Klik hier om die volledige joernaal in PDF-formaat af te laai - LitNet
Klik hier om die volledige joernaal in PDF-formaat af te laai - LitNet Klik hier om die volledige joernaal in PDF-formaat af te laai - LitNet
LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012 waarop die elite die proses hanteer en bestuur. Selfs in gevalle waar omvangryke demonstrasies en optrede deur die burgery (die massas) voorkom (soos tans gedemonstreer in die Arabiese Lente), sal die uitkoms van die demokratiseringsproses uiteindelik deur die elite se keuses en optrede bepaal word. Derdens is daar ’n aantal strukturele teorieë. Hierdie teorieë beskou die sukses of mislukking van die demokratiseringsproses as ’n funksie van ’n samelewing se makrostrukturele eienskappe, soos die vlak van sosio-ekonomiese ontwikkeling, interne sosiale en etniese verdelings, posisie in die wêreldekonomie en geopolitieke ligging. Ter illustrasie verwys Welzel (2006:873) na (i) moderniseringsteorie, wat van die standpunt uitgaan dat ekonomiese welvaart die demokratiseringsproses op beslissende wyse bepaal; (ii) klasmag-teorie, wat die grootte van die werkersklas as van groot belang ag; (iii) die wêreldstelsel-teorie, wat posisie in die wêreldekonomie as deurslaggewend beskou; (iv) konflikteorie, wat interne verdelings soos ongelyke inkomsteverdeling en etnies-linguistiese verskille belangrik ag; en (v) ruimtelike-diffusie-teorie, wat die blootstelling aan buurstate en hul ingesteldheid jeens demokratisering as van primêre belang beskou. In die evaluering van die toepaslikheid van voorgemelde drie teoretiese benaderings vir doeleindes van hierdie artikel, is tot die slotsom gekom dat geen enkele benadering uitgesonder kan word om die problematiek verbonde aan die demokratiseringsproses in Afrika bevredigend te verklaar nie. Daar is gevolglik besluit om eerder ’n geïntegreerde of eklektiese benadering te volg en van al drie teoretiese benaderings, of elemente daarvan, gebruik te maak ter beantwoording van die vraag oor welke faktore daarvoor verantwoordelik is dat die demokratiseringsproses in Afrika na langer as twee dekades nie meer substantiewe resultate opgelewer het nie. 4. ’n Kort historiese oorsig van Afrika se politieke ontwikkeling Om tot ’n sinvolle begrip te kom van die huidige stand van demokrasie in Afrika en die problematiek verbonde aan die responsiewe demokratiseringsproses wat besig is om regoor die vasteland plaas te vind, is dit belangrik om dit in historiese perspektief te plaas. Volgens die kenner van samelewings en politieke prosesse in Afrika, Peter Schraeder (2004:5), kan die evolusie van Afrika se politieke ontwikkeling opgedeel word in drie tydperke, naamlik die prekoloniale onafhanklikheidsera (voor 1884), die koloniale era (1884–1951) en die kontemporêre onafhanklikheidsera (1951 tot vandag). In die bespreking wat volg, sal van Schraeder se indeling gebruik gemaak word, aangesien dit noue aansluiting vind by die temas wat hier onder behandel word. 4.1 Die prekoloniale onafhanklikheidsera (voor 1884) Die uitstaande kenmerk van hierdie periode in die politieke ontwikkeling van Afrika was die opkoms en verval van honderde, indien nie duisende nie, onafhanklike politieke stelsels. 535
LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012 Volgens Schraeder (2004:24–32) kan die politieke stelsels gedurende hierdie periode in twee tipes opgedeel word, naamlik gesegmenteerde en gesentraliseerde politieke stelsels. Kenmerkend van die gesegmenteerde politieke stelsels was die afwesigheid van ’n staat of ’n erkende politieke gesag wat ’n stel reëls en beleidsrigtings vir die hele samelewing kon saamstel en afdwing. Alhoewel daar geen sentrale politieke gesag bestaan het nie, het talle gemeenskappe wel aan die vereistes van nasieskap voldoen deurdat lede dieselfde taal gepraat en dieselfde gebruike nagekom het. Gesegmenteerde politieke stelsels kan dus as nasies sonder state beskryf word. Van die belangrikste tipes gesegmenteerde stelsels waarna Schraeder (2004:24) verwys is die sibbe- of clan-stelsel van die jagter-versamelaarsgroepe (soos die San etniese groep); die klassieke gesegmenteerde stelsels (soos die Somali etniese groep); die universalisties-gesegmenteerde stelsels (soos die Maasai etniese groep); die ritueel-gestratifiseerde gesegmenteerde stelsels (soos die Sjilloek etniese groep); en die outonome–dorp-stelsels (soos die stadstate aan die Swahili-kus). Die gesentraliseerde politieke stelsels, daarenteen, het nie veel verskil van die huidige nasiestate nie, naamlik een sentrale gesag (die staat) en een etniese groep (die nasie). In die praktyk het die gesentraliseerde politieke stelsels egter verskeie etniese groepe omsluit, ofskoon in die meeste gevalle een enkele etniese groep die dominante posisie beklee het. Voorbeelde van gesentraliseerde politieke stelsels was, volgens Schraeder (2004:30-2), die piramidale monargie (soos die Ojo-ryk van die Joroebas in hedendaagse Nigerië), die assosiasionele monargie (soos die Mende-monargie in hedendaagse Sierra Leone), en die gesentraliseerde monargie (soos die Zoeloe-ryk in hedendaagse Suid-Afrika). Die Ekonomiese Kommissie vir Afrika (Economic Commission for Africa 2007:3-5) het in ’n verslag oor die relevansie van tradisionele regeringsinstellings in kontemporêre Afrika die prekoloniale politieke instellings ook in twee kategorieë ingedeel, naamlik die konsensusgebaseerde gedesentraliseerde politieke stelsels en die gesentraliseerde monargale politieke stelsels. 