Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
www.vryeafrikaan.co.za 17 November 2006

Waarom geweld SA oorspoel

WAAROM IS SUID-AFRIKA VANDAG VASGE-

VANG IN ’N KNELGREEP VAN MISDAAD EN

GEWELD, IN SO ’N MATE DAT DIE WOORD GE-

WELDSMISDAAD ALGEMEEN GEBRUIK WORD?

WAT GEWELDSMISDAAD BETREF, HOOR ’N

MENS DIKWELS DIE ARGUMENT DAT DIT IN ’N

LAND MET SOVEEL ARMOEDE IN ’N MATE

VERSTAANBAAR IS DAT IEMAND BYVOORBEELD

BY JOU HUIS INBREEK OF JOU MOTOR KAAP,

MAAR WAAROM JOU DAN OOK NOG AANRAND,

SKEND OF VERMOOR?

Deur Johann Rossouw *

D

it is omdat Suid-Afrikaners toenemend nie

antwoorde op hierdie vrae het nie dat ’n stemming

van magteloosheid en moedeloosheid besig is om in

die land pos te vat. Peiling na peiling wys misdaad uit

as die enkele grootste probleem vir Suid-Afrikaners

van alle gange van die samelewing, asook die grootste

enkele rede waarom mense die land verlaat.

Na gelang mense se wanhoop te midde van

hulle onbegrip toeneem, begin hulle ook terugval op

maklike dog ontoereikende verklarings wat nie soseer

insig in die probleem gee nie, maar eerder ’n gevoel

van valse sekuriteit skep en in der waarheid eintlik

dikwels ou rassistiese vooroordele of wedersydse

onbegrip, waaronder die land al baie lank gebuk gaan,

aanwakker. Soms word die probleem toegeskryf aan

“die Afrika-kultuur se gebrek aan respek vir lewe”,

soms aan die “onbekwaamheid van die swart regering”,

sonder dat daar enige bewys bestaan dat enige kultuur

ter wêreld nie die lewe respekteer nie, of dat die

gehalte van regering met ras verband hou!

Die probleem word vir baie mense – en veral

Afrikaners – ingewikkelder gemaak omdat in weerwil

van die feit dat hulle bereid was om die nuwe bedeling

na 1994 te ondersteun, hulle in toenemende mate self

die slagoffers van misdaad en geweld geword het wat

voor 1994 óf op ’n baie laer skaal in middelklaswoongebiede

voorgekom het, óf tot arm woongebiede

beperk was, óf eenvoudig in totaal baie minder was.

Bowendien kon die geweld wat veral tussen 1985 en

1994 landswyd voorgekom het, herlei word tot die

* Redakteur

probleme met die vorige politieke bedeling, sodat baie

mense in die land dan ook aanvaar het dat die instelling

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 1
van ’n grondwetlike demokrasie – hoewel toenemend

meerderheidsoorheers – minstens die wins van die

beëindiging van die ou politieke geweld sou meebring.

Op stuk van sake maak dit tog nie sin dat die instelling

van ’n grondwetlike demokrasie die geweld veroorsaak

nie, of hoe?

In die proses van modernisering waardeur die

Westerse wêreld die afgelope ses of wat eeue gegaan

het, was eers die religie, toe die politiek, en is nou die

ekonomie die belangrikste sfeer van die samelewing.

Op hierdie punt moet ek eers kortliks verwys na

elk van hierdie drie sfere se opvattings van waarde,

transendensie (die meer-as-ons wat dit vir ons moontlik

maak om ‘ons’ te sê) en immanensie (die wêreld

waarbinne ons die meer-as-ons probeer verwerklik en

gestalte gee).

In die (Christelike) religie is God of die

kosmiese die hoeksteen van waarde. Al daardie deugde

wat die omvorming van die wêreld tot God se

koninkryk bevorder, word as waardevol geag, waarvan

geloof, hoop en liefde “die grootste” is. God is dit wat

dit vir ons moontlik maak om ‘ons’ te sê, en diegene

wat deel van hierdie ‘ons’ uitmaak, stig gemeenskap in

die instelling van die kerk, waarin die uitleef van liefde

in en vir die wêreld dan die belangrikste deug is.

In die politiek na die Middeleeue is die volk die

hoeksteen van waarde. Al daardie deugde wat die

glorie van die nasie bevorder, word as waardevol geag,

waaronder dapperheid, offervaardigheid en vaderlandsliefde.

Die volk is dit wat dit vir ons moontlik maak om

‘ons’ te sê, en diegene wat deel van hierdie ‘ons’

uitmaak, stig gemeenskap in die instelling van die

nasiestaat, waarin die uitleef van politieke vryheid dan

die belangrikste deug is.

In die ekonomie wat na die Tweede

Wêreldoorlog na vore kom, is die mark die hoeksteen

van waarde. Al daardie deugde wat die groei van die

ekonomie bevorder, word as waardevol geag,

waaronder produktiwiteit, rykdom en verbruik. Die

mark is dit wat dit vir ons moontlik maak om ‘ons’ te

sê, en diegene wat deel van hierdie ‘ons’ uitmaak, stig

gemeenskap in die instelling van die verbruikersamelewing,

waarin die oorgawe aan verbruik en besit

dan die belangrikste deug is.

Hierdie bondige samevatting van die drie eras

van religie, politiek en ekonomie vanaf die Middeleeue

tot vandag is uiteraard ’n oorvereenvoudiging, maar

nogtans kan ’n mens reeds net op grond daarvan sien

dat die drie eras ingrypend van mekaar verskil, dat

hulle opvattings van wat dit beteken om ‘ons’ te sê

(oftewel gemeenskap), van waarde en van die tyd

heeltemal uiteenlopend is.

Waar die religieuse era met ’n oneindige

tydsopvatting werk – onder meer omdat sy

transendente, God, ewig is – werk die politieke era met

’n eindige tydsopvatting, onder meer omdat sy

transendente, die volk, histories is. Nietemin weet ons

dat albei hierdie eras mense met onsigbare bande in

gemeenskappe gebind het, hoewel die gemeenskappe

van die religie in die geskiedenis veel duursamer as dié

van die politiek was.

Met die ekonomie wat na die Tweede

Wêreldoorlog na vore gekom het, het ’n baie meer

kortstondige tydsopvatting toonaangewend geword,

onder meer omdat sy transendente, die mark,

hiperwisselvallig is. In teologiese taal kan ons sê dat

vanaf die religieuse na die politieke na die ekonomiese

era daar ’n dramatiese afskaling van die transendente

plaasvind: vanaf God en die ewigheid na die volk en

die geskiedenis na die mark en die onmiddellike. In die

kerk word mense soms eers eeue na hulle dood tot

heiliges verklaar; in die volk word mense eers aan die

einde van hulle lewens nasionaal vereer; in die mark is

slegs die jongste, mooiste of rykste gewild solank hulle

die jongste, mooiste of rykste is – gister Rockefeller,

vandag Bill Gates; gister Diana, vandag Paris Hilton.

En môre?

Waar deugde in die era van die religie of die

politiek duursaam is en ’n lewe lank gevorm word,

praat niemand in die era van die ekonomie meer van

deugde (of van die praktyke en instellings soos kerke

en skole waarbinne hulle gevorm word) nie, maar heers

daar ’n al hoe groter krisis van waarde, sodat almal

wonder hoe “waardes herstel” gaan word, of hoe om

die krisis van “leierskap” op te los.

Die rede hiervoor is dat die mark self die

waarde vernietig wat hy skep, omdat dit waarin waarde

gemeet word – geld – nie self in iets hoërs geanker is

nie (soos die nasie of God). Die naaste wat die mark

aan so iets hoërs kom, is om ’n tydelike materiële

standaard van waarde te skep, soos eers die

goudstandaard, toe olie en nou die dollar. Maar elke

keer ontstaan daar mettertyd ’n krisis rondom elkeen

van hierdie standaarde van waarde – omdat hulle self

verhandel word in die mark wat hulle veronderstel is

om te anker – en verloor die standaard sy waarde.

Goud en olie is byvoorbeeld eindige bronne (anders as

God of die nasie), net soos die dollar se wel en wee van

die VSA se beperkte oppermag afhanklik is.

Die mark reageer op hierdie krisis van waarde

deur voortdurend kortstondige nuwe waardes te skep,

amper soos wat lande in tye van ekonomiese krisis

meer papiergeld druk – wat altyd die geldeenheid se

waarde uiteindelik verminder. Die mark doen dit veral

deur middel van die bemarkingsbedryf, wat sy

oorsprong vind in die jare na die Tweede

Wêreldoorlog, toe die Amerikaanse ekonomie meer

geproduseer het as wat Amerikaners werklik nodig

gehad het. Om die Amerikaanse bevolking sover te kry

om die oortollige goedere van hulle ekonomie te koop,

moes hulle eers oortuig word om dinge te koop wat

hulle nie regtig nodig het nie, en nog later om dit wat

hulle reeds het elke nou en dan met ’n nuwer weergawe

te vervang, wat miskien ’n bietjie beter as die vorige

weergawe is.

Soos hierdie model sy perke vanaf die vroeë

1970’s weens die versadiging van die Amerikaanse

mark bereik het, is dit uitgevoer na die res van die

wêreld, en so kry ons die era waarin state wêreldwyd

begin om hulle nasionale ekonomieë te “liberaliseer”

en oop te stel vir die “vrye” vloei van goedere en

dienste. In die proses is die jonger opkomende

ekonomieë wat dié van die VSA en ander Westerse

lande uitgedaag het, gedwing om dieselfde model oor

te neem, sodat die planeet haar vandag bevind in ’n

situasie waarin daar wêreldwyd meer vervaardig word

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 2
as wat nodig is, en die middel- en hoë klas wêreldwyd

konstant gebombardeer word met ’n reuse

bemarkingsaanslag, terwyl die arm klas eenvoudig van

die skerm verdwyn.

Maar hoe kry die mark dit reg om mense te

oortuig om dinge te koop wat hulle nie werklik nodig

het nie? Die antwoord kom van Bernard Stiegler, wat

in verskeie van sy werke verduidelik dat die

bemarkingsbedryf mense sover kry om dinge te koop

wat hulle nie werklik nodig het nie deur hulle begeertes

konstant te stimuleer, en dan veral seksuele begeertes –

wat ook verklaar waarom halfnaakte liggame oral

sigbaar is soos wat dit ingespan word om dinge te

verkoop.

Stiegler verduidelik verder dat aandag vandag

die mees gesogte kommoditeit geword het. Hy haal ’n

Franse TV-baas aan wat in 2004 ’n reuse opskudding

veroorsaak het met sy uitspraak “Ons verkoop

beskikbare tyd van die menslike brein aan Coca-Cola”

(1). So bevind ons ons vandag in ’n toestand waarin ’n

oneindige aantal handelaars almal om ons aandag

meeding ten einde dinge aan ons te verkoop wat ons

nie werklik nodig het nie. Rondom hierdie dinge word

’n reuse, volgehoue drama geskep en word ons die een

na die ander ekstase beloof as ons dit koop, wat ook

“ervarings” kan insluit (vakansies, toere, avonture,

sportgebeure, ens.) – en wat alles aan ons voorgehou

word as “leefstyl”. Te midde van ’n oormaat onnodige

produkte word ons aandag te alle tye opgeëis deur die

illusie dat ons as vrye individue ons vrye tyd kan inrig

soos ons verkies, en dat dié keuses wat ons maak, ons

as “anders” onderskei. Elke mens het die begeerte om

uniek te wees, en hierdie begeerte word meedoënloos

uitgeput.

Veral die begeerte na die nuwe word hier

uitgebuit: wat oud is, is onaantreklik, terwyl die nuutste

boek, rolprent, CD, motor, selfoon, ens. voortdurend

die aandag geniet. So kom ’n ganse ekonomie tot stand

rondom die “nuwe” – maar ook een wat onvolhoubaar

is, omdat die nuwe onvermydelik binnekort nie meer

die nuutste is nie.

’n Mens hoef nie die uitvinder van buskruit te

wees om te snap dat net soos wat die mark waarde

vernietig, dit ook begeerte vernietig nie, want net so

min as wat olie as hoeksteen van die materiële

ekonomie onuitputlik is, net so min is begeerte as

hoeksteen van die verbruikersekonomie onuitputlik.

Begeerte word vernietig wanneer dit oorgestimuleer

word, of wanneer die voorwerp van begeerte nie meer

uitsonderlik is nie. Albei hierdie vorms van

begeertevernietiging kom vandag voor. Die voorwerpe

van begeerte word al hoe gemeenplasiger weens die

massa-aanbod daarvan – daar is byvoorbeeld geen

vergelyking tussen die kuns van, sê, Maria Callas, die

musikale seksgodin van haar tyd, en Britney Spears,

die musikale seksgodin van háár tyd nie… Net so begin

mense in die middel- en hoë klas al hoe meer ly aan

begeerte-uitputting, wat manifesteer in depressie,

sinloosheid, ’n verlies aan geloof (in sowel die

goddelike as die aardse), en so meer.

Maar hoe hou hierdie wêreldwye verskynsel

spesifiek met Suid-Afrika verband? As simboliese

datum is die jaar 1994 gedra deur twee mites wat

mense begeester het, oftewel wat hulle begeertes

gemobiliseer en geprikkel het. (As ek hier van mites

praat, is dit in die sin van ’n hoër ideaal, ’n verhaal wat

mense help om te verstaan hoe die wêreld

inmekaarsteek en waar hulle inpas.) Die eerste mite

was dié van ’n verenigde, demokratiese, nierassige

nasie, oftewel ’n nuwe manier om ‘ons’ te sê. Die

tweede mite was dié van ’n mobiele, verstedelikte,

individualistiese verbruiker, oftewel die heersende

ekonomie se manier om ‘ek’ te sê.

’n Mens hoef weereens nie die uitvinder van

buskruit te wees om te sien dat hierdie twee mites in

spanning met mekaar staan nie: die mense van ’n

samelewing kan nie gelyktydig ewe hard ‘ons’ en ‘ek’

sê nie. Die vernaamste draers van die ‘ons’-mite, die

ANC, het beheer oor die staat oorgeneem, maar byna

onmiddellik moes hulle ’n verhouding vind met die

vernaamste draers van die ‘ek’-mite, die korporatiewe

sektor. Die krisis van die ANC was dat hy nie sy

politieke oogmerke kon najaag sonder die steun van die

korporatiewe sektor nie, en gevolglik moes hy sy

ekonomiese beleid van herverdeling verruil vir ’n

ekonomiese beleid wat eerstens op die belange van die

korporatiewe sektor gerig was, en tweedens op die

skepping van ’n swart middelklas (deur swart

ekonomiese bemagtiging in die privaat sektor en

regstellende aksie in die staat- en semi-staatsektor),

terwyl die sowat 50% tot 60% armer deel van die

bevolking uitgesluit is, soos prof. Sampie Terreblanche

deeglik uiteensit (2).

Op die geestelike vlak en op die vlak van Suid-

Afrikaners se begeertes, sou hierdie wending

katastrofiese gevolge hê, en wel om die volgende

redes:

Eerstens het die meeste Suid-Afrikaners vanweë

die ekonomiese uitsluiting wat hulle onder die vorige

politieke bedeling beleef het, aanvaar dat die nuwe

politieke bedeling ook vir hulle ekonomiese insluiting

sou bring. ’n Krisis het egter kort voor lank ontstaan

omdat ekonomiese insluiting kort voor lank en sonder

meer gelykgestel is aan die mite van mobiele,

verstedelikte, individualistiese verbruikerskap, in plaas

van ’n ekonomie wat aan almal gee wat nodig is sodat

hulle die dinge wat ewig is, kan najaag. (Soos Carel

(iv) Boshoff altyd sê, is die teenoorgestelde van

armoede nie rykdom nie, maar selfstandigheid – maar

hieroor is nog nie werklik in Suid-Afrika gedebatteer

nie.). Voorbeelde van hoe die ‘ek’-mite baie gou die

‘ons’-mite begin vernietig het, was in uitsprake soos

dié van die huidige adjunkpresident, “Daar is niks mee

verkeerd dat swartmense stinkryk word nie”; of die

huidige hoof van die ANC-presidensie toe sy

betrokkenheid by ’n eties bedenklike bemagtigingstransaksie

op die lappe gekom het, “Ek het nie

gestruggle om arm te wees nie”.

Tweedens: alle mense se diepste begeerte is na

die oneindige (soos Augustinus ons al in die vierde eeu

geleer het), wat manifesteer in die goeie lewe, maar in

Suid-Afrika sedert 1994 is die ideaal van die goeie

lewe self gelykgestel met ’n leefstyl wat nie net nooit

vir alle Suid-Afrikaners beskore sal wees nie – daar is

eenvoudig nie genoeg in die land sodat almal motors

met afslaankappe en groot huise met verhitte

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 3
swembaddens kan besit nie – maar wat in wese ook nie

regtig goed is nie! (Daar is niks mee verkeerd om die

lekker materiële dinge in die lewe te geniet nie, maar as

die lewe daartoe beperk word sonder dat die onsigbare

dinge wat ons mens maak – dit wat goed, waar en mooi

is – hulle plek daarin het, dan word die lewe ’n goue

tronk.) Met ander woorde, Suid-Afrikaners word sewe

dae per week deur die bemarkingsbedryf geprikkel om

’n goeie lewe te begeer wat nie goed is nie.

By diegene wat wel in staat is om hierdie “goeie

lewe” te koop – die middel- en hoë klas – ontstaan ’n

toestand van versteurde begeerte, wat manifesteer as ’n

gevoel van “nog nie genoeg nie”, selfmoordneigings,

depressie, dwelm- en vermaaklikheidsverslawing,

eetversteurings, en so meer.

By diegene wat nie in staat is om hierdie “goeie

lewe” te koop nie – die arm klas – ontstaan ’n toestand

van gefrustreerde begeerte, wat manifesteer as

gevoelens van uiterste vernedering en wanhoop, wat in

sommige gevalle oplaas uitloop op geweld, veral en

presies daar waar die vangnet van gemeenskapsverhoudinge

begin skeur, en mense aan hulle

wanhopige self oorgelewer is. Geweld manifesteer

dikwels waar ’n mens nie meer op ’n gesonde manier

‘ek’ kan sê nie, omdat jy nie meer deel van ’n

skeppende, lewenskragtige ‘ons’ is nie – Stiegler haal

byvoorbeeld die woorde aan van Richard Durn, wat in

2002 in die middel van ’n laatnag- openbare sitting van

Nanterre, Frankryk se stadsraad, 8 stadsraadslede

doodgeskiet en hieroor in sy dagboek geskryf het: “Vir

een keer in my lewe wou ek iemand wees” (3) (en per

implikasie nie ’n ‘niemand’ wees nie). Kortom, hoe

langer die ‘ek’-mite in Suid-Afrika ononderbroke

voortduur, hoe meer word begeerte in Suid-Afrika ’n

vernietigende krag wat die mens vir die mens, in

Hobbes se woorde oor die sestiende-eeuse Engeland in

die chaotiese oorgang tussen die religieuse en die

politieke era, ’n wolf maak.

Wat staan ons in Suid-Afrika te doen om uit

hierdie krisis te tree? As die krisis die produk van

skeefgetrekte begeerte is, dan volg dit dat die oplossing

by herleiding van begeerte na die goeie, die ware en die

skone moet begin. En dit is hier waar die rol van die

kerk van kritieke belang is.

Uit die ontleding van die krisis wat hierbo gegee

is, sou dit reeds duidelik geword het dat die volgende

en grootste ironie Suid-Afrika kort na 1994 getref het:

terwyl alles daarop gedui het dat na die ontnugtering

van die politieke era voor 1994 ’n nuwe belofte nou

kon waar word, en die politieke era sy vrug in Suid-

Afrika kon dra soos dit in ander wêrelddele eens

gedoen het, was die land se ekonomiese elite reeds so

deeglik in die wêreldekonomie (waar die ekonomiese

era nou in volle swang is) geïntegreer, dat die

ekonomiese era nou ook onverbiddelik in Suid-Afrika

aangebreek het. Anders gestel: waar die mislukkings

van die politieke era voor 1994 uiteindelik in die

1980’s gelei het tot die beperkte integrasie van Suid-

Afrika in die wêreldekonomie (en die oppermag van

die ekonomiese era), het die nuwe belofte van 1994 nie

die glorie van die politieke era ook oplaas hier laat

aanbreek nie, maar eerder die laaste beperkings op die

land se volskaalse integrasie by die wêreldekonomie

opgehef, die belofte van die politieke era in die kiem

gesmoor – en die ekonomiese era se heerskappy

volledig in Suid-Afrika gevestig.

Dit laat die land op die oomblik in ’n situasie

waar die staat nie meer ’n voertuig van die politieke era

is nie (buiten vir die onderbring van die voormalige

struggle-elite), maar nou toenemend onderworpe aan

die gesag van die ekonomiese era, en bygevolg die

korporasie. Die derde groot instelling, die kerk (en

ander religieuse instellings), is uit hierdie verhouding

tussen staat en korporasie geskuif, maar die kerk beskik

oor twee enorme troefkaarte: 1) Terwyl die

meerderheid Suid-Afrikaners uitgelewer is aan die

mark se aanslag op hulle gees, aandag en begeertes,

soek hulle steeds geestelike leiding by die kerk. 2) Die

kerk se tyd is nie dié van onmiddellikheid nie (soos wat

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 4
deur die mark en toenemend die staat as verlenging van

die mark bevorder word), maar van ewigheid.

Afgesien van wat die kerk (en ander religieuse

instellings) kan doen, word twee ander pogings om die

krisis op te los vandag geloods. Hierdie twee pogings

kom onderskeidelik vanuit die geledere van diegene

wat die draers van die belofte van die politieke era was

– die Afro-nasionaliste wat die botoon in die ANC voer

– en diegene wat die donker kante van die ekonomiese

era eerstehands beleef – die sosialiste wat Cosatu en

die SA Kommunistiese Party aanvoer.

Soos wat die oppergesag van die ekonomiese

era sedert die middel 1990’s in Suid-Afrika gevestig is,

het dit onderskeidelik vir die Afro-nasionaliste en die

sosialiste elk ’n reuse krisis veroorsaak. Vir die Afronasionaliste

was die krisis dat hulle mite – die nuwe

‘ons’ van ’n verenigde, demokratiese, nierassige nasie

– eenvoudig die stryd om begeerlikheid teenoor die

‘ek’-mite van mobiele, verstedelikte, individualistiese

verbruikerskap begin verloor het. Vir die sosialiste was

die krisis dat hulle mite – die ou negentiende-eeuse

‘ons’-mite van ’n samelewing sonder ekonomiese

ongelykheid wat hulle gehoop het oplaas gestalte sou

kry – ook minder begeerlik was as die ‘ek’-mite, met

die gevolg dat die nuwe swart politieke en ekonomiese

elite nog meer selfgerig as hulle wit eweknieë begin

optree het, terwyl die gaping tussen ryk en arm in die

samelewing nog groter as voorheen geword het.

Omdat albei hierdie groeperings nie ’n deeglike

ontleding van die werking van begeerte deel van hulle

mondering gemaak het nie, reageer hulle op die krisis

van skeefgetrekte begeerte in Suid-Afrika deur

verskillende pogings tot die “regdwing” daarvan: vir

die Afro-nasionaliste is die gestalte wat die

dwangpoging aanneem dié van “transformasie”,

oftewel om die staatsmasjien te probeer inspan om die

samelewing tot ’n verenigde, demokratiese, nierassige

nasie te dwing, waar die weerspieëling van die land se

demografiese profiel op alle vlakke die maatstaf is, en

waar die hele poging uiteindelik al hoe meer rassisties

word. Vir die sosialiste is die gestalte wat die

dwangpoging aanneem dié van “herverdeling” of die

“ontwikkelingstaat”, waar ook weereens gehoop word

om die staat in te span om ’n minder ongelyke

maatskaplike bedeling af te dwing.

Niks standhoudends kan egter afgedwing word

nie, en die geskiedenis van soortgelyke pogings elders

in die negentiende en twintigste eeu is besaai met

mislukkings in hierdie verband, waaronder apartheid en

die mislukking van kommunisme maar twee is.

Nee, die enigste alternatief vir die skeeftrekking

van begeerte in Suid-Afrika is die skepping van ’n

nuwe ekologie van begeerte, ’n omgewing waarin

begeerte nie ’n doodsmasjien nie, maar ’n vrugbare

grond vir nuwe lewe is. En hier kom ’n derde troefkaart

van die kerk ter sprake, naamlik dat hy dié instelling is

waarin mense hulle diepste begeerte, naamlik na die

oneindige, kom uitleef, wat manifesteer as ’n poging

om ’n lewe van die goeie, die ware en die skone tot

stand te bring.

Die uitdaging van die kerk in Suid-Afrika is

om op so ’n wyse te verskyn dat hy mense kan herinner

aan hulle begeerte na die oneindige, en mense kan wys

hoe om dié begeerte in ’n goeie lewe uit te leef.

(1) Bernard Stiegler, De la misère symbolique: 2. La

catastrophè du sensible, Parys: Galilée, 2005, p.85.

(2) A History of Inequality in South Africa 1652 – 2002,

Pietermaritzburg: University of Natal Press, 2002, veral

hoofstuk 4.

(3) Ongelukkig is nog feitlik niks van Stiegler se werk in

Engels, Nederlands of Afrikaans vertaal nie. Sy insigte

waarna ek hier verwys, is egter wel bondig saamgevat in ’n

opstel deur hom wat oorspronklik in Le Monde diplomatique

verskyn het en wat ek in Afrikaans vertaal het met ’n

inleiding onder die titel “Versmoorde begeerte, of hoe die

kultuurindustrie die individu vernietig: Bydrae tot ’n teorie

van massaverbruik”, Fragmente: Tydskrif vir Filosofie en

Kultuurkritiek no.12 en 13, 2004, pp.29 – 46.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 5
O

Hoofartikel

VSA-verkiesing

p Woensdag 8 November, die dag van die

Amerikaanse Kongres- en senaatsverkiesingsuitslae

waarin die Demokrate die oorwinnaar was, is 10

Palestynse vroue en 7 Palestynse kinders volgens

Channel 4 dood te Beit Hanoen, in ’n Israelse militêre

operasie teen ’n vermeende vuurpyllanseerpunt … wat

die teiken met ’n halwe kilometer gemis het.

Twee gebeure duisende kilometer uitmekaar,

maar ten nouste verbind, want na die amperse

vredesluiting tussen die Palestyne en die Israeli’s laat

in 1999 met die bemiddeling van die vorige

Demokratiese president, mnr. Bill Clinton, wankel die

Midde-Ooste vandag op die rand van ongekende

geweldpleging en selfs ’n streeksoorlog.

Terwyl daar gereeld verklaar word dat links en

regs in die politiek grootliks agterhaalde kategorieë is,

het die skrille kontras tussen die eras van die linkssentristiese

Clinton en die regse, neokonserwatiewe

George W. Bush getoon

dat dié kategorieë nie

geheel en al van inhoud

gestroop is nie …

Die kontras tussen

die Demokrate en die

Republikeine moet ook nie

oorskat word nie.

Waarnemers soos Noam

Chomsky het al meermale

daarop gewys dat die

patroon van Amerikaanse

wêreldhegemonie sedert

die Tweede Wêreldoorlog

onder die leiding van óf

Demokrate óf Republikeine

nie wesenlik gewissel

het nie. Te oordeel aan die

benaderings van onderskeidelik

Clinton en Bush

lyk dit of die Demokrate

sedert die Val van die

Berlynse Muur verkies om

Amerikaanse hegemonie met ekonomiese middele na

te streef, terwyl die Republikeine verkies om dit met

militêre middele te doen.

Nietemin is dit tog ’n belangrike verskil, veral

in ’n hoogs ontvlambare streek soos die Midde-Ooste,

wat dekades al gebuk gaan onder Westerse en veral

Amerikaanse dubbelhartigheid. Hierdie dubbelhartigheid

is waarskynlik nêrens so duidelik versinnebeeld

soos in die wel en wee van die figuur Saddam Hoessein

nie: in 1967 met Amerikaanse steun aan bewind gestel

en gehou, ook deur die oorlog teen Iran in die 1980’s

heen, tot hy na sy Amerikaanse meesters se sin te

onafhanklik geraak het en na twee invalle in sy land

ontsetel en oplaas tot ’n galgdood veroordeel is in ’n

uitspraak wat op veelseggende wyse vir die beleërde

Bush en sy party slegs twee dae voor die verkiesing

gekom het. ’n Lomp poging om aan die

gemanipuleerde Amerikaanse publiek te wys die VSA

is aan die “wen” in Irak?

Gaan die verkiesingsoorwinning van die

Demokrate iets hieraan verander? Waarskynlik nie.

Ten eerste is Bush steeds president, met aansienlike

uitvoerende magte. Ten tweede het Hillary Clinton, die

Demokrate se voorloper om in 2008 presidentskandidaat

te wees, haar ten opsigte van die Midde-

Ooste allesbehalwe van Bush onderskei – hoewel dit

natuurlik vanweë haar politieke versigtigheid te midde

van die teenswoordige klimaat van vrees in die VSA

mag wees.

Met die VSA se politieke elites toenemend na

binne gekeer, die Israelse regering rigtingloos en

verlam na die oorlog teen Hisbolla in Libanon, die

Palestynse politici intern verdeel

en Irak op die rand van ’n

burgeroorlog, val dit te betwyfel

of die oorwinning van die

Demokrate ’n wesenlike verskil

aan die Midde-Ooste gaan maak

– of aan internasionale politieke

en ekonomiese stabiliteit.

Nietemin is dít nie die

laaste woord oor die Demokrate

nie. Daar is vandag pogings om

nuwe idees in die Demokratiese

Party te ontwikkel. Die

finansier, George Soros, het

onlangs self miljoene dollar

bewillig vir ’n nuwe ideëforum

om die Demokrate te versterk.

Jong Demokratiese bloggers is

besig om die Demokrate se

gevestigde leierskap uit te stof

in die stryd om die aandag van

die kieserspubliek. Howard

Dean, die eerste Amerikaanse

politikus wat in ’n presidentswedloop die internet

behoorlik kon inspan, is nou voorsitter van die

Demokratiese Party. Dit alles kan dui op ’n party wat

homself desperaat probeer heruitvind, alhoewel daar

nog nie werklike tekens van vernuwende denke of

praktyke sigbaar is binne hierdie groeperinge nie. Dit

lyk eerder na die bekende Amerikaanse politiek van

“muddling through”.

Intussen sal dit vir demokrate van alle soorte

wêreldwyd verstandig wees om nie hulle asem op te

hou nie: die onsekerheid in die Midde-Ooste en die

groeiende ekologiese krisis – wat nou selfs deur die

finansiële establishment in die persoon van sir Nicholas

Stern erken is – maak dit noodsaakliker as ooit tevore

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 6
dat gewone burgers deelneem aan die skep van ’n

ander wêreld.

Die opkoms van die inligtingsekonomie die

afgelope twintig jaar het enorme kragte ontketen wat

nog hoegenaamd nie deur die religieuse of politieke

instellings van ons tyd verreken is nie. Om die

inligtingsekonomie met uitgediende idees of

agterhaalde politieke ekonomie te probeer verstaan, is

fataal. Daarom is die eerste en belangrikste taak van

demokrate vandag die ontwikkeling van idees en

instellings wat die ekonomie weer ’n onderdeel van die

wêreld in plaas van die alfa en die omega kan maak. So

nie kan die era van inligting se onmeetlike beloftes

katastrofaal onvervuld bly.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 7
Afrika:

Droom van ’n tweede onafhanklikheid?

’N OORGANGSTYDPERK LOOP TEN EINDE IN

AFRIKA. EEN WAT BEGIN HET MET DEMOKRA-

TISERING NA DIE AFLOOP VAN DIE KOUE

OORLOG IN 1989. EN WAT EINDIG MET DIE

MISLUKKING, TEEN ’N AGTERGROND VAN

MAATSKAPLIKE KATASTROFE, VAN DIE

STRUKTURELE AANPASSINGSPLANNE (SAP) EN

DIE NUWE PROGRAMME WAT HULLE AAN DIE

BEGIN VAN DIE JARE 2000 VERVANG HET. DIE

GEVOLGE EN BETEKENIS VAN HIERDIE

GESKIEDKUNDIGE DRAAIPUNT BEGIN STADIG-

AAN DEURSKEMER, EN ’N NUWE SPELRONDTE

BEGIN VIR DIE VASTELAND.

Deur Anne-Cécile Robert *

H

oewel die mutasies wat in Afrika werksaam is,

dikwels met dramatiese newegebeure gepaard

gaan (maatskaplike oproer,

staatsgrepe, oorloë, siektes,

armoede, ens.) en die indruk

van groot chaos skep, is

dinge hier nie noodwendig

minder verstaanbaar as

elders nie. Dit is dikwels

oorvereenvoudiging in die

media en afbrekende vooroordele

wat die vastelande se

“onoplosbare kompleksiteit”

skep (1).

Gedurende die spildekade

van 1989-1999 is die

meeste van die politieke en

ekonomiese modelle wat die

vasteland struktuur gee, in

die gedrang gebring. Die

einde van die Oos-Weskonflik

het ’n einde gemaak

aan botsings wat van buite af

aangehits is, soos in Angola

of Mosambiek; kripto-

Kommunistiese regimes het verdwyn of is tot die

markekonomie bekeer (Benin, Etiopië, byvoorbeeld);

die afbreek van apartheid in Suid-Afrika het die seël op

die simboliese einde van koloniale regimes geplaas;

* Afrika-redakteur, Le Monde diplomatique. Uit die Frans

vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois,

sonyavs@yahoo.com

veelpartypolitiek het na die Demokratiese Republiek

van die Kongo (DRK) en Kaap Verdië versprei, met ’n

wye draai deur Kenia en Sentraal-Afrika …

’n Mens kan hierdie ontwikkelinge van twee

kante af beskou. Kruis: allerlei spanninge wat sulke

ontwrigting onvermydelik meebring en waarvan die

kontinent daagliks voorbeelde toon. Munt: die politieke

en maatskaplike ruimte, die beweegruimte wat per

definisie geskep word wanneer enige status quo

bevraagteken word. Met ander woorde, enige krisis of

gevaar hou die keersy in van hoop of die moontlikheid

van positiewe verandering. So is dit met staatsgrepe,

wat soms tot demokrasie lei, soos in Mali in 1991, toe

die militêre magte die diktator Moussa Traoré

omvergewerp en die mag aan die burgerlikes teruggee

het. Dieselfde voorneme het geblyk uit die Mauritius

staatsgreep in 2005.

Drie breekpunte help om die omvang van

hierdie teenstrydighede te begryp. Aan die een kant het

neoliberale terapieë en die mislukking daarvan in die

meeste lande die sosiale kontrak wat met

onafhanklikheid ontstaan het,

uiteen laat spat (Afrika suid

van die Sahara is die enigste

streek in die ontwikkelende

wêreld waar die

lewensverwagting by geboorte

tot onder sy vlak van die

vroeë 1970's gedaal het en

steeds onder 50 jaar bly).

Hierdie ontwrigtende faktor is

’n kragtige dryfveer in

maatskaplike konflikte of

gewapende spannings.

Terselfdertyd ontketen dit ’n

tot nog toe deurmekaar debat

oor die nodige herdefiniëring

van ekonomiese beleide. Aan

die ander kant het

demokratisering die politiek

verruim, maar op onvolledige

wyse. In die besonder bring

die voogdyskap van

internasionale finansiële instansies twyfel oor die

legitimiteit van die openbare gesag. Laastens is die

opkoms van nuwe magte in Afrika of in die buiteland

besig om die vasteland se geopolitiek te herskryf, en

die moontlike herskommeling van kaarte in die

vooruitsig te stel.

Die mislukking van die strukturele aanpassingsplanne

(SAP) word vandag alom erken (2). Selfs

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 8
wanneer Afrikalande daarin slaag om betreklik hoë

groeikoerse te bereik – 5% gemiddeld in 2005, met

pieke in olielande soos Tsjad (7,7%) of Ekwatoriaal-

Guinee (9,3%) – verminder dit nie die armoede nie.

Met hulle powere resultate op dié terrein, begin

neoliberale ekonome wonder oor die bepalende faktore

van hierdie groei – asook die inhoud daarvan – soos

blyk uit ’n werksdokument van die Internasionale

Monetêre Fonds (IMF) met die betekenisvolle titel

“Groeipyne”: “Onlangse studies het gekyk na die

elemente van groei wat tot voordeel van die armes

strek, ’n begrip waarvoor daar

nie een spesifieke definisie is

nie. (...) In Afrika moet die rol

van ongelykhede van nader

beskou word, gegewe die groot

veranderings in inkomsteverdeling

sedert 1980 (...). Ons

weet dat veranderings in

ongelykhede enersyds kan help

om armoede verder te laat

krimp, maar andersyds ook die

vermindering van armoede wat

deur groei teweeggebring is,

kan uitkanselleer” (3).

Gesien die omvang van

die skade, het die Wêreldbank

en die IMF in ieder geval

besluit om nuwe ekonomiese

programme te borg. Sulke

programme wys op meer

nougesette doelwitte in die stryd teen armoede en

korrupsie, die ontwikkeling van menslike hulpbronne,

die uitbouing van infrastrukture. Die Strategiese

Dokumente vir die Vermindering van Armoede

(SDVA) (4) moet bydra tot die bereiking van die

Millennium-doelwitte wat deur die VN vasgestel is (5).

