die verhouding tussen die lede van die groep, sal ook

die intimiteit van ‘n groep bepaal. In die volgende tipe groepe bevorder die

aard van die verhouding die intimiteit:

• Waar die verhouding in die groep primêr affektief (emosioneel) en nie

byvoorbeeld saaklik en bloot professioneel is nie.

• Waar die lidmaatskap partikulier en nie algemeen-geldend is nie.

• Waar die groep kollektivisties (saambindend) en nie verwyderend is nie.

• Waar die verhouding meer diffuus en nie duidelik voorgeskryf soos in

die beroepswêreld is nie.

27

3.2.1.1. Primêre groepe in die Moderne Samelewing.

Die gesin, portuur- en vriendskapgroepe is gewoonlik die belangrikste primêre

groepe. Die belangrikste primêre groep is die gesin. In die moderne

samelewing het die gesin egter met verloop van tyd ‘n gedaante-verwisseling

ondergaan.

• Met die steeds-toenemende verstedeliking en groter mobiliteit van die jong

mens het die tradisionele uitgebreide gesin waar kinders, ouers,

grootouers, ooms, tantes, neefs en niggies in relatiewe nabyheid intiem

saamgeleef het, vervang deur die kerngesin wat uit slegs ouers en een of

twee kinders bestaan.

• Weens die hoë voorkoms van egskeidings en buite-egtelike geboortes is

selfs die tradisionele kerngesin vervang deur die enkelouer-gesin.

• Die beroepsbedrywighede van die ouers (moeder en vader) lei verder tot

die omskepping van die ouerhuis tot bloot ‘n oornagplek. Verstedeliking en

tegnologiese vooruitgang het ‘n skeiding tussen woon- en werkplek

geskep waar kinders en ouers vir groot dele van die dag nie in intieme

kontak is nie.

Wêreldwyd is daar toenemend pogings om die invloed van die gesin as

primêre groep te herstel of om ander primêre groeperinge in die plek daarvan

te stel. In Suid-Afrika is veral kerke en ander welsynsorganisasies gemoeid

met die stigting van sogenaamde “encounter” groepe wat die noodsaaklike

plek van die gesin as primêre groep probeer vul. Gemeentes wat in klein wyke

verdeel word en gesprekgroepe wat informeel weekliks bymekaar kom, word in

die opsig gebruik om die mens se behoefte aan intieme kontak en

onderskraging in tye van krisis te probeer vul. Ook deur middel van

kommunes word gepoog om permanente en stabiele primêre groepe daar te

stel. Ongelukkig is die verhoudinge in die kommunes meestal nie langdurig nie

omdat dit dikwels net ‘n tydelike toevlugsoord vir mense in ‘n krisis situasie

geword het. Tog dui die ontstaan van kommunes op ‘n werklike behoefte en

leemte aan primêre groepe in die hedendaagse samelewing waar mense

dikwels by mekaar verbyleef.

28

3.2.1.2. Die Funksie van Primêre Groepe.

Die primêre groep soos die gesin, vervul sekere belangrike funksies in die

lewe van die individu.

• Sosialisering van die individu.

Cooley het reeds in 1909 na die primêre groep as die “nursery of

human nature” verwys en daarmee bedoel dat die primêre groep en in

die besonder die gesin, die basis vir die mens se opvoeding en veral

sosiale aanpassing voorsien. Binne die konteks van die primêre groep

ervaar die kind van kleins-af medemenslike geborgenheid, leer hy om

met bepaalde rol-inhoude te konformeer en word hy vir die wêreld daar

buite voorberei. Binne die gesin, portuur- en vriendskapgroepe word

die basis in die vroeë lewensjare van die kind gelê waarop alle

toekomstige sosialisering gebou sal word.

• Emosionele ondersteuning aan die individu.

Binne die primêre groep hoef die individu nie steeds sy beste voet voor

te sit nie omdat hy onvoorwaardelik as lid aanvaar word. Dit bied aan

hom die nodige emosionele steun en gevoel van psigiese welsyn wat

as ‘n gevoel van geborgenheid beskryf kan word. Veral die gesin bied

aan die kind ‘n veilige hawe waarvandaan hy die wêreld kan verken,

toenemend kan emansipeer, steeds meer onafhanklik kan word en

waarnatoe hy in tye van nood hom kan wend. Die mens wat van ‘n

primêre groep geïsoleer word, beleef emosionele nood as ‘n gevoel van

ongeborgenheid en kan nie sy menslike potensiaal optimaal verwerklik

nie.

• Die ontwikkeling van die selfkonsep.

Uit die individu se interaksie met andere in die primêre groep ontwikkel

sy selfkonsep wat ‘n bepalende rol in elke handeling van hom speel.

Die selfbeeld behels die volgende drie aspekte:

29

o Self-identiteit – Dit dui op selfkennis en is die individu se

antwoord op die vraag, Wie is ek? Dit is gebaseer op wat die

individu van homself weet en op wat hy dink andere van hom

weet.

o Ideale-self – Dit is die idee wat die individu het van hoe hy behoort

te wees. Dit dui op die ideale wat hy vir homself stel en hy sal

steeds probeer om moontlike verskille of diskrepansies tussen

die self-identiteit en die ideale-self uit te skakel.

o Selfagting – Dit is die resultaat van die individu se evaluering van

homself en sy eie handelinge of prestasies. Hy vergelyk in die

verband homself steeds met andere in die gesin of portuurgroep.

Waar die persoon van ‘n primêre groep geïsoleer word, kan dit die

ontwikkeling van ‘n positiewe selfkonsep strem.

3.2.2. Sekondêre Groepe of Organisasies.

Met die konsep sekondêre groepe word daar na die groter, meer formele en

saaklike groepe in die samelewing verwys. In die moderne samelewing is daar

‘n groot toename in formele organisasies.

Formele organisasies is organisasies wat doelbewus in die lewe geroep word

om ‘n spesifieke doel of doelstellings na te streef. Voorbeelde hiervan is

staatsdepartemente, kerke, skole, universiteite, kolleges, besigheid

maatskappye, vakbonde, politieke partye, lande en selfs die VVO. Etzioni

(1964:1) verwys na die moderne samelewing as ‘n samelewing van

organisasies: “We are born in organizations, educated by organizations, and

most of us spent most of our lives working for organizations. We spend most

of our leisure time paying, playing and praying in organizations. Most of us will

die in an organization, and when the time comes for burial, the largest

organization of all – the state – must grant official permission”.

30

3.2.2.1 Doelstellings van Organisasies.

Die volgende gemeenskaplike eienskappe van organisasies kan onderskei

word:

• Elke organisasie word vir die bereiking van ‘n spesifieke doel in die

lewe geroep.

• Slegs deur die samewerking van verskeie individue kan so ‘n doel

bereik word.

• Elke organisasie het ‘n formeel erkende liggaam (kabinet, bestuur,

direksie ens.) wat verantwoordelik is vir die formulering van

doelstellings.

• Persoonlikhede soos die van ‘n dinamiese leier kan ook die seleksie

van doelstellings beïnvloed.

• Omgewingsfaktore soos die eise wat deur die gemeenskap gestel

word, kan ook die doelstellings bepaal.

• Om stagnasie te voorkom, moet ‘n organisasie se doelstellings van tyd

tot tyd hersien en aangepas word. Hier kan daar sprake van

doelopvolging, doelvermeerdering, doel uitbreiding en ook

doelverplasing wees.

Doelverplasing op sy beurt verwys na:

o Waar die middele die doelstellings vervang m.a.w. dat energie

eerder bestee word om sekere aspekte van die organisasie as

sodanig te handhaaf eerder as om die doelstellings na te streef.

o Waar daar sodanige oordrewe klem op die nakoming en

implementering van reëls gelê word dat die bereiking van die

doelstellings daaronder lei.

o Waar die organisasie so op interne probleme konsentreer dat die

oorspronklike doelstellings verwaarloos word.

