03.03.2013 Views

Patch Work Paper Craft - Inspirasie

Patch Work Paper Craft - Inspirasie

Patch Work Paper Craft - Inspirasie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die menings wat in Inspirasie uitgespreek word, is nie noodwendig dié van die redaksie

nie. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir onjuisthede nie, alhoewel ons alles in ons

vermoë doen om te verseker dat die inhoud feitelik korrek is. Alle regte voorbehou

Vir ons nuwe lesers: Kliek net op die artikel se naam en dit sal u na die artikel neem. Om

terug te kom tot by die Inhoud kliek net op die pyltjie bo aan die blad

Inhoud

Uit die pen van die Redaktrise

Evan jou vriendin in Jesus

Briewebus

Die versaakte generasie

My lewe in ’n tee koppie

Plekke om te besoek

Die dood is nie altyd so sleg nie

Prontuit Gesondheid

My gebed aan elkeen

Sag oppie tong

Tracy-Lee’s Arts and Craft

Ontmoet vir Brokkel en Bam-Bam

Die hartjie

In gesprek met: MK Kunstenaar

Leef jou droom

Cansa gee raad

Lig op my Akker

SOOS ’N DIEF IN DIE NAG

Tiener dinge

God wéét

Hartseer in ’n koevert

Angel

Kinderhoekie

Die donker wolk se rede

Gelapte stukkies vel

Is die tyd ooit reg

Inspirasie blad

Hallo al my liewe Inspirasie lesers

Uit die pen van die Redaktrise

Dit is dalk ’n ietwat van ’n morbiede tema wat ons hierdie maand

het, maar hiermee wil ons u weereens net verseker dat ons hier by

Inspirasie u hartseer en belange ter harte neem. Niemand kan ooit

die hartseer oor die verlies van ’n geliefde verklaar of vertroos nie.

Daarmee kan net Jesus alleen ons help. Net Hy kan aan u ’n

helpende hand verleen in so ’n seer tydperk! Net Hy kan u uit die

donker put van weemoed trek.

Daar gebeur soveel dinge in ons lewe wat vir ons soos die dood voel. Egskeiding, die

verloor van ’n ledemaat, al jou besittings verloor, leë nes sindroom ens., Daar is te veel

om op te noem. In hierdie maand se Inspirasie deel ons in ander se pyn en lyding en hoe

hulle daarmee vrede gemaak het, Niemand van ons weet wanneer die “dood” aan ons

deure gaan klop nie. ’n Mens is, kan nooit te seker wees dat dit nie met jou sal gebeur nie.

Ons is ook nie voorbereid op enige seer wat vir ons kan lê en loer nie. Ek hoop dat u in een

van ons mense se verhale vertroosting sal vind Verder het ons ’n nuwe dametjie wat ons

skoonheid in baie ander aspekte gaan aanpak. So dit is beslis iets om na uit te sien.

Hierdie maand maak ons kennis met LOMA. Lig op my Akker. Hierdie mense werk in ’n

fantastiese groep mense oraloor om vir die hulpbehoewendes te sorg. Hierin vra hulle u

hulp en bystand, want met u hulp kan hulle soveel meer vermag. Maak asseblief julle

harte oop en baklei saam teen die stryd van armoede.

Hier en daar mag u dalk ’n artikel vind wat ’n bietjie lank is, maar party het meer woorde

nodig om hul sê te sê as ander, maar die artikels is baie interessant. Lees dit met die

grootste vrymoedigheid. Dan wil ek my lesers vra om asseblief so ’n bietjie met ons te

gesels. Vertel ons waarvan u hou en nie. Wat u wil sien en nie. Ons wil graag aan elkeen se

smaak voldoen. Dit is net ’n e-pos vêr of sommer net ’n boodskappie in my Gesigboek se

posbus. Onthou ons e-pos is inspbriewebus@gmail.com. Sien uit daarna om van u te hoor

Dan is dit ook vir my en die Inspirasie span ’n groot genoeë om ons Moedersdag

kompetisie se wenner aan te kondig. Michelle Terreblanche. Baie geluk Michelle. Jy kan

eersdaags jou prys opeis en geniet dit.

Hartlike Inspirasie groete tot volgend maand

Elsabe.

Job het sy klere geskeur, sy hare afgeskeer. Daarna het hy op die grond gaan lê.