Met die ekonomiese vennootskapsverdrae

(EVV) wat in 2002 deur die Cotonu-ooreenkoms

daargestel is, gee die Europese Unie die toon aan in vir

die nuwe konsert. Dieselfde geld die Nuwe

Ekonomiese Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling

(Nepad) (6). Ten einde ontwikkeling te befonds, is die

verligting of kansellering van skulde ook aangekondig,

onder meer deur die G8, soos met die Inisiatief vir

Skuldgeteisterde Arm Lande (ISAL) (7). Oproepe om

internasionale hulp te vergroot, word deur verskeie

multilaterale organisasies gedoen (8).

Maar hierdie inisiatiewe, wat voorgee om lesse

uit die verlede se beleide te leer, bly nietemin

vasgevang in neoliberale ideologiese voorveronderstellings

en skram weg daarvan om die “verbode

debat” (9) oor alternatiewe makro-ekonomiese

benadering aan te roer. Die “Our common interest”verslag

wat Tony Blair in 2005 saamgestel het, is

tekenend van hierdie soort dooiepunte (10). So word

skuldverligting telkens afhanklik gemaak van

“geneesmiddels” met dodelike newe-effekte

(liberalisering: privatisering, inperking van openbare

owerhede, en vryhandel: die oopgooi van markte vir

internasionale mededinging). Die VN Konferensie vir

handel en ontwikkeling (VNKHO) vra vergeefs om

duideliker veranderinge in strategie, byvoorbeeld die

bevraagtekening van internasionale handelsreëls (11).

Maar sekere politieke ontleders en waarnemers

kom tot die heersende ekonome se redding: dit is nie

hulle voorskrifte wat verkeerd is nie, dit is die Afrikane

wat niks daarvan verstaan nie. Die Franse joernalis,

Stephen Smith, is een so ’n voorbok met sy heftige,

minagtende kritiek op die “mentaliteite” wat dan die

ware struikelblok vir ontwikkeling sou wees (12). Hoe

geleerd die skrywers daarvan ook al mag wees, bevat

hierdie soort kritiek ’n “konstruksiefout”: dit is slegs

geldig indien ’n mens die liberale ekonomie as die

enigste moontlikheid sien.

Kortom, Afrikane verseg

om “gesond” te krepeer.

Ongetwyfeld ’n gebrek aan

verbeelding aan hulle kant

... Maar, by sy ongeluk, het

dié vasteland die simbool

geword van die geglobaliseerde

ekonomie se gewelddadige

sy, en uit solidariteit

word die Maatskaplike

Wêreldforum in Januarie

2007 in Nairobi (Kenia)

gehou.

Tot dusver is die

strukturele skade wat

Afrika-gemeenskappe gely

het, aansienlik. Drie bronne

van maatskaplike en

politieke destabilisering is

aan die gang gesit. Eerstens het die in pas bring met

wêreldmarkte die landbousektor ontwrig (twee-derdes

van die bevolking suid van die Sahara is landelik),

onder meer deur die spel van dislojale mededinging

wat verarming en toevloei na die stede in die hand

werk. Vervolgens is die middelklasse uitgeroei. Vanaf

die jare 1980 het daar in Afrika-gemeenskappe ’n

enorme kloof ontstaan tussen die brandarmes en die

skatrykes: die rykste 20% van die bevolking se

inkomste is tien keer meer as dié van die 20% aan die

onderpunt van die skaal (13). Die ontwikkeling van ’n

land berus egter in ’n groot mate op die dinamiek van

die middelklasse waarvan die opbloei juis veronderstel

is om vooruitsigte aan die minderbevoorregte lae te

bied. “Gedurende die huidige fase van kapitaalgroei

met sy nuwe vorms van verryking,” merk die Ghanese

politieke deskundige Kwame A. Ninsin op, “is baie

mense – insluitend die middelklas – deur die

markkragte hulle broodwinning ontneem, verarm,

mishandel en gebreek.” (14).

Laastens het die liberale ideologie state

verpletter deur sy verkondiging van begrotingsdissipline,

finansiële liberalisering, oopstelling van die

markte, privatisering. Hierdie toestand lê veral

ontwikkeling aan bande: die VN se konferensie van

handel en ontwikkeling het onder meer getoon dat

openbare stukrag (die finansiering van infrastrukture,

instelling van ’n wetsraamwerk wat gunstig vir sake is,

ens.) onontbeerlik is om beleggings en privaat

ondernemers te lok (15). Daarbenewens het Afrika die

afgelope jare bloedweinig voordeel getrek uit direkte

beleggings in die buiteland (16).

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 9
Maar die verswakking van die openbare gesag

dra ook by tot die ontwrigting van gemeenskappe. Aan

die een kant word die staat maniere ontneem om

inkomste te herverdeel, soos geïllustreer deur die debat

oor die afwesigheid van maatskaplike beskerming of

die agteruitgang van die onderwys in Rwanda, die

DRK, die Ivoorkus ... Verarming werk onvergenoegdheid

in verwaarloosde weermagte in die hand, wat

gunstige toestande vir staatsgrepe skep (soos onlangs in

Guinee-Bissau (2003), Mauritanië (2005), ens.).

Staatsamptenare word maande, soms jare laat betaal.

Dit is hoekom generaal François Bozizé se eerste

gebaar ná sy staatsgreep in Sentraal-Afrika in 2003 was

om die betaling van staatsamptenare aan te kondig.

Aan die ander kant is daar nie meer ’n werklik

legitieme gesag wat vir die samelewing ’n doel voor oë

kan stel nie. Met openbare owerhede wat nie meer in

staat is om die algemene

belang te definieer nie, gedy

alternatiewe diskoerse, veral

van etniese aard. Die outentisiteit

van “Kongoleesheid”

word in die Demokratiese

Republiek van die Kongo

verdedig; daar word gepraat

van “Togoleesheid” of

“Ivoriaansheid”... Sulke vereenvoudigende

diskoerse laat

’n mens dink aan die

“Frankryk vir die Franse”gedagte

wat mnr. Jean-Marie

Le Pen na aan die hart lê.

“Toe die krisis begin het, met

die skielike, gepaardgaande

vernietiging van die surplusaanwas

wat die transetniese

beleid van die nuwe staat

help finansier het,” verduidelik die Egiptiese ekonoom

Samir Amin, “is die heersende klas self verbrokkel,

gestroop van al sy geloofwaardigheid wat op die

resultate van ontwikkeling gebou was. Gevolglik moes

hulle vir hulleself nuwe basisse skep, wat dikwels

sinoniem met etniese inkering is.” (16) Die gedagte self

van openbare besit, wat die onafhanklikheidselite

gerugsteun het, moet weer opgebou word met die

herdefiniëring van die sosiale kontrak as dryfveer.

Tipies van die poststrukturele aanpassingskrisisse,

is die toestand in die Ivoorkus ’n taamlik goeie

voorbeeld van wat op die spel is. Die konflik wat sedert

September 2002 hier woed, het sy oorsprong in die

rampspoedige nalatenskap van Félix Houphouët-

Boigny. Dié geskiedkundige leier het ’n paternalistiese

stelsel daargestel wat gebaseer is op die opbrengste van

die kakao-ekonomie en die blinde ondersteuning van

Parys. Sake is verder gekompliseer deur die

privatisering van die kakaobedryf, met die

gepaardgaande verlaging van sy winsgewendheid en

van die bevolkings se lewenskwaliteit. Woede het

opgebou onder die verarmde stedelike jeug, vir wie

mnr. Gbagbo ’n kampvegter word, terwyl die landelike

bevolkings, wat vroeër deur Houphouet-Boigny

gepamperlang is, probeer om hulle toekoms te verseker

deur opnuut besit te neem van die grond wat

ruimskoots in die tyd van die “Ivoriaanse wonder” aan

buitelanders gegee is wat dit wou kom ontgin. Vandaar

die nasionalistediskoers oor “Ivoriaansheid” en die

verdeling van die land, waarby elkeen glo dat ’n ander

ten koste van hom verryk word: stedelinge teenoor die

landelike bevolking, buitelanders teenoor Ivoriane, die

jeug teenoor die ouer garde, ens.

Die spanning loop nog hoër in Afrika met dié

dat demokratisering dit moontlik maak om dit uit te

druk, met ’n mindere of meerdere mate van sukses.

Kiesers mobiliseer oral: die sterk deelname (70%) in

algemene verkiesings in die Demokratiese Republiek

van die Kongo in Julie 2006 is tekenend van hierdie

neiging. Nuwer spelers tree na vore, soos verenigings –

van vroue, vakmanne, kleinsakeondernemings, ens. –

of sindikate wat hulle merk in die openbare debat

maak. So het ’n veelpartyregering, ná grootskaalse

openbare betogings, in Oktober

2006 in Togo tot stand gekom

onder die presidentskap van

mnr. Faure Gnassingbé, seun

van die oorlede diktator

Gnassingbé Eyadema.

In Madagaskar het die

mobilisering van die inwoners

mnr. Didier Ratsiraka se

uittrede in 2002 verhaas. In die

DRK is wegblyaksies gehou om

teen die traagheid van die

oorgangsproses in 2003-2004 te

protesteer. Maatskaplike

botsings breek uit: algemene

stakings teen die hoë

lewenskoste in Guinee in die

lente van 2006, opstand teen die

privatisering van die spoorweë

in Mali, betogings teen

kragonderbrekings in plakkersdorpe in Suid-Afrika,

ens. Maatskaplike forums wat die voogdyskap van die

IMF en die Wêreldbank in twyfel trek, word gereeld

oral oor die vasteland gehou (17). Kunstenaars

(sangers, rapmusikante, straatskilders of

spotprenttekenaars, video- en filmmakers) wat groot

populariteit geniet, laat die protes verder weerklink.

In die leemte wat deur die openbare owerhede

gelaat is, speel godsdienstige bewegings ’n al hoe

groter rol, veral op maatskaplike gebied. Dit is die

geval met Moslem-verenigings, maar ook evangeliese

kerke uit die VSA. President Gbagbo is lid van een.

Hulle ontwikkel millennium- en profetiese diskoerse

(18), maar tree ook op as bemiddelaars in sekere

konflikte, soos in die DRK. Islamisme in Afrika, wat

eeue oud en tradisioneel verdraagsaam is, dra die

gevolge van gebeure in die Midde-Ooste en die

impasses van die Amerikaanse oorlog teen terrorisme.

’n Mate van radikalisering kom na vore, na die

voorbeeld van Nigerië, Soedan of Somalië, en word

dikwels deur die media uit verband geruk.

Maar dit is die uitbarsting van die jeug op die

maatskaplike verhoog wat Afrika-demokrasieë die

meeste uitmergel (na gelang van die land is 40 tot 49%

van die bevolking suid van die Sahara jonger as 15 jaar

oud) (19). Kwaai geraak deur die agteruitgang van die

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 10
onderwys weens ’n tekort aan geld, maar ook deur

groot pandemies soos vigs (20), val hulle rond tussen

woedebetogings veral in stedelike gebiede – soos die

konstante oproer in Abidjan en onder jeugdige

rebelleleiers in die Noorde van die land – en wandade

deur Mafia-agtige bendes – soos die kriminele

sabotering in Nigeriese oliegebiede illustreer.

In die voorstede van groot plekke soos Nairobi

of Johannesburg trek jeugdiges in klein parallelle

gemeenskappies saam of studeer, indien hulle tot

universiteitsvlak vorder, in uiters moeilike

omstandighede. Betogings teen buitensporige

klasgelde, die tekort aan beurse of die swak gehalte van

die verblyf en kos skud gereeld kampusse, soos in

Dakar verlede winter. “Die jeug is honger na

geregtigheid (...). Hulle wil dat sake tot ’n punt gebring

word,” ontleed die Mauritiaanse filmmaker

Abderhamane Cissako die situasie. “Hulle is dus sowel

op soek na waardigheid as na ’n verduideliking vir die

moeilike toestand op die vasteland” (21).

Voeg by hierdie verskynsels die

emigrasietendens – met die menslike dramas wat ons in

die nuus sien – wat aangehelp word deur families en

dorpies wat hulleself in skuld

dompel om ’n jongmens die

land uit te help, in die hoop

dat dié hulle sal kan onderhou

wanneer hy of sy

terugkeer. Emigrasie word ’n

paradoksale verskynsel omdat

dit lande hulle “lewenskrag”

ontneem, maar terselfdertyd

323 miljard euro per

jaar vir die kontinent inbring,

wat meer is as ontwikkelingshulp

“Ons leiers stel ’n

slegte voorbeeld,” meen die

Senegalese historikus

Ibrahima Thioub. “Deur

hulle kinders te stuur om te

gaan studeer of geldmaak in

die Noorde, onderskryf hulle die gedagte dat ’n mens

nie plaaslik sukses kan bereik nie.” Meer nog as elders

leef die elite in Afrika ’n trappie bo die gemeenskap.

Die saamval van demokratisering met die uitbreiding

van globalisering het inderdaad ’n nuwe soort politieke

regime geskep: iets wat ’n mens “IMF-demokrasieë”

sou kon noem. Dit wil sê dat die elite volgens ’n

dubbele dinamika geselekteer word: veelpartyverkiesings

en steun van internasionale finansiële instellings

(IFI), waar die tweede element dikwels toegewings

behels wat die doeltreffendheid van die eerste

ondermyn.

Aangesien Afrikalande feitlik onder

voogdyskap van IFI staan, maak kandidate om die

hoogste poste almal ’n draai by die “finansiële borge”,

waarvan hulle die ondersteuning of neutraliteit moet

bekom. Mali se president Amadou Toumani Touré

erken dat hy “heelwat onregverdigheid in

internasionale ekonomiese verhoudinge ontdek het” en

dat hy nie “skaam” nie, maar “verleë” voel oor hierdie

afhanklikheid (22). Sekere leiers kom selfs direk uit die

geledere van die IMF of Wêreldbank, soos die

president van Liberië, Ellen Johnson-Sirleaf. Die

afgelope jare was daar Alassane Dramane Ouattara,

voormalige departementshoof by die IMF, wat eerste

minister van die Ivoorkus geword het; Nicephore

Soglo, voormalige goewerneur van die IMF, wat

president van Benin geword het; Ngozi Okongo-

Iweala, minister van finansies in Nigerië, wat vroeër

sekretaris-generaal van die Wêreldbank was; sakelui

soos die Malgassiese president Marc Ravalomana, of

bankiers, soos die premier van die Ivoorkus, Charles

Konan Banny, voormalige goewerneur van die Sentrale

Bank van Wes-Afrikalande (SBWAL), wat almal die

guns van finansiële instansies geniet.

Hoe legitiem en verteenwoordigend die elite is,

hang dus nie soseer van die bevolking af nie, maar van

internasionale liggame. Tydens ’n parlementêre debat

kon ’n Senegalese minister die opposisie stilmaak met

’n enkele sin: “Die borge is dit eens.” Die

katoenkonflik in 2003 illustreer op paradoksale wyse

die oogluiking van die elite en heersende ekonome:

Afrikaleiers vra dat die reëls van vryhandel

gerespekteer word, eerder as om die wêreldwye,

gewelddadige magspel tussen

Noord en Suid te bevraagteken.

Soms word die kandidaat

uit die Bretton Woodsinstansies

egter deur die

volkstem stilgemaak. In Benin,

nadat hy in 1991 deur

Nicephore Soglo uit die

kussings gelig is, verslaan die

voormalige diktator Mathieu

Kérekou laasgenoemde in 1996

(voordat hy vrywillig en finaal

die presidentskap in 2006

neerlê). Meer onlangs moes

mev. Sirleaf, wat in 2005

verkies is, haar met ’n

vyandiggesinde parlement

versoen.

Meer nog as die

roofsugtige welwillendheid van die “internasionale

gemeenskap” ondermyn die ekonomiese vraagstuk die

demokratiese spel. Dié word nog onsekerder gemaak

deur politieke partye se gebrek aan kampvegters,

dikwels omdat laasgenoemde nie die lidmaatskap kan

bekostig nie. Die spandabelheid van sommige

kandidate, terwyl ander feitlik niks het nie, verwring

die verkiesingstryd. Paradoksaal genoeg gee

doeltreffende regimes aanleiding tot die vorming van

opposisiegroepe, maar net om hulle teenstanders nog

beter te verdeel (Gaboen, Burkina Faso, byvoorbeeld).

Meestal bevestig “internasionale waarnemers” die

resultate en skyn slegs werklik op hulle hoede te wees

wanneer die betrokke regime hom nie by die

ekonomiese spelreëls hou nie (soos in die geval van

Zimbabwe). In ieder geval sukkel die demokratiese

kultuur om pos te vat: sommiges laat die Grondwet

verander om sonder beperkings herverkies te kan word

(Burkina Faso, Uganda, Tsjaad); korrupsie vreet aan

die staatsdiens. Die opposisie, joernaliste en regters

word geïntimideer. Dit gebeur in Senegal (arrestasie

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 11
van die voormalige premier Idrissa Seck, mishandeling

van die parlementslid Talla Sylla…), maar ook in

Niger waar twee van hulle in die somer van 2006 voor

die reg gedaag word vir die “verspreiding van vals

nuus” oor die toestand van die land.

“Hoekom kan ons nie ’n Chavez in Afrika kry

nie?” (23) vra ’n student onlangs op ’n kampus in

Abidjan (24). ’n Beduidende botsing vind tydens die

winter van 2005-2006 tussen Tsjad en die Wêreldbank

plaas. Met verwysing na die dringende maatskaplike

probleme in sy land, vra N’Djaména dat die blokkasie

van olieopbrengste wat deur die Wêreldbank

afgedwing is ten einde “toekomstige generasies se

belange te beskerm”, opgehef word. Hoewel mnr. Idris

Deby se regime natuurlik meer begaan was oor sy

weermag (en sy konflik met die naburige Soedan) as

oor sy volk, is die afhanklikheidspel waarin die Tsjadse

ekonomie gewikkel is, tekenend van wat in Afrika as

die “vloek van olie” bestempel word. Ekonomiese

afhanklikheid, die belofte van wins vir multinasionale

maatskappye wat op die vasteland dobbel soos in ’n

reuse kasino waar iedereen kan maak soos hy wil (24),

en korrupsie onder ’n elite wat nie die gemeenskap

verteenwoordig nie, werk saam om die bevolking van

die opbrengste van sy ontsaglike rykdomme te beroof.

Die vasteland se geopolitiek is egter in ’n proses

van mutasie wat mag lei tot groter beweegruimte vir

state. Ou afhanklikheidsbande kom in gedrang, soos

die Franse neokolonialisme. In sommige plekke word

dit bevraagteken (Ivoorkus, Togo, Senegal...), in ander,

uitgewis (Tsjaad, Gaboen...) (26). Nuwe buitelandse

magte neem stelling in, soos die markgesinde China of

die VSA (tussen big business en sy oorlog teen

terrorisme). Suid-Suid-bande word gesmee met

vennote soos Brasilië of Venezuela, wat nuwe

ambassades in Afrika oopgemaak het. Vir die elite wat

ná onafhanklikheid tot stand gekom het, is koloniale

bande verouderde realiteite en is enige vennootskap

moontlik.

Op die vasteland self kom plaaslike

beskermhere na vore, soos Suid-Afrika, Nigerië (27) of

Soedan. Die konflik in Darfoer – deels ’n leierstryd

tussen Kartoem en N’Djamena – word deur die Afrika-

Unie dopgehou, en laasgenoemde neem ook deel aan

vredesmagoperasies (Sierra Leone in afgelope jare, die

DRK vandag). Inter-Afrika organisasies word

gekonsolideer en speel ’n al groter rol. In Oktober 2006

probeer die Vrede en Veiligheidsraad van die Afrika-

Unie en die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-

Afrikalande (EGWAL) die vredesproses in die

Ivoorkus terug op koers kry. ’n Gebrek aan geld bly

egter ’n besliste hindernis vir die optrede van sulke

organisasies.

Wie of wat ook al die bevryder van hierdie

geskiedkundige era sal wees, die raamwerk word tans

duidelik gevorm deur die “vertikale” afhanklikheid van

die onderskeie lande, die eensydige verteenwoordiging

van die leiers en hulle liberale ingesteldheid. Maar bo

die vasteland sweef daar die droom van ’n “tweede

onafhanklikheid”, wat ook sinoniem met ekonomiese

en maatskaplike vooruitgang sal wees.

(1) Jean-François Dupaquier, “De la françafrique à la

maffiafrique”, Mouvements, 17 Mei 2002 -

www.mouvements.asso.fr/

(2) Lees Jean-Pierre Foirry, L’Afrique continent d’avenir,

Transversales, reeks Débats, Paris: ellipses, 2006.

(3) “Growing pains: With Africa’s growth finally picking

up, the challenge is to accelerate and sustain the pace to

reduce poverty”, Finance and Development, Washington:

IMF, Maart 2006.

(4) Die SDVA, opgestel deur die IMF en die

Wêreldbank, beskryf ’n land se makro-ekonomiese,

strukturele en maatskaplike beleide en programme oor etlike

jare, asook sy buitelandse finansieringsbehoeftes.

(5) http://www.un.org/french/millenniumgoals/

(6) Nepad is in Julie 2001 in Lusaka (Zambië) deur die

Afrika-Unie aanvaar, en is deur vyf “swaargewigte” in

Afrika-politiek ontwerp: Suid-Afrika, Nigerië, Algerië,

Egipte en Senegal.

(7) Die ISAL is ’n globale instrument vir skuldverligting

in skuldgeteisterde arm lande wat aanpassings- en

hervormingsprogramme toepas wat deur die IMF en

Wêreldbank gesteun word.

(8) Lees “The 25 billion dollar question”, The Economist,

Londen: 2-8 Julie 2005.

(9) Jean-Pierre Foirry, L’Afrique continent d’avenir,

Transversales, coll. Débats, Paris: ellipses, 2006, bl. 87.

(10) http://www.commissionforafrica.org/french/report/

introduction.html

(11) UNCTAD, Verslag oor handel en ontwikkeling 2006,

http://www.unctad.org

(12) Stephen Smith, Negrologie. Johannesburg: PRAAG,

2005.

(13) http://www.un.org

(14) Lees Kwame A. Ninsin, “Les nouveaux mouvements

sociaux africains”, Et si l’Afrique refusait le marché?, Parys:

L’Harmattan, 2001, page 221.

(15) Cnuced, Flux de capitaux et croissance en Afrique,

Genève: 2000.

(16) In die tydperk 1975-1982 het die invloei van

buitelandse kapitaal 3,9% van die bruto nasionale produk

(BNP) in Afrikalande verteenwoordig. In die tydperk 1983-

1998 verteenwoordig dit slegs 1,8%. Erger nog, ’n uitvloei

van Afrika-kapitaal na die buiteland word gekonstateer.

(17) www.forumsocialafricain.org

(18) Lees Laurent Fouchard, René Otayek, André Mary,

“Des imaginaires partagés”, Courrier de la planète, n°79,

Montpellier: Januarie-Maart 2006.

(19) Teenoor 30% in geïndustrialiseerde lande. Suid-

Afrika lê tussenin met 30 tot 39%.

(20) Lees Stephen Ellis, “La crise universitaire”, Courrier

de la planète, n°79, Montpellier, Januarie-Maart 2006.

(21) Le Rideau rouge, TV5, Februarie 2003.

(22) Die president van Venezuela, Hugo Chávez, het die

olie-opbrengs tot voordeel van maatskaplike projekte

aangewend.

(23) ’n Mens moet ook die ouderdom en spesifieke aard

van die magsverhoudings in Afrika in ag neem, sedert die

verdrag tot vandag toe. En onthou dat die Chávez van Afrika,

Thomas Sankara van Burkina Faso, in 1987 om die lewe

gebring is, vermoedelik met die goedkeuring van Parys.

(24) Die bitter stryd wat in Oktober 2006 deur Johnson-

Sirleaf begin is om die eensydige ooreenkoms wat deur die

staalreus Mittal steel aangegaan is, te herbeding, is nog ’n

voorbeeld.

(25) Lees Delphine Lecoutre en Admore Mupoki

Kambudzi, “Vers un divorce entre Paris et le continent

africain?, Le Monde diplomatique, Junie 2006.

(26) Nigerië en Suid-Afrika verteenwoordig 60% van die

bruto binnelandse produk van sub-Sahara Afrika.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 12
• Die Vrypostige Afrikaan

Maties skop die bal vorentoe

Teenstrydighede versoen

Deur ons rondreisende verslaggewer, Kleinjan

Schietekat

I

n die lig van groeiende tekens dat Afrikaans op die

Universiteit van Stellenbosch (US) uitgesorteer is,

moet die stilte wat tans in die Eikestad heers nie vlak

gekyk word nie. Dit is om die minste te sê

betekenisvol. Luidens dokumente wat Die Vrypostige

Afrikaan onder oë gehad het, is die gevoel in hoë USkringe

dat teenstrydighede nou versoen is en diversiteit

nie vir die universiteit ’n probleem is nie.

Teen hierdie agtergrond word daar geglo die US

kan vorentoe kyk. Die groeiende verhouding met

Engels staan nie net in die teken daarvan dat Engels die

taal van globalisasie is nie, maar ook, in ’n meer

letterlike sin, die taal van glo-bal-isasie, soos die

skouspelagtige Sokkerwêreldbeker vanjaar in

Duitsland uitgewys het. Die US het klaarblyklik groot

planne om nie net op taalgebied nie, maar ook op

sportgebied die bal vorentoe te skop. Historiese

kenners verbonde aan die US wys daarop dat die US

nie net ’n taalbakermat is nie, maar ook ’n

sportbakermat, en dat sport nou ’n belangrike rol kan

speel om die studenteprofiel van die US in lyn te bring

met die nasionale bevolkingsamestelling. Meer

spesifiek is die besluit feitlik geneem om vanaf

aanstaande jaar die klem vanaf rugby na sokker en

meer aan die US te verskuif. Dit is die “meer” wat

veral die verbeelding aangryp.

Terwyl die US na die onlangse taalrelletjie die

lukrake idee van ’n universiteit as ’n gemeenskapsbate

uitgeskuif het in sy herposisionering as nasionale bate,

word daar nou gehoop om met groter ondersteuning

aan die wêreld se geliefkoosde sportsoort die US ook in

’n internasionale bate te verander. Sokker is per slot

van rekening ook die geliefkoosde sport van die

suidelike lande, soos bewys deur die sukses van

Australië se nimlike Socceroos by die pasafgelope

Wêreldbeker.

Marknavorsing wat die US in sy tradisionele

voedingsgebied gedoen het, het egter aan die lig

gebring dat om rugby aan die agterspeen te laat suig

ten gunste van sokker – veral as die afrigting slegs in

Engels gaan geskied (geen T-opsie nie) – hoofsaaklik

uit Malmesbury en omliggende gebiede moleste kan

ontketen, met rugby hooliganism ’n besliste

moontlikheid. Dit is hierdie vrees vir rugby hooligans

wat die US-administrateurs op die blink idee gebring

het om die voortou in die versoening tussen rugby en

sokker te neem, ’n soort van sport-KODESA. Twee

voormalige rugbyspelers – Stampkar Jantjies en

Kapstok Jones – en ’n voormalige sokkerspeler –

Shoes Tshabalala – wat Suid-Afrika in die Mandela-era

op die hoogste vlak verteenwoordig het, is deur die US

gevra om ’n nuwe sport bestaande uit ’n kombinasie

van sokker en rugby te ontwerp.

Hulle voorstelle vir die nuwe sport – sokby

(uitgespreek sok-bie) – is boeiende leesstof. Die bal se twee

helftes sal onderskeidelik ovaal en rond wees. Die nodige

afmetings om die regte verhouding tussen die gelukkige en

die ongelukkige wip te bepaal, is ontwerp deur ’n paneel

internasionaal erkende wiskundiges, waarby die uittredende

rektor na bewering ook betrokke was.

Weens die historiese bevoordeling van rugby

ten koste van sokker is besluit om die aantal

rugbyposisies in die nuwe spel te verminder, en die

span tot 13 lede te beperk as kompromis tussen ’n

sokkerspan van 11 en ’n rugbyspan van 15. Daar is ook

gevoel dat die bal histories te na gekom is deur te veel

geskop te word, veral in maneuvers vanaf die

regterkant van die veld. Om dié kwessie reg te stel,

word twee 10-meter-reëls voorgestel, oftewel die twee

groot gelykmakers. Reël 1 bepaal dat die bal nie verder

as 10 meter geskop mag word nie, terwyl reël 2 bepaal

dat wanneer die bal gedribbel word, dit minstens 10

meter ver moet wees.

Wat posisies in die span van 13 betref, stel die

komitee voor dat die meeste rugbyposisies eenvoudig

saamgegooi word onder die posisie van têkkelaar,

waarvan daar vyf in die span moet wees. In ’n kopknik

aan Amerikaanse rugby behoort die vyf têkkelaars ter

wille van aanskoulikheid nooit naby die bal te kom nie

en slegs mekaar te têkkel – geelkaarte sal so ook tot die

minimum beperk word. Verder is daar ’n doelwagter,

vier senters en vier vleuels, oftewel ’n verdubbeling van

die dribbelposisies in sokker, buiten die doelwagter. Die

doelhok bly onveranderd met horisontale pale.

Uit billikheid teenoor die histories mishandelde

bal moet die bal dus so min as moontlik beweeg word.

Geen drieë word toegelaat nie, en punte word slegs

aangeteken deur die span wat die bal die minste in ’n

beweging kan hanteer. So word die spel tot sy uiterstes

gevoer. Indien die têkkelaars in enige stadium die

dribbelaars têkkel, word die spel onmiddellik gestaak,

want beserings is onwenslik. Drie skeidsregters – een

wit, een bruin en een swart – roteer elke tien minute die

fluitjies.

Planne is om die eerste Matie sokby-derby

volgende Februarie af te skop, met ’n spesiale

pawiljoen vir toeskouers uit Malmesbury en

omliggende gebiede.

Ofskoon die planne nog stilgehou word, het die

Universiteit van Fort Hare blykbaar reeds die US genader

met ’n versoek om hulp om ’n kombinasie van jukskei en

stokgevegte op die been te bring. Samesmelting tussen die

twee instellings is egter nie op die kaarte nie.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 13
• Briewe

Oor Stefan Louw skryf Carel (iv) Boshoff:

D

ie dood van Stefan Louw kan beskou word as nog

’n ongeval in die onverklaarde “oorlog van almal

teen almal”, soos die filosoof Thomas Hobbes dit

driehonderd jaar gelede teen die agtergrond van

sewentiende-eeuse Engeland beskryf het. Wat Hobbes

gesien het, was die opkoms van moderniteit en die

verlies aan die tradisies en instellings aan die hand

waarvan ’n stabiele samelewing tevore ingerig is. Die

gevolg was ongebreidelde begeerte en “die ryk van

skaarste” waarin elkeen teen elkeen opstaan om

toegang tot die “vrugte van ontwikkeling” te verkry.

Dít is die oorlog wat tans in Suid-Afrika woed; dít is

die kragte wat dreig om die Suid-Afrikaanse

samelewing uitmekaar te skeur.

Die dood van Stefan Louw plaas ons voor

Ook oor Stefan Louw skryf Dankbare Ouma:

H

ierdie is nie kommentaar nie. Hierdie is ’n dankie

aan ’n man wat ek nie geken het nie, Stefan Louw.

Dankie aan hom, want hy het my kinderlose kinders

gehelp om ’n baba uit sy gemeente aan te neem, ’n

dogtertjie wat sy naam dra. Na die lees van die gedig in

Die Vrye Afrikaan van 20 Oktober 2006 het ek nie net

André Agenbag se seer gelees nie; ek het aan ons

hierdie krisis, maar lewer ons nie daaraan uit nie. Want

Stefan se lewe staan nie in die teken van skaarste nie,

maar van oorvloed. Hy het uit die oorvloed van God se

genade ontvang en het en die nulsomlogika, waarvan

hy die onomkeerbare slagoffer geword het, nie gedeel

nie. Daarom hoef ons dit ook nie te deel nie. Ons hoef

nie tot die oorlog van almal teen almal toe te tree nie;

inteendeel, as ons van Stefan se dood ’n goeie dood

kan maak, sal dit wees deur uit dieselfde oorvloed as

hy te put en genoeg te hê om te deel. Soos vuur en

vryheid wat meer word hoe meer mens dit deel. Stefan

se lewe en dood roep ons op om anderkant die ryk van

die skaarste en die ongebreidelde begeerte te tree. Dan

is ’n ander wêreld en ’n ander Suid-Afrika moontlik.

pragtige kleinkind se biologiese mamma gedink -

Stefan was haar anker in die donker tye van

swangerskap en aanneming. Al was Stefan aan my

onbekend, sal ek my kleinkind vertel waar haar naam

vandaan kom en die gedig en foto’s veilig bêre vir die

dag van “waar kom ek vandaan?”

Na aanleiding van Marinus Schoeman oor Hannah Arendt

skryf Die Afrikaner van Kaapstad:

E

k weet ek steek nou my nek uit maar ongelukkig

kan ek nie langer my teleurstelling verberg nie. Ek

soek ook nie konfrontasie van enige aard nie. Die feit is

dat daar van elke Afrikaanssprekende verwag word om

Engels magtig te wees. Die rede waarom ons inskakel

op Afrikaanse programme en/ of tydskrifte/ nuusblaaie

koop, is om Afrikaans te hoor of te lees. Die skrywe

oor die politieke denker Hanna Arendt, is die grootste

gedeelte in Engels. Net so word meer en meer

onderhoude gevoer in Engels op radio/ TV. In die

verlede het die skrywer of omroeper dit in Afrikaans

oorgedra aan die lesers/ luisteraars. Met hierdie skrywe

van Marinus Schoeman is ek weereens teleurgestel in

die hoop op ’n suiwer vrye Afrikaanse blad. Ek wens u

alle sukses toe met die nuwe blad en vertrou dat ons in

die toekoms berigte in Afrikaans sal kan lees, al is dit

vertalings. Jammer dat ek so ’n onkundige

Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner is.

- Dis darem ’n bietjie dik vir ’n daalder om in die lig

van u (hoogs verstaanbare!) frustrasie met die wye

druk tot verengelsing Marinus Schoeman dit ten laste

te lê dat “die grootste gedeelte” van sy artikel in

Engels is, terwyl dit eintlik die aanhalings uit Arendt se

werk was. Nietemin sal ons voortaan alle en nie net die

meeste aanhalings vertaal. Dit mag u interesseer dat

Schoeman, buiten die feit dat hy een van die fynste

Afrikaanse stiliste is wat tans skryf, een van bittermin

Afrikaanse filosowe is wat deurgaans - ook in sy

onlangse proefskrif as boek gepubliseer - in Afrikaans

werk.

Eweneens sou u darem seker waardering hê vir

die enorme aanbod van artikels uit ander tale, veral

Frans, wat maandeliks in Die Vrye Afrikaan verskyn,

en wat nêrens elders in Suid-Afrika in enige ander taal

beskikbaar is nie? – Red.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 14
Na aanleiding van Vasti Roodt oor Hannah Arendt skryf

Schalk de Beer van Secunda:

V

asti Roodt se besinning oor Hannah Arendt se

gedagte oor “klaarkom sonder ’n trapleuning”, ten

opsigte van die behoud van Afrikaans, vind ek baie

interessant. Sy vra die vraag in watter mate mense wat

hulleself skaar by ’n “derde taalstryd” bevry is van die

invloedsfeer van ’n vervloë tradisie - die gedagte synde

dat mens verkieslik weg moet beweeg van die verlange

na dit wat was.

Hierin is daar egter ’n ingeboude probleem

omdat die Afrikaanse taal self ’n produk van die

geskiedenis is. Deur dus op watter wyse ook al die

voortbestaan van Afrikaans te probeer bevorder, is die

persoon wat daarby betrokke is besig met iets uit die

verlede waaraan hy verknog is. Afrikaanssprekendes

sal slegs volkome nuut in Suid-Afrika volgens die

Arendt-benadering (soos deur Roodt vertolk) ten

opsigte van Afrikaans kan handel, as hulle geheel en al

met die taal help wegdoen (en nie daarin skryf nie).

Deur slegs ’n bepaalde veranderde houding in verband

met die taal voor te gee, maar die taal nog te wil

beskerm, red hom nie van insluiting by die groep

mense wat nie regtig iets nuuts wil skep nie. Dit is

sekerlik nie me. Roodt se bedoeling nie, maar dit is

bepaald wat die vyande van Afrikaans sal kan sê.

Oor die posisie van bruin mense skryf Enver Buys van

Newclare:

H

eindrich Wyngaard is ’n gerespekteerde joernalis

wat toegang het tot pres. Thabo Mbeki,

regeringsbeamptes en meeste sakeleiers danksy sy

invloedryke posisie by Rapport. Pres. Thabo Mbeki is

nie ten volle bewus van watter etniese gevegte onder

regeringsbeamptes plaasvind nie. Dus jammer dat

Mbeki nie ’n groep bruin leiers toespreek om ’n

langtermynoplossing te vind vir die gevoelens van

uitsluitings wat op voetsoolvlak onder bruin mense

voorkom. Dis ’n klap in die gesig vir ons mense dat

Mbeki slegs met ’n oproep op Wyngaard verwag ons

mense moet bly wees. Waarom doen die president

moeite om ander rolspelers soos Solidariteit en Cosatu

te sien terwyl hy net melding maak van die Khoi en

San mense en ’n oproep aan hulle vir ’n oop gesprek?

