01.05.2013 Views

Aflaai - Remgro

Aflaai - Remgro

Aflaai - Remgro

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

80 BESTUURSRAAMWERK

81 DIREKSIE

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

Korporatiewe bestuursverslag

86 RISIKOBESTUUR EN INTERNE BEHEER

86 EKSTERNE OUDIT

86 BELEGGERSVERHOUDINGE EN AANDEELHOUERSKOMMUNIKASIE

86 BESIGHEIDSREDDINGSTAPPE

REMGRO BEPERK | 79 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

BESTUURSRAAMWERK

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

Remgro Beperk (Remgro) is verbind tot die hoogste

vlak van korporatiewe bestuur, integriteit en etiek. Die

raad van direkteure (die direksie) is in die finale instansie

daarvoor verantwoordelik dat bestuurstandaarde

gehandhaaf word en word hierin ondersteun deur senior

bestuur, wat daarna streef om ’n kultuur van nakoming

en goeie bestuur in die Remgro groep te vestig. Dit

word ondersteun deur gesonde en sigbare leierskap,

wat gekenmerk word deur die etiese waardes van

verantwoordelikheid, aanspreeklikheid, billikheid en

deursigtigheid. Goeie korporatiewe bestuurstrukture

en -prosesse bestaan en word deur die direksie as

deurslaggewend beskou om volhoubare groei in belang

van alle belanghebbendes te lewer.

Die direksie is ’n voorstander van goeie korporatiewe

bestuur by al die ondernemings waarin Remgro

belê en die maatskappy gebruik sy beduidende

invloed om te verseker dat alle genoteerde filiale en

geassosieerde maatskappye die beginsels vervat in die

King-verslag oor Bestuur in Suid-Afrika 2009 (King III)

onderskryf. Doeltreffende bestuur vorm deel van

Remgro se beleggings beoordelingsmaatstawwe en

word verder op ’n deurlopende grondslag gemonitor

deur nie-uitvoerende direksieverteenwoordiging by

maatskappye waarin belê is.

Remgro is ’n beleggingshouermaatskappy en daarom

beteken enige verwysing na “die groep“ in hierdie

konteks die maatskappy en sy volfiliale. Remgro se twee

bedryfsvolfiliale, Tsb Sugar Holdings (Edms) Beperk

(Tsb Sugar) en Wispeco Holdings Beperk (Wispeco),

word bedryf en bestuur as onafhanklike entiteite, met

outonome direksies. In die tydperk onder oorsig

het Tsb Sugar die vereiste protokol in plek geplaas

om te verseker dat die nuwe bestuurstandaarde

wat deur King III vereis word, op ’n doeltreffende

wyse aanvaar en geïmplementeer word. Die

belangrikste gebiede wat aandag geniet het, het

verband gehou met die hersiening van bestaande

mandate, beleide en prosedures ten opsigte van

sleutelbestuursmaatstawwe, met insluiting van,

maar nie beperk nie tot direksie- en subkomiteehandveste

en -mandate, sowel as beleid met betrekking

tot belanghebbendes, IT-bestuur en wetlike nakoming.

In die geval van Wispeco voldoen die samestelling

van die direksie nie aan die onafhanklikheidsvereistes

van King III nie as gevolg van die grootte van die

besigheid. Deur die aanvaarding en implementering van

Remgro se beleide, prosesse en prosedures, verseker

laasgenoemde se verteenwoordigers in die direksie

van Wispeco egter dat gesonde korporatiewe bestuur-

en volhoubaarheidspraktyke deur die maatskappy

gevolg word.

Remgro se ander volfiliale, met uitsluiting van Tsb

Sugar en Wispeco waarna hierbo verwys is, is nie

bedryfsmaatskappye nie en word deur Remgro

Bestuursdienste Beperk (RBD) geadministreer.

Die lede van Remgro se Bestuursraad is ook die

direkteure van RBD. RBD verskaf bestuurs- en

ondersteunende dienste aan Remgro en sommige

van sy filiale en geassosieerdes en verhaal sy

kostes gedeeltelik deur fooie wat vir hierdie

dienste gehef word. Die netto koste van

RBD vorm deel van die korporatiewe koste

van Remgro.

King III het op 1 Maart 2010 in werking getree en die

direksie is tevrede dat Remgro die beginsels daarvan

in die tydperk onder oorsig nagekom het. Waar nie aan

’n beginsel van King III voldoen is soos gespesifiseer

nie, word dit, waar toepaslik, verduidelik. Vir maklike

verwysing word ’n opsomming van al die King IIIbeginsels

wat nie toegepas is, hieronder gegee.

> Die voorsitter van die direksie, Mnr Johann Rupert,

is nie ’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur nie,

maar gegewe sy kennis van die besigheid en sy

sake-ondervinding ag die direksie hierdie reëling nie

net as wenslik nie, maar ook as noodsaaklik om die

sakedoelwitte van Remgro te bereik.

> Die voorsitter van die direksie tree as ex officiovoorsitter

van die vergoedings-en-nominasiekomitee

op. Hoewel hy nie onafhanklik is nie, ondersteun

die direksie sy voorsitterskap van die vergoedingsen-nominasiekomitee

vanweë die noodsaaklikheid

om die maatskappy se vergoedingsbenadering in

ooreenstemming met die korporatiewe strategie

te bring.

> Die direksie en subkomitees doen jaarliks ’n eie

evaluering, maar het besluit om nie ’n oorsig van die

evalueringsproses, resultate en aksieplanne in die

geïntegreerde verslag bekend te maak nie vanweë

die potensiële sensitiewe aard daarvan.

> Ingevolge die evalueringsproses word direkteure

nie individueel as deel van die jaarlikse evaluering

beoordeel nie. Onafhanklike nie-uitvoerende direkteure

word egter individueel beoordeel ten opsigte

van hul onafhanklikheid, en veral die onafhanklikheid

van direkteure wat reeds meer as nege jaar in die

direksie dien.

> Volgens King III moet die geïntegreerde verslag

die mandate van direksiekomitees openbaar. Die

geïntegreerde verslag bevat egter net ’n opsomming

van die mandate. Volledige besonderhede is op die

maatskappy se webblad beskikbaar.

> Die direksie glo nie daaraan dat direkteure,

bykomend tot ’n basisfooi, bywoningsfooie moet

verdien nie. Baie van die direkteure voeg aansienlike

waarde tot die groep toe buite formele direksie- en

REMGRO BEPERK | 80 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

komiteevergaderings, soms selfs meer as wat hulle

binne formele vergaderings sou kon doen.

> Die direksie is nie voornemens om aandeelhouers

vir nie-bindende goedkeuring van Remgro se

vergoedings beleid te vra nie. Die beredenering

en grondslag vir die groep se uitvoerende

vergoedingsbeleid word deeglik deur die

vergoeding-en-nominasiekomitee oorweeg en in die

jaarverslag gedokumenteer.

> Die King III-verslag vereis dat die salarisse van die drie

hoogs besoldigde werknemers wat nie uitvoerende

direkteure is nie, geopenbaar word. Die inligting

van mnr Neville Williams, ’n lid van die bestuursraad

en ook Remgro se enigste voorgeskrewe beampte

ingevolge die Maatskappywet (Nr. 71 van 2008)

(nuwe Maatskappywet), word afsonderlik openbaar.

Vanweë hulle gespesialiseerde kundigheid, die

mededingende aard van die Suid-Afrikaanse sakeomgewing

en hulle waarde vir Remgro, verkies die

direksie om nie hierdie inligting vir elk van die twee

oorblywende individue te openbaar nie, maar eerder

om die gesamentlike salaris van die twee werknemers

te openbaar.

> Die direksie is nie van voorneme om ’n amptelike

geskilbeslegtingsproses in te stel nie, omdat dit

van mening is dat die bestaande prosesse in die

groep suksesvol funksioneer en nie ’n meer formele

en aparte meganisme benodig nie. Die nuwe

Maatskappywet bied genoegsame regsmiddele aan

aandeelhouers.

> Die King III-verslag vereis dat die maatskappy

se volhoubare ontwikkelingsverslag deur ’n

onafhanklike, eksterne spesialis geouditeer word.

Remgro se volhoubare ontwikkelingsverslag is nie

geouditeer nie, maar verifiëring is verkry van die

kernvol houbaarheidsaanwysers deur ooreengekome

prosedures wat deur interne oudit en onafhanklike

diensverskaffers uitgevoer is.

Gedurende die tydperk onder oorsig het ’n reeks

bestuursverwante regulatoriese ontwikkelings in

werking getree, waarvan King III en die nuwe

Maatskappywet die belangrikste was. Verskeie

werkwinkels en opleiding-sessies oor King III en

die nuwe Maatskappywet is die afgelope twee

jaar binne Remgro gehou om te verseker dat sy

direkteure en bestuur toegerus is om gesonde

korporatiewe bestuurspraktyke te implementeer en

toe te pas.

Remgro meet die doeltreffendheid van sy bestuurs -

prosesse aan die JSE se Maatskaplike Verant woorde likheid

beleggingsindeks (SRI), waaraan die maatskappy

sedert die loodsing daarvan in Mei 2004 suksesvol

deelneem. Die bestuurspraktyke van Rainbow Chicken

Beperk, as Remgro se grootste en enigste genoteerde

filiaal, word hierby geïnkorporeer.

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

Geïntegreerde verslagdoening ingevolge King III

vereis jaarlikse rapportering oor finansiële, sowel as

volhoubaarheids- en maatskaplike vertoning. Die veranderinge

aan die jaarverslag as gevolg van die toepassing

van King III het grootliks te doen met die

aanbied van inligting in ’n meer relevante formaat

en as sodanig is aparte verslae vir risikobestuur en

vergoeding ingesluit. Die aspekte wat in hierdie verslae

behandel word, het vroeër in ’n mindere mate deel

van die korporatiewe bestuursverslag gevorm. Buiten

die veranderinge aan die jaarverslag, het baie van die

uitwerking van King III te doen met die samestelling van

die direksie en subkomitees, asook die funksionering

van hierdie liggame, soos in meer besonderhede

hieronder beskryf.

DIREKSIE

Direksiehandves en -verantwoordelikhede

Die direksie het ’n formele handves aanvaar en

geïmplementeer om:

> die verantwoordelikhede, funksies en samestelling

van die direksie te identifiseer, te omskryf en aan te

teken, en

> as verwysing vir nuwe direkteure te dien.

Die handves is gedurende die tydperk op datum

gebring om die beginsels en aanbevelings van King III in

te sluit, sowel as enige veranderinge wat deur die nuwe

Maatskappywet vereis word. Alle direkteure van Remgro

onderskryf die handves, waarvan ’n kopie op Remgro se

webblad by www.remgro.com beskikbaar is.

Sleutelverantwoordelikhede ingevolge die handves sluit

die volgende in:

> verseker dat die direksie se samestelling voorsiening

maak vir die nodige vaardighede en ervaring;

> aanstelling van nuwe direkteure;

> die jaarlikse aanstelling en evaluering van die

hoofuitvoerende beampte, die hoof finansiële

beampte en die hoof beleggingsbeampte;

> die aanspreek van alle aspekte wat van strategiese of

wesentlike aard is of wat die aansien van Remgro kan

benadeel;

> gee rigting aan die etiese standaarde, strategie

en werksaamhede van die groep om ’n volhoubare

besigheid te bou, met inagneming van die kort- en

langtermynimpak van die groep se strategie op die

ekonomie, gemeenskap en die omgewing;

> monitor nakoming van wette, regulasies en kodes van

beste sakepraktyke;

> verseker dat relevante en akkurate inligting betyds

aan belanghebbendes gekommunikeer word;

> in die finale instansie verantwoordelik vir die

strategiese rigting, risiko-aptyt, prestasie en sake

van Remgro;

REMGRO BEPERK | 81 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

goedkeuring van nuwe beleggings of die uitbreiding

van bestaande beleggings van meer as R500 miljoen,

sowel as die vervreemding van bestaande beleggings

vir bedrae meer as R500 miljoen;

> monitor die bedryfs- en beleggingsprestasie van

Remgro;

> bemagtiging van uitvoerende bestuur om bedryfs-

en beleggingsplanne en -strategieë te implementeer

volgens gedelegeerde mandate;

> risikobestuur en IT-bestuur;

> verseker dat volhoubaarheidsrapportering by

finansiële rapportering geïntegreer is;

> die bevordering van goeie bestuur by filiale,

insluitende die implementering van Remgro se

beleide, prosesse en prosedures by filiale;

> verseker dat die vergoeding van direkteure en senior

bestuur volgens die vergoedingsbeleid geskied;

> oorweeg, minstens twee keer per jaar, die

lopendesaak-status van Remgro.

Die direksie is tevrede dat hulle gedurende die afge -

lope finansiële tydperk hulle verpligtinge en verantwoordelikhede,

soos in die handves beskryf, behoorlik

nagekom het.

Remgro het ’n ten volle funksionele direksie wat die

groep lei en beheer. Alle kwessies van ’n wesentlike of

strategiese aard of wat ’n uitwerking op die reputasie van

die groep kan hê, word na die direksie verwys. Ander sake

word deur die bestuursraad en/of beleggingskomitee of

deur senior bestuur hanteer, soos toegelaat ingevolge

’n formele delegering van gesag. Die direksie vergader

minstens vyf keer per jaar en volg ’n jaarlikse werkplan

om te verseker dat alle relevante sake aandag geniet.

Lede van die direksie en subkomitees ontvang ’n

agenda, saam met ondersteunende stukke, minstens

’n week voor elke vergadering ten einde hulle behoorlik

voor te berei. Alle direkteure het onbeperkte toegang

tot die dienste van die maatskappysekretaris en senior

bestuur, sowel as tot maatskappyrekords.

Samestelling van die direksie

Besonderhede van die direkteure van die maatskappy

verskyn op bladsy 19 tot 21 van die geïntegreerde

jaarverslag.

Die samestelling van die direksie weerspieël ’n ewewig

van uitvoerende en nie-uitvoerende direkteure, van

wie die meeste onafhanklik is. Die direksie bestaan

tans uit ses uitvoerende en twaalf nie-uitvoerende

direkteure, van wie agt onafhanklik is. Nie-uitvoerende

direkteure word in die direksie verkies op grond van

hul wyere kennis en ervaring en van hulle word verwag

om effektief tot besluitneming en die formulering van

beleid by te dra. Die onafhanklikheid van onafhanklike

nie-uitvoerende direkteure word jaarliks hersien en die

onafhanklikheid van nie-uitvoerende direkteure wat vir

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

meer as nege jaar in die direksie gedien het, word aan

’n strawwe oorsig onderwerp.

Uitvoerende direkteure dra hul insig tot die dag-tot-dagbedrywighede

by, waardeur die direksie in staat gestel

word om doelwitte te identifiseer, rigting te verskaf

en die uitvoerbaarheid en volhoubaarheid van voorgestelde

strategieë te bepaal. Hierdie direkteure is oor

die algemeen verantwoordelik vir die implementering

van alle bedryfsbesluite.

Die direksie sal nie uit minder as vier of meer as

negentien direkteure bestaan nie, of enige ander getal,

soos van tyd tot tyd deur die direksie bepaal mag word.

Die direksie is tevrede dat sy huidige lede gesamentlik

oor die nodige vaardighede en ondervinding beskik

om sy verantwoordelikhede na te kom, die groep se

doelwitte te bereik en waarde vir aandeelhouers oor

die lang termyn te skep. Volgens die statute van die

maatskappy moet ’n derde van die direkteure jaarliks

op ’n rotasiegrondslag aftree. Hulle mag hulself egter vir

’n verdere termyn herkiesbaar stel.

Die rolle en verant woorde likhede van die voorsitter

van die direksie en die hoofuitvoerende beampte

word geskei. Die voorsitter, die ondervoorsitter, die

hoofuitvoerende beampte, die hoof finansiële beampte

en die hoof beleggingsbeampte word almal op ’n

jaarlikse grondslag verkies en/of aangestel.

Soos voorheen genoem, is die voorsitter van die

direksie nie ’n onafhanklike direkteur nie. Die direksie

neem kennis van die beginsel in die King-verslae dat

’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur as voorsitter

aangestel word. Gegewe die verantwoordelikheid van

die direksie om op prestasie te fokus en rigting aan die

kommersiële en ekonomiese voorspoed van Remgro te

gee, word die huidige reëling nie alleen as toepaslik nie,

maar as noodsaaklik beskou. In nakoming van King III

en die JSE se noteringsvereistes het die direksie op sy

vergadering van 25 November 2010 mnr G T Ferreira

as hoof onafhanklike direkteur aangestel. Sonder om

afbreuk te doen aan die gesag van die voorsitter, is

die hooffunksie van die hoof onafhanklike direkteur

onder andere om leierskap en advies aan die direksie

te verskaf wanneer die voorsitter ’n botsing van belange

het. Die hoof onafhanklike direkteur word op ’n jaarlikse

grondslag deur die direksie aangestel.

Die hoofuitvoerende beampte, mnr Thys Visser, is

verantwoordelik vir die dag-tot-dag bestuur van die

maatskappy en hy word in hierdie opsig bygestaan

deur mnre Leon Crouse (hoof finansiële beampte) en

Jannie Durand (hoof beleggingsbeampte). Tussen

die drie van hulle het hul 71 jare diens by Remgro en

Remgro-verwante besighede.

REMGRO BEPERK | 82 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

Evaluering van die direksie, subkomitees en

individuele direkteure

Die direksie en subkomitees word jaarliks deur hul lede

geëvalueer. Die uitslag van hierdie evaluerings word nie

in die geïntegreerde jaarverslag bekend gemaak nie,

maar die benoeming van direkteure vir heraanstelling

word nie gedoen alvorens die vertoning van die direksie

geëvalueer is nie. Die direksie bepaal sy funksies,

verpligtinge en prestasiemaatstawwe, asook dié van

subkomitees, om as norm vir prestasiebeoordelings

te dien.

Die direksie is tevrede met die onafhanklikheid van

onafhanklike nie-uitvoerende direkteure, insluitende dié

van mnre Fred Robertson en Paul Harris, wat reeds vir

tien jaar in die direksie dien. Gegrond op die evaluering

is daar geen bewys van enige omstandighede en/of

verwantskap wat hul oordeel in gedrang bring nie. Hul

onafhanklikheid word ook op geen wyse deur die lengte

van hul diens beïnvloed nie.

Induksie van nuwe direkteure

Pas aangestelde direkteure word amptelik deur die

maatskappysekretaris van hul fidusiêre pligte in kennis

gestel. By hul aanstelling ontvang die direkteure

intreestukke, bestaande uit onder andere agendas

en notules van die twee mees onlangse direksie- en

subkomiteevergaderings (indien van toepassing),

die jongste finansiële jaar- en geïntegreerde verslag,

die maatskappy se gedragskode ten opsigte van binneinligtingtransaksies,

die groepstruktuur, direksiehandves

en subkomitee-mandate, ens. om hulle in

te lig oor bestaande kwessies en risiko’s wat aandag

geniet en ook om aan hulle ’n algemene begrip van

die groep te gee. Nuwe direkteure word ook genooi

om oriënteringsvergaderings saam met uitvoerende

direkteure en senior bestuur by te woon. Hierbenewens

ontvang nuwe direkteure ook inligting oor die JSE se

noteringsvereistes en die verpligtinge van direkteure

daarin vervat.

Lede van die direksie, subkomitees en individuele

direkteure is geregtig daarop om onafhanklike

professionele advies oor die sake van die groep te

bekom op koste van die maatskappy, met vooraf

kennisgewing aan die hoofuitvoerende beampte of

maatskappysekretaris.

Maatskappysekretaris se rol en

verantwoordelikhede

Alle direkteure het onbeperkte toegang tot die dienste

van die maatskappysekretaris, mev Mariza Lubbe, wat

aan die direksie verantwoordelik is om te verseker dat

behoorlike korporatiewe bestuursbeginsels nagekom

en dat direksie-oriëntering en -opleiding wanneer

nodig, verskaf word.

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

Die maatskappysekretaris is verder verantwoordelik vir

die behoorlike administrasie van verrigtinge en sake

wat verband hou met die direksie, die maatskappy en

die aandeelhouers van Remgro in ooreenstemming met

toepaslike wetgewing en prosedures.

Die maatskappysekretaris is nie ’n direkteur van Remgro

nie en het ’n armlengteverhouding met die direksie en

direkteure.

Direksiekomitees

Die direksie het subkomitees saamgestel om hulle met

die nakoming van pligte en verantwoordelikhede by

te staan. Elke komitee het sy eie mandaat wat die magte

en pligte daarvan beskryf. Kopieë van hierdie mandate,

wat op ’n jaarlikse grondslag hersien word, is op Remgro

se webblad by www.remgro.com beskikbaar.

Die notules van komiteevergaderings word in die

agendas van daaropvolgende direksievergaderings

ingesluit en sake wat die direksie se aandag of ’n

direksiebesluit verg, word uitgelig en as aparte agendapunte

opgeneem. Ondanks die delegering van funksies

na direksiekomitees, bly die direksie uiteindelik

verantwoordelik vir die behoorlike uitvoering van

hierdie funksies, met uitsondering van die funksies

van die oudit-en-risikokomitee wat verband hou met

die aanstelling, fooie en aanstellingsvoorwaardes van

die eksterne ouditeur.

Vergoedings-en-nominasiekomitee

Die komitee bestaan uit vier nie-uitvoerende direkteure,

waarvan drie onafhanklik is. Die maatskappyvoorsitter,

mnr Johann Rupert, is ook die voorsitter van hierdie

komitee, terwyl die hoof van die menslike hulpbronneafdeling

as sekretaris optree. Die hoofuitvoerende

beampte woon alle vergaderings op uitnodiging by. Die

komitee se mandaat is gedurende die tydperk gewysig

om die aanbevelings van King III te inkorporeer.

Vergaderings van die komitee word periodiek gehou

(maar minstens een keer per jaar) om die direksie te

adviseer oor sake soos die vergoedingsbeginsels en

diensvoorwaardes van alle direkteure en bestuursraadslede,

die direksiestruktuur en -samestelling, direkteure

se vergoeding en langtermyn-aansporings kemas,

asook opvolgplanne vir die direksie, hoofuitvoerende

beampte en ander bestuursraadaanstellings.