Aan wie se deur kon die dood meer geklop het as aan Job

s’n. ’n Tragiese, traumatiese verhaal van ’n man wat alles

verloor het. Job was ’n Godsman duisend en het kwaad

vermy. Hy het nie die einde van sy skatte geken nie.

Welvarend, geseënd met sewe seuns en drie dogters. Hy

het seweduisend stuks kleinvee, drie duisend kamele, ens.

gehad. In ons taal was hy dus ’n baie baie ryk man.

Tot daar eendag ’n ander wese tussen die hemelwesens

voor God opgedaag het. Die duiwel. Jesus het aan hom gesê

om sy praat te praat en toe sê die duiwel vir Hom. “ Ek het

die wêreld deurkruis.” Jesus vra toe vir hom of hy vir Job

raakgesien het en gaan vêrder: “ Sy gelyke kry jy nie op

aarde nie. (Wat ’n besonderse eer moes dit nie Job gewees het nie) Hy is vroom en opreg.

Hy dien My en vermy kwaad. Vir die duiwel was dit summier ’n uitdaging en hy is aarde

toe om by Job te gaan aanklop, want hy was vas oortuig dat Job God sou verlaat as hy al

sy besittings, sy rykdom en sy familie sou verloor. Die duiwel wis alles uit. Hy los niks oor

nie. Nie Job se vee nie, nie sy rykdom en eer nie ook nie sy familie nie. Hy los net vir Job

agter om te ween oor sy verlies. Wat het Job gedoen by aanhore van hierdie verskriklike

nuus.

Job het sy klere geskeur en sy hare afgeskeer. Toe het hy op

die grond gaan lê en gesê: Sonder iets het ek in die wêreld

gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee

en die Here het geneem. Prys die Naam van die Heer.

My liewe menses, glo my, vir ons as menslike wesentjies, is

dit seker die moeilikste ding om te doen by traumatiese

gebeure. Ons vraag is altyd. Waar was God toe dit gebeur

het. Hoe kon Hy dit toelaat. Die seer en moedeloosheid,

die verslaenheid het ons blind en doof gelaat, maar as ons

mooi kyk en luister sal ons God se hand om ons s’n sien.

Ons sal hoor hoe hy ons onderskraag en sê. Moenie

bevrees wees nie, Ek is met jou. Met my eie hand sal Ek jou red. Soos Hy my gered het en

onderskraag daardie middag toe die “dood” aan my deur kom klop het. Toe dit vir my

kom sê het my pragtige 17jarige seun was in ’n motorfietsongeluk en vir die res van sy

lewe in ’n rolstoel sou moes deurbring. Dit is nou 11jaar later en met Jesus aan my sy kon

ek die hartseer en trauma verwerk. Ek was toe nie eers ’n Christen nie, maar daar langs

my kind se hospitaalbed het ek letterlik gevoel hoe hy

my hand geneem het en my deur die hele aanvaarding

en vrede proses gelei het en sedertdien het Hy my hand

nog nooit gelos nie. Hy lei my nog steeds. Al sien ons

nie die sin van alle seer en trauma nie, versorg Hy ons

liefdevol tot ons heel is en sê: “Prys die Naam van die

Heer.

Job het deur sy hel geleef en getrou gebly en die Here

het hom veelvoudig geseën en die duiwel kwaai op sy

neus laat kyk, want selfs op die ashoop kan jy oorwin

met Jesus aan jou kant.

Jy het super genade nodig. Nie verwerping nie.

Nie verwyte nie. Nie kritiek nie. Genade wat

stukkende mense weer heelmaak. Genade wat

jou weer laat glo. Genade wat weer die mooi in

jou wakker maak. Genade is jou energieinspuiting.

Jy sal weer spring en dans en lag. Jy

sal die Here weer uitbundig loof en prys. Hy trek

jou doodskleed uit en trek vir jou feesklere aan.

Dis die krag van die super genade van God.

