01.05.2013 Views

Prospektus 2013 - Hoërskool Bellville

Prospektus 2013 - Hoërskool Bellville

Prospektus 2013 - Hoërskool Bellville

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

1. Boodskap van die Hoof

Bladsy

2

2. Prosedure vir inskrywing 3

3. Geskiedenis van die skool 4

Ontstaan

Skoolwapen

Skoolvlag

Skoollied

Drie geslagte Bellvilliete

Legendes van weleer

4. Akademie 10

Vakke en ekstra vakke

Sielkundige hulpdiens

5. Buitemuurse aktiwiteite

Sport 12

6. Aansoek om Toelating (Uithaalbylae)

Toelatingsvorm 15

Vakkeuses 19

7. Buitemuurse aktiwiteite (vervolg)

Kultuur, Verenigings en Klubs 22

Ander 23

8. Erekleure 25

9. So werk ons skool 26

Dissiplinêre stelsel

Voogdestelsel

Skoolbywoning

Graad 8-oriëntering

Ouerbetrokkenheid

Voorgeskrewe kleredrag

Leweransiers

Klerebank

Hand- en skryfboeke

Leerderleiers

10. Finansies

Onderriggeld 31

Merietebeurse 31

Gr 9 - 12 Afslag op Skoolfonds 32

Inhoudsopgawe

Boodskap van die hoof

[2]

Die Hoërskool Bellville is 'n tradisieryke omgeeskool. Dit is iets besonders! Hieroor is

al baie besin en proefskrifte in die opvoedkunde het al hieroor gehandel. Die

gevolgtrekking hieroor is natuurlik positief! Daar is by die Hoërskool Bellville 'n intense

wisselwerking tussen die verlede, hede en toekoms.

1. DIE GROOTSE VERLEDE

Volgende jaar op 25 Januarie 2013 herdenk ons die 76ste bestaansjaar van die

Hoërskool Bellville. Op stigtingsdag 25 Januarie 2012 het ons met die hele skool

vanaf die destydse Hoërskool in Voortrekkerweg tot by die huidige skoolgebou

gestap. Daar is op tasbare wyse hulde gebring aan die 40-tal ouers, 32 leerders en

2 personeellede wat in Januarie 1937 die Hoërskool Bellville geopen het, asook

aan almal wat die afgelope 75 jaar 'n bydrae tot die Hoërskool Bellville se grootse

verlede gelewer het.

2. KRAG IN DIE HEDE

Ons glo dat 'n kind gelukkig moet wees. Dit is die skool se missie om elke leerder te

begelei om sy volle potensiaal te ontwikkel en om as 'n gelukkige, goedvoorbereide

en toegeruste, jong volwassene die lewe in te gaan. Daarom lê ons groot klem op

dissipline en akademie, wat ondersteun word deur 'n hoogs opgeleide onderwyserskorps.

'n Gelukkige kind is egter ook 'n betrokke kind. Om hierdie rede sorg

ons vir die beste geleenthede en geriewe op elke moontlike sport- en kulturele

gebied.

3. DIE TOEKOMS VAN DIE SKOOL

Ons glo daarin om ons leerders voor te berei vir die tegnologiese wêreld daarbuite.

Ons het 200 rekenaars en 'n totaal geïntegreerde netwerk binne die skool. Verskeie

projekte word vir die nabye toekoms beplan waaronder binnenshuise krieketnette

en 'n mini-astro val. In 2011 is 'n "high performance centre" ontwikkel en

Addisionele Wiskunde word aangebied deur ons eie personeel.

Ons hoop dat u 'n lang en gelukkige verbintenis met die skool sal hê en dat ons in die

jare wat voorlê sal kan saamwerk om u kind se toekoms te beplan en hom / haar voor

te berei vir die volwasse lewe.

Aan elke potensiële Graad 8-Bellvilliet wil ek graag die volgende sê:

“Moenie dat mense met jou kop smokkel wanneer dit by jou toekoms kom nie.

"Die Hoërskool Bellville kan jou werklik vir die toekoms toerus.

"By hierdie Hoërskool kan jy oopkop studeer. Dit het ook sport- en kulturele geriewe

wat kop en skouers bo ander uittroon.

"Dis 'n veilige, geïntegreerde, Afrikaansmedium Hoërskool waar jy jouself kan wees.

"As jy regtig "kop" wat aangaan, sal jy weet Hoërskool Bellville is die plek vir jou.

Kontak ons vandag nog en vind uit hoe jy met 'n "kortkop" voor die ander kan

wegspring.

Bellville-groete

Deon du Plessis

SKOOLHOOF

Prosedure vir

inskrywing

1. Jou ouers kan vanaf 19 April 2012 tydens die opedag begin inskryf

2. Die volgende dokumente moet saam met jou aansoek ingehandig word:

2.1 Aansoekvorm (Middel van prospektus)

2.2 'n Afskrif van jou geboortesertifikaat. (Verpligtend)

2.3 April Rapport (Verpligtend)

2.4 Getuigskrif van Laerskool (Indien moontlik)

2.5 'n Debietordervorm indien u verkies om op dié manier die

skoolfonds te betaal. (Middel van Prospektus)

2.6 'n Vakkeusevorm. Gr. 8's het verpligte vakke, maar moet 'n keuse

maak tussen Engels Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal,

asook Kuns en Kultuur of Musiek. Kuns kan as ekstra vak geneem

word. (Middel van Prospektus)

3. Na die inhandiging van die aansoekvorm moet 'n afspraak gemaak word

by die skoolhoof waar jy en jou ouer(s) teenwoordig moet wees. Skakel

Mev Bets Mong by 021 948 1801 om 'n afspraak te reël.

[3]

Geskiedenis van die skool

[4]

ONTSTAAN

Die Hoërskool Bellville het in Januarie 1937 in die ou landdroskantoor op die hoek van

Voortrekkerweg en Rhoss-straat as die eerste hoërskool in Bellville begin. Die gebou

in Voortrekkerweg is in 1940 betrek. Daarna is baie uitbreidings aangebring en die

nuwe saalkompleks is in 1966 ingewy.

Die sportkompleks langs Ou Paarlweg is in 1987 in gebruik geneem.

Die skool is sedert Januarie 1969 'n Afrikaansmedium-hoërskool. Dit beteken dus dat,

met die uitsondering van Engels Huistaal en Eerste Addisionele Taal, alle vakke in

Afrikaans onderrig word.

Gedurende Junie 1994 het ons ons huidige skoolgebou met sy moderne fasiliteite

betrek om nog beter in die toekomstige opvoedingsbehoeftes te kan voorsien.

Die volgende hoofde het die skool gedien:

Mnr C.J. Grové - Januarie 1937 tot Maart 1949

Mnr R. Coetzee - April 1949 tot Desember 1970

Mnr D.L. van den Berg - Januarie 1971 tot Desember 1973

Mnr G.F.P. Kellerman - Januarie 1974 tot Junie 1983

Mnr C.E. van Staden - Oktober 1983 tot September 1985

Mnr A.C. Lombard - Januarie 1986 tot September 1996

Mnr J.P. Crous - Januarie 1997 tot September 2010

DIE SKOOLWAPEN

"Kort na die stigting van die skool in Januarie 1937 is daar gevoel dat alle middels

aangewend moet word om so gou moontlik 'n eenheids- en samehorigheidsgevoel by

die leerders te kweek, en derhalwe is 'n kompetisie uitgeskryf om vir die skool 'n

wapen te ontwerp. Byna al die leerders het vlytig meegedoen en verskeie

prysenswaardige pogings is ontvang. Die ontwerp van 'n st. 7-leerder, André

Coetzee, is as die geskikste beoordeel en dit het met 'n paar klein veranderinge die

wapen van die skool geword."

Die Latynse slagspreuk "Paratus ad Omnia", wat beteken dat die leerders van hierdie

skool altyd vir alle gebeurlikhede gereed is, is as leuse gekies.

Deur die jare is verdere veranderinge aan die wapen gedoen voordat, met die hulp

van die Staatsheraldikus, die finale ontwerp goedgekeur en geregistreer is in 1994.

Die anker op die skild simboliseer kragtige standvastigheid, maar ook die goeie hoop

wat gekoester word vir die heilsame en nuttige invloed wat van die skool moet

uitgaan.

Die vlam het 'n tweeledige doel: Dit is eerstens die lig van kennis, waardes en norme

wat die leerders op skool moet ontvang. Tweedens is dit die beskawende en verfynde

gees wat van die leerders moet uitgaan nadat hulle die skool verlaat het om hulle

regmatige plekke in die samelewing met verantwoordelikheid te vul.

Die triquetra is 'n opvoedkundige simbool, wat die drieledige verhouding tussen

leerder, onderwyser en ouer simboliseer.

SKOOLVLAG

Die eerste skoolvaandel was volgens die Jaarbladfoto's alreeds in 1942 of selfs vroeër in

gebruik en het bestaan uit die skoolwapen wat sentraal op 'n vlootblou vaandel

aangebring is.

Dit is nie duidelik wanneer die skoolvlag sy ontstaan gehad het nie. Die vlootblou vlag het

'n breë geel horisontale baan in die middel gehad, waarop die skoolwapen sentraal

geplaas is.

Met die verandering van die skoolwapen en ook die verskuiwing na die nuwe skool is daar

besluit dat die tyd ryp is om ook weer na die ontwerp van die vlag te kyk om dit by meer

moderne standaarde aan te pas.