31

3.2.3. Die Staat as Organisasie.

Die staat is ‘n politieke stelsel wat as organisatoriese eenheid gevorm word

deur:

* ‘n kollektiwiteit van individue (staatsburgers),

* ‘n bepaalde gemeenskaplike grondgebied (territorium) en

* ‘n bepaalde regstelsel (grondwet) wat die uitoefening van politieke mag

wettig. Binne die grense van sy grondgebied geniet die staat die hoogste mate

van magsbevoegdheid (soewereiniteit). Die staat as organisasie word van

ander organisasies onderskei deur die besit van ‘n swaardmag (polisie en

weermag) waarmee die nakoming van reëls (wette) afgedwing kan word. Die

wette word geproklameer vir die inrigting van die samelewing, om die gedrag

van individue te reken en vir die handhawing van wet en orde. Buitelands word

staatsmag gewettig deur volkeregtelike erkenning en binnelands deur die mate

waarin die burgery dit as legitiem ervaar en aanvaar.

Verskeie regeringsvorme word by moderne state aangetref waarvan die

volgende die belangrikste is:

* Monargie – volkome gesag is grondwetlik in ‘n koning of heerser gesetel.

* Demokrasie – heerskappy berus by die volk wat die regering verkies.

* Diktatuur – oorheersende gesag uitgevoer deur ‘n enkele persoon of ‘n paar

persone.

32

3.2.3.1. Oorsprong en Ontwikkeling van die Staat.

Die vroeë mens het ‘n nomadiese of swerwersbestaan gevolg. Met verloop

van tyd het die mens hom op een plek gevestig ten einde hom van ‘n vaste en

gereelde voedselvoorraad te verseker. Die mens het die landbou en

veeboerdery begin beoefen. Instellings soos die uitgebreide familie het uit die

basiese gesin ontstaan. Gaandeweg het groter groepe mense of instellings

ontstaan.

Die volgende faktore het tot die ontstaan van kultuurgroepe of beskawings

gelei:

• Landbou – as die intensiewe bebouing of benutting van ‘n afgebakende

grondgebied.

• Die behoefte aan deeglike organisasie en dissipline.

• Ekonomiese noodsaak as die verkryging van lewensmiddele.

• Verdediging van belange.

• Strewe na uitbreiding, verowering en onderwerping.

• Onderwerping aan een of ander vorm van godsdienstige gesag.

‘n Instelling of organisasie ontstaan wanneer ‘n samestelling van groep

oortuiginge en gelowe ontwikkel en aktiwiteite op ‘n permanente grondslag

georganiseer word om in bepaalde groepbehoeftes te voorsien. Uit veral

familie- en geloofsgroepe het die een of ander vorm van politieke of

staatsorganisasie ontstaan. ‘n Staat is ‘n georganiseerde samelewing wat ‘n

spesifieke gebied bewoon en oor die mag en gesag beskik om daardie gebied

suksesvol te beheer.

Beheer impliseer:

- die vermoë om reëls of wette te maak

- om dit af te dwing

- en die gebied suksesvol teen aanvallers of indringers te verdedig.

33

3.2.4. Die Organisasie as Burokrasie.

Enige formele organisasie, privaat of staat, kan as ‘n burokrasie beskou word.

Die kenmerke van ‘n burokratiese organisasie is die volgende:

• Die bedrywighede daarvan word doelbewus beplan.

• Die beplanning geskied in ‘n formele struktuur van regulasies, roetines,

‘n gesagshiërargie, taakverdeling en kommunikasie.

• Die gedrag van die lede is in ‘n hoë mate voorspelbaar.

Weens bepaalde eise maak die meeste organisasies van ‘n burokratiese

model vir bestuur en administratiewe doeleindes gebruik. Die volgende faktore

dra daartoe by dat organisasies al meer verburokratiseer raak:

• ‘n Groter behoefte aan organisering weens die groei en uitbreiding van

organisasies.

• Die noodsaaklikheid van langtermyn-beplanning.

• Toenemende spesialisasie en afbakening van terreine.

• Die vordering op tegnologiese gebied.

Die volgende basiese beginsels van ‘n burokrasie is reeds deur Max Weber

geformuleer:

• Werksverdeling – ‘n duidelike afbakening van bepaalde pligte en

verantwoordelikhede.

• Gesagshiërargie – gesagslyne, bevoegdhede en verantwoordelikhede

word gewoonlik in ‘n piramiedvormige struktuur skematies voorgestel.

• Formele reëls en regulasies – die regte, pligte, voorregte en verhoudinge

van die lede word aan die hand van bepaalde voorskrifte vasgelê .

• Kontraktuele aard – Aspekte soos indiensneming, diensvoorwaardes,

ontslag en werksomstandighede word kontraktueel vasgelê.

34

3.2.5. Struktuur van die Formele Organisasie.

Binne die struktuur van veral die groter meer burokraties-georganiseerde

organisasie word daar veral drie groepe onderskei. Vir die doeleindes van die

bespreking sal die struktuur van ‘n universiteit of kollege as voorbeeld benut

word.

* Die funksionele of lynorganisasie.

Dosente, senior dosente, professore en departementshoofde,

* Die bestuurs- of staforganisasie

Dekane, vise-rektore en rektor.

* Die administratiewe of hulpdienste

Tiksters, klerke, arbeiders, voormanne en registrateurs.

4. SOSIALE INTERAKSIE.

4.1. Houdings en Verhoudings.

‘n Houding word gedefinieer as ‘n relatief stabiele en algemene ingesteldheid

teenoor ‘n bepaalde saak of groep mense. Dit speel ‘n belangrike rol om die

verhouding en gedrag tussen mense te reël. Houdings is kompleks en kan

bepaalde oortuigings, gevoelens en gedrag behels. ‘n Houding teenoor

kinders getuig byvoorbeeld van die:

- oortuiging – dat hulle die toekoms verteenwoordig,

- van die gevoel – dat hulle liefdevol en eerlik is,

- en van bepaalde gedrag – dat ‘n persoon stop en na hulle luister en hulle

goed versorg.

Baron & Byrne (1984:126) definieer houdings as: relatively lasting clusters of

feelings, beliefs, and behavior tendencies directed toward specific persons,

35

ideas, objects, or groups. Volgens hierdie definisie bestaan ‘n houding uit die

volgende aspekte:

• ‘n Kognitiewe of oortuigings komponent as al die objektiewe en

subjektiewe kennis waaroor die persoon oor die spesifieke saak

beskik.

• ‘n Affektiewe of gevoel komponent as ‘n versameling van al die

positiewe en negatiewe gevoelens wat die persoon oor die spesifieke

saak koester.

• ‘n Gedragskomponent as spesifieke handelinge wat gewoonlik in

ooreenstemming met die persoon se kennis en gevoelens oor die saak

is.

Die objek van ‘n bepaalde gevoel in die Sosiologie is dikwels ‘n sosiale groep

of saak. Daar word ‘n studie gemaak van mense se houdings teenoor etniese

groepe, politieke partye en sosiale kwessies soos byvoorbeeld wetgewing oor

aborsie. Sosiale houding draai dikwels om die kwessie van evaluering, met

ander woorde hoe mense ander mense evalueer.

Wêreldwyd het houdings en veral rasse-houdings, in die afgelope paar

dekades baie aandag ontvang. Veral sedert die integrasie van publieke skole in

die VSA is daar talle studies oor rasse-diskriminasie en rasse-vooroordele

onderneem. Om bepaalde verskynsels wat gevind is, te benoem, het die hele

kwessie van houdings handig te pas gekom. In die verband beweer Peterson

(1991:604): Many Americans, white and black, would like to believe that

discrimination is a thing of the past, that civil rights legislation, affirmative

action, and black political involvement have led at last to an integrated society.

These hopes are not mirrored in reality, however, according to a recent

examination of black-white relations in the United States (Jaynes & Williams,

1989). Discrimination against blacks persists, and prejudiced attitudes held by

whites are in a large part responsible for this discrimination.

Die volgende begrippe is ook van belang as daar oor houdings besin word:

36

- ‘n Prototipe is ‘n tipiese voorbeeld van ‘n bepaalde kategorie. ‘n Prototipe

verskaf basiese riglyne om ‘n sosiale situasie te hanteer.