Remgro se vergoedingsbeginsels word in die Vergoedings

verslag op bladsy 119 tot 128 van die geïntegreerde

jaarverslag uiteengesit. Soos voorheen genoem, beoog

die direksie nie om aandeelhouers vir ’n nie-bindende

adviesstem oor die maatskappy se vergoedingsbeleid

te vra tydens die volgende algemene jaarvergadering

op 24 November 2011 nie.

REMGRO BEPERK | 83 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

Oudit-en-risikokomitee

Die komitee word bestuur deur ’n mandaat wat

gedurende die tydperk bygewerk is om nakoming van die

aanbevelings van King III en die vereistes van die nuwe

Maatskappywet te verseker. Die komitee bestaan uit

vier onafhanklike nie-uitvoerende direkteure, wat deur

Remgro-aandeelhouers, op aanbeveling van die direksie,

gekies word. Die komitee staan onder voorsitterskap

van mnr Herman Wessels en vergader minstens vier keer

per jaar. Die hoofuitvoerende beampte, hoof finansiële

beampte, hoof beleggingsbeampte en hoof van interne

oudit woon alle vergaderings ex officio by.

Die hooffunksie van die komitee is om die direksie by te

staan in die nakoming van sy verantwoordelikhede ten

opsigte van die volgende:

> risikobestuur;

> interne beheer;

> interne finansiële beheer, rekenkundige stelsels en

inligting;

> die doeltreffendheid van die hoof finansiële

beampte en finansiële funksie;

> rekeningkundige beleid;

> interne en eksterne oudit;

> inligtingstegnologiestelsels;

> beskerming van bates;

> openbare rapportering; en

> om die nakoming van wette, reëls, gedragskodes en

standaarde te monitor.

Die jaarlikse aanstelling van die eksterne ouditeur,

die goedkeuring van sy aanstellingsvoorwaardes en

ouditbenadering, sowel as die goedkeuring van fooie wat

verband hou met oudit- en nie-ouditdienste word ook

deur die komitee gedoen. Hierdie verantwoordelikhede

is van toepassing op Remgro en sy volfiliale wat deur RBD

geadministreer word. Die oudit-en-risikokomitees van

Remgro se twee bedryfsvolfiliale, Tsb Sugar en Wispeco,

rapporteer by elke vergadering van die groep se ouditen-risikokomitee

by wyse van notules van vergaderings

wat in die agenda van laasgenoemde opgeneem word.

Die oudit-en-risikokomitee vergader minstens een

keer per jaar met die eksterne en interne ouditeure en

uitvoerende bestuur om te verseker dat hul pogings ten

opsigte van risikobestuur en interne beheer behoorlik

gekoördineer is.

Daarby evalueer die komitee die doeltreffendheid

van sy twee subkomitees, die finansiële statekomitee

en die risiko-en-IT-bestuurskomitee. Die finansiële

statekomitee is nie ’n amptelike subkomitee van die

oudit-en-risikokomitee nie, maar sy take sluit in ’n

hersiening van Remgro se jaarlikse geïntegreerde

verslag (insluitende die jaarlikse finansiële state),

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

alvorens dit aan die oudit-en-risikokomitee voorgelê

word. Die risiko-en-IT-bestuurskomitee is in die tydperk

onder oorsig tot stand gebring en sy mandaat sluit in:

die instandhouding van die risikobestuursbeleid en

-plan, die daarstelling van ’n bedryfsrisiko-register,

inligtingstegnologie-risikobestuur, wetlike nakoming

en beroepsgesondheid en -veiligheid. Beide hierdie

komitees staan onder die voorsitterskap van Remgro

se hoof finansiële beampte, mnr Leon Crouse, en die

voorsitter van die oudit-en-risikokomitee woon die

vergaderings op uitnodiging by.

Die komitee is ook daarvoor verantwoordelik dat die

gekombineerde gerusstellingsmodel deur King III

bekend gestel, toegepas word om ’n gekoördineerde

benadering tot alle gerusstellingsbedrywighede te

verseker. In die besonder sal die komitee:

> verseker dat die gekombineerde gerusstelling wat

ontvang word, voldoende is om alle beduidende

risiko’s waaraan die maatskappy blootgestel is, die

hoof te bied; en

> die verhouding tussen die eksterne diensverskaffers

en die maatskappy monitor.

Die komitee se verslag, wat beskryf hoe hy sy statutêre

verpligtinge, ingevolge die Maatskappywet, en

die bykomende pligte deur die direksie daaraan

toegewys ten opsigte van die finansiële tydperk

geëindig 30 Junie 2011 nagekom het, is ingesluit in die

geïntegreerde jaarverslag op bladsy 132 tot 133.

Beleggingskomitee

Die beleggingskomitee bestaan uit vier nie-uitvoerende

direkteure, waarvan twee onafhanklik is, sowel as

die hoofuitvoerende beampte, die hoof finansiële

beampte en die hoof beleggingsbeampte. Die komitee

staan onder die voorsitterskap van mnr Johann Rupert

en vergader wanneer nodig vir wesentlike beleggingsbesluite.

Die pligte en verantwoordelikhede van die komitee is:

> om te oorweeg en, indien toepaslik, goedkeuring te

verleen vir:

– nuwe beleggings tot ’n bedrag van nie meer as

R500 miljoen nie;

– die uitbreiding van bestaande beleggings vir

bedrae tussen R100 miljoen en R500 miljoen;

– die vervreemding van bestaande beleggings tot

’n bedrag van nie meer as R500 miljoen nie; en

> om beleggingsbesluite vir bedrae meer as

R500 miljoen te oorweeg en aanbevelings aan die

direksie te maak.

Gedurende die tydperk onder oorsig is geskrewe

resolusies deur lede van die beleggingskomitee aanvaar.

REMGRO BEPERK | 84 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

Bestuursraad

Die bestuursraad bestaan uit al ses uitvoerende

direkteure, sowel as ’n lid van die senior bestuur,

mnr Neville Williams. Die komitee vergader maandeliks

en die pligte en verantwoordelikhede van komiteelede

is bykomend tot hul pligte en verantwoordelikhede as

lede van die raad (in die geval van lede wat direkteure is)

en/of hul ander pligte as bestuurders.

Die sleutelpligte en -verantwoordelikhede van die

komitee is:

> die ontwikkeling van bedryfs- en beleggingsplanne

en -strategieë vir Remgro en voorlegging aan die

direksie en die implementering daarvan wanneer dit

goedgekeur is;

> die evaluering en monitering van bestaande

groepbeleggings;

> die uitbreiding van bestaande beleggings tot ’n

bedrag van nie meer as R100 miljoen nie;

> die aanbeveling van alle nuwe beleggings en die

BYWONING VAN VERGADERINGS

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

uitbreiding van bestaande beleggings van meer

as R100 miljoen aan die beleggingskomitee en die

direksie vir goedkeuring;

> toepaslike rapportering oor bestaande beleggings

aan die direksie;

> die benoeming, vir goedkeuring deur die direksie,

van verteenwoordigers van Remgro om as direkteure

te dien in die direksies van maatskappye waarin

belê is.

Maatskaplike en etiese komitee

Ingevolge die nuwe Maatskappywet moet elke

genoteerde publieke maatskappy binne ’n jaar na die

inwerking treding van die wet ’n maatskaplike en etiese

komitee saamstel. Remgro is in die proses om sodanige

komitee daar te stel en die proses sal voor 30 April 2012

voltooi wees.

Oudit-en-risikoVergoedingsen-nominasie

Direksie

komiteekomitee

Bestuursraad

Aantal vergaderings gehou 7 5 3 12

Bywoning deur direkteure

Nie-uitvoerende direkteure

J P Rupert 7 – 3 –

E de la H Hertzog 7 – – –

P E Beyers 6 – – –

J Malherbe 7 – – –

Onafhanklike nie-uitvoerende direkteure

G T Ferreira 6 – 3 –

P K Harris 7 – 3 –

N P Mageza 7 4 – –

P J Moleketi 5 5 – –

M M Morobe 6 – – –

M A Ramphele 4 – – –

F Robertson 6 5 2 –

H Wessels 7 5 – –

Uitvoerende direkteure en bestuursraad

M H Visser 7 – – 12

W E Bührmann 7 – – 11

L Crouse 7 – – 10

J W Dreyer 7 – – 12

J J Durand 6 – – 12

J A Preller 7 – – 10

T van Wyk (1) 5 – – 8

N J Williams – – – 12

(1) Mnr T van Wyk het op 31 Januarie 2011 as uitvoerende direkteur bedank.

REMGRO BEPERK | 85 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

Verhandelings in sekuriteite

Ingevolge die noteringsvereistes van die JSE het

die maatskappy ’n gedragskode met betrekking tot

binnehandel aanvaar. Gedurende pryssensitiewe

of geslote tydperke word direkteure en aangewese

werknemers verbied om in Remgro se aandele handel te

dryf. Volgens groepsbeleid strek geslote tydperke van

die einde van die finansiële rapporteringstydperk tot

die publikasie van finansiële resultate vir daardie

tydperk. ’n Geslote tydperk geld ook wanneer die

maatskappy ’n omsigtigheidsaan kondiging aan aandeelhouers

gemaak het.

Direkteure en aangewese werknemers mag buite

die geslote tydperke slegs met goedkeuring van die

voorsitter of hoofuitvoerende beampte in Remgroaandele

handel dryf. Daarby mag direkteure en

aangewese werknemers nie in die aandele van

genoteerde maatskappye waarin belê is, handel dryf nie

tensy goedkeuring van die voorsitter of hoofuitvoerende

beampte verkry is.

Botsing van belange

Meganismes bestaan om enige werklike, potensiële

of vermeende botsings van belange te erken, daarop

te reageer en dit te bestuur. Daar word van direkteure

verwag om hul persoonlike finansiële belange, en dié van

persone verwant aan hulle, in kontrakte en ander sake

waarin Remgro ’n belang het of wat deur die direksie

oorweeg word, te verklaar. Waar ’n potensiële botsing

van belange bestaan, word van direkteure verwag om

hulle aan relevante besprekings en besluite te onttrek.

Alle inligting wat direkteure in die uitvoering van hul

pligte bekom wat nie openbaar gemaak is nie, word as

vertroulik beskou. Direkteure mag nie sulke inligting

gebruik, of skyn te gebruik, vir persoonlike gewin of tot

voordeel van derde partye nie.

Van alle direkteure van die maatskappy word verwag

om die Remgro Etiese Kode, die bepalings van die

Wet op Aandeledienste (Securities Services Act) en

die vereistes van die JSE Beperk insake binnekennis,

aandeletransaksies en die openbaarmaking van

sodanige verhandelinge na te kom.

Die werksaamhede en gedrag van uitvoerende

direkteure en senior bestuur wat in ’n nie-uitvoerende

hoedanigheid optree in die direksies van maatskappye

waarin belê word, word bestuur aan die hand van formele

riglyne wat deur die direksie goedgekeur is.

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

RISIKOBESTUUR EN INTERNE BEHEER

Die direksie het ’n omvattende risikobestuurstelsel

geïmplementeer wat voorsiening maak vir deurlopende

risikobeoordeling, evaluering en die vaslegging van

interne beheermaatreëls. Die groep se rapportering

oor die risikobestuursproses en interne beheerstelsels

is ingesluit in die risikobestuursverslag op bladsy 87 van

die geïntegreerde jaarverslag.

EKSTERNE OUDIT

Volgens die JSE se noteringsvereistes moet die eksterne

ouditeur van alle genoteerde maatskappye en hul

belangrikste filiale by die JSE geakkrediteer wees.

Remgro se eksterne ouditeur, PricewaterhouseCoopers

Geïnk., is as sodanig by die JSE geakkrediteer. Die

eksterne ouditeur woon alle vergaderings van die ouditen-risikokomitee

by en het direkte toegang tot die

voorsitter van hierdie komitee, asook die voorsitter van

die groep.

Nie-ouditdienste deur die eksterne ouditeur verskaf,

word deur die oudit-en-risikokomitee goedgekeur en

hou hoofsaaklik verband met belastingaangeleenthede.

Hierdie dienste word deur ’n afdeling wat onafhanklik

van die ouditvennote is, gelewer.

BELEGGERSVERHOUDINGE EN

AANDEELHOUERSKOMMUNIKASIE

Die direksie erken die belangrikheid daarvan om

aandeelhouers en die beleggersgemeenskap oor

ontwikkelinge in Remgro se besigheid in te lig.

Kommunikasie met aandeelhouers is gegrond op

die beginsels van tydige, ewewigtige, duidelike en

deursigtige inligting. Beide positiewe en negatiewe

aspekte van finansiële en nie-finansiële inligting word

verskaf. Interaksie met institusionele beleggers vind

twee keer per jaar tydens die inbel-aanbieding van

tussen- en finale resultate plaas wanneer vrae aan die

hoofuitvoerende beampte, hoof finansiële beampte

en hoof beleggingsbeampte gestel kan word. Die

mees onlangse, asook historiese, finansiële en ander

inligting word ook op die maatskappy se webblad

by www.remgro.com gepubliseer. Meer inligting oor

Remgro se kommuni kasie-inisiatiewe ten opsigte

van alle belang hebbendes word in die volhoubare

ontwikkelingsverslag verskaf.

BESIGHEIDSREDDINGSTAPPE

’n Interne besigheidsreddingsbeleid word tans opgestel

om besigheidsreddingstappe en ander omkeermeganismes

wat in die interne beheerprosesse van

die beleggingsafdeling voorkom, te formaliseer. Dit

sal van toepassing wees op die maatskappy en die

ondernemings waarin belê word indien hulle in finansiële

nood sou beland.

REMGRO BEPERK | 86 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

88 INLEIDING

88 VERSLAGPARAMETERS

88 RISIKOBESTUURSPROSES

91 RISIKOBESTUURSTRUKTUUR

92 RISIKO-TOLERANSIEVLAKKE

92 RISIKO-APTYT

92 RISIKODRAENDE VERMOË

92 ONVERWAGTE OF ONGEWONE RISIKO-ERVARINGS

93 IT-BESTUUR

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

Risikobestuursverslag

93 WETLIKE NAKOMING

93 INTERNE BEHEER EN INTERNE OUDIT

94 DOELTREFFENDHEID VAN RISIKOBESTUURSPROSES EN

INTERNE BEHEERSTELSEL

REMGRO BEPERK | 87 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

INLEIDING

Die direksie is in die finale instansie verantwoordelik

vir die risikobestuursproses en die interne beheerstelsel

van Remgro. Die direksie het ’n omvattende risikobestuursbeleid

en -plan opgestel, wat deur die bestuur

geïmplementeer is. Dit behels voortdurende risikoidentifisering

en assessering, asook die vaslegging van

interne beheermaatreëls.

Die oudit-en-risikokomitee het ’n mandaat ontvang

om die risikobestuursproses en interne beheerstelsels

te monitor en in hierdie verband word hy ondersteun

deur sy subkomitee, die risiko-en-IT-bestuurskomitee.

Die groep se interne en eksterne ouditeure, saam met

bestuur en sekere eksterne konsultante, het die taak om

gekombineerde gerusstellingsverslae aan die oudit-enrisikokomitee

te lewer.

Etiese leierskap en menslike kapitaal vorm die

hoekstene van Remgro se risikobestuursfilosofie,

omdat dit ondernemersvernuf, ’n goeie korporatiewe

reputasie en doeltreffende bestuur verseker.

Remgro se risikobestuursproses behels die ordening

van hulpbronne om die bereiking van strategiese en

besigheidsplanne te verseker, insluitende die benutting

van beskikbare geleenthede wat voldoen aan die

risiko-aptytmaatstawwe deur die direksie daargestel.

Risikoprofiele inherent in bestaande bedrywighede

en beleggings word binne die goedgekeurde risikotoleransievlakke

gehandhaaf, waardeur die risikoopbrengsparameters

geoptimaliseer word vir die skep

van volhoubare groei en waarde vir aandeelhouers en

ander belanghebbendes.

RISIKOBESTUURSVERSLAG

VERSLAGPARAMETERS

Vanweë die aard en omvang van Remgro se beleggingsportefeulje,

is die omvang van hierdie verslag, wat

konsekwent met dié van vorige jare is, in ooreen -

stemming met die “Global Reporting InitiativeTM (GRI)

Boundary Protocol“ saamgestel.

Hierdie verslag handel dus met die bedrywighede

van die maatskappy en sy filiale, behalwe waar sulke

entiteite genoteer en die relevante inligting geredelik

aan belanghebbendes beskikbaar is. Derhalwe bevat

hierdie verslag risikobestuursinligting van die maatskappy,

Remgro Bestuursdienste Beperk (Remgro se

dienstemaatskappy), V&R Management Services AG*,

Tsb Sugar Holdings (Edms) Beperk en Wispeco Holdings

Beperk.

* ’n Volfiliaal, geregistreer en bestuur in Switserland, wat

boekhouding- en tesouriedienste aan Remgro se buitelandse

filiale en derde partye verskaf.

RISIKOBESTUURSPROSES

Die risikobestuursbeleid is op die beginsels en raamwerk

van die internasionale Komitee van Borgorganisasies

(COSO – Treadway-kommissie) gegrond en voldoen aan

die aanbevelings van King III. Hierdie beleid beskryf die

doel, metodiek, proses en verantwoordelikhede van

die onderskeie rolspelers in die groep se risikobestuur.

Die risikobestuursbeleid is onderworpe aan jaarlikse

hersiening en enige wysigings word aan die oudit-enrisikokomitee

vir goedkeuring voorgelê.

Remgro is ’n beleggingshouermaatskappy en as

sodanig neem die risikobestuursproses die risiko’s

en geleenthede binne die maatskappy, sowel as die

risiko’s en geleenthede inherent in sy beleggings portefeulje

in ag.

REMGRO BEPERK | 88 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

RISIKOBESTUURSVERSLAG

Die volgende tabel gee ’n uiteensetting van die maatskappy se sleutelbeheerdoelwitte en verwante beheer -

maatreëls.

SLEUTELBEHEERDOELWIT SLEUTELBEHEERMAATREËL

Die aanstelling van direkteure en beamptes wat oor

geskikte vaardighede en ondervinding beskik, asook die

vereiste waardes en dryfkrag.

Etiese en sigbare leierskap via bestuurstrukture en

verwante prosesse.

Toepaslike langtermynstrategie binne die aanvaarde

risiko-aptyt wat goed aan bestuur gekommunikeer en

gedelegeer is.

Die belangrikheid van Remgro se korporatiewe teenwoordigheid

in die plaaslike beleggingsomgewing

aangesien dit hom in staat stel om ’n betekenisvolle

aandeel in uitgesoekte beleggingsgeleenthede te bekom.

Verseker dat geleentheidsrisiko’s bestuur word om

’n verlies te voorkom van geleenthede wat aan Remgro se

streng beleggingsmaatstawwe voldoen.

Beskikbare likiditeit om nuwe beleggings te finansier en

suksesvolles verder te ondersteun.

Doeltreffende groepstruktuur om bestaande en nuwe

beleggings te huisves.

Doeltreffende funksionering van die vergoedingsen-nominasiekomitee.

Prestasiebeoordelings en komitee-evaluerings.

Vasgelegde etiese en waardesisteem en die hand hawing

daarvan deur sigbare leierskap.

Formele etiese beleid en gedragkodes.

Korporatiewe kultuur wat op voortreflike uitvoering en

billike handeling fokus.

Omvattende korporatiewe bestuurstrukture en -stelsels

wat aan King III voldoen.

Doeltreffende bestuursraad wat deur uitvoerende bestuur

en ’n ervare beleggingsafdeling ondersteun word.

’n Konserwatiewe sakebenadering, met langtermynbeleggingsmaatstawwe,

wat op groei, volhoubaarheid en

likiditeit gefokus is.

Korporatiewe bedrywighede is in ooreenstemming met

die langtermynstrategie.

Goeie korporatiewe statuur en reputasie as voor keurbelegger.

Bekwame en ervare beleggingsafdeling, met effektiewe

bedryfsprosesse en -beheer.

Doeltreffende ondersteuningstrukture en onderhandelingsprosesse,

gerugsteun deur bewese omsigtigheidsprosesse.

Konserwatiewe kontantadministrasie en ’n goed bestuurde

en veilige tesourie-omgewing.

Doeltreffende beheerstrukture, ondersteun deur

bevoegde en ervare regs- en korporatiewe belastingspesialiste.

REMGRO BEPERK | 89 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

RISIKOBESTUURSVERSLAG

SLEUTELBEHEERDOELWIT SLEUTELBEHEERMAATREËL

Doeltreffende interne bedrywighede, waaronder

sekretariële, finansiële en menslike hulpbrondienste en

alle ander afdelingsfunksies van die dienstemaatskappy

en volfiliale onder beheer van die bestuur van die

dienstemaatskappy.

Gegewe die belangrikheid van tesourie is die volgende

doelwitte in die mandaat van die tesourie komitee

(’n bestuurskomitee, onder voorsitterskap van die hoof

finansiële beampte, bestaande uit die hoofuitvoerende

beampte, hoof beleggingsbeampte en ander senior

bestuurders) geïntegreer:

> Formele likiditeitsvereistes word opgestel

> Handelsvoorwaardes met banke word hersien om

voldoende risikodeling te verseker

> Betaalstelsels word beveilig

> Inligting word beveilig

> FAIS (Finansiële Raadgewende Intermediêre

Dienste)-wetgewing word nagekom

> Die volgende tesourie-risiko’s word spesifiek bestuur:

– Instrumentrisiko (afgeleide instrumente)

– Beleggingsrisiko (kredietperke en verspreiding van

kontant tussen goedgekeurde instellings)

– Buitelandse valuta-risiko (verspreiding en same stelling

van goedgekeurde wisselkoers bloot stelling)

– Rentekoersrisiko

Doeltreffende bestuur van onderliggende beleggings

en versekering dat Remgro se beleggingsmaatstawwe

gehandhaaf en die groep se regte beskerm word.*

Akkurate, deursigtige en betroubare rapportering aan, en

interaksie met, belanghebbendes.