Die ontwerp van mnr Anton Hendriks is aanvaar. Dit bestaan uit 'n vlootblou agtergrond

met 'n diagonale maroen band daarop. Aan weerskante van dié band is daar 'n smaller

goue band. Die vlag is amptelik op 26 Augustus 1994 in gebruik geneem.

Skoollied

Waar Tafelberg sy skadu's werp van kruine groots en skerp,

Aan Kaapse Vlak se noordergrens - die vrug van hartewens -

pryk stewig soos 'n vaste rots ons Alma Mater trots,

Waar opgelei word in Sy krag die jeug vir nageslag.

Koor: Die Bellville Hoërskool wil trag

Met woord en daad en in gedrag

By werk en spel van dag tot dag

Sy plig te doen met 'n vrolik' lag,

Sy plig te doen met al sy mag.

Die skoollied is reeds in 1937 verwerk en

getoonset deur mnr D.H. Cilliers.

[5]

[6]

Daar is tans 'n hele paar

leerders in Hoërskool Bellville

wat die derde geslag van 'n

familie is wat Hoërskool

Bellville bywoon. Vervolgens

van die leerders, hul ouer(s) en

grootouer(s).

2

5

3

1

4

LEGENDES VAN WELEER

4

1 Evert Scott (Graad 8) - 2012

2 Maret Scott (nee Terblanche) - 1984 tot 1988

3 Maretha Terblanche

(nee Van Zyl) - 1954 tot 1957

3

3

2

2

1 Maria Magdelena le Roux - 1951

2 Nolita van der Vyver - 1978 - 1982

3 Mari Veldsman - 2006 - 2010

4 Jana Veldsman - Graad 10

5 Sune Veldsman - Graad 10

1 Irma du Plessis (nee Kilpert) - 1941

2 Andries du Plessis - 1941

3 Thilda Smink (nee Du Plessis) - 1968 tot 1972

4 André Smink - 2007 tot 2011

Hoërskool Bellville het 'n ryke tradisie van leerders wat op sport, akademiese, kulturele en

politieke terrein presteer het.

DAWID JACOBUS (DAWIE) DE VILLIERS : 1954 - 1985

• Op 10 Julie 1940 in Burgersdorp gebore. Hy voltooi sy skoolopleiding aan die Hoërskool

Bellville en studeer daarna aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy ´n BA, BA-Hon

en BTh verwerf - en later ook ´n D. Phil in Filosofie. Hy dien in die Studenteraad in 1962-

63 en ontvang in 1963 die Abe Bailey-Reisbeurs. In 1964 tree hy in die huwelik met

Suzaan Mangold, wat Primaria van Harmonie was en in 1960-61 lid van die Studenteraad.

• In 1967 word hy predikant van die Moedergemeente van die NG Kerk, Wellington. In

1969 aanvaar hy ´n pos as dosent in Wysbegeerte aan die Randse Afrikaanse Universiteit

waar hy ook ´n MA verwerf. In 1972 word hy verkies as Parlementslid vir die kiesafdeling

1

1

Drie geslagte Bellvilliete

Johannesburg-Wes. In 1978 word hy Suid-Afrika se Ambassadeur in die

Verenigde Koninkryk. In 1980 word hy aangestel as Minister van Handel,

Nywerheid en Toerisme. Hy word in 1981 verkies as die LP vir die

kiesafdeling Piketberg wat hy vir 13 jaar - tot 1994 - in die Parlement

verteenwoordig. In die tydperk waarin hy 'n kabinetspos beklee het, is

verskeie portefeuljes aan hom opgedra, onder andere Handel, Nywerheid

en Toerisme; Mineraal- en Energiesake; Administrasie- en Privatisering en

Openbare Ondernemings.

• As leier van die Nasionale Party se onderhandelingspan by Kempton Park, was

hy deurlopend direk betrokke by die onderhandelinge wat tot ´n nuwe Grondwet en die

oorgang na volle demokrasie in Suid-Afrika gelei het.

• Ná die verkiesing van 1994 word hy Minister van Omgewingsake en Toerisme in die

Kabinet van die Regering van Nasionale Eenheid, onder die Voorsitterskap van President

Mandela.

• In 1997 word hy verkies as Adjunk Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies se

Spesialiteitsorganisasie vir Toerisme, UNWTO (United Nations World Tourism

Organisation) en verhuis na Madrid, Spanje, waar die Hoofkantoor gesetel is. Na twee

termyne, in dié hoedanigheid, en byna 9 jaar in die buiteland, keer hy en Suzaan in 2006

terug na Suid-Afrika en na Stellenbosch, waar hulle nou woon. Hy is nog steeds

verantwoordelik vir ´n aantal VN-projekte en is ook voorsitter van die Wêreldkomitee vir

Etiek in Toerisme.

• As sportman het hy Suid-Afrika van 1962 tot 1970 in rugby verteenwoordig - 22 keer as

kaptein. Hy was ook onderskeidelik kaptein van die Provinsiale spanne van die WP,

Boland en Transvaal; Suid-Afrika se Sportman van die jaar in 1986 en 1970; ontvang die

Staatspresident se toekenning vir Sport in 1969 en 1970. Hy glo in die waarde van

fiksheid en het na sy uittrede uit rugby, baie marathons, asook verskeie Twee-Oseane en

'n Comrads voltooi.

HERINNERINGE

Bellville Höerskool is vanjaar 75 jaar oud. Oor meer as 7 dekades het die skool 'n trotse

tradisie opgebou. Duisende leerders is daar gevorm, geslyp en toegerus om die

geleenthede en uitdagings wat op hul gewag het, te kon hanteer. Die kern van die skool is

nie die geboue en sportvelde nie - hoe belangrik dit ook al mag wees - maar die

onderwysers. As ek terugkyk oor die 5 jaar wat ek daar op skool was, besef ek watter

geweldige invloed onderwysers op my lewe gehad het - sommige natuurlik meer as

ander.

Dissipline was streng en jy moes by die reëls hou, of daar is moeilikheid. Die meerderheid

van ons onderwysers het hul vakke met toewyding en passie aangebied. Hulle was goeie

leermeesters wat ook belanggestel het in die sukses van hul leerders. Hulle het van hul

eie tyd afgestaan om sport af te rig, en dikwels spanne vergesel wat op Saterdae iewers

teen 'n ander skool moes kragte meet.

Naas onderwysers is die interaksie met jou mede-leerders ook 'n belangrike faktor in jou

vormingsjare. Ek het goeie maats gehad. Ons het saam baie pret gemaak, mekaar

bygestaan en ondersteun. Van daardie vriendskappe het tot vandag behoue gebly. Naas

die leerwerk was daar ook die speelwerk. Ek het met entoesiasme aan rugby, krieket en

atletiek deelgeneem. Ek het in die onder 13 rugybspan begin in 1954, toe ek in standerd 6

was. Onder die bekwame hand van meneer Amie Gonin ('n uitstekende wiskunde

onderwyser) het my spel progressief ontwikkel. In my laaste twee skooljare (st. 9 / 10) was

[7]

[8]

ek in die eerstespan (O.19A) as kaptein. Daarmee is die grondslag gelê vir die

sukses wat ek later op die rugbyveld behaal het. Die laaste bydrae wat Höerskool

Bellville tot my lewe gemaak het, en waarskynlik die grootste en belangrikste van

almal, was die ontmoeting met Suzaan Mangold, wat vanaf 1956 'n leerling van die

skool geword het. Suzaan was 'n sterk persoonlikheid en baie gewild. In haar

matriekjaar was sy hoofmeisie van die skool. Ons paaie het daar gekruis, en het nooit

weer geskei nie.

GENE LOUW : 1945 - 1948

PRESTASIES

Ek kan met trots sê dat ek vir Bellvile se eerstespan rugby gespeel het en

aan die halfmyl by die Ko-Ed deelgeneem het.

Vanaf 1979 tot 1989 was ek Administrateur van die Kaapprovinsie en vanaf

1989 tot Maart 1994 was ek lid van die Kabinet.

HERINNERINGE

Pappa Grové was die skoolhoof - die onbetwisbare Baas van die Skool!

Wanneer hy in die gang afgestap het, kon ons van ver, die ysterhakies onder sy

skoene, in die gang hoor afkom. 'n Doodse stilte, dissipline was die wagwoord!

Pappa se oudste seun was ‘n klasmaat, wat goed presteer het en net so dan en wan

in ‘n toets gefouteer het. Die voordeel hiervan was dat wanneer klasmaats kantoor toe

moes gaan vir ‘n pak slae die onderwyser nooit die moed gehad het om Pappa se

seun voor hom te tugtig nie. Vir ons ander was dit ‘n salige verlossing. Dankie vir die

pakslae wat my gespaar is.

Vir my was dit 'n hartseerboodskap toe verneem is dat, na my tyd natuurlik, hierdie

geliefde ou skoolgebou prysgegee moes word om na die nuwe Hoërskool Bellville te

verkas. Die sentiment was te groot, te opreg! Ek was bevoorreg om die "ou"

Hoërskool Bellville te besoek en 'n boodskap oor te dra, nie sonder 'n traan in die oog

nie. Ewe-eens was ek bevoorreg om die nuwe Hoërskool Bellville met sy inwyding en

daarna te besoek - met 'n glimlag op die gesig!