4.2 Die koloniale era (1884–1951) Die koloniale era in Afrika het formeel in 1884 met die Kongres van Berlyn ’n aanvang geneem. In die sogenaamde wedloop om Afrika wat ná hierdie gebeurtenis sou volg, het die onafhanklike politieke stelsels in Afrika ophou bestaan en het die ganse vasteland, met die uitsondering van Ethiopië en Liberië, onder die beheer van sewe Europese state gekom, naamlik België, Brittanje, Frankryk, Duitsland, Italië, Portugal en Spanje (Schraeder 2004:50). Die tydperk van Europese kolonialisme in Afrika het nie lank geduur nie (1884–1951). Desondanks het dit die binnelandse en internasionale politiek van die vasteland op ingrypende wyses verander. Die volgende impakte word deur Schraeder (2004:62-9) as die belangrikste beskou: (i) die toepassing van die Europese nasiestaatstelsel in Afrika; (ii) die verdeling van nasies tussen verskillende politieke entiteite (state); (iii) die inkorporering van verskillende nasies in een politieke entiteit (staat); (iv) die vernietiging van alle tradisionele 536
- Page 521 and 522: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 523 and 524: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 525 and 526: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 527 and 528: Figuur 7. Uitgeweryprofiel van Brey
- Page 529 and 530: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 531 and 532: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 533 and 534: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 535 and 536: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 537 and 538: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 539 and 540: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 541 and 542: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 543 and 544: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 545 and 546: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 547 and 548: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 549 and 550: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 551 and 552: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 553 and 554: wat soggens met hul helder kleur gl
- Page 555 and 556: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 557 and 558: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 559 and 560: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 561 and 562: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 563 and 564: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 565 and 566: 1. Inleiding LitNet Akademies Jaarg
- Page 567 and 568: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 569 and 570: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 571: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 575 and 576: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 577 and 578: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 579 and 580: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 581 and 582: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 583 and 584: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 585 and 586: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 587 and 588: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 589 and 590: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 591 and 592: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 593 and 594: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 595 and 596: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 597 and 598: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 599 and 600: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 601 and 602: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 603 and 604: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 605 and 606: 3. Die makrostrukturele faktore 3.1
- Page 607 and 608: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 609 and 610: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 611 and 612: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 613 and 614: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 615 and 616: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 617 and 618: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 619 and 620: LitNet Akademies Jaargang 9(2), Aug
- Page 621 and 622: Abstract LitNet Akademies Jaargang
LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Volgens Schraeder (2004:24–32) kan die politieke stelsels gedurende hierdie periode in twee