- ‘n Stereotipe is ‘n rigiede en oor vereenvoudigde opvatting oor lede van ‘n

bepaalde sosiale groep. Bepaalde stereotipes het ‘n belangrike invloed op die

wyse waarop die mens dink, voel en optree teenoor lede van ander sosiale

groepe. Stereotipes word dikwels met vooroordele geassosieer omdat hulle

meestal met sterk emosies gepaard gaan. Stereotipes verskaf ‘n rasionaal vir

bevooroordeelde houdings omdat dit die bestaan van kontrasterende

getuienis ontken.

4.2. Die Ontstaan van Houdings.

Oor die ontstaan van houdings is die volgende determinante reeds bevind:

• Blootstelling – dit verwys na die neiging om positief te reageer teenoor

mense en voorwerpe waaraan die mens meer gereeld bloot gestel

word. Die mens ontwikkel positiewe houdings teenoor bekendes in sy

omgewing terwyl die onbekende vreemdeling met agterdog en

vooroordeel bejeën word.

• Stratifikasie – Gemeenskappe is so gestratifiseer (verdeel) dat

verskillende groepe slegs op ‘n beperkte skaal met mekaar in

aanraking kom – direk in beroep verband en indirek en dikwels

simbolies deur die media. Uit hierdie beperkte kontak word houdings

op die volgende wyses gevorm:

o Indien die kontak met onaangename gevoelens gepaard gaan,

word negatiewe houdings deur ‘n proses van klassieke

kondisionering gevorm.

o Indien die kontak nie die bepaalde vooroordele onderstreep nie,

word dit deur ‘n proses van instrumentele kondisionering

verwerp en word die negatiewe houdings nie verander nie.

o In die mate waarin die mens handelinge waarneem wat van ‘n

negatiewe houding getuig, word negatiewe houdings deur ‘n

proses van identifikasie en rolmodel oorname versterk.

37

• Waarneming – In die verband het beide die waarneming van ander en

van die self ‘n invloed op die vorming van houdings.

Waarneming van ander.

Die invloed van die televisie is in die verband deur Weigel e.a.(1980) in die VSA

ondersoek. Uit ‘n ondersoek van die kontak tussen rasse in spitstydprogramme

is die volgende gevind:

o Daar is ‘n toename in die gebruik van swart akteurs en aktrises,

52% in komedies en 57% in dramas.

o Rasgemengde interaksie vind egter net in 2% van die gevalle

plaas.

o Van die klein persentasie interaksie (2%) tussen rasse wat vertoon

word, vind 90% in werksverband plaas en is slegs 10% op

vrywillige vriendskappe gebaseer.

• Interaksie tussen mans en vrouens van verskillende rasse is bykans

100% op beroepsverband gebaseer.

Die navorsing van Weigel e.a. (1980) toon dat die aard van interaksie tussen

rasse die vorming van stereotipes deur waarneming bevorder.

Waarneming van die self:

Die self-persepsie teorie van Bem (1972) toon aan dat houdings gevorm word

deur die waarneming van eie gedrag in bepaalde situasies. Die uitkoms

daarvan sal toekomstige gedrag beïnvloed. Deur fiksasie, as ‘n onwilligheid

om te verander, hou die mens by gevestigde houdinge en handelinge wat in

die verlede suksesvol gehuldig en uitgevoer is. In die praktyk word aanvaar

dat negatiewe houdings op dieselfde wyse as wat dit ontstaan het ook gewysig

moet word, met ander woorde, deur gewysigde blootstelling, stratifikasie en

waarneming.

Ander tegnieke wat ook aangewend word, is oorredende kommunikasie, die

kognitiewe dissonansie tegniek, groepkontak en houding-waarde konfrontasie.

(Kyk in die verband na Deel 1, hoofstuk 6, Paragraaf 6.4).

38

4.3. Etnisiteit en Ras in die Suid-Afrikaanse konteks.

Tyson (1987:345) toon aan dat wit Suid-Afrikaners in ‘n groter mate as mense

in ander lande, bevooroordeelde houdings teenoor swartes koester. Verder

bevind hy ook dat Afrikaanssprekendes meer as Engelssprekende Suid-

Afrikaners rasse-vooroordele koester. Saam met Pettigrew (1958) en Orpen

(1975) skryf hy die hoë voorkoms van vooroordele toe aan ‘n geskiedenis van

rasse-konflik en onverdraagsaamheid. In Suid- Afrika is daar vanaf die begin ‘n

beleid van segregasie, skeiding of apartheid gevolg omdat bepaalde

bedreigings dit genoodsaak het. Anders as in Brittanje en die VSA waar die

blanke in die meerderheid is, is ‘n beleid van integrasie en assimilasie in Suid-

Afrika as nie-wenslik beskou nie.

Vanaf 1652 toe die eerste setlaars saam met Jan van Riebeeck in Tafelbaai

voet aan wal gesit het, het die politieke situasie en bepaalde omstandighede

die vorming van negatiewe houdings en bepaalde vooroordele bevorder. Die

amandel boomlaning wat Van Riebeeck as skeidslyn opgerig het, latere

wetgewing deur beide die Hollandse en Britse bewindhebbers, die wêreldwye

slawerny wat eers in die 19de eeu verbied is en die bloedige stryd om

grondgebied aan die Oosgrens en in die Vrystaat, Transvaal en Natal het die

skeiding tussen rasse en die ontstaan van negatiewe houdings in Suid-Afrika

bevorder. Rigiede skeiding tussen rasse het in die eerste plek die

voortbestaan van die wit man in Suid-Afrika ten doel gehad. Die basiese motief

was die van oorlewing en beslis nie ‘n negatiewe houding van

meerderwaardigheid en doelbewuste diskriminasie nie.

In die loop van die geskiedenis van rasse-botsings het bepaalde

diskriminerende en bevooroordeelde norme ontwikkel wat van geslag tot

geslag deur middel van

sosialisering oorgedra is. Veral sedert 1948 is die rasse-skeiding deur

wetgewing soos veral die rasse bepalings in die ontugwet, die wette op aparte

geriewe en woongebiede en die bevolkings-registrasie wet bevorder. Sedert

die middel van die tagtigerjare is die Nasionale Party wat in 1948 aan bewind

gekom het, in ‘n toenemende mate besig om die wetgewing wat as

39

diskriminerend en bevooroordeeld beskou kan word, af te skaf. Wette kan in ‘n

enkele parlementsitting gewysig word maar die verandering van

diepgewortelde houdings en gewoontes kan etlike dekades duur. In die nuwe

Grondwet word alle vorme van diskriminasie op grond van onder meer

verbied.

Tyson (1989:345) skryf die verskil tussen Afrikaans- en Engelssprekendes

uitsluitlik toe aan die Engelse se sogenaamde meer liberale norme en die

Afrikaner se meer outoritêre persoonlikhede. Hy verloor in die verband uit die

oog die invloed wat die geskiedenis, wat hy self aanhaal, op die vorming van

norme het. Reeds in 1903 het sir Alfred Milner die Suid-Afrikaanse

Naturellesake kommissie aangestel wat onder voorsitterskap van sir Godfrey

Lagden in 1905 aanbeveel het dat gebieds- en politieke skeiding tussen Swart

en Blank en die stigting van lokasies vir stedelike Swartes goedgekeur word

(Cameron & Spies, 1986:224).

In die algemeen het die Afrikaner hom reeds in die binneland gevestig voor

dieEngelssprekende op die toneel gekom het. In die proses was die

Engelssprekende die aanvanklike konflik tussen wit en swart gespaar. Verder

het die Afrikaner veral sedert Uniewording in 1910 landswyd, en ook voor die

Tweede Vryheidsoorlog (1899) in die Transvaal en die OVS, steeds die

politieke beheer in die hand gehad. Alhoewel die ongewilde apartheid- en veral

arbeidswetgewing voor die deur van die Afrikaner gelê kan word, het

Engelsbeheerde myn- en ander maatskappy dit skotvry benut. Die feit dat die

Engelsprekende in die meeste gevalle nog steeds Brittanje as tuiste beskou

het en nie werklik Suid-Afrika en sy probleme sy eie gemaak het, kon verder

bygedra het tot ‘n miskien meer verdraagsame houding.