Groot was my vreugde toe ek sien hoe die "nuwe" skool floreer. My siening is geheel

en al gewysig - die oorwoë besef dat dit die beste besluit was, 'n groter skool, meer

geriewe, 'n beter verskeidenheid van vakaanbiedinge, 'n ware sierraad!

Ek trek al my vorige bedenkinge terug. Die beste besluit ooit! Lank lewe nuwe

Hoërskool Bellville.

Paratus ad Omnia

PRESTASIES

MARIANNE KRIEL : 1985 - 1989

Ek was in Bellville Hoër van 1985 - 1989, en dit was wonderlike jare. Ek

hou baie van die feit dat Bellville gebalanseerd is: Sport, Akademie en

Kultuur is belangrik, en die skool verteenwoordig ook mense van

verskillende agtergronde, ekonomiese omstandighede en familiesituasies.

Dit help om 'n mens minder bevooroordeeld te maak, en dit is een van die

beste lesse wat 'n skool jou kan leer.

• SA (Springbok) kleure in swem, tweekamp en lewensredding.

• Houer van SA Swemtitels en SA en Afrika swemrekords

• WP Netbal, swem, atletiek, tweekamp, lewensredding

• A gemiddeld elke jaar, insluitend in Graad 12 eindeksamen.

My beste oomblikke was altyd die groot atletiek-byeenkomste, die lekker wintersportdae,

en die lekker skoolatmosfeer. Hoërskool was definitief 'n hoogtepunttyd in my lewe en ek

sal vir altyd trots bly op my Alma-mater!

JAN ELLIS : 1986-1990

PRESTASIES

Ek was vanaf 1986 tot 1990 'n leerder by Hoërskool Bellville. Ek het

erekleure in Drama verwerf en matriek met 'n onderskeiding geslaag.

Wat Bellville so spesiaal maak is dat ek ook vir die O/19A-rugbyspan

kon speel en 'n Ko-Ed-dirigent kon wees. Na skool het ek met die

hulp van mnr Herman van der Westhuizen 'n toneelstuk geskryf wat

leerders in plaaslike toneelfeeste, Eisteddfods en in België opgevoer

het.

HERINNERINGE

Ons was een van die laaste generasies in die ou skoolgebou in Voortrekkerweg.

Hoogtepunte elke jaar was dramatoere na Montagu en Fraserburg Toneelfeeste.

Rugby, Rugby, Rugby en Krieket. Ek is nou nog suur dat ons interskole teen D.F. Malan

verloor het. Die Eerstespan Rugbytoer na Johannesburg was onvergeetlik. Ons het

ongelukkig in al drie toerwedstryde ons alies gesien, maar die moeilikheid maak

tussendeur was veel belangriker.

Ek het gereeld weggekom met lang hare by haarinspeksie, want dit was 'vir 'n rol'. Ek was

ook bevoorreg gewees om in dieselfde tyd in die skool te wees as 'n hele gros superatlete

- Marianne Kriel was bv. die jaar voor my en Elmarie Gerritz was in my klas. Ek

bewonder verskeie van die onderwysers vir die feit dat hulle ons nie vermoor het nie - ons

was 'n moeilike en aktiewe klomp. Ons skoolhoof, Adri Lombard, se missie was om 'n

kultuur van 'styl' by almal te kweek. Dit was 'n baie goeie ding.

Ek onthou ons het baie by hom geleer en al die moleste waarmee ons weggekom het. Ai,

as hulle maar geweet het.

[9]

Akademie

[10]

VAKKE, VAKKEUSE EN EKSTRA VAKKE

Onderhewig aan verandering weens departementele bepalings en interne

herstrukturering.

Graad 8

VERPLIGTE VAKKE

Afrikaans Huistaal

English Home Language OF

English First Additional Language

Wiskunde

Tegnologie

Lewensoriëntering

Natuurwetenskappe

Sosiale Wetenskappe

Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe

Kuns en Kultuur OF

Musiek

EKSTRA VAKKE

Kuns

VERPLIGTE VAKKE

Afrikaans Huistaal

English Home Language OF

English First Additional Language

Wiskunde OF

Wiskundige Geletterdheid

Lewensoriëntering

Graad 9

VERPLIGTE VAKKE

Afrikaans Huistaal

English Home Language OF

English First Additional Language

Wiskunde

Tegnologie

Lewensoriëntering

Natuurwetenskappe

Sosiale Wetenskappe

Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe

Kuns en Kultuur OF

Musiek

EKSTRA VAKKE

Kuns

Graad 10 - 12

KEUSEVAKKE -

Drie van onderstaande soos uiteengesit

op vakkeusevorm

Fisiese Wetenskappe

Lewenswetenskappe

Geografie

Rekeningkunde

Besigheidstudies

Verbruikerstudies

Visuele Kuns

Musiek

Inligtingstegnologie

Rekenaartoepassingstegnologie

Ingenieursgrafika en -Ontwerp

Toerisme

Dramakuns

AGSTE VAKKE

Ontwerpkuns

Addisionele Wiskunde

Rekenaartoepassingstegnologie

LET WEL

• Aan die einde van gr. 9 word belangrike vakkeuses vir grade 10 - 12 gemaak. Indien daar

te min leerders is wat 'n bepaalde vak kies, sal die betrokke vak nie in daardie jaar

aangebied word nie.

• 'n Agste vak sal slegs aangebied word indien daar meer as 10 leerders is wat die vak wil

neem.

• Beleid t.o.v. ekstra vakke

• Verpligte klasbywoning

• Alle take voltooi

• Klasgelde word gehef

• Gemiddeld van 70% in gr. 9.

KEUSE TUSSEN KUNS EN KULTUUR OF MUSIEK

Musiek

Musiek as 'n keusevak kan deur enige belangstellende seun of meisie gekies word, mits hy

gemotiveerd is om 'n instrument te leer bespeel, of reeds kan bespeel. Tydens graad 8 en 9

word 'n breë oorsig van musiekgeskiedenis en teorie behandel om musiek beter te verstaan

asook praktiese onderrig.

• Die skool voorsien gratis onderrig in alle orkesinstrumente en klavier.

• Die skool voorsien elke musiekleerling van 'n blaasmusiekinstrument soos beskikbaar.

• Indien meer as 1 orkesinstrument bespeel word, word slegs 1 instrument aangebied.

• Musiekleerders betaal 'n R800.00 administratiewe fooi per jaar in Gr 8 en Gr 9, wat gebruik

word vir die herstel en aankoop van instrumente.

• Afhangende van die getal aansoeke sal daar 'n keuring plaasvind.

• Ongelukkig is daar 'n beperking op die aantal leerders wat musiek neem.

EKSTRA VAK VIR GRAAD 8 EN 9

Kuns

Vir toekomstige graad 8's word daar Kuns as ekstra vak na skool aangebied sodat hulle in

graad 8 en 9 hul tegniese vaardighede meer intensief kan ontwikkel as wat daar tyd voor is

tydens die leerarea Kuns en Kultuur.

In graad 10 mag hulle twee kunsvakke neem. Die een staan bekend as Visuele Kuns en die

ander as Ontwerpkuns. Vir beide vakke is daar 'n praktiese en teoretiese komponent. Die

praktiese inhoud van albei vakke behels 'n wye verskeidenheid mediums (na aanleiding van

die beskikbaarheid van fasiliteite.)

Leerders mag een of beide vakke as deel van hul vakkeuse doen. Tans bied ons slegs

Visuele Kuns in die skool aan en kan Ontwerpkuns na skool geneem word.

Inligting in verband met die verskillende Ontwerpkunsvakke by die Kunssentrum, asook

aansoekvorms om toelating, word aan die begin van die derde kwartaal beskikbaar gestel.

SIELKUNDIGE HULPDIENS

Voorligting word aan die leerders deur die onderwyser-voorligter en vakonderwysers gegee.

Die voorligter / sielkundige is beskikbaar indien hulp nodig is met vakkeuse in gr. 9,

beroepskeuse in gr. 12 en enige studie- en persoonlike probleme.

[11]

Buitemuurse aktiwiteite

[12]

SPORT

Die buitemuurse program word elke middag van die week op 'n georganiseerde basis

beoefen. Aan elke aktiwiteit word 'n bepaalde tyd op die namiddagprogram toegeken.

Deelname aan die buitekurrikulêre program is in belang van u kind. 'n Betrokke kind is

'n gelukkige kind. Ouers behoort deelname aan te moedig. Elke leerder behoort aan

ten minste een somersportsoort en een wintersportsoort deel te neem.

SOMER

SEUNS Atletiek Gholf

Hokkie Hokkie

Krieket Landloop

Tennis Rugby

Skaak Skaak

MEISIES Atletiek Hokkie

Hokkie Landloop

Tennis Netbal

Skaak Skaak

SPORTPRESTASIES VAN FORMAAT

WINTER

SPORT BUITE SKOOLVERBAND

Prestasies in verskeie sportsoorte word erken.

Fietsry, Gimnastiek, Gewigoptel, Hengel, Judo,

Karate, Toutrek, Swem, Tweekamp,

Lewensredding, Jukskei, Aërobiese Danse,

Aksie-netbal, Korfbal.