Verder doen hy niks rondom die hartseer van ons

mense op die grond. Dis tyd dat die president besef ons

is die ware burgers van hierdie land.

Verder neem ek aanstoot dat die ANC, DA en

ander partye niks doen aan hierdie knelpunt nie. Nie

een van hierdie partye het ooit opreg met dié knelpunt

gehandel nie. Die feite is in die geskiedenis van die

land na 1994.

Ons mense sukkel om werk te kry. Die tekort

aan behuising en kapitaal vir entrepreneurs gaan

binnekort ontplof as daar niks aan gedoen word nie.

Soos swart entrepreneurs weet ons dat swart

ekonomiese bemagtiging op die langtermyn essensieel

is om inkomste en rykdom te versprei. Wanneer gaan

dit in ons gemeenskappe gebeur? Kom ons vergeet die

bekende spelers en aanvaar dat bemagtiging nie

bestaan in ons gemeenskappe nie. Niemand binne die

Afrikaanse Handelsinstituut kwel hulle oor die

ekonomiese toestand van die Khoi en San

entrepreneurs in al die diamantkonsortiums nie.

Die Noord-Kaap is die tuiste van die Khoi-San

en Griekwa gemeenskappe wat nie deur enige politieke

party verteenwoordig word nie. Die waarheid moet

vertel word van provinsiale beamptes wat deurgaans

die saad van uitsluiting en verwarring tussen ons mense

en die organisasies wat op die grond werk, saai.

Telefoonoproepe en herhaalde besoeke aan die

provinsiale kantoor van die departement van minerale

en energie het tot niks gelei nie. Fakse word

beantwoord met versoeke om meer fakse te stuur.

Beamptes is nie ingestel op die bemagtiging van

Saartjie Baartman se mense nie.

Die ander dag vertel my moeder my oor die

Limpopo-regeringsbeamptes wat Buysdorp wil

wegneem van die Buyse, want dit het nooit aan hulle

behoort nie. Hierdie amptenare dra geen kennis van die

Khoi en San rotskuns in Limpopo nie, want dit beteken

mos niks vir hulle nie. Terwyl almal besig is om name

te verander, gee niemand om oor die swak toestand van

al die waardevolle kunswerke van die Khoi en San in

die Limpopo nie. Dis tog ook ’n deel van Suid-Afrika

se erfenis, of hoe?

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 15
• Gedig

Canto

Deur Hennie Aucamp

We think caged birds sing, when indeed they cry

John Webster in The White Devil.

Ander gevangenes mag hom nie hoor nie,

in sy hok in die vierkant

van die tronk:

en Pisa is ’n kloklui ver.

Die pes wandel bedags

op swaar soldatestewels;

en snags skyn fel –

’n aflosoog vir die son –

die skynwerpers wat soek

en uiteindelik vind

onder gekastyde vel en been:

’n siel.

Later het hy ’n tentjie gekry –

só groot was sy kou wel –

vir groter privaatheid;

en toe kon hy aanskou

die skaduwees van wagte

wat uur na uur verbytrek op die seil

soos in Plato se grot.

En ook dít kon hy sien:

hoe ’n salmander flikker oor die klipplaveisel;

hoe Broer Perdeby ’n huisie bou

van klei, vier vertrekke groot;

hoe ’n mier hom ’n reus waan in ’n drakeryk.

As a lone ant from a broken anthill

from the wreckage of Europe

ego scriptor

skryf hy in 1946,

voor hy Amerika toe geneem

en mal verklaar is

en verban tot ’n gestig,

dertien jaar lank.

Maar nog sing Ezra Pound

in sy verse

en in dié van ander:

want invloed is ’n blywende gety

wat kom en gaan

en kom en gaan

by grense van ’n oorlogstyd verby.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 16
Vandeesmaand se hoofartikel in

’n Nuwe Japan

Deur Ignacio Ramonet *

O

fskoon Noord-Oos Asië op 9 Oktober geskud is

deur Noord-Korea se kerntoets, is dit nie minder

ontstig nie deur die bewindsaanvaarding van Japan se

nuwe premier, mnr. Shinzo Abe, op 26 September.

Soos sy voorganger, mnr. Junichiro Koizumi, ’n

produk van die Liberaal-Demokratiese Party (LPD),

wat die Land van die Opkomende Son sedert 1955

oorheers, is die 52-jarige mnr. Abe die jongste

Japannese premier sedert 1945. Hy word nietemin deur

die Japannese linkervleuel beskou as ’n ultraliberale,

aartskonserwatiewe, nasionalistiese politikus. Sy

opponente in die streek huiwer nie om hom as ’n

“valk” te beskryf nie.

As seun van ’n voormalige minister van

buitelandse sake behoort mnr. Abe tot ’n groot regse

dinastie met ’n veelbewoë verlede (1) waarvan hy nie

afstand geneem het nie. Sy oupa, Nobusuke Kishi, was

’n minister in die oorlogskabinet van generaal Tojo,

wat die aanval op Pearl Harbor geloods het. In 1945 as

vermeende oorlogsmisdadiger gearresteer, is Kishi

uiteindelik tog nie deur die militêre tribunaal van Tokio

(die eweknie vir Japannese oorlogsmisdadigers van die

Nurembergse tribunaal wat Nazi-leiers verhoor het)

verhoor nie, omdat die Amerikaners teen die

agtergrond van die groeiende Koue Oorlog ’n

Japannese regtervleuel wou herbou. Kishi was dus een

van hulle manne. Nadat hy in 1948 bevry is en twee

maal benoem tot premier – onderskeidelik in 1957 en

1958 – het hy ’n nuwe veiligheidsverdrag met die

Verenigde State onderteken.

´n Grootoom van Abe, Yosuke Matsuoka,

minister van buitelandse sake, was ’n voorstander van

Japannese ekspansionisme in Asië. In 1940 het hy

Japan laat aansluit by die Spilmagte, oftewel die

bondgenootskap gesluit deur Hitler se Duitsland en

Mussolini se Italië. Nadat hy ook van oorlogsmisdade

beskuldig is, het hy in die tronk gesterf voor hy verhoor

kon word.

In ’n land wat nog nie amptelik om verskoning

vir sy oorlogsmisdade gevra het nie, het Abe nog nooit

regtig sy familieverlede afgesweer nie. Inteendeel,

terwyl hy diegene wat ’n “masochistiese” blik op Japan

se geskiedenis het, afwys, minimaliseer hy sy land se

aanspreeklikheid. Soos Koizumi is hy al dikwels na die

Yasukuni-begraafplaas, waar soldate “wat hulle lewe

vir Japan gegee het”, waaronder veertien

oorlogsmisdadigers (en sy grootoom Matsuoka),

begrawe is. Hiervoor is Koizumi nie langer ontvang in

* Redakteur, Le Monde diplomatique. Uit die Frans vertaal

deur Johann Rossouw, redakteur@vryeafrikaan.co.za

Beijing of Seoul nie, wat hom beskuldig het van

“revisionisme” en dat hy “die militêre verlede van

Japan wil verheerlik”.

As produk van die mees regse faksie van die

LDP het Abe sy openbare loopbaan gebou deur uit te

vaar oor die lot van die oorlewende Japannese wat in

Kim Il-sung se tyd deur Noord-Koreaanse agente op

Japannese strande ontvoer is. Dit is deur deurgaans

meer fermheid en sanksies teen Noord-Korea te vra –

met ’n goeie skeut demagogie (omdat daar nog net een

saak onder litigasie is) – asook deur die anti-

Koreaanse, rassistiese sentimente van groot dele van

die media te vlei, wat Abe gewild geword het. Na

Noord-Korea se missieltoetse op 5 Julie (2) het hy

nuwe sanksies teen Pjongjang gevra – en op 19

September gekry. Voorts het hy onder voorwendsel

van die “Noord-Koreaanse bedreiging” sy voorneme

aangekondig om per referendum artikel 9 van die

pasifistiese Japannese Grondwet (3) te wysig ten einde

Japan se selfverdedigingsmagte te omvorm tot

volwaardige gewapende mag gestroop van die

beperkinge wat in 1945 deur die oorwinnaars geëis is

(4). Dit is ’n voorneme wat tans deur George W. Bush

se binnekring in Washington aangemoedig word,

aangesien hulle ’n kragtige militêre bondgenoot in

Noord-Oos Asië verlang om China hok te slaan.

Dit alles laat die vrees ontstaan dat Japan, wat

reeds naas die Verenigde State die grootste militêre

begroting ter wêreld het, homself gaan herbewapen,

wat die wapenwedloop wat reeds in een van die

gevaarlikste streke van die planeet op dreef is, kan laat

versnel. Die meerderheid Japannese is egter gekant

hierteen en Abe moes op 10 Oktober spesifiseer dat sy

land – beskerm deur die Amerikaanse kernsambreel –

dit nie in die vooruitsig stel om homself met

kernwapens toe te rus nie (5). In die praktyk beskik

Tokio oor ten minste 43,8 ton plutonium, deur sy

burgerlike kernreaktors vervaardig, en sou hy ’n

kerntoestel binne enkele maande kon bou …

Dit is ongetwyfeld om aan te dui in watter mate

die nuwe Japannese premier volgens hom gevaarlik is

wat Noord-Korea op 9 Oktober – dieselfde dag wat

Abe in Seoul op die Koreaanse skiereiland aangekom

het – sy veroordeelbare kerntoets uitgevoer het. ’n

Onverantwoordelike waarskuwingsboodskap. Wat

wêreldwyd met kommer ontvang is. En wat bevestig

dat buiten vir ’n onwaarskynlike wysiging van Abe se

nasionalistiese teses die spanninge in Noord-Oos Asië

kwalik gaan verminder.

(1) Lees Philippe Pons, “Shinzo Abe, ‘prince’ de la droite’”,

Le Monde, 21 September 2006.

(2) Lees “Spanning in Noord-Korea”, Die Vrye Afrikaan, 20

Oktober 2006.

(3) Hierdie artikel stipuleer dat Japan “oorlog vir altyd opsê,

sy gewapende magte afskaf en onderneem om hulle nooit

weer te vestig nie”.

(4) Lees Ichiyo Muto, “Revise the peace constitution, restore

glory to empire!”, Japonesia Review no.1, Tokio, Januarie

2006.

(5) El País, Madrid, 11 Oktober 2006.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 17
’n Noord-Korea met

kernwapens?

Deur Roland Henwood *

N

oord-Korea se toetrede tot die sogenaamde

“kernklub” as die negende staat met ’n

kernwapenvermoë is bevestig na die onlangse

suksessvolle toetsing van ’n kerntoestel. Die

aankondiging van Noord-Korea het tot uiteenlopende

reaksies en bespiegelinge oor die toekoms van die

Koreaanse skiereiland gelei. Dat ’n kerntoestel

ontwikkel en suksesvol deur Noord-Korea getoets is,

was nie onverwags nie, maar het in die algemeen

negatiewe reaksies ontlok. Hierdie gebeure is belangrik

omdat dit die aandag vestig op die onsekerhede wat

onderliggend is aan die politieke, ekonomiese en

veiligheidsbelange in hierdie streek, maar ook die res

van die wêreld.

Die belangrikste rede wat aangevoer word vir

die besluit om ’n kernvermoë te ontwikkel is die vrees

van die Noord-Koreaanse regime vir eksterne optrede

wat daarop gerig is om dit te ontsetel. Die regime van

Kim-Jong Il is bekend om sy ondemokratiese aard en

bereidwilligheid om brutaal teen sy onderdane te

reageer. Daarby is dit ook ’n voorbeeld van ’n hoogs

oneffektiewe regime wat bittermin in die vorm van

suksesvolle beleidsprogramme kan wys, en tewens sy

voortbestaan grootliks aan die jarelange ondersteuning

van eers die Sowjet-unie en meer onlangs veral China

te danke het.

Diegene wat die optrede van Noord-Korea

steun, redeneer dat die aksies nie onwettig is nie,

alhoewel dit problematies is. Hierdie argumente

beklemtoon die reg van ’n regering om self oor sy

optrede te besluit, en om onafhanklik van die

instemming of goedkeuring van veral moondhede soos

die VSA, te kan optree. Dit bevraagteken ook die druk

wat veral deur die VSA en bondgenote op Noord-

Korea geplaas is om konformerend op te tree (met

ander woorde in ooreenstemming met die belange van

die VSA self).

Diegene wat gekant is teen die ontwikkeling

van ’n kernvermoë deur die Noord-Koreaanse regime

redeneer dat dit as ’n bedreiging vir vrede en stabiliteit

beskou kan word, veral in die streekskonteks. Die

argumente berus op die aanname dat die Noord-

Koreaanse leierskap nie optree binne die aanvaarde

norme wat tans in die internasionale gemeenskap geld

nie, en ook nie toerekeningsvatbaar is nie – anders as

die ander moondhede wat oor ’n kernvermoë beskik.

Alhoewel hierdie argument hoogs aanvegbaar is, moet

sekere aspekte wat met hierdie argument verband hou

tog verder ontleed word.

* Lektor in politieke wetenskap, Universiteit van Pretoria

Ten eerste word die magsbalans in die streek

drasties verander deurdat die regime in Noord-Korea

nou oor ’n wapenvermoë beskik wat slegs China tot

dusver beskore was. Die vrees is dat, soos die geval

was met ander streke waar kernwapens beskikbaar

geraak het/ ontwikkel is, dit tot ’n spiraal van

bewapening sal lei. In die geval van Noord-Korea is

die uitgesproke vrees van veral Suid-Korea, dat Japan

kan reageer deur opnuut ’n fase van militêre opbou van

stapel te stuur.

Die ander argument is dat, anders as in vorige

gevalle waar kernwapens ontwikkel is (VSA en USSR;

Indië en Pakistan), die Noord-Koreane ’n eensydige

proses onderneem het met ’n magswanbalans as

resultaat. Noord-Korea se kernvermoë word dus nie

gebalanseer met ’n teenpool wat min of meer

terselfdertyd dieselfde vermoë ontwikkel het nie. In

hierdie geval is die bestaan van ’n kernmoondheid in

die vorm van China nie ’n vergelykbare teenvoeter nie,

omdat die relatiewe kernvermoë van Noord-Korea en

China absoluut buite verhouding is. Die effek hiervan

is dat Noord-Korea nie aan dieselfde beperkinge ten

opsigte van die gebruik van kernwapens onderhewig is

as die ander voorbeelde (soos China) waarna verwys is

nie. Die soort regime en die geskiedenis van optrede

van die Noord-Koreaanse leierskap skep die gevaar van

eensydige, onvoorspelbare en “onverantwoordelike”

optrede, as gevolg van die magswanbalanse wat nou

geskep is. ’n Ander vrees is dat Noord-Korea as bron

kan dien vir die verspreiding van die middele en

kundigheid vir die vervaardiging van kernwapens aan

state soos Iran en Sirië, vanwaar dit verder kan versprei

- ook na terreurorganisasies.

Toekomstige gebeure in die streek sal bepaal

word deur die optrede van die betrokke partye. Indien

omvattende sanksies toegepas word, soos deur die

VSA voorgestaan, kan die uiteinde die isolasie van die

regime in Noord-Korea wees. Dit kan aanleiding gee

tot die uiteindelike ineenstorting van hierdie regime

wat belangrike gevolge vir China inhou. Dit kan

byvoorbeeld die instroming van groot getalle mense uit

Noord-Korea na China veroorsaak wat weer ernstige

druk en selfs onstabiliteit in die Sjinese grensstreek kan

veroorsaak. Op simboliese vlak sal dit nog ’n mislukte

kommunistiese staat op die Sjinese grens tot gevolg hê.

Dit kan ook die Suid-Koreaanse ideaal van ’n

verenigde Korea in ’n langtermyn droom en kort- tot

mediumtermyn nagmerrie laat ontaard.

Dit is steeds nie duidelik wat die regime in

Noord-Korea met sy nuut verworwe vermoë en status

beplan nie. Dit kan ontaard in ’n situasie waar Noord-

Korea besef die probleme en beperkinge van sy nuwe

mag hom meer blootgestel en magteloos laat as wat die

verwagting is. Die uiteinde hiervan kan ’n situasie

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 18
wees waar Noord-Korea se enigste werklike

bondgenoot, China, die teiken word vir gefrustreerde

verwagtinge. In so ’n geval kan China as’t ware deur

Noord-Korea afgepers word met dreigemente

aangevuur deur ’n gewaande magsvermoë en ’n

politiek-ekonomiese onvermoë. Ongeag hoe hierdie

situasie afspeel sal Noord-Korea se toetrede tot die

uitgelese groep van state wat oor kernwapens beskik

vir al die betrokkenes meer probleme en spanning

bring, eerder as probleemoplossings.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 19
PW Botha:

’n laaste sien

KENMERKEND VAN DIE STROOM EVALUERINGS

VAN PW BOTHA NA SY DOOD IS DAT FEITLIK

NIE EEN GEVRA HET NA WAT HOM GEVORM HET

NIE. ’N VERBAND TUSSEN DIE ONVERWERKTE

TRAUMA VAN DIE ANGLO-BOEREOORLOG EN

APARTHEID IS AL DIKWELS GETREK, MAAR WIE

BESEF DAT PW BOTHA ’N PRODUK VAN DIE

1930’S EN DIE ARMBLANKEVRAAGSTUK WAS?

Deur Pieter Duvenage *

H

oe oordeel ’n mens PW Botha se openbare

loopbaan wat vanaf die 1930’s tot ons eie tyd

strek? Dit is met dié begrip al malende in my gemoed

dat ek sy laaste openbare optrede op Saterdag, 28

Oktober 2006 kon meemaak. Dit het eintlik heel

toevallig gebeur. Ek was in die Kaap vir ’n paar dae, en

toe kom die uitnodiging. Maar eers iets persoonliks.

Ek het PW Botha by twee vorige geleenthede

skrams gesien. In Desember 1980 het ek (aan die einde

van standerd 9) hom in Kaapstad raakgeloop waar hy

in die enkele straatblokke tussen die Here XVII en die

parlement gestap het. Hy was soos ’n Caesar omring

van ’n leërskare lyfwagte en luitenante (een van hulle

was sy vertroueling van daardie tyd, Chris Heunis).

Later, as student aan die Universiteit van Stellenbosch,

het ek hom weer gesien toe hy by die Neelsie ’n

geselligheid bygewoon het nadat hy as kanselier (1984)

ingesweer is. Weer was hy en tannie Elize die

middelpunt van ’n malende akademiese skare. (Vandag

sal ’n mens jou kwalik kan voorstel dat iemand in die

polities korrekte bestuur van Maties sal onthou dat hy

eens kanselier op Stellenbosch was!) In hierdie tyd was

PW Botha op die toppunt van sy mag, en joernaliste

(veral van die Afrikaanse pers) het elke beweging en

uitspraak van hom met gespitste ore, wawyd oop oë en

selfs bewing gevolg.

Dit is egter ’n heel, heel ander PW Botha wat ek

tydens sy laaste openbare optrede by die Rapportryers

se Bybelvasvra vir laerskoolkinders teëgekom het. Dit

het plaasgevind in die konferensiesentrum van die

plaas La Provence in die Stellenbosse distrik. Hier het

ek ’n brose, meer eensame man, weg van die malende

skares, aangetref. Tot my verbasing was geen joernalis

in sig nie, by ’n geleentheid wat ek as een van sy laaste

openbare optredes geïnterpreteer het.

Ek was egter in die unieke geleentheid dat ek

enkele vrae aan hom kon stel. Aan die een kant, ’n ou

man wat half fluisterend en duidelik met fisieke

ongemak op my enkele vrae antwoord. Aan die ander

* Filosoof. Hierdie artikel het op Saterdag 4 November in die

By-Beeld verskyn. Die Vrye Afrikaan bedank die By-Beeld

vir die vergunning om dit hier te plaas

kant ekself, worstelaar in die filosofie (en iemand van

sy kinders se generasie), vir ’n kort oomblik in mekaar

se geselskap. Wat sê verskillende generasiegenote vir

mekaar op hierdie punt? ’n Ou man, kennelik op sy

laaste aardse stasie, en ’n kritiese en veel jonger

gespreksgenoot. Dit is op hierdie punt dat ek die begrip

‘oordeel’ vir ’n oomblik op die agtergrond geplaas het.

Die betrokke aand was definitief nie die tyd en

die plek vir ’n strydgesprek nie (iets wat natuurlik op

die regte plek ook ruimte het), dus het ek versigtig in

die rigting van ’n paar verkennende vrae gebeur. Op

my vraag watter politieke figure die grootste invloed

op sy politieke loopbaan gehad het, het hy onmiddellik

die name van die Vrystaters N.J. van der Merwe en

C.R. Swart genoem. Dit was vir my ’n verrassing, want

die name van D.F. Malan, Strijdom en Verwoerd was

afwesig. Die grootste invloed het eerder uitgegaan van

twee Vrystaters wat in die eerste twee dekades van die

vorige eeu gevorm is.

’n Verdere vraag het oor sy familie gegaan, en

hy het die opmerking gemaak dat daar ook reeds

heelwat van sy familielede (kleinkinders?) hulle in die

nuwe Groot Trek oorsee bevind. Ek het ook oor sy

dokumente verneem wat by die Instituut vir Eietydse

Geskiedenis (INEG) van die Universiteit van die

Vrystaat lê. Daar het ’n flikkering in sy oë gekom en

hy het die hoop uitgespreek dat toekomstige navorsers

daarvan sal kennis neem. Daar was ook nog ander vrae,

maar soos dit gaan by sulke geleenthede, het die

formele program oorgeneem.

PW Botha het ’n kort voordrag gehou voor

omtrent 150 mense, waarvan die meeste

laerskoolkinders was. Die onderwerp was: “Die belang

van die Bybel in my lewe”. Vir ’n oomblik was dit asof

’n mens weer in die 1980’s terugverplaas is. Weg was

die fisieke afgematheid en vir omtrent 15 minute het hy

uit die vuis, die orator van ouds, driftig gepraat. Ek kan

drie aspekte van hierdie toespraak onthou: hy het klem

daarop gelê dat die vertaling van die Bybel in

Afrikaans (1933) vir hom ’n grootse gebeurtenis was.

Nou kon hy die Woord in sy eie taal lees. Tweedens

het hy die eenvoudige maar belangrike punt gemaak

dat ’n mens met jou intellek die Bybel nie kan verstaan

nie, en daarom moet vertrou en glo. En laastens het hy

aan die kinders gesê dat, indien ’n mens jou lewe op

die Bybel bou, dan sal stormweer en geweld niks aan

jou kan doen nie. Dit was vir my ’n interessante laaste

toespraak, omdat dit op die oog af apolities was, maar

tog ’n duidelike hoewel versluierde politieke boodskap

gedra het.

Na sy toespraak het PW Botha die sertifikate en

medaljes aan die kinders van die Bybelvasvra

oorhandig, nog enkele woorde met hulle en hulle

onderwysers gewissel en kort daarna vertrek. Ek het op

die stoep van die konferensiesentrum gaan staan en kyk

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 20
hoe ’n klein geselskappie (PW Botha, sy vrou en twee

lyfwagte) in ’n ouerige silwer Mercedes in die donker

Bolandse nag verdwyn.

Drie dae later is hy by sy huis in die Wildernis

oorlede. Dit bring my terug by die begrip oordeel, soos

ek dit manhaftig aan die begin gestel het.

Dit is natuurlik maklik om hom vanuit die hede

te veroordeel (en nie net van buite Afrikaner-kringe

nie). Dié PW Botha van die 1960’s tot 1980’s wat

genadeloos met sy teenstanders in die Nasionale Party

en daarbuite omgegaan het. Die kille Minister van

Verdediging (1966-1978) en die latere Eerste Minister

en Staatspresident (1978-1989) met die swaaiende

voorvinger. Die donker 1980’s met sy driekamerparlement,

geweld, onluste, noodtoestande, uitsiglose

grensoorlog en imperiale presidensie. Die benaming

van Groot Krokodil. Hieroor bestaan daar genoeg stof

tot nadenke.

En tog was daar ook ’n ander PW Botha. Die

een wat sekere hervormings aangepak het soos die

driekamer-parlement, die afskaffing van kwetsende

wette en die eerste gesprekke met Mandela.

Hoe dit ook al sy, PW Botha laat ’n komplekse

nalatenskap agter – een wat net deur behoorlike

historiese navorsing en nadenke vertolk kan word. As

ek PW Botha moet oordeel (en nie net veroordeel nie)

dan wil ek graag die volgende opmerking maak. In my

gesprek met hom het ek met ’n skok tot die besef

gekom dat ek met iemand praat wie se politieke

bewussyn tot die dertigerjare van die vorige eeu

teruggestrek het. PW Botha het sy politieke verstand in

die Suid-Afrika van die 1930’s gekry. Hoe beoordeel

en interpreteer ons dié wêreld wat vandag al hoe verder

in die newels verborge lê? ’n Wêreld waarin baie

Afrikaners nog Armblankes was en om gelyke

erkenning met hulle wit Engelssprekende landgenote

gestry het. Dit is die wêreld wat die jong Botha uit sy

universiteitstudies geruk en as organiseerder na die

Kaapse Nasionale Party gestuur het waar hy in 1948 op

32-jarige ouderdom die LV van George geword het.

Hierna het hy die parlementêre en staatspolitieke trappe

geklim as hooforganiseerder van die NP in Kaapland,

Adjunk-minister (1958), Minister (1961), Eerste

Minister (1978) en Staatspresident (1984-1989). Vir 41

jaar het hy die binnewerking van die Nasionale Party

en staatsmasjinerie soos min leer ken en bemeester. In

die proses het hy egter al hoe meer die doeltreffende

tegnokraat as die besinnende en interpreterende

staatsman geword.

En die laaste 17 jaar nadat hy sy staatspresidentskap

onwillig prysgegee het? Op verrassende

wyse was sy afwesigheid uit die Suid-Afrikaanse

openbare lewe die afgelope tyd juis een van die mees

openbare dade. Kortom: PW Botha se lang openbare

lewe van die 1930’s tot 2006 bevat net soveel

teenstrydighede as wat die Suid-Afrikaanse geskiedenis

van dieselfde tydperk bevat.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 21
• FAK-nuus

Van Vonk na Vrye Afrikaan

Deur Pieter Bingle *

V

onk is die noemnaam van die Nuusblad van die

FAK Koördinerende Raad Wes-Kaap (voorheen

bekend as FAK Gebiedsraad Kaap die Goeie Hoop).

Hierdie publikasie het in 1997 tot stand gekom om

‘venster’ te wees op die kultuurakker en om die

aktiwiteite te reflekteer na en te kommunikeer met

vrywillige georganiseerde Afrikaanse kultuurrade en

kultuurorganisasies (veral) in die Wes-Kaapse

kultuurhuishouding.

Met sy beskeie oplaag is Vonk in die Wes-Kaap

en wyer versprei – ook in die Suid-Kaap en na

kultuurleiers en meningsvormers landswyd. Alhoewel

Vonk nie die mondstuk van die die Afrikanerbond is

nie, word eervol en met waardering vermeld dat – ter

ondersteuning van die kultuursaak op die

Afrikanerwerf wat Vonk bedien – die publikasie ruim

deur die AB befonds is.

Voortaan sal Vonk nie meer as sodanig verskyn

nie, maar geïnkorporeer word by Die Vrye Afrikaan.

Hierdie besluit is eenparig deur die FAK se Wes-

Kaapse Koördinerende Kultuurraad geneem. Daarmee

word die verskyning van Vonk weliswaar getermineer,

maar nie gedemoveer nie. As draer van ’n lofwaardige

gedagte en doelwit word Vonk nou gepromoveer tot die

status van Die Vrye Afrikaan, wat Vonk se ‘pligstaat’

sal voortsit – om draer en boodskapper van waardes,

menings, aktiwiteite en nuus, ook op die Afrikaanse

kultuurakker, te wees.

Vonk het daarna gestreef om ’n passie te

bevorder vir Afrikaanse kultuur. Daar is inderdaad ’n

* Predikant, direksielid van die FAK en voormalige redakteur

van Vonk

behoefte daaraan in ’n milieu van ’n (soms) apatiese

gesindheid by baie Afrikaners. In ’n tyd waarin

Afrikaners se stem stiller gemaak word en soms uit eie

keuse stiller geraak het, is daar besondere meriete vir

die verskyning van so ’n ‘boodskapper’ en mondstuk.

Soos dit met geestelike en kulturele aktiwiteite gaan, is

resultate nie altyd meetbaar nie. Dis moeilik om dit in

rand en sent te evalueer. ’n Meetbare resultaat kan

egter byvoorbeeld wees dat daar op plaaslike vlak meer

betrokkenheid en skeppende denke gestimuleer word

deurdat kennis geneem word van wat wel op die

kultuurakker kan gebeur waar daar ’n wil is. Vonk het

’n geestelike en kulturele belegging van waardes – ook

universele waardes – in die samelewing gemaak. Direk

of indirek het Vonk toegespitste kultuuraksies

geïnisieer, geadviseer, gekoördineer en ondersteun.

’n Gewaardeerde vriend en medewerker skryf:

“Vonk gee rede om te pronk, is my reaksie nadat ek die

bladjie met aandag gelees, weer gelees en elke keer

geniet het. Baie dankie en geluk met hierdie publikasie.

Dit bevat ’n heerlike verskeidenheid en baie stof tot

nadenke! Dankie is ’n klein woordjie maar dit sê alles

wat ek wil sê!” Die SAOU se credo word afgesluit met

die aanhaling: Die kunstenaar verdwyn maar sy werk

bly voortbestaan. Ek dink dit is hier beslis ook van

toepassing.

Dankie aan Vonk se begin- en uittredende

redaksie: Mev Bets Koen (Redaktrise en Bestuurder :

Kommunikasie FAK nasionaal), dr Carel Stander

(Paarl), dr Pieter Bingle (Kaapstad) en medewerker,

mnr Nolte Smit (Bellville).

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 22
Onderwys in SA:

Anderkant die drome van

onderwysburokrate

BYKANS SONDER UITSONDERING WORD DAAR

NA DIE PROBLEME MET DIE UITKOMSTE VAN

ONDERWYS ONDER SWART WERKERS EN HULLE

ONVERMOË OM MET DIESELFDE SUKSES AS DIE

BLANKES VAARDIGHEDE AAN TE LEER, ’N

VINGER GEWYS NA MINDERWAARDIGE BAN-

TOE-ONDERWYS ONDER DIE APARTHEIDS-

REGERING.

Deur Tersia King *

E

k wil onmiddellik duidelik maak dat ek nie

apartheid hier wil verdedig nie, maar net enkele

korrekte feite uitlig.

Ja, Bantoe-onderwys

in daardie tyd (in vergelyking

met blanke onderwys)

was minderwaardig; maar

kyk ons ooit na die redes

waarom dit so was? En

waarom vergelyk ons dit nie

met wat op onderwysgebied

in die res van Afrika

plaasvind nie?

Onderwys is kultuurgebonde

en ontwikkel

parallel met die ontwikkeling

van die kultuur van ’n

gegewe groep. Daarom dat

daar soveel verskille tussen

die onderwysstelsels van die wêreld bestaan. Deur

bloot leerders in ’n kultuurvreemde stelsel in te prop,

gaan nie die verwagte uitkomste lewer nie. Dit kan

eerder die gevoel van minderwaardigheid, veral waar

die leerder saam met die kultuur-eie leerders in ’n klas

sit, aanblaas of versterk. Die negatiewe proses word

verder versterk as die leerder in ’n vreemde taal

(m.a.w. nie ’n moedertaal nie) die uitdagings moet

hanteer.

Alle ontwikkelde lande bou hulle eie

onderwysstelsels en pas dit gedurig aan by die verdere

ontwikkeling van hul kultuur, wat onder meer insluit

wetenskap met al sy vertakkinge op die onderskeie

terreine. Sou hulle ’n tekortkoming in die stelsel vind,

gaan kyk hulle hoe ander stelsels die situasie hanteer en

probeer vasstel of dit sal inpas binne die vermoëns en

waardestelsel van hulle bepaalde omstandighede.

Daarna sal daar aanpassings gemaak word, wat dan

* Onderwyskundige, eienaar van ´n niewinsgewende

privaatskool in Tembisa

aanvaar of verwerp word.

Dit is slegs onderontwikkelde lande, waarvan

die lande in Afrika veral ’n goeie voorbeeld is, wat

besluit die uitkomste van die koloniale moondheid se

onderwysstelsel is wat benodig word en daardie stelsel

net so uitvoer en toepas. Dit dan, ongeag of die

onderwysers en selfs die onderwysbesluitnemers oor

die kennis, vermoëns of verwysingsraamwerk beskik

om dit ten uitvoer te bring. Daarbenewens word die

kulturele agterstande en omstandighede totaal

geïgnoreer. Voeg weereens daarby die taal van

onderrig, en ’n resep vir mislukking is geskep. Geen

wonder Afrika kon nog nooit werklik ontwikkel nie, en

sal ook nie, solank daar nie op wetenskaplike wyse met

die onderwys omgegaan word nie.

In Suid-Afrika van

voor 1994 se swart onderwys

was dit ook die probleem en

dit het in 2006 nog steeds nie

weggegaan nie! Natuurlik is

daar ’n klein persentasie swart

leerders wat suksesvol deur

die stelsel beweeg het en dit

steeds doen. Maar hulle is die

enkelinge. Die meeste leerders

wat wel in ’n skool geplaas

word waar die onderwysers

die agtergrond van die

kurrikulum verstaan, kry

steeds swaar vanweë die taal

van onderrig en omdat die eie

verwysingsraamwerk net nie

altyd die inhoud in perspektief kan plaas nie.

Opstandige gedrag by leerders weens frustrasie is

dikwels die gevolg hiervan.

In die swart onderwys van voor 1994 is daar

gepoog om, met die insig van daardie tyd, by die

kulturele agterstande van die leerders aan te pas. Dit

sou uiteindelik na ’n verdere geslag of twee die

standaard van die Blanke, Indiër- en Kleurlingsubstelsel

bereik.

Na twaalf jaar van die huidige regering se

onderwysbeleid met sy dikwels ondeurdagte

veranderinge is die massa swart leerders nie beter

daaraan toe nie – waarskynlik slegter.

Sedert 1984 werk skryfster in ’n swart stad in

Gauteng as vrywillige ontwikkelaar. In daardie tyd het

ek maar net te dikwels besef hoedat kultuurverskille

(wat nie sommer sal verdwyn nie) inisiatiewe kan

beïnvloed, hetsy negatief of positief. Ongelukkig meer

dikwels negatief, sonder dat dit so bedoel is.

Die afgelope sestien jaar, sedert ek ’n

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 23
niewinsgewende onafhanklike skool daar begin het, en

veral die afgelope ses jaar vandat ek voltyds as

skoolhoof daar werk, het weereens die reuse uitdagings

van ons land en sy mense by my tuisgebring.

Swart ouers is bereid om hulleself te kort te

doen om hul kinders die geleentheid tot goeie

onderwys te gee. Hulle is dus sterk ingestel daarop dat

die onderwysers hoofsaaklik blank moet wees en dat

die onderrigtaal Engels moet wees. Selfs by die keuse

van ’n tweede taal kies hulle Afrikaans bo enige van

die ander inheemse tale. Hulle glo dat dit groter

geleenthede vir hulle kinders in die toekoms sal

verseker.

Terselfdertyd is daar nie ’n tradisie van

betrokkenheid van die ouers by die skool nie, en kan

die grootste persentasie ouers nie hulle kinders tuis

bystaan nie, selfs nie eers met toesig oor of die leerder

al die huiswerk gedoen het nie! Dit is gewoon nie deel

van hulle kultuurerfenis nie. So ook is die gebrek aan

’n lees- en leerkultuur en swak produktiwiteitsetiek ’n

verdere struikelblok.

Die vinnige tegnologiese en ander veranderinge

wat in die wêreld plaasvind, skep uitdagings aan alle

ouers, hetsy wit of swart Suid-Afrikaners, Brit,

Fransman of Australiër. Maar daarby beleef ons swart

gemeenskap die probleem van te vinnige

verstedeliking, disintegrasie van die uitgebreide gesins-

en familieverband en die sekuriteit wat daarmee

saamgaan. ’n Baie groot persentasie huishoudings word

deur enkelmoeders finansieel

en andersins in stand gehou.

Afgesien daarvan dat

kinders, veral seuns, sonder

’n vaderfiguur grootword, is

die enkelmoeder ook nog

broodwinner en kom sy

saans moeg terug na haar

verdere verantwoordelikhede

as moeder van die huis.

Ervarings met “moeilike”

kinders (veral seuns) by die

skool toon dat daar bykans

geen sosiale kontak tussen

die twee geslagte (kinders en

ouers) is nie. Waar so baie

grootouers deesdae kinders

grootmaak, is die situasie

nog meer ingewikkeld.

’n Vader het op ’n

dag vir my gesê hy vind dit

moeilik om te weet hoe om teenoor sy seun op te tree

wanneer dit by meisies kom, want hy kom self van die

landelike stamgebiede in Natal waar jong seuns en

dogters totaal weg van mekaar in afsonderlike groepe

grootgemaak word.

My persoonlike gevoel is dat ons meer as 800

leerders, van drie jaar tot 19 jaar oud, soggens vanuit ’n

verwarde Derde Wêreld in ’n hopelik redelik Eerste

Wêreld instap wanneer hulle deur ons hekke stap. Na

skool stap hulle weer in hul verwarde Derde Wêreld

terug. Televisie en selfone vererger hierdie situasie, en

dieselfde gebeur met hul ouers.