40

4.4. Groepsgedrag.

4.4.1. Invloed van die Groep op Gedrag.

‘n Groep word gedefinieer as twee of meer mense wat ‘n gesamentlike doel

nastreef en wat in interaksie verkeer en daardeur mekaar beïnvloed. Alle

mense behoort aan meer as een groep byvoorbeeld ‘n familiegroep,

ouderdomsgroep, rassegroep, vriendekring of werkkring. Vervolgens sal

gekyk word hoe die samewerking en teenwoordigheid van groeplede die

individu se gedrag beïnvloed:

• Cobb (1976) het bevind dat mense wat in ‘n groepsituasies funksioneer

gelukkiger is, stres beter kan hanteer, beter gesondheid geniet en langer

leef. Die voordele van ‘n groep spruit uit sosiale ondersteuning waardeur

alledaagse laste gedeel word.

• Hill (1982) het bevind dat die prestasie van ‘n groep, kwantitatief en

kwalitatief, beter as die van die gemiddelde groep lid is. Die groep se

prestasie is egter ook beter as die van die beste lede van die groep

(Sinergie).

• Die beslissings van ‘n groep is dikwels minder rasioneel en gebalanseerd

en meer ekstreem as die van individuele lede. Die verskynsel wat as groeppolarisasie

bekend staan, word gebruik om te verklaar waarom individuele

lede van ‘n groep se houdings dikwels minder radikaal as die van die

groep as geheel is. Byvoorbeeld, indien ‘n groep liberaliste saam vergader,

wil die een dikwels om sy eie identiteit te handhaaf, meer liberaal as die

ander wees met die gevolg dat die groep as geheel meer ekstreme

beslissings maak.

• Groepdenkfoute of groepkonsensus lei dikwels tot die maak van verkeerde

beslissings wat die individuele lede nooit alleen sou maak nie. As

voorbeelde van sulke flaters deur groepe in die Amerikaanse regering

noem Peterson (1991:652): Pearl Harbor (1941), die Bay of Pigs inval

(1961), die Viëtnamese oorlog (1964-1967), Watergate-skandaal (1978) en

die Iran-Contra-rebellesaak (1990).

• Besluitnemers wat as groep oor die volgende eienskappe beskik, is geneig

om in die slaggat van groepdenke of groepkonsensus te val. Dit behels:

41

o Besluitnemers wat ‘n hegte, geslote groep vorm.

o Wat die illusie koester dat hulle onaantasbaar is.

o Wat oor dieselfde sosiale en ideologiese agtergrond beskik.

o Wat van die buitewêreld geïsoleer is.

o Wat weens eksterne bedreigings baie stres ervaar.

o Wat foute van die verlede rasionaliseer (goed praat).

o Wat die morele kwaliteit van die groep onvoorwaardelik aanvaar (‘Ons is

goed en reg’).

o Wat ‘n stereotipe beeld van die ander koester (Hulle is sleg of lui of

dom).

o Wat self-sensuur toepas, beperkte inligting deurgee.

o Wat van ‘mindguards’ gebruik maak om die groep teen kritiek van buite

te beskerm (selektiewe disinformasie – net te sê wat gehoor wil word).

o Wat oor ‘n groot begeerte na interne konformering en konsensus beskik.

o Wat oor ‘n direktiewe leier beskik wie se voorstelle meestal summier as

die beste aanvaar word.

o Besluitnemers wat nie voorafbepaalde norme aanwend by die evaluering

van ‘n saak nie.

Mag word baie maklik wan aangewend en sommige groepe veral in die

regeringskringe, beskik oor soveel mag dat korrupsie en wanbestuur die

noodwendige gevolg is.

• Diffusie van verantwoordelikheid lei daartoe dat elke groeplid die

verantwoordelikheid op ‘n ander een afskuif. Indien ‘n saak as almal se

verantwoordelikheid beskou word, is die gevolg dikwels dat niemand in die

finale instansie aanspreeklikheid aanvaar nie. Latane e.a. (1979) verwys

daarna as “social loafing” indien mense in ‘n groep minder werk as

wanneer hulle alleen is. Veral waar individuele bydraes nie geëvalueer

word nie, is onproduktiwiteit dikwels die gevolg. Voorbeelde hiervan is

tikpoele, komiteewerk en Russiese kollektiewe plase.

• Pluralistiese onkunde behels dat elke groeplid die ander lede se gebrek

aan aktiwiteit vertolk asof die saak nie dringende afhandeling vereis nie.

42

Die situasie wat dikwels ontstaan, is dat groeplede na mekaar sit en kyk en

dat daar aan die probleem weinig gedoen word.

5. SOSIALE PROBLEME.

5.1. Aard van Sosiale Probleme.

In die volgende paragrawe sal die volgende belangrike sosiale probleme

bespreek word: Jeugmisdaad, Seksuele afwykings, Alkoholisme en

Dwelmafhanklikheid. Elkeen van hierdie probleme hou ‘n bedreiging vir die

vreedsame naasbestaan van die mensdom in. Dit is sosiale probleme omdat

dit nie slegs die betrokkenes nie, maar almal met wie hulle in aanraking se

lewens nadelig beïnvloed.

5.2. Jeugmisdaad.

Slegs indien ‘n wet oortree word, kan ‘n handeling van ‘n jeugdige in ‘n

juridiese sin, as ‘n misdaad beskou word. Die jeugdige kan ook eers nadat hy

in ‘n hof skuldig bevind is, as ‘n jeugmisdadiger bestempel word. In die

algemeen word twee tipes jeugoortreders onderskei:

Die Jeugoortreder:

Dit is die jeugdige wat handelinge pleeg wat nie deur die gemeenskap aanvaar

word nie soos om van die huis af weg te loop, stokkiesdraai (skoolversuim),

alkohol- en dwelmmisbruik, seksueel aktief is, nie aan sy ouers se reëls

gehoorsaam is nie en ander ligte oortredings begaan wat in die algemeen nie

as ‘n misdaad beskou word nie.

Die Jeugmisdadiger:

Die Jeugmisdadiger, aan die ander kant, is die jeugdige wat ‘n daad pleeg wat

ongeag van ouderdom steeds as ‘n misdaad beskou word soos diefstal, roof,

verkragting en moord. Volgens die Suid-Afrikaanse reg kan ‘n kind tussen die

43

ouderdomme van 7 en 13 van ‘n misdaad aangekla word en moet die staat

bewys dat die kind bewus was van die onregmatigheid van sy handelinge. ‘n

Kind van 14 jaar en ouer word wat kriminele aanklagte betref, net soos ‘n

volwassene behandel. Die jeugdige se ouderdom word egter by

straftoediening in ag geneem.

Wêreldwyd is daar ‘n toename in die aantal misdade waarby jeugdiges

betrokke is. In die VSA is die volgende gevind:

o Kinders tussen die ouderdomme van 10 en 17 jaar wat slegs 16% van die

bevolking verteenwoordig, was betrokke by byna die helfte van die

arrestasies vir geweldsmisdade en diefstal in 1974.

o In 1972 is byna 1,5 miljoen jeugdiges onder die ouderdom van 18 jaar

gearresteer vir, in orde van voorkoms, die volgende eiendoms misdade:

diefstal, inbraak, vandalisme, motordiefstal en die hantering van

gesteelde eiendom.

o Wangedrag en die misbruik van alkohol en dwelms was by omtrent 20%

van die sake betrokke.

o By net omtrent 5% van die sake was aanranding betrokke.

o In 1972 was die verhouding tussen seuns en meisies wat by misdaad

betrokke was 3:1.

In die VSA is die volgende tipiese beeld van die jeugmisdadiger deur ‘n

Presidensiële kommissie (1967) bepaal:

Hy is ‘n seun van 15 jaar, uit ‘n eenouergesin, woon saam met verskeie broers

en susters in ‘n woonstel in ‘n swakker deel van ‘n stad, hy presteer swak op

skool, het al ‘n jaar of meer gedruip en is op die punt om die skool te verlaat.