Oudleerders

Ons skool het oor die jare verskeie Springbokke opgelewer:

Dawie de Villiers en John Villet (rugby), Leon van den Heever (7's rugby),

Werner Greeff, Stefan Nel (SA O/19), Leon Karemaker (SA 0/19), Chris Williemse

(fietsry), Adri de Jongh (atletiek), Marianne Kriel (swem), June Gruneberg (hokkie),

Benita Nieuwoudt (netbal), Francois van Niekerk (skaak).

Krieket

Die Hoërskool Bellville speel in die premierliga in die WP. Hulle wen die Peter Buttner

trofee vir O/19A's in 2010 en 2011 asook interskole teen DF Malan vir 10 jaar

agtereenvolgens. G F Linde verteenwoordig die WP 0/19-span in 2010 en in 2011

verteenwoordig Ettiene Nagel, Morné Willemse en Francois Botha die WP O/19B-span.

Die prestasie is te danke aan puik afrigting en fasiliteite, onder andere drie turfblaaie en

turfnette.

Netbal

Die Hoërskool Bellville is trots op hul jaarlikse netbaluitslae. In 2010 verteenwoordig 14

spelers die WP in die onderskeie ouderdomsgroepe en in 2011 verteenwoordig 9

spelers die WP en 2 spelers die Wes-Kaap. Jaarliks word in elke ouderdomsgroep,

ses spanne in die WP Premierliga ingeskryf. Netbal is 'n Bellville tradisie!

HOËRSKOOL BELLVILLE

AANSOEK OM TOELATING

HOËRSKOOL HOËRSKOOL BELLVILLE BELLVILLE

VAKKEUSEVORM – GRAAD 8 EN 9

PROSEDURE VIR AANSOEK OM TOELATING

1. U voltooi die "Aansoek om Toelating", asook die vakkeusevorm volledig en handig dit by die

skool in.

2. Mev Bets Mong sal u skakel om 'n afspraak met die skoolhoof te reël.

3. Dit is belangrik dat u as ouer(s) en u kind die onderhoud bywoon.

DOKUMENTE WAT SAAM MET U AANSOEK OM TOELATING INGEHANDIG MOET WORD

1. 'n Afskrif van u kind se identiteitsdokument/geboortesertifikaat.

2. U kind se nuutste rapport

3. By 'n eerste inskrywing (m.a.w. geen broers of susters in die skool) moet 'n afskrif van 'n

munisipale rekening as bewys van huidige vaste adres, die vorm "Aansoek om Toelating"

vergesel.

TOELATINGSBELEID

ALLE AANSOEKE SAL OORWEEG WORD

1. Indien die korrekte dokumentasie ingehandig word.

2. Ouer(s)/wettige voog 'n positiewe verbintenis met die skool het.

PROSEDURE VIR BEVESTIGING VAN TOELATING

1. U sal skriftelik per brief in kennis gestel word van u toelating. 'n Afskeurstrokie is aangebring

aan die onderkant van u brief wat volledig voltooi en teruggestuur moet word aan die skool om

te bevestig dat u die toelating aanvaar.

HOËRSKOOL HOËRSKOOL BELLVILLE BELLVILLE

VAKKEUSEVORM AANSOEK – OM GRAAD TOELATING

8 EN 9

SLEGS VIR

KANTOORGEBRUIK

TOELATINGSNOMMER GRAAD TOELATINGSDATUM SPORTGROEP CEMISNOMMER

BAIE BELANGRIK:

• VOLTOOI ASSEBLIEF DIE AANSOEKVORM VOLLEDIG

• MAAK SEKER U HET DIE VORM GETEKEN

ONS BENODIG

• AFSKRIF VAN U KIND SE GEBOORTESERTIFIKAAT

• OORPLASINGSVORM (CEMIS INDIEN U KIND REEDS IN DIE WES-KAAP IN 'N SKOOL IS)

• MEES ONLANGSE SKOOLRAPPORT

A. LEERDERINLIGTING

LEERDER se van :

Volle voorname :

Noemnaam :

Geslag :

Geboortedatum :

Leerder se ID-nommer :

Leerder se woonadres :

Leerder selnr :

Huidige Graad :

Leerder se ouers oorlede? :

Naam van vorige skool :

Watter Provinsie? :

Stuur rapport aan

B. SPORT/KULTUREEL

Manlik: Vroulik : RAS (Dui asb. aan)

J J J J M M D D

Graad geslaag:

Moeder Vader

Moeder

Sportsoorte waaraan deelgeneem :

Prestasie :

Kulturele aktiwiteite waarby betrokke was :

Prestasie :

Ander belangstellings :

Prestasie :

Albei ouers

Vader Voog

Tel no.

Faksno.

Poskode:

Jaar:

VADER se van :

Volle name :

ID-nommer :

Noemnaam :

Woonadres :

Posadres :

(Voltooi slegs as verskil van Woonadres)

Telefoon :

Selfoon :

Naam van werkgewer :

Beroep :

E-pos :

MOEDER se van :

Volle name :

ID-nommer :

Noemnaam :

Woonadres :

Posadres :

(Voltooi slegs as verskil van Woonadres)

(H)

Telefoon : (H)

Selfoon :

Naam van werkgewer :

Beroep :

E-pos :

DUI ASSEBLIEF AAN

C. OUER PERSOONLIKE INLIGTING

(Die inligting hieronder aangevra, moet ten opsigte van elke ouer /

voog verstrek word.)

Persoon verantwoordelik vir skoolfondsrekening :

E-pos :

Poskode:

Poskode:

Poskode:

(W)

Poskode:

Poskode:

Poskode:

(W)

HOËRSKOOL HOËRSKOOL BELLVILLE BELLVILLE

VAKKEUSEVORM D. MEDIESE – GRAAD GEGEWENS

8 EN 9

Huisdokter : Telefoonnommer :

Naam van mediese fonds :

Mediesefondsnommer :

Enige siektes/gebreke/allergieë/operasies

Gebruik hy/sy tans medikasie? Wat en waarvoor?

Hooflid

(Naam en Van)

Telefoonnommer wat geskakel moet word in geval van ‘n krisis

E. OUERINLIGTING (Merk waar van toepassing met )

Huwelikstaat van ouers : Getroud Ongetroud Geskei Woon saam

Vader

Huwelikstaat van ouers : Getroud Ongetroud Geskei Woon saam

Moeder

Huistaal : Afrikaans Engels Ander

Hoeveelste kind in gesin : 1ste 2de 3de 4de

Het u reeds kinders in

hierdie skool?

F. KERKVERBAND

JA NEE

Name van boeties / sussies in Hoërskool Bellville Graad

G. ONDERNEMING VAN OUER / VOOG

GEDRAGSKODE

Ek vereenselwig my met die reëls, strewes en die etos van die skool en sal alles in my vermoë doen

om dit by my kind in te skerp en om hom / haar aan te moedig om hom/haar daarmee te vereenselwig

en dit uit te leef. Ek vereenselwig my met die gedragskode van die skool en die prosedures wat

daarmee saamgaan. Ek sal my kind bystaan en die skool help met die toepassing van die

gedragskode solank hy/sy 'n leerder van die skool is. Ek verwag dat die skool die gedragskode

ooreenkomstig die prosedures, in alle billikheid en regverdigheid sal toepas.

HANDTEKENING VAN OUER/VOOG

DATUM

TERME EN VOORWAARDES MET BETREKKING TOT BETALING VAN SKOOLGELD

SKOOLGELD

1. Ek sal die verpligte onderriggeld ten opsigte van my kind betaal. Ek onderneem om die debiteureklerk

persoonlik te spreek indien my omstandighede dit nie toelaat dat ek my onderneming ten

opsigte van skoolgeld kan nakom nie.

2. Die skoolgeld / onderriggeld vir 'n betrokke skooljaar is vooruitbetaalbaar op (datum wat die skool

bepaal), tensy alternatiewe reëlings met die skool getref is vir die betaling daarvan op óf 'n

maandelikse, óf kwartaallikse basis.

Indien die ouer / voog alternatiewe reëlings met betrekking tot 'n maandelikse of 'n kwartaallikse

betalingsplan met die skool tref, onderneem die ouer / voog om sodanige maandelikse of

kwartaallikse betaling stiptelik op die ooreengekome datum(s) te maak, by versuim waarvan die

volle uitstaande balans / bedrag onmiddellik betaalbaar en opeisbaar sal wees.

3. Die ouer / voog stem toe tot die jurisdiksie van die Wet op Landdroshowe, Wet 32 van 1944, soos

gewysig. In geval regstappe ingestel moet word ter verhaling van agterstallige skoolgeld stem die

ouer / voog toe en aanvaar hy / sy verantwoordelikheid vir betaling van die volgende:

3.1 Regskoste op die skaal soos tussen prokureur en kliënt;

3.2 Rente teen die koers van 15.5% per jaar vanaf datum waarop die uitstaande bedrag

opeisbaar en betaalbaar word, tot datum van finale betaling; en

3.3 Invorderingskommissie teen die koers van 10%.

VOLLE NAAM VAN OUER / VOOG IN DRUKSKRIF HANDTEKENING VAN OUER / VOOG DATUM

VRYWARING

Hiermee gee ek, die ondergetekende, toestemming dat my kind, soos hierbo vermeld, mag deelneem

aan toere / uitstappies, besoeke solank hy / sy by die Hoërskool Bellville ingeskryf is.