Dit is nodig om hier by te voeg dat die beleid by

ons is om nooit die huistaal of kultuur van ons leerders

af te takel nie. Die verskille in gedrag, soos om

byvoorbeeld dadelik in ’n stoel neer te val en op die

stuitjie te gaan lê wanneer hulle in bv. die skoolhoof se

kantoor instap, word uitgewys. Hulle word daarop

attent gemaak dat ’n mens in die Eerste Wêreld

waarvoor ons hulle as werknemers en -gewers oplei,

moet wag op ’n uitnodiging om te mag sit.

Terselfdertyd word hulle gemaan om wel die gewoonte

van respek; om altyd laer te wees as die eienaar van die

vertrek of huis, soos in hulle kultuur, daar voort te sit

en trots daarop te wees.

Ons swart leerders het geweldige uitdagings om

te bowe te kom. Die stelsel alleen kan dit nie doen nie.

Opvoeding van ouers en voogde, op dieselfde skaal en

meer nog as met Vigs, moet landwyd op ’n

gestruktureerde grondslag geskied. Hulle moet bewus

gemaak word van die kind se behoeftes, veral ten

opsigte van emosionele geborgenheid en die

belangrikheid van besliste maar ook liefdevolle

dissipline en grense wat gestel moet word. Ook moet

hulle ingelig word oor die probleme van die tiener in sy

passaat vanaf kindwees tot volwassewording.

En laaste, maar nie die minste nie, dat sosiale

omgang tussen die geslagte op ’n gereelde, verkieslik

daaglikse basis moet plaasvind.

By ons skool nooi ons die ouers gereeld na

sulke praatjies, en hulle het groot waardering daarvoor.

Ongelukkig is dit meestal moeders wat dit bywoon.

Verder vind ons dat dit juis

die kinders met “issues” is

wie se ouers/voogde nie kom

nie. Baie berading op persoonlike

vlak vind ook

gereeld plaas. Dit raak egter

steeds nie al die probleme aan

nie – te min tyd en die

administratiewe eise van die

onderwysowerhede maak dit

net nie moontlik nie.

Om wiskunde, natuurwetenskap,

aardrykskunde of

watter ander vakinhoud ook al

te kan begryp en weer terug te

voer in ’n mens se eie woorde

en op papier is ’n geweldige

uitdaging wanneer dit uit ’n

onbekende milieu en in ’n

vreemde taal op hoër vlak

moet geskied. As jou

onderwyser dan ook nog uit dieselfde gestremde milieu

kom, vererger die situasie net verder. Veral wanneer

hulle grootgeword het in die tyd van “Liberation before

Education”.

Interessantheidshalwe, by die TKLA

onderwysinrigting in Tembisa, word verpligte

aanvullende “Vakke” in die skoolrooster ingesluit:

• Vanaf Graad R begin leerders wiskunde op

rekenaars doen;

• Vanaf Graad 1 word leerders stelselmatig

ingelyf in die prosedures en uiteindelike denkprosesse

en probleemoplossings van skaak, ’n verpligte vak wat

tot Graad 9 duur;

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 24
• Vanaf kleuterskool begin die kleintjies kennis te

maak met Lego sodat hulle uiteindelik tot Graad 9 op

die rooster daarmee voortgaan. Daar is ook ’n

Legoklub in die middae en die skool neem jaarliks deel

aan die nasionale kompetisie;

• Van Graad 4 tot 11 word leerders ook

rekenaargeletterd gemaak as deel van die skoolrooster;

• Vanaf Graad 3 word Engels as taal ook in ’n

derde rekenaarlokaal opgeskerp;

• Sedert 2003 neem TKLA deel aan die F1-Jaguar

kompetisie, en in 2004 verteenwoordig ons Suid-Afrika

as tweedespan internasionaal in Brittanje. Ons eindig

5de. Vanjaar was ons juniorspan die wenners in die

Noordelike deel van die land en behaal tweede plek op

die Nasionale vlak.

Ons kompetisie kom hoofsaaklik uit welvarende

onafhanklike skole en voormalige Model-C skole.

Met bogenoemde aktiwiteite word op beskeie wyse

gepoog om die verwysingsraamwerk, blootstelling en

vaardighede van ons leerders te stimuleer en te

verbreed! Ons glo ons slaag in ’n mate wel daarin.

Daar moet nog baie gedoen word en dit sal tyd

neem voordat onderwys in openbare skole, veral in die

swart woonbuurte, gelykwaardig sal word. Intussen is

dit nodig om te waak teen die versoeking om skole wat

aanvaarbare standaarde handhaaf, af te takel sodat dit

moet voorkom asof die agterstande by ander ingehaal

is. Dit sou fataal wees in Suid-Afrika! So ook die

verlaging van standaarde vir Graad 12, soos wat tans

gebeur, ten einde die slaagsyferpersentasie te kan

manipuleer om ’n sogenaamde verbetering van

onderwysstandaarde te wil illustreer.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 25
Islam, fascisme en growwe

veralgemenings

“HULLE LOOP TE KOOP MET GROOT KONSEPTE,

SO GROOT SOOS ’N HOL TAND. DIE REG, DIE

MAG, DIE LEIER, DIE WÊRELD, DIE OPSTAND,

DIE GELOOF. SO KAN HULLE OOK GROWWE

SAAMFLANSINGS, HAASTIGE KOMBINASIES

MAAK: DIE REG EN DIE REBEL, MAG EN DIE

ENGEL.” SO “VERNIETIG HULLE DIE WERK”

WAARDEUR BEGRIPPE “GEVORM” WORD ’MET

FYN, OF UITERS GEDIFFERENSIEERDE OMSKRY-

WING, JUIS OM GROWWE, DUALISTIESE

OPVATTINGS TE VERMY”. MET DIÉ WOORDE

KRAAK GILLES DELEUZE IN 1977 AF WAT HY

BESTEMPEL AS DIE “NUTTELOSE DENKE” VAN

DIE “NUWE FILOSOWE”.

Deur Stefan Durand *

D

ertig jaar later staan hierdie denkers, nog net so

“nutteloos” maar nie meer so “nuut” nie en nog

steeds nie “filosowe” nie,

aan die voorpunt om, deur

middel van nog so ’n

“growwe saamflansing”, die

groot konsep van “Islamitiese

fascisme” in Frankryk

te verkondig.

’n Mens sou dit nog

kon ignoreer, was dit nie dat

die konsep in die openbaar

deur die president van die

VSA, mnr. George W. Bush,

op 7 Augustus 2006 gebruik

is nie, soos ook in ander

amptelike Amerikaanse uitlatings

waarin wyd uiteenlopende

organisasies (Al-

Kaida, die Moslem-Broeders,

Hamas, Hisbolla…) saamgegooi

word en die “opvolgers

van die Nazisme en die

Kommunisme” gemaak

word. Om fundamentalistiese

Moslem- bewegings oor een kam te skeer met wat in

die 20ste eeu sonder onderskeid “totalitarismes”

* Joernalis. Uit die Frans vertaal deur Sonya van Schalkwyk-

Barrois, sonyavs@yahoo.com

genoem word, is nie onskuldig nie. Dit is daarop gemik

om opnuut legitimiteit aan oorlogsugtige beleide te

gee, met behulp van veralgemenings en die ou taktieke

van die “vreespolitiek”.

Dit is die joernalis Stephen Schwartz (1) wat in

die neokonserwatiewe weekblad The Weekly Standard

vir die neologisme “islamofascisme” pa staan, en wat

ook meewerk aan ’n hoogs kontroversiële webwerf,

FrontPage Magazine van David Horowitz, ’n bewonderaar

van Oriana Fallaci se boek La Rage et l’orgueil

(2) waarin talle stellings as rassisties beskou word.

Nietemin, aangesien hy eers in 2001 die eerste

keer die term gebruik het, is dit nie Schwartz wat die

uitdrukking uitgedink het nie, maar die historikus

Malise Ruthven in 1990, in die Britse dagblad The

Independent (3). Christoper Hitchens maak die

uitdrukking gewild in die VSA. Dié briljante joernalis,

voorheen linksgesind, skaar hom by president Bush se

oorlog teen Irak. Maar dit is waarskynlik te danke aan

die Midde-Ooste-kenner Bernard Lewis (4), raadgewer

by die Withuis, met sy skerp vyandige houding jeens

Islam, dat die uitdrukking sy weg tot in die president se

amptelike diskoers gevind het.

Schwartz beskou homself

trouens as ’n dissipel van

Bernard Lewis.

Berus ’n mens jou by

die tradisionele teoretiese

definisies soos geformuleer

deur kenners van die fascisme

(Hannah Arendt, Renzo de

Felice, Stanley Payne of

Robert Paxton), merk jy dat

nie een van die Islamitiese

bewegings wat president

George W. Bush onder die

uitdrukking “islamofascisme”

saamgooi, aan die vereistes

voldoen nie. Nie dat

godsdiens onversoenbaar met

fascisme is nie. Waar Payne

reken dat fascisme ’n sekulêre

ruimte nodig het om te

ontwikkel (5), is Paxton en

ander se antwoord dat dit

slegs waar is in die geval van Europa. Dit is heel

moontlik dat daar ’n Moslem-fascisme kan bestaan,

soos ook ’n Christelike fascisme, ’n Hindu-fascisme en

’n Joodse fascisme.

Maar die bewegings waarna die Bush-

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 26
administrasie die vinger wys, pas nie in hierdie

kategorie nie. Islamisme moet beskou word as ’n

hedendaagse verskynsel, iets nuuts en op sy eie.

Sommige elemente van tradisionele fascisme kan

inderdaad in fundamentalistiese Moslembewegings

gesien word: die paramilitêre dimensie, die gevoel van

vernedering en die kultus van die charismatiese leier

(hoewel in ’n relatiewe mate wat nouliks met die

kultusse van die Duce of die Führer vergelykbaar is).

Maar al die ander fundamentele dimensies van

fascisme (ekspansionistiese nasionalisme, korporatisme,

burokrasie, kultus van die liggaam ...) ontbreek

meestal.

Islamitiese bewegings is dikwels transnasionaal,

en dus ver verwyderd van die “integrale nasionalisme”

wat die Europese fascismes van die 1930’s gekenmerk

het. Fascisme was van nature imperialisties en

ekspansionisties. Hoewel dit waar is dat daar Al-Kaidaselle

in talle lande werksaam is en dat sekere

Islamitiese bewegings hunker na ’n herwinning van

Andalusië of Sisilië en die herstel van die kalifaat, is

groeperinge soos Hamas en Hisbolla, hoe betwisbaar

hulle godsdienstige neigings en sommige van hulle

gewapende optredes (veral die aanvalle op burgerlikes

om terreur te saai) ook mag wees, gekant teen

territoriale besettings.

Op sy beurt is die Taliban-regime in Afganistan,

met sy godsdienstige absolutisme, eerder verwant aan

die reaksionêre teokrasieë van die Middeleeue as aan

die fascistiese regimes wat na afloop van die Eerste

Wêreldoorlog in industriële lande die kop uitgesteek

het.

Die korporatistiese dimensie – ’n byna

verknogte band tussen die staat, maatskappye en gildes

– wat inherent aan die fascisme is, is ook afwesig in die

Islamitiese konteks (die tans noue band in Iran tussen

Oosterse mark-handelaars en die Islamitiese regime

kan nie daarmee vergelyk word nie). Daarby word

Islamitiese bewegings in die algemeen nie deur die

militêr-industriële stelsel van ’n land ondersteun nie,

selfs al sou die verband tussen die religieuse staat en

die magtige militêre bedryf in Iran ’n mens die teendeel

kon laat glo. Maar hierdie verband bestaan ook in

ander lande wat ’n mens kwalik as “fascisties” sou

bestempel, byvoorbeeld die VSA, Frankryk of Japan.

’n “Eensgesinde staat” is ’n noodsaaklike

voorvereiste vir die uitoefening van fascistiese mag.

Die betrokke Islamitiese groepe is egter merendeels

niestaatlike organisasies, aan die rand van die mag in

hulle land, of word vervolg deur laasgenoemde.

Daarbenewens, hoe teenstrydig dit ook mag klink vir

bewegings wat ideologies deur godsdiens gestruktureer

word, blyk ideologiese aspekte dikwels van sekondêre

belang te wees in hierdie Islamitiese organisasies,

terwyl Raymond Aron klem lê op die “waansinnige

ruimte” wat ideologie in enige totalitêre stelsel inneem,

wat volgens hom berus op ’n “voorrang van die

ideologie” (6).

Islamitiese bewegings gebruik godsdiens as

instrument en probeer om dit as ’n ideologie in te span,

maar daar is geen strewe by hulle om ’n “nuwe mens”

te skep soos in Europa die geval is nie. Dit gaan eerder

om ou godsdienstige of samelewingsargaïsmes as om

’n globale, koherente ideologie. Boonop het sulke

bewegings hulle sukses dikwels aan ander, nieideologiese

faktore te danke. ’n Voorbeeld is die

verkiesingsoorwinning van Hamas wat nie soseer op

die Palestynse volk se steun vir die beweging se

religieuse ideologie dui nie, maar eerder die gevolg is

van ’n sanksie-stem teen die korrupsie van die Fatah.

In Libanon steun meniges Hisbolla sonder om sy

Islamitiese ideologie te onderskryf. En die

intelligentsia wat hulle by dié bewegings skaar, doen

dit dikwels in weerwil van die Islamitiese ideologie, en

nie uit samehorigheid daarmee nie. Fascisme en

Nazisme as ideologieë het daarenteen derduisende

intellektuele getrek, onder wie sommige hoogaangeskrewenes.

Al-Kaida kan byvoorbeeld op min steun van

hierdie aard aanspraak maak, en sy ideologie, met bitter

min om die lyf, herinner meer aan dié van ou sektariese

verskynsels as aan Fascistiese regimes in Europa.

Fascisme en Nazisme was massabewegings,

gebou op ’n verpolitisering en instemming van die

menigtes, terwyl Islamitiese organisasies, ten spyte van

al die gunstige elemente soos ekonomiese krisis en

algemene vernedering, hulle in die meeste Moslemlande

vasloop teen burgerlike samelewings wat hulle

vryheid op prys stel. Dié wat fundamentalistiese

Moslembewegings in Noord-Afrika steun, is nie veel

meer in getal as diegene wat verregse bewegings in

Europa steun nie. En, soos Robert Paxton skryf: “Wat

ons bowenal weerhou van die versoeking om

fundamentalistiese Islamitiese bewegings soos Al-

Kaida en die Taliban as fascisties af te maak, is dat

hulle nie die gevolg van ’n reaksie teen

wanfunksionerende demokrasieë is nie. Hulle eenheid

is organies eerder as meganies, om die beroemde

onderskeid van Emile Durkheim aan te haal (7).”

Bowenal kan sulke bewegings nie “van vrye instellings

afstand doen” nie, aangesien hulle nooit so iets gehad

het nie (8). ’n Mens kan nog baie ander elemente noem

wat hierdie analogie met Fascisme weerspreek: geen

monopolie oor inligting nie (selfs in Iran of in Saoedi-

Arabië, ondanks die streng beheer van die

godsdienstige owerhede, is daar krake wat ’n mate van

vryheid laat deurglip), geen maatskaplike Darwinisme

nie, geen staatsbeheerde ekonomie of beplande

mobilisering van nywerhede nie, geen wapenmonopolie

nie ...

Die geval van die Islamitiese Republiek van

Iran is wel problematies. Mnr. Mahmoed Ahmadinejad

maak staat op ’n “eensgesinde staat”, oefen streng

beheer oor die media uit deur middel van ’n minister

van kultuur en Islamitiese gesindheid, en mobiliseer sy

– staatsbeheerde – ekonomie asook sy imposante

industrieel-militêre stelsel. Maar sou ’n mens, selfs in

hierdie geval, kon praat van islamofascisme? Nie regtig

nie, vir sover daar steeds talle opponerende magte is

en die burgerlike samelewing behoedsaam bly. Die

Iranse president moet met die Majlis (Parlement) oor

die weg kom, en dit het hom maande geneem om dié

sover te kry om sekere ministers in te huldig. Die

nommer Een van die staat van Iran en

“opperleidsman”, die ajatolla Khomeini, het boonop

die besluite van mnr. Ahmadinejad onderhewig

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 27
gemaak aan die bekragtiging van die Raad van

Oordeel, onder voorsitterskap van Hachemi

Rafsandjani, niemand minder nie as die kandidaat wat

in die presidentsverkiesing deur mnr. Ahmadinejad

uitgeskakel is.

Mnr. Ahmadinejad moet ook saamleef met die

vorige president, die “hervormer” Khatami, wat ’n nieonbeduidende

gewildheid behou het. Die rubriekskrywer

Tzvi Barel voer in Haaretz aan dat die Iranse

president se anti-Israeliese uitvaardery “inderwaarheid

verklaar word deur die ideologiese spanninge en

magsverhoudings binne die Islamitiese Republiek” (9).

Daarby het mnr. Ahmadinejad die “populis” ook

heelwat moeite om die elite te oorreed, en ’n groot deel

van die Iranse burgerlike samelewing is vasbeslote om

die greep van ultra-konserwatiewes te beveg.

Hoewel die generiese term “islamofascisme”

teenstrydig lyk, beteken dit nie dat fascistiese

insypeling totaal afwesig uit die Islamitiese konteks is

nie. Die Arabiese en Moslem-wêreld ken ’n aansienlike

aantal diktators en outoritêre regimes wat ’n mens as

fascisties sou kon beskryf, en wat dikwels met die VSA

verbind is in hulle “wêreldoorlog teen terrorisme”. Die

diktators van Azerbeidjan, Uzbekistan, Kazakstan en

Turkmenistan, vier Moslem-state, spring eienaardig

genoeg Amerikaanse kritiek vry, hoewel die semifascistiese

aard van dié regimes ooglopend is. Die

Saoediese monargie geniet guns in Washington,

ondanks sy fundamentalisme en godsdienstige

reaksionêrheid, sy steun aan radikale Islamitiese

bewegings en sy roekelose uitlatings. Die steun van die

Amerikaanse buitelandse beleid lyk na ’n kwytskelding

vir enige outokratiese en fascistiese vergryp. Noudat hy

in die goeie boeke in kanselarye is nadat hy sy

stormagtige verlede afgesweer het, soos Washington

beweer, kon kolonel Moeammar Gaddafi die sewe-endertigste

herdenking van sy bewindoorname vier met

’n oproep tot moord op sy teenstanders, sonder dat die

Weste ’n oog knip (10).

Sou die term “fascisties” geregverdig kon word

met betrekking tot president Saddam Hoessein, die

Baasiste en hulle mukabarat (geheime dienste) in Irak?

Ongetwyfeld. Saddam Hoessein se regime was

ultranasionalisties, het berus op die oordrewe kultus

van die leier, het geen onderskeid tussen openbaar en

privaat getref nie en was bowendien ekspansionisties.

Tydens ’n konferensie in Koeweit in 1987 waarsku

Edward Said teen die regeerders van die Golfstreek:

“Deur julle voortgesette finansiële steun aan Saddam

Hoessein maak julle julle medepligtig aan hierdie

Arabiese fascisme, waarvan julle uiteindelik die

slagoffers sal wees.” Dit is eers op 2 Augustus 1990, ná

die inval in hulle land, dat die Koeweitse leiers begryp.

Die geveinsdheid is des te skreiender as ’n mens

dink dat dié wat vandag as “islamofasciste” bestempel

word, soos die Afghaanse neo-Talibans, tydens hulle

stryd teen die Soviets in die 1980's deur Washington as

die “morele ekwivalente” van die stigtervaders van die

VSA gehuldig is (11). Die Egiptiese Moslem-Broeders

het op hulle beurt ook ruimskoots hulp van die Britse

en Amerikaanse inligtingsdienste ontvang. En die

Israelse regering het die Moslem-Broeders in Palestina

bevoordeel (voor die totstandkoming van Hamas) om

die mag van die Fatah, die Marxiste en die Palestynse

Bevrydingsorganisasie te beteuel.

’n Mens kan en moet ook met beslistheid sekere

reaksionêre, fanatieke bewegings wat hulle in die

Moslem-wêreld tot terrorisme wend, kritiseer, maar

sonder om noodwendig gebruik te maak van

uitlokkende, verouderde terme soos “nazislamisme” of

“islamofascisme”, wat ganse bevolkings stigmatiseer

en ’n direkte koppelteken plaas tussen hulle godsdiens

en die ekstremistiese partye wat dit vir politieke gewin

inspan. Om ’n valse konsep af te keur, beteken

geensins dat ’n mens jou daarvan moet weerhou om die

Islamiete se misdade en hulle wêreldbeskouing te

kritiseer nie. Talle Moslem-intellektuele skroom nie

om dit te doen nie. Die briljante Pakistanse denker,

Eqbal Ahmad, het immers uitsonderlike moed aan die

dag gelê deur voor briesende Pakistanse skares die

skrywer, Salman Rushdie, te verdedig ná hy met die

dood gedreig is deur ’n Iranse “fatwa”.

Maar hierdie oorwegings rakende die eksakte

definisie van fascisme is van min belang in die oë van

die Jacksoniane (12) en neokonserwatiewes wat die

VSA se buitelandse beleid oorheers, en vir wie die

gebruik van die term “Islamitiese fascisme” veral

nuttig is vanweë sy emosionele lading. Dit help om

vrees te saai. Maar dit is ook hier waar een van die

grootste gevare lê. Deur die gedagte te onderskryf dat

die Weste besig is om ’n nuwe Fascisme en nuwe

Hitlers te beveg, word die openbare mening voorberei

om die gedagte te aanvaar dat die oorlog

“voorkomend” kan en moet wees. Die antwoord op die

“fascistiese bedreiging”, ’n massiewe een, word dus

geregverdig ongeag die gevolge gemeet aan

menselewens. “Die Geallieerdes het immers Dresden

gebombardeer,” is sommige neokonserwatiewes se

antwoord aan dié wat die Israeliese F16 veroordeel vir

hulle bomaanvalle op Libanese woongebiede.

Die neiging om opsluit jou opponent te wil

“nazifiseer” is nie nuut nie. Elke dan en wan ontdek die

Westerse media ’n “4de Reich” en ’n “nuwe Führer”.

Om die beurt is Gamal Abdel Nasser, Yasser Arafat,

Slobodan Milosevic, Saddam Hoessein, en vandag

Mahmoed Ahmadinejad al met Hitler vergelyk. Nasser

is die “Hitler van die Nyl” genoem. Menahem Begin

noem Arafat die “Arabiese Hitler”.

Teenswoordig bied die Iranse president en sy

revisionistiese strafredes ’n nuwe, vrugbare teelaarde

vir media-manipulasie. So het die Irannese neokonserwatiewe

Amir Taheri, ’n voormalige

medewerker van die Sjah, die “nuus” versprei dat Iran

planne het om Iranse Jode ’n geel ster te laat dra.

Hoewel dit ’n riemtelegram was, het dit die voorblad

van die konserwatiewe Kanadese dagblad The National

Post gehaal, met as hoofopskrif: “Die 4de Reich”. Dat

die inligting heftig ontken is deur die Iranse Jode self

asook die pers in sy geheel, het niks aan die saak

verander nie. Die “nuustreffer” was geslaag en

honderde duisende Kanadese en Amerikaners is nou

oortuig dat Iranse Jode ’n geel ster dra en dat Iran dus

die 4de Reich verteenwoordig. Dit sal van groot

waarde wees as die VSA sou besluit om ’n nuwe

voorkomende oorlog teen Iran te verklaar…

Gebruikers van die uitdrukking “islamo-

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 28
fascisme” het dit met mekaar gemeen dat hulle wil

baklei en gewapende optrede wil voortsit ter wille van

die “wêreldoorlog teen terrorisme”. Met die jare het die

Britse historikus, Bernard Lewis, die begrip

gepopulariseer dat die Arabiere en die “Oosterlinge”

slegs geweld verstaan. Dit sou vir hom leersaam

gewees het om te lees wat Hannah Arendt geskryf het:

“Ondanks alle hoop op die teendeel, wil dit voorkom of

daar EEN argument is wat Arabiere nie in staat is om te

begryp nie, en dit is geweld” (13).

Om onder een vaandel, dié van

“islamofascisme”, tientalle uiteenlopende bewegings te

wil saamgooi, wat dikwels in botsing met mekaar is en

uiters diverse doelwitte nastreef, help om die mite van

’n wêreldwye Islamitiese komplot te laat posvat,

suiwer nie-godsdienstige geopolitiese vraagstukke te

versluier en dus die oorsake te ignoreer wat tot die

meeste van dié bewegings gelei het. Soos koloniale

besettings en konflikte oor grondgebied, waarby slegs

’n regverdige oplossing die teelaarde kan laat opdroog

waarin hedendaagse Islamitiese terrorisme gedy.

Churchilliaanse houdings word ingeslaan, en

iedereen wat hierdie absurde, teenproduktiewe oorloë

teenstaan, word as “Müncheniaan” (14) uitgekryt.

Eerder as helderdenkend, word hulle uitgebeeld as

“bruikbare gekke”, moderne vergestaltings van

Edouard Daladier en Neville Chamberlain wat in 1938

die München-verdrae met Hitler gesluit het. “Daar is

niks erger as sogenaamde lesse uit die geskiedenis

wanneer hulle verkeerd verstaan en verkeerd vertolk

word nie,” soos Paul Valéry gesê het.

(1) Lees sy artikel van 17 Augustus 2006, “What is

islamofascism?”.

(2) Parys: Plon, 2002.

(3) 8 September 1990: “Regeringsoutoritarisme, om nie

te praat van islamofascisme nie, is die reël eerder as die

uitsondering van Marokko tot in Pakistan.”

(4) Lees Alain Gresh, “Bernard Lewis et le gène de

l’islam”, Le Monde diplomatique, Augustus 2005.

(5) Want “´n religieuse fascisme beperk” in sy oë

“onvermydelik die magte van sy heerser, nie slegs vanweë

die kerklikes se kulturele teenmag nie, maar ook as gevolg

van die voorskrifte en waardes wat die tradisionele godsdiens

inhou”.

(6) Démocratie et totalitarisme, Parys: Gallimard, 1965.

(7) Eenvoudig gestel, tref die Durkheim-teorie ’n

onderskeid tussen “organiese samehorigheid”, gekenmerk

deur differensiëring en ’n swak kollektiewe bewussyn, en

“meganiese samehorigheid”, gekenmerk deur ooreenkomste

en ’n sterk kollektiewe bewussyn.

(8) Le fascisme en action, Parys: Seuil, 2004, p 345.

(9) Hierdie artikel het ook in die Courrier International

van 3 November 2005 verskyn, onder die titel “Cause

toujours, Ahmadinejad”.

(10) Reuters-berig van 31 Augustus 2006. In ander tye sou

dié nuus die voorblaaie van die VSA se grootste koerante

gehaal het.

(11) Vir ’n algemene oorsig van hierdie gevaarlike

verhoudings, veral in Suidoos-Asië, lees die werk van die

Columbia-professor Mahmood Mamdani, Good Muslim, Bad

Muslim, America, the Cold War and the roots of terror (New

York: Pantheon, 2004).

(12) Walter Russel Mead gebruik die benaming

“Jacksonians”, met verwysing na die Amerikaanse president

(1829 tot 1837) Andrew Jackson, vir ultranasionaliste wat nie

huiwer om buitelands in te gryp nie, maar wat, anders as die

neokonserwatiewes, nie probeer om hulle in “nasiebou” te

begewe nie. Dick Cheney en Donald Rumsfeld kan as

“jacksoniane” beskryf word.

(13) Hannah Arendt, “Peace or Armistice in the Near

East”, in Review of Politics, Notre Dame, Indiana, Januarie

1950.

(14) ’n Verwysing na die München-verdrae in 1938

waardeur die Verenigde Koninkryk en Frankryk,

onderskeidelik verteenwoordig deur Neville Chamberlain en

Edouard Daladier, ’n oorlog wou voorkom deur Nazi-

Duitsland toe te laat om die Sudete-gebied wat van

Tsjeggoslowakye afgesny is, en wat op die steun van die

Britse en Franse demokrasieë gereken het, te annekseer.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 29
General Electric:

Lesse in globale kapitalisme

GENERAL ELECTRIC (GE) SE HUIDIGE

HOOFBESTUURDER, JEFFREY IMMELT, HET SY

AMP OP 10 SEPTEMBER 2001 BETREE ... IN DIE

DAAROPVOLGENDE DAE EN MAANDE HET DRIE

VAN DIE FIRMA SE BELANGRIKSTE SEKTORE

ERNSTIGE TEKENS VAN WANKELRIGHEID

GETOON: VLIEGTUIGMOTORE AS GEVOLG VAN

DIE KRISIS IN LUGVERVOER; HERVERSEKERING

(DIE VERSEKERING VAN VERSEKERAARS)

WEENS DIE VOLUME UITBETALINGS NÁ DIE

AANVALLE OP 11 SEPTEMBER 2001; KRAG-

SENTRALE-TURBINES NADAT DIE ENRON-

DEBAKEL DIE GANSE ENERGIESEKTOR BENA-

DEEL HET. VYF JAAR LATER HET DIE

MAATSKAPPY SE AAN-

DEELMARKWAARDE NOG

NIE VAN DIE SKOKKE

HERSTEL NIE. SEDERT

2001 HET DIT MET 14%

GEVAL.

Deur Olivier Vilain *

O

rigens gaan dit skynbaar

goed. In elk geval kom

dit voor of die pers van

General Electric hou. Vir agt

opeenvolgende jare is GE

deur Financial Times as die

“mees gerespekteerde firma”

van die jaar uitgelig; op 22

Februarie hierdie jaar word

dit ook deur die tydskrif

Fortune as die “mees bewonderenswaardige”

maatskappy

benoem. Sulke eerbetonings

is uiters gesog onder multinasionale

maatskappye. Om

dit in dieselfde jaar van twee

internasionaal toonaangewende

publikasies te ontvang,

maak die eer des te

groter. En wat nog te sê van

die reëlmaat waarmee GE so

* Joernalis. Uit die Frans vertaal deur Sonya van Schalkwyk-

Barrois, sonyavs@yahoo.com

uitgesonder word? In totaal het die dagblad van die

City hom die titel van “mees gerespekteerde firma”

sewe keer die afgelope agt jaar toegedeel. En vir die

Amerikaanse tydskrif was GE elke jaar vanaf 1998 tot

2002 die “bewonderenswaardigste” maatskappy/firma.

Met takke in veertig lande is en bly GE die

grootste industriële konglomeraat ter wêreld; sy

aandeelkapitalisering word ook net-net oortref deur

ExxonMobil, die oliereus. Sy finansiële dienste toon

opbrengste wat slegs vir die grootste Amerikaanse

banke terugstaan; sy vliegtuighuur-filiaal se vloot is

groter as dié van American Airlines, en sy

verbruikerskrediet-filiaal bestuur meer kaarte as

American Express.

Met sy 163 miljard dollar omset aangeteken in

2006, genereer GE soveel rykdom soos die hele

Argentinië, die vier-en-dertigste rykste nasie op aarde.

In 2005 oorskry die 16,3 miljard

dollar wins opgelewer deur die

multinasionaal die rekordprofyt

van Total; tussen 1989 en 2004

maak hy 139 miljard dollar wins,

byna net soveel soos IBM,

McDonalds en Wal-Mart gesamentlik

(1). Uit die totaal het 61,3

miljard dollar in die vorm van

dividende in die aandeelhouers se

sakke beland. Nog dertig miljard

gaan in die terugkoop van GEaandele

op finansiële markte (2).

Die pers en bestuurskole se

heldeverering van General

Electric vind sy teenhanger

wanneer daar gepraat word van

mnr. John Francis (“Jack”) Welch

Jr, wat tussen 1981 en 2001 aan

die stuur van die groep gestaan

het. In November 2003 vereer The

Economist hom as “bestuurder

van die 20ste eeu”. ’n Jaar voor sy

aftrede kan Forbes beswaarlik ’n

sekere angstigheid verberg: “Min

mense onthou nog die opvolger

van Mao Tse-Tung, die president

wat Lincoln vervang het, of die

naam van die dirigent wat die

leisels by Leonard Bernstein

oorgeneem het (...). Die skadu wat

Jack Welch oor GE gooi, is van

hierdie orde.” Gevra in November

2004 watter “historiese figure” hulle graag op hulle

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 30
direksie sou wou sien, het topbestuurders mnr. Welch

se naam saam met dié van Bill Gates, Winston

Churchill, Carlos Ghosn en Jesus Christus genoem.

Maar sommige menings is meer krities ... In

April 2002 het die vereniging United for a Fair

Economy, wat boek hou van ongelykhede, GE

byvoorbeeld geklassifiseer onder die “Titane van die

Enron-styl ekonomie”, vernoem na die firma wat slegs

tot die voordeel van ’n handjievol aandeelhouers

bestuur is en wat dieselfde jaar nog in duie sou stort.

Sowat tien multinasionale maatskappye het elk ’n

negatiewe streep van hierdie nuwe kapitalisme weg.

Onder die indruk dat GE verskeie hiervan saamvat, ken

die vereniging hom die jurie se spesiale prys toe vir

“die werk van ’n hele lewe”.

Thomas O’Boyle, voormalige joernalis by die

Wall Street Journal wat ’n gedetailleerde ondersoek

van die firma gedoen het, meen dat hoewel

laasgenoemde “een van die belangrikste en mees

fassinerende instellings van die 20ste eeuse

Amerikaanse samelewing is”, dit ook een is wat die rol

van ’n tussenganger speel

tussen ’n “paternalistiese

kapitalisme” en ’n ander, “kannibalistiese”

weergawe wat

gekenmerk word deur die

onderwerping van nywerheidsgroepe

aan die winsgewendheidseise

van spekulante. “Om

aandeelhouers tevrede te stel,”

verduidelik hy, “het die

voltydse preokkupasie van

hoofbestuurders geword, en nie

een van hulle wy hom so ten

volle daaraan soos Jack Welch

nie” (2). Gevolg: nywerheidsontwikkeling

word agterweë

gelaat en die werknemers, wat

vroeër opgehef en beskerm is,

voel dat hulle vyandig

behandel en bedreig word.

Deurdat vorige bestuurders

van GE-filiale aan die

stuur van ander Amerikaanse

maatskappye geplaas is – onder

meer die leier in die

verspreiding van

selfdoenvoorrade, Home

Depot, die kleefstofvervaardiger

3M of die

lugvaartsubkontrakteur

Honeywell – het dié soort

ontwrigting deur die hele

Amerikaanse maatskappyewêreld

versprei.

General Electric is in 1892 gebore uit die

samesmelting van twee maatskappye, onder meer dié

van die uitvinder Thomas Edison. Vanaf sy stigting die

jaar daarop vorm GE deel van die Dow Jones-indeks.

Uit die agtien grootste Wallstraat-firmas waaruit die

indeks destyds bestaan het (vandag sluit dit dertig in),

is GE die laaste oorlewende. Belangriker nog, hierdie

maatskappy het die Amerikaanse nywerheid gevorm

deur ontelbare uitvindings, van die broodrooster tot

optiese vesel. Vir ’n groot gedeelte van die 20ste eeu

was dit die belangrikste hoëtegnologiemaatskappy ter

wêreld; verskeie van sy ingenieurs was Nobelpryswenners

vir chemie en fisika, en sy kundigheid in

elektrisiteit en elektronika sou hom blywend die

grootste portefeulje van industriële patente besorg.

Die firma voer ook sy bestuurstrategieë uit: in

1935 besit hy reeds beleggings in Japan, Frankryk,

Duitsland, die Verenigde Koninkryk en Nederland.

Met die tweede wêreldoorlog word die Pentagon sy

grootste kliënt; twintig jaar later slaan General Electric

munt uit bestellings wat met die Viëtnamoorlog

verband hou. Vanaf 1951 innoveer en desentraliseer die

firma sy operasionele departemente op die vlak van sy

filiale. Dit is trouens kort hierna dat Ronald Reagan as

akteur die land in die maatskappy se naam deurkruis

ten einde dié verbrokkeling teen te werk en ’n

verenigde beeld en aanskyn van GE te behou.

Desentralisering stel in ieder geval buffers daar,

aangesien die bestuurders ’n stelsel van reëls en

prosedures soos in agt

Blouboeke uiteengesit tot op

die letter moet nakom.

Ingenieurs wat vroeër

aan die hoof van GE-maatskappye

gestaan het, gee nou

die leisels oor aan finansiers

wie se breër agtergrond hulle

in staat stel om opeenvolgend

verskeie filiale van die groep te

bestuur. Reginald Jones, hoofbestuurder

van 1972 tot 1981,

moedig hierdie beweeglikheid

van topbestuur aan en voeg

daarby ’n “strategiese” beplanning

wat die evolusie van elke

filiaal vir etlike jare vooruit

skou. Hierdie bestuursinnoverings

word almal deur ander

Amerikaanse maatskappye

nageboots.