44

5.2.1. Oorsake van Jeugmisdaad.

By die oorsake vir jeugmisdaad word daar tussen gesins- en persoonlikheids-

faktore onderskei:

Die jeugmisdadiger se gesinsituasie:

o Die meeste jeugmisdadigers kom uit ‘n gebroke gesinsopset.

o Een van die ouers: is gewoonlik vyandig, onbetrokke en selde liefdevol;

verwaarloos en mishandel die kinders en gee nie ferme leiding nie; is

ongelukkig, onseker en onbevoeg om die lewe te hanteer.

o Die huwelik is gewoonlik ongelukkig en word gekenmerk deur konflik

wat nie ruimte laat vir die hantering van die kinders se probleme nie.

o Die opvoeding is permissief, daar is weinig kontrole en beheer oor die

kinders se doen en late, vaste etens- en slaaptye word nie gehou nie en

die kinders word aan hulle self oorgelaat.

o Weinig emosionele kontak en interaksie bestaan tussen die gesinslede

en die toepassing van dissipline is sporadies en wisselend.

o Die gesinne word gekenmerk deur ‘n algemene gebrek aan liefde en ‘n

gevoel van ongeborgenheid.

Die jeugmisdadiger se persoonlikheid:

Die persoonlikheid van die jeugdige speel ‘n belangrike rol by jeugmisdaad.

Nie alle kinders uit dieselfde ongelukkige en liefdelose gesin word

jeugmisdadigers nie en daarom moet individuele verskille tussen kinders ook

in ag geneem word. Die persoonlikhede van jeugmisdadigers verskil van die

van hulle broers en susters wat dieselfde huis deel. Die volgende verskille

tussen jeugmisdadigers en hulle broers en susters is reeds bepaal:

o Hulle is ongelukkiger as die ander.

o Hulle voel onbevoeg en minderwaardig in die huis en skool.

o Hulle pas moeiliker by ander kinders aan.

o Hulle is meer aggressief, taktloos, wreed, onregverdig.

o Hulle misken ander kinders se regte en gevoelens.

45

o Hulle is in die algemeen ongewild.

o Hulle is meer geneig om skoolreëls te oortree.

o Hulle konsentreer swak en neig na dagdromery.

o Hulle toon weinig belangstelling in skoolwerk (Papalia 1978:296).

5.3. Seksuele Afwykings.

5.3.1. Definisies.

Seksuele gedrag is ‘n baie private en persoonlike aangeleentheid en om die

rede is navorsing oor en verklarings van seksuele gedrag en afwykende

seksuele gedrag baie moeilik. Om seksuele afwykings te verklaar, is ‘n goeie

begrip van wat as normaal aanvaar word noodsaaklik. Om die saak verder te

kompliseer, verskil die opvattings van wat normale seksuele gedrag is ook van

een kultuurgroep na ‘n ander en selfs binne ‘n bepaalde kultuurgroep. Anders

as ander gedragsafwykings word bepaalde seksuele afwykings selfs deur

wetgewing verbied en strafbaar gestel.

In bykans alle kulture is mense van mening dat bepaalde seksuele gedrag as

abnormaal en selfs onwettig en immoreel beskou moet word. In die meeste

beskaafde lande is daar byvoorbeeld wetgewing wat seksuele handelinge met

kinders (pedofilie) verbied en strafbaar stel. Ten opsigte van afwykende

gedrag soos byvoorbeeld, owerspel, pornografie, ontbloting, afloerdery en

buite egtelike seks, verskil die wetgewing van land tot land. Om seksuele

gedrag te probeer verklaar, het verskeie navorsers op die volgende motivering

van seksuele gedrag gewys:

• Seksuele gedrag is in ‘n Bybelse konteks binne die huwelik geregverdig

as die eenwording van die vlees van man en vrou.

• Seksuele gedrag spruit uit ‘n behoefte om liefde vir ‘n ander persoon te

toon (ekspressie).

• Seksuele gedrag is ‘n vorm van selfekspressie wat met eie identiteit

verband hou (identifisering).

46

• Seksuele gedrag spruit uit die mens se basiese behoefte om voort te

plant (reproduksie).

• Seksuele gedrag spruit uit ‘n behoefte aan plesier of genot

(genotsbeginsel of hedonisme).

Seksuele gedrag wat in Suid-Afrika deur die wet verbied word, sluit die

volgende in:

o Abduksie (Ontvoering om omgang te hê, met ‘n persoononder 21 jaar

oud).

o Bestialiteit (Geslagsgemeenskap met diere).

o Prostitusie.

o Criminal injuria (ontbloting, pornografie, afloerdery, onwelvoeglike

voorstelle en aanraking).

o Bloedskande (gemeenskap met bloedfamilie).

o Verkragting en/of Onsedelike aanranding.

o Gemeenskap met kinders onder 16 jaar.

o Alle swaksinniges.

o Sodomie.

5.3.1.1. Verkragting.

Verkragting is doelbewuste, onwettige gemeenskap van ‘n man met ‘n

vrou/man sonder sy/haar toestemming. Verkragting word eerder as ‘n

geweldsmisdaad as ‘n seksuele afwyking beskou. Die doel van verkragting is

dikwels eerder om die slagoffer te verneder en aan te rand as om seksuele

genot te verkry. Peterson (1991:678) wys in die verband op die volgende mites

wat dikwels verkeerdelik aanvaar word:

• Dat alle slagoffers van verkragting jonk en aantreklik is.

• Dat die slagoffer aanleiding gegee het en sodoende die misdaad

uitgelok het.

• Dat die verkragter en die slagoffer vreemdelinge vir mekaar was.

Peterson (1991:679) beklemtoon ook die volgende:

47

• Die slagoffer word dikwels ten onregte beskuldig dat sy aanleiding tot

die verkragting gegee het.

• Slagoffers is dikwels onwillig om die saak aan te meld en slegs 4% van

alle verkragters word uiteindelik gevonnis.

Waar penetrasie nie plaasgevind het nie, kan die aanrander van onsedelike

aanranding aangekla word.

5.3.1.2. Erotika of Pornografie

Erotika is prente of foto’s of beskrywings (stories) wat ten doel het om mense

seksueel te stimuleer terwyl pornografie nie net stimuleer nie maar ook mense

kan afstoot. Die grens tussen erotika en pornografie is altyd relatief en is iets

waaroor elke mens of kultuurgemeenskap self moet beslis. Daar word verder

ook tussen “soft core” (normale seksuele aktiwiteite tussen instemmende

volwassenes word net gesuggereer) en “hard core” (normale en afwykende

seksuele aktiwiteit waarby nie net instemmende volwassenes betrokke is nie,

word eksplisiet uitgebeeld of beskryf) pornografie onderskei. Wat meer van

belang is, is die effek wat pornografie op die mens se gedrag het. Mense wat

aan pornografie bloot gestel word, word aangemoedig om seksuele en

geweldsmisdade te pleeg. Navorsing dui daarop dat mans wat aan pornografie

blootgestel is, ‘n swakker houding teenoor vrouens het en meer tot aggressie

neig. Met ander woorde, pornografie kan tot seksuele afwykings en misdade

lei.

• Pornografie funksioneer as ‘n relatief onskadelike veiligheidsklep en

kan lei tot ‘n afname in seksuele afwykings en misdaad. Pornografie

voorsien ‘n simboliese uitweg vir seksuele drange en lei tot ‘n

vermindering van seksuele misdade.

• Navorsing deur Baron en Straus (1984) het op ‘n positiewe korrelasie

tussen die verkoop van pornografiese tydskrifte en die getal

verkragtings in spesifieke state gedui. In ander navorsing is die

verband tussen pornografie en verkragtings nie bewys nie maar dit

spreek vanself dat die beskikbaarheid van veral harde pornografie tot

48

‘n afname in respek en agting vir die vroulike liggaam en persoon kan

lei.

5.3.1.3. Homoseksualisme.

Op grond van hulle seksuele oriëntering (voorkeure) verdeel Petersen

(1991:687) mense in die volgende groepe:

Heteroseksuele: Voel aangetrokke tot die teenoorgestelde geslag.