Ek begryp dat al bogenoemde aktiwiteite op eie risiko onderneem word. Ek onderneem verder om die

WKOD / Skoolhoof en personeel te vrywaar / skadeloos te stel en kwyt te skeld van enige eise wat

mag ontstaan uit enige skade/verlies/beserings wat my kind a.g.v. watter oorsaak ookal gedurende

sodanige aktiwiteit mag ly / opdoen ten spyte van die voorsorgmaatreëls wat getref is.

HANDTEKENING VAN OUER / VOOG DATUM

HOËRSKOOL HOËRSKOOL BELLVILLE BELLVILLE

VAKKEUSEVORM VAKKEUSEVORM – GRAAD – GRAAD 8 EN 9 8 EN 9

LEERDER

OUER / VOOG

A. VERPLIGTE VAKKE

1 TGK Afrikaans

8 MUSIEK Musiek as 'n keusevak kan deur enige belangstellende seun of dogter gekies word,

mits hy gemotiveerd is om 'n instrument te leer bespeel, of reeds kan bespeel.

Tydens graad 8 en 9 word 'n breë oorsig van musiekgeskiedenis en teorie behandel

om musiek beter te verstaan asook prakties.

• Die skool voorsien gratis onderrig in alle orkesintrumente en klavier.

• Die skool voorsien elke musiekleerling van 'n blaasinstrument indien beskikbaar.

• Indien meer as 1 orkesinstrument bespeel word, word slegs 1 instrument beskikbaar

gestel.

• Musiekleerders betaal R800.00 administrasiefooi per jaar in Gr 8 en Gr 9, wat

gebruik word vir die herstel en aankoop van instrumente.

• Afhangende van die getal aansoeke sal daar 'n keuring plaasvind.

• Ongelukkig is daar 'n beperking op die aantal leerders wat musiek neem.

KUNS EN

KULTUUR

Engels

2 SW Sosiale Wetenskap

3 TEG Tegnologie

4 W Wiskunde

VAN :

NAME :

HUIDIGE LAERSKOOL :

VOORLETTERS :

TELEFOONNOMMER :

5 NW Natuurwetenskappe

6 EBW Ekonomiese Bestuurswetenskappe

7 LO Lewensoriëntering

B. KIES MUSIEK OF KUNS EN KULTUUR (merk met )

Behels 'n algemene oorsig oor musiek, kuns en drama

C. Om Engels Huistaal te neem, moet die leerder 'n bogemiddelde taalvermoë hê.

KIES EEN (merk met )

ENGELS HUISTAAL

ENGELS EERSTE ADDISIONELE TAAL

D. Indien 'n leerder Kuns tot Graad 12 wil neem, word hy / sy aanbeveel om reeds in Graad 8

verdere onderrig te ontvang (ekstra klasse na skoolure - daar is 'n beperking op getalle.)

Ek stel belang in (merk met )

KUNS

HANDTEKENING VAN OUER / VOOG: ..................................................

OF

HOËRSKOOL HOËRSKOOL BELLVILLE BELLVILLE

VAKKEUSEVORM VAKKEUSEVORM – GRAAD – GRAAD 8 EN 9 10 TOT 12

LEERDER

OUER / VOOG

A. 4 VERPLIGTE VAKKE (MAAK 'N KEUSE BY ENGELS EN WISKUNDE)

1 Afrikaans Huistaal

2 English Home Language

Besigheidstudies

Dramakuns

Fisiese Wetenskappe

Geografie

Gevorderde Wiskunde (8ste vak na skool)

Ingenieursgrafika en -ontwerp (IGO)

Inligtingstegnologie (IT)

Lewenswetenskappe

Musiek

Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)

Rekeningkunde

Toerisme

Verbruikerstudie

Visuele Kuns

OF

English First Additional Language

3 Lewensoriëntering

4 Wiskunde

Wiskundige Geletterdheid

B. KIES ENIGE 3 VAKKE

VAN :

NAME :

HUIDIGE HOëRSKOOL:

VOORLETTERS :

TELEFOONNOMMER :

OF

HANDTEKENING VAN OUER / VOOG:

Rugby

Twee O/14-, twee O/15-, twee O/16- en vier O/19-spanne is geaffilieer by die Westelike

Provinsie Rugby Voetbal Unie. Dit verseker dat ons spelers op die hoogste vlak vir skole in die

WP kan meeding. Vir ander spanne word addisionele wedstryde gereël. Alle A-spanne

onderneem elke jaar 'n toer. Die Hoërskool Bellville bied ook jaarliks 'n Sportdag vir Hoër- en

Laerskole aan waaraan skole van so ver as Gauteng al deelgeneem het. Die jaarlikse proewe vir

die kies van WP Skolespanne word ook by die Hoërskool Bellville aangebied. Deur die jare het

ons ook al verskeie spelers opgelewer wat hierdie spanne verteenwoordig het. Michael

Liebenberg het ons in die O/16 WP-span by die Grant Khomo Week in 2010 verteenwoordig.

Oudskoliere wat tans goed presteer is Leon Karemaker (Griekwas en Cheetahs super 15),

Tersius Carse (Cheetahs), Maxwell Stoffels (WP-Amateurs en Cheetahs Vodacom) en tans

afrigter en onderwyser by die Hoërskool Bellville.

Hokkie

Hoërskool Bellville spog vir die 1ste keer in die geskiedenis van die skool se bestaan met 7

Provinsiale en 3 Provinsiale binnehuise hokkiespelers in 2011.

Lindi Anker en Nicola Olivier was gekies om een van die top Westelike Provinsiespanne op 'n

Nasionale toernooi te verteenwoordig. In ons winterliga wedstryde het verskeie van ons spanne

onder die top 3 van hulle onderskeie afdelings geëindig. Die dogters 1ste span het 'n algehele

13de plek by een van ons land se top Internasionale toernooie, waar hulle teen spanne uit

Nederland, Australië en Engeland gespeel het, behaal.

Atletiek

Die atlete van die Hoërskool Bellville het die afgelope paar seisoene besonder presteer.

Rocco van Rooyen het tydens die 2009 - 2010 seisoene sy naam diep in die Suid-Afrikaanse

Rekordboeke geskryf en ook die Suid-Afrikaanse Junior Atletiekspan tydens die

Wêreldkampioenskappe in Kanada 2010 verteenwoordig. In 2011 neem Ruan Maree

(gewigstoot, diskus) en Zani Kruger (1500m, 800m) aan die Junior Suid-Afrikaanse

kampioenskappe deel en verower beide 'n bronsmedalje.

Tennis

Ons het verskeie WP-spelers deur die jare opgelewer. Soret Nel, Madalé Bezuidenhout (2006 -

2009) en Carl Mangold (2008 - 2010) het die WP tydens inter-provinsiale toernooie

verteenwoordig. Ons eerste meisiespan het ook die afgelope vier jaar in die Premier-tennisliga

gespeel. Vier seuns- en vier meisiespanne speel in verskillende ligas. In die eerste kwartaal

speel daar ook 'n seuns- en 'n meisiespan in die O/15-liga. Ons het 'n professionele afrigter

wat ons spanspelers afrig. Die nie-spanspelers word deur ervare personeellede afgerig.

Gholf

Die Hoërskool Bellville het twee gholfspanne wat meeding in die Noordelike Sone van die

Westelike Provinsie. Gholf is 'n wintersport en wedstryde vind plaas op Maandae. Ons het al

puik gholfspelers opgelewer soos Ian Snyman wat tans 'n graad 11-leerder is. Hy is Durbanville

Gholfklub se Ope Kampioen, 'n O/19-speler in die WP en no.1 in Suid-Afrika. In 'n onlangse

Nasionale O/19-toernooi behaal hy die vyfde plek. In 2011 verteenwoordig hy Suid-Afrika as

O/16 speler in Italië. Uit 114 spelers behaal hy die agtiende plek.

Skaak

Die Hoërskool Bellville is baie trots op ons jaarlikse skaakuitslae. In

2011 het ons alle wedstryde gewen, asook die Interskole teen

DF Malan. Ons het verskeie WP-spelers deur die jare opgelewer.

Abrie van Schoor, Eben de Villiers en Marinus Compion het gedurende

2010 en 2011 as lede van die WP-Skole Skaakspan en die WP Junior

Skaakspan aan die SA-Kampioenskappe deelgeneem.

[21]

[22]

KULTURELE AKTIWITEITE, VERENIGINGS EN KLUBS

Oudleerders: Sterre in die musiek en vermaaklikheidswêreld

Jan Ellis (akteur), Hennie Joubert (voormalige hoof van Unisa Musiek - oorlede),

Henré Pretorius (akteur, TV-aanbieder en regisseur), Christine Wessels (RSG), Pierre van

Heerden (Musicals soos Cats, Chicago & Lion King - in SA en internasionaal), Hanno Janse

van Rensburg (Hennie van Halen van Aking), Dawid Venter (Wêreldbekende fluitis), Ilse

Minnie (Perkussie - tans VSA), Leanna Dreyer (Aktrise & skrywer vir Binnelanders),

Henry Mylne (regisseur, o.a. 7de Laan), Shirley Ellis (regisseur, o.a. Isidingo), Wicus Pretorius

(Adjunkredakteur: Huisgenoot), Melissa van der Spuy (musikant), Herman Pretorius

(MK-aanbieder - oorlede 2009), Ronel Foster (de Goede) (bekroonde digteres).