Op maatskaplike gebied

doen GE ook pionierswerk. In

die 1930's stel hulle aftreespaarplanne

in ten einde

“werknemers van vakbonde af

weg te hou”. Ten tyde van die

Groot Depressie pas Gerard

Swope, wat die groep van 1922

tot 1940 lei, nie grootskaalse

afdankings toe nie, en voorsien

hy die demokratiese president

Franklin D. Roosevelt van raad

in die toepassing van sy New

Deal. Tot in 1981 funksioneer “Generous Electric” –

soos werknemers dit geslagte lank genoem het –

volgens die Ford-model, wat impliseer dat

vervaardigde rykdom onder die werknemers herverdeel

word. Hulle koopkrag ondersteun verkope in die

Amerikaanse ekonomie.

Niemand is in die 1960's in staat om hierdie

rigting teen te staan nie: die vakbonde is magtig en,

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 31
soos die ekonoom John Kenneth Galbraith opmerk, in

maatskappye so groot soos General Electric “is die

bydrae van aanvanklike beleggers nie beduidend nie; in

elkeen van hulle is die winste wat in enkele ure of dae

gemaak word, genoeg om dit uit te koop. In geeneen

van hulle kan die individuele aandeelhouer aanspraak

maak op ’n porsie van die mag nie” (4).

Die man wat hierdie model in heroorweging

bring, is die chemiese ingenieur, Jack Welch. Hy word

benoem tot hoofbestuurder in 1981 nadat hy sy hele

loopbaan lank in die groep gewerk het. Waar sy

voorgangers, soos die tydskrif Fortune opmerk,

“versigtig was om ’n balans tussen die belange van

werknemers, aandeelhouers en die maatskappy as ’n

geheel te behou, stel Welch die prys van GE-aandele as

die nuwe maatstaf” (5). Hierdie ommeswaai toon die

verandering in die magsverhouding wat plaasvind toe

Ronald Reagan, pas verkies tot die Withuis, finansiële

markte “bevry” van die politieke voogdy wat deur die

1929-krisis op hulle afgedwing is. Pensioenfondse en

ander gesamentlike beleggingsfondse word die

belangrikste aandeelhouers in Wallstraat, hulle eise om

wins word deurgaans groter, en bestuurders wat dit nie

begryp nie, word uit die pad gestoot.

Inaggenome die lae prys van sy aandele, is GE

uiters kwesbaar vir ’n vyandige oorname deur middel

van ’n openbare koopaanbod. Jack Welch spits hom

daarop toe om dit te verhoed. Hy begin deur

begrotingstekort-aktiwiteite uit te brei: “Daar was,”

verduidelik hy, “174 mense in beheer van beplanning

en drie aktiwiteite het die afgelope 20 jaar geld

verloor.” (6) Voortaan, soos hy dit stel, moet daar

voortdurend “meer sap uit die suurlemoen gedruk”

word. (7). Deur telkens sy jaarlikse resultate met

dubbelsyfers op te stoot, beland die konglomeraat kort

voor lank buite die bereik van moontlike stropers. Dit

word selfs die grootste markkapitalisering ter wêreld.

Die maatskappy se Wallstraat-waarde vermenigvuldig

met dertig tussen 1981 en 2001, toe mnr. Welch uittree.

GE se waarde is vandag soveel as dié van Total, EDF,

GDF, Suez, Saint-Gobain en Alcatel gesamentlik (8).

So ’n metamorfose gaan met newe-effekte

gepaard. “Mense is bevrees omdat hulle nie werksekerheid

het nie, maar ’n maatskappy wat teen ’n verlies

werk, kan niks vir hulle doen nie,” is mnr. Welch se

antwoord. “Dit is dié wat wins maak wat vir hulle ’n

toekoms kan bied.” Bestempel as die “evangelis van

bestuur” deur die Amerikaanse weekblad Business

Week in Oktober 2004, werk hy aan die verhoging van

produktiwiteit en, vir sover een slagspreuk ’n ander

vervang, aan die verhoging van skattings. In die 1980's

produseer ’n fabriek in Erie, Pennsylvania, 350

lokomotiewe per jaar met die ekwivalent van 7 500

mense in diens. In 2000 kyk ons na 911 lokomotiewe

per jaar met 3 500 poste minder (9).

Al hoe meer fabrieke word ook gesluit.

Subkontraktering word ’n algemene praktyk. Die groep

se aantal werknemers verminder van 400 000 na 300

000 onder mnr. Welch se heerskappy. Maar as ’n mens

die werknemersyfers van die 1 000 maatskappye wat

GE tussen 1981 en 2001 aangekoop het byreken, kom

die aantal afgeskafte poste op 500 000 te staan. Dié

verloop van sake besorg aan die hoofbestuurder die

benaming “Neutron Jack”, met verwysing na die effek

van die gelyknamige bom: geboue word leeggemaak

van werknemers, maar die mure bly staan. Al wat hom

te doen staan, is om jaarliks van 10% van die groep se

werknemers, “die mins doeltreffendes”, ontslae te raak,

’n beleid wat deur sy opvolger, mnr. Immelt, voortgesit

word, maar op ’n “minder streng” manier (10). Vir

mnr. Welch was dit in ieder geval “die beste

teenmiddel vir die ontwikkeling van ’n burokrasie”.

Ook hier is die ommeswaai van die era duidelik:

werkskepping tel nie meer onder die oogmerke van die

kapitalisme nie, en die afdanking van werkers word as

’n teken van waagmoed gesien. Tydens ’n konferensie

verlede Junie in La Baule, Frankryk, waar byna 800

internasionale beleggers en verteenwoordigers van

Europese ontwikkelingsagentskappe byeengekom het,

het mnr. Immelt, aan wie die Franse minister van

ekonomie, Thierry Breton, die rang van offisier in die

Erelegioen toegeken het, politici trouens daarvan

beskuldig dat hulle slegs hulle verantwoordelikhede

“aanskuif” eerder as om dit te aanvaar. “Wanneer ek

oor GE se prioriteite besluit, vra ek nie die werknemers

se mening nie.” (11)

“Die ideaal,” droom mnr. Welch, “is dat elke

fabriek op ’n boot gelaai word.” Nodeloos om te sê dat

die multinasionale maatskappy sedert 1994 van die

Noord-Atlantiese Vryhandelsooreenkoms (Nafta) (12)

gebruik maak om fabrieke tot oorkant die Mexikaanse

grens te verskuif. Voor die Huis van

Verteenwoordigers se kommissie van buitelandse sake,

tydens die debatte wat die aanvaarding van die verdrag

deur die Clinton-administrasie voorafgegaan het, het

General Electric egter die getalle afgerits van al die

werksgeleenthede wat danksy dié ooreenkoms in die

VSA gered sou word (13). Vyf jaar nadat dit in

werking gestel is, wys die tydskrif Multinational

Monitor daarop dat sommige van die groep se filiale

druk op hulle subkontrakteurs uitoefen om hulle na

Mexiko te volg ... In 1991 het GE nog vier maal soveel

mense in die VSA in diens gehad as in die res van die

wêreld. Tans is die verhouding 1,15 tot 1, en die omset

wêreldwyd (veral Europa, Indië, China) is 80 miljard

dollar, oftewel die helfte van die totaal.

“Globalisering,” beweer die voormalige hoofbestuurder,

“is die doeltreffendste manier om die lewensgehalte

in arm lande te verbeter.”

Op 8 Desember 1981, agt maande nadat hy as

hoof van die maatskappy aangestel is, verduidelik mnr.

Welch aan finansiële ontleders wat in die Pierre Hotel

in New York byeengekom het, dat die firma in ’n

“totale oorlog” teen die lae prys van sy aandele

gewikkel is, en dat hy van filiale verwag om nommer

een of nommer twee in hulle sektor te wees indien

hulle nie verkoop wil word nie. Om die daad by die

woord te voeg, raak GE ontslae van ’n steenkoolmyn,

’n platevervaardiger, satellietbedrywighede, ens. Ten

einde nie die steeds strawwer mededinging van

Japannese produkte die hoof te moet bied nie, doen

mnr. Welch selfs afstand van verbruikerselektronika,

hoewel GE voorop in dié sektor in die Amerikaanse

mark is. Fabrieke wat klein huishoudelike elektriese

toerusting vervaardig, word in 1983 van die hand gesit

sonder om die maatskappye se bestuur in die saak te

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 32
ken. “Dit is asof General Motors ophou om motorkarre

te vervaardig,” is die New York Times se kommentaar.

In die bestek van twintig jaar verlaat 400 maatskappye

op hierdie wyse die wentelbaan van die groep. Maar

die beweging vind nie net in een rigting plaas nie: oor

die duisend firmas word deur die multinasionale groep

aangekoop.

Die afdanking van 130 000 werknemers en die

verkoop van meer as 100 filiale bring vir GE 6,5

miljard dollar in tussen 1981 en 1986. Hierdie aardige

sommetjie word aangewend vir koorsagtige aankope

wat sy winste nog vinniger moet opstoot. Waar die

groep aanvanklik sy inkopies gedoen het in mediese

toerusting (Compagnie Générale de Radiologie in

1987), die vervaardiging van elektriese gloeilampe (die

Hongaarse Tunsgram in 1989) of chemie (plastiek by

Borg-Warner in 1988), bou hy voorts eerder uit in

finansiële dienste (makelary en versekering in die

1980's). Laasgenoemde aktiwiteit, wat vir ’n tyd lank

GE Capital genoem is, verteenwoordig in 1981 slegs

10% van die groep se omset. Twintig jaar later is dié

verhouding verviervoudig.

In 1986 bestee GE 6 miljard dollar aan sy mees

emblematiese aankoop: dié van RCA. Welch likwideer

laasgenoemde se industriële bedrywighede en behou

slegs die televisienetwerk NBC. Aanvanklik in 1919

gestig as filiaal van GE en die Britse Marconi, word

RCA in 1932 outonoom as gevolg van die

Amerikaanse regering se anti-trust-optrede. RCA se

terugkeer na GE-geledere werk ten gunste van die

nuwe reëls wat “konsolidering” voorstaan, en wat besig

is om die Amerikaanse radio- en televisiewese te

omvorm (14).

GE se bedrywighede fokus egter op die

finansiële bestuur van sy bates. Die geld wat vir

aankope aangewend word, is nie meer beskikbaar vir

die ontwikkeling van industriële bedrywighede nie.

Tussen 2001 en 2003, merk die Wall Street Journal op,

“het die bars van die spekulasie-borrel in die 1990's dit

duidelik gemaak dat, hoewel die inisiatiewe van die

GE-bestuur ongetwyfeld winsgewendheid verhoog en

profyte opgestoot het, dit terselfdertyd ook baie

tekortkominge verdoesel het” (15). Soos byvoorbeeld

die 19% afname in reële terme in navorsing- en

ontwikkelingsuitgawes tydens die dekade 1990. In die

vorige eeu was die firma aan die voorpunt van

innovering; tans figureer hy nie meer op die jaarlikse

lys van die twintig grootste vervaardigers van

industriële patente nie. Sonder die produkte wat in die

1960's en 1970's deur sy plastiek- en lugvaartfiliale

teen ’n verlies ontwikkel is, sou Welch egter nie die

winste kon smaak wat hierdie uitvindsels later sou

genereer nie.

Sy opvolger, bewus van die gevaar, verkoop

weer ’n deel van die maatskappy se finansiële

bedrywighede en verhoog die uitgawes wat aan

navorsing en ontwikkeling gewy word tot soveel as 3,1

miljard dollar in 2004 (16). Voortaan word die aksent

geplaas op tegnologieë wat veral bydra tot die

vermindering van kweekhuisgasse. General Electric

hoop selfs om eendag mnr. George W. Bush te oorreed

om die Kyoto-verdrag te onderteken, wat Amerikaanse

nywerhede sal verplig om kwotas op die vervaardiging

van kweekhuisgasse te respekteer.

Sedert sy ontstaan kon die maatskappy nog

altyd op die Amerikaanse welsynstaat reken.

“Suksesvolle firmas is die enigste stutpilare van ’n land

soos ons s’n; state skep niks nie,” verkondig mnr.

Welch egter (17). Maar tussen 1990 en 2002 (dus

tydens sy bewind), hou die maatskappy die rekord vir

openbare bestellings ten bedrae van ’n som wat die

Center for Public Integrity op 43,7 miljard dollar

beraam. Danksy uitvoerbystand en talle plaaslike

subsidies is dit ook die Amerikaanse multinasionale

groep wat die meeste voordeel getrek het uit

belastingkortings op maatskappywinste wat in die VSA

gemaak is (18). Tussen 2001 en 2003 byvoorbeeld,

betaal hy ingevolge hiervan slegs 3,4 miljard dollar aan

belasting; besparing: 9,5 miljard. Maar tussen 1996 en

1998 het die firma reeds ’n korting van 6,9 miljard

dollar ontvang ...

So ’n meevaller staan nie heeltemal los van die

“beleggings” wat die groep toegestaan het ten einde

openbare beleid te rig nie. Die besit van die

televisienetwerk NBC en die aankoop in 2003 van

Universal Studios en sy kabelkanale by Vivendi (wat

20% van die kapitaal behou), gee aan GE ’n sekere

mate van invloed. Maar sy topbestuur word ook

genader deur verkiesingsveldtogfinansiers: tussen 1990

en 2006 beloop hulle skenkings 12 miljoen dollar.

Die groep gee egter voorkeur aan direkte

stemwerwery. In die eerste helfte van 2005 alleen wy

hy 13,9 miljoen dollar hieraan – ’n feitlik

ongeëwenaarde som in die VSA (19). Hy spesialiseer

ook in strategiese werwing. In Frankryk word die firma

tans bestuur deur Clara Gaymard, wat haar lys van

kennisse wat sy as hoof van die Franse agentskap vir

internasionale beleggings opgebou het, tot haar nuwe

werkgewer se beskikking kan stel.

Nadat hy die aandeelhouers gegee het wat hulle

wou hê, is Jack Welch ruimskoots vergoed. Slegs in die

jaar 2000 ontvang hy 164 miljoen dollar, wat die

verkoop insluit van aandele wat aan hom behoort. Die

daaropvolgende jaar verdien hy nog 16 miljoen dollar,

plus ’n bonus (van 9 miljoen dollar) as “aftreegeskenk”.

Twintig jaar aan die roer van GE het aan dié

voormalige hoofbestuurder ’n boedel van ’n geraamde

900 miljoen dollar besorg ...

Die vergoeding is in verhouding met die

opvoedingstaak wat hy verrig het: in 1981 is hy deur

die CBS se nuustydskrifprogram 60 Minutes geroskam

omdat hy ’n fabriek in Kalifornië gesluit het.

“Vandag,” klop hy homself op die skouer, “aanvaar die

Amerikaanse samelewing mededinging.” Kortweg

gestel, “hy moderniseer” (20).

(1) “Wall Street Week”, PBS, 13 September 2002 en die

maatskappye se jaarverslae sedert 2002.

(2) David Paul, “GE long term debts skyrocketing”,

Bloomberg-agentskap, April 2003, en Thomas O’Boyle, At

Any Cost: Jack Welch, General Electric and the Pursuit of

Profit, New York: Alfred A.Knopf, 1998.

(3) Thomas O’Boyle, op. cit.

(4) John K. Galbraith, The new industrial state, Boston:

Houghton Mifflin, 1967. (Bl. 114 in Franse uitgawe.)

(5) “Tyrants, statesmen and destroyers, a brief history of

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 33
the C.E.O.”, Fortune, 18 November 2002.

(6) “Want to win? Here’s some practical advice from

Jack Welch”, Bulletin van die Wharton-bestuurskool, 1 Junie

2005.

(7) Ibid.

(8) Kapitalisering en markprys in euro/dollar na afloop

van die eerste helfte van 2006.

(9) Aldus John Hovis, leier van een van die maatskappy

se grootste vakbonde, United Electrical Workers (UEW), in

“The case against GE”, Multinational Monitor, Julie-

Augustus 2001.

(10) Lees Kathryn Kranhold, “Five years later, Immelt

transforms GE”, The Wall Street Journal, 11 September

2006.

(11) Le Monde, 5 Julie 2005.

(12) Canada, VSA, Mexiko.

(13) Cf. “Nafta’s broken promise: Failure to create U.S.

jobs”, Public Citizen, , 01.02.97. Lees ook Serge Halimi,

“Triomphe ruineux pour l’administration démocrate”, Le

Monde diplomatique, Desember 1993.

(14) Lees Eric Klinenberg, “Dix maîtres des médias

américains”, Le Monde diplomatique, April 2003.

(15) “GE’s Immelt renovates house that Jack built”, The

Wall Street Journal, 6 Februarie 2003.

(16) “A lean, clean electric machine”, The Economist, 10

Desember 2005.

(17) “Want to win”, op. cit.

(18) Volgens ’n studie van die vereniging Citizen for Tax

Justice aangaande 275 van die grootste Amerikaanse

maatskappye. In “Corporate income taxes in the Bush years”,

Citizen for Tax Justice & Institute on Taxation and Economic

Justice (ITEP), September 2004. Lees ook “Corporate income

taxes in the 90’s”, ITEP, Oktober 2000.

(19) The Wall Street Journal, 14.02.06

(20) “How Jack Welch runs GE”, Business Week, 8 Junie

1998.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 34
Vatso, Pappie!

Dawkins op sy plek gesit

OFSKOON DIE BEKENDE BRITSE BIOLOOG EN

ATEÏS, RICHARD DAWKINS, NOGAL HEELWAT

ONKRITIESE AANDAG IN DIE SUID-AFRIKAANSE

MEDIA GENIET, WORD SY ANTI-RELIGIEUSE

SIENINGS SELDE AAN BEHOORLIKE KRITIEK

ONDERWERP. HIER STEL DIE OUD-MARXIS-

TIESE EN ALLESBEHALWE KONSERWATIEWE

LETTERKUNDIGE, TERRY EAGLETON, DIE SAAK

REG IN SY RESENSIE VAN DAWKINS SE JONGSTE

WERK, THE GOD DELUSION (LONDEN:

BANTAM BOOKS, 406 BL.)

Deur Terry Eagleton *

S

tel jou voor iemand wei uit oor biologie terwyl sy

enigste kennis van die onderwerp die Book of

British Birds is, en jy het ’n

rowwe idee van hoe dit voel

om Richard Dawkins oor

teologie te lees. Kaartdraende

rasionaliste soos

Dawkins, wat die naaste aan

’n professionele ateïs is wat

Brittanje sedert Bertrand

Russell het, is in een opsig

die swakste toegerus om te

verstaan wat hulle striem,

aangesien hulle nie glo dat

daar enigiets is om te

verstaan, of minstens die

moeite werd is om te

verstaan nie. Dit is waarom

hulle sonder uitsondering vorendag kom met vulgêre

karikature van religieuse geloof wat ’n eerstejaar

teologiestudent sou laat ineenkrimp. Hoe meer hulle

religie verfoei, hoe meer oningelig neig hulle kritiek

daarvan om te wees. Indien hulle gevra sou word om ’n

oordeel te vel oor fenomenologie of die geopolitiek van

Suid-Asië, sou hulle die vraag ongetwyfeld so deeglik

moontlik bestudeer. As dit egter by teologie kom, sal

enige ou belaglike voorstelling deug. Deesdae is

teologie die koningin van die wetenskappe in ’n ietwat

minder deurlugtige sin van die woord as in sy

Middeleeuse fleur.

Dawkins oor God herinner nogal aan daardie

regse Cambridge-dosente wat enkele jare gelede

* John Edward Taylor Professor van Engelse Letterkunde

aan die Manchester-universiteit. Sy jongste boek is How to

Read a Poem (Oxford: Blackwell, 2006). Hierdie resensie het

oorspronklik verskyn in die London Review of Books

(www.lrb.co.uk) van 19 Oktober 2006. Die Vrye Afrikaan

bedank hulle vir hul toestemming om dit hier in Afrikaans te

plaas.

Senate House ywerig binnegetou het om ’n eregraad

vir Jacques Derrida af te stem. Baie min van hulle,

vermoed ’n mens, het meer as ’n paar bladsye van sy

werk gelees, en selfs dié aanname mag buitengewoon

vrygewig wees. Tog sou hulle ongetwyfeld met afgryse

vervul word om ’n opstel oor Hume te ontvang van ’n

student wat nie sy Treatise of Human Nature gelees het

nie. Daar is altyd onderwerpe waaroor andersins

noulettende geeste kwalik met stryd aan die grofste

vooroordeel sal toegee. Vir talle akademiese

sielkundiges is dit Jacques Lacan; vir Oxbridgefilosowe

is dit Heidegger; vir voormalige burgers van

die Sowjet-blok is dit die geskrifte van Marx; vir

militante rasionaliste is dit die religie.

Wat, wonder ’n mens, is Dawkins se siening

van die kennislerige verskille tussen Aquinas en Duns

Scotus? Het hy Eriugena oor subjektiwiteit, Rahner oor

genade of Moltmann oor hoop gelees? Het hy al ooit

van hulle gehoor? Of verbeel

hy hom soos ’n verwaande

jong advokaat dat jy die

opposisie kan verslaan terwyl

jy selfvoldaan onkundig oor

sy sterkste saak kan wees?

Dawkins, lyk dit, is soms deur

teoloë vertel dat hy

strooipoppe opstel net om

hulle om te klits – ’n

aantyging wat hy in sy boek

afwys – maar te oordeel aan

The God Delusion is hulle

absoluut reg. Wat die teologie

betref, het Dawkins enorm

baie gemeen met Ian Paisley

(1) en Amerikaanse TV-evangeliste. Albei partye stem

redelik saam oor wat religie is; dis net dat Dawkins dit

verwerp terwyl Oral Roberts (2) en sy selfvoldane stam

daarop vet word.

’n Molshoop van voorbeelde uit ’n berg daarvan

sal dus voldoende moet wees. Dawkins reken dat alle

geloof blinde geloof is, en dat Christen- en

Moslemkinders grootgemaak word om sonder vrae te

glo. Nie eens die stompsinnige dominees wat my in ’n

staatskool (grammar school) opgedons het, het dít

gedink nie. Vir die hoofstroom Christendom het die

rede, die argument en eerlike twyfel nog altyd ’n

integrale rol in geloof gespeel. (Waar, gegewe dat hy

ons op een punt uitnooi om alles te bevraagteken, is

Dawkins se eie kritiek van die wetenskap,

objektiwiteit, liberalisme, ateïsme en dergelike sake?)

Dit is inderdaad so dat die rede nie vir gelowiges die

hele pad gaan nie, maar dan is dit ook nie so nie vir die

meeste sensitiewe, beskaafde niereligieuse tipes. Selfs

Richard Dawkins leef meer volgens geloof as volgens

rede. Ons huldig talle aannames (beliefs) wat geen

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 35
onkreukbare rasionele regverdiging het nie, maar wat

nietemin redelik is om te huldig. Slegs positiwiste (3)

dink dat ‘rasioneel’ ‘wetenskaplik’ beteken. Dawkins

verwerp die sekerlik redelike siening dat wetenskap en

religie nie in kompetisie staan nie op grond daarvan dat

dit religie verseël teen rasionele ondersoek. Maar dit is

’n fout: om te beweer dat wetenskap en religie

verskillende vrae aan die wêreld stel, is nie om te

beweer dat as Jesus se beendere in Palestina ontdek sou

word, die Pous so spoedig moontlik in die ry vir ’n

werkloosheidstoelae moet gaan val nie. Dit is eerder

om te beweer dat terwyl geloof, nogal soos liefde,

feitelike kennis moet betrek, dit nie daartoe verskraal

kan word nie. Vir my bewering dat ek jou liefhet om

samehangend te wees, moet ek in staat wees om te

verduidelik wat omtrent jou dit regverdig, maar my

bankbestuurder mag met my nat-oogbeskrywing van

jou saamstem sonder om self op jou verlief te wees.

Dawkins beskou die bestaan of niebestaan van

God as ’n wetenskaplike hipotese wat oop is vir

rasionele demonstrering. Die Christendom leer dat om

te beweer dat daar ’n God is, redelik moet wees, maar

dat dit glad nie dieselfde as geloof is nie. Ongeag wat

Dawkins ook al mag dink, is om in God te glo nie

dieselfde as om tot die slotsom te kom dat

ruimtewesens of die tandemuis bestaan nie. God is nie

’n hemelse supervoorwerp of goddelike VVV (4) oor

wie se bestaan ons agnosties moet bly tot al die

getuienis ingewin is nie. Teoloë glo nie, soos Dawkins

dink, dat hy óf binne, óf buite die heelal is nie. Sy

transendensie en onsigbaarheid is deel van wat hy is,

wat nie die geval met die Loch Ness-monster is nie. Dit

is nie dieselfde as om te sê dat religieuse mense in ’n

gravitasiekolk glo omdat hulle ook dink dat God

homself geopenbaar het: nie, soos Dawkins dink, in die

gestalte van ’n kosmiese vervaardiger wat nog slimmer

as Dawkins self is nie (die Nuwe Testament sê so te sê

niks oor God as Skepper nie), maar minstens vir

Christene in die gestalte van ’n verguisde, vermoorde

politieke misdadiger. Die Jode van die sogenaamde Ou

Testament het geloof in God gehad, maar dit beteken

nie dat nà hulle die saak by ’n aantal internasionale

konferensies gedebatteer het, hulle besluit het om die

wetenskaplike hipotese dat daar ’n opperste argitek van

die heelal bestaan, te onderskryf nie – selfs al was dit,

soos Genesis wys, hulle mening. Hulle het geloof in

God gehad in die sin wat ek geloof in jou het. Hulle

mag wel verkeerd wees, maar hulle was nie verkeerd

omdat hulle wetenskaplike hipotese ongegrond was

nie.

Dawkins praat spottend van ’n persoonlike God

asof dit heeltemal ooglopend sou wees wat dít presies

beteken. Dit lyk asof hy God verbeel, indien nie

heeltemal met ’n wit baard nie, dan minstens as een of

ander kêrel (chap), dog supergroot. Hy vra hoe dié

kêrel met miljarde mense tegelyk kan praat, wat nogal

is soos om te wonder waarom, as Tony Blair ’n seekat

is, hy slegs twee arms het. Vir die Joodse Christendom

is God nie ’n persoon in die sin wat, sê, Al Gore (5) is

nie. Hy is ook nie ’n beginsel, ’n entiteit of ‘bestaande’

nie: in een sin van laasgenoemde woord sal dit

heeltemal samehangend vir religieuse tipes wees om te

beweer dat God feitelik nie bestaan nie. Hy is eerder

die moontlikheidsvoorwaarde van watter entiteit ook

al, insluitend onsself. Hy is die antwoord op waarom

daar iets eerder as niks is. God en die heelal tel nie

meer op tot twee nie, ewemin as wat my afguns en my

linkervoet ’n paar van voorwerpe uitmaak.

Dit – en nie een of ander supervervaardiger nie

– is wat tradisioneel bedoel word met die bewering dat

God die Skepper is. Hy is dit wat alle dinge in die syn,

in dit wat is, deur sy liefde onderhou; en dit sou steeds

die geval wees selfs al het die heelal geen begin nie.

Om te sê dat hy dit uit niks in bestaan gebring het, is

nie ’n maatstaf van hoe baie slim hy is nie, maar om te

suggereer dat hy dit uit liefde eerder as behoefte

gedoen het. Die wêreld was nie die gevolg van ’n

onverbiddelike ketting van oorsaak en gevolg nie. Soos

’n modernistiese kunswerk is daar geen noodsaak

daaromtrent nie, en God mag sy handewerk dalk al

eons gelede berou het. Die Skepping is die

oorspronklike gratis daad. God is ’n kunstenaar wat dit

vir die blote liefde of vir die hel daarvan gedoen het;

nie ’n wetenskaplike in die uitvoering van ’n manjifiek

rasionele ontwerp wat sy navorsingstoekenningsliggaam

mateloos sal beïndruk nie.

Omdat die heelal God s’n is, het dit deel aan sy

lewe, wat die lewe van vryheid is. Dit is waarom dit

heeltemal op sy eie werk, en waarom sowel wetenskap

as Richard Dawkins gevolglik moontlik is. Dieselfde

geld menslike wesens: God is nie ’n hindernis vir ons

selfstandigheid en genieting nie, maar, soos Aquinas

aanvoer, die mag wat ons toelaat om onsself te wees.

Soos die onbewuste is hy nader aan ons as wat ons aan

onsself is. Hy is die bron van ons selfbepaling, nie die

uitwissing daarvan nie. Om van hom afhanklik te wees,

soos om van ons vriende afhanklik te wees, is ’n

kwessie van vryheid en vervulling. Vriendskap is

inderdaad die woord wat Aquinas gebruik om die

verhouding tussen God en die mensdom te beskryf.

Dawkins, wat ewe geobsedeer met die meganika

van die Skepping as sy Kreasionistiese opponente (6)

is, verstaan niks van hierdie tradisionele leerstellinge

nie. Hy verstaan ook nie dat omdat God transendent tot

ons is (wat ’n ander manier is om te sê dat hy ons nie

tot stand hoef te gebring het nie), is hy vry van enige

neurotiese behoefte aan ons en wil hy bloot toegelaat

word om ons lief te hê. Dawkins se God is, daarenteen,

Satanies. Satan (‘beskuldiger’ of ‘aanklaer’ in

Hebreeus) is die wanvoorstelling (misrecognition) van

God as Groot Pa en straflustige regter, en Dawkins se

God is presies so ’n afstootlike superego (7). Hierdie

valse bewussyn word omvergewerp in die persoon van

Jesus, wat die Vader openbaar as vriend en minnaar

eerder as regter. Dawkins se Opperwese is die God wat

diegene wat daarna streef om goddelike toorn af te

weer deur diere te offer, kieskeurig in hulle dieet te

wees en vlekkeloos in hulle optrede. Hulle kan nie die

skandaal dat God hulle liefhet soos hulle in al hulle

morele slordigheid is, aanvaar nie. Dit is een rede

waarom Paulus opmerk dat die wet vervloek is.

Dawkins sien die Christendom in terme van ’n eng,

legalistiese opvatting van boetedoening – van ’n

brutale, wraakgierige God wat sy eie kind opoffer as

vergoeding daarvoor dat hy beledig is – en beskryf dié

geloofsartikel as venynig en aanstootlik. Dit is veilig

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 36
om te wed dat die Aartsbiskop van Kantelberg nie

sterker kan saamstem nie. Dit was die imperiale

Romeinse staat, nie God nie, wat Jesus vermoor het.

Dawkins vind dit vreemd dat Christene nie

gretig na die dood uitsien nie, gegewe dat hulle daar

die paradys ingelei sal word. Hy sien nie raak dat die

Christendom, soos die meeste religieuse gelowe,

menslike lewe diep waardeer nie, wat dan ook dìt is

waarin die martelaar verskil van die selfmoordenaar.

Die selfmoordenaar laat die lewe vaar omdat dit

waardeloos geword het; die martelaar staan sy of haar

kosbaarste besitting vir die uiteindelike welsyn van

andere af. Hierdie daad van selfoorgawe staan

algemeen bekend as opoffering, ’n woord wat ten

onregte allerlei polities inkorrekte implikasies verkry

het. Jesus, spekuleer Dawkins, mag sy eie verraad en

dood verlang het, ’n siening wat die skrywers van die

Nuwe Testament opsetlik afwys deur die Getsemanetoneel

in te sluit, waar Jesus duidelik paniek ervaar by

die vooruitsig van sy komende teregstelling. Hulle

plaas ook woorde in sy mond as hy op die kruis is om

grotendeels dieselfde stelling te bevestig. Jesus het nie

gesterf omdat hy mal of selfkastydend was nie, maar

omdat die Romeinse staat en sy verskillende plaaslike

lakeie en hardlopende honde

geskrik het vir sy boodskap

van liefde, genade en geregtigheid,

asook vir sy enorme

gewildheid onder die armes,

en met hom weggedoen het

om ’n massaopstand in ’n

hoogs plofbare politieke

situasie te vermy. Heelwat

van Jesus se naaste kamerade

was waarskynlik Selote,

oftewel lede van ’n antiimperialistiese

ondergrondse

beweging. Judas se van

suggereer dat hy een van

hulle kon wees, wat sy

verraad des te meer

verklaarbaar maak: miskien

het hy sy leier in bitter

ontnugtering uitverkoop in

die oortuiging dat hy per slot

van rekening nie die Messias

was nie. Messiasse word nie

in armoede gebore nie; weier

nie wapens van vernietiging

nie; is boonop geneig om die

nasionale hoofstad binne te

ry in koeëlvaste limousines

met polisiebegeleiding, nie

op ’n donkie nie.

Jesus, wat met respek

vir Dawkins inderdaad “sy etiek aan die Skrif ontleen

het” (hy was ’n toegewyde Jood, nie die stigter van ’n

spoggerige nuwe opset nie), was ’n karikatuur van ’n

Messias. Hy was ’n karnavalistiese parodie van ’n leier

wat verstaan, so lyk dit, dat enige regime wat nie op

solidariteit met broosheid en mislukking gegrond is

nie, gedoem is om onder sy eie hubris in duie te stort.

Die simbool van daardie mislukking was sy kruisiging.

In hierdie geloof was hy getrou aan die lewensbron wat

hy enigmaties sy Vader genoem het, wat in die vorm

van die Jahwe van die Ou Testament aan die Hebreërs

sê dat hy hulle brandoffers haat en dat hulle wierook in

sy neusgate stink. Hy herinner hulle dat hulle hom sal

ken vir wie hy is wanneer hulle die hongeres met goeie

dinge gevul en die rykes leeg weggestuur sien. Jy word

nie toegelaat om ’n fetisj of gesnede beeld van hierdie

God te maak nie, aangesien die enigste beeld van hom

menslike vlees en bloed is. Verlossing het vir die

Christendom te make met sorg vir die sieke en die

verwelkoming van die immigrant, die beskerming van

die armes teen die geweld van die rykes. Dit is glad nie

’n “godsdienstige” saak nie en vereis geen besondere

kleredrag, rituele gedrag of kieskeurigheid oor dieet

nie. (Die Katolieke verbod van vleis op Vrydae is ’n

onskriftuurlike kerkreël.)

Jesus het uitgehang met hoere en sosiale

uitgeworpenes, was merkwaardig ontspanne oor seks,

was afwysend oor die gesin (die voorstedelike Dawkins

is ’n ietsie ongemaklik hieroor), het ons aangemoedig

om ongeërg oor eiendom en besittings te wees, het sy

volgelinge gewaarsku dat hulle ook gewelddadig sou

sterf, en het volgehou dat die waarheid doodmaak en

verdeel asook bevry. Hy het

ook eiegeregtige pedante

vervloek en die heersersklas

verontrus.

Die Christelike geloof

leer dat diegene wat na die

kruisiging kan kyk en leef,

wat aanvaar dat die traumatiese

waarheid van menslike

geskiedenis ’n gemartelde

liggaam is, dalk net ’n op ’n

nuwe lewe mag hoop – maar

slegs by grasie van ’n

onvoorstelbare transformasie

in ons huidige uitsiglose

toestand. Dit staan bekend as

die opstanding. Diegene wat

nie hierdie skrikwekkende

beeld van ’n verminkte onskuldige

as die waarheid van

die geskiedenis sien nie, sal

waarskynlik aanhangers wees

van daardie blinkoog bygeloof,

bekend as menslike

vooruitgang, waarvoor Dawkins

’n volbloed apologeet is.

Of hulle mag goedbedoelende

hervormers of sosiale

demokrate wees, wat vanuit ’n

Christelike oogpunt gewoon

nie radikaal genoeg is nie.

Die sentrale leerstelling van die Christendom is

dus nie dat God ’n bliksem (bastard) is nie. Dit is, in

die woorde van die oorlede Dominikaanse teoloog,

Herbert McCabe, dat as jy nie lief het nie, is jy dood,

en dat as jy liefhet, sal hulle jou doodmaak. Hier is dan

jou holle belofte en opium van die volk. Dit was

natuurlik Marx wat daardie laaste frase gemunt het,

maar Marx, wat religie in dieselfde passasie beskryf as

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 37
die “hart van ’n hartelose wêreld, die siel van siellose

toestande” was ietwat oordeelkundiger en #meer

dialekties in sy beoordeling daarvan as Dawkins, wat

wild en wakker misskop en -slaan.

Nou mag dit so wees dat dit alles niks meer

geloofwaardig as die tandemuis is nie. Die meeste

denkende mense sal deesdae uitstekende gronde hê om

dit te verwerp. Maar kritici van die rykste, duursaamste

vorm van populêre kultuur in die menslike geskiedenis

het ’n morele verpligting om dié saak op sy mees

oortuigende te konfronteer, in plaas daarvan om vir

hulleself ’n goedkoop oorwinning te beklink deur dit

toe te takel as soveel snert en gebrabbel. Die

hoofstroomteologie wat ek pas uiteengesit het, mag

heel moontlik nie waar wees nie, maar enigeen wat dit

aanhang moet na my mening gerespekteer word, terwyl

Dawkins reken dat geen religieuse geloof te eniger tyd

of op enige plek hoegenaamd respek waardig is nie. En

dit, mag ’n mens noteer, is die opinie van ’n man wat

diep afkerig is van enige dogmatisme. Selfs gematigde

religieuse sienings, dring hy aan, moet vurig betwis

word, aangesien hulle altyd tot fanatisme kan lei.

Sommige strominge van die liberalisme wat

Dawkins onderskryf, het tans verval in ’n taamlik

gemene vorm van neoliberalisme, maar wat my betref

is dit geen rede om nie liberalisme voor te staan nie.