Homoseksuele: Voel aangetrokke tot dieselfde geslag.

Biseksuele: Voel om die beurt aangetrokke tot beide geslagte.

Autoseksuele: Die seksuele drange word op die self gerig.

Binne die Sielkunde word die heteroseksuele oriëntering as die normale

aanvaar en die ander as afwykings van die normale beskou. As oorsake van

homoseksualiteit word veral klem gelê op die invloed van die omgewing,

identifisering met of verwerping van die eie geslag, ervaringe in die kinderjare,

die rolmodelle van die ouers en biologiese en genetiese faktore.

In die jongste tyd het die hoë voorkoms van VIGS onder veral homoseksuele

mans, opnuut gelei tot ‘n besinning oor die meer verdraagsame houding

teenoor homoseksuele individue wat in die afgelope paar dekades posgevat

het. VIGS is vir die eerste keer onder homoseksuele mans gediagnoseer en die

siekte is byna uitsluitlik tot homoseksuele en biseksuele mans en tot

binneaarse dwelmgebruikers beperk (Petersen 1991:673).

49

5.3.2. Oorsake van Seksuele Afwykings.

Afwykende seksuele gedrag verwys na afwykende handelinge deur persone of

handelinge wat op vreemde voorwerpe as seksvoorwerpe gerig is. Hierdie

seksuele afwykings staan as paraphilias (Grieks: philia = sinnelike liefde)

bekend. Seksuele gedrag word as afwykend beskou indien seksuele prikkeling

van vreemde of ongewone objekte of handelinge verkry word.

Paraphilias word gedefinieer as intense seksuele drange en fantasieë waarby

die volgende betrokke kan wees:

• nie-menslike voorwerpe (bv. kledingstukke).

• marteling en\of vernedering van die self of die seksmaat.

• kinders of ander nie-toestemmende vennote.

• afwykende seksuele praktyke.

‘n Diagnose kan slegs gemaak word indien die persoon op die betrokke wyse

opgetree het of in so ‘n mate daardeur gepla word dat dit sy normale

alledaagse funksionering belemmer. Die grens tussen wat as normale en

afwykende gedrag beskou moet word, is baie relatief en kultuur- en

situasiegebonde. Sekerlik moet paraphilias wat aan ander mense sielkundige

en liggaamlike skade kan berokken en wat indruis teen die bepaalde

kultuurgemeenskap se sedes en norms, as afwykend en afkeurenswaardig

beskou word.

5.3.3. Tipes Seksuele Afwykings.

Om paraphilias te verklaar, is daar veral twee perspektiewe by sielkundiges:

• Die oriëntasie teenoor die ongewone is die resultaat van ‘n spesifieke

seksuele oriëntering teenoor voorwerpe soos byvoorbeeld, damesonderklere.

Dit kan die gevolg van klassieke kondisionering weens

bepaalde ervaringe van kleins-af wees.

50

• Psigoanaliste soos Freud beskou paraphilias as onvolwassenheid en

as ‘n voortsetting van fantasieë uit die kinderjare wat ander normale

mense met verloop van tyd agterlaat.

‘n Bevredigende verklaring vir paraphilias is nog nie gevind nie en die

volgende aspekte moet in so ‘n verklaring aandag geniet:

• Dit is meestal mans (byna 100%) wat die afwykings toon.

• Iemand vertoon meestal twee of selfs meer van die paraphilias.

• Van die vreemde seksvoorwerpe toon wat kleur of tekstuur betref wel

bepaalde ooreenkomste met die normale.

• Paraphilias bly relatief stabiel tydens die persoon se hele lewe en is

moeilik om te behandel. Of skoon verskillende beginsels in terapie

toegepas is, is daar nie veel sukses in die behandeling van paraphilias

behaal nie. Die terapie is op twee beginsels gegrond:

• Kondisionering – Hier gaan die ongewensde stimuli altyd saam met

pyn of ongerief gepaard. Bv. Foto’s van kinders word aan ‘n pedofiel

getoon terwyl ‘n ligte elektriese skok of ander afskrikking daarmee

saam toegedien word.

• Substitusie – Die ongewenste seksuele gedrag of seksobjek word deur

‘n meer aanvaarbare objek vervang.

5.4. Alkoholisme.

Alkoholisme verwys na sodanige misbruik van alkohol dat dit tot fisiese en

psigologiese nadele vir die misbruiker en sy medemens lei. Alkoholisme is ‘n

probleem wat reeds in die Bybelse tye beskryf en veroordeel is. Die misbruik

van alkohol het ‘n nadelige uitwerking op die liggaam en veral op die weefsel

van die senuweestelsel. “Indeed, some believe that the competition between

the United States and the Soviet Union will be resolved not in the Middle East,

not in Eastern Europe, not in outer space, but in the livers of our respective

citizens. In both nations, alcohol abuse takes an incredible toll on well-being,

productivity, and resources” (Peterson 1990:523).

51

Wanneer alkohol gedrink word, word dit deur die spysvertering-stelsel

opgeneem en beland dit in die vorm van alkohol in die bloedstroom. Alkohol

word nie soos ander voedingstowwe opgebreek voor dit in die bloedstroom

beland nie. Die bloed wat alkohol bevat, beweeg na die lewer en eventueel na

die hart waarvandaan dit deur die liggaam, insluitende die senustelsel,

versprei word. Slegs 10% van die alkohol wat geabsorbeer is, word deur die

longe, blaas en sweetkliere uitgeskei en die res word in die liggaam

geoksideer. Die oksidasie- of verbrandingsproses is stadig en slegs 5 tot 10

gram (2 teelepels) kan in ‘n uur verbrand word. Die res bly in die bloedstroom

en weefsels tot dit verbrand kan word. Alkohol kom in aanraking met elke

orgaan van die menslike liggaam na inname.

Die alkohol het die volgende effek op die liggaam:

• Metaboliese, endokriene en hipotalamus versteurings wat tot

afwykings in spysvertering, eetlus, denkpatrone en koördinasie lei.

Die alkohol voorsien die drinker van die nodige kalorieë met die gevolg

dat hy ongereeld en ongesond eet. Dit kan tot ernstige voedsel- en

veral vitamine-tekorte lei.

• Die tekort aan vitamine, spesifiek vitamine B-kompleks, het veral ‘n

nadelige uitwerking op die weefsel en werking van die senustelsel.

• Gebrekkige spierbeheer en koördinasie wat veroorsaak word deur ‘n

swakker bloedvoorsiening aan die cerebellum.

• Wisselende gemoedstoestande wat veroorsaak word deur ‘n

wanbalans in die metaboliese aktiwiteite in die brein korteks (Quinn

1990:289).

Alkohol dien as ‘n stimulant teen lae dosisse en as ‘n onderdrukker

(depressant) teen hoër dosisse. Na omtrent die tweede sopie word

angs en depressie verhoog.

52

5.4.1 Tekens van alkoholisme

First the man takes a drink; then the drink takes a drink; and finally the drink

takes the man (Japanese Spreuk.)

Alkoholisme verwys na die abnormale gebruik van alkohol. Alkoholisme dui

daarop dat ‘n persoon ten spyte van bepaalde nadelige kognitiewe,

fisiologiese, emosionele, sosiale en gedrag simptome voortgaan om alkohol te

gebruik. Die volgende twee aspekte mag ook ‘n aanduiding van alkoholisme

wees:

o Verhoogde toleransie: Die persoon benodig steeds groter hoeveelhede

alkohol om dieselfde fisiologiese effek te verkry.

o Onttrekkingsimptome: Die persoon is onwillig om hom van die gebruik

te weerhou, beleef weerhouding as bedreigend en het ‘n onbedwingbare

lus na alkohol (Peterson 1990:522).