Drama

Dramakuns word nie net as akademiese vak aangebied nie, maar drama is ook 'n

buitemuurse aktiwiteit. Ons neem aan kompetisies en eisteddfods deel, maar ons voer ook 'n

groot verskeidenheid produksies op soos kinderteater en musiek-blyspele. Dit is nie net

akteurs wat betrokke is nie, maar ook regisseurs, dramaturge, beligting- en stelontwerpers en

grimeerkunstenaars.

Toneelspelkompetisie

Sedert 2002 bied die Hoërskool Bellville 'n nasionale toneelspelkompetisie vir

hoërskoolleerders aan. Die kompetisie is enig in sy soort in Suid-Afrika. Die wenners wen

kontantpryse, studiebeurse en rolle in verhoogproduksies en sepies.

Musiek

Die Hoërskool Bellville is trots daarop om 'n gevestigde tradisie te hê van 'n groot en aktiewe

musiekdepartement - een van die grootstes in die Wes-Kaap. Ons blaasorkes en koor,

waarop ons baie trots is, is van hoogstaande gehalte. Die sukses wat hulle jaarliks in ons

streek en nasionaal behaal, bewys hulle besondere toewyding. Ons streef daarna om liefde en

entoesiasme vir musiek te kweek, en deur die optimale benutting van talente en uitmuntendheid

na te streef.

Johann Vos Klavierkompetisie

Dit word jaarliks georganiseer en aangebied deur die musiekdepartement van die Hoërskool

Bellville om talentvolle hoërskoolleerders uit die hele Wes-Kaap geleentheid te gee om op 'n

hoë kompeterende vlak deel te neem.

Gemengde Koor 2012

Daar is 'n ryke koortradisie opgebou oor baie jare van suksesvolle deelname aan kompetisies

en eisteddfods. Die Koor bestaan vanaf 2011 onder die bekwame leiding van Hannelize du

Plessis. In 2011 het die Koor 'n A-simbool by Tygerberg Eisteddfod, 'n A+ by Stellenbosch

Eisteddfod en 'n Cum Laude by die Helderberg Eisteddfod behaal. Ander hoogtepunte is die

jaarlikse Hoërskool Bellville Koorfees in die Hugo Lambrechts Ouditorium, kerkoptredes en 'n

jaarlikse koorkamp.

Die Koor beywer hom vir die ontwikkeling van die stem, verhoogpersoonlikheid, selfvertroue

en die kweek van trots, lojaliteit en respek teenoor die skool en medemens.

Simfoniese Blaasorkes

Die orkes, wat reeds sy 20ste bestaansjaar gevier het, bestaan uit ongeveer 45 individueel

onderrigte lede en het al uitstekende prestasies plaaslik en oorsee behaal. In die afgelope

paar jaar het die orkes die Tygerberg Eisteddfod vele keer gewen en word gereeld genooi om

konserte in die Stellenbosch Konservatorium en Hugo Lambrechts Musieksentrum te gee. Die

gemeenskap word betrek deur buitespelers in sy midde te verwelkom en samewerking tussen

skool-, musieksentrum-, universiteits- en professionele orkeste te bewerkstellig. Die groot

hoogtepunte van elke jaar is die interskole- en galakonserte wat met gaskunstenaars en

massakore- en orkeste gepaard gaan. Daar word hard gewerk om 'n hoë speelstandaard te

handhaaf, maar ook 'n genotvolle musiekomgewing te skep.

Eisteddfods

Leerders word aangemoedig om verder te groei as kunstenaars deur aan verskillende

eisteddfods deel te neem.

Hands for a Bridge

"Hands for a Bridge provides high school youth with opportunities to explore issues

surrounding social justice in their local, regional and international communities."

In vennootskap met Isilimela Comprehensive School in Langa en Roosevelt High School in

Seattle, Amerika pak ons uitruilprogramme en dialoog aan wat ons leerders leer van hulle eie

samelewing, land en wêreld en wat hulle toerus om die leiers van môre te wees.

Skooltydskrif

Ons Skooltydskrif, Sapiens, verskyn 4 keer per jaar en word volledig bedryf deur ywerige

leerders (vanaf gr. 8 tot gr. 12). Sapiens is as derde beste Skooltydskrif aangewys in Media 24

se 2011 landswye kompetisie.

Redenaars en Debatte

Leerders neem deel aan die ATKV debats- en redenaarskompetisie, sowel as forumdebatte.

Public speaking and debating

Our orators participate in the The Young Communicators' Award and UN Debating Competition

where Bellville was placed 2nd in the Western Cape competition.

Landsdiens

Landsdiens fokus op natuurbewaring en volhoubaarheid en staan onder leiding van

gekwalifiseerde ouers. Gereelde uitstappies en kampe word onderneem.

Verhooggrimering

Daar is gratis opleiding vir belangstellendes. Vaardighede word aangewend tydens die skool

se toneelopvoerings.

Noodhulp

Opleiding word tot vlak 3 deur 'n geakkrediteerde opleidingsinstansie aangebied. Diens word

gelewer tydens sportbyeenkomste en noodsituasies tydens skoolure.

HOËRSKOOL BELLVILLE BIED OOK

Staptogte

Elke jaar word staptogte by Outeniqua, Boesmanskloof, Bolandroete of by die Cederberge

aangebied.

Oorsese toere

Jaarlikse toere word aangebied na die Ooste, Israel of Europa tydens die Maart/Junievakansie

en die Hands for a Bridge toer na Amerika in September.

Impulse

Leiers word jaarliks gekies en is verantwoordelik vir geestelike leiding binne die skool soos die

VCSV-week, kringe, aandgeleenthede, uitreike en skakeling met ander skole.

Bybelonderrig

Daar is 'n weeklikse periode op Woensdae wat deur jeugspanne / plaaslike predikante /

gospelorkeste behartig word.

[23]

[24]

River-Rafting

'n Jaarlikse 3-dag roei op die Oranjerivier.

Kampe

Verskillende geestelike kampe word aangebied soos bv. Tidal Avontuurkamp vir

graad 8's, Seniorkamp, Impulse-leierskap, "Worshipkamp" en Leerderleierkamp.

Matriekdag

Matrieks kry die geleentheid om as groep op 'n uitstappie te gaan. Tydens hierdie uitstappie

bou ons herinneringe en smee hegte vriendskappe.

Werkskadu

Gr. 10-leerders kry geleentheid om by 'n werksplek van hul keuse werksondervinding op te

doen en daaroor verslag te doen.

Prysuitdeling

By hierdie geleenthede word aan leerders erkenning gegee vir verdienstelikheid of prestasies

gelewer.

Mediasentrum

'n Volledig toegeruste mediasentrum met internet en naslaanbronne is tot die leerders se

beskikking.

Motorkompetisie

Sedert 1987 is al meer as 31 kompetisies gehou ter ondersteuning van die skoolfonds. Dit

help om die skoolfonds so laag moontlik te hou.

Bellville Sportdag

Tydens hierdie geleentheid word ± 20 laerskole en 30 hoërskole betrek by 'n onvergeetlike

naweek van netbal, rugby en hokkie.

Snoepie

'n Verskeidenheid heerlike en gesonde wegneemetes en ander eetgoed is beskikbaar voor

skool, pouses en op sportmiddae.

Fasiliteite

Sekerlik die mooiste skoolterrein en geboue in die Wes-Kaap!

• 10 netbalbane, 6 tennisbane, 3 krieketvelde, 3 hokkievelde en 4 rugbyvelde

• Gimnasium vir beoefening van binnenshuise sport en 'n "high performance" sentrum.

Sportsentrums

Volledige toegeruste sportsentrum (rugby en krieket) asook klubhuise vir hokkie en netbal.

Geesfees

Dit word aan die begin van elke jaar deur leerderleiers vir alle leerders aangebied om gees te

bou voor MTBS.

Glansgeleenthede

Jaarliks word 'n Valentynsbal, Seniorbal en Winterbal (Juniors) aangebied deur die

leerderleiers. Die matriekafskeid is 'n hoogtepunt op die kalender vir ons matrieks.

Leiersprojekte

Leierskapsontwikkeling, uitreike na ander gemeenskappe, Tygerbeerprojek, Paaseier-projek,

hospitaalbesoeke, skakeling tussen skole, leierbraai saam met die MTBS-skole, Valentynsrose

en insameling van klere en kos vir behoeftiges is van ons leiersprojekte.

Mnr en Mej Bellville

Die verkiesing van Mnr en Mej Bellville is 'n glansryke geleentheid. Die leerders wat hierdie

titels verower, beywer hulle vir welsynswerk en is ambassadeurs vir hulle skool.

MTBS

'n Skouspel van sang en atletiek. Hierdie byeenkoms is reeds 'n tradisie en elkeen van die

deelnemende skole (DF Malan, Tygerberg, Bellville en Stellenberg) streef daarna om die

gesogte sang- en atletiekbekers te verower. Die Hoërskool Bellville het die afgelope nege jaar

vier keer gewen.

UNISA Musiek

Jaarliks verskyn daar leerders van Hoërskool Bellville op die Ererol van Uitblinkers met

prestasies bo 90%.

Sluitkaste

Te huur teen 'n baie billike jaarlikse fooi.