tipes opgedeel word, naamlik gesegmenteerde en gesentraliseerde politieke stelsels.

Kenmerkend van die gesegmenteerde politieke stelsels was die afwesigheid van ’n staat of ’n

erkende politieke gesag wat ’n stel reëls en beleidsrigtings vir die hele samelewing kon

saamstel en afdwing. Alhoewel daar geen sentrale politieke gesag bestaan het nie, het talle

gemeenskappe wel aan die vereistes van nasieskap voldoen deurdat lede dieselfde taal

gepraat en dieselfde gebruike nagekom het. Gesegmenteerde politieke stelsels kan dus as

nasies sonder state beskryf word. Van die belangrikste tipes gesegmenteerde stelsels waarna

Schraeder (2004:24) verwys is die sibbe- of clan-stelsel van die jagter-versamelaarsgroepe

(soos die San etniese groep); die klassieke gesegmenteerde stelsels (soos die Somali etniese

groep); die universalisties-gesegmenteerde stelsels (soos die Maasai etniese groep); die

ritueel-gestratifiseerde gesegmenteerde stelsels (soos die Sjilloek etniese groep); en die

outonome–dorp-stelsels (soos die stadstate aan die Swahili-kus).

Die gesentraliseerde politieke stelsels, daarenteen, het nie veel verskil van die huidige

nasiestate nie, naamlik een sentrale gesag (die staat) en een etniese groep (die nasie). In die

praktyk het die gesentraliseerde politieke stelsels egter verskeie etniese groepe omsluit,

ofskoon in die meeste gevalle een enkele etniese groep die dominante posisie beklee het.

Voorbeelde van gesentraliseerde politieke stelsels was, volgens Schraeder (2004:30-2), die

piramidale monargie (soos die Ojo-ryk van die Joroebas in hedendaagse Nigerië), die

assosiasionele monargie (soos die Mende-monargie in hedendaagse Sierra Leone), en die

gesentraliseerde monargie (soos die Zoeloe-ryk in hedendaagse Suid-Afrika).

Die Ekonomiese Kommissie vir Afrika (Economic Commission for Africa 2007:3-5) het in ’n

verslag oor die relevansie van tradisionele regeringsinstellings in kontemporêre Afrika die

prekoloniale politieke instellings ook in twee kategorieë ingedeel, naamlik die

konsensusgebaseerde gedesentraliseerde politieke stelsels en die gesentraliseerde monargale

politieke stelsels.

4.2 Die koloniale era (1884–1951)

Die koloniale era in Afrika het formeel in 1884 met die Kongres van Berlyn ’n aanvang

geneem. In die sogenaamde wedloop om Afrika wat ná hierdie gebeurtenis sou volg, het die

onafhanklike politieke stelsels in Afrika ophou bestaan en het die ganse vasteland, met die

uitsondering van Ethiopië en Liberië, onder die beheer van sewe Europese state gekom,

naamlik België, Brittanje, Frankryk, Duitsland, Italië, Portugal en Spanje (Schraeder

2004:50).

Die tydperk van Europese kolonialisme in Afrika het nie lank geduur nie (1884–1951).

Desondanks het dit die binnelandse en internasionale politiek van die vasteland op

ingrypende wyses verander. Die volgende impakte word deur Schraeder (2004:62-9) as die

belangrikste beskou: (i) die toepassing van die Europese nasiestaatstelsel in Afrika; (ii) die

verdeling van nasies tussen verskillende politieke entiteite (state); (iii) die inkorporering van

verskillende nasies in een politieke entiteit (staat); (iv) die vernietiging van alle tradisionele

536