Om ‘n alkoholis bloot op grond van ‘n definisie te identifiseer, is problematies

– mense kan nie net bloot op grond van die gebruik of weerhouding van

alkohol geklassifiseer word nie. Op grond van die volgende handelinge kan ‘n

meer bevredigende diagnose gemaak word:

Iemand is afhanklik van alkohol in die mate waarin hy:

• ‘n volhardende begeerte daarna koester;

• nie beheer oor die gebruik van alkohol het nie (net een sopie lei tot

etlike meer);

• ‘n onvermoë om alkohol inname te beperk of te staak;

• ‘n ongewone hoeveelheid tyd en energie word aan die verkryging van

alkohol bestee;

• gebruik van alkohol ten spyte van dringende sosiale en

werksverpligtinge; beperking van ander aktiwiteite ten einde alkohol te

kan gebruik;

voortgesette gebruik van alkohol ten spyte van nadelige effekte

(Peterson 1990:522).

53

5.4.2. Oorsake van Alkoholisme.

Nie alle mense wat alkohol misbruik, word alkoholiste nie en navorsers het

reeds verskeie redes vir die verskille geïdentifiseer. Die aanleidende oorsake

kan breedweg in vyf kategorieë verdeel word naamlik:

• Psigodinamiese faktore (behoeftes.)

• Ontwikkeling defekte (opvoedingsfoute).

• Genetiese samestelling (fisiese oorsake).

• Biomediese verklarings (as ‘n siektetoestand).

• Kognitief-behavioristiese siening (aangeleer).

Alkoholiste drink om ‘n basies en dwingende persoonlike behoeftes te

bevredig. Die behoeftes kan verskeie vorme aanneem:

o om van ‘n konfliksituasie te ontsnap.

o om gevoelens van minderwaardigheid en onvermoë te oorkom.

o om dapperheid en manlikheid te bewys.

o om ‘n negatiewe selfbeeld en gebrek aan selfvertroue te oorkom.

o om vrees vir mislukking en kritiek te kan hanteer.

Alkoholisme word herlei na ‘n ontwikkeling defek in die persoonlikheid wat

deur bepaalde sosiale en omgewingstoestande veroorsaak is. Die volgende

defekte is reeds gevind:

o ‘n verwerping van die vader en ‘n groter aangetrokkenheid tot die moeder

wat as sterk en dominerende persoonlikheid deur die alkoholis

geïdealiseer word.

o ‘n streng, outokratiese en minder-geliefde vaderfiguur.

o opvoeding in ‘n streng outokratiese omgewing wat onvoorwaardelike

gehoorsaamheid eis.

o ‘n behoefte aan voortdurende lof en versterking.

• ‘n Spesifieke inherente en oorgeërfde metaboliese patroon veroorsaak

dat sommige individue meer vatbaar vir alkoholisme as andere is.

54

Weens ‘n bepaalde genetiese samestelling is een mens meer vatbaar

om ‘n kliniese alkoholis te word.

• Die biomediese verklaring beklemtoon die fisiologiese en beskou

alkoholisme as ‘n siekte wat bloot medies deur middel van

detoksifikasie (om die persoon se liggaam van gifstowwe te reinig) en

antagonistiese middele (wat die effek van alkohol elimineer) behandel

moet word.

• Die kognitief-behavioristiese siening beskou alkoholisme as ‘n toestand

wat die persoon onder bepaalde omstandighede deur versterking

aangeleer het. Druk deur en goedkeuring van ‘n bepaalde sosiale

groep, sosiale interaksie en die aanvanklike aangename gevoelens lei

tot die latere misbruik van alkohol. Deur gewoonte kan ‘n persoon met

ander woorde, later ‘n alkoholis word.

In uitgebreide navorsing het Vaillant (1983) alkohol-misbruik by meer as 600

mans ondersoek. Hy het bevind dat verskeie faktore op verskillende stadiums

tot die misbruik van alkohol lei. Hy stel ‘n geïntegreerde model voor wat al vyf

bogenoemde moontlike oorsake van alkoholisme in ag neem om die oorsake

van alkoholisme te verklaar en die probleem te behandel. Volgens Vaillant se

navorsing is die behandelingsmetodes van die AA (Alkoholiste Anoniem) die

geslaagste (Peterson 1990:523).

Die AA is volgens Peterson (1990:523) geslaagd omdat dit ‘n lewenslange

verandering in leefstyl vereis en ‘n geloofstelsel en ‘n sosiale verwysingsgroep

voorsien.

5.4.3. Gevolge van Alkoholisme.

Alkoholisme het verreikende gevolge nie net vir die alkoholis self nie maar ook

vir die mense wat saam met hom woon en werk. Wanneer oormatige

alkoholgebruik tot tydelike of permanente brein- of senuwee skade lei, kan dit

as ‘n organiese brein afwyking beskou word. In die algemeen word daar vyf

verskillende siektes onderskei wat uit die oormatige gebruik van veral alkohol

maar ook uit dwelm-, metaal- en gasvergiftiging kan spruit. Van die siektes

55

word twee as akuut (tydelike aanvalle), twee as chronies (permanent) en een

as beide akuut en chronies beskou:

5.4.3.1. Patologiese Bedwelming.

Een enkele drankie kan ‘n vatbare persoon in ‘n staat van geweld, verwarring,

agitasie en prikkelbaarheid verander. Simptome behels: disoriëntasie,

hallusinasies, delusies en oordrewe emosionele reaksies. Woede en

vyandigheid kan met depressie, angs en vrees afgewissel word. Selfmoord,

moord, fisiese aggressie en seksuele wangedrag kan voorkom. Die toestand

kan van enkele ure tot ‘n dag of meer duur en word deur ‘n lang periode van

slaap beëindig. Weens geheueverlies kan die persoon gewoonlik niks van sy

wandade onthou nie. Selfs kinders wat nog nooit voorheen drank gebruik het

nie, kan die tipe episode beleef. Weens die tydelikheid en ongereeldheid van

die episodes is dit moeilik om te bestudeer. Verklarings daarvoor is vaag en

sentreer gewoonlik om die volgende:

• ‘n Ongewone hoë sensitiwiteit vir alkohol (allergiese reaksies).

• ‘n Lae verdraagsaamheid vir of hoë beïnvloedbaarheid deur alkohol.

• Resultaat van vroeëre breinskade.

• Onderliggende onstabiele emosionele toestand.

5.4.3.2. Delirium Tremens.

Dit kom gewoonlik by alkoholiste voor wat vir etlike jare reeds drank misbruik

het. Die voorkoms by mense ouer as dertig jaar is skaars. Dit blyk asof dit

meer ‘n onttrekkingsimptoom is omdat dit meestal voorkom by alkoholiste wat

vir ‘n tydperk van drank weerhou word. Die misbruik van alkohol lei tot ‘n swak

eetlus wat die mens van noodsaaklike vitamine (veral B-kompleks) onthou. ‘n

Tekort daaraan kan tot wanfunksionering van die senustelsel lei. ‘n Aanval

duur gemiddeld drie dae en gaan meestal met naarheid gepaard. Die aanval

begin gewoonlik met ‘n gebrek aan eetlus, toenemende onrustigheid, angs,

geïrriteerdheid en swak slaapgewoontes wat met nagmerries gepaard gaan.

56

Gewoonlik gaan dit ook met ‘n hoë koors, blosende vel, bewerige hande,

gesigspiere en tong, en oormatige sweetafskeiding gepaard. Fisiese swakheid,

hiperaktiewe reflekse en ‘n waggelende stap kom ook voor. Weens

ontwatering kan konvulsies (sametrekkings) en selfs die dood volg.

Sielkundige simptome behels: verwardheid, swak bewussyn, angs en

disoriëntasie ten opsigte van tyd en plek maar nie identiteit nie. Die mees

dramatiese simptome is hallusinasies wat meestal visueel en taktueel (tassintuig)

is. Die pasiënt sien byvoorbeeld slange, spinnekoppe en wilde diere

en voel hoe hulle oor sy vel kruip. Hy slaan en krap vrugteloos om hulle van sy

vel af te kry. Indien ouditiewe hallusinasies voorkom, is dit gewoonlik van ‘n

dreigende aard en homoseksuele inhoud.