Op een of ander obskure wyse kry Dawkins dit reg om

te insinueer dat die Biskop van Oxford verantwoordelik

is vir Osama ben-Laden. Sy polemiek sou ietwat

oortuigender wees komende van ’n man wat ’n bietjie

minder arrogant triomfantelik is oor wetenskap (daar is

bloot een of twee gebare oor die feilbaarheid daarvan

in die boek), en wat hom daarvan kan weerhou om

sinne te skryf soos “hierdie beswaar [teen ’n sekere

wetenskaplike siening] kan beantwoord word met die

suggestie … dat daar baie heelalle is” (ons vertaling),

asof ’n suggestie ’n wetenskaplike weerlegging is. Oor

die afgryse wat wetenskap en tegnologie op die

mensdom losgelaat het, is hy voorspelbaar swygsaam.

Tog sal die Apokalips waarskynlik veel eerder hulle

produk as die werk van religie wees. Ruil jou die

Inkwisisie vir chemiese oorlogvoering.

Dawkins se onverstoorde wetenskaplike

onpartydigheid is van so ’n aard dat hy homself in ’n

boek van bykans vierhonderd bladsye nouliks sover

kan bring as om toe te gee dat daar een enkele menslike

voordeel uit religieuse geloof gevloei het, ’n siening

wat by voorbaat ewe onwaarskynlik as empiries vals is.

Die ontelbare miljoene mense wat hulle lewens selfloos

aan die diens van andere gewy het in die naam van

Christus, Boeddha of Allah word uit die menslike

geskiedenis gewis – en dit deur ’n selfaangestelde

kruisvaarder teen dweepsug. Hy is soos ’n man wat

sosialisme gelykstel aan die Gulag (8). Soos die

Puritein en seks sien Dawkins God oral, selfs waar hy

klaarblyklik afwesig is. Hy dink byvoorbeeld dat die

etno-politiese konflik in Noord-Ierland sou verdwyn as

die religie sou, wat vir iemand soos ek wat deeltyds

daar woon, verraai hoe min hy eintlik daarvan weet. Op

ietwat vreemde wyse dink hy ook dat die terme Lojalis

en Nasionalis ‘eufemismes’ vir Protestant en Katoliek

is, en ken duidelik nie die verskil tussen ’n Lojalis en

’n Unionis of ’n Nasionalis en ’n Republikein nie. Hy

beweer ook, teenoor ’n aansienlike deel van die

beskikbare getuienis, dat Islamitiese terrorisme deur

religie eerder as politiek geïnspireer is.

Hierdie is nie bloot die sieninge van ’n

woedende ateïs nie. Dit is die opinies van ’n maklik

identifiseerbare soort Engelse middelklas, ’n liberale

rasionalis. As ’n mens Dawkins lees, wat soms skryf

asof “Thou still unravish’d bride of quietness” ’n

skreeusnaakse manier is om ’n Griekse vaas te beskryf,

kan jy redelik seker wees dat hy nie Europa se grootste

entoesias vir Foucault, psigoanalise, agitprop,

Dadaïsme, anargisme of separatistiese feminisme sal

wees nie. ’n Mens stel jou voor dat al hierdie

verskynsels net so onsmaaklik vir sy bruuske,

bloedlose rasionaliteit as die maagdelike geboorte sal

wees. Tog kan ’n mens natuurlik ’n ateïs en ’n

geesdriftige aanhanger van hulle almal wees. Sy Godhaat

is dus geensins die siening van ’n wetenskaplike

wat bewonderenswaardig van vooroordeel gestroop is

nie. Dit behoort tot ’n spesifieke kulturele konteks. ’n

Mens sou nie verwag om in Noord-Oxford heelwat

stemme te monster vir óf anargisme, óf die maagdelike

geboorte nie. (Ek moet daarop wys dat ek die term

Noord-Oxford in ’n ideologiese eerder as geografiese

sin gebruik. Dawkins mag verlig wees om te weet dat

ek inderdaad nie weet waar hy woon nie.)

Daar is ’n baie Engelse weergawe van gesonde

verstand wat hoofsaaklik glo in wat dit kan aanraak,

weeg en proe, en The God Delusion ontspring uit,

onder ander plekke, daardie besondere stal. Op sy mees

Filistynse en provinsiaalste laat dit Dick Cheney soos

Thomas Mann klink. Die sekulêre Tien Gebooie wat

Dawkins vir ons aanbeveel, waaronder een ons

adviseer om ons sekslewens te geniet solank hulle nie

aan ander skade doen nie, is oor die algemeen liberale

gemeenplasighede. Dawkins verpes – en tereg ook –

fundamentaliste, maar sover ek weet is sy antireligieuse

smaadredes nog nie in sy werk geëwenaar

deur ’n kritiek van die globale kapitalisme wat die haat,

angs, onsekerheid en sin van vernedering wat

fundamentalisme kweek, voortbring nie. Soos die

stompsinnige mediageklets dit wil hê, is dit eerder alles

op die rekening van die religie.

Dit kom dus as geen verrassing nie dat Dawkins

’n oudmodiese Hegeliaan blyk te wees wanneer dit by

wêreldpolitiek kom, en glo in ’n zeitgeist (sy eie term)

met immergroeiende vooruitgang en net af en toe ’n

‘terugslag’. “Die hele golf,” rapsodieer hy op die fynste

Liberale wyse, “bly beweeg” (ons vertaling). Daar is,

gee hy vrygewig toe, “plaaslike en tydelike terugslae”

(ons vertaling) soos die huidige VSA-regering – asof

daardie regime ’n verkiesingsafwyking is eerder as die

voorteken van ’n drastiese verandering van die

wêreldorde waarmee ons waarskynlik sal moet leef vir

solank as wat ons kan voorsien. Dawkins glo

daarenteen op sy Herbert Spencer-agtige manier dat

“die vooruitstrewende neiging onmiskenbaar is en sal

voortgaan” (ons vertaling). Nou, daar het ons dit dan:

ons het dit uit die mond van mnr. Openbare Wetenskap

self dat buiten vir ’n paar plaaslike, tydelike

haakplekke soos ekologiese rampe, hongersnood,

etniese oorloë en atoomwoestenye die Geskiedenis pal

aan die opswaai is.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 38
Afgesien van die sporadiese terloopse gebaar na

‘gesofistikeerde’ religieuse gelowiges is Dawkins

geneig om religie en fundamentalistiese religie as een

en dieselfde te sien. Dit is nie net grotesk vals nie; dit is

ook ’n truuk om enige meer besinnende soort geloof te

omflank deur te impliseer dat dit eerder ’n rand- as ’n

massaverskynsel is. Die groot getalle gelowiges wat

iets soos die teologie wat ek hierbo uiteengesit het,

aanhang, kan dus gemaklik saamgegooi word met

takhare wat aborsievoorstanders vermoor en

homoseksuele beswadder. Wat sulke uitbarstings

betref, kwyt The God Delusion hom inderdaad

uitstekend van sy taak. Die twee dodelikste tekste op

die planeet – buiten moontlik Donald Rumsfeld se eposse

– is die Bybel en die Koran, en Dawkins – een

van die beste sowel as een van die slegste liberale – het

hom oor die jare uitstekend daarvan gekwyt om uit te

praat teen daardie besondere vertakking van

psigopatologie, bekend as fundamentalisme, van Texas

of die Taliban. Hy is reg om die soort soetsappige

liberalisme wat glo dat ’n mens ander mense se lawwe

of aanstootlike idees moet respekteer bloot omdat dit

ander mense s’n is, kort te vat. Op sy eie

bewonderenswaardige wyse betoog The God Delusion

dat die status van ateïste in die VSA deesdae min of

meer dieselfde as dié van gays vyftig jaar gelede is. Die

boek is vol lewendige brokkies van die naakte afgryse

van religie, fundamentalisties of andersins. Bykans

50% van Amerikaners glo dat ’n heerlike Wederkoms

op hande is, en sommige van hulle doen hulle uiterste

bes om dit te verhaas. Maar Dawkins kon dit alles vir

ons vertel het sonder om so aanstootlik bitsig te wees

oor daardie wetenskaplike kollegas van hom wat van

hom verskil, en sonder om so teologies ongeletterd te

wees. Hy kon dit ook vermy het om die tweede mees

vermelde individu in die boek te wees – as jy God as

individu tel.

(1) Onversetlike Noord-Ierse Protestantse politikus – nota

van die redakteur.

(2) Amerikaanse TV-evangelis – nota van die redakteur.

(3) Diegene wat beweer dat sintuiglike waarneming die

enigste geldige basis vir kennis en denke is.

(4) Vreemde, vlieënde voorwerp – nota van die redakteur.

(5) Amerikaanse visepresident van 1991 tot 1999 – nota van

die redakteur.

(6) Fundamentalistiese Christelike ontkenners van die

ewolusieleer – nota van die redakteur.

(7) ’n Verwysing na Sigmund Freud se psigoanalitiese teorie,

waar die superego die wette van die samelewing is wat op

onderdrukkende wyse op die onbewuste begeertes van die

mens inspeel – nota van die redakteur.

(8) Strafkampstelsel in die voormalige Sowjet-unie – nota

van die redakteur.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 39
• Dossier: Geweld en misdaad in SA

’n Oorlog van

almal teen almal?

ONS HET IN DIE BINNEPLEIN VAN FORT

SCHANSKOP RONDGESTAAN EN KOFFIE DRINK.

DIE VORIGE AAND SE TOEKENNINGSGELEENT-

HEID WAS ONDER BESPREKING EN DIE

OGGENDPROGRAM SOU OOR DIE FAK SE

MANIFES HANDEL. DANIE GOOSEN HET

AANGEKOM EN VERTEL DAT STEFAN LOUW

VERMOOR IS.

Deur Carel (iv) Boshoff *

E

k het dadelik gedink aan iemand van wie ek dit nie

juis verwag het nie, wat by die onthaal na afloop

van die toekennings gesê het:

“Ons praat oor naamsveranderings, maar ons

mense word vermoor”.

Ek was nie gretig om op die saak in te gaan nie,

maar het darem gesê:

“Ja, die twee goed is nie só verwyderd van

mekaar as wat dit lyk nie.”

Dit was die einde van daardie gesprek. Nou het

Danie gesê van Stefan, en bygevoeg:

“Dis ’n oorlog hierdie; daar word oorlog

gemaak teen ons mense.”

Hy was ontsteld, en dit was nie ’n openbare

verklaring nie, maar dit was ’n eerlike innerlike

aanvoeling dat iets groot en onheilspellend besig is om

te gebeur. Van my was Stefan eerder ’n kennis as ’n

vriend, sodat ek dit meer konseptueel as emosioneel

beleef het en in besonder deur die beeld van ’n oorlog

beetgepak is.

“Moeilikheid is”, het ek gedink, “dat ons nie

weet wie is aan watter kant nie. God behoede ons van

’n reduksie tot swart en wit, iets wat maklik kan posvat

waar almal mettertyd vir almal bang is.”

En toe weet ek watter oorlog dit is: die oorlog

van almal teen almal.

Nie lank gelede nie, was hierdie oorbekende

frase van Thomas Hobbes ook vir my ’n blote cliché,

maar danksy Hans Achterhuis se meesterwerk Het Ryk

van de Schaarste. Van Hobbes tot Foucault het dié

uitdrukking onder dié omstandighede vir my

skrikwekkend konkreet geword.

E

Leviathan

k het meer as eenmaal die Leviathan van Hobbes

(1651), wat al langer as tien jaar op my boekrak

* Gemeenskapsaktivis, Orania

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 40
staan, begin lees. Dit is immers een van daardie tekste

waarna gedurig verwys word en wat aan die oorsprong

van ons moderne wêreld staan. Maar die kloof tussen

my en die skrywer was ten ene male te groot, en ek was

te onkundig oor die vraagstukke en debatte van sy tyd,

om hoegenaamd ’n greep op sy denkbeelde te kry.

Daarom dat Achterhuis se kontekstualisering aan die

hand van beide eietydse en destydse verwysings so

waardevol is.

Aan die hand daarvan het ek naastenby die

volgende beeld gevorm. Die sewentiende-eeuse

Engeland waarin Hobbes hom bevind, staan reeds in

die teken van ’n verreikende omwenteling wat hy

aanvoel en onder woorde probeer bring. Veranderende

vestigingspatrone, grondbesit, toegang tot produksiemiddele

en wat meer het die weefsel van tradisionele

gemeenskappe onherroeplik verander. Dit het veral die

hiërargiese strukture en die gepaardgaande mensbeeld

en instellings wat vastigheid en orde moes verseker en

begeerte moes bekamp, hewig ontwrig.

Teen die agtergrond van hierdie uitrafeling van

gemeenskappe en in teenstelling met die uiters

gestruktureerde feodale orde waarin mense en

gemeenskappe gefunksioneer het, kry Hobbes die

moderne, ongebonde individu in die oog. In plaas van

’n vaste plek in ’n voorafbepaalde orde, tree gelyke

individue wat almal met mekaar in kompetisie om

skaars hulpbronne verkeer, na vore. Dit

verteenwoordig vir hom, dalk eerder konseptueel as

histories, ’n oorsprongstoestand wat hy as “’n oorlog

van almal teen almal” beskryf.

Volgens Achterhuis werk Hobbes met wat hy

sien: individue wat hulle eie oorlewing en belange bo

alles stel en wat niks sal ontsien om dit te bevorder nie.

Boonop besef hy dat oorlewing en eiebelang onder

sekere - al is dit dan uiterste - omstandighede, ’n soort

natuurwet is wat nie met moraliserende klagtes

tegemoetgegaan kan word nie. Om die waarheid te sê,

die enigste redelike uitkoms sou wees dat hierdie

fundamenteel vrye en gelyke individue saamspan om

’n gesag op te rig wat minstens elkeen se veiligheid en

oorlewing kan waarborg, al is dit dan teen die prys van

elkeen se vryheid wat aan dié gesag oorhandig word.

Om dus die grondliggendste van menslike

waardes - naamlik lewensbehoud - te verseker, gee

elkeen in gelyke mate hulle vryheid prys aan ’n staat

wat, uit hoofde daarvan, oor soewereine

beskikkingsreg teenoor almal beskik. In sy tyd word

hierdie kontraktuele oorsprong van die staat in ’n

soewereine heerser beliggaam, maar dit sou mettertyd

verskillende vorme van wettige beskikking oor

absolute mag oor almal aanneem. Dit noem Hobbes die

Leviathan; dit wek vrees, maar ook vertroue.

H

Skaarste/begeerte

obbes staan op die breuklyn tussen ’n tradisionele

en ’n vroeë moderne samelewing en dit stel hom

in staat om aan die hand van ’n sonderlinge

vergelyking te werk. Waar lê naamlik die wesenlike

verskil tussen hierdie twee samelewings? Achterhuis se

vertolking is dat dit om die verknoopte begrippe van

skaarste en begeerte handel. Hy beskou dit as ’n

deurslaggewende insig dat Hobbes “skaarste” nie as ’n

objektiewe gebrek aan beskikbaarheid (van wat dan

ook al) sien nie, maar as ’n tussen-menslike verhouding

van begeerte wat die beskikbaarheid te bowe gaan.

Met ander woorde: namate ons mekaar in ons

begeertes naboots, werk ons ’n ervaring van skaarste in

die hand. Of andersom, namate ons die nabootsende

begeerte aan bande sou lê, sou ons die ervaring van

skaarste kon hokslaan. Juis daarin het tradisionele

gemeenskappe uitgeblink, want die ongelyke status wat

mense beklee het - oftewel die vaste plek in ’n ordelike

gemeenskap - het ongelyke aansprake op begeerbare

dinge meegebring. ’n Kleinboer sou dit in die reël

ondenkbaar vind om te begeer wat ’n landheer begeer,

en ’n landheer sou nie begeer wat ’n prins begeer nie;

’n ridder en ’n priester sou mekaar op die markplein

van begeerte uiters selde ontmoet.

Meer nog, in soverre hierdie hiërargiese

gemeenskap in ’n positiewe sin funksioneel was, sou

hoë vlakke van onderlinge solidariteit verseker dat

beperkte lewensmiddele betreklik gelykop verdeel

word. Nie almal in ’n uitgebreide huishouding sou

dieselfde snitte van ’n slagdier ontvang nie, maar

elkeen sou ’n deel kry. Die huiskneg sou sekerlik nie

skaapboud op tafel hê nie, maar solank sy heer sy

vriende op skaapboud trakteer, sou hy nie sonder vleis

hoef te eet nie, en in soverre hy hom by sy mindere

status berus het, was hy daarmee tevrede.

Maar juis daar lê die knoop: namate sulke

beelde van ongelykheid aan die hand van ’n komplekse

maatskaplike omwenteling in diepe onguns verval het,

is die beperkings wat dit op begeerte geplaas het ook

daarmee heen. Die gevolg is dat almal op ’n

Sondagmiddag ’n skaapboud begeer, al verander dit nie

die feit dat die Base dit nog steeds het en die Klase nog

steeds daarsonder moet klaarkom nie. Om die waarheid

te sê, in die disfunksionele gemeenskappe wat die

moderne samelewing kenmerk, gebeur dit baie dikwels

dat mense aan die onderpunt van die leer aan basiese

lewensmiddele gebrek lei ten spyte van hulle

verklaarde gelykheid aan dié bo-aan die leer en ten

spyte van hulle kompeterende begeerte met mekaar.

Hierdie deernislose verdeling, wat ironies

genoeg met gelykheidsdenke verband hou, skep dan

ook die beeld van objektiewe skaarste, oftewel gebrek

aan lewensmiddele. Dit, terwyl daar meestal juis ’n

objektiewe oorvloed aan, maar ’n ongelyke verdeling

van lewensmiddele is - ’n verdeling wat deur die

oënskynlik neutrale faktor van koopkrag gewettig

word. Dat sentimentele pogings tot vrywillige en

meestal uiters beperkte herverdeling wat in die naam

van liefdadigheid aangepak word, in die reël geen

volhoubare verligting bring nie, hoef ons ook nie te

verbaas nie. Dit onderstreep nie net die de facto

ongelykheid wat in die naam van almal se

grondliggende gelykheid teweeggebring is nie, maar

verhoog ook die vlakke van begeerte deur blootstelling

aan skaars en begeerlike goed.

Geweld in Suid-Afrika

oef ek die vergelyking met wat ons vandag in

Suid-Afrika beleef, te trek? Is dit nie duidelik

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 41

H
watter vernietigende uitwerking modernisering ook

hier op tradisionele gemeenskappe het en hoe die

ontrafeling daarvan mense van hulle betekenisgewende

verwysingspunte vervreem nie? Is dit nie duidelik dat

mense wie se armoede in soveel-dollar-per-dag-terme

gemeet word, mense wat nog nooit van ’n dollar

gehoor het nie, maar wie se vermoë om vir hulleself te

sorg in die proses vernietig word, hulle tot bandelose

kriminaliteit kan wend nie?

Boonop is dit nie net die voorheen

gemoderniseerde sektore van ons samelewing wat aan

’n diepgesetelde minagting van tradisie en gemeenskap

skuldig is nie, dit is ook en juis die pas- en amper

gemoderniseerdes wat oor hulle eie skaduwee probeer

spring. En verder is dit nie ’n plaaslike vorm van

modernisering wat deurgeworstel en verwerf word nie,

maar ’n pasklaar model soos deur die globale

verbruikersreklame voorgehou, wat nagejaag en

onkrities omhels word. Dat hierdie gewaande

bemagtiging ’n skadukant van ongeëwenaarde onmag

het, ontsnap die nuwe elite net soos die ou elite - buiten

natuurlik waar laasgenoemde hulle opvolgers aan die

hand daarvan vir swak prestasie kan verwyt.

Tot oormaat van swaarmoedigheid moet ek

nog byvoeg dat modernisering nooit anders as met

ontwrigting en trauma gepaardgaan nie en dat dit

bowendien ’n eenrigtingproses skyn te wees. Is dit

byvoorbeeld denkbaar om gelykheidsdenke, watter

ongelykhede dit ookal teweegbring, weer met

ongelykheidsdenke te vervang? Sekerlik nie.

En verder: watter vooruitsig het ons dat die

oorlog van almal teen almal, wat onder meer die vorm

van bandelose misdaad en geweld aanneem,

hokgeslaan kan word? As ons Hobbes se logika volg, is

die volgende stap - en daar gaan uit liberale geledere

reeds stemme voor op - dat die staat verantwoordelikheid

moet neem, dat die regstaat sy staal moet

wys. Maar die soort staat wat genoeg vrees en vertroue

kan inboesem om onder sulke omstandighede die orde

te herstel, hou nie belowende vooruitsigte vir ’n uiters

sigbare, voorheen bevoordeelde minderheid soos die

Afrikaners in nie. Inteendeel, ons bevind ons tussen die

duiwel en die diep blou see; tussen chaos en ’n staat

wat by magte is om daardie chaos hok te slaan.

As hierdie ietwat neerdrukkende ontleding

enigsins akkuraat is, moet Afrikaanse denkers en leiers

hulle met nuwe ywer op minstens twee vrae toelê. Die

eerste is die vraag na ’n ander moderniteit as die een

wat deur Hollywood en Singapoer versinnebeeld word

en wat tans as norm vir die modernisering van Suid-

Afrika dien. Daarmee is Die Vrye Afrikaan reeds besig,

nie die minste nie in die vorm van die alternatiewe

ekonomiese teorieë wat hier uitgewerk word.

Die tweede vraag is wat ons doen as die

regstaat ons faal. Dit is toenemend Afrikaners se

ervaring dat die regstaat nie is wat ons daarvan verwag

het nie, deels deur sy onvermoë om sy burgers se lewe

en eiendom te waarborg, en deels deurdat een party se

parlementêre meerderheid dit vir hom ewe maklik

maak om die Grondwet te wysig as om enige ander wet

te wysig. Dit in soverre hy, danksy transformasie van

openbare en private instellings, nodig het om sulke

wysigings te formaliseer.

Afrikaners het die post-94-bedeling betree in

die geloof dat die Grondwet/regstaat ons bestaan sal

waarborg. Ek is van oordeel dat ons hoe gouer, hoe

beter moet besef dat ons in hierdie omstandighede,

soos voorheen, weer mekaar se waarborg sal moet

wees.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 42
• Dossier: Geweld en misdaad in SA

’n Groter rol vir die private

sekuriteitsbedryf?

DIE HOË VLAK VAN MISDAAD, EN VERAL

GEWELDSMISDAAD, HET VERSKEIE OORSAKE.

DOELTREFFENDE OPTREDE TEEN MISDADIGERS

MOET UITERAARD OP SOVEEL AS MOONTLIK

VAN DIE OORSAKE VAN HULLE DADE FOKUS.

DIT IS POPULÊR OM MISDAAD VERAL TE

PROBEER VERKLAAR AAN DIE HAND VAN DIE

ARMOEDE EN ONGELETTERDHEID VAN MISDA-

DIGERS. HIERVOLGENS IS EEN ANTWOORD OP

MISDAAD DAT MENSE BETER ONDERWYS EN

MEER GELD MOET HÊ.

Deur Hans Visser *

’n

Ernstige probleem hiermee is dat dit vir

misdadigers ’n vals tipe regverdiging van hulle

dade skep - die koelbloedige doodskiet van mense vir

finansiële gewin, die verkragting van vrouens en kinders

en die wreedaardige marteling van plaasfamilies en ouer

mense wat alleen woon. Daar is tog baie arm en

ongeleerde mense in Suid-Afrika en die res van die

wêreld wat nie soos bloeddorstige barbare optree nie.

In ’n sin is ons Grondwet wat die

menseregtefilosofie weergee op ’n onrealistiese fiksie

gebaseer – wat skadelike gevolge kan hê. Artikel 10

bepaal naamlik dat elke mens inherente waardigheid

het asook die reg dat daardie waardigheid gerespekteer

en beskerm word. Die feit dat beskaafde mense

misdadigers en vermeende misdadigers op ’n redelike

wyse behandel, het egter meer te doen met hulle eie

beskaafdheid as met die fiksie dat boosaardige mense

noemenswaardige menswaardigheid het. Meer klem

behoort dus op misdadigers se boosheid en gebrek aan

waardigheid gelê te word as op enige fiktiewe

waardigheid. Groter realisme in hierdie verband

behoort nuttig te wees in die stryd teen misdadigers.

Regsmaatreëls en -optrede is die juridiese

reaksie op misdadigers. Dit bied die wapens en

spelreëls in die oorlog teen hulle. Dit verteenwoordig

’n onvolmaakte en tydelike reaksie wat nogtans

noodsaaklik is. Vanselfsprekend dra die openbare

amptenare soos die polisie, aanklaers, landdroste,

regters en diegene wat gevangenisse bestuur die

primêre verantwoordelikheid vir veiligheid en

sekuriteit. Nogtans erken ons reg al eeue dat individue

redelike voorsorg en noodmaatreëls vir hulle eie

veiligheid en beskerming kan tref. Dit is hier waar die

private sekuriteitsbedryf tradisioneel inpas. Nietemin

* Professor in privaatreg, Universiteit van Pretoria

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 43
speel private sekuriteit internasionaal ook ’n

groterwordende rol in die openbare domein en moet

die private aard daarvan nie oorbeklemtoon word nie.

Enkele feite oor private sekuriteit

D

aar is tans ongeveer 5 000 sekuriteitsbesighede en

meer as 305 000 individuele private

sekuriteitsbeamptes aktief in Suid-Afrika – en die

sekuriteitsbedryf groei steeds. Minstens R15 000

miljoen word na raming jaarliks aan private sekuriteit

bestee. Die meeste groot sekuriteitsbesighede word

deur buitelanders beheer. Die private sekuriteitsbedryf

oortref duidelik die openbare polisie wat menslike en

ander hulpbronne betref. Alhoewel die internasionale

tendens is vir die private sekuriteitsbedryf om te groei

en al hoe meer gesofistikeerde dienste te lewer, het

private sekuriteit die afgelope tien jaar in feitlik geen

land in omvang en menslike hulpbronne soveel

toegeneem as in Suid-Afrika nie.

D

Die rol van private sekuriteit

ie vraag oor watter rol private sekuriteit presies in

misdaadbekamping speel, is moeilik om te

beantwoord. Daar is eenvoudig nie voldoende

empiriese getuienis hieroor nie. Nogtans is dit redelik

om aan te neem dat Suid-Afrikaners waarskynlik nie

miljarde rand sou spandeer aan ondoeltreffende

sekuriteitsdienste nie. Aan die ander kant is die

misdaadsyfer in Suid-Afrika (en veral

geweldsmisdaad) steeds so hoog dat ’n mens

waarskynlik nie slegs die gehalte van die polisie se

dienslewering nie, maar ook dié van die kommersiële

sekuriteitsbedryf kan bevraagteken. Voorts blyk dit dat

in heelwat gevalle die werklike diens wat private

sekuriteit bied, nie noodwendig die voorkoming van

misdaad is nie, maar eerder die verkoop van

gemoedsrus aan mense sodat hulle eenvoudig veiliger

voel weens die sigbaarheid van sekuriteitsbeamptes,

hulle toerusting en selfs kennisgewingbordjies. Nog ’n

probleem is dat, net soos daar in die geledere van die

polisie self te veel misdadigers is, die private

sekuriteitsbedryf ongelukkig ook te veel kriminele

elemente en onbekwame persone huisves. ’n

Ongekwalifiseerde vertroue in openbare óf private

sekuriteit is dus misplaas.

Volgens die jongste amptelike misdaadsyfers

het ernstige misdaad effens afgeneem. Die vraag is

nogtans hoe ’n mens kan vasstel of hierdie statistiek

akkuraat is en watter gevolgtrekkings werklik daaruit

gemaak kan word. Die hoë misdaadsyfer is ’n

verleentheid vir die regering, en daar is dus die

versoeking tot statistiese manipulasie. ’n Mens sou dus

eerder ’n stelsel wou hê ingevolge waarvan die

statistiek heeltemal onafhanklik geoudit kan word buite

die kring van politici en amptenare wat belang daarby

het om ’n afwaartse misdaadtendens voor te hou.

As ’n mens aanneem dat daar wel ’n effense

afname in sekere misdade te bespeur is, ontstaan die

vraag wat die oorsaak daarvan is. Daar is al aangevoer

dat die polisie nie die krediet hiervoor moet kry nie,

maar eerder die private sekuriteitsbedryf. Alhoewel

hierdie verklaring nie summier afgewys kan word nie,

is daar te min feite beskikbaar om ’n ingeligte mening

hieroor te kan uitspreek. Dit is waarskynlik die moeite

werd om behoorlike navorsing in hierdie verband te

onderneem en te probeer vasstel wat die werklike

afskrikkingswaarde van private sekuriteit is asook

watter rol dit in die ondersoek en die vervolging van

misdadigers speel.

Volgens die ortodokse siening van die

verhouding tussen die staatspolisie en die private

sekuriteitsbedryf is laasgenoemde se taak bloot om die

polisie te ondersteun, aangesien die staat altyd die

primêre rol by misdaadbekamping speel (naamlik

voorkoming, ondersoek en regshandhawing). In die lig

van die voortdurende misdaadkrisis is dit klaarblyklik

nodig om hierdie teorie in sekere opsigte grondig te

hersien. Terwyl niemand kan twyfel dat die staat

primêr daarvoor aanspreeklik bly om sy inwoners

voldoende te beskerm nie, noodsaak die misdaadgolf

vernuwende denke oor onder meer ’n groter rol vir

privaatsekerheid. Rewolusionêre planne en optrede

word vereis, aangesien die bestaande teorie en praktyk

klaarblyklik misluk het.

Ongelukkig blyk dit dat daar nog te veel mense in

verantwoordelike posisies is wat vasklou aan uitgediende

sienings oor die rol van private sekuriteit, of wat eerder

besorg is om die aansien van die staat se polisie te

beskerm. In byvoorbeeld ’n witskrif oor veiligheid en

sekuriteit ’n paar jaar gelede is die rol van private

sekuriteit nie eers direk vermeld nie! Inisiatiewe op die

terrein van byvoorbeeld gemeenskapspolisiëring het

blykbaar dusver nie veel gehelp om Suid-Afrikaners

veiliger teen geweldenaars te maak nie. Feit is dat elke

beskikbare hulpbron op die een of ander wyse

gemobiliseer sal moet word om die oorlog teen ernstige

misdadigers te wen. Vir sover die polisie nie in staat is om

misdaad te voorkom en wet en orde te handhaaf nie, moet

alternatiewe ingespan word. Uiteraard moet die bestaande

regstelsel ook ondersoek word. Terwyl ’n oordrewe

reaksie nie nodig is nie, sou ek graag ’n hoëvlak-

regshersieningskomitee wou sien met ’n mandaat om alle

regsreëls te ondersoek ten einde knelpunte te identifiseer

en die reg te verbeter waar nodig. Selfs die Grondwet

moet in sekere opsigte aangepas word indien nodig. ’n

Mooi liberale Grondwet help in ieder geval min as mense

nie eers relatief veilig kan wees en voel nie.

Voorstelle oor ’n groter

rol vir private sekuriteit

otdat misdaadvlakke meer “normaal” is, moet daar

dus herbesin word oor die funksies van private

sekuriteit. Een strategie teen misdadigers is om die aard

en die kwaliteit van die rol van private sekuriteit te

verbeter. Alhoewel ek hieronder ’n voorstel bespreek,

moet onthou word dat die Suid-Afrikaanse bevolking

steeds die reg het dat die staat alle redelike stappe

moontlik moet doen om hulle veiligheid in die

algemeen te waarborg en in bepaalde gevalle te

verbeter. Dit is onaanvaarbaar dat benewens die betaal

van belastings wat vir veiligheid en sekuriteit

aangewend word, lede van die publiek nog miljarde

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 44

T
and privaat moet bestee om hulleself en hulle eiendom

te beveilig. Watter verhoogde rol ’n mens ook al vir

private sekuriteit kan bedink, is ’n transformasie van

openbare veiligheid nodig om onder meer te verseker

dat die polisie genoeg bevoegdhede, hulpbronne,

opleiding en strategieë het om misdadigers af te skrik

deurdat oortreders gevang en behoorlik gestraf word.

Ek het reeds 8 jaar gelede in ’n regsblad betoog

vir die verlening van die bevoegdhede van

vredesbeamptes aan sekere kategorieë private

sekuriteitbeamptes. Dit sou hulle doeltreffendheid teen

vermeende misdadigers verhoog. Tans beskik private

sekuriteitsbeamptes slegs oor daardie bevoegdhede wat

elke private persoon het. Die voorstelle wat ek destyds

gemaak het, is nie in die algemeen aanvaar nie, hoewel

sekere bykomende bevoegdhede wel verleen is aan

private sekuriteitsbeamptes by lughawens. Alhoewel

meer bevoegdhede alleen nog nie alle probleme kan

oplos nie, sou dit wel ’n positiewe stap wees om

noodsaaklike polisiëring in die algemeen uit te brei.

Natuurlik is daar allerlei praktiese probleme in hierdie

verband, maar nie een daarvan is onoorkomelik nie.

Trouens, in heelwat Europese lande word al hoe meer

tradisionele polisiëringsfunksies aan private

sekuriteitsbeamptes oorgedra.

Deur private sekuriteitsbeamptes groter

bevoegdhede te gee, kan hulle meer doen om die

openbare polisie en die publiek in die algemeen te help.

In baie gevalle van private sekuriteit gaan dit nie net

om die beveiliging van ’n enkele kliënt se belange nie.

Die gemeenskap kan byvoorbeeld ooglopend daarby

baat as private sekuriteitsbeamptes sterker kan optree

teen X wat hulle kliënt Y se belange bedreig.

Uiteraard moet daar by die implementering van

so ’n plan behoorlike voorsorg getref word vir beheer

oor sekuriteitsbeamptes en dat hulle rekenskap vir hulle

optrede moet gee. Effektiewe regulering van private

sekuriteit is en bly noodsaaklik om ’n wettige en

effektiewe sekuriteitsbedryf te verseker. Dit sou ook

nie nodig wees om alle sekuriteitsbeamptes van meer

bevoegdhede te voorsien nie, maar slegs diegene wat

behoorlik opgelei is en aan ander redelike vereistes wat

gestel mag word, voldoen.

M

Slotgedagte

eer bevoegdhede vir private sekuriteitsbeamptes

is ooglopend nie die finale of enigste antwoord

nie. Daar is nog meer innoverende en selfs drastieser

idees ten einde te verseker dat hierdie belangrike

hulpbron van die gemeenskap ten volle benut word. Dit

is egter noodsaaklik dat die regering ’n hoëvlak-proses

aan die gang sit sodat almal se idees hieroor behoorlik

gelug, ondersoek en getoets kan word. Die beste

daarvan kan dan in werking gestel kan word. Die prys

vir ’n versuim of vertraging is hoog en word betaal

deur die bloed van die slagoffers van die duisende

moorde, verkragtings en rooftogte elke jaar.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 45
• Dossier: Geweld en misdaad in SA

Die ongemaklike waarhede

van plaasmoorde

WEINIG ANDER VORME VAN MISDAAD HET SO

’N DIEPGAANDE EN VERREIKENDE UITWERKING

OP DIE SAMELEWING AS DIE VOORTSLEPENDE

VOORKOMS VAN MOORDE, GEWELDSMISDADE

EN DIEFSTAL OP PLASE. BENEWENS DIE EMOSIE

WAT DAARMEE GEPAARDGAAN, VERAL

VANWEË DIE GEOGRAFIESE ISOLASIE VAN

SLAGOFFERS, IS DIE VLAKKE VAN BRUTALE

GEWELD EN DIE RELATIEF HOË OUDERDOM VAN

SLAGOFFERS OPVALLEND.

Deur Chris van Zyl *

D

aarbenewens word gesinslede, familie, bure,

vriende en kennisse regstreeks betrek by die

emosionele verwerking van grusaamhede wat enige

mens liewer gespaar sou wou bly. Gesien teen breë

sosio-maatskaplike en -ekonomiese agtergronde, is

daar egter gevolge wat nie met die eerste oogopslag

sigbaar is nie. Die staking van (veral)

voedselproduksie, die breuk in produktiwiteit en die

ontwrigting van werknemers is sake wat nie met die

nodige erns bejeën word nie.

Amptelike statistiek is tans nie vryelik

bekombaar nie, en in die rapportering van misdaad op

plase is daar verskillende interpretasies deur SAPDlede

wat tot gevolg het dat die ware toedrag van sake

nie akkuraat sigbaar is nie. Daar kan egter met redelike

sekerheid aanvaar word dat daar sedert 1991 meer as 2

000 mense vermoor is in meer as 30 000 insidente van

geweldsmisdaad op plase en kleinhoewes. Hierdie getal

slagoffers verteenwoordig ’n segment van die

landbousektor wat na alle waarskynlikheid 45 000

kommersiële boere, hul gesinne en werkers behels.

Daarbenewens is die teikengroep nie uitsluitlik blank

nie, maar is dit duidelik dat blanke slagoffers die

oorgrote meerderheid slagoffers verteenwoordig.

Daar bestaan geen akkurate statistiek van die

werklike omvang van misdaad in die landelike

omgewing nie. Die akkuraatheid van misdaadstatistiek

wat jaarliks vrygestel word, word boonop uit talle

oorde bevraagteken. In landbougeledere is daar

eenstemmigheid dat die dalende standaard van

polisiëring, gebrekkige kommunikasie en agterdog tot

gevolg het dat vertroue in die SAPD daal. Hierdie

daling het weer tot gevolg dat talle boere nie meer

misdaad aanmeld nie, omdat daar doodeenvoudig geen

reaksie van die SAPD is nie.