Voldoening aan belasting- en ander relevante wetgewing

en nywerheidspraktyke.

Behoorlike oorweging van, en steun aan, volhoubaarheidskwessies,

soos BBSEB, omgewingsbestuur, maatskaplike

korporatiewe ondersteuning, ens.

Indiensneming en behoud van bekwame en ervare senior

bestuur.

Doeltreffende en geskikte interne beheerstelsels.

Doeltreffende risiko-en-IT-bestuurskomitee.

’n Formele tesouriebeleid word deur die tesourie komitee

in stand gehou en wysigings word aan die direksie vir

goedkeuring voorgelê.

Bekwame personeel word in die tesourie-afdeling in diens

geneem en omvattende interne beheermaatreëls word

ingestel en aan voldoen.

Die tesourie-afdeling is onderhewig aan kwartaallikse

FAIS-oorsigte van die FDR (Raad van Finansiële Dienste)gekeurde

nakomingsbeampte. Daarby word die tesourieafdeling

(administratiewe- en verhandelingskantoor) aan

gereelde interne oudit onderwerp, asook ’n jaareindeoorsig

deur die eksterne ouditeure.

Omvattende aandeelhouersooreenkomste word ten tye

van belegging aangegaan.

Dit vergemaklik doeltreffende beheer of beduidende

invloed oor die uitvoerende bestuurspanne van

maatskappye waarin belê word en verseker dat strategieë,

doelwitte en afleweringsteikens nagekom word.

Strukture vir volledige verslagdoening, hersiening en

bestuur word geïmplementeer om te verseker dat tydige,

akkurate en betroubare inligting in besluitnemingsprosesse

gebruik word.

Formele beleid ten opsigte van kommunikasie met

belanghebbendes.

Doeltreffende interne finansiële beheermaatreëls.

Omvattende gesamentlike versekeringsplanne.

Doeltreffende belastingkomitee.

Wetlike nakomingsbeleid gekoppel aan deskundige

regsadvies.

Formele beleid en prosesse vir maatskaplike ondersteuning.

BBSEB-beleid en -mandate.

Omgewingsbestuur, binne die raamwerk van die risiko-en-

IT-bestuurskomitee, met formele beleide.

* Soos in die “Groepprofiel“-gedeelte van hierdie verslag genoem, is Remgro nie by die dag-tot-dag-bestuur betrokke van

maatskappye waarin belê is nie, maar het hy wel, deur aandeelhouersooreenkomste, nie-uitvoerende verteenwoordiging in hierdie

outonome direksies, wat op daardie vlakke vir risikobestuur verantwoordelik is.

Deur bogenoemde proses verseker Remgro, as ’n verantwoordelike belegger, dat behoorlike korporatiewe bestuur

ingestel en gehandhaaf word in alle ondernemings waarin belê word.

REMGRO BEPERK | 90 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

RISIKOBESTUURSTRUKTUUR

Die volgende struktuur is deur die maatskappy ingestel

om die doelmatige en effektiewe bestuur van risiko in

die maatskappy te verseker.

In die struktuur hieronder word die funksie van die hoof

risikobeampte tussen die volgende individue verdeel:

> Die hoofuitvoerende beampte rapporteer op

’n deurlopende grondslag direk aan die direksie

oor risiko’s wat ’n uitwerking op die doelmatige

en effektiewe uitvoering van die strategiese plan

mag hê.

BELEGGINGSKOMITEE

BESTUURSRAAD

BELEGGINGS

Die risiko-en-IT-bestuurskomitee is ’n subkomitee van

die oudit-en-risikokomitee en staan onder die voorsitterskap

van die hoof finansiële beampte. Die voorsitter

van die oudit-en-risikokomitee het ’n staande uitnodiging

om alle vergaderings by te woon. Dis hierdie

RISIKOBESTUURSVERSLAG

REMGRO-DIREKSIE

> Die hoof finansiële beampte, as voorsitter van die

risiko-en-IT-bestuurskomitee, is verantwoordelik

vir die inbring van risikobestuur in die daaglikse

bedrywighede van die maatskappy, wat die

opstel en handhawing van die risikoregister en

risikobestuursbeleid insluit.

> Die hoof ouditbeampte woon vergaderings van

die risiko-en-IT-bestuurskomitee by en verleen

onafhanklike gerusstelling oor die doeltreffendheid

van die komitee se werksaamhede asook die sisteem

van interne beheer.

LYNBESTUUR

OUDIT-EN-RISIKOKOMITEE

RISIKO-EN-IT-BESTUURSKOMITEE

VERSEKERINGSDEKKING

komitee se taak om die groep se risikobestuursbeleid,

IT-bestuursbeleid, bedryfsrisikoregisters, beroeps -

veiligheid, gesondheid, omgewingsbestuur en wetlike

nakom ings prosesse in stand te hou.

REMGRO BEPERK | 91 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

INTERNE OUDIT

EKSTERNE OUDIT

KONSULTANTE

RISIKO-TOLERANSIEVLAKKE

Die Remgro-direksie het die volgende risikotoleransievlakke

opgestel en goedgekeur om die raad

se risiko-aptyt te definieer en te verseker dat alle risiko’s

in die groep binne hierdie perke bestuur word.

Vanweë die aard van sy kernbedrywighede, gebruik

Remgro toegewysde en uiteenlopende metodes om

toleransie-vlakke in die volgende drie risikobedrywighede

te hanteer:

Beleggings

Risiko-toleransievlakke word bepaal in ooreenstemming

met die koste om die belegging te finansier (GGKK), soos

aangepas met risikogewig (Beta), om volhoubaarheid

en ’n positiewe risiko-opbrengsomgewing te verseker.

Tesourie

Gegewe die likiditeitsvereistes om bestaande beleggings

te ondersteun en nuwe beleggingsgeleenthede

te benut, word die risiko-toleransievlakke vir kontant wat

in Suid-Afrika en internasionaal gehou word, gemeet in

terme van die uitleenkoerse wat die belangrikste banke

in die geldmark bepaal, met insluiting van, maar nie

beperk nie tot, STeFI (korttermyn-vastekoste-indeks)

of LIBOR.

Buitelandse valuta-risiko’s en kapitaalbewaringsrisiko’s,

tydens ’n ongunstige ekonomiese klimaat, word deur ’n

konserwatiewe beleid ten opsigte van dekkingstrategieë

en teenpartykeuring verminder.

Tesouriefondse word belê ingevolge ’n direksiegoedgekeurde

tesouriebeleid wat kyk na teenparty-

(krediet)risiko, likiditeitsrisiko, rentekoersrisiko, wisselkoers

risiko, instrumentrisiko, kommersiële risiko

(handelsvoorwaardes), asook die beleid wat opgestel is

om kontant en likiede bates te beveilig.

Ander

Dit sluit risiko’s in wat verband hou met onbeplande

bateverliese en blootstelling aan laste, waarborge, sakeonderbreking

en ander bedryfsrisiko’s.

In sulke gevalle het die direksie ’n konserwatiewe benadering

aanvaar om deur voldoende versekeringsdekking

die verwagte maksimum verlies te verminder sou die

risiko’s in hierdie kategorieë ’n werklikheid word.

RISIKOBESTUURSVERSLAG

RISIKO-APTYT

Risiko-aptyt word as die oorblywende risiko beskryf

wat die maatskappy bereid is om te aanvaar sonder

dat verdere risikoverminderende aksies oorweeg word,

of die mate van risiko wat die maatskappy bereid is

om te aanvaar in die soeke na waarde. Dit word ook as

die risikogeneigdheid van die direksie in die strewe na

welvaartskepping beskryf.

Die volgende kwalitatiewe en kwantitatiewe faktore

word deur die direksie oorweeg wanneer die risiko-aptyt

bepaal word:

> risiko- en opbrengsprofiel van die bestaande

beleggingsportefeulje;

> beskikbaarheid van kontantbronne en ander likiede

bates (beskikbaar vir verkoop);

> risiko-opbrengsprofiel van voorgenome geleenthede;

> finansiële verhoudings van toepassing in die meting

van prestasie, insluitende:

– intrinsieke netto batewaarde (IBW)

– opbrengs op IBW relatief tot vergelykende risikobeleggings

– dividendbeleid en -dekking;

> internasionale en plaaslike ekonomiese siklusse en

tendense;

> buitelandse valuta-koerse en tendense; en

> wesentlikheid van risiko’s met verwysing na die IBW

van die groep

RISIKODRAENDE VERMOË

Risikodraende vermoë word as ’n geldwaarde gedefinieer

wat as maatstaf gebruik word om die maksimum

verlies te bepaal wat die maatskappy kan ly sonder om

dit aan ’n situasie bloot te stel waar die voortbestaan en

oorlewing daarvan bedreig word.

Gegewe die aard en samestelling van Remgro se

intrinsieke netto batewaarde, te wete ekwiteit en kontant

sonder hefboom, is daar tans geen blootstellings

wat die lopendesaak-status van die groep in gedrang

kan bring nie.

ONVERWAGTE OF ONGEWONE RISIKO-

ERVARINGS

Die risikobestuursproses is op die eksterne omgewing

ingestel om te verseker dat nuwe risiko’s tydig

geïdentifiseer en die doeltreffendheid van reaksie

daarop geëvalueer word.

REMGRO BEPERK | 92 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

IT-BESTUUR

In die tydperk onder oorsig is ’n formele IT-bestuursbeleid

in ooreenstemming met die beperkte tegnologiese

behoeftes van ’n beleggingshouermaatskappy

opge stel. Die beleid word met bestuursgebaseerde

beleid, soos die aanvaarbare IT-gebruiksbeleid en

inligtingvertroulikheidsbeleid, aangevul.

Die hoof van IT rapporteer aan die groep finansiële

bestuurder en IT-verwante sake word in die ITloodskomitee,

bestaande uit senior bestuur, gehanteer.

Die IT-risikoregister word deur die risiko-en-

IT-bestuurskomitee oorweeg en die vordering met ITen

beheerverwante projekte word via die risiko-en-

IT-bestuurskomitee deur die oudit-en-risikokomitee

gemonitor.

Die maatskappy het sy IT-bedrywighede, via ’n omvattende

diensvlakooreenkoms, aan ’n betroubare

diens ver skaffer uitgekontrakteer. Dit is gedoen

na ’n uitgebreide omsigtigheidsproses en ’n ontleding

van behoeftes en standaarde waartydens

spesifikasies en sleutelaflewerings, soos stelsel- en

gebruikersondersteuning, stelselbeskikbaarheid, logiese

beveiliging, virusbeskerming, asook telefoon- en ander

beheermaatreëls, vasgelê is.

Die IT-risikobestuursproses word tans tot die

gekombineerde gerusstellingsproses van die maat -

skappy uitgebrei. Intussen is ’n besigheids kontinuïteitsplan

saamgestel en toetse gedoen op die rugsteun- en

rampherwinningsproses.

WETLIKE NAKOMING

As deel van die raad se verbintenis tot etiese leierskap,

is ‘n opgedateerde Wetlike Nakomingsbeleid goedgekeur

ten einde te verseker dat daar voldoende

bestuurskapasiteit en kontroles in plek is ten einde te

verseker dat daar aan alle toepaslike wette en besondere

industriepraktyke voldoen word.

Die administrasie van die Wetlike Nakomingsisteem

is by ‘n amptenaar gesetel wat oor die toepaslike

regskwalifikasie beskik. Hierdie persoon word deur

‘n regsfirma bygestaan wat verantwoordelik is om alle

toepaslike nuwe wette en wysigings aan die maatskappy

te voorsien. Die nakomingskontroles berus by senior

bestuur van wie dit ook verwag word om op ‘n gereelde

grondslag aan die risiko-en-IT-bestuurskomitee verslag

te doen rakende hulle nakoming deur gebruik te

maak van ‘n kontrole-selfevaluasiemetodologie. Hierdie

proses is ingesluit in die jaarlikse interne ouditplan.

RISIKOBESTUURSVERSLAG

INTERNE BEHEER EN INTERNE OUDIT

’n Omvattende interne beheerstelsel wat deur die groep

geïmplementeer en in stand gehou word, is daarop

gemik om risiko’s in die onderneming te verminder

en te verseker dat die groep se doelwitte deurlopend

bereik word. Interne beheermaatreëls is op die beginsel

geskoei dat aanvaarbare risiko inherent is in die ontwerp

en implementering van ’n koste-effektiewe interne

beheerstelsel. Die stelsel sluit monitormeganismes en

temperingsprosesse in om leemtes aan te vul waar dit

bespeur word.

Die interne ouditfunksie staan onder die bestuur

van Remgro Bestuursdienste Beperk, en die hoof

van interne oudit, mnr Deon Annandale, rapporteer

aan die voorsitter van die oudit-en-risikokomitee en

funksioneel aan die hoof finansiële beampte. Die

afdeling voldoen aan die vereistes van King III en die

internasionale standaarde vir die beroepspraktyk

van interne oudit. Die afdeling het ’n drievlakgehalteversekeringstelsel,

wat interne hersieningsprosesse,

lêer- en verslagdeling met die groep

se eksterne ouditeur en ’n driejaarlikse gehaltebeoordeling

deur ’n internasionale eksterne ouditeursfirma,

wat nie ook die groep se eksterne ouditeur is

nie, insluit.

Die interne ouditplanne, soos deur die oudit-enrisikokomitee

goedgekeur, word op ’n risikogebaseerde

gerusstellingsbenadering opgestel, met die klem

daarop om waarde tot die beheeromgewing toe

te voeg terwyl onafhanklike gerusstelling aan die

oudit-en-risikokomitee en die direksie verleen word

rakende die doeltreffendheid van interne finansiële

beheermaatreëls en interne beheer oor bedryfs- en

nakomingsaangeleenthede, insluitende die “geluide

van bo“. Indien nodig, word deskundige vaardighede

van buite bekom om met inligtingstegnologie en

forensiese dienste behulpsaam te wees.

Die interne ouditafdeling verskaf ook onafhanklike

interne oudit- en risikobestuursdienste aan sommige

groepmaatskappye wat verkies om die funksie uit te

kontrakteer.

REMGRO BEPERK | 93 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

DOELTREFFENDHEID VAN RISIKO-

BESTUURSPROSES EN INTERNE

BEHEERSTELSEL

Die direksie, via die oudit-en-risikokomitee, het die

gedokumenteerde beleid, prosedures en onafhanklike

gerusstellingsverslae oorweeg en is tevrede dat die

interne beheerproses en risikobestuursproses wat in

die groep ingestel is, doeltreffend funksioneer.

Die direksie is nie bewus van enige blootstelling

of posisie wat daartoe kan lei dat die oorblywende

risikoprofiel van die groep die perke oorskry van

die risikodraende vermoë wat deur die direksie

bepaal is nie.

RISIKOBESTUURSVERSLAG

REMGRO BEPERK | 94 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

96 INLEIDING

97 OMVANG EN GRENSE VAN VERSLAG

97 RAPPORTERINGSBEGINSELS EN GERUSSTELLING

97 ORGANISASIESTRUKTUUR

98 BESTUURSBENADERING TOT VOLHOUBAARHEID

98 ETIEK EN NAKOMING

99 VERHOUDINGE MET BELANGHEBBENDES

101 BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING (BBSEB)

103 ONS MENSE

105 BELEGGING IN DIE GEMEENSKAP

107 VOLHOUBAARHEID VAN BEDRYFSFILIALE

115 OMGEWING

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

Volhoubare ontwikkelingsverslag

INLEIDING

Remgro se huidige waardesisteem sluit die riglyne

in wat sy stigter, dr Rupert, meer as 40 jaar gelede vir

die suksesvolle bedryf van sake neergelê het. Hierdie

riglyne sluit die volgende in:

> Eerlikheid – want dit duur die langste

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

“Wetlik gesproke, is ’n maatskappy ’n persoon en die vraag is hoe menslik dit in

sy aksies is, hoe groot sy hart is en watter dienste dit aan die gemeenskap lewer

waarin dit bestaan en waaruit sy inkomste verdien word.“

> Korrektheid – want dit skep vertroue by vriende en

opponente

> Hoflikheid – wat waardigheid sonder hovaardigheid

en vriendelikheid sonder dienstigheid beteken

> Diens – in elke opsig: aan jou klant, jou medemens en

jou land

> Onderlinge steun – sodat jy ander teen die leer kan

opdruk terwyl jy self klim, want as jy ander aftrek, sal

jy self val

> Vertroue – die geloof dat alles ten goede meewerk

as elkeen sy plig doen

Remgro glo dat hierdie waardes die gees beliggaam

waarin gestreef word om ’n goeie korporatiewe

burger te wees. Uit bogenoemde is dit duidelik dat

die drie pilare van volhoubare ontwikkeling, naamlik

ekonomiese, maat skaplike en omgewingsvolhoubare

Volhoubaarheidshoogtepunte

> Suksesvolle deelname aan die JSE SRI-indeks sedert die ontstaan daarvan in 2004

praktyke, nog altyd deel van Remgro se kernwaardes

was. Die bekend stelling van die King-verslag vir bestuur

in Suid-Afrika 2009 (King III), sowel as die bepalings

van die nuwe Maatskappywet (Nr. 71 van 2008),

wat op 1 Mei 2011 in werking getree het, het aan

Remgro die geleentheid gebied om sy bestuurstrukture,

verhoudinge met belanghebbendes, risikobestuursprosesse,

rapportering oor volhoubaarheid en

maatskaplike vertoning, asook IT-bestuur te versterk.

Remgro is ten volle daartoe verbind om sy besigheid

op ’n volhoubare wyse te bestuur en die hoogste

standaarde van etiek en korporatiewe bestuurspraktyke

te handhaaf. Terwyl korporatiewe bestuur,

risikobestuur en IT-bestuur in die korporatiewe en risikobestuursverslae

behandel word, verskaf die volhoubare

ontwikkelingsverslag ’n beter begrip van Remgro

se pogings op maatskaplike en omgewingsgebied

om sy kerndoelwitte van maksimum waardeskepping

oor die kort, medium en lang termyn te bereik

deur op etiese wyse sake te doen. Verwys na die

onderstaande tabel vir eksterne erkenning en prestasies

in hierdie verband gedurende die tydperk onder oorsig.

REMGRO BEPERK | 96 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

(Dr Anton Rupert – 1968)

> Deelname aan die openbaarmakingsprojek vir koolstofuitlating en opname in die Leierskapindeks vir 2010

> Voortgesette lidmaatskap van die Etiekinstituut van Suid-Afrika

OMVANG EN GRENSE VAN VERSLAG

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

Hierdie verslag is Remgro se eerste volhoubare

ontwikkelingsverslag, waar meer inligting oor die niefinansiële

aspekte van die groep se korporatiewe

praktyke verskaf word. Soos op bladsy 5 uiteengesit,

is die “Global Reporting InitiativeTM (GRI) Boundary

Protocol“ as riglyn gebruik om die grense van die

verslag te bepaal. Openbaarmaking word dus beperk tot

daardie entiteite waar die groep beheer oor finansiële

en bedryfsbeleid uitoefen, behalwe waar sodanige

entiteite die relevante inligting in hul eie gepubliseerde

jaarverslae bekend maak.

Tans het Remgro drie wesentlike bedryfsfiliale, te wete

Rainbow Chicken Beperk (Rainbow Chicken), Tsb Sugar

Holdings (Edms) Beperk (Tsb Sugar) en Wispeco

Holdings Beperk (Wispeco). Aangesien Rainbow

Chicken (’n 74%-filiaal) op die JSE genoteer is, is

volledige besonderhede oor sy finansiële, volhoubaarheids-

en maatskaplike vertoning op sy webblad

www.rainbowchicken.co.za beskikbaar.

Beide Tsb Sugar en Wispeco is ongenoteerde volfiliale

wat op ’n gedesentraliseerde grondslag as onafhanklike

entiteite bedryf en bestuur word en oor outonome

direksies beskik. Gegrond op bogenoemde, en die

feit dat die twee maatskappye slegs 4.5% van Remgro

se intrinsieke netto batewaarde verteenwoordig, word

slegs opgesomde nie-finansiële openbaarmaking ten

opsigte van maatskaplike en omgewingsvertoning van

hierdie maatskappye verskaf. Dit is in ooreenstemming

met Remgro se verslagdoening oor die finansiële

vertoning van hierdie maatskappye.

In navolging van die filosofie hierbo, bestuur Remgro

alle maatskappye waarin belê word op dieselfde

gedesentraliseerde grondslag ongeag of dit filiale,

geassosieerdes of gesamentlike ondernemings is.

Daarom word inligting wat verband hou met die

maat skaplike en omgewingsvertoning van filiale,

geassosieerdes en gesamentlike ondernemings

waar Remgro nie bedryfsbeheer uitoefen nie, nie

deur hierdie verslag gedek nie. Inligting word egter

wel verskaf in gevalle waar wesentlike volhoubare

ontwikkelingskwessies ter sprake is. Tensy anders

aangedui, hou alle openbaarmaking met betrekking tot

maatskaplike en omgewingsvertoning slegs verband

met Remgro se werksaamhede by sy hoofkantoor op

Stellenbosch.

RAPPORTERINGSBEGINSELS EN

GERUSSTELLING

Die inhoud van hierdie verslag is op die beginsels

en aanbevelings van die King III-verslag aangaande

geïntegreerde volhoubaarheidsrapportering gegrond,

sowel as op die G3-volhoubaarheidsrapporteringsriglyne

wat deur die GRI ontwikkel is. Daar is

ook kennis geneem van die aanbevelings in

die besprekingsdokument oor geïntegreerde

verslagdoening wat in Januarie 2011 deur die

Geïntegreerde Rapporteringskomitee van Suid-Afrika

uitgereik is en, waar moontlik, is dit ook toegepas.

Hoewel Remgro daartoe verbind is om verslagdoening

in ooreenstemming met die aanbevelings van King III

en GRI G3 te verbeter, het ons besluit om nie ons GRI

G3-toepassingsvlak vir hierdie verslag bekend te maak

nie, maar om ’n verslag op vlak C vir die volgende

jaarverslag voor te berei.