Tegniese span:

Tegniese spanlede kry die kans om hul vaardighede te ontwikkel t.o.v. klank- en oudiovisuele

apparaat met die oog op 'n loopbaan in so 'n veld.

Die Hoërskool Bellville is trots op die prestasies van sy leerders en gee tydens jaarlikse

prysuitdelingsfunksies en afsluitingsfunksies erkenning aan leerders wat op verskeie vlakke

presteer.

Erekleure

Erekleure word toegeken aan leerders wat UITSTAANDE prestasies behaal het. Kriteria word

deur die skool vasgelê en word van tyd tot tyd hersien. Leerders wat erekleure ontvang, het

die reg om die erekleurewapen asook die koordomboorsel op hulle skoolbaadjies te laat

aanbring. Leerders betaal self hiervoor.

Balkies word toegeken aan leerders wat in skoolsportsoorte presteer en wat vir 3 kwartale van

die jaar op die top 20 akademiese lys verskyn. Balkies word onder die wapen op die baadjie

aangebring.

Erekleure word toegeken vir:

• Graad 12 WKOD - Top 3 presteerders

• Akademiese prestasies naamlik:

- 'n Leerder wat in Graad 10-12 die volgende gemiddeldes behaal:

• Graad 10 – 85% • Graad 11 – 80% • Graad 12 – 80%

- In Graad 11 en 12 word die gemiddelde van die November-eksamen van die vorige jaar,

asook die Junie- en September-eksamens bereken. 'n Leerder wat slegs in die

departementele eindeksamen 'n gemiddelde A verwerf het, kan erekleure in die

daaropvolgende jaar ontvang.

• Uitstaande prestasie in landswye olimpiades

• Sportsoorte wat deur die skool aangebied word (PROVINSIALE DEELNAME)

• Ander sportsoorte (leerders moet vir 'n SA-span INTERNASIONAAL DEELNEEM)

• Uitstaande prestasies op kultuurgebied (Blaasorkes, Debat/Redenaars, Drama, Koor,

Landsdiens, Musiek)

'n Erekleurekomitee besluit oor die toekennings volgens bepaalde riglyne. Die komitee

bestaan uit die Skoolhoof, 'n Adjunkhoof, Hoof-sportorganiseerder, sameroepers van die

verskillende sportsoorte en verenigings en personeellede wat op die komitee gekoöpteer word.

[25]

So werk ons skool

[26]

DISSIPLINÊRE STELSEL

Die gedragskode vloei uit die missiestelling voort en vorm die agtergrond waarteen die

reëls van die skool gesien en verstaan moet word. Dit dui aan wat elkeen mag doen,

sodat 'n veilige en geborge atmosfeer geskep word waar almal gelukkig kan wees en

waar onderrig en opvoeding ongestoord kan voortgaan.

ORDE IS ALLEEN MOONTLIK WAAR ALMAL BINNE DIE REËLS OPTREE.

Dissipline verwys na gehoorsaamheid aan gesag, wedersydse respek, ordelike gedrag

en dus ook na die vrywillige nakoming van reëls en regulasies.

Dissipline en reëls beskerm ook die kind teen onredelike optrede teenoor hom/haar

deur sy/haar eie maats, sy/haar ouers, die groep waarin hy/sy beweeg en die

personeel.

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS

REGTE VERANTWOORDELIKHEDE

'n Leerder het die reg om: Vir hierdie reg moet 'n leerder:

1. te studeer en klasse/ studiegeleenthede respekteer en nie ander

onderrigsituasies by te woon leerders steur of ontwrig nie; werkopdragte

uitvoer en huiswerk gereeld doen.

2. na geluister te word billike versoeke en menings beskaafd stel;

aandag gee as opdragte gegee word;

ook na ander luister;

stilbly as ander praat.

3. tyd optimaal te gebruik ander se tyd respekteer;

deeglik beplan en prioriteite stel;

saamwerk t.o.v. versoeke vanaf opvoeders;

die skool daagliks bywoon.

4. met respek behandel te word en se optrede en kleredrag respek verdien;

respek vir sy/haar eiendom te verwag ander mense en hul eiendom respekteer;

verantwoordelik optree;

skooldrag, skool- en nasionale simbole

respekteer;

gesag, tug- en dissiplinêre maatreëls

aanvaar;

ander rasse, kulture, godsdienste en geslag

respekteer.

5. veilig te wees vreemdelinge op die terrein en insidente

rapporteer;

nooit ander leerders dreig, aanraak of in

gevaar stel nie;

nooit opruiende gedrag aanhits nie.

6. in 'n skoon omgewing te werk elke dag skoon, geskeer en netjies wees;

nie eiendom en die omgewing beskadig of

bemors nie.

7. regverdig behandel te word se motiewe suiwer en eerlik wees;

objektief, redelik en beskaafd optree;

erken dat mense verskil en tekortkominge

het;

ander regverdig en met deernis behandel.

REGTE VERANTWOORDELIKHEDE

'n Leerder het die reg om: Vir hierdie reg moet 'n leerder:

8. sy/haar kant van 'n saak te stel ander 'n billike geleentheid gee om hulle mening te lug;

altyd die waarheid praat;

dit op 'n ordelike manier doen

9. deel te neem aan die skool se 'n bepaalde seisoen/termyn van deelname

bedrywighede voltooi;

oefeninge getrou bywoon;

samewerking aan die afrigters gee;

spankeuses, groep- en klasindelings aanvaar en

respekteer;

sportmangees openbaar;

goeie gedrag by byeenkomste openbaar;

die skool se sportkode aanvaar en uitleef

10.gelukkig te wees Positiewe en lojale beeld teenoor die skool uitdra en 'n

gelukkige atmosfeer skep

11.erkenning vir prestasies te geniet prestasies skriftelik aan die skoolhoof

bekendmaak;

ander gelukwens wanneer hulle presteer

STRAFSTELSEL

Ons gebruik 'n puntestelsel waarvolgens 'n leerder negatiewe punte ontvang vir oortredings

wat begaan word. Die graad van die oortreding bepaal die aantal punte wat toegeken word.

VOOGDESTELSEL

Twee graadvoogde, 'n man en 'n dame, word by elke graadgroep aangestel. Dié twee

persone tree soos hoofde in elke graadgroep op.

Die graadvoogde is verantwoordelik vir skakeling met leerders / ouers / voogde oor:

• akademie

• dissipline

• ander toepaslike sake

SKOOLBYWONING

'n Leerder is skoolpligtig tot aan die einde van die jaar waarin hy / sy die ouderdom van 15 jaar

bereik of graad 9 voltooi het.

Dit is beslis in die beste belang van elke leerder om gereeld skool by te woon. Indien 'n

leerder afwesig is, moet die skool voor 10:00 per telefoon, brief, e-pos of faks in kennis gestel

word.

Indien 'n leerder afwesig is op 'n toets- of eksamendag, moet 'n mediese sertifikaat getoon

word voordat 'n alternatiewe datum bepaal sal word.

SKOOLTYE

7:30 Die skool word oopgesluit aan die sluitkaste se area. Die doel hiervan is om alle

leerders die geleentheid te gee om hulle boeke / sportsakke vroegtydig uit te sorteer.

7:40 Die eerste klok sal lui, wat vir leerders 'n aanduiding is om na die registerklasse /

vierkant te beweeg.

7:45 Die tweede klok is 'n aanduiding dat alle leerders in die vierkant aangetree of reeds

in hulle registerklasse moet wees. Indien nie, sal 'n leerder "as laat" deur

leerderleiers / personeel aangeteken word.

14:15 Einde van skooldag

[27]

[28]

GRAAD 8-ORIËNTERING

Gedurende die eerste dae van die skooljaar word al die graad 8-leerders onttrek vir

oriëntering. By dié geleentheid word leiding ten opsigte van die akademiese, sport- en

kulturele bedrywighede van die skool en ook ander aspekte van die skoollewe gegee.

Ons vind dat ons nuwelinge hierna hul plek in die Hoërskool Bellville vol kan staan.

OUERBETROKKENHEID

Ouers kan op verskillende maniere positief betrokke raak by die skool, o.a. deur hulp met

projekte en die opvoeding van hul kind. Die Beheerliggaam, OOV en Sport

Ondersteunersklub (Leeu-klub) bied van die geleenthede vir betrokkenheid. Navrae oor

die OOV en Ondersteunersklub kan aan die skool gerig word.

VOORGESKREWE KLEREDRAG

SOMERSDRAG Seuns

Wit kortmouhemp. Indien baadjie gedra word moet die kraag oor die baadjie gevou wees.

Vlootblou skoolbaadjie met skoolwapen is verpligtend tydens saalbyeenkomste. Grys

broek (kort of lank) en swart lyfband met klein gespe. Vlootbloutrui met v-nek, met

ingebreide skoolkleure moet saam met die baadjie gedra word. Moulose oortrektrui mag

egter sonder baadjie gedra word in die somer. Swart poleerbare toerygskoene (nie

sweedseleerskoene, sportskoene, skerppuntskoene, velskoene, hoëhakskoene of stewels

nie) met grys skoolkouse.

SOMERSDRAG Meisies

Donkerblou rok sonder gordel met wit kortmouhemp. Vlootblou skoolbaadjie met

skoolwapen is verpligtend tydens saalbyeenkomste. Vlootbloutrui met v-nek, met

ingebreide skoolkleure moet saam met baadjie gedra word. Moulose oortrektrui mag egter

sonder baadjie gedra word in die somer. Swartleer plathak, oprygskoene of skoene met

een bandjie is verpligtend. Kort wit sokkies.