* Veiligheidskenner, TLU

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 46
Geen ander sektor in die ekonomie (veiligheidsdienste

uitgesluit) is per kapita aan soveel geweld en

misdadige teistering onderworpe nie. Benewens lewensverlies

en liggaamlike en sielkundige beserings het

landbouers ’n gerapporteerde finansiële verlies as gevolg

van diefstal van R1,2 miljard gedurende die jaar 2004-

2005 gely. Indien die verliese gely vanweë onaangemelde

misdade hierby ingesluit word, is dit ernstig te

betwyfel of daar ’n meer geteikende gemeenskap in

Suid-Afrika as die landbougemeenskap is.

Heel dikwels word die bewering gemaak dat die

landbou onnodig kla aangesien daar meer geweld en

misdaad in die metropolitaanse gebiede is. Suiwer

getalsgewys mag dit dalk waar wees, maar indien die

vlakke van misdaad per 100 000 van die bevolking

bereken word, is die situasie beduidend erger as wat

algemeen aanvaar word.

Motiewe

D D

ie voorkoms en intensiteit van plaasmoorde was

van sodanige omvang dat twee ondersoeke in

hierdie verband reeds uitgevoer is. Die laaste verslag is

gedurende September 2003 vrygestel, maar het weinig

lig op die motiewe vir sodanige misdrywe gewerp. Wat

wel opmerklik was, was die opmerking deur aanklaers

hoofsaaklik in die Vrystaat dat rassehaat ’n sigbare

element was in talle aanvalle. Sedertdien is daar

herhaaldelik aangevoer dat “normale misdaad” die

motief vir aanvalle was.

Die “normale misdaad”-motief verloor egter

geloofwaardigheid wanneer die volgende tendense ter

sprake kom:

• Die meerderheid slagoffers is ouer as 50 jaar.

• Weinig plaaswerkers is by die uitvoering van

plaasaanvalle betrokke. Oor die algemeen word sulke

aanvalle uitgevoer deur vreemdelinge afkomstig uit

metropolitaanse gebiede.

• Plaasaanvalle word met “militêre presisie”

uitgevoer. Daar is voldoende aanduidings dat die groep

verantwoordelik vir die aanval met behulp van

spesifieke aanduiders as’t ware na die teiken toe gelei

word.

• Die getal mense betrokke by die uitvoering van

plaasaanvalle neem toe. Beskikbare gegewens dui

daarop dat die grootte van groepe wat sodanige

aanvalle uitvoer, toegeneem het. Aanvanklik was

tussen drie en ses misdadigers betrokke, terwyl soveel

as dertien deesdae ter sprake is.

• Die vlakke van wreedheid en tekens van

doelbewuste marteling is unieke eienskappe in die

voorkoms van geweldsmisdaad.

• Die feit dat slagoffers op so ’n wyse “uitgestal’

word dat dit ’n bepaalde geweldsboodskap uitstraal.

Dit is niks anders as gewelddadige propaganda nie.

• Die feit dat aanvallers oënskynlik vir ’n geruime

tyd gewag het op die terugkeer van slagoffers wat

uithuisig was. Waarom dan nie die woning stroop van

gesogte artikels en die hasepad kies sonder die gevaar

van opsporing nie?

• Die verskynsel dat slagoffers erg vermink en

vermoor word sonder dat iets vermis word. Selfs

vuurwapens en kontant word in sommige gevalle nie

geneem nie.

• Die verbintenis van soortgelyke

geweldsmisdade met die bekende slagspreuk “Kill the

boer, kill the farmer”.

Benewens die voorafgaande kan die vraag tereg

gevra word tot watter diepte daaropvolgende

ondersoekwerk gedoen word. Die verlies aan

kundigheid is allerweë bekend, terwyl die enorme

werklading op individuele polisiebeamptes ewe bekend

is. Maar word daar werklik moeite gedoen om agter die

kap van die byl te kom? Dit wil voorkom of alles

aangewend word net om deur identifisering van ’n

toereikende motief ’n skuldigbevinding in die hof te

verseker. Indien diefstal as toereikende motief geld, is

dit nie nodig om dieper te delf nie. Intussen kan

niemand die sensitiwiteit rondom polities geïnspireerde

plaasaanvalle ontken nie.

Teikengebiede

it is opsigtelik dat sekere provinsies aan aansienlik

minder plaasaanvalle as ander onderworpe is. In

hierdie verband is die Noord-Kaap, die Wes-Kaap en

die Oos-Kaap verreweg in die minderheid, terwyl

provinsies soos Gauteng, Mpumalanga en Noordwes

by uitstek deur plaasaanvalle geteister word. Ofskoon

nie uitsluitlik so nie, kom dit tog voor asof plase binne

trefafstand van hoofroetes in ’n baie groter mate

geteiken word as afgeleë plase.

In Gauteng is daar pro rata meer kleinhoewes

wat geteiken word as wat die geval in ander provinsies

is. Dit kan waarskynlik toegeskryf word aan die feit dat

die soomgebiede van die groter metropolitaanse

gebiede ’n groter aantal kleinhoewes insluit as wat in

die ander provinsies die geval is. Die gevolg hiervan is

dat talle professionele mense wat in die stede

werksaam is, toevallige teikens raak. Gevolglik raak

landbouverwante misdaad ook die professies wat

hoofsaaklik in stede en dorpe beoefen word.

Dit is ook opmerklik dat die nuutste tendens ten

opsigte van grondeise juis daarop dui dat plase langs

sulke roetes en by belangrike kruispaaie in aanvraag is.

Gegewe die voorkoms van etlike gevalle van

voorafgaande intimidasie deur grondeisers en die

daaropvolgende pleging van geweldsmisdaad, is daar

rede om te aanvaar dat daar wel ’n verband tussen

grondeise en geweldsmisdaad bestaan.

Landelike Veiligheid

radisioneel was die Kommandomag in Suid-Afrika

belas met landelike veiligheid. Kommando’s het

bestaan vandat slegs skyfskietkompetisies die

belangrikste aktiwiteit was tot die era toe die landelike

bevolking met blatante terreur tydens die struggle

bedreig was. Die doeltreffendheid van die stelsel is oor

eeue beproef en verfyn, en die vrywillige aard van

diens daarin sowel as die kennis van plaaslike

omstandighede was van die belangrikste boublokke.

Tans is hierdie mag in die proses van ontbinding en

word dit in die vooruitsig gestel dat sektorpolisiëring

die plek daarvan sal inneem. Die huidige realiteit is

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 47

T
egter dat sektorpolisiëring nie met dieselfde

effektiwiteit en ondersteuning posvat nie. Gevolglik

bestaan daar ’n uiters kwesbare situasie wat die

veiligheid van die landelike gemeenskap in besonder

op risiko plaas.

Die unieke eienskappe van landelike

gemeenskappe stel eiesoortige behoeftes aan die

SAPD. Dikwels is polisiestasies veraf geleë, daar

bestaan daadwerklike kommunikasieprobleme met

polisielede aan diens, die beskikbaarheid van personeel

en voertuie is nie gewaarborg nie en dienslewering

voldoen gevolglik nie aan verwagtinge nie. Hierdie

toedrag van sake skep eiesoortige spanning in landelike

gebiede en lei tot groeiende agterdog en verwydering

tussen die gemeenskap en die polisie.

Die markgeleentheid wat deur misdaad sowel as

die sluiting van die kommandomag geskep is, is in ’n

redelike mate gevul deur sekuriteitsmaatskappye wat

nuwe geleenthede in die landelike gebied raakgesien en

toegetree het. Etlike sekuriteitsbeamptes is sedertdien

tydens plaasaanvalle gedood of gewond tydens

gewelddadige optrede. Feit bly egter dat sodanige

werknemers se gewaarborgde dienste nie bo alle twyfel

verseker kan word nie, en arbeidsaktiwiteite in die

betrokke sektor kan oornag bepaalde gapings laat.

Eweneens is dieselfde agterdog soos van toepassing op

die SAPD, ook op sekuriteitsmaatskappye van

toepassing.

Die jammerlike gevolg van die voortslepende

geweld gemik teen plaas- en hoewebewoners, is die

verlies aan vertroue in stelsels wat juis veronderstel is

om na die veiligheid van die gemeenskap om te sien.

Dit laat weinig opsies buiten om in die afwesigheid van

effektiewe misdaadvoorkoming te aanvaar dat

weerbaarheid by die individu begin en dat die steun

van bure en vriende kritiek belangrik is om voldoende

afskrikvermoë te verseker. Hierdie vermoë moet

sodanig uitgebrei word dat toepaslike optrede in die

ergste scenario ’n gemeenskapsverantwoordelikheid

word.

President Mbeki het onlangs tereg die vraag

gevra wat die burgery doen om misdaad aan bande te

lê. Gedwing deur omstandighede het die

landbougemeenskap lank terug reeds noodgedwonge

begin om teenmaatreëls te tref om lewe en eiendom in

die afgeleë gebiede te beskerm. Om die waarheid te sê,

hierdie inisiatiewe het na alle waarskynlikheid reeds

talle lewens gered, om nie te praat van potensiële

voorvalle van roof en diefstal wat effektief hierdeur

verhoed is nie. Daarbenewens het boere reeds etlike

kere tot die hulp van die owerheid gekom om ontsnapte

misdadigers aan te keer en om tonele van

geweldsmisdade soos transitorooftogte te beveilig. Die

realiteit sê egter dat die landelike gemeenskappe

toenemend op hulleself aangewese gaan wees,

aangesien veiligheidsfokuspunte vir die 2010

Sokkerwêreldbekerkompetisie na alle waarskynlikheid

die beskikbare veiligheidsvermoëns elders heen sal

kanaliseer. Gevolglik is dit dringend noodsaaklik dat

sekere bestaande maatreëls, onder meer die Wet op die

Beheer van Vuurwapens en die wetgewing van

toepassing op die privaat sekuriteitsindustrie, aangepas

moet word sodat die wetsgehoorsame burgery met

groter vrymoedigheid en ondersteuning na eie

veiligheid kan omsien.

Gevolgtrekking

it die voorafgaande kan die volgende stellings

moeilik as versinsels afgemaak word:

• Plaasbewoners word doelbewus geteiken en die

doel daarvan kan een of meer van die volgende wees:

o Intimidasie van die bewoners.

o Ontwrigting van arbeidsverhoudinge.

o Demotivering van bure en vriende.

o Kriminele onteiening.

• Die struggle kon dalk de jure tot ’n einde gekom

het, maar duur de facto voort omdat aanvalle deur

deeglik opgeleide individue in groepsverband uitgevoer

word.

• Gebiede wat aan grondeise onderwerp is,

vertoon ’n groter voorkoms van plaasaanvalle.

• Die produktiwiteit van ’n kommersiële plaas

word ernstig ingeperk deur die moord op die eienaar of

een van sy afhanklikes. Daar is reeds bepaal dat

normale produktiwiteit in sommige gevalle eers na

sowat agt jaar weer herstel.

• Waar plase van eienaar verwissel as gevolg van

’n moord, is dit bykans onvermydelik dat ’n

ontwrigting ten opsigte van die werkers ontstaan. In

etlike gevalle is daar wantroue by die nuwe eienaar en

word werkers deur nuwes vervang.

Suid-Afrika se selfvoorsiening van voedsel en vesel

verg dat die owerheid en die publiek in die algemeen

met veel groter erns moet kyk na die lot van diegene

wat sorg vir kos op die tafel. Voedselsekerheid is en

bly ’n kritieke strategiese bate wat nie net vir Suid-

Afrika van nasionale belang is nie, maar ook vir die

subkontinent en die res van die vasteland.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 48

U
• Ekonomierubriek

Wat Yunus ons leer

omtrent skuld

Deur Margaret Legum *

M

ohamed Yunus se Nobelprys handel in sy geheel

oor ’n uiters aanvegbare onderwerp – geld en die

geldstelsel. Dis nie hoe dit aangebied word nie. Die

verhaal wat aan ons deurgegee word, gaan oor ’n ryk,

deernisvolle man wat ’n stelsel van kredietverlening

aan arm mense ontwerp wat hulle lewens verander,

maar terselfdertyd nie geld vir die uitlener verloor nie.

En dit ís die waarheid, maar nie die hele waarheid nie.

Die Grameen Bankplan

het ontstaan toe Yunus

’n klompie klein artikels van

’n paar vroulike smouse

probeer koop het en meegedeel

is dat hulle dit wat

hulle het, moet verkoop

voordat hulle weer onverwerkte

materiaal kon aankoop

om nog te kan vervaardig.

Hy het besef dat die

vroue met ’n klein bietjie

krediet volumes voorraad

sou kon opbou en sodoende

’n bestaan sou kon maak.

Die beginsels van

die bank wat hy gestig het,

het twee grondbeginsels van

die bankebroederskap verontagsaam:

dat lenings deur

kollaterale bates gerugsteun

moet word wat verkoop kan word as die lener

wanbetaal; en dat die uitlener die hoogste rentekoers

moet ontvang – om die ‘markkoers’ van kapitaal tot die

maksimum op te stoot.

Eerstens, in plaas van kollaterale sekuriteit,

vereis Grameen van sy leners – aanvanklik almal vroue

– om lenings aan te vra as affiniteitsgroep (onderlinge

groep) wat op wedersydse vriendskap en vertroue

gegrond is. Al die lede onderneem om toe te sien dat al

die ander hulle lenings terugbetaal. Geen kollaterale

sekuriteit word gevra nie. Die terugbetalingskoers is

oor die 98%, veel hoër as wat deur konvensionele

banke gepresteer word. Die stelsel van eerbaarheid en

vertroue hou stand en werk beter as individuele

verantwoordelikheid wat deur kollaterale sekuriteit

gerugsteun word. Die gevolg is dat ’n veel wyer, en

armer, deel van ’n nasie toegang het tot krediet as wat

deur die konvensionele bankwese verleen word.

Tweedens word Grameen se rentekoers

* Gemeenskapsekonoom

vasgestel op die laagste koers verenigbaar met

kosteverhaling, en ’n geringe wins vir uitbreiding. Toe

dit begin het, was dit heelwat laer as 3%.

Konvensionele banke stel rente op die hoogste koers

moontlik, aangesien die maksimalisering van wins die

onbetwisbare doelwit is. Waar die koerse verskil, is dit

omdat verskillende markte verskillende koerse kan

rugsteun.

Die gevolg van hierdie konvensionele stelsel

van krediet vir wins is dat mense se toegang tot krediet

in direkte verhouding staan tot

hul bestaande rykdom (kollaterale

sekuriteit). Dus is die

deel van die bevolking met

banktoegang per definisie

beperk. Wanneer konvensionele

banke wel markte

onder arm mense soek, is dit

as ’n belegging in die

verryking (rykwording) van

daardie individue.

Dis alles heeltemal

begryplik, omdat banke as

kommersiële entiteite funksioneer;

en wins (aandeelhouerswaarde)

is die oogmerk van

kapitaliste-onderneming in die

mark. Die kwessie is of geld

wel as ’n kommoditeit

behandel en vir winsbejag

verhandel behoort te word.

Geld is nie ’n kommoditeit nie: jy kan dit nie

eet of drink of aantrek nie. Dit is die middel waarmee

ons met mekaar handel dryf, en ’n middel om te spaar

vir latere besteding. Die verstandige manier om met

geld te werk, sou wees om onsself af te vra hoeveel ons

daarvan nodig het in enige gegewe periode om handel

en besparing moontlik te maak. As jy te veel geld skep,

gaan daar inflasie kom; as jy te min skep, gaan die

handel opdroog. As die helfte van jou bevolking sonder

geld is en dus nóg kan produseer, nóg kan verbruik, het

jy verkeerd te werk gegaan.

Maar die wyse waarop die bankstelsel

ontwikkel het, het van geld ’n kommoditeit gemaak –

om gekoop en verkoop, met rente geleen en uitgeleen

te word – onder mense wat geld het. Nuwe geld word

gemaak – nie deur regerings met die oog op die

hoeveelheid geld wat nodig is nie – maar deur

handelsbanke met die uitsluitlike doel om dit uit te leen

vir wins. Nuwe geld word gemaak in die vorm van

skuld. Handelsbanke skep nuwe geld wanneer hulle ’n

lening toestaan – wat ofskoon dit uit niks gemaak is,

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 49
nogtans terugbetaal moet word, en met rente. Sodoende

word geld nie met inagneming van die doel daarvan

geskep nie, maar as neweproduk van ’n kommersiële

onderneming.

Let daarop dat feitlik alle nuwe geld skuld

skep – banke reik nie geld uit sonder skuld nie. Die

uitsondering is die 5% van die geldvoorraad wat uit

staatsgedrukte note en –gemunte geldstukke ontstaan:

dié word deur die staat as deel van sy betalings in die

ekonomie bestee. Dit word nie uitgeleen nie, dit word

bestee. Daar is geen rede waarom die staat nie elke jaar

die nuwe geld wat hy nodig het, kan uitreik nie – as

deel van sy normale uitgawes, eerder as om daardie

werk aan banke te gee.

Die teorie wat dit verhoed, is dat daar ’n

objektiewe ‘markkoers’ bestaan vir kapitaal, gegrond

op die gewoonlik lagwekkende akademiese aanname

dat almal in die mark gelyke kennis van, toegang tot,

en mag binne alle markte het. Inteendeel, banke is

semi-monopolieë, en individue het toegang in

verhouding tot hulle bestaande rykdom. Die feit is dat

daar geen natuurlike of objektiewe markkoers is nie, en

banke, regerings en individue kan kies watter koers

hulle hef.

In der waarheid kan geld deur burgers geskep

word, en sonder skuld. Ons kan besluit om in ’n

uitgedinkte betaalmiddel handel te dryf, mits diegene

wat met ons handel dryf, die waarde daarvaan aanvaar.

Die Suid-Afrikaanse Nuwe Ekonomie-stigting (SANE)

dryf openlik handel op die internet in ’n geldeenheid

wat Talente genoem word. Jy kan enigiets van

motorvoertuigdiens tot vakansieverblyf; organies

gekweekte voedsel tot rekenaarlesse; advies en

herstelwerk; gesondheidsprodukte en -behandelings tot

skrynwerk; boeke in oorvloed, elke soort

vaardigheidsopleiding koop en verkoop. En veel meer.

Besoek www.sane.org.za vir inligting oor

SANE; en www.ces.org.za vir die Talent-ruilhandel.

Meer as 6 000 van ons maak daarvan gebruik, en jy

kan dit ook doen. Jy sal sommer ook ’n ware begrip

kry van die manier waarop geld behoort te werk.

Talente word slegs in aansyn geroep deur handel:

daar’s geen skuld, geen inflasie en geen resessie nie.

Grameen se sukses moet nie in wins gemeet

word nie, maar in die uitwerking wat dit het op die

ekonomie. (Jou batebestuurder gaan jou nie aanraai om

in die Grameen-bank te belê nie.) Nogtans is dit ’n

baken en ’n denkwyse en praktykaanduider vir die

toekoms wanneer die mensdom tot sy sinne kom oor

die doel van geld, en bygevolg, oor hoe dit geskep

behoort te word.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 50
• Hoor en Sien

Afrikaners is plesierig:

Distopia in Suburbia

BY ENIGE VOLK WAT HISTORIES KONSTANT IN

KONFLIK VERKEER, IS SEKURITEIT DIE

HOOGSTE GOED. HIERDIE BEHOEFTE AAN

SEKURITEIT VIND DIKWELS NEERSLAG IN DIE

VEILIGSTELLING VAN GRONDBESIT – DIE

STREWE NA UTOPIA (1) – IN DIE GEVAL VAN

AFRIKANERS NA WAT HERMAN GILLIOMEE DIE

SOGENAAMDE “WITMANSLAND” NOEM. DIT

MOES ’N TUISTE TOT STAND BRING WAAR

AFRIKANERS KON WOON, WERK EN

VOORUITGAAN. HIER MOES ALLES WAT VIR

HOM KOSBAAR WAS SOOS SY GELOOF, TAAL,

WAARDES EN GESKIEDENIS ONBEDREIGD GEDY.

HIERDIE TOE-EIENING VAN SUID-AFRIKA DEUR

AFRIKANERS VIND OOK NEERSLAG IN DIE STEM

VAN SUID-AFRIKA: “…ONS VIR JOU SUID-

AFRIKA”.

Deur Coenraad Grebe *

D

ie Verklarende Afrikaanse Woordeboek verklaar

utopia as ’n “denkbeeldige, volmaakte staat”

(kursivering my eie). Hieruit

blyk die sinneloosheid van

die najaag van so ’n ideaal

reeds duidelik. Afrikaners

was nie enig in hulle najaag

van hierdie ‘volmaakte staat’

nie. Die filosoof Doxiadis

beskryf ’n utopie as ’n “plek

waar volmaakteid” heers, en

verwys na veral die Grieke

en die Romeine wat die

stadstaat beskou het as die

ideale beliggaming van

hierdie strewe. Tans waan

die Verenigde State van

Amerika hom die ideale

demokratiese staat.

Hierdie sogenaamd

volmaakte staat/plek/ toestand

is per definisie ’n

illusie - ’n konstruksie in tyd,

plek en ruimte. Die begrip

utopia is al ontluisterend

gedefinieer as ’n manifestasie

van onsekerheid en ’n pessimistiese

toekomsperspektief, verkleed tot onvervulbare

* Ontwerper

drogbeelde van hoop. Een van die belangrikste

eienskappe van die soeke na ’n utopiese samelewing is

die strewe na ’n sogenaamd ‘natuurlike lewenstaat’.

Dit is nodig om te onderskei tussen die begrippe utopia

en paradys, soos Giliomee dit doen as hy dit het oor

die “soeke na die (sogenaamde) Witmansland”.

Ofskoon sowel Utopia as die Paradys verwys na

wat filosowe ‘die volmaakte staat’ noem, is daar

nietemin ’n wesenlike verskil. Sedert Adam en Eva se

uitbanning is die Paradys sinomiem met ’n ‘eteriese

droomwêreld’ en versinnebeeld dit die idealisering van

die natuur, terwyl die utopiese ideaal altyd verwys na

die nastrewe of ontwerp van die ‘ideale staat’ deur die

bemoeienis van die mens.

Frappant is dat hierdie bemoeienis telkens tot ’n

probleem lei! Volgens Karl Mannheim is dit hierdie

inmenging van die mens – daardie wil om alles aan sy

wil ondergeskik te maak – in sy soeke na iets ‘beters’

wat juis die utopiese ideaal kenmerk.

As ’n mens Apartheid beskou in die lig van wat

hierbo opgemerk is, bied dit ’n moontlike verklaring

vir beide die ontstaan en uiteindelike ineenstorting

daarvan. Apartheid is op segregasie gegrondves; dit wil

sê die uiteenhou van verskillende mense, terwyl die

utopiese ideaal berus op wat sogenaamd ‘natuurlik’ is.

Sou ’n mens Apartheid as natuurlik kan beskou? Nog

’n teenstrydigheid spruit voort

uit die omskrywing van

Utopia (dus die ideale staat)

as synde nie-paternalisties.

Die Apartheidsisteem was

daarenteen wesenlik

paternalisties van aard.

Volgens Doxiadis is Utopia

per definisie ’n “nie-plek”, dit

wil sê ’n utopiese ideaal wat

gebou is op die drogbeeld dat

so ’n staat inderwaarheid

haalbaar is. Hierdie utopiese

mentaliteit skiet meestal

tekort. Dit is dus gebrekkig en

daartoe geneig om wesenlike

aspekte van die werklikheid

doelbewus te verhul. Vanuit

hierdie gesigspunt openbaar

Apartheid besliste tekens van

utopiese denke en die

uiteindelike gevolge daarvan.

Die onafwendbare ineenstorting

en destruksie was ’n

noodwendigheid. Hierin lê die tragedie: as gevolg van

die verbete hunkering na Utopia is die uiteinde

ontgogeling en ’n toestand van distopie.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 51
Hierdie siening van die noodwendig

destruktiewe aard van die utopies ideale Utopia word

deur Doxiadis onderskrywe as hy beweer dat dit

simptomaties van die moderne samelewing is om

destruktiewe utopiese ideale na te jaag. Die term

distopie word binne die kader van die poststrukturele

denke verklaar as die binêre teenpool van die term

utopie. Hierooreenkomstig is ’n toestand van distopie

dus die teenpool van Doxiadis se “volmaakte staat”;

die “gebroke staat” of anders gestel, die gevalle mens.

Die utopiese ideaal is noodwendig ideologies

gekleur. In die meeste gevalle is daar ’n politieke

dryfveer. Die toestand van distopie is al treffend

gedefinieer as die gevolg van ’n afgedwonge bestel

voortspruitend uit die utopiese strewe van ’n maniak.

Dat Apartheid dus misluk het, is nie verwonderlik nie!

Die gevolge van Apartheid as die mislukte strewe na

Utopia is nie uniek in die wêreldgeskiedenis nie. Die

Duitse Derde Ryk en die Sowjet-Unie kan insgelyks as

verkommerde Utopias beskou word.

In Bitterkomix word hierdie toestand van

distopia as synde mislukte Utopias aan die kaak gestel.

Hierdie ontmaskering van

distopiese elemente in Bitterkomix

is nie uniek nie. Dit is

literêr onder meer reeds onder

woorde gebring in 1984 (1949)

en Brave New World (1932).

Die gebruik van die

strokiesmedium (strip) is ’n

gewilde voertuig vir skrywers

en kunstenaars weens die

toeganklikheid daarvan. Die

lesers word gewaarsku teen die

gruwels van die samelewing

deur die ontluisterende aard

van die strip-verhaal. Dink

maar aan die onlangs verfilmde V for Vendetta, wat die

‘heldedade’ van die gemaskerde terroris V verbeeld in

sy stryd om Brittanje uit die kloue van ’n verregse

fascistiese party te bevry. Die optrede van die eertydse

Britse eerste minister, Margaret Thatcher, word

ontluister.

Tog staan Bitterkomix haaks op bogenoemde

strip. Selfs met ‘tipiese’ distopiese films, soos Gattaca,

The Island, Ghost in the shell, The Matrix, Clockwork

Orange, Dark City, Equilibrium en Metropolis is die

ooreenkomste nie opvallend nie. Nietemin speel die

misgelope strewe na Utopia in Bitterkomix ooglopend

mee. Maar anders as in Orwell se 1984, Huxley se

Brave New World en genoemde films en strippe, is die

distopiese uitbeelding in Bitterkomix veel subtieler ten

spyte van die dikwels eksplisiete inhoud daarvan. Dit

trek veel sterker op die David Lynch-film uit 1986,

Blue Velvet.

Alhoewel Lynch se film nie enige van die

tradisionele elemente van ’n distopiese samelewing

bevat nie, is dit tóg ’n uitbeelding van die gevalle

menslike staat. Blue Velvet is ’n ontluisterde

uitbeelding van seks, misdaad, geweld, mag en die

misbruik daarvan. In ’n dorp op die Amerikaanse

platteland sinnebeeldend van die ‘Amerikaanse

Droom’ – heers perversiteit, slordigheid, prostitusie en

ongebreidelde geweld. Die openingskote van Lynch se

film verbeeld ’n idillies pastorale landskap in

skakeringe van patriotiese rooi, wit en blou. Lang

talmende skote verbeeld suburbia kompleet met sy

“white picket fencing”, bloedrooi rose en ’n wolkelose

blou hemel. Terwyl ’n man sy lowergroen tuin natlei,

kyk sy vrou in alle rus binne na die televisie.

David Lynch hou die kyker hierdie beeld van ’n

lommerryke voorstedelike tuin nie somaar om dowe

neute voor oë nie. Die kamera spied geleidelik oor die

landskap en dring dan skielik die digte woekerende

weligheid van die voortuin in. In die donker geilte gaan

die duister skuil: ’n menigte wriemelende honger en

grieselige insekte verdring mekaar. Soos in die film,

Blue Velvet, konfronteer Bitterkomix die kyker/leser nie

net met ’n ontluisterde Utopia, soos in die geval van V

for Vendetta, Equilibrium en Animal Farm nie, maar

eerder met die teendeel daarvan; met ’n sogenaamde

‘slegte/bose plek’, of anders gestel, met ’n perverse,

aardse gevallenheid.

’n Mens sou Bitterkomix kan beskou as ’n

voortsetting van die sogenaamde “horror comics” van

die McCarthy-era tydens

die 1940’s en 1950’s in die

VSA. Die skeppers van

strippe soos Crime

Suspense Stories, Strange

Tales, Shock SuspenStories

en Haunt of Fear wis dat

die werklikheid selfs gruweliker

is as die fantasiewêreld

van Mary Shelley se

Frankenstein (1818) of

Bram Stoker se Dracula

(1897). Temas soos egskeiding,

mishandeling en

geweld skeur gesinne

uiteen. Hierdie strippe maak gebruik van sogenaamde

‘horror imagery’ om die tradisionele beeld van

suburbia te ondermyn.

In Kannemeyer se “Boetie” word die skynbaar

perfekte Bolandse bestaan van ’n wit Afrikanergesin

verbeeld deur ’n nette tuin, kompleet met sproeier à la

David Hockney. Hierdie idille word egter in die kiem

gesmoor deur die ontstellende narratief wat uit

Kannemeyer, alias Joe Dog, se pen vloei. Tipies

distopiese tonele soos ’n vader wat hom teennatuurlik

aan sy seun opdring, word geskets, maar terselfdertyd

word die illusie van normaliteit voorgehou. Wanneer

Boetie uit die bed opspring as hy die bedoelinge van sy

vader snap, bly Pappa gewoon stil. Hy laat nie blyk dat

hy hom daarvan bewus is dat sy seun weet dat hy hom

wou molesteer nie. Alles dui daarop dat dit ’n

doodnormale gesin is wat in vrede saamwoon. Tog

weet die leser/kyker dat die bose hier skuilgaan. ’n

Voorstedelike ‘horror comic’; nie bevolk deur

monsters nie, maar deur ‘gewone mense’ speel hom in

’n rustige Bolandse dorp af.

Daar is reeds op gewys dat die strewe na ’n

utopie altyd politieke ondertone het. In byna elke

uitgawe van Bittercomix word daarop gesinspeel dat

die Nuwe Suid-Afrika die resultaat is van die mislukte

utopiese strewes van die Apartheidsideaal. Ironies sou

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 52
’n mens egter ook kan aanvoer dat juis in hul

ontluistering van die vorige regime se strewe na ’n

utopiese bestaan in Afrika die skeppers van Bitterkomix

self ook tastend onderweg is na húl Utopia. Die

satiriese en ironiese elemente in hulle werk relativeer

en verhul hierdie strewe, maar juis deur die frappante

uitbeelding van die verworde samelewing in die

hedendaagse Suid-Afrika word die heimlike hoop op ’n

beter toekoms des te markanter. Elke slegte einde of

gevalle staat roep vanself weer die moontlikheid van ’n

nuwe begin en goeie uiteinde op.

Anders as in die geval van tipies utopiese tekste,

is hier geen verlange na die herowering van mag nie.

Hier is veel eerder sprake van ’n byna kinderlike

verlange na vreedsame naasbestaan gebou op gedeelde

verantwoordelikheid. Ten spyte van die brutale inhoud

van talle van die narratiewe, is daar geen begeerte om

die status quo omver te werp nie. Deur konstant die

aandag te vestig op die gruwels van die verlede en die

sondes van die vadere word mag, voorheen gesetel in

wit Afrikaner manlikheid, juis ondermyn. Daar is al

beweer dat Bitterkomix die beginsel van Ubuntu

ondergrawe. Maar die strewe na Utopia en die

beginsels van Ubuntu is juis op dieselfde strewe na ’n

beter toekoms – die volkome staat – gegrondves. Dit

beteken ook dat soos in die geval van Bitterkomix, die

bedreigings onder oë gesien moet word.

(1) Utopia verwys spesifiek na ’n denkbeeldige, volmaakte

staat (dus ’n plek wat idealitêr sou kan bestaan), terwyl utopie

die implikasie het van ’n droombeeld of hersenskim. Ter

illustrasie: die implementering van Apartheid was ’n poging

tot ’n Afrikanerutopia. Die term utopie verwys by implikasie

na ’n onvervulbare hunkering.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 53
• Hoor en Sien

Teenwoordigheid in die

wêreld van 2027

Children of men

Regisseur: Alfonso Cuarón

Draaiboek: Alfonso Cuarón et al; gebaseer op ’n

verhaal van PD James.

Looptyd: 109 min

Spelers: Clive Owen, Michael Caine, Claire-Hope

Ashitey, Chiwetel Ejiofor, Julianne Moore

Deur André Crous *

D

ie skepping van ’n filmiese realiteit is ’n delikate

kwessie. Elke film wat ons sien is noodwendig

ellipties: ons spring rond tussen

plekke en tye. Gewoonlik sien

ons twee karakters met mekaar

praat – die een se gesig gevolg

deur dié van die ander: twee

skote, een tydskontinuum,

maar streng gesproke geen

realiteit nie. In die werklikheid

kan ons nie direk sny van dit

wat voor ons is na dit wat

agter ons is nie: ons moet ons

koppe draai. ’n Beweging wat

afwesig is by die meeste films.

In watter mate is ons

visie gekoppel of word dit

gelykgestel aan dié van die

kamera, en hoe kan hierdie

verhouding ten beste geproduseer en gebruik word? ’n

Oplossing is gevind, reeds lank terug, in die

sogenaamde ongeredigeerde skoot, waartydens die

toneel afspeel in toto (sonder enige snitte) voor ’n

effens onstabiele kamera en daardeur die illusie skep

dat die kamera ’n mens (die kyker) verteenwoordig.

Y tu mamá también, die watermerkfilm van die

Mexikaanse Alfonso Cuarón, het grotendeels bestaan

uit sulke ongeredigeerde tonele. Nie net is dit ’n

vertonerige manier vir die regisseur om te wys wat hy

alles kan beheer sonder om “Cut!” te skree nie, dit is

ook ’n toets vir die akteurs, wat moet uithou tot die

einde van dikwels uitmergelende tonele. Ek noem hier

ook die grusame Irreversible, waarin tonele van

grafiese verkragting en nog meer eksplisiete moord

gepleeg word sonder om ooit weg te sny. In die oë van

die kyker is alles geloofwaardig wat binne een skoot

kan plaasvind, weens die algehele koherensie. Deur

middel van enkele voorbeelde uit Children of men sal

ek wys hoe sterk die kloue van Cuarón se kamera die

kyker vasgryp.

* Filmstudent, Parys, cinephile2@gmail.com

Wat die kwessie van filmiese realiteit aanbetref,

is ons met Children of men onmiddellik, ten spyte van

’n cinéma-vérité styl, borsdiep in die water: die film

speel af in 2027, in ’n Londen wat jy sonder huiwering

as post-apokalipties sal bestempel. Dié term is

natuurlik heeltemal te breed (nogtans word films so

heterogeen soos Mad Max en Delicatessen as sulks

gemerk en saamgegroepeer), maar al die vrae rondom

sy geldigheid as unieke “genre” los ons vir ’n ander

geleentheid.

In weerwil van die film se algemene chaos en

geweld is Cuarón gelukkig nie ’n regisseur wat oordryf

nie: die wêreld van 2027 is

steeds heel herkenbaar, en

ons is ligjare weg van

Spielberg se toekomsvisie

(laat 2040’s) à la A.I. of

Minority report. Ons was

veilig voor Spielberg se

films, omdat ons verwyder

gestaan het van die

voorgestelde werklikheid

(ook bekend as die

“diëgese”); in Cuarón se

fliek is die toekomstige

omgewing naby genoeg om

ons te laat bekommer.

Die film begin,

sommer nog voor die eerste

beeld, met ’n ander gegewe: die jongste persoon op

aarde is 18 jaar oud. Sedert 2009 is die mensdom,

sonder enige duidelike rede, heeltemal onvrugbaar. Die

gebrek aan kinders lei tot die onvermydelike gebrek

aan ’n toekoms, en hierdie feit dompel die hede in

duisternis.

Op die televisiestel in ’n kafee verskyn die gesig

van Diego Ricardo (steeds “Baby Diego”), die 18jarige

seun wat tragiese bekendheid verwerf het deur

die planeet se laasgeborene te wees en nou oral

bestorm word deur mense wat sy handtekening soek.

Sy skielike afsterwe is ’n skok vir die ganse

samelewing, en een van die gesigte in die kafee behoort

aan Theo Faron (deur Clive Owen gespeel met ’n

irriterende kilheid). Hy koop sy koffie en loop uit tot in

’n groot Londense straat, met geanimeerde advertensies

op die rooi busse. Visuele idees uit Cuarón se vorige

film, Harry Potter and the prisoner of Azkaban, word

hier ook goed gebruik. Pas verkyk ons ons aan die

klein verskilletjies – ’n Londen wat net-net vreemd lyk

– wanneer ’n groot ontploffing in ons direkte

gesigsveld ’n stuk van die gebou wegblaas.

Hierdie eerste toneel is in ’n enkele, ongebroke

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 54
skoot verfilm en dit kom voor asof die film uit die

staanspoor wil verkondig dat alles geloofwaardig is,

omdat die kontinuïteit van ruimte en tyd behoue bly.

Ek verwys gerieflikheidshalwe na sulke tonele –

waarin geen redigering plaasvind nie – as

enkelgreeptonele. In Cuarón se geval kan ’n mens selfs

praat van mobiele enkelgreeptonele, omdat die kamera

die hele tyd saam met die aksie beweeg en nie van

enigiets wegskram nie: waar die aksie is, dáár volg die

kamera – ’n alsiende skim.