Terselfdertyd erken ons die toenemende vereistes

van beleggers en regulatoriese, asook ander riglyne,

soos King III, GRI G3 en die geïntegreerde

verslagdoenings riglyne vir eksterne gerusstelling

oor gekose nie-finansiële inligting. Alle beskikbare

opsies en vlakke van eksterne gerusstelling word

oorweeg om die pad vorentoe te bepaal. In hierdie

verband moet daarop gelet word dat Remgro ’n

gekombineerde gerusstellingsmodel volg wat bestuur,

interne oudit, en eksterne gerusstelling (bv verifikasie

van BBSEB-eienaarskapstelkaart en koolstofopenbaarmakingsprojek)

insluit. Ons glo dat hierdie metodes

die nodige gerusstelling gee oor die gehalte en

betroubaarheid van die inligting wat verskaf word.

ORGANISASIESTRUKTUUR

In Figuur 1 op die volgende bladsy verskyn ’n skematiese

voorstelling van Remgro en sy bedryfsfiliale, insluitende

hul getal werknemers en eienaarskapsbelang.

Soos vroeër genoem, word net opgesomde nie-finansiële

inligting oor die maatskaplike en omgewingsvertoning

van Remgro se bedryfsfiliale in hierdie verslag verskaf.

REMGRO BEPERK | 97 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

Figuur 1

ORGANISASIESTRUKTUUR

BESTUURSBENADERING TOT

VOLHOUBAARHEID

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

Remgro se direksie is in die finale instansie aanspreeklik

vir die vertoning van die maatskappy, met inagneming

daarvan dat strategie, risiko, prestasie en volhoubaarheid

onafskeidelik is. In hierdie opsig het die direksie die

algemene oorsig en rappor tering oor volhoubaarheid aan

die oudit-en-risikokomitee gedelegeer. In die tydperk

onder oorsig het Remgro sy omgewingsbestuursbeleid

en etiese kode bygewerk en daardeur sy verbintenis

bevestig om op verantwoordelike wyse sake te doen.

ETIEK EN NAKOMING

Etiek

Die direksie glo dat etiese gedrag uit die toepaslike

waardesisteme van die mense in diens van die

maatskappy spruit, asook uit die sigbare etiese

leierskap en waardegedrewe korporatiewe kultuur

wat dit rig en ondersteun. Leierskap wat op etiese

beginsels gegrond is, lei tot ’n natuurlike kultuur van

etiese en morele gedrag en die nakoming van wette,

reëls, kodes en standaarde. Die direksie beskou dit dus

as sy verantwoordelikheid om ’n kultuur van eerlikheid,

AANTAL WERKNEMERS

EIENAARSKAP %

RBD

(Remgro Bestuursdienste

Beperk)

8 007 2 981 986 182

16

73.6% 100% 100% 100%

deursigtigheid, billikheid, verantwoordelikheid en

aanspreeklikheid daar te stel en te handhaaf ten einde

die maatskappy as ’n voorkeurbeleggingsvennoot te

posisioneer. Dit word gerugsteun deur etiese leierskap,

aangesien etiek nie gereguleer kan word nie, maar uit

persoonlike oortuiging spruit.

In hierdie verband het die maatskappy ’n etiese

kode (die kode) aanvaar wat die raamwerk vir etiese

praktyke en sakegedrag verskaf wat op alle direkteure

en werknemers van toepassing is. Die kode is aan alle

werknemers op Remgro se intranet beskikbaar en

afskrifte daarvan word aan alle nuwe werknemers gegee.

Die kode, sowel as ’n formele geskenkbeleid, verskaf

duidelike riglyne oor geskenke, uitnodigings of gunste

wat van enige verskaffer of ander party ontvang word.

Die aanbied van gunste om onregmatige kommersiële

voordele te bekom, is ook streng verbode.

Die oudit-en-risikokomitee hou toesig oor die nakoming

van die kode en hanteer gevalle van bedrog of

onreëlmatighede. In die tydperk onder oorsig was daar

geen voorvalle van bedrog of onreëlmatighede nie.

REMGRO BEPERK | 98 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

Ander

fi liale

Wissel tussen

55% en 100%

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

Die maatskappy het ’n etiese lyn ingestel wat enige

werknemer of belanghebbende in staat stel om inligting

oor waargenome of vermeende onreëlmatige of

onetiese gedrag in ’n vertroulike en beheerde omgewing

te rapporteer. Die etiese lyn word deur ’n onafhanklike

derde party bestuur en is op ’n 24-uurgrondslag

beskikbaar. In die tydperk onder oorsig het die etiese

lyn geen oproepe ontvang nie.

Besonderhede oor die etiese lyn en die etiese

kontakpersoon is op Remgro se webblad by

www.remgro.com beskikbaar.

Nakoming

In die tydperk onder oorsig was daar geen voorvalle van

wesentlike nie-nakoming van enige wette, regulasies,

aanvaarbare standaarde of kodes nie en geen

noemenswaardige boetes is ook gehef nie.

VERHOUDINGE MET BELANGHEBBENDES

Ons verhouding met alle belanghebbendes is gegrond

op die volgende waardes wat in Remgro se etiese kode

verskans en daardeur ondersteun word:

> Verantwoordelikheid vir die bates en bedrywighede

van die maatskappy

> Aanspreeklikheid om sy besluite en bedrywighede

teenoor aandeelhouers en ander belanghebbendes

te regverdig

Suid-

Afrikaanse

regering en

beheerliggame

Deursigtigheid

Diensverskaffers

Aandeelhouers en

die beleggersgemeenskap

Verantwoordelikheid

Billikheid

Gemeenskap

> Billikheid in die beoordeling van belang hebbendes

se regmatige belange

> Deursigtigheid in die verskaffing van inligting op

’n wyse wat belanghebbendes in staat stel om

ingeligte besluite oor die maatskappy se vertoning

en volhoubaarheid te maak.

Remgro se direksie is die uiteindelike bewaarder

van sy korporatiewe reputasie en verhoudinge met

belanghebbendes. In hierdie verband spel ’n formele

beleid Remgro se benadering en strategie ten opsigte

van verhoudinge met belanghebbendes uit om te

verseker dat ’n inklusiewe benadering tot korporatiewe

bestuur gevolg word.

Remgro gebruik ’n wye verskeidenheid kommuni kasiemetodes

om te verseker dat sy kommunikasie met

belanghebbendes duidelik en verstaanbaar, sowel

as deursigtig, ewewigtig en geloofwaardig is en alle

relevante feite, hetsy positief of negatief, uiteensit.

Sorg word gedra dat skakeling met belanghebbendes,

waar moontlik, nie slegs eenrigtingkommunikasie

behels nie, maar opbouende vennootskapsgegronde

betrokkenheid verteenwoordig. Dit verseker dat die

regmatige verwagtinge van alle belanghebbendes,

sover moontlik, geïdentifiseer en hanteer word.

REMGRO BEPERK | 99 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

Werknemers

Aanspreeklikheid

Maatskappye

waarin belê

word en ander

aandeelhouers

van hierdie

maatskappye

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

Aandeelhouers en die beleggersgemeenskap

Remgro se hoofdoelwit is om waardeskepping en

volhoubare groei te maksimeer en in hierdie verband

word besondere moeite gedoen om te verseker dat

alle aandeelhouers of aandeelhouersklasse regverdig

behandel word. Spesiale sorg word gedra om minderheids

aandeelhouers teen optrede deur, of in die

belang van, die beherende aandeelhouer te beskerm

wat tot hul nadeel mag wees. In hierdie verband is

’n hoof onafhanklike direkteur in die tydperk onder

oorsig aangestel om as voorsitter van vergaderings

op te tree in omstandighede waar die onafhanklikheid

van die bestaande voorsitter bevraagteken word of

gekompromitteer is.

Kommunikasie met beleggers is op die beginsels van

tydige, ewewigtige, duidelike en deursigtige inligting

gegrond. In hierdie opsig het die beleggersgemeenskap

toegang tot dieselfde inligting waaroor Remgro se

aandeelhouers beskik. Duidelike protokolle bestaan

wat die aard, omvang en frekwensie van kommunikasie

met beleggers reël. Aandeelhouers en die beleggersgemeenskap

word aangemoedig om Remgro se

algemene vergaderings by te woon, waar aktuele

sake openlik bespreek word. Verdere interaksie met

institusionele beleggers vind twee keer per jaar by die

inbel-aanbieding van tussen- en finale resultate plaas,

waar vrae aan die hoofuitvoerende beampte, hoof

finansiële beampte en hoof beleggingsbeampte gestel

kan word. Die beleggersgemeenskap is ook welkom

om direk met senior bestuur te skakel.

Die mees onlangse, asook historiese, finansiële en

ander inligting word op die maatskappy se webblad by

www.remgro.com gepubliseer.

Werknemers

Vir Remgro om sy hoofdoelwitte te bereik, is dit

noodsaaklik om werknemers van gehalte te werf en

te behou. Ons werknemers word billik behandel en

mededingend vergoed en Remgro streef daarna

om aan alle werknemers die geleentheid te bied om

hul potensiaal te verwesenlik. Tydens korporatiewe

aksies word spesiaal daarna omgesien dat

werknemers wat aan Remgro se ekwiteitsverhandelde

aandelegroeiregteskema deelneem, nie gunstiger as

gewone aandeelhouers behandel word nie.

Omdat Remgro ’n beleggingshouermaatskappy met

’n klein personeel is, geskied kommunikasie met

werknemers informeel by wyse van onder andere

e-posboodskappe, die interne intranet, Remgro se

webblad, inligtingsessies en kennisgewingborde. Daar

word seker gemaak dat alle kommunikasie met aandeelhouers

ook aan werknemers oorgedra word.

Maatskappye waarin belê word en ander

aandeelhouers van hierdie maatskappye

Remgro se prestasie is direk gekoppel aan die vertonings

van die onderliggende maatskappye waarin belê

word en daarom word kommunikasie met hierdie

ondernemings en mede-aandeelhouers as baie

belangrik beskou. Verhoudinge met maatskappye waarin

belê is, word hoofsaaklik deur direksieverteenwoordiging

bestuur, met direkteure of senior bestuur

van Remgro wat as nie-uitvoerende direkteure in

die direksies van hierdie maatskappye dien. Hierdie

verteenwoordigers het tydens direksievergaderings

interaksie met die direkteure en senior bestuur van

die maatskappye waarin belê word en, indien nodig,

word verteenwoordigers van hierdie maatskappye

aangemoedig om Remgro se senior bestuur te ontmoet

vir besprekings oor hul besighede. Alle transaksies met

mede-aandeelhouers in maatskappye waarin belê is,

word op ’n billike wyse gehanteer en in ooreenstemming

met die onderliggende aandeelhouersooreenkomste.

Remgro streef daarna om waarde tot hierdie beleggings

toe te voeg.

Gemeenskap

Korporatiewe burgerskap, die verbintenis van ’n

onderneming om tot volhoubare ekonomiese ontwikkeling

by te dra, onderskryf die beginsel dat geen

besigheid in isolasie bestaan nie, maar onmiskenbaar

deel is van die omgewing waarin sake gedoen word.

In sy verhouding met die gemeenskap streef Remgro

daarna om ’n waardevennoot te wees en daarom

val die klem van sy gemeenskapsbetrokkenheid op

armoedebekamping en investering in jongmense uit

benadeelde gemeenskappe in die geloof dat sulke

beleggings tot ver in die toekoms goeie dividende

sal lewer. Remgro se korporatiewe maatskaplike

beleggings inisiatiewe word in meer besonderhede op

bladsy 105 tot 107 bespreek.

Diensverskaffers

Remgro glo daaraan om langtermyn-vennootskappe

met diensverskaffers aan te gaan wat op onderlinge

vertroue en respek gegrond is. Verskeie maatstawwe

speel ’n rol in die keuse van geskikte verskaffers,

waaronder voldoening aan gehaltestandaarde (indien

van toepassing), bestendigheid en ’n bewese rekord

van die organisasie en sy ondersteuningsnetwerk.

Aangesien Remgro ’n beleggingshouermaatskappy

is, word sy kostestruktuur deurgaans met dié van

effektetrusts vergelyk om te verseker dat aandeelhouers

nie benadeel word nie. As deel van die proses om

korporatiewe koste te bestuur, word goeie verhoudinge

met diensverskaffers gehandhaaf.

REMGRO BEPERK | 100 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

Suid-Afrikaanse regering en beheerliggame

’n Oop en eerlike verhouding word met die regering

en relevante beheerliggame gehandhaaf. In hierdie

verband geskied kommunikasie op ’n ad hoc-grondslag

soos die behoefte ontstaan en dit vind gewoonlik in die

vorm van formele vergaderings plaas. Beheerliggame,

soos die Nasionale Tesourie, die Suid-Afrikaanse

Reserwebank (SARB) en die JSE Beperk, word op hoogte

gehou van korporatiewe aksies in ooreenstemming

met alle toepaslike wette en regulasies. Vergaderings

met die SARB vind jaarliks plaas om hulle in te lig oor

Remgro se buitelandse bedrywighede.

BREË-BASIS SWART EKONOMIESE

BEMAGTIGING (BBSEB)

Inleiding

Die direksie glo dat BBSEB ’n maatskaplike, politieke

en ekonomiese noodsaaklikheid is en daarom word

die inisiatiewe van die maatskappy se filiale en

geassosieerdes in hierdie verband ondersteun

en aangemoedig. In die mate waarin Remgro se

filiale en geassosieerdes BBSEB implementeer, het

Remgro se aandeelhouers in effek deel aan hierdie

BBSEB-inisiatiewe en die koste en voordele daaraan

verbonde.

In die tydperk onder oorsig is besluit om Empowerdex

te betrek om die maatskappy se telling ten opsigte van

ekwiteitseienaarskap te sertifiseer en die proses word

in meer besonderhede hieronder bespreek.

Figuur 2

TELKAART VAN BBSEB-EKWITEITSEIENAARSKAP

Ekwiteitseienaarskap

Die verifiëring van BBSEB-eienaarskap word gereël

deur die praktykkodes met betrekking tot Breë-Basis

Swart Ekonomiese Bemagtiging (die kode), wat op

9 Februarie 2007 ingevolge artikel 9(1) van die Wet op

Breë-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (Nr. 53

van 2003) geproklameer is. Die metode wat deur

Empowerdex vir die verifiëring en sertifisering van

Remgro se bydraes tot BBSEB-eienaarskap gebruik

word, is ingevolge die bepalinge van Kodereeks 100,

Standpunt 102 – erkenning van die verkoop van bates,

ontleen. Die resultaat van hierdie oefening word in

figuur 2 hieronder aangebied.

Daar moet op gelet word dat, bykomend tot bogenoemde,

swart eienaarskap ook ingesluit is in die

aandeelhoudings wat institusionele beleggers in

Remgro hou (verwys na bladsy 200 waar Remgro se

belangrikste aandeelhouers aangedui word). Aangesien

besonderhede oor die uiteindelike begunstigdes van

hierdie aandeelhoudings nie geredelik volgens ras en

geslag beskikbaar is nie, is dit nie gekwantifiseer nie.

Ander elemente van die BBSEB-telkaart

Ander elemente van die generiese telkaartmaatstawwe,

soos deur die Departement van Handel uiteengesit, is

nie in die tydperk onder oorsig gesertifiseer nie. Remgro

neem egter jaarliks aan die Empowerdex Financial Mail

BBSEB-opname deel en ’n punt van 44.57 (vlak 7-bydraer)

is in die 2011-opname aan die maatskappy toegeken,

waarvan die volledige besonderhede in figuur 3 uiteengesit

word.

Telkaart

Eienaarskap Gewig Teiken Behaal Telling

Swart stemreg 3 25.00% 11.44% 1.37

Stemreg van swart vroue 2 10.00% 2.73% 0.55

Swart ekonomiese belang 4 25.00% 11.44% 1.83

Ekonomiese belang van swart vroue 2 10.00% 2.73% 0.55

Ekonomiese belang (gespesifi seerde groepe) 1 2.50% 2.10% 0.84

Realiseringspunte

– Eienaarskapverwesenliking 1 Ja Ja 0.00

– Netto waarde 7 Verskeie 11.44% 3.20

Bonus – nuwe swart toetreders 2 10.00% 0.00% 0.00

Bonus – swart deelnemers 1 10.00% 0.00% 0.00

Totale telling 8.34

REMGRO BEPERK | 101 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

Figuur 3

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

ANDER ELEMENTE VAN BBSEB-GENERIESE TELKAART

Element Aanwyser Gewig Telling

Bestuurbeheer Persentasie swart persone in uitvoerende bestuur en/of

uitvoerende direksiekomitees 10 4.45

Gelyke indiensneming Geweegde gelyke indiensnemingsanalise 15 0.00

Vaardigheids ontwikkeling Vaardigheidsontwikkelingspandering in verhouding tot die

totale betaalstaat 15 7.23

Voorkeurverkryging Verkryging vanaf bemagtigde ondernemings en dié in

swart besit in verhouding tot totale bates 20 12.89

Entiteitsontwikkeling Gemiddelde waarde van bydrae tot ondernemingsontwikkeling

as ’n persentasie van die teiken van 3% van

netto wins na belasting 15 15.00

Sosio-ekonomiese Korporatiewe maatskaplike belegging tot voordeel van

ontwikkeling

swart persone 5 5.00

Totale telling 44.57

Die individuele elemente word in meer besonderhede

hieronder bespreek.

Bestuursbeheer

Remgro se direksie is saamgestel op ’n wyse wat

verseker dat die gesamentlike vaardighede en ervaring

van direkteure geskik is om sy verantwoordelikhede na

te kom en die groep se doelwitte te bereik. Die direksie

het die afgelope paar jaar aansienlik getransformeer,

met vyf van die twaalf nie-uitvoerende direkteure (42%)

wat tans swart is. Op bestuursraadvlak is een uit die

sewe lede swart.

Gelyke indiensneming

Gelyke indiensneming is Remgro se grootste

transformasie-uitdaging. ’n Telling van 0.0% is in hierdie

kategorie aan die maatskappy toegeken weens die feit

dat die minimum vlak van 40% nie behaal is in elk van

die teikens wat in die gelyke indiensnemingstelkaart

uiteengesit is nie. ’n Jaarlikse arbeidsplan waarin

Remgro se transformasiedoelwitte uiteengesit word,

word aan die Departement van Arbeid voorgelê. Hoewel

pogings aangewend word om die maatskappy se swart

verteenwoordiging op bestuursvlak te verbeter, bly die

lae personeelomset van 4.3%, asook geringe organiese

groei, beperkende faktore. Meer besonderhede oor

gelyke indiensneming word op bladsy 104 aangebied.

Remgro se opgesomde gelyke indiensnemingsverslag,

soos op 31 Augustus 2010, word in figuur 4 aangebied en

sit die verspreiding van heeltydse werknemers volgens

ras en per beroepsvlak uiteen.

Vaardigheidsontwikkeling

Remgro voldoen aan die vereistes van die Wet op

Vaardigheidsontwikkeling ingevolge waarvan ’n vaste

persentasie van die betaalstaat as ’n opleidingsheffing

aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens betaal word.

’n Jaarlikse verslag van alle opleiding wat in die maatskappy

plaasgevind het, word ook aan die relevante

SETA voorgelê.

Voorkeurverkryging

Aangesien Remgro nie ’n bedryfsmaatskappy is

nie, is die verkrygingsfunksie baie klein en word die

verkrygingsprofiel deur ’n hoë dienskomponent

geken merk eerder as deur materiaalaankope. Soos

uit die verkrygingstelkaart blyk, koop Remgro meer

as die helfte van sy goedere en dienste van BBSEBgeakkrediteerde

handelaars. ’n Verbetering van die

voorkeurverkrygingstelling bly ’n fokusgebied vir

Remgro.

Onderneming- en sosio-ekonomiese ontwikkeling

Remgro het in hierdie twee gebiede die maksimum

punte verdien vanweë die volgehoue besteding aan

besigheidsontwikkeling en korporatiewe maatskaplike

beleggingsinisiatiewe. Meer besonderhede oor die

maatskappy se korporatiewe maatskaplike inisiatiewe

word op bladsy 105 verskaf.

BBSEB by maatskappye waarin belê is

Remgro monitor en dra by tot die BBSEB-vertoning

van die maat skap pye waarin belê is deur sy direksieverteenwoordiging

en deelname en fasilitering van

korporatiewe aksies by hierdie maatskappye. Die

BBSEB-status van Remgro se bedryfsfiliale word in meer

besonderhede behandel in die afdeling wat handel oor

“volhoubaarheid by bedryfsfiliale“ op bladsy 107.

Hieronder is ’n opsomming van die BBSEB-status van ’n

aantal Remgro geassosieerdes soos op 30 Junie 2011:

Sabido Vlak 2-bydraer

FirstRand Vlak 3-bydraer

Mediclinic Vlak 3-bydraer

Air Products Vlak 4-bydraer

Total South Africa Vlak 4-bydraer

Dark Fibre Africa Vlak 5-bydraer

Distell Vlak 5-bydraer

Unilever Vlak 6-bydraer

REMGRO BEPERK | 102 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

Figuur 4

ONS MENSE

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

OPGESOMDE GELYKE INDIENSNEMINGSVERSLAG, SOOS OP 31 AUGUSTUS 2010

Buite-

Mans Vroue

landers

Beroepsvlakke S B I W S B I W Mans Vroue Totaal

Topbestuur 0 1 0 7 0 0 0 1 0 0 9

Senior bestuur

Professioneel gekwalifi seerde

en ervare spesialiste, asook

0 0 0 14 0 0 0 2 0 0 16

middelvlakbestuur

Opgeleide tegniese en

akademies gekwalifi seerde

werkers, junior bestuur,

toesighouers, voormanne en

0 1 1 20 0 0 0 9 0 0 31

superintendente

Halfgeskoold, met

4 6 0 12 1 5 0 35 0 0 63

diskresionêre besluitneming

Ongeskoold, met

gespesifi seerde

19 29 0 0 7 11 0 0 0 0 66

besluitneming 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0

Totaal heeltyds 23 37 1 53 8 16 0 47 0 0 185

Deeltydse werknemers 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0

Groottotaal 23 37 1 53 8 16 0 47 0 0 185

Werknemersamestelling

Remgro glo dat die gehalte van sy personeel ’n belangrike

volhoubare voordeel bied. As ’n beleggingshouermaatskappy

het hy ’n klein personeelkorps, wat

op 30 Junie 2011 uit 182 werknemers (31 Maart 2010:

185 werknemers) bestaan het. Verwys na figuur 5 waar

Figuur 5

SAMESTELLING VAN WERKNEMERS

Vroue

38%

Mans

62 %

31 – 40 jaar oud

23%

30 jaar en jonger

4%

meer besonderhede oor die samestelling van ons

personeel, volgens ras, geslag en ouderdom, aangebied

word.