WINTERSDRAG Seuns

Vlootblou skoolbaadjie met skoolwapen te alle tye is verpligtend. Wit hemp waarvan die

boonste knoop vas is met skooldas as verpligtend. Grys broek (kort of lank) en swart

lyfband met klein gespe. Vlootbloutrui met v-nek, met ingebreide skoolkleure of oortrektrui

met ingebreide skoolkleure moet saam met baadjie gedra word. Donkerblou geweefde

serp met ingebreide skoolkleure kan gedra word. Geen handskoene. Swart poleerbare

toerygskoene (nie sweedseleerskoene, sportskoene, skerppuntskoene, velskoene, hoë-

hakskoene of stewels nie) met grys skoolkouse.

WINTERSDRAG Meisies

Vlootblou skoolbaadjie met skoolwapen te alle tye verpligtend. Donkerblou rok sonder

gordel, wit langmouhemp waarvan die boonste knoop vasgemaak is met skooldas is

verpligtend. Vlootbloutrui met v-nek, met ingebreide skoolkleure of oortrektrui met

ingebreide skoolkleure moet saam met baadjie gedra word. Donkerblou geweefde serp

met ingebreide skoolkleure kan gedra word. Geen handskoene. Swartleer plathak, opryg-

of skoene met een bandjie is verpligtend. Lang swart kouse.

LEWERANSIERS

Die skoolklere wat aan die voorgeskrewe vereistes beantwoord, is by die volgende

sakeondernemings verkrygbaar:

De Jagers Uitrusters (regoor Tygervallei Sentrum langs Chris Willemse Fietse)

(021 914 7816)

Sportsmans Warehouse (regoor Tygervallei Sentrum) (021 914 1801)

Skoolsweetpakke is beskikbaar by die klerebank (Donderdae 2de pouse)

Skoolreënbaadjies en netbal-, hokkie- en krieketklere kan by die skool gekoop word by die

sportorganiseerder (021 948 1801).

Skoolreënbaadjies kan buite die skool bo-oor die skoolbaadjie gedra word. Skoolreënbaadjies

vervang nie die skoolbaadjies nie.

KLEREBANK

Die skool beskik oor 'n klerebank. Besonderhede is by die sekretaresse (021 948 1801)

beskikbaar. Goeie tweedehandse skoolklere is hier verkrygbaar. Die klerebank is gewoonlik

oop op Donderdae, 2de pouse (12:18 - 12:41). Mev Susan Hogg (021 948 5648) bedryf die

klerebank.

HAND- EN SKRYFBOEKE

Benewens sekere handboeke wat deur die WKOD aan leerders verskaf word, is die verkryging

van handboeke en skryfbehoeftes die verantwoordelikheid van die ouer. Die skool probeer die

ouer op die volgende maniere bystaan:

• Volledige lyste met handboeke en skryfbehoeftes wat voorgeskryf is, word aan die

einde van die vorige jaar aan ouers verskaf.

• Tye waarop die skool tweedehandse handboeke inkoop en nuwe en tweedehandse

handboeke verkoop, word ook deurgegee.

[29]

ONDER-VOORSITTER

[30]

(Raad van Leerders)

Bestuur die

Omgeekomitee en

Leerderaksiekomitee

Elke komitee verkies

2 Voorsitters

8 Leerderleiers

wat by die

komitee ingedeel is

Leerderleiers

VOORSITTER

(Raad van Leerders)

ONDER-VOORSITTER

(Raad van Leerders)

Bestuur die

Geeskomitee,

Sosiale Komitee en

Matriekkomitee

Elke komitee verkies

2 Voorsitters

8 Leerderleiers

wat by die

komitee ingedeel is

Seksieleiers Seksieleiers

SEKRETARIS

(Raad van Leerders)

• Leerderleiers word demokraties verkies deur die leerders van die betrokke graad.

• Daar word 3 graadleiers in elke graad verkies. Dit vorm Die Raad van Leerders.

• Die Seniorraad bestaan uit 8 Graad 11-leerders en 20 Graad 12-leerders.

• Leerderleiers ontvang opleiding in November tydens 'n Leerderleierskamp.

ONDERRIGGELD

Kragtens die huidige onderwysreëlings van die staat word ouers van skole verplig om

onderriggeld aan die skool te betaal. Die betaling van hierdie geld word deur

wetgewing verplig. Geld van die ouers ontvang, word aangewend vir die skep en

onderhou van 'n onderwysinfrastruktuur wat tot die voordeel van alle betrokke leerders

sal wees. Dit dek alle uitgawes, behalwe die salarisse van die personeel wat deur die

WKOD betaal word.

Die beheerliggaam beveel sterk aan dat ouers die debietorderstelsel as betaalwyse

aanvaar, aangesien dit administratief die eenvoudigste stelsel is. Die nodige vorms is

by die skool beskikbaar.

Behoeftige ouers kan aansoek om kwytskelding doen. Volle besonderhede en die

nodige aansoekvorms is by die skool beskikbaar.

Ouers wat probleme met betaling het, moet die debiteure-klerk en nie die skoolhoof

kontak nie.

Benewens die verpligte ouerbydraes, word van tyd tot tyd fondsinsamelingsprojekte

van stapel gestuur. Die doel van die fondse word gewoonlik baie duidelik deur die

organiseerders uitgespel.

Dit is die plig van ouers om die betaling van hulle kinders se skoolgeld as prioriteit te

beskou.

MERIETEBEURSE

ALGEMEEN : BEURSE EN AFSLAG

1. Die aantal beurse wat elke jaar toegeken word, sal afhanklik wees van die

beskikbaarheid van fondse.

2. Die besluit van die Beheerliggaam is finaal en geen besware sal aangehoor word

nie.

3. Aansoekvorms moet die skool bereik teen die keerdatum soos jaarliks bepaal.

Aansoekers sal per pos in kennis gestel word of hulle aansoek suksesvol was of

nie.

GR. 8 (2013)

1. Beurse

1.1 Die beurse word verhaal as 'n volle vrystelling van skoolgeld en geld

aanvanklik vir een jaar. Geen ander vorm van finansiële vergoeding is

ter sprake nie.

1.2 Die beurse word vir die eerste keer toegeken vir prestasies wat tydens die

graad 7-jaar behaal word.

1.3 Die voortsetting van die beurs is onderhewig aan die finansies beskikbaar en

die voldoening aan die kriteria gestel.

1.4 Die beheerliggaam mag op 'n ad hoc-basis merietebeurse toeken aan

gevalle wat nie by dié bestaande riglyne pas nie.

1.5 Nie almal wat kwalifiseer, sal beurse ontvang nie, aangesien slegs 'n

beperkte aantal beurse beskikbaar sal wees.

2. Kriteria

2.1 Beursbeleid

2.1.1 Die Finansiële Komitee van die Beheerliggaam bepaal jaarliks 'n

bedrag wat vir beurse beskikbaar is.

2.1.2 'n Beurskomitee, bestaande uit lede van die Beheerliggaam se

Finansies [31]

[32]

Finansiële Komitee en onderwysers, sal die aansoeke verwerk om te

bepaal wie vir beurse kwalifiseer.

2.1.3 Slegs die prestasies van die betrokke jaar sal in aanmerking kom (met die

uitsondering van nuwe seniorleiers).

2.1.4 Die besluit van die Beheerliggaam is finaal en geen besware sal

aangehoor word nie.

2.1.5 Aansoekvorms moet die skool teen die keerdatum, soos jaarliks bepaal,

bereik.

2.1.6 Aansoekers sal per pos / e-pos in kennis gestel word of hulle aansoek

suksesvol was of nie.

2.2 Graad 8 (2013)

2.2.1 Laerskoolleerders doen saam met hul Graad 8-inskrywings aansoek vir

beurse.

2.2.2 Skriftelike, gesertifiseerde bewyse van alle prestasies moet gelewer word,

asook 'n kort getuigskrif oor die betrokke leerder se gedrag, onderteken

deur die skoolhoof.

2.2.3 Leerders se prestasie in akademie, sport en leierskap sal in aanmerking

geneem word.

2.2.4 Leerders se prestasies sal gemeet word op 'n vasgestelde tabel (sien

aangeheg). 'n Minimum van 4 punte moet behaal word om vir 'n beurs in

aanmerking te kom.

2.2.5 Om vir leierskap, sport- en kulturele beurse te kwalifiseer, moet die

aansoeker 'n minimum van 50%-gemiddeld in akademie behaal.

2.2.6 Beurse is slegs vir die vrystelling van skoolfonds. Klere en boekgelde bly

steeds die verantwoordelikheid van die aansoeker.

GRAAD 9 - 12 (Afslag op skoolfonds)

1. Leerders wat nie gekwalifiseer het vir vol beurse nie, kan in berekening kom vir afslag

op grond van hulle prestasies by die Hoërskool Bellville.

2. Leerders kom doen jaarliks aansoek vir afslag op die gegewe aansoekvorm. Hierdie

aansoekvorms sal beskikbaar wees in die vierde kwartaal.

3. Leerders se prestasies in akademie, kultuur, sport en leierskap sal in ag geneem

word. Veelsydigheid sal ook in aanmerking geneem word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!