Terwyl immigrasie van sentrale belang tot die

storielyn en sy futuristiese konteks is, posisioneer die

film homself met ’n potensiaal om gebeure van die

vroeë een-en-twintigste eeu retrospektief te betrag, en

nie sonder polemiek nie. Die immigrasiewette en die

oorlog in Irak is twee kwessies wat heel openlik

aangeraak word.

Die dood van ’n sleutelkarakter wat in ’n

bewegende motor aangeval word, bied ons nog ’n

uitsonderlike toneel, waar ons danksy die kamera op

kragtige wyse ervaar hoe lewe weggeneem word, net

soos ons later, met nog ’n unieke enkelgreeptoneel, die

teenoorgestelde sal meemaak.

Theo Faron word betrek by ’n terroristegroep,

The Fishes, wat ’n waardevolle vrag beskerm en die

Tomorrow-skip wil bereik wat hulle uiteindelik sal

wegneem van die land wat God lankal vergeet het. Die

waardevolle vrag staan as simbool vir die toekoms van

die mensdom, hoewel daar

geensins gefokus word op

die realiteit van die situasie

nie en die einde eintlik veel

onsekerder is as wat dit eers

voorkom: Ons kan nie seker

wees dat hierdie simbool sal

oorleef nie, of dat dit ’n

toekoms sal genereer nie.

Ons word vertel van die

“Human Project”, ’n

gemeenskap op die Asoreeilande,

waar die mees

intelligente wetenskaplikes

werk om steriliteit teen te

werk, maar deur die loop van

die film is daar geen fisiese

bewyse hiervoor nie.

Die film struikel verder met sy klankbaan: ’n

verbysterende verskeidenheid stukke poog elkeen om

’n atmosfeer te skep wat eintlik reeds in die beelde en

in die storie teenwoordig is. ’n Voorbeeld is die atonale

Threnody for the victims of Hiroshima, ’n bekende

komposisie van Krzysztof Penderecki, wat gebruik

word aan die begin van die laaste groot veldslag.

Vanweë sy ekstreme karakter fokus dit net aandag op

homself en isoleer ons van die emosie wat vanuit die

visuele verhaal self vloei. Dié poging om ons

emosionele interpretasie te manipuleer, is ongelukkig

heeltemal deursigtig en werk nie juis weens die

meesterlike kamerawerk wat op die visuele vlak die

werklikheid van die konteks gans toeganklik maak.

Talle resensies verwys na V for Vendetta, wat

vroeër vanjaar vrygestel is. Die enigste

noemenswaardige verwantskap is die totalitêre Britse

staat wat die rol van die vyand vertolk. V for Vendetta

het gepoog tot ’n meer beeldgedrewe benadering, waar

die toneel mooi geraam word, die komposisie sterk en

alle voorwerpe skoon is: selfs in die donkerste

ondergrondse kamer is daar helder ligte wat skoon

skaduwees en duidelik onderskeibare kleurskakerings

produseer. V for Vendetta is ’n film-film wat op ons

fantasie aanspraak maak en glad nie voorgee om ’n

realiteitsfilm van die Children of men-tipe te wees nie.

Alfonso Cuarón is die huidige meester van

mobiele enkelgreeptonele – onder kontemporêre

filmmakers kan ek alleen aan Paul Thomas Anderson

dink wat hoegenaamd kompetisie verteenwoodig. In

baie van Cuarón se vorige werk is die belangstelling in

hierdie kamerabeweging reeds sigbaar. In Great

Expectations het ons ’n pragtige voorbeeld: Ethan

Hawke gaan na ’n uitstalling, loop Gwyneth Paltrow

raak wat op pad uit is, hy bly ’n oomblik langer agter,

neem dan ’n besluit om na die restaurant te gaan waar

sy is, hardloop in die reën deur die strate, gaan by die

restaurant in, neem haar woordeloos aan die hand en

soen haar terug op straat onder ’n wolkbreuk. Daar is

’n gekroek met die redigering van die beelde, maar die

enkele snit is baie goed weggesteek, júís om die toneel

se effek van kontinuïteit te behou.

Cuarón het Y tu mamá también, waarna ek reeds

verwys het, opgevolg met die superkommersiële Harry

Potter and the prisoner of Azkaban – hier dink ek

onmiddellik aan die visueel

interessante enkelgreeptoneel

met Harry en Professor Lupin

op ’n hoë brug by die kollege.

Verder is Cuarón se bydrae tot

die versameling kortfilms,

Paris, je t’aime, wat vroeg

volgende jaar in Suid-Afrika

vrygestel word, die enigste

wat die tydruimtelike raamwerk

heeltemal respekteer: die

kamera volg Nick Nolte en

Ludivine Sagnier se gesprek

terwyl hulle vyf minute lank

in ’n groot Paryse straat

wandel.

Dit is natuurlik dat die

kyker makliker betrokke sal raak as dit voel asof hy

implisiet teenwoordig is. Hierdie gevoel van

teenwoordigheid spruit uit die aanvaarding van die

diëgese waarmee ons gekonfronteer word as

meedoeners – nie net getuies nie – aan

enkelgreeptonele. Children of men is ’n fassinerende

film (die klankbaan byna ten spyt) wat weier om die

kyker op ’n afstand te hou – met uiters suksesvolle

resultate.

Verwysings in hierdie artikel:

A.I. Artificial Intelligence. 2001. Steven Spielberg.

Delicatessen. 1991. Jean-Pierre Jeunet & Marc Caro.

Great expectations. 1998. Alfonso Cuarón.

Harry Potter and the prisoner of Azkaban. 2004. Alfonso

Cuarón.

Irreversible. 2002. Gaspard Noë.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 55
Mad Max. 1979. George Miller.

Minority report. 2002. Steven Spielberg.

“Parc Monceau (17 e arrondissement)” in Paris, je t’aime.

2006. Alfonso Cuarón.

V for Vendetta. 2005. James McTeigue.

Y tu mamá también. 2001. Alfonso Cuarón.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 56
• Hoor en Sien

Rock-kroniek

Nick Drake, Gevalle Engel

MISKIEN IS DAAR IETS INHERENT SKOONS AAN

GEÏSOLEERDE INTENSITEIT WAT SIDDER VAN

PYN EN EENSAAMHEID, ’N RUIMTE WAAR DIE

VOORTREFLIKSTE DIGTERS, KUNSTENAARS EN

MUSICI VERTROOSTING EN REALITEIT VIND?

Deur Shiloh Noone *

H

ierdie voorbestemde sjabloon het swaar geval op

’n jong Nick Drake, gebore in die Burmees-

Japanse nasleep van 1948. Getoë

in ’n welvarende en vooraanstaande

Koloniale gesin, het Nick

op die ouderdom van ses jaar

deuntjies begin komponeer wat

hy dan op ’n bandmasjienrol

opneem. Na sy graduering aan

Marlborough College in Wiltshire,

waar hy kaptein word van

die rugbyspan, het Nick die

klarinet, saksofoon en klavier leer

bespeel, en nie minder nie as

sewe GCE-onderskeidings behaal,

maar soos alle kunstenaars

Fisika en Chemie gedruip. In

hierdie tyd koop hy sy eerste

akoestiese kitaar en begin met

oopsnaarwerk eksperimenteer.

Teen 1966 wen Nick ’n beurs om

Engelse literatuur aan die

Universiteit van Cambridge te

studeer, voorafgegaan deur sy ses maande

sabbatsverlof aan die Universiteit van Aix, Frankryk.

Dit was hier, in die Parys van Henry Miller se

straatvrouebuurt, dat Nick ernstig begin skryf en hom

met allerlei bymiddels behelp het. Die Paryse

wedervaringe het aan hom ook ’n nuwe intimiteit

besorg met die sangeres Françoise Hardy. Nick het

dikwels in haar woonstel in Parys tuisgegaan en talle

opnames gemaak, wat Françoise Hardy gesweer het sy

nooit sal vrystel nie. By sy terugkeer na Londen tree hy

op as ondersteunende speler vir Country Joe & the

Fish by die Roundhouse in Camden Town, waar hy

groot indruk gemaak het op Ashley Hutchings, stigter

van Fairport Convention. Na die konsert het Ashley

Nick aan Island Records se Joe Boyd voorgestel, wat

gelei het tot die opname, in die lente van 1969, van

Five Leaves Left, met musikale ondersteuning deur

Fairport Convention en sy Kollegevriend, Robert

* Rock-historikus en skrywer van Seeker’s Guide to the

Rhythms of Yesteryear, shiloh@telkomsa.net

Kirby, as opname-ingenieur. Die album was slim, in

die besonder die alleenstaande “River Man” met sy 5/4

maatslag, harmoniewisselings en aanwending van

versifikasie. Nick se snaarplukwerk was briljant en het

veral geskitter in die fluitagtig vreeslose “Three Hours”

en veeleisende “Cello Song”, met die vergunning van

Strawbs-oorgeklankte Claire Lowther (Walkabouts

het dit gedek). Die eerste “drie-uur”-sessies het die

Traffic-weeskind, Reebob Kwaakhu Baah, met sy

voodoo-klankteksture en Tintagel se Ian McDonald

op die fluit ingesluit.

Na die album het Nick die

Kollege verlaat en na Londen verhuis,

waar hy drie onbegeleide liedjies

opgeneem het vir John Peel van die

BBC. In dieselfde jaar het hy

ondersteunend maar ongemaklik

opgetree vir Fairport Convention in die

Royal Festival Hall in Londen, sonder

om die gehoor aan te kyk of met hulle

te praat, en tussen elke twee liedjies

van die verhoog padgegee. Nick se

jazz-agtige volgende opname, Bryter

Lyter, het die minimalis John Cale van

Velvet Underground getrek, wat die

orrel en celeste bespeel het in die

skouspelagtige “Northern Skies”, ’n

gunsteling van Piet Botha se groep.

Hier was die onskuld nou in flirtasie

met die stralekranse van engele wat in

die borealis gebaai het, en nog het die

wêreld niks opgemerk nie. Niks, in

vlees of gees, kom naby die vlugtige “Northern Sky”

nie. (Geïnspireer onderwyl hy met ’n rugsak deur

Noorweë op pad was), adem Cale se celeste soos ’n

neersiftende misreën deur hierdie dampvenster. Bryter

Lyter was, uit patroon, meer van ’n fusion-mengeling

van mistige folk met onstuimige jazz-stuwings soos

“Hazy Jane 11”. Die album was deurtrek van innuendo

deur Melody Maker, hoofsaaklik vanweë die Fairportondersteuning.

Fluitis Ray Warleigh en Lyn Dobson

adem onderskeidelik deur die instrumentale “Bryter

Lyter” en “Sunday”, met Ian wat in King Crimson

aansluit. Let daarop dat Nick se instrumentale passasies

nie simptomaties van ’n inspirasieblok was nie, maar

eerder toegeskryf moet word aan sensitiewe skakeling

tussen die mood-variante. Die vingerplukkende “Hazy

Jane 1” wat met Kirby se orkestrasie gedwarreldans

het, het later die strande van Afrika bereik deur twee

klein winkeltjies in Stellenbosch, Sigma Records en

Adrian’s Records. Onder die “gedooptes” was Koos

Du Plessis, en die Kombuis waarvan ek persoonlik kan

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 57
getuig!! Die jazz-agtige “Poor Boy”, ondersteun deur

die voormalig Suid-Afrikaanse Blue Notes-pianis

Chris McGregor, indertyd ’n lid van Brotherhood Of

Breath, kon ewegoed enige Ronnie Scott-konstabulary

binnegegaan het. (Chris het hom uit baie snitte onttrek

omdat hy gevoel het dat hulle nie die jazz regverdig

nie.)

Die Londense gekletter met sy drukte en

verpligtings het nou in ’n migraine-blikkering ontaard

vir Nick, wat sy vlerke gesprei en hom onttrek het na

sy stil woonstel. Daardie selfde jaar het Nick na die

eerste toneel uit Ralph Mctell se konsert gestap. Kort

daarna het Nick se familie hom oorreed om ’n psigiater

by St Thomas te raadpleeg, wat antidepressante

voorgeskryf het. Nou het hy nog slegs gepraat met

John Martyn en sy vrou Beverley, vir wie Nick omtrent

verafgod het. Nick sou voortaan deur die onderwêreld

steier en doelloos deur die lewens van sy vriende

dwaal, soos ’n skim in vrye val. Hierna het Nick

weereens die ateljees betree en die sober, strak Pink

Moon opgeneem, onbegeleid afgesien van ’n

klavieroorklanking, en ’n vroeëre demo genaamd

“Place to Be”. Hier was Drake nou in eensame

verfyning, iewers in die kraters van die maan waar

stilte ontsag adem en skaduwees van hulleself

wegvlug. Tydens die insinking van 1974 skryf John

Martyn sy waarskuwende “Solid Air” vir Nick, wat

daarin geslaag het om ’n verdere vier liedjies op te

neem. Op die 25 ste November het Nick die grens

oorgesteek nadat hy per abuis ’n oordosis van Tryptizol

gebruik het. Hy is onder ’n eikeboom in die Tanworthbegraafplaas

begrawe. Die artistieke Drake-bloed het

deur die TV-sepie “Crossroads” bly vloei via die

talente van sy suster Gabriella, terwyl Nick se

nalatenskap spiritueel ontwaak het deur kunstenaars

soos R.E.M, Paul Weller, Dream Academy en vele

ander. Nick was waarlik die rykdom van ’n herfsblaar,

en sal ons vir altyd herinner hoe broos die lewe en

leefduur van ’n ware digter kan wees.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 58
• Hoor en Sien

Musiekrubriek

DIE HOOFDOEL VAN HIERDIE MUSIEKRUBRIEK IS OM MUSIEKINLIGTING TE KOMMUNIKEER WAT NIE

NOODWENDIG ALGEMEEN EN GEREELD ONS (OOR-)DREMPELS BEREIK NIE – OF WAARAAN ’N MENS NIE

ALDAG BLOOTGESTEL WORD NIE. DIE DOEL VAN DIE INHOUD IS HOOFSAAKLIK INLIGTINGGEWEND,

SOMS AANBEVELEND EN PARTYKEER VERTOLKEND. ONS WIL VERAL FOKUS OP NUWE EN MOONTLIK

MINDER TOEGANKLIKE MUSIEKINLIGTING.

U WORD GENOOI OM INLIGTING OOR MUSIEK AAN ONS TE VOORSIEN (OF SOMMER BLOOT TE

LAAT WEET VAN MUSIKALE AKSIES WAARVAN ONS KAN KENNIS NEEM), EN ONS SAL POOG OM

BLOOTSTELLING DAARAAN TE VERLEEN MET INAGNEMING VAN ONS RUBRIEKDOEL EN DIE

BESKIKBAARHEID VAN BLADRUIMTE VIR ’N SPESIFIEKE UITGAWE. STUUR MEDIAVERKLARING EN

INLIGTING AAN: DIE VRYE AFRIKAAN: MUSIEK, POSBUS 1010, AUCKLAND PARK 2006, OF STUUR ’N

VONKPOS AAN MCCOSA@IBI.CO.ZA. POSITIEWE EN OPBOUENDE KOMMUNIKASIE IS ENIGE TYD

WELKOM, MAAR INDIEN DIT VIR PUBLIKASIE OORWEEG MOET WORD, MOET INLIGTING ONS ASSEBLIEF

MINSTENS SES (6) WEKE VOOR DIE PUBLIKASIEDATUM VAN ’N SPESIFIEKE UITGAWE BEREIK. –

BYVOORBEELD: INDIEN INLIGTING VIR DIE MAART 2007-UITGAWE OORWEEG MOET WORD, MOET DIT

ONS ASSEBLIEF TEEN 15 JANUARIE 2007 BEREIK.

Deur Herman van Niekerk

Omvangryke nuwe kunsfasiliteite

by die Universiteit van

Johannesburg

H

ierdie maand oorskry ons die musiekgrense so effe

om ook te berig oor die nuwe fasiliteit vir die

Fakulteit vir Kuns, Ontwerp en Argitektuur aan die

Universiteit van Johannesburg (voorheen RAU).

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) spog

tans met twee omvattende nuwe kunsfasiliteite – die

een het pas sy eerste verjaardag gevier, en die ander

word op 1 Desember 2006 ingewy deur dr Nicky

Oppenheimer.

Ons praat natuurlik van die nuwe kunstesentrum

van die UJ – wat in Oktober vanjaar sy eerste

verjaardag gevier het, asook die nuwe doelontwerpte

gebou vir die Fakulteit Kuns, Ontwerp en Argitektuur

aan die Universiteit van Johannesburg.

Die Fakulteit vir Kuns,

Ontwerp en Argitektuur (ook

bekend as FADA) het in 1926

tot stand gekom met nie minder

nie as 120 deeltydse studente

en 50 voltydse dosente – tóé

bekend as die Skool vir

Kunsvlyt – destyds bedryf as ’n

departement van die Witwatersrand

se Tegniese Instituut –

en later bekend as die Tegniese

Kollege van die Witwatersrand.

En nou vir die eerste

keer in 30 jaar is al die

departemente van FADA onder

een dak. Die verskillende

departemente wat die Fakulteit huisves, sluit in

Keramiekontwerp, Industriële Ontwerp,

Juweliersontwerp en Vervaardiging, Skone Kunste,

Multimedia, Grafiese ontwerp, Argitektuur,

Binnehuisontwerp asook Klereontwerp.

Die nuwe Fakulteitgebou is op die Buntingwegkampus

van die Universiteit van Johannesburg.

’n Publikasie oor die geskiedenis van

kunsonderrig in Johannesburg word later vanjaar deur

die UJ uitgereik.

Volgens Jeremy Rose van Mashaben-Rose

Argitekte was die doel van die ontwerp van die nuwe

Kunstesentrum om op die kunste te fokus, en nie op die

gebou nie. Die gebou het onder meer ten doel om die

raamwerk te bied waarin die kunste kan plaasvind en

waargeneem kan word.

Hierdie baie moderne Kunstesentrum –

bestaande uit ’n teater en kunsgalery – op die

Kinsgwaykampus van die UJ is verlede jaar ingewy.

Twee opdragwerke het tydens die inwyding van

die sentrum plaasgevind: Strijdom van der Merwe se

landskapkunswerke getiteld

Boodskap van die Suidelike

Aarde, asook Niel van der

Watt se Mis, Missa De

Meridiana Terra – of dan

Mis van die Suidelike

Aarde – is deur die UJ

Kingswaykoor uitgevoer

saam met lede van die UJ-

Dansgeselskap.

Die Kunstesentrum

bestaan uit ’n kunsgalery

asook ’n 435-sitplek-teater

(wat ook intiemer aangewend

kan word met 270

sitplekke) met volledige

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 59
fasiliteite wat onder meer insluit ’n orkesput, ’n ‘fly

tower’ met 240 ligte en 30 balke, klankstelsel,

kleedkamers, repitisielokale, administratiewe

fasiliteite, asook ’n foyer met koffiewinkel,

dranktoonbank, store en ’n spesiale parkeerruimte vir

konsertgangers. Vanjaar is daar omvattende uitvoerings

aangebied soos byvoorbeeld huldigingsuitvoerings vir

die NP van Wyk Louw-herdenkings, ’n seisoen van

David Kramer en Taliep Petersen se Ghoema,

studenteproduksies soos Jump for Joy (Ian von

Memerty), West Side Story en Metamorphoses.

Vir 2007 word die sentrum weereens gebruik vir

die jaarlikse Dance Umbrella; daar is ook die

vooruitsigte dat ’n nuwe musiekblyspel vir die UJ

Sang- en Dansgeselskap geskep word deur die bekende

Ian von Memerty; die bekende dramaturg, Paul

Mpumelolo Grootboom is besig met ’n nuwe werk vir

die UJ Dramageselskap, en dan sal ’n

nuwe produksie van die Ballet Teater

Afrikan ook in 2007 op die planke

wees.

In die kunsgalery het die

volgende uistallings in 2006 plaasgevind:

Die Keiskamma Altaarwerke,

beeldhouwerke van Angus Taylor

asook ’n retrospektiewe uitstalling

van Paul du Toit.

Inligting oor die UJ-

Kunstesentrum is beskikbaar op

www.uj.ac.za/artscentre, en navrae

kan gerig word aan Ehllené by

011.489-3058.

Van alles en nog wat

Van hier rond en van oraloor…

• Deon van der Walt

Op Woensdag 29 November 2006 sal dit ’n jaar wees

dat die liriese tenoor, Deon van der Walt, oorlede is.

Die CD, Dichterliebe – wat ’n geruime tyd nie maklik

in Suid-Afrika bekombaar was nie … is nou weer hier

verkrygbaar. Op die CD sing Deon van der Walt

liedere van Brahms, Liszt en Schumann en word hy

begelei deur Charles Spencer. Opnames is onder meer

beskikbaar vanaf Salon Musiek in Pretoria (012-

3463474) en ook by www.themusicstore.co.za.

Dichterliebe – Lieder nach Gedichten von

Heinrich Heine. Brahms, Liszt en Schumann. Deon van

der Walt (tenoor), Charles Spencer (klavier).

Nightingale NC 071060-2.

• Sting blaas nuwe asem in (stok-)ou komposisies

Wie sou ooit kon droom dat die klassieke Deutsche

Grammophon-etiket eendag pa sou staan vir Sting? Dit

het pas gebeur met die uitreiking van Sting se

vertolking van die komposisies wat 400 jaar gelede

deur die Elisabethaanse komponis/sanger/luitspeler,

John Dowland (1563-1626), gekomponeer is.

(Dowland se geboorteplek is onseker – Londen of

Dublin. Hy het in 1595 studeer aan

die Vatikaan; het ook tyd

deurgebring in Parys en ook vir

Christian IV in Denemarke gewerk.

Sy eerste musiekpublikasie First

Booke of Songes het in 1597

verskyn. Hy is in Londen oorlede).

Songs from the Labyrinth is

pas uitgereik en het reeds nommer 1

status bereik op die sogenaamde

Klassieke treffersleer van Kanada,

Frankryk, Duitsland, Hong Kong,

Ierland, Mexiko, Noorweë, Swede,

die Verenigde Koninkryk en die

VSA.

Sting voer hierdie

komposisies uit met begeleiding deur

Edin Karamazov op die luit.

Sting sings Dowland: Songs

of the Labyrinth, DG 1703139.

Inligting vir hierdie rubriek word onder meer voorsien

deur MCCOSA (Die Musiekkommunikasiesentrum van

Suider-Afrika). Die samesteller is Herman van

Niekerk – mccosa@ibi.co.za en Posbus 1010,

Auckland Park, 2006 Suid-Afrika.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 60
• Hoor en Sien

Willem Boshoff:

“Ek voel ’n drang om ondeund te wees”

TEN TYE VAN SY DOOD OP 15 SEPTEMBER 2006

WAS STEFAN LOUW BESIG MET WAT SY LAASTE

BYDRAE VIR DIE VRYE AFRIKAAN SOU WEES: ’N

ONDERHOUD MET SUID-AFRIKA SE VOORSTE

KONSEPTUELE KUNSTENAAR, WILLEM BOS-

HOFF. MET BOSHOFF SE HULP KON DIE

ONDERHOUD VOLTOOI WORD, EN PUBLISEER

ONS DIT NOU HIER.

D

ie Vrye Afrikaan: Hoe verstaan jy die

verhouding tussen woord en beeld in jou kuns?

Willem Boshoff: Eerstens skenk ons natuurlike

moeder geboorte aan ons. Maar ons is nooit volledig

gebore nie. Ons taal, oortuigings

en gewoontes word

stadig vir ons gebore wanneer

ons met ander omgaan,

wanneer ons onderrig word,

en deur fisieke ervaring. Ons

is altyd op die leerspeelgrond.

In my werk soek

ek bloot na andere wat met

my kan ‘speel’, of probeer ek

om andere te kry om met

mekaar te ‘speel’, veral dié

wat nog altyd geweier het

om met mekaar te speel. My

veld is vol kunsgraduandi

met bedrewenheid in visuele

bewustheid, en ek mik

daarop dat blinde mense

hulle kan help om te sien.

Ek skryf woordeboeke

om strikke te stel vir

diegene met ekspertkennis

van die Engelse taal. Hulle

brei die aksioma ‘taal is

mag’ uit tot absurditeit.

Hulle mag maak hulle sowel

begeerlik as uiters lelik.

Onder hulle kom ’n mens feitlik nooit iemand teë wat

’n tweede Afrikataal kan praat nie. Verder identifiseer

ek sterkpunte onder die Suid-Afrikaanse bevolking wie

se eerste taal ‘swart’ is. Hulle sterkpunte is 1) dat hulle

baie dikwels Engels met ’n gebroke aksent praat en 2)

dat hulle almal byna altyd lees en skryf. Ek plaas dan

die moeilikste, gedateerde of uitgestorwe Engels binne

volle openbare sig met verduidelikings geskryf in hulle

Afrikatale. Daar is geen monopolie op die Engelse taal

nie. Sy idiosinkrasieë en genietinge is nie slegs vir ’n

paar akademiese verligtes nie. Die ou tannie wat

papajas en aartappels op die straathoek verkoop, is dan

in staat om die Engelse akademikus te help veral ’n

akademikus wat in die Engelse taal spesialiseer – om ’n

bietjie ‘onmoontlike’ Engels te leer. Ek voel ’n drang

om ondeund te wees in my werk. Om subversief te

wees in so ’n mate dat ek ’n taalterroris is.

In die verhaal van die bruilof (Mattheus 5) daag

die genooide gaste nie op nie. My algemene

‘kunspartytjie’ is vir onwaarskynlike gaste van die

snelweë en ander onwaarskynlike plekke. Ek probeer

niemand verkleineer nie – die fisiese werklikheid van

klip, glas of ander materiaal dien as die matrys van my

teks en is bedoel om die ys te breek. Om ’n glimlag vir

die gekheid van ons ‘presieuse’ terminologie en ander

nuttelose togte te ontlok. Niks is veilig nie. ’n Goeie

skeut sinisme is nuttig wanneer ons besig is met die

heilige koeie van God, die

Bybel en heersende politieke

of filosofiese vooroordele. As

God ’n greintjie boosheid in

Hom het, is dit werd om na te

jaag eerder as om verstrik te

raak in ’n web wat Sy sogenaamde

onfeilbaarheid uitbeeld.

As Hitler ’n greintjie

goed in hom had, is dit werd

om te verdedig teen ’n

warboel leuens wat (selfs al is

dit met ‘goeie’ rede) oor sy

boosheid versprei word.

Moraliste is nie meer menslik

nie. Menseregte vooronderstel

dat ‘andere’ nie menslik is nie

en niks van regte weet nie.

DVA: Watter sentimentele

lading het Afrikaans en die

breër Afrikaanse wêreld vir

jou?

WB: My ma het my

Afrikaans geleer – ek is lief

daarvoor en trots daarop. Ek

glo dat as ek toegelaat word

om met andere te praat wie se moedertaal ook

Afrikaans is, ek net so bekoorlik, samehangend,

gesaghebbend, poëties en sjarmant as sprekers in die

wêreld se grootste tale kan wees. Op skool is ek geleer

dat Afrikaans die wêreld se jongste moderne taal is en

dat dit baie van die grammatikale ‘probleme’ van

gevestigde Europese tale te bowe gekom het.

Ek het deur die slegte jare van apartheid geleef

en het talle male gesien hoe my Afrikaanse taal, die

wêreld se jongste, tot pulp geslaan is. Almal wat ek

vanaf my jeug geken het – en ek het eintlik maar net

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 61
Afrikaners geken – het geglo dat Afrikaans sou gedy as

een van die groot tale met sy eie letterkunde,

grammatika en plek. Maar Afrikaans het die taal van

die verdrukker geword – van die

Afrikanerapartheidsopportunis – en sodanig het dit

vuisvoos geword nog voor dit sy merk op die

wêreldtoneel kon maak. Die merk wat dit gemaak het,

is dié van ’n ongewenste gewetenlose, die wêreld se

jongste taalboelie. Ek is regtig verslae oor hierdie

onderskeid en as gevolg daarvan word ek geleidelik

getrek om te praat en te skryf in die taal van my

voormalige vyand – Engels. Ek probeer ook desperaat

om ’n swart taal te leer – Zoeloe.

In die twee kunswerke, FALLEN 2-LETTER

WORDS en FALLEN 3-LETTER WORDS, bring ek

paradoksale hulde aan ’n gestrande taal. Die

eenvoudigste Afrikaanse woorde, bestaande uit twee en

drie letters, se vlerke is gesmelt en hulle tuimel soos

Ikarus uit die lug om deel van die sypel en gly van die

oseane te word – gevalle, gebroke en uitgespoel.

DVA: Hoe verstaan jy die verhouding tussen taal en

gemeenskap in die algemeen?

WB: Diegene in eentalige en eenkulturige

samelewings sien ander mense wat nie soos hulle(self)

is nie dikwels nie as werklik en grondig verskillend

nie, nie as die ‘radikale ander’ (Derrida se tout autre)

nie, maar eerder as blote weergawes van hulleself, en

gewoonlik dan ook minderwaardige weergawes.

Eweneens word diegene wat ’n dominante taal as

tweede (of selfs derde) taal praat, soos wat die norm in

Afrika is, en onvermydelik met ’n ‘ongewone’ aksent

praat, beskou as onopgevoed, onintelligent of selfs

skuldig aan een of ander perversie of geheime agenda.

Hierdie sprekers word meestal onderwerp aan die

maklike oplossing van assimilasie gewoonlik gevolg

deur irredentisme.

Diegene wat in veeltalige en multikulturele

samelewings woon, skyn ’n sekere intuïsie te deel oor

die dikwels koverte magsverhoudinge wat versteek is

in die alledaagse en oënskynlik eenvoudige handeling

van wedersydse kommunikasie. Dit is nog meer die

geval as ’n mens se moedertaal toevallig ’n

minderheids- of kwesbare taal is. Diegene wat in

eentalige samelewings, of in die veilige kokon van ’n

groot wêreldtaal as hulle allesomvattende ‘taalwêreld’

woon, bevraagteken nooit, of sien nie eens die lot raak

van diegene wat hulle ‘gedagtes moet vertaal’ voor

hulle dit kommunikeer nie. Maar soos ons al so

dikwels in Afrikasamelewings gesien het, kan hierdie

selfde ‘tonggeknoopte’ mense binne die gemak van

hulle eie moedertaal ewe poëties, omvattend, bekoorlik

en oortuigend as die beste sprekers in enige van die

wêreld se groot tale wees.

My werk by die Universiteit van Johannesburg,

KRING VAN KENNIS (foto) – ’n klipsirkel bestaande

uit elf groot granietrotse, gepoleer en beskryf met elk

van ons elf amptelike tale, verskaf ’n forum vir

sprekers van al Suid-Afrika se tale. Dit is opgerig op ’n

tydstip toe Suid-Afrikaners nie meer institusioneel

geskei was nie en ons begin het om mekaar – hoe

tentatief ook al – te ontdek. Die klippe is beskryf met

hoogdrawende, pedantiese ‘-ologies’ en ‘-isms’ in

Engels (´n opsetlike en ironiese hoek op die

Skrifgeleerdes in die Bybelse verhaal van die ontroue

vrou – is die universiteitsowerhede nie die bewakers

van kennis soos die Skrifgeleerdes was nie?). Ofskoon

die woorde Engels of van Engels afgelei is, is hulle

verduidelikings in ons ‘ander’ tale. As ’n

Engelssprekende die klippe wil ontsyfer, moet hy of sy

die geselskap of bystand van ’n voormalig benadeelde

spreker opsoek.

Klipgooiery was eens ’n desperate manier vir

benadeelde Suid-Afrikaners om hulle ontevredenheid

met hul politieke lot aktief te demonstreer. Maar anders

as die klippe in die ouer klipgooiverhale is die klippe in

KRING VAN KENNIS so swaar – met ’n gemiddelde

gewig van drie ton elk – en bevat hulle so ’n oorlading

van intellektuele bagasie, dat hulle nie geskik is om

enigiemand mee te gooi nie. In plaas daarvan vorm

hulle ’n kring sitplekke, ‘pseudo-akademiese stoele’,

waarop sprekers van alle tale kan sit en vriendskaplik

met mekaar verkeer.

DVA: Sou jy jouself beskryf as ’n argivaris en

indien wel, met die oog waarop?

WB: Ek is ’n kunstenaar en ek ken die waarde van

weggegooide dinge, van arte povera en uiterste

hopeloosheid. Ek glo teen geloof in dat Afrikaans in sy

huidige toestand as opdrifsel van ’n politieke ramp ’n

beter kans as een van die wêreld se groot tale staan om

‘bevry’ te word, beter as toe dit selfgeldend en gemeen

was.

Kolonialisme in Afrika was reeds die getuie –

indien nie die oorsaak nie – van die uitsterwing of

amperse ondergang van kleiner Afrikatale soos San,

Khoisan, Khoekhoen, Nama en Griekwa. Terwyl die

koms van die kuberruim en die massamedia oënskynlik

‘die wêreld verenig’, verhaas dit tans die verlies van

kleiner tale weens die dominansie van supertale in

hulle volskaalse poging om eerste gehoor te word in ’n

steeds groter en harder wêreld. In die groot taaltwis

kwyn die wêreld se kleiner taalgroepe nie net tot

vaagheid nie, maar tot uitsterwing toe. Daar word

algemeen voorspel dat ons binne ’n eeu slegs ’n paar

groot oorblywende tale mag hê. My werk handel

hoofsaaklik oor hierdie verlies. Dit wys na ’n

rampsalige uitsterwing van ’n volk se kollektiewe mite

as hulle dit nie meer mondeling deel nie.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 62
Die Vrye Afrikaan (www.vryeafrikaan.co.za) word uitgegee deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings

(FAK). Dit verskyn elke derde Vrydag van die maand, met inbegrip van die Afrikaanse mini-uitgawe van Le Monde

diplomatique. Intekening kos R30 per maand vir die papieruitgawe, en R20 per maand vir die elektroniese uitgawe.

Rig korrespondensie aan Die Vrye Afrikaan, Posbus 675, DURBANVILLE, 7551 of aan

redakteur@vryeafrikaan.co.za.

Redakteur: Johann Rossouw, skrywer en spesialis in die filosofie van die tegniek, navorsings- en

kommunikasiebeampte van die FAK.

Redaksionele raad:

Carel (iv) Boshoff, gemeenskapsaktivis van Orania en skrywer van tientalle akademiese en koerantartikels

Pieter Duvenage, besoekende professor in filosofie aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, Port

Elizabeth en skrywer van onder meer Habermas and Aesthetics

Hermann Giliomee, buitengewone professor in geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch en skrywer van

onder meer Die Afrikaners

Danie Goosen, mede-professor in godsdienswetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika, voorsitter van die FAK

en skrywer van tientalle akademiese en koerantartikels

Roland Henwood, lektor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Pretoria, ondervoorsitter van die FAK en

mederedakteur van Hydropolitics in the Developing World: A Southern African Perspective

Kallie Kriel, verantwoordelik vir Solidariteit se Gemeenskapsalliansie en mederedakteur van Struggle Rugby

Lawrence Schlemmer, direkteur van die Helen Suzman-stigting asook Markdata en mederedakteur van onder meer

Kruispad

Marinus Schoeman, medeprofessor in filosofie aan die Universiteit van Pretoria en skrywer van Generositeit en

Lewenskuns: Grondtrekke van ’n post-Nietzscheaanse etiek

Redaksie:

Elirea Bornman, mede-professor in kommunikasiewetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika, spesialis in

kwessies van etniese en maatskaplike identiteit

Francois Bredenkamp, navorsingsdirekteur van die Garankua-kampus van die Tshwane University of Technology,

spesialis in Middeleeuse Bisantynse politiek en vertaler van Markus Aurelius se Bepeinsinge

Ampie Coetzee, emeritus-professor in Afrikaans aan die Universiteit van Wes-Kaapland en skrywer van onder meer

’n Hele os vir ’n ou broodmes

Heilna du Plooy, professor in Afrikaanse en Nederlandse Letterkunde op die Potchefstroomse kampus van die

Noordwes-universiteit en skrywer van onder meer die digbundel In die landskap ingelyf

Amanda du Preez, senior-lektor in beeldende kunste aan die Universiteit van Pretoria en mederedakteur van South

African Visual Culture

Deon Geldenhuys, professor in politieke studies aan die Universiteit van Johannesburg en skrywer van onder meer

Internasionale Isolasie: Suid-Afrika in vergelykende perspektief

Koos Malan, mede-professor in regte aan die Universiteit van Pretoria en spesialis in regsfilosofie, staatsreg en

minderheidsvraagstukke

John Miles, skrywer van Die Buiteveld en etlike ander romans

Desmond Painter, lektor in sielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch en spesialis in maatskaplike en kulturele

sielkunde

Hans Pienaar, digter, dramaturg en joernalis verbonde aan die Independent-groep

Dioné Prinsloo, senior-lektor in geskiedenis aan die Universiteit van Suid-Afrika en spesialis in die geskiedenis van

vroue in Suid-Afrika in die 20ste eeu, asook Afrikaanse kultuur

Redaksiesekretaresse: Sarie Marais, 012-326-8646,

Taalversorger: Susan Roets

Uitlegredakteur: Hermien Brits

Kunstenaar: Elsabe Milandri

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 November 2006 | BLADSY 63