In die vyftien maande onder oorsig was Remgro se

personeel omset 4.3% teenoor 2.7% in die twaalf maande

tot 31 Maart 2010. Die omsetsyfers is bereken deur die

totale aantal werknemers op jaareinde te gebruik.

41 – 50 jaar oud

30%

51 jaar en ouer

43%

REMGRO BEPERK | 103 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

Swart, bruin, Indiër

46%

Wit

54%

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

Werwing- en keuringbeleid

Om te verseker dat Remgro ’n voorkeurbeleggingsvennoot

bly, is dit belangrik dat werknemers van die

hoogste gehalte gewerf, gekies en behou word. In

hierdie verband sal die maatskappy te alle tye probeer

om die beste kandidaat in ’n pos aan te stel. Remgro glo

dat alle persone op gelyke indiensnemingsgeleenthede

geregtig is en daarom word geen diskriminasie teenoor

werknemers of aansoekers op grond van geslag, ras,

geloof of ander redes toegelaat nie.

Gelyke indiensneming

Remgro onderskryf die beginsels van die Wet op Gelyke

Indiensneming en in hierdie verband streef hy deur

sy gelyke indiensnemingsbeleid daarna om gelyke

geleenthede aan alle werknemers te bied en om geskikte

individue te identifiseer, te ontwikkel en te vergoed

in ooreenstemming met hul prestasie, toewyding en

lojaliteit. Spesiale aandag word aan groepe gegee wat

vanweë historiese redes hulself in ’n minder bevoorregte

posisie mag bevind.

Werknemersvergoeding

Ons doelwit is om werknemers billik, mededingend en

volgens hul vermoë, vaardighede, verantwoordelikheid

en prestasievlakke te vergoed. Die vlak van salarisse

wat betaal word, is een van verskeie aspekte van ons

strategie om mense van gehalte te behou, te motiveer

en, waar nodig, te werf. Daarby bied Remgro ook aan

sy personeel ’n stimulerende werkomgewing. Remgro

se vergoedingsbeleid is in die tydperk onder oorsig

geformaliseer en sit die vergoedingsbenadering met

betrekking tot direkteure en bestuursraadslede uiteen.

Verwys na die vergoedingsverslag op bladsy 119 waar

Remgro se vergoedingsbenadering volledig bespreek

word.

Remgro bied aan sy werknemers aftreevoordele in

die vorm van ’n omskrewevoordeelfonds (geslote)

en omskrewebydraefonds wat onafhanklik van die

maatskappy se finansies geadministreer word. Daarby

word ook mediese versekering en studiehulp aan

werknemers gebied.

Opleiding en vaardigheidsontwikkeling

Die hoofdoel van opleiding is om werknemers

sodanig toe te rus dat hulle hul volle potensiaal kan

verwesenlik tot voordeel van die maatskappy en hulself.

Aangesien Remgro, as beleggingshouermaatskappy,

oor ’n hoogs gespesialiseerde arbeidsmag beskik,

word geen voorgeskrewe opleidingsprogramme

aanbeveel nie. Individue word egter aangemoedig

om opleidingskursusse by te woon wat hulle beter kan

toerus om hul werk te doen. Die afgelope twee jaar is

verskeie werkwinkels en opleidingsessies oor King III

en die nuwe Maatskappywet gehou om te verseker

dat direkteure en bestuur toegerus is om gesonde

korporatiewe bestuurspraktyke te implementeer en toe

te pas op alle vlakke waar hulle betrokke is.

Gesondheid en veiligheid

Die maatskappy het ’n gesondheid-en-veiligheidskomitee

wat saamgestel is ingevolge die Wet op

Beroepsgesondheid en Veiligheid. Die komitee is

’n subkomitee van die risiko-en-IT-bestuurskomitee

en verseker dat die maatskappy ’n veilige, gesonde

en risikovrye omgewing vir sy personeel en besoekers

bied en sien toe dat beheermaatreëls om risiko’s te

beperk doeltreffend is en toegepas word.

MIV/vigs

Uit ’n beleggingshouermaatskappy se perspektief

bestaan die risiko verbonde aan MIV/vigs uit twee

elemente, naamlik:

Groeprisiko

Gegewe die potensiële uitwerking van MIV/vigs op

markte, menslike kapitaal, die koste van indiensneming

en die bedryfsprosesse van ondernemings waarin belê

is, word hierdie risiko bestuur binne die strukture van

die onderskeie maatskappye waarin belê word. Die

vordering van hierdie beleid en strategieë word aan die

hand van bestepraktyk-standaarde gemonitor. Meer

inligting rakende die bestuur van MIV/vigs by Remgro se

bedryfsfiliale word op bladsy 107 verskaf.

Maatskappyrisiko

Remgro het ’n formele MIV/vigs-beleid en is verbind

tot daadwerklike stappe om die pandemie, en die

besigheidsrisiko’s daaraan verbonde, te bestuur. Die

beleid maak onder andere vir die volgende voorsiening:

> Dat alle wetlike verpligtinge met betrekking tot

MIV/vigs nagekom word

> Dat daar op geen wyse teen werknemers of potensiële

werknemers gediskrimineer word op grond van hul

MIV-status nie

> Dat inligting oor die MIV-status van werknemers

streng vertroulik gehanteer word

> Dat algemene maatreëls ingestel en bestuur word

om toevallige besmetting te voorkom

Die Remedi Mediese Hulpskema, waaraan die meeste

Remgro-personeel behoort, beskik oor ’n bestuursplan

vir MIV/vigs waaraan werknemers volgens hul keuse

deelneem.

REMGRO BEPERK | 104 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

BELEGGING IN DIE GEMEENSKAP

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

Remgro se korporatiewe maatskaplike bestedingsinisiatiewe

en skenkingsprogram dek ’n breë spektrum

van die gemeenskap en kan in die volgende kategorieë

opgesom word:

> Gemeenskapsontwikkeling

> Kulturele ontwikkeling

> Entrepreneurskap en opleiding

> Omgewing

> Gesondheidsorg

> Sportontwikkeling

Remgro probeer om ’n korporatiewe maatskaplike

besteding van ongeveer 2.5% van sy vrye kontantvloei

jaarliks te handhaaf. In hierdie opsig vergader die

donasiekomitee op ’n gereelde basis om skenkings aan

kwalifiserende instansies te oorweeg en goed te keur.

Skenkings aan kwalifiserende instansies word op ’n

jaarlikse grondslag vir ’n spesifieke tydperk gemaak en

hoewel bydraes oor ’n taamlike breë spektrum strek, is

daar twee ooglopende uitsonderings: politieke partye

en kerkgenootskappe. Hoewel die maatskappy sy

werknemers se reg respekteer om volgens keuse by

hierdie instansies betrokke te raak, oefen hyself nie ’n

keuse uit nie.

Gedurende die tydperk onder oorsig het Remgro

se korporatiewe maatskaplike besteding R22 miljoen

bedra (31 Maart 2010: R13 miljoen), soos in die

onderstaande tabel uiteengesit.

Opsomming van

korporatiewe

maatskaplike besteding

Vyftien

maande

30 Junie

2011

R miljoen

Twaalf

maande

31 Maart

2010

R miljoen

Gemeenskapsontwikkeling

7 4

Kulturele ontwikkeling

Entrepreneurskap en

4 2

opleiding 5 4

Omgewing 3 1

Gesondheidsorg 1 1

Sportontwikkeling 2 1

22 13

In die tydperk onder oorsig was die vernaamste

instansies waarby Remgro betrokke was die volgende:

Gemeenskapsontwikkeling

Ikamva Labantu – is 45 jaar gelede as ’n “ongevalleafdeling“

vir swart stedelike gemeenskappe in die

Wes-Kaap gestig en het sedertdien tot ’n breëbasisgemeenskapsprojek

ontwikkel wat ’n holistiese

benadering volg ten opsigte van die ontwikkeling

van arm gemeenskappe: van voorskoolse kinders

en ondersteuningsdienste vir gesinne tot die omsien na

die behoeftes van bejaardes en gestremdes.

Stellenbosch-Gemeenskapsontwikkelingsprogram

(SGOP) – is ’n inisiatief in Kayamandi, ’n woongebied aan

die buitewyke van Stellenbosch, waarheen die meeste

van die inwoners (30 000) gekom het op soek na werk.

Hier leef die meeste van hulle in informele nedersettings

en in uiterste armoede. Dit, saam met die hoë voorkoms

van MIV/vigs, maak van Kayamandi ’n gemeenskap wat

hulp dringend nodig het. Die hoofdoel van die SGOP is

om honger te help bekamp en voedsel aan behoeftige

en wangevoede laerskoolkinders te verskaf om hul leeren

konsentrasievermoë te verbeter.

Yabonga – het in 1997 as ’n informele inisiatief tot stand

gekom om kleuterskole in die armste gemeenskappe

in Kaapstad en omliggende gebiede te ondersteun.

As gevolg van die verwaarlosing van MIV-besmette

kinders het die organisasie sy fokus in 2000 verskuif

met die opening van ’n weeshuis vir besmette babas in

Khayelitsha. Omdat Yabonga toenemend met desperate

ma’s te kampe gekry het wat kinders by die weeshuis

aflaai, is met ’n opleidingskursus begin om behoeftige

ma’s te onderrig en hulle te help om portuuropvoeders

in hul gemeenskappe te word.

Kulturele ontwikkeling

Veldorkesstigting (FBF) – die FBF, wat by geleentheid

al as ’n innoverende oplossing vir ’n maatskaplike

probleem beskryf is, het van ’n beskeie begin in 1997

tot 18 veldorkesstreke met 36 orkeste gegroei, waarby

meer as 4 000 jongmense landwyd betrokke is. Deur

van massa-blaasorkeste, met dansers, gebruik te maak

om bepaalde lewensvaardighede te kweek, streef die

FBF daarna om ’n veilige, inspirerende en energieke

omgewing te skep waar jongmense hul innerlike krag en

positiewe kwaliteite kan ontdek en koester.

Children’s Art Festival (CAF) – hierdie gevestigde

instelling wat sy ontstaan 20 jaar gelede gehad het en

tans ’n vaste instelling by die Grahamstad Nasionale

Kunstefees is, gee aan kinders van veral die Oos-Kaap

’n stimulerende en opwindende blootstelling aan kuns.

Baie van die kinders kom uit ’n agtergrond waar enige

vorm van kuns heeltemal vreemd is.

Entrepreneurskap en opleiding

TSiBA – die Tersiêre Skool in Besigheidsadministrasie,

ook bekend as die entrepreneursuniversiteit van

Kaapstad, is in 2004 gestig met die doel om begaafde

jongmense van kleur deur middel van ’n B-graad

in besigheidsadministrasie vir indiensneming voor

REMGRO BEPERK | 105 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

te berei. In 2009 het TSiBA sy bedrywighede na die

Suid-Kaap uitgebrei en dit saamgevoeg met dié van die

Eden-kampus naby Sedgefield – ’n residensiële “groen“

kollege wat op entrepreneurskap en vaardigheidsontwikkeling

fokus.

Shalamuka Stigting – hierdie stigting is in 2006

daargestel om langtermynbefondsing, onder andere

deur deelname aan SEB-transaksies, te verseker vir

die hoogaangeskrewe Penreach-program, ’n niewinsgewende,

holistiese skoolontwikkelingsprogram

wat daarna streef om die vaardighede van onderwysers

en die gehalte van onderwys in Mpumalanga en

omliggende gebiede te verbeter.

SciMathUS – is in 2001 deur die Universiteit van

Stellenbosch as ’n oorbruggingsprogram ontwikkel

met die doel om hoër onderwys meer toeganklik te

maak vir swart studente wat gretig is om hul studies

in fisiese en toegepaste wetenskap, ingenieurswese,

mediese en gesondheidswetenskappe en ekonomiese

en bestuurswetenskappe voort te sit.

Bergzicht Opleidingsentrum – met sy basis in

Stellenbosch, verskaf hierdie sentrum onderrig in

werkverwante vaardighede aan ongeskoolde en

werklose mense uit agtergeblewe gemeenskappe. Sy

benadering is uniek deurdat dit verskeie kort-, sowel

as omvattende kursusse in verskillende rigtings deur

die jaar aanbied, soos tuisbestuur, bejaardesorg,

spyseniering en kindersorg, kursusse wat nie een langer

as drie maande duur nie.

ORT-Tech – het ’n vennootskap met Remgro aangegaan

om die geletterdheid- en syfervaardighede van

graad 6-leerders in twaalf skole in die Stellenbosse

distrik te verbeter. Die projek is ’n opvolg van die ORT

SEED-projek wat tussen 2008 en 2010 deur Remgro in

laerskole in die groter Stellenbosch-gebied befonds

is en 70 onderwysers en 2 200 leerders sal hierby

betrek word. Die doel van die huidige inisiatief is

om die geletterdheidsvlak en syfervaardighede van

elke skool met 10% te verhoog, die skole te help

om die implementering van veranderinge in die

nasionale kurrikulum te bestuur en om funksionele

klaskamerbiblioteke in te rig. ORT-Tech is die

innoverende vertakking van ORT South Africa, wat

regoor die land in gebiede van uiterste armoede en

agterstand werksaam is.

Omgewing

Stigting vir Vredesparke – die stigting fasiliteer

die volgende: die daarstelling van oorgrensbewarings

gebiede (vredesparke) wat ekosisteme

oor internasionale grense verbind, die ontwikkeling

van menslike hulpbronne, die bevordering van

volhoubare ekonomiese ontwikkeling, die bewaring

van biodiversiteit, asook streeksvrede en -stabiliteit.

Vredesparke in Suider-Afrika sluit vandag omtrent

die helfte van alle geproklameerde bewaringsgebiede

in die streek in (met ’n oppervlakte van nagenoeg

800 000 km²).

WWF Suid-Afrika (WWF-SA) – gestig deur wyle

dr Anton Rupert in 1968 as die Suider-Afrikaanse tak van

die WWF, die internasionale bewaringsliggaam, speel

WWF-SA vandag ’n belangrike bewaringsrol, beide deur

bewaringsprojekte wat self onderneem word, asook die

finansiering wat aan ander verskaf word om verwante

bewaringswerk te doen.

Gesondheidsorg

Wits Donald Gordon-Mediese Sentrum (WDGMS) –

is die eerste private akademiese hospitaal in Suid-

Afrika. Dit het tot stand gekom toe die Universiteit van

die Witwatersrand die Kenridge-hospitaal in Parktown,

Johannesburg met ’n stigterdonasie van die Donald

Gordontrust gekoop het. In 2005 het die Mediclinichospitaalgroep

’n vennoot saam met Wits Universiteit

geword en is die bestuurskontrak van die hospitaal aan

eersgenoemde toegeken. WDGMS is gestig met die

doel om ’n fasiliteit vir die opleiding van subspesialiste in

die privaatsektor te skep en het homself ten doel gestel

om die getalle van dié dokters in die nabye toekoms met

40% te verhoog.

Stigting vir Orgaanskenkers van SA – die beskikbaarheid

van lewensonderhoudende organe is letterlik

’n saak van lewe en dood. Die afgelope 23 jaar het

die stigting hom beywer om die oorgang van organe

van skenker na ontvanger so glad moontlik te laat

verloop. Deur vier vlugte per jaar vir die vervoer van

noodsaaklike organe te borg, ondersteun Remgro

hierdie humanistiese poging en word erkenning graag

gegee aan die belangrike rol wat die personeel van die

lugvaartmaatskappy Falconair in hierdie verband speel.

Sportontwikkeling

SA Gholfontwikkelingsraad (SAGOR) – die hoofdoel

van SAGOR is om gholf toeganklik vir alle Suid-Afrikaners

te maak deur geleenthede te skep waar dit nog

REMGRO BEPERK | 106 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

ontbreek. Die afgelope dekade is gehalte-afrigting aan

meer as 17 000 jong gholfspelers uit minder gegoede

gebiede verskaf met die doel om hulle in die hoofstroom

van junior gholf in Suid-Afrika te bring. Tans is SAGOR in

elf streke van die land bedrywig.

Wes-Kaapse Krieketakademie – as ’n katalisator vir

krieketontwikkeling in die land het die Akademie van

krag tot krag gegaan sedert die stigting daarvan in die

1990’s. Nasionale en provinsiale spanne wemel letterlik

van spelers wat hulle talente by die Akademie geslyp het.

Die provinsiale spanne van die Westelike Provinsie en

die Boland het die grootste voordeel getrek uit hierdie

inisiatief, wat oor die jare ’n onuitwisbare stempel op die

loopbane van baie talentvolle spelers afgedruk het.

VOLHOUBAARHEID VAN BEDRYFSFILIALE

Remgro se drie bedryfsfiliale, te wete Rainbow Chicken,

Tsb Sugar en Wispeco, word op ’n gedesentraliseerde

grondslag as onafhanklike entiteite, met outonome

direksies, bedryf en bestuur. Slegs opgesomde

nie-finansiële inligting, wat verband hou met

hul bestuurstrukture, sowel as maatskaplike en

omgewingsvertonings, word in hierdie verslag verskaf,

terwyl hul finansiële vertonings in meer besonderhede

in die beleggingsoorsigte op bladsy 43 behandel word.

Rainbow Chicken

Inleiding

Rainbow is ’n vertikaal geïntegreerde hoenderprodusent

en sy besigheid sluit bekende handelsmerke

soos Rainbow, Farmer Brown, Rainbow

FoodSolutions, Epol, Cobb en Vector logisticsolutions

in. Die maatskappy is op die JSE Beperk onder

“Verbruiksgoedere – Voedselvervaardigers“, met die

aandeelkode “RBW“ genoteer.

Bestuur, risikobestuur en nakoming

Rainbow se direksie bestaan uit nege nie-uitvoerende

(van wie vier onafhanklik is) en twee uitvoerende

direkteure. Daar moet op gelet word dat die voorsitter

van die direksie, mnr Thys Visser, nie onafhanklik is nie

omdat hy ’n direkteur van Rainbow se hoofaandeelhouer,

Remgro Beperk, is. In hierdie verband het Rainbow

mnr R V Smither as hoof onafhanklike direkteur op

30 Augustus 2011 aangestel om as voorsitter van

vergaderings op te tree in omstandighede waar die

onafhanklikheid van die huidige voorsitter bevraagteken

word of gekompromitteer is.

Aangesien Rainbow ’n genoteerde maatskappy is,

moet hy aan die noteringsvereistes van die JSE en

die aanbevelings van King III voldoen. In die tydperk

onder oorsig het die maatskappy voortgegaan om sy

bestuurs-, gerusstellings- en risikobestuurspraktyke

te verbeter wat daartoe gelei het dat sekere rolle,

strukture en komiteemandate gewysig is om die groep

se bestuur te versterk. Rainbow se risikokomitee, wat

’n sub komitee van die direksie is, is verantwoordelik vir

toesig oor die geskiktheid en algehele doeltreffendheid

van die groep se risikobestuursfunksie en die

implementering daarvan deur bestuur. Dié komitee

word deur ’n interne ouditafdeling ondersteun wat uit

’n toegewyde span toepaslik gekwalifiseerde en tegnies

ervare personeel bestaan.

Sleutelvolhoubaarheidsgebiede

Klante raak toenemend proaktief ten opsigte van

kwessies soos gesondheid en veiligheid, boerderypraktyke,

dierewelsyn, produkveiligheid en -etikettering.

Rainbow hanteer hierdie kwessies op verskeie maniere

en op die volgende bladsy is ’n verkorte weergawe van

sy volhoubaarheidsverslag in hierdie verband. ISObestuurstelsels

is oral in Rainbow geïmplementeer om

aan gehaltevereistes en regulasies te voldoen.

REMGRO BEPERK | 107 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

BELANGHEBBENDES SE KOMMER WAT ONS DOEN

Produkgehalte en -veiligheid Aanstelling van vleisinspekteurs en prosesserings- en

ingenieurspersoneel om veilige produkte te verseker wat

aan bepaalde spesifikasies voldoen

Aanstelling van “Safety, Health, Environmental and Quality

Management“-spanne om verwerking, voedselveiligheid

en wetlike en gehaltevoldoening deur middel van oudits

te verifieer

Voldoening aan ISO 22000

Etikettering Voldoen aan die regulasies van die Wet op Voedingstowwe,

Kosmetiekware en Ontsmettings middels (Nr. 154 van 1972)

en nakoming van regulasie R146 sal in Maart 2012 voltooi

wees

Ondersteun die Verbruikersgoedereraad van Suid-Afrika

(CGCSA) en Globale Standaarde (GS1) in die lys van alle

produkte met GS1

Boerderypraktyke, insluitende:

Onderskryf die Britse Pluimveeraad se “Assured Chicken

Dierewelsyn

Huisvesting van hoenders

Voeding

Production Programme“ wat die hoogste standaarde vir

die voeding en welsyn van pluimvee daarstel

Oudits van dierewelsyn deur onafhanklike geakkrediteerde

ouditeure regdeur landboudissipline om nakoming van

Dieregesondheid en -veiligheid

dierewelsynvereistes te verifieer

Voorraaddigtheid van hokke word bepaal deur vloerspasie

van die hok en toerusting daarin

Toegang tot plase word deur streng bio-sekuriteitsmaatreëls

beheer

Voedselgrondstowwe word beheer deur die Wet op

Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels

(Nr. 36 van 1947)

Tropbehandeling word beheer deur die Wet op die Beheer

van Medisyne en Verwante Stowwe (Nr. 101 van 1965)

Gereelde DBV-inspeksies

Halaalstatus Hoenders word deur halaal-slagters geslag en gereelde

inspeksies word deur die Suid-Afrikaanse Halaalowerheid

(SANHA) en die “Muslim Judicial Council“ (MJC) gedoen

Verbruikersinsig Bemarking- en produkontwikkelingspanne verseker

dat Rainbow mededingende handelsmerke teen

mededingende pryse ontwikkel en bemark

Mense

Rainbow erken die belangrikheid van sy personeel

en lê klem op die bou van ’n gemeenskap van

geïnspireerde mense met ’n gemeenskaplike doel. Deur

konstruktiewe erkenningsooreenkomste het Rainbow

’n bedingingseenheid daargestel waaraan 71% van sy

personeel behoort en waardeur onderhandelings met

erkende vakbonde oor salarisse en diensvoorwaardes

jaarliks plaasvind. Rainbow het in 2011 ’n proses begin om

met sy gelyke indiensnemingskomitees te beraadslaag

met die oog daarop om teen 2015 ’n omvattende gelyke

indiensnemingsplan gereed te hê waarmee die teikens

van die Departement van Arbeid gehaal kan word.