5.4.3.3. Alkoholiese Hallusinasies.

Alkoholiese hallusinasies is gewoonlik akuut maar indien dit langer as ‘n paar

weke aanhou, kan dit ook as chronies beskou word. Die hoofkenmerk is

hallusinasies wat sonder verwarring, disoriëntasie en waanbeelde gepaard

gaan. Die hallusinasies is meestal ouditief en behels beledigende,

beskuldigende en benadeelde opmerkings wat ook dikwels ‘n homoseksuele

ondertoon het. Op stadiums kan die pasiënt selfs die vermeende beskuldiger

aanval. Die hallusinasies toon ‘n groot ooreenkoms met paranoïde skisofrenie

en die vermoede bestaan dat alkohol misbruik ‘n onderliggende

skisofreenagtige proses aan die gang sit.

5.4.3.4. Alkoholiese Agteruitgang.

Chroniese alkoholiste toon met verloop van tyd ‘n progressiewe liggaamlike

en sielkundige agteruitgang. Die sielkundige agteruitgang kan wissel van

geringe persoonlikheidsveranderinge tot swaksinnigheid. Alkoholiese

agteruitgang kom dikwels by mans en vroue voor wat gereeld oor ‘n tydperk

van etlike jare gedrink het. Alhoewel hulle nooit vir ‘n tydperk ‘n ernstige

drankprobleem en ander verwante probleme gehad het nie, tree daar ‘n

geleidelike agteruitgang in. Die agteruitgang van veral senu-selle spruit

57

meestal uit ‘n vitamine-tekort en die afwykings kan die volgende vorme

aanneem:

o Innerlike beheer oor drifte en drange verswak.

o Hy raak vyandig en weerbarstig weens kritiek van sy familielede.

o Skuldgevoelens, geheueverlies, swak geheue, swak konsentrasie, swak

oordeel en emosionele onstabiliteit kom voor.

o ‘n Algemene geïrriteerdheid en onvergenoegdheid met toenemende

angs en depressie ontwikkel wat onder ‘n dekmantel van valse

kameradie en goeie humorsin verskuil word.

o Toenemende vergeetagtigheid, stadige begrip, swak oordeel en ‘n

gebrek aan oorspronklike idees kan egter nie lank weggesteek word nie.

o Die etiese en morele gedrag gaan agteruit en dit word gekenmerk deur

swak en inhibisielose sosiale gedrag, persoonlike verwaarlosing

(netheid, higiëne, woonplek, kleredrag) nalaat van huislike en

o

werksverpligtinge, leuens en vulgêre taal.

Tekens van fisiese agteruitgang kom voor in die vorm van trekkings,

spierswakheid, maag-, lewer- en nierprobleme.

o ‘n Tipiese gesigsuitdrukking wat as plat, uitgestryk en uitdrukkingloos

beskryf word, kom saam met rooierige oë en gelaat en sakke onder die

oë voor.

5.4.3.5 Korsakoff se Sindroom

Die siekte word ook veroorsaak deur veral ‘n vitamine-tekort en kom voor by

mense met ‘n geskiedenis van drankmisbruik. Dit word vererger waar alkoholinname

gekoppel is met swak eetgewoontes en sigaretrook. Die sindroom

word gekenmerk deur disoriëntasie, aanhoudende gebabbel, ylhoofdigheid,

emosionele onstabiliteit, geheueverlies op die kort en lang termyn en neuritis

(inflammasie van die senuselle). Slap polsgewrigte is dikwels teenwoordig.

Behandeling behels massiewe dosisse vitamine en ‘n hoë kalorie-inname wat

die agteruitgang kan keer maar nie bestaande skade kan herstel nie.

58

Afgesien van die voorafgaande nadelige gevolge wat die misbruik van alkohol

op die misbruiker self het, is die mees tragiese dikwels die skade wat die

alkoholis aan sy onskuldige gesins- en familielede aanrig. Indien die hoë

persentasie motorongelukke waar drank ‘n rol gespeel het, in aanmerking

geneem word, is dit duidelik dat alkoholisme ‘n bedreiging vir die hele

gemeenskap waarin die alkoholis hom bevind, inhou.

5.5. Dwelmafhanklikheid.

Alkohol is ook ‘n dwelmmiddel en word as ‘n stimulant geklassifiseer. Van die

oorsake en gevolge van alkoholisme wat in die vorige paragraaf beskryf is, kan

net so op dwelmafhanklikheid toegepas word. Iemand wat ‘n dwelmmiddel

anders as vir blote mediese redes gebruik, maak hom aan dwelmmisbruik

skuldig. Tussen alkoholisme en dwelmmisbruik bestaan daar talle

ooreenkomste en in ‘n bepaalde opsig is alkoholisme ook ‘n vorm van

dwelmmisbruik. Die groot verskil is egter daarin geleë dat die gebruik en

handel met dwelms deur die wet verbied word.

Die wet verbied die gebruik van, handel dryf in en besit van gevaarlike en

verbode gewoontevormende dwelms of plante waarvan so ‘n dwelm

vervaardig kan word. Die straf vir die kriminele oortreding wissel van 2 tot 15

jaar tronkstraf. In die bylae tot die wet word die volgende onder meer as

verbode verklaar: cannabis (dagga), herion, LSD, opium, chlorodine, morfien,

amobarbital, en pentobarbital. Gebruik van die middels is slegs wettig indien

dit deur ‘n geneesheer, tandarts of veearts voorgeskryf is.

Die misbruik van dwelms, verlig angs en depressie op ‘n tydelike basis maar

los nie die persoon se onderliggende probleme op nie maar skep slegs

verdere probleme. Dwelms is in die algemeen duurder as alkohol en die dwelm

misbruiker het die addisionele probleem dat hy genoeg geld moet vind om

dwelms onwettig te koop. Heel dikwels lei dit tot diefstal en prostitusie. Net

soos by alkohol misbruik lei die gebruik van dwelms tot intoksikasie of

bedwelming, toleransie as ‘n steeds toenemende behoefte aan groter

hoeveelhede om dieselfde effek te verkry en onttrekkingsimptome as ‘n

onaangename drang na dwelms.

59

5.6 Tekens van dwelmmisbruik

Soos in die geval van alkoholisme is dit dikwels moeilik om die dwelm

misbruiker uit te ken omdat die probleem weggesteek word. Die volgende kan

‘n aanduiding verskaf:

o verandering van gewoontes – dagdrome, afsondering,

gemoedsveranderings.

o gewigsverlies, swak eetlus, bewerige hande, vergrote pupille,

o

bloedbelope oë, dra van ‘n donkerbril, naaldmerke en liggaamsreuke.

verwaarlosing van die liggaam en slordige kleredrag.

o tekort aan geld en verwaarlosing van pligte.

Niemand besluit doelbewus om ‘n alkoholis of dwelmslaaf te word nie.

Dwelmafhanklikheid word bepaal deur ‘n oorgeërfde fisiologiese disposisie,

bepaalde omgewings- en omstandigheidsinvloede en ‘n kombinasie van

verskeie faktore. Die vernietigende effek wat dwelmmisbruik op die mens se

liggaam en sy verhoudings met andere het, is welbekend (Quinn 1987:45).

60

6. WERKSOPDRAG.

1. Definieer die konsep “SOSIOLOGIE”. (10)

2. Skryf kort aantekeninge oor “KULTUUR”. (10)

3. Bespreek die “SOSIALISERING VAN DIE INDIVIDUEEL”. (20)

4. Wat verstaan u onder “SOSIALE ORGANISASIE” (30)

5. Bespreek “SOSIALE INTERAKSIE”. (20)

6. Hoe sal u iemand beraad wat homself in ‘n “INTRA ROL” konflik bevind met

die oog op verskillende teenstrydige rolverwagtinge? (20)

7. Verskaf ‘n “BYBELSE PERSPEKTIEF” oor “ALKOHOL GEBRUIK”. (15)

8. Bespreek die term “SOSIALE PROBLEME” in die lig van: (25)

8.1. Jeugmisdaad.

8.2. Seksuele Afwykings.

8.3. Alkoholisme.

8.4. Dwelm Verslawing.

TOTAAL (150).

61

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!