Op 30 Junie 2011 het 28% van Rainbow se personeel

op bestuursvlak (31 Maart 2010: 27%) uit nie-blanke

werknemers bestaan.

Rainbow het ’n nasionale gesondheids- en veiligheidsbeleid

wat alle bedrywe en geriewe verbind tot

die daarstelling en handhawing van ’n gesonde en

veilige werkomgewing. Die maatskappy het in 2010 ’n

“disabling incident frequency rate“ (DIFR) van

1.05 behaal. Die DIFR is ’n internasionaal aanvaarde

standaard vir die meting van veiligheidsprestasie en

hou verband met die aantal ongeskiktheidsvoorvalle

vir elke 200 000 man-ure gewerk. Die DIFR-hersiening vir

2011 is tans in proses.

Rainbow se MIV/vigs-beleid dek die arbeidsmag en gee

rigting aan die maatskappy se bestuur van MIV/vigs, met

die klem op onderrig, portuuropvoeding, voorkoming

en vrywillige berading en toetsing. Die beleid verseker

ook dat geen diskriminasie in die werkplek plaasvind nie

en dat werknemers wat die kliniek bywoon, dit vertroulik

REMGRO BEPERK | 108 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

doen. Rainbow borg ook vigsbewusmakingsdae vir die

jeug om die gemeenskap ingelig te hou.

Rainbow se opleidingsbesteding vir die vyftien maande

tot Junie 2011 het R16 miljoen bedra teenoor R15 miljoen

in die twaalf maande tot Maart 2010.

BBSEB

Rainbow se laaste BBSEB-verifiëringsproses is op

31 Maart 2011 deur Empowerdex gedoen en ’n vlak 5bydraervlak

is bereik, wat gelykstaande aan ’n

80%-verkrygingserkenningsvlak en ’n totaal van

55.85 punte op die generiese telkaart is.

Korporatiewe maatskaplike besteding

Rainbow het die volgende twee gebiede geïdentifiseer

waar hy glo dat hy met sy korporatiewe maatskaplike

bestedingsbeleid ’n betekenisvolle en volhoubare

bydrae oor die lang termyn tot agtergeblewe gemeenskappe

kan maak:

> Onderwys, en

> Vaardigheidsontwikkeling

Rainbow se maatskaplike besteding het in die vyftien

maande tot Junie 2011 R4 miljoen bedra teenoor

R3 miljoen in die twaalf maande tot Maart 2010.

Omgewing

Verwys na die omgewingsafdeling op bladsy 115 waar

die omgewingspraktyke van Rainbow ook ingesluit is.

Rainbow se volledige volhoubaarheidsverslag is op sy

webblad by www.rainbowchicken.co.za beskikbaar.

Tsb Sugar

Inleiding

Tsb Sugar is ’n volfiliaal van Remgro en streef daarna

om die voorste laekoste-vervaardiger en -bemarker

van suiker en suikerverwante produkte in die Suider-

Afrikaanse streek te wees. Die maatskappy is in 1965

gestig en besit en bedryf tans drie suikermeulens,

waarvan twee in die Nkomazi-streek van Mpumalanga

en een in die Pongola-streek in die noorde van KwaZulu-

Natal is. Suikerprodukte word hoofsaaklik onder die

bekende Selati-handelsmerk verkoop. Neweprodukte

van die suikervervaardigingsproses, soos bagasse en

melasse, word in die produksie van Molatek, Tsb Sugar

se dierevoer-onderneming, gebruik.

Die maatskappy gee ondersteuning aan meer as 1 700

kommersiële en kleinboere op sowat 47 000 hektaar

besproeiingsgrond. In ruil hiervoor verskaf die boere

ongeveer 80% van die suiker wat in die meulens

verwerk word.

Bestuur, risikobestuur en nakoming

Die bekendstelling van King III het aan Tsb Sugar die

geleentheid gebied om sy bestuurstrukture te versterk.

Daar is veral gefokus op die hersiening van

bestaande mandate, beleid en prosedures ten opsigte

van sleutelbestuursmaatstawwe, met insluiting van,

maar nie beperk nie tot die handveste en mandate

van die direksie en sy subkomitees, asook die beleide

ten opsigte van belanghebbendes, IT-bestuur en

wetlike nakoming. Tsb Sugar se direksie bestaan tans

uit elf direkteure van wie sewe nie-uitvoerend is. Vyf van

die nie-uitvoerende direkteure is onafhanklik.

Die direksie het drie subkomitees, te wete ’n oudit-en-ITbestuurskomitee,

’n menslike hulpbronne-komitee en ’n

risikokomitee aangestel om hulle met die uitvoering van

sy pligte en verantwoordelikhede by te staan. Die ouditen-IT-bestuurskomitee

bestaan uit drie onafhanklike,

nie-uitvoerende direkteure. Die risikokomitee bestaan

uit twee onafhanklike, nie-uitvoerende direkteure en is

verantwoordelik vir toesig oor die prosesse en beleid

wat die uitvoerende bestuur implementeer om die

integriteit en doeltreffendheid van risikobestuur te

verseker. Die komitee word deur ’n interne ouditafdeling,

bestaande uit toepaslik gekwalifiseerde en tegnies

vaardige personeel, bygestaan.

Sleutelvolhoubaarheidsgebiede, risiko’s en

geleenthede

Belanghebbendes se kommer oor kwessies by Tsb

Sugar het hoofsaaklik te doen met produkgehalte en

voedselveiligheid, etikettering, suikerrietverskaffing,

beheer oor stygende insetkoste en reaksie op moontlike

ontwikkelinge in die bedryf. ’n Opsomming word op die

volgende bladsy verskaf oor die maniere waarop Tsb

Sugar hierdie kwessies aanspreek.

REMGRO BEPERK | 109 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

BELANGHEBBENDES SE KOMMER WAT ONS DOEN

Produkgehalte en -veiligheid Alle produksie- en verpakkingsgeriewe is onder die

ISO 9001:2008 gehalte- en voedselsekerheidsbestuurstelsel

gesertifiseer

Verpakkingsgeriewe is ook onder die voedselsekerheidstelsels

van “Hazard Analysis and Critical Control

Points“ (HACCP), SANS10330:2007 en PAS220 (voorvereiste

programme), asook SANS1049:2011 gesertifiseer

Suikerprodukte word verskaf ingevolge ’n “Certificate

of Analyses“ (COA) om die gehalte van produkte te

sertifiseer

Etikettering Voldoen aan die regulasies van die Wet op Voedingstowwe,

Kosmetiekware en Ontsmettings middels (Nr. 154

van 1972)

Ondersteun die Verbruikersgoedereraad van Suid-Afrika

(CGCSA) en die “Global Food Safety Initiative“ (GFSI) in

die lys van alle produkte met GFSI

Halaalstatus Alle suiker wat vervaardig word, het halaalstatus.

Inspekteurs van die Islamietse Raad van Suid-Afrika

sien toe dat alle praktyke in ooreenstemming met

halaalstandaarde is

Kosjerstatus Suiker en alle bestanddele wat in die vervaardigings proses

gebruik word, het Kashrut (kosjer)-status. Inspekteurs

van die “Kashrut Department of the Union of Orthodox

Synagogues“ in Suid-Afrika sien toe dat alle praktyke in

ooreenstemming met kosjer-vereistes is

Suikerrietverskaffing Proaktiewe betrokkenheid by grondhervormings-

Beheer van stygende insetkoste

programme om die implementering van volhoubare

boerderymodelle te beïnvloed

Bevorder beskikbaarheid en veiligheid van besproei ings -

water

Verbeter produksie en doeltreffendhede om eenheidskoste

te verminder

Beveilig alternatiewe bronne van inkomste deur diversifikasie

na opwekking van krag en/of etanolproduksie

Reaksie ten opsigte van moontlike bedryfsontwikkeling Volgehoue deelname aan suikerbedryfstrukture

Interaksie met alle belanghebbendes met betrekking tot

die hersiening van die Suikerwet van 1978 om te help met

die implementering van ’n volhoubare bedryfsmodel

Mense

Tsb Sugar het tans sowat 2 700 werknemers op ’n

heeltydse grondslag in diens. Die maatskappy is by

twee bedingingseenhede betrokke en die vergoeding

van nagenoeg 56% van die permanente arbeidsmag

word deur kollektiewe ooreenkomste binne hierdie

bedingingstrukture bepaal. Gelyke indiensneming by

Tsb Sugar word deur ’n gelyke indiensnemingsforum

bestuur, wat steun verleen aan gestruktureerde en

gereelde deelname deur werknemerverteenwoordigers

aan die proses, sowel as aan die finalisering van die

arbeidsplan wat jaarliks aan die Departement van

Arbeid voorgelê word. Verwys na Figuur 6 waar meer

besonderhede oor die samestelling van Tsb Sugar se

arbeidsmag verskaf word. Hoewel pogings aangewend

word om swart verteenwoordiging op bestuursvlak in

die maatskappy te verbeter, bly die algemene tekort

aan gespesialiseerde vaardighede, veral ten opsigte

van ingenieurswese en suikertegnologie, beperkende

faktore.

REMGRO BEPERK | 110 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

Figuur 6

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

SAMESTELLING VAN WERKSMAG (soos op 31 Augustus 2010)

Werknemersprofiel Bestuursprofiel

13%

87%

Aangesien veiligheid ’n hoofstrategiese doelwit van

Tsb Sugar is, beskik dit oor ’n formele gesondheids-enveiligheidsprogram

wat op ’n deurlopende grondslag

deur veertien gesondheids-en-veiligheidskomitees

regdeur die maatskappy gemonitor word. In die tydperk

onder oorsig het die maatskappy ’n DIFR van 0.7, teenoor

0.9 in 2010, behaal. Tsb Sugar gebruik die NBVV-stelsel

om sy gesondheids- en veiligheidsprosesse te bestuur

en in die jaarlikse eksterne oudit wat in Oktober 2010

gedoen is, het die maatskappy sy vyfster NBVVgradering

behou. Benewens bogenoemde, bedryf Tsb

Sugar drie hoofklinieke (een by elke suikermeul) en sewe

satellietklinieke tot voordeel van sy werknemers. Hierdie

klinieke word deur dokters, verpleegsters, en ander

gekwalifiseerde mediese personeel bedien.

MIV/vigs-bewusmakingsprogramme word binne Tsb

Sugar bevorder en deur 54 portuurgroepopvoeders

regdeur die maatskappy ondersteun. Die portuurgroepopvoeders

kry formele opleiding en die doelwit vir elke

opvoeder is om een opleidingsessie per maand te hou.

Die maatskappy steun vrywillige berading en toetsing

en die regeringsgedrewe program om anti-retrovirale

middels te verskaf.

Tsb Sugar se opleidings- en ontwikkelingsplan

gee aandag aan gebiede soos leierskap/bestuursvaardighede,

strategiese vaardighede en vermoëns,

sowel as bedryfsopleiding. Die maatskappy se

interne opleidingsentrum is in terme van omvang

en gehaltestandaarde as ’n instituut vir sektorale

en beroepsvoortreflikheid (ISOE) geakkrediteer.

Opleidingsbesteding het in die vyftien maande tot

Junie 2011 R15 miljoen teenoor R14 miljoen in die twaalf

maande tot Maart 2010 bedra.

Wit Swart, bruin en Indiër

REMGRO BEPERK | 111 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

47%

53%

BBSEB

Tsb Sugar se jongste BBSEB-verifiëringsproses

is in Junie 2011 deur NERA gedoen en ’n vlak

6-bydraersvlak is behaal, wat gelykstaande aan ’n

60%-verkrygings erkenningsvlak en ’n totaal van 49.8

punte op die generiese telkaart is. Verskeie inisiatiewe

is deur die maatskappy geïmplementeer om sy BBSEBgradering

te verbeter. Die doelwit is om oor die kort

termyn tot ’n vlak 5-bydraer en oor ’n driejaar-tydperk

tot ’n vlak 4-bydraer te vorder.

Korporatiewe maatskaplike besteding

Tsb Sugar se korporatiewe maatskaplike bestedingsprogram

dek terreine soos onderwys, gesondheid,

sportgeleenthede, sowel as maatskaplike opheffing

in plattelandse gebiede. Volledige besonder hede oor

hierdie inisiatiewe van die maatskappy is op sy webblad

beskikbaar.

Die maatskappy se maatskaplike besteding vir die

vyftien maande tot Junie 2011 het R4 miljoen beloop

teenoor R2 miljoen in die twaalf maande tot Maart 2010.

Omgewing

Verwys na die omgewingsafdeling op bladsy 115 waarby

die omgewingspraktyke van Tsb Sugar ook ingesluit is.

Vir meer besonderhede oor Tsb Sugar word u verwys

na sy webblad by www.tsb.co.za.

Wispeco

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

Inleiding

Wispeco is ’n volfiliaal van Remgro en een van Suid-

Afrika se voorste aluminiumverskaffers. Sy hoofbesig

heid is die vervaardiging en verspreiding van

uitgedrukte aluminiumprofiele, wat hoofsaaklik deur die

bou, ingenieurs- en duursame goedere-sektor gebruik

word. Tans is die maatskappy die grootste verskaffer

van aluminium aan die boubedryf en dit was onlangs

by verskeie van die grootste infrastruktuurprojekte

in Suid-Afrika betrokke, waaronder die King Shakainternasionale

lughawe, die Moses Mabhida-stadion in

Durban en die Koega-behoueringsdepot in die Oos-

Kaap.

Bestuur, risikobestuur en nakoming

Wispeco se direksie bestaan tans uit vier direkteure

van wie geen onafhanklik is nie. Die samestelling van

die direksie voldoen dus nie aan King III se vereistes

rakende onafhanklikheid nie. Remgro het twee

verteenwoordigers in Wispeco se direksie en as deel

van hul pligte moet hulle toesien dat gesonde bestuursen

volhoubaarheidspraktyke gevolg word deur die

aanvaarding en toepassing van Remgro se beleide,

prosesse en prosedures. Daar moet op gelet word dat

die samestelling van Wispeco se ouditkomitee ook

nie aan die vereistes van die nuwe Maatskappywet en

King III voldoen nie. In hierdie verband tree dit as ’n

subkomitee van Remgro se oudit-en-risikokomitee op

en rapporteer aan daardie komitee by wyse van notules

van vergaderings wat in die agenda van laasgenoemde

ingesluit word.

Remgro se interne ouditafdeling is verantwoordelik

vir alle interne ouditwerk by Wispeco en help die

maatskappy se direksie sodoende om ’n omvattende

risikobestuurstelsel in stand te hou.

Sleutelvolhoubaarheidsgebiede, risiko’s en

geleenthede

Belanghebbendes se kommer oor kwessies by Wispeco

het hoofsaaklik te doen met produkgehalte en -veiligheid,

grondstofverkryging en die interne vervaardiging

van perspale, asook verskeie omgewingskwessies.

’n Opsomming van maniere waarop Wispeco hierdie

sake hanteer, word op die volgende bladsy verskaf.

Goedkoop invoere deur mededingers is die grootste

risiko wat die langtermyn-volhoubaarheid van

Wispeco raak. Wispeco gaan voort in sy poging om

produksie-doeltreffendhede te verbeter ten einde hoë

kliëntediensvlakke en mededingende prysstrukture

te handhaaf.

REMGRO BEPERK | 112 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

BELANGHEBBENDES SE KOMMER WAT ONS DOEN

Produkgehalte en -veiligheid

Grondstofverkryging en interne produksie

van perspale

Kliëntediens

Omgewingsimpak

(verwys ook na die omgewingsafdeling op bladsy 115)

Mense

Die vergoeding van personeel wat in vakunies

georganiseer is, maak 79% van Wispeco se heeltydse

arbeidsmag uit. Hul vergoeding word jaarliks volgens

’n hoofooreenkoms deur die bedingingsraad van

die metaal- en ingenieursbedrywe onderhandel. Die

jongste driejaar-skikkingsooreenkoms is in Julie 2011

bereik. Gelyke indiensneming word deur ’n gelyke

indiensnemingskomitee by Wispeco bestuur, wat

maandeliks vergader en bydra tot die implementering

van die arbeidsplan wat jaarliks aan die Departement

van Arbeid voorgelê word. Die meeste transformasiedoelwitte

wat in die vorige gelyke indiensnemingsplan

in die vooruitsig gestel is, is behaal. ’n Senior

bestuurder het die verantwoordelikheid om Wispeco

se transformasieproses te bestuur. Verwys na Figuur 7

waar meer besonderhede oor die samestelling van

Wispeco se arbeidsmag verskaf word.

Aanstelling van toegewysde gehaltebeheerders op elke

produksielyn om te verseker dat produksie binne bepaalde

toleransievlakke en spesifikasies geskied

Maandelikse vergaderings waar gehaltetendense

gemonitor en probleemgebiede geïdentifiseer en

oplossings gevind word

Voorkomende onderhoud op kritieke masjiene

Uitpersprodukte geproduseer volgens BS-EN755,

klaarprodukte volgens SANS 1796 en SANS 999

Verkryging van hoëgehalte suiwer perspale van vier

toegewysde bronne oor die wêreld

Metallurgiese samestelling van interne perspaal produksie

gewaarborg deur monstertoetsing van elke besending

voor gietproses

Giet- en hittebehandelingsproses word deurgaans

gemonitor om nakoming van gehaltestandaarde te

verseker

Ysterinhoud beheer deur vermindering van suiwer

gietmetale in smelt- en gietproses

In ooreenstemming met sy visie van “een-dag-aflewering“

is die maatskappy in staat om op kort kennisgewing

spaarkapasiteit en oortydskofte in alle bedryfseenhede te

aktiveer om verhoogde aanvraag te hanteer

Skofstelsels laat ’n groot mate van buigsaamheid toe ten

opsigte van arbeidsbeskikbaarheid en produksievermoë

Produksieskedulering maak daarvoor voorsiening dat

voorkeurbestellings daagliks ingesluit kan word volgens

kliënte-aanvraag

Die deurlopende monitor en beheer van uitvloei by die

maatskappy se anodiseer- en poeierlaagaanlegte

Die deurlopende monitor van energieverbruik om

maksimum doeltreffendheid te verseker en om

geleenthede vir energiebesparing te identifiseer

Wispeco se bestuur erken sy verantwoordelikheid

ten opsigte van gesondheids- en veiligheidsaspekte,

asook die daarstelling van ’n gunstige werkomgewing

vir personeel. In hierdie verband het Wispeco

’n toegewysde veiligheidsbeampte wat vir die

bestuur van die maatskappy se gesondheids- en

veiligheidsprogram verantwoordelik is. Elke perseel het

ook ’n veiligheidsverteenwoordiger wat maandelikse

inspeksies doen. In die twaalf maande tot 30 Junie 2011

het Wispeco ’n trotse veiligheidsrekord van slegs

veertien gevalle wat ingevolge die Wet op Vergoeding

vir Beroepsbeserings en -siektes gerapporteer

is. Die maatskappy het ’n onafhanklike konsultant

aangestel om sy gesondheids- en veiligheidsprosesse

te help bestuur. Fabriekoudits sluit sake soos geraas,

stofmetings en die dra van beskermende klere in. Die

volgende gesondheids- en veiligheidsoudit word in

September 2011 gedoen.

REMGRO BEPERK | 113 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

Bewusmaking ten opsigte van MIV/vigs geskied hoofsaaklik

deur opleidingsprogramme, wat deur sewentien

portuurgroepopvoeders by Wispeco se hoofkantoor

ondersteun word. Die portuurgroepopvoeders verskaf

informele steun en leiding aan geaffekteerde personeel

en hul gesinne. Die maatskappy ondersteun ook die

regeringgedrewe program om anti-retrovirale middels

aan die gemeenskap te verskaf en dra sorg dat die MIVstatus

van alle werknemers vertroulik hanteer word.

’n Aktiewe opleidingskomitee by Wispeco het die

verantwoordelikheid om die opleidingsbehoefte van

personeel te identifiseer en opleidingsprogramme

te ontwikkel wat werknemers in staat sal stel om die

vereiste vaardighede te ontwikkel en te handhaaf,

sodat die maatskappy sy mededingende posisie in

Figuur 7

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

SAMESTELLING VAN ARBEIDSMAG (soos op 31 Augustus 2010)

Werknemersprofiel Bestuursprofiel

12%

88%

BBSEB

Wispeco se jongste BBSEB-verifiëringsproses is in

Maart 2011 deur “BEEScore” voltooi en ’n vlak 5-

bydraervlak is behaal, wat gelykstaande aan ’n 80%verkrygingserkenningsvlak

en ’n telling van 56.45 punte

op die generiese telkaart is. Die maatskappy is ook

as ’n waardetoevoegingsverskaffer gesertifiseer.

Wispeco is besonder trots daarop dat hy, soos met

die vorige verifikasie, in drie kategorieë, te wete

vaardigheids-, ondernemings- en sosio-ekonomiese

ontwikkeling, die maksimum aantal punte behaal het.

Die vaardigheidsontwikkelingskategorie beoordeel die

mate waarin die werkgewer inisiatiewe onderneem het

om die vaardighede van swart werknemers te ontwikkel.

Verskeie inisiatiewe is deur die maatskappy geloods om

sy BBSEB-gradering oor die medium termyn te verbeter.

die mark kan behou. Hierdie inisiatiewe sluit formele

opleidingsprogramme in die vorm van leerlingskappe

vir leierskapsontwikkeling, sowel as tegniese opleiding

in vorm van vakleerlingskappe in. Die afgelope jaar

het sewe eerstelyn-bestuurders ’n bestuursertifikaat

(NKR-vlak 3) verwerf, terwyl twee vakleerlinge

hul masjienmonteurskwalifikasie voltooi het. Die

maatskappy het ook ’n trotse opleidingsrekord ten

opsigte van gestremdes en die afgelope vyf jaar

is formele opleiding aan dowes verskaf. In hierdie

verband het ’n groep van twaalf swart mans en vroue ’n

aluminium-vervaardigingsleerlingskap in 2011 voltooi.

Opleidingsbesteding vir die vyftien maande tot

Junie 2011 het R6 miljoen bedra teenoor R3 miljoen

in die twaalf maande tot Maart 2010.

Wit Swart, bruin en Indiër

REMGRO BEPERK | 114 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

28%

72%

Korporatiewe maatskaplike besteding

Wispeco se korporatiewe maatskaplike bestedingsprogram

behels hoofsaaklik opleidings programme

vir die vervaardiging en installering van produkte

vir die boubedryf. Hierdie praktiese opleiding word

deur ervare opleiers by tegniese opleidingsentra in

Kaapstad, Durban en die maatskappy se hoofkantoor

in Johannesburg gefasiliteer. Die afgelope jaar is

meer as 600 mense opgelei teen ’n koste van sowat

R0.8 miljoen vir Wispeco.

Omgewing

Verwys na die omgewingsafdeling op bladsy 115 waarby

die omgewingspraktyke van Wispeco ook ingesluit is.

Vir meer besonderhede oor Wispeco verwys ons u na

die webblad by www.wispeco.co.za.

OMGEWING

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

Onder leiding van sy omgewingsbestuursbeleid

(die beleid) en die rapporteringsaanwysers van die

“Global Reporting Initiative (GRI) G3“, doen Remgro

sy verbintenis gestand om die uitwerking van sy eie

bedrywighede, en dié van sy filiale, op die natuurlike

omgewing tot ’n minimum te beperk.

Die beleid verbind Remgro, insluitende Remgro

Bestuursdienste Beperk (RBD – sy dienstemaatskappy),

Rainbow Chicken, Tsb Sugar en Wispeco, daartoe om

’n waardevennoot vir alle belanghebbendes, asook

die natuur, te wees. Om dit te bewerkstellig, streef

Remgro daarna om voortdurend sy omgewingsvertoning

teenoor gestelde doelwitte te verbeter;

te voldoen aan alle relevante wetgewing; en om

werknemers in goeie omgewingspraktyke te onderrig.

Hierdie beginsels word hoofsaaklik bepaal deur te

fokus op sleutelgebiede van omgewingsimpak waaroor

Remgro beheer het.

Die Remgro-direksie is in die finale instansie

verantwoordelik vir die implementering van die

beleid, maar het hierdie verantwoordelikheid na die

risiko-en-IT-bestuurskomitee gedelegeer, wat moet

toesien dat die omgewingsprosedures wat RBD

implementeer en handhaaf, hersien en goedgekeur

word. Sover dit Rainbow Chicken, Tsb Sugar en

Wispeco betref, is dit die verantwoordelikheid van

Remgro se verteenwoordigers in daardie direksies

om die nodige gerusstelling ten opsigte van die

doeltreffendheid van die onderskeie maatskappye se

omgewingsbestuursprosesse te verkry.

Fokus op koolstofuitlatings

Klimaatsverandering en mensgemaakte kweekhuisgasse

het die klem internasionaal en plaaslik op

maatskappye se koolstofuitlatings laat val. Remgro

Figuur 8

REMGRO SE GHG-UITLATINGS (TC0 2 E)

1%

7%

2011

48%

44%

het hierop gereageer deur in ooreenstemming met

die Kweekhuisgasprotokol (GHG) sy uitlatings oor die

laaste vier jaar na te spoor en op ’n jaarlikse grondslag

aan die beleggersgedrewe Koolstofopenbaarmakingsprojek

deel te neem. Die projek, waarvolgens JSEgenoteerde

maatskappye beoordeel word, is in 2007 in

vennootskap met die Nasionale Besigheidsinisiatief in

Suid-Afrika geloods.

Uit erkenning vir hierdie pogings is Remgro in 2010

gesamentlik sesde op die leierskapsindeks van die Suid-

Afrikaanse Koolstofopenbaarmakingsprojek geplaas,

terwyl Rainbow Chicken die sewende plek beklee het.

Volgens die GHG-protokol kan uitlatings in die volgende

kategorieë ontleed word:

> Vlak 1-uitlatings – direkte uitlatings deur toerusting

in Remgro se besit, bv. die fabrieke van Rainbow

Chicken, Tsb Sugar en Wispeco

> Vlak 2-uitlatings – indirekte uitlatings deur die

gebruik van elektrisiteit

> Vlak 3-uitlatings – indirekte uitlatings deur

derdeparty-verskaffers (lugvervoer, motorhuur,

hotelverblyf, derdeparty-vervoer, kantoorpapier)

> Nie-Kyoto Protokol GHG-uitlatings, bv. freon wat in

lugversorgings- en verkoelingstoerusting gebruik

word

Verwys na Figuur 8 vir ’n ontleding van Remgro se

GHG-uitlatings per kategorie, uitgedruk in tonnemaat

koolstofdioksied-ekwivalent (tCO e). 2

Remgro se vlak 1- en 2-uitlatings het met 4.6% in

2011 verminder vergeleke met 2010, en daar was ’n

7.8%-afname in die vlak 1- en 2-uitlatings per heeltydse

werknemer. Die dalings was hoofsaaklik die gevolg van

energiedoeltreffendheidinisiatiewe by Rainbow Chicken

en Wispeco.

Vlak 1-uitlatings Vlak 2-uitlatings Vlak 3-uitlatings Nie-Kyoto GHG-uitlatings

1%

4%

REMGRO BEPERK | 115 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

2010

44%

51%

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

TOTALE KOOLSTOFUITLATINGS PER FILIAALMAATSKAPPY 2010 – 2011

Rainbow*

Chicken Tsb Sugar Wispeco RMS Totaal

2010 (tCO 2 e) 352 627 282 512 49 920 4 361 689 420

2011 (tCO 2 e) 361 261 262 238 47 597 4 602 675 698

* ’n 74%-filiaal van Remgro

Langtermynprojekte word tans deur Tsb Sugar en

Rainbow Chicken onderneem met die oog op die

koolstofkredietpotensiaal om hernieubare elektrisiteit

uit onderskeidelik bagasse en hoendermis op te wek.

Beide projekte is in ’n aanvangstadium, waar tegniese

uitvoerbaarheidstudies gedoen word. Indien dit ’n

werklikheid word, sal dit ’n betekenisvolle inkomstebron

vir Remgro beteken.

Fokus op energie

Buiten dat dit ’n belangrike bydraer tot Remgro se

koolstofvoetspoor is, verskaf stygende kommoditeitspryse

’n sterk finansiële aansporing om energieverbruik

te verminder.

Alle filiale het die afgelope jaar energiebesparende

inisiatiewe van stapel laat loop, met Rainbow Chicken

wat homself die teiken gestel het om die gebruik van

elektrisiteit met 5% en dié van steenkool met 10% op ’n

jaargrondslag te verminder.

Om hierdie teikens te haal, het Rainbow Chicken

beide die isolering in sy pluimveehokke en in die

ontwerp van aanlegverkoelingsgeriewe verbeter; nuwe

energiebesparende LED-beligting in uitgesoekte

pluimveehokke aangebring en verkoelingsverlies- en

hitteherwinningsprosesse by sy Hammarsdale- en

Worcester-aanlegte geïnstalleer, waardeur die steenkoolverbruik

in die stoomketels verminder is.

Wispeco het ook herontwerpte LED-beligting in

sy fabrieke en kantore geïnstalleer, terwyl energiebesparende

stort koppe op die produksiebane en

toerusting om kragverbruik te verminder by sy Parowaanleg

in Kaapstad aangebring is.

Tsb Sugar gebruik steeds hernieubare energie wat

deur die verbranding van bagasse, ‘n byproduk van

die suikervervaardigingsproses, gegenereer word.

Oortollige elektrisiteit van hierdie proses word

terugverskaf in die Suid-Afrikaanse elektrisiteitsnetwerk.

Fokus op water

Remgro se fokus op water vind hoofsaaklik by Rainbow

Chicken plaas, waar ’n verbruik van 13 liter drinkwater

per hoender as teiken vir aanlegte gestel is.

Die gehalte en beskikbaarheid van water is ’n belangrike

risiko vir al Remgro se bedrywighede en sal ook met

die verloop van tyd groter koste meebring. Met die oog

op hierdie toekomstige onsekerhede beoog Remgro

om ’n groepwye waterbestuurstrategie te ontwikkel.

Fokus op omgewingsverantwoordelike produkte

Remgro se filiale is bewus van die skaarste van

hulpbronne en afvalverminderingspraktyke word deur

hulle geïmplementeer, terwyl herwonne materiaal, waar

moontlik, gebruik word.

In hierdie opsig gebruik Wispeco se aluminiumvervaardigingsprosesse

69% herwonne aluminium

uit verbruikersprodukte en verwerkte afval. Rainbow

Chicken het die lengte van sy voorafgevormde sakke

met 20 mm verminder, oorgroot verpakkings verklein,

terwyl die gebruik van alle karton in die vervoer van

grondstowwe tussen aanlegte uitgeskakel is, met

’n gevolglike vermindering in interprosesseringsverpakking

en gepaardgaande afvalmateriaal.

Nakoming

In die tydperk onder oorsig was daar geen wesentlike

nie-nakoming ten opsigte van enige omgewingswette,

regulasies, aanvaarde standaarde of kodes van

toepassing op die groep nie, en geen noemenswaardige

boetes is ook gehef nie.

REMGRO BEPERK | 116 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

GRI-AANWYSERTABEL*

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

Aanwyser en beskrywing 2011 2010 Eenhede

Uitlatings, uitvloeie en afval

Totale direkte en indirekte GHG-uitlatings

Vlak 1 – Direkte uitlatings 324 221 303 135 tCO e 2

Vlak 2 – Indirekte uitlatings 300 612 351 752 tCO e 2

Vlak 3 – Indirekte uitlatings 44 619 28 119 tCO e 2

Ander relevante indirekte GHG-uitlatings 6 246 6 414 tCO e 2

Energie

Direkte energieverbruik by primêre energiebron

Brandstof 49 58 kiloliter

Diesel 9 119 17 131 kiloliter

Lugvaartbrandstof 1 195 1 082 kiloliter

Natuurlike gas 5 735 101 5 649 008 m3 Vloeibare petroleum gas 582 382 kiloliter

Steenkool 86 419 82 236 ton

Indirekte energieverbruik by primêre bron

Elektrisiteit 291 539 100 337 890 220 kWh

Water

Totale water onttrek by bron 6 157 427 5 626 213 kiloliter

Totale volume water herwin en hergebruik 2 115 734 1 699 290 kiloliter

* Die syfers waarna hierbo verwys word, sluit Rainbow Chicken, Tsb Sugar, Wispeco en RBD in en dek die twaalfmaande-tydperke

geëindig 31 Maart 2010 en 31 Maart 2011.

REMGRO BEPERK | 117 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

MILLENNIA PARK – REMGRO SE NUWE

GROEN HOOFKANTOOR

VOLHOUBARE ONTWIKKELINGSVERSLAG

In ooreenstemming met sy omgewingsverbintenis het

Remgro opdrag gegee dat Millenniapark, ’n bestaande

kantoorgebou in Stellenbosch, volgens die maatstawwe

van die Groen Geboueraad van Suid-Afrika (GBCSA)

opgeknap word.

Die doel is om ’n minimum vier-ster-gradering (uit ’n

moontlike 6) te verkry, asook die eerste sertifisering van

’n opgeknapte gebou in Suid-Afrika (in teenstelling met

’n nuwe gebou) deur die GBCSA.

TERUGVOER

Ons verwelkom enige terugvoer oor Remgro se

volhoubare ontwikkelingspraktyke, asook oor hierdie

verslag. Skakel asseblief in dié verband:

Die maatskappysekretaris

Mariza Lubbe

Tel: +27(0)21 888 3311

Faks: +27(0)21 880 2722

E-pos: ml@remgro.com

Posadres: Posbus 456, Stellenbosch 7599

Groen geboue gebruik ontwerpe, materiaal en

tegnologie om die gebruik van kritieke hulpbronne

soos energie, water, afvalstowwe en selfs pendel te

verminder. Natuurlike lig, die sirkulering van vars lug en

energiedoel treffende lugversorging en beligting dra

alles by om elektrisiteitsverbruik met soveel as 30% te

verminder.

Nie-toksiese stowwe en verf met lae VOC-vlakke word

gebruik, terwyl materiaal sover moontlik herwin word.

Waterintervensies sluit doeltreffende loodgieterswerk

in, die benutting van reënwater, asook waterherwinning,

waardeur ’n besparing van tussen 35%

en 50% bewerkstellig kan word. Afvalstowwe kan met

50% en 90% en koolstofdioksieduitlatings met tussen

35% en 50% in groen geboue verminder word.

REMGRO BEPERK | 118 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

120 INLEIDING

BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

Vergoedingsverslag

120 VERGOEDINGS-EN-NOMINASIEKOMITEE

120 VERGOEDINGSBENADERING

121 UITVOERENDE DIREKTEURE EN LEDE VAN DIE BESTUURSRAAD

122 NIE-UITVOERENDE DIREKTEURE SE VERGOEDING

124 DIREKTEURSVERGOEDING

128 TOP DRIE VERDIENERS (wat nie uitvoerende direkteure is nie)

INLEIDING

Die vergoedingsverslag het ten doel om ’n oorsig en

begrip te gee van Remgro se vergoedingsbeginsels,

-beleid en -praktyke, met spesifieke verwysing na

uitvoerende en nie-uitvoerende direkteure, lede van

die bestuursraad en die drie ander topverdieners in

die maatskappy. Die inligting wat in hierdie verslag

voorkom, is op aanbeveling van die vergoedings-ennominasiekomitee

deur die direksie goedgekeur.

VERGOEDINGS-EN-NOMINASIEKOMITEE

Die funksie van hierdie direksiekomitee is goed gevestig

binne Remgro se bedryfsomgewing. In wese is die

rol van die komitee om te verseker dat direkteure en

bestuur billik en verantwoordelik vergoed word en dat

die openbaarmaking van direkteure se vergoeding

akkuraat, volledig en deursigtig geskied.

In die tydperk onder oorsig is die mandaat van die

vergoedings-en-nominasiekomitee bygewerk om die

aanbevelings van King III te inkorporeer en ook om

lede van die komitee te help met die uitvoering van

hul rol en verantwoordelikhede. Die mandaat is op

19 Augustus 2010 deur die direksie goedgekeur.

Die lede van die komitee in die tydperk onder oorsig was:

> Mnr J P Rupert (voorsitter)

> Mnr P K Harris

> Mnr G T Ferreira

> Mnr F Robertson

Die direksie erken die beginsel in King III dat die

voor sitter van die direksie nie die voorsitter van

die vergoedings-en-nominasiekomitee behoort te

wees nie. Vanweë die noodsaak om die maatskappy

se vergoedingsbenadering in ooreenstemming met

korporatiewe strategie te bring word die huidige reëling

egter as toepaslik beskou.

Die komitee het drie keer gedurende die tydperk

vergader en verdere besonderhede oor die bywoning

van die vergaderings word in die korporatiewe

bestuursverslag op bladsy 85 uiteengesit.

Die opdrag van die komitee, soos vervat in die mandaat,

sluit die volgende in:

Ten opsigte van die nominasiefunksie –

> Help die direksie met die proses om geskikte

kandidate te vind om as direkteure aan te stel

> Verseker die daarstelling van ’n formele en deursigtige

proses vir die aanstel van direkteure

> Hou toesig oor die ontwikkeling van ’n formele

induksieprogram vir nuwe direkteure

VERGOEDINGSVERSLAG

> Verseker dat formele opvolgplanne vir die direksie,

hoofuitvoerende beampte en ander bestuursraadslede

ontwikkel en geïmplementeer word

Ten opsigte van die vergoedingsfunksie –

> Hou toesig oor die daarstelling en administrasie van

vergoeding van alle direkteure, bestuursraadslede en

ander werknemers

> Hou toesig oor die daarstelling van ’n vergoedingsbeleid

> Gee raad oor die vergoeding van nie-uitvoerende

direkteure

> Verseker dat die mengsel van vaste en veranderlike

betaling in kontant, aandele en ander vorme voldoen

aan Remgro se behoeftes en strategiese doelwitte

> Hou toesig oor die voorbereiding, en aanbeveling

aan die direksie, van die vergoedingsverslag

wat in die geïntegreerde jaarverslag ingesluit moet

word

Die komitee is tevrede dat hy sy verantwoordelikhede

vir die tydperk in ooreenstemming met sy mandaat

uitgevoer het.

VERGOEDINGSBENADERING

’n Vergoedingsbeleid vir direkteure en lede van die

bestuursraad van Remgro is in die tydperk onder

oorsig ontwikkel en aanvaar. Die vergoedingsbeleid is

in ooreenstemming met die maatskappy se benadering

om direkteure en senior bestuur billik en mededingend

te vergoed volgens hul vermoëns, vaardighede,

verantwoordelikhede en vlak van prestasie. Dit streef

daarna om die volgende vergoedingsbeginsels van die

maatskappy te ondersteun:

> Behoud van die dienste van bestaande direkteure en

senior bestuur

> Werwing van potensiële direkteure en senior

bestuurders

> Verskaffing van vergoeding wat billik en regverdig is

aan direkteure en senior bestuur

> Versekering dat geen diskriminasie plaasvind nie

> Erkenning en aanmoediging van prestasie wat

buitengewoon is en waarde toevoeg

> Versekering dat vergoedingstrukture in ooreenstemming

met die maatskappy se lang termynbehoeftes

is

> Beskerming van die maatskappy se regte deur middel

van standaard indiensnemingskontrakte

Daar moet op gelet word dat die direksie nie by die

alge mene jaarvergadering op 24 November 2011

die aandee lhouers om ’n nie-bindende goedkeuring

van die maatskappy se vergoedingsbeleid sal vra nie.

REMGRO BEPERK | 120 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

UITVOERENDE DIREKTEURE EN LEDE VAN

DIE BESTUURSRAAD

Hierdie werknemers word volgens ’n tweevlakbenadering

tot Remgro se vergoedingstrukture

vergoed, wat die volgende behels:

Vaste betaling

Hierdie element, waarna verwys word as die totale

gewaarborgde pakket, bestaan uit komponente soos

salaris, kontant- of motortoelae en die maatskappy se

bydrae tot aftreebefondsing en die mediesehulpskema.

As deel van die jaarlikse hersieningsproses deur die

vergoedings-en-nominasiekomitee word gewaar borgde

pakkette gemeet aan die boonste kwartiel van die mark

vir vergelykende maatskappye, soos deur onafhanklike

opnames bepaal. Die dienste van ’n onafhanklike

vergoed ingskonsultant word vir dié doel gekontrakteer.

Die jaarlikse oorsig word gegrond op die bestuurder se

verantwoordelikheidsvlak, sy/haar algehele prestasie

en die bereiking van spesifieke ooreengekome

doelwitte. Die hoofuitvoerende beampte, wat alle

komiteevergaderings op uitnodiging bywoon, kan

tydens sulke oorsigvergaderings verho gings in gewaarborgde

pakkette voorstel, met uitsluiting van sy eie.

Die gemiddelde salarisverhoging wat tydens die oorsig

van 1 Julie 2010 aan uitvoerende direkteure en lede

van die bestuursraad betaal is, was 7.8%, vergeleke

met die gemiddelde salarisverhoging van 8.1% wat aan

algemene werknemers betaal is.

Veranderlike betaling

Dit is belangrik om daarop te let dat, vanweë die

aard van die maatskappy se bedrywighede as ’n

beleggingshouermaatskappy en om die belange van

bestuur in ooreenstemming met dié van aandeelhouers

te bring, geen korttermynaansporings aan bestuur

betaal word nie.

Remgro het tans twee langtermyn aansporingsplanne,

naamlik die Remgro Aandeleskema en die Remgro

Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema (die “SARskema“).

Beide hierdie skemas is ekwiteitsvereffende

planne.

Die Remgro Aandeleskema is deur die SAR-skema

vervang na die ontbondeling van British American

Tobacco Plc, en die enigste oorblywende deelnemer

aan hierdie skema is die hoofuitvoerende beampte,

mnr Thys Visser. Die skema is ’n uitgestelde aankoopskema

en betaling geskied in drie gelyke jaarlikse

paaiemente, waarvan die eerste betaalbaar is drie

jaar na die aanboddatum. Deelnemers het geen

reg ten opsigte van lewering, stemming of gewone

VERGOEDINGSVERSLAG

dividende op aandele voordat betaling geskied het nie.

Deelnemers mag kies om op ’n latere datum te betaal,

met ’n gevolglike uitstel van regte. Betaling wat verband

hou met aanbiedinge voor 26 November 2004 moet

binne tien jaar geskied, terwyl aanbiedinge daarna voor

die verstryking van sewe jaar vereffen moet word.

Die SAR-skema het ten doel om die dienste van bestuur

te behou deur ’n aansporing wat op die langtermyngroei

in die markkapitalisasie van die maatskappy

gegrond is. Hierdie benadering verseker dat persoonlike

welvaartskepping in ooreenstemming met korporatiewe

strategie bly. Alle werknemers van die maatskappy

neem aan die SAR-skema deel.

Deelnemers aan die SAR-skema word vergoed met

aandele ter waarde van die groei van ’n spesifieke

aantal Remgro gewone aandele en dit moet uitgeoefen

word binne sewe jaar na die toekenningsdatum. Die

vroegste intervalle waarbinne die aandelegroeiregte

(SARs) uitgeoefen kan word, is soos volg:

> Een-derde na drie jaar na die toekenningsdatum

> Twee-derdes na vier jaar na die toekenningsdatum

> Die oorblywende gedeelte na vyf jaar na die toekenningsdatum

Toekenning ingevolge die SAR-skema word van tyd

tot tyd deur die komitee aan bestuur gemaak en sulke

toekennings word gewoonlik op ’n veelvoud van die

gewaarborgde pakket gegrond.

Geen toekenning sal aan ’n enkele deelnemer gemaak

word nie indien, ten tye van of as gevolg van sodanige

toekenning, die totale aantal Remgro gewone aandele

ten opsigte waarvan enige onuitgeoefende SARs deur

die deelnemer uitgeoefen mag word, tesame met

enige ander Remgro gewone aandele wat ingevolge

enige ander bestuursaandeleskema vir die deelnemer

opsygesit is, 2 197 399 Remgro gewone aandele sal

oorskry.

Soortgelyk sal geen toekenning gemaak word

indien, ten tye van sodanige toekenning of as gevolg

daarvan, die totale aantal Remgro gewone aandele

ten opsigte waarvan enige onuitgeoefende SARs

uitgeoefen mag word, tesame met die totale aantal

ander Remgro gewone aandele wat ingevolge enige

ander bestuurskema vir werknemers opsygesit is,

21 000 000 Remgro gewone aandele in totaal sal oorskry.

Vir besonderhede van die huidige status van toekennings

wat ingevolge beide skemas aan uitvoerende

direkteure, lede van die bestuursraad en die drie ander

top-verdieners in die maatskappy gemaak is, verwys na

bladsy 125 tot 128.

REMGRO BEPERK | 121 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

Indien dit aanvaar word dat al die deelnemers aan beide

skemas waarna hierbo verwys word, al hul opsies, wat op

1 Julie 2011 aan hul aangebied is, uitoefen, sal Remgro

2.1 miljoen aandele moet lewer om sy verpligtinge te

vereffen. Hierdie berekening is gebaseer op Remgro

se sluitingsprys op 30 Junie 2011 van R111.60. ‘n 10%toename

of -afname in die Remgro aandeelprys,

VERGOEDINGSVERSLAG

sal vereis dat die aantal aandele wat gelewer moet

word, 2.5 miljoen aandele en 1.8 miljoen aandele

onderskeidelik sal wees.

Op 30 Junie 2011 het Remgro genoeg tesourie-aandele

gehou om sy verpigting te delg om aandele aan

skemadeelnemers te lewer.

Die onderskeie komponente van die vergoeding betaalbaar, soos hierbo beskryf, word in die onderstaande tabel

opgesom:

Element Doel

Totale

gewaarborgde

pakket

Langtermynveranderlike

Weerspieël markwaarde van

rol en individuele prestasie

In ooreenstemming met

aandeelhouersbelange

Indiensnemingskontrakte

Uitvoerende direkteure en lede van die bestuursraad

het nie vastetermyn-kontrakte nie, maar word ingevolge

die maatskappy se standaard indiensnemingskontrak

in diens geneem. Die kennistydperk vir diensbeëindiging

is een kalendermaand en die normale aftreeouderdom

is 63. Uitvoerende direkteure en lede van die

bestuursraad het ook nie buitengewone voordele wat

geassosieer word met hul diensbeëindiging nie.

NIE-UITVOERENDE DIREKTEURE

SE VERGOEDING

Onafhanklike nie-uitvoerende direkteure

Onafhanklike nie-uitvoerende direkteure het nie

werknemer kontrakte nie en ontvang nie enige voordele

wat verband hou met permanente indiensneming

nie. Hulle neem ook nie deel aan die maatskappy se

langtermyn aansporingsplanne nie.

Die raad, op aanbeveling van die vergoedings-ennominasiekomitee,

het besluit dat onafhanklike nieuitvoerende

direkteure nie vergoed moet word deur

’n basisfooi en ’n bywoningsfooi ten opsigte van

hul direksie- en komiteeverpligtinge nie. Die fooi

betaalbaar aan nie-uitvoerende direkteure sal

dus, soos in die verlede, ’n vaste jaarlikse fooi

wees. Die fooistruktuur word jaarliks op 1 Julie

hersien, onderhewig aan voorafgoedkeuring deur

aandeelhouers op die maatskappy se algemene

jaarvergadering. Die fooie is markverwant en neem

die aard van Remgro se bedrywighede in aanmerking.

Remgro betaal ook vir alle reis- en verblyfuitgawes

wat op billike en behoorlike wyse aangegaan word om

vergaderings by te woon.

Prestasietydperk

en metings Werking en aflewering

Hersien jaarliks op

grond van prestasie en

markopnames

Van tyd tot tyd, met ’n

3 – 5 jaar vestigingstydperk

Die jaarlikse fooie betaalbaar aan onafhanklike

nie-uitvoerende direkteure vir die tydperk wat op

1 April 2010 begin het, is op 18 Augustus 2010 deur

aandeelhouers goedgekeur.

Nie-onafhanklike nie-uitvoerende direkteure

Remgro het vier nie-onafhanklike nie-uitvoerende

direkteure, te wete mnr J P Rupert, dr E de la H Hertzog,

asook mnre P E Beyers en J Malherbe.

Mnr Rupert ontvang geen besoldiging nie, terwyl

dr Hertzog se vergoeding verdeel word tussen Mediclinic

International Beperk (65%) en Remgro (35%).

’n Gedeelte van laasgenoemde, soos jaarliks deur

aandeelhouers goedgekeur, word as direkteursfooi

beskou. Soortgelyk ontvang mnr Beyers ’n salaris

waarvan ’n gedeelte as direkteursfooi beskou en jaarliks

deur aandeelhouers goedgekeur word. Mnr Malherbe

ontvang ’n jaarlikse direkteursfooi gelyk aan dit wat aan

onafhanklike nie-uitvoerende direkteure betaal word.

Soos in die geval van onafhanklike, nie-uitvoerende

direkteure, neem hierdie direkteure nie aan die

maatskappy se langtermyn aansporingsplanne deel

nie. Daar moet egter op gelet word dat na die ver

kryging van VenFin Beperk in November 2009, Remgro

SARs aan mnr J Malherbe toe geken is om hom vir die

kansellering van die VenFin-aandelegroeiregskema te

vergoed. Mnr Malherbe kwalifiseer nie vir enige verdere

toekenning van SARs nie.

Bykomend tot hul pligte as nie-uitvoerende direkteure,

verteenwoordig dr Hertzog en mnr Beyers die maatskappy

in die direksies van verskeie maatskappy waarin

belê word.

REMGRO BEPERK | 122 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

Meet aan die boonste

kwartiel van die mark vir

vergelykende maatskappye

Soos bepaal deur die

komitee

VERGOEDINGSVERSLAG

Besonderhede van die fooistruktuur betaalbaar aan nie-uitvoerende direkteure vir die tydperk geëindig

30 Junie 2011 en die jaar geëindig 31 Maart 2010 word in die onderstaande tabel verskaf.

Fooi vir die

drie maande

geëindig

30 Junie

2011

REMGRO BEPERK | 123 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

Fooi vir die

twaalf maande

geëindig

31 Maart

2011

Fooi vir die

twaalf maande

geëindig

31 Maart

2010

Soort fooi R R R

Raadslid 46 500 186 000 172 000

Voorsitter van die oudit-en-risikokomitee 31 250 125 000 116 000

Lid van die oudit-en-risikokomitee 15 750 63 000 58 000

Lid van die vergoedings-en-nominasiekomitee 7 750 31 000 29 000

Die voorgestelde fooistruktuur, betaalbaar aan nie-uitvoerende direkteure vir die jaar eindigende 30 Junie 2012,

word in die onderstaande tabel verskaf.

Tipe fooi

Voorgestelde fooi vir

die jaar eindigende

30 Junie 2012

R

Raadslid 199 000

Voorsitter van die oudit-en-risikokomitee 133 750

Lid van die oudit-en-risikokomitee 67 400

Lid van die vergoedings-en-nominasiekomitee 33 200

Besonderhede van die vergoeding betaal aan uitvoerende

direkteure en lede van die bestuursraad,

insluitende die vergoeding van die drie ander topverdieners,

asook die fooie betaal aan nie-uitvoerende

direkteure vir die tydperk onder oorsig, word op die

volgende bladsy uiteengesit. Die huidige status van alle

aanbiedinge wat aan bogenoemde groepe ingevolge

die Remgro Aandeleskema en die SAR-skema gemaak

is, word ook aangebied.

Die drie ander topverdieners van die maatskappy

is geïdentifiseer deur slegs na hul totale

gewaarborgde pakkette te verwys. Die inligting van

mnr Neville Williams, ’n lid van die bestuursraad en ook

’n voorgeskrewe beampte ingevolge die Maatskappywet,

word afsonderlik aangebied, terwyl die inligting vir

die ander twee werknemers in totaal verskaf word.

Daar moet ook op gelet word dat die vergoeding van

die ander drie topverdieners van die maatskappy nie

vir die vergelykende twaalf maande tot 31 Maart 2010

aangegee word nie omrede hulle voorheen in diens was

van VenFin Beperk, wat eers in November 2009 deur

Remgro verkry is. Geen sinvolle vergelyking sou dus

moontlik wees nie.

DIREKTEURSVERGOEDING

(Die inligting op bladsy 124 tot 128 is geouditeer)

VERGOEDINGSVERSLAG

Vaste betaling

Vyftien maande geëindig Twaalf maande geëindig

30 Junie 2011 31 Maart 2010

Aftree- Ander Aftree- Ander

Fooie Salarisse fonds voordele (7) Totaal Fooie Salarisse fonds voordele (7) Totaal

R’000 R’000 R’000 R’000 R’000 R’000 R’000 R’000 R’000 R’000

Uitvoerend

W E Bührmann 233 2 427 536 284 3 480 172 1 957 422 225 2 776

L Crouse 233 4 130 879 295 5 537 172 3 070 642 225 4 109

J W Dreyer 233 2 533 557 139 3 462 172 1 926 416 106 2 620

J J Durand (1) 233 5 568 1 151 295 7 247 72 2 122 313 75 2 582

J A Preller 233 1 415 332 295 2 275 172 1 074 247 225 1 718

T van Wyk (2) 155 1 743 366 123 2 387 172 1 896 410 141 2 619

M H Visser 233 11 200 2 303 357 14 093 172 8 062 1 685 272 10 191

Subtotaal 1 553 29 016 6 124 1 788 38 481 1 104 20 107 4 135 1 269 26 615

Nie-uitvoerend

(onafhanklik)

G D de Jager (3) – – 93 93

G T Ferreira (4) 271 271 84 84

P K Harris 271 271 201 201

N P Mageza (4) 311 311 96 96

P J Moleketi 311 311 96 96

M M Morobe 233 233 172 172

M A Ramphele (4) 233 233 72 72

F Robertson 350 350 259 259

H Wessels (5) 389 389 288 288

Subtotaal 2 369 2 369 1 361 1 361

Nie-uitvoerend

(nie-onafhanklik)

P E Beyers 233 801 208 139 1 381 172 610 155 106 1 043

E de la H Hertzog 233 1 517 314 103 2 167 172 1 141 232 79 1 624

J Malherbe 233 – – – 233 172 – – – 172

J P Rupert (6) – – – – – – – – – –

Subtotaal 699 2 318 522 242 3 781 516 1 751 387 185 2 839

Totaal 4 621 31 334 6 646 2 030 44 631 2 981 21 858 4 522 1 454 30 815

(1) Mnr J J Durand is op 4 November 2009 as uitvoerende direkteur aangestel.

(2) Mnr T van Wyk het op 31 Januarie 2011 as uitvoerende direkteur afgetree.

(3) Mnr G D de Jager het op 5 Augustus 2009 as ’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur afgetree.

(4) Mnre N P Mageza, P J Moleketi, G T Ferreira en dr M A Ramphele is op 4 November 2009 as onafhanklike nie-uitvoerende direkteure aangestel.

Gedurende die tydperk onder oorsig het mnr Mageza ook R398 000 (2010: R59 000) as direkteursfooie vanaf Rainbow Chicken Beperk, ’n filiaalmaatskappy

van Remgro Beperk, ontvang.

(5) Bykomend tot sy direkteursfooi en vergoeding as voorsitter van die oudit-en-risikokomitee is ’n bedrag van R78 750 in die oorsigtydperk aan

mnr H Wessels betaal vir sy bywoning van die vergaderings van die subkomitees van die oudit-en-risikokomitee.

(6) Mnr J P Rupert ontvang geen vergoeding nie.

(7) Voordele sluit mediesefondsbydraes en motorvoordele in.

REMGRO BEPERK | 124 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

Veranderlike betaling – langtermyn aansporingsplanne

Remgro Aandeleskema

– gewone aandele

VERGOEDINGSVERSLAG

Balans van Aandeelprys Balans van

aandele Aandele Datum op datum aandele

aanvaar aanvaar Datum Aantal van van betaling aanvaar

op gedurende van Aanbod- aandele aandele en lewering Waarde- op

31 Maart die aandele prys betaal en betaal en van aandele toename (1) 30 Junie

Deelnemer 2010 tydperk aanvaar (Rand) gelewer gelewer (Rand) (R’000) 2011

Uitvoerend

M H Visser 174 614 87.86 174 614 25/2/2011 109.66 3 807 (2) –

172 681 135.00 172 681

68 230 186.70 68 230

Totaal 415 525 – 174 614 3 807 240 911

(1) Dit verwys na die toename in die waarde van skema-aandele vir die betrokke deelnemers sedert die datum van aanbod tot en met die datum van

betaling en lewering daarvan.

(2) Volgens die reëls van die Remgro Aandeleskema, het mnr Visser ook gewone aandele in British American Tabacco Plc (BAT), Reinet Investments

en Trans Hex ten bedrae van R21.0 miljoen gekry.

Balans van Aandeelprys Balans van

aandele Datum op datum aandele

aanvaar Aandele Datum Aantal van van betaling aanvaar

op aanvaar van Aanbod- aandele aandele en lewering Waarde- op

31 Maart gedurende aandele prys betaal en betaal en van aandele toename (1) 31 Maart

Deelnemer

Uitvoerend

2009 die jaar aanvaar (Rand) gelewer gelewer (Rand) (R’000) 2010

M H Visser 174 614 87.86 174 614

172 681 135.00 172 681

68 230 186.70 68 230

Totaal 415 525 – – – 415 525

(1) Dit verwys na die toename in die waarde van skema-aandele vir die betrokke deelnemers sedert die datum van aanbod tot en met die datum van

betaling en lewering daarvan.

REMGRO BEPERK | 125 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema

– Aandelegroeiregte (SARs)

VERGOEDINGSVERSLAG

Balans

Billike

waarde Balans

van SARs SARs van SARs van SARs

aanvaar aanvaar op Aandeel- aanvaar

op gedurende aanbod- Aanbod- Aantal Datum prys op Waarde- op

31 Maart die datum prys SARs van SARs datum van toename (3) 30 Junie

Deelnemer 2010 tydperk (1) (R’000) (Rand) (2) uitgeoefen uitgeoefen uitoefening (R’000) 2011

Uitvoerend

W E Bührmann (4) 283 148 71.71 83 074 13/01/2011 113.00 3 430

83 073 28/03/2011 108.53 3 059 117 001

124 771 73.71 124 771

23 548 785 108.69 23 548

L Crouse 418 108 73.71 418 108

51 865 730 108.69 51 865

J J Durand 427 047 38.90 427 047

162 354 87.21 162 354

22 717 83.65 22 717

12 662 90.52 12 662

235 895 7 868 108.69 235 895

J A Preller 141 411 71.71 58 689 23/06/2011 108.75 2 174 82 722

48 788 73.71 48 788

33 080 1 103 108.69 33 080

T van Wyk (5) 185 207 71.71 71 569 29/06/2011 110.72 2 792 113 638

87 829 73.71 87 829

M H Visser 136 767 71.71 136 767 25/02/2011 109.66 5 190 –

542 424 73.71 542 424

486 465 16 225 108.69 486 465

J W Dreyer 270 270 73.71 270 270

Subtotaal 2 863 503 830 853 27 711 433 172 16 645 3 261 184

Nie-uitvoerend

J Malherbe 195 730 38.90 195 730

75 761 87.21 75 761

20 847 83.65 20 847

5 807 90.52 5 807

Subtotaal 298 145 – – – – 298 145

Totaal 3 161 648 830 853 27 711 433 172 16 645 3 559 329

(1) SARs is aangebied op 29 November 2010.

(2) Ingevolge die reëls van die SAR-skema, is die aanbodprys van die SARs wat toegeken is voor die Trans Hex-ontbondeling, verminder met 29 sent om

te verseker dat deelnemers naastenby in dieselfde posisie geplaas word as voor die ontbondeling.

(3) Dit verwys na die toename in die waarde van SAR-skema-aandele van die aangeduide deelnemers sedert die datum van aanbod tot en met betaling

en lewering daarvan.

(4) Na die ontbondeling van BAT gedurende die 2009-finansiële jaar (en soos deur Remgro-aandeelhouers op 7 Oktober 2008 goedgekeur), het

Remgro ‘n direkte leningsfasiliteit aan deelnemers van die Remgro Aandeleskema toegestaan ten einde die uitstaande koopprys van sekere Remgro

skema-aandele te vereffen. Op 31 Maart 2010 was die enigste uitstaande bedrag aan uitvoerende direkteure, ‘n bedrag van R2.5 miljoen wat deur

mnr Bührmann verskuldig was. Die uitstaande bedrag is gedurende die tydperk onder oorsig afgelos.

(5) Mnr T van Wyk het op 31 Januarie 2011 as uitvoerende direkteur afgetree. Ingevolge die reëls van die SAR-skema kan deelnemers wat aftree al

die SARs aan hulle toegeken, uitoefen op enige tydstip binne twaalf maande na die datum van aftrede, of voor die vervaldatum van die SAR-tydperk

(sewe jaar na die toekenningsdatum), wat ook al die vroegste is.

REMGRO BEPERK | 126 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

VERGOEDINGSVERSLAG

Balans

Billike

waarde Balans

van SARs van SARs van SARs

aanvaar SARs op Aandeel- aanvaar

op aanvaar aanbod- Aanbod- Aantal Datum prys op Waarde- op

31 Maart gedurende datum prys SARs van SARs datum van toename (2) 31 Maart

Deelnemer 2009 die jaar (1) Uitvoerend

(R’000) (Rand) uitgeoefen uitgeoefen uitoefening (R’000) 2010

W E Bührmann 283 148 72.00 283 148

124 771 74.00 124 771

L Crouse 418 108 74.00 418 108

J J Durand 427 047 11 927 39.19 427 047

162 354 4 535 87.50 162 354

22 717 634 83.94 22 717

12 662 354 90.81 12 662

J A Preller 141 411 72.00 141 411

48 788 74.00 48 788

T van Wyk 185 207 72.00 185 207

87 829 74.00 87 829

M H Visser 136 767 72.00 136 767

542 424 74.00 542 424

J W Dreyer 270 270 74.00 270 270

Subtotaal 2 238 723 624 780 17 450 – – 2 863 503

Nie-uitvoerend

J Malherbe (3) 195 730 5 467 39.19 195 730

75 761 2 116 87.50 75 761

20 847 582 83.94 20 847

5 807 162 90.81 5 807

Subtotaal – 298 145 8 327 – – 298 145

Totaal 2 238 723 922 925 25 777 – – 3 161 648

(1) SARs is aangebied op 23 November 2009.

(2) Dit verwys na die toename in die waarde van SAR-skema-aandele van die aangeduide deelnemers sedert die datum van aanbod tot en met betaling

en lewering daarvan.

(3) Na die verkryging van VenFin is SARs aan mnr J Malherbe toegeken ten einde hom te vergoed vir die kansellasie van die VenFin Aandelegroeiregskema.

REMGRO BEPERK | 127 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

VERGOEDINGSVERSLAG

TOP DRIE VERDIENERS (wat nie uitvoerende direkteure is nie)

Vaste betaling

Vyftien maande geëindig

30 Junie 2011

Aftree- Ander

Salarisse fonds voordele (1) Totaal

R’000 R’000 R’000 R’000

N J Williams (2) 2 117 426 295 2 838

Ander twee werknemers 3 135 632 456 4 223

Totaal 5 252 1 058 751 7 061

(1) Voordele sluit mediesefondsbydraes en motorvoordele in.

(2) Mnr Neville Williams is ’n lid van die bestuursraad.

Veranderlike betaling – langtermyn aansporingsplan

Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema

– Aandelegroeiregte (SARs)

Billike

waarde Balans

SARs SARs van SARs van SARs

aanvaar aanvaar op Aandeel- aanvaar

op gedurende aanbod- Aanbod- Aantal Datum prys op Waarde- op

31 Maart die datum prys SARs van SARs datum van toename (3) 30 Junie

2010 (1) tydperk (2) (R’000) (Rand) uitgeoefen uitgeoefen uitoefening (R’000) 2011

N J Williams 47 449 1 325 39.19 47 449

7 555 211 83.94 7 555

54 228 1 515 87.50 54 228

4 259 119 90.81 4 259

38 652 1 289 108.69 38 652

Ander twee

werknemers 54 094 1 511 39.19 54 094

2 933 82 83.94 2 933

26 835 750 87.50 26 835

1 624 45 90.81 1 624

29 539 825 97.19 29 539

61 930 2 066 108.69 61 930

Totaal 228 516 100 582 13 093 329 098

(1) SARs is aangebied op 23 November 2009.

(2) SARs is aangebied op 29 November 2010.

(3) Dit verwys na die toename in die waarde van SAR-skema-aandele van die aangeduide deelnemers sedert die datum van aanbod tot en met

die datum van betaling en lewering daarvan.

REMGRO BEPERK | 128 | GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!