(Hansie Smit )

Hallo tannie

Joanie is my sussie. Ek, my boetie, my mamma & my pappa is baie lief vir haar. Ek &

Joanie baklei nooit, maar my boetie Benno & Joanie baklei baie. Joanie is gestremd. Sy het

nie 'n Kleinbrein nie & haar Grootbrein het skade gekry, want my ma was siek toe Joanie

in haar maag was. Joanie kan nie loop nie, maar sy is besig om te leer hoe om te loop. Sy

kan ook nie soos ek praat nie, maar leer baie nuwe woorde. Sy

is die beste sussie in die hele wêreld! Ek sal haar nooit verruil

vir enigiets nie. Dis lekker om met haar te speel & sy is baie

kielierig. Veral op haar magie. Joanie is die beste in die hele

weste

Van Janique

10jr

’n Huldeblyk aan ’n sussie

My liefste sussie is van my weggevat, my hart is uitgeruk en

ek het geen benul hoe ek gaan lewe sonder jou nie! Jy het my

lewe opgehelder, jy’t my laat lag, laat huil, jy’t my skoene

gedra en ek hulle punte afgedans, jy was my sussie en die

beste ene ooit! Ek het niks woorde nie, ek gaan jou vreeslik

mis met my hele hart en siel! My sussie!!!!

Chantelle

Die versaakte generasie.

Elize Bezuidenhout

“Hoekom Tannie? ”hy kyk met sy groot blou oë na my. Ongeloof, vrees hartseer alles

gemeng in die poele. “Hoekom?!”skree sy ma ten hemele…my hart breek in stukke en

voor ek kan keer rol die trane oor my wange. Ek verstaan

self nie. Hy het alles gedoen wat ons, ons kinders elke dag

leer: praat en vertel tot iemand luister en hy het…

‘n Welbekende , aanstaande sakeman in die gemeenskap,

wat voor in die kerk gesit het, en oral bekend was vir sy

omgee het hierdie seun van twaalf jaar, sy vriend gemaak,

sy vertroueling, die een wat omgee. Net om om te draai en

sy onskuld weg te vat. Hy het hom ryp gedruk soos jy ‘n

avokadopeer elke dag voel en druk of dit ryp is om geëet te

word. Sy hele kind wees is weggevat na maande van grooming…die seer, ongelooflik, die

letsels herstelbaar, die ongeloof in ons regstelsel…ongeneesbaar. Die oortreder is vry, vry

om rond te loop, vry om weer “maats “te maak. Die rede? Die docket is weg en die hof het

besluit dat hy nie weer aangekla kan word nie.

Honderde kilometers verder hoor ons die trots in hulle stemme: “Ons gaan los kom, die

ondersoekbeamptes daag nie op nie. Kyk ons is reeds op borgtog en dit terwyl almal

gedink het ons gaan dit nooit kry nie.!”

Nog ‘n paar honderd kilometer verder hoor ek:” Eish Mevrou, hulle bly saam met die

toordokter, aikôna ons gaan nie daar in nie.” Die klagte is erge verwaarlosing,

mishandeling en molestering. Dis die woorde van die maatskaplike werker wat die saak

ondersoek.

Honderde kilometers van mekaar verwyder maar al drie het

dieselfde storie…kinders se lewe is vernietig en hulle kom los,

want ons regstelsel faal ons kinders. Die maatskaplike werkers

is bang en wie kan hulle blameer. Om in ruwe omstandighede

in te stap, huis besoek te doen, kinders te verwyder en wie

weet wat skuil daar in die huis. Daar word op maatskaplike

werkers geskiet, hulle word gedreig en agtervolg en hulle is

BANG!!! “Is dit die dag wat ek nie terug kom nie ?” maal elke

dag deur hulle gedagtes. Hulle is overworked en very under

paid, maar almal verwag hulle moet hulle werk doen…en doen

hulle dit raak die docket weg, sleutelpersone daag nie op in die

hof nie en almal kyk na hulle as die skuldiges vry uitstap om die son te waardeer .

Wat het geword van ‘n land waar kinders en oumense eerste kom? Wat het geword van ‘n

land, ons land, waar kinders in die strate kan speel en kind wees?

As daar aan begrotings gesny word is die eerste plek die maatskaplike gedeelte.

Maatskaplike werkers se salarisse word tot die been gesny terwyl die saak lêers torings

vorm op hul tafels Maar dit verskoon hulle nie van huisbesoeke en sake ondersoek nie.

waar lê die skuld nou eintlik? By die regering wat maatskaplike werkers te min betaal; by

die maatskaplike werkers wat uitgebrand is; by die siek samelewing of by ons?

Almal ken : Ons kinders ons toekoms, maar as ons so aangaan is

daar nie meer kinders nie en ons toekoms sal verdwyn soos mis

voor die son…en dit omdat ons regstelsel ons kinders versaak.

Aan die ander kant versaak ons ook ons kinders: hoeveel keer

het jy al gehoor hoe ‘n ma of pa sy kinders vloek, jy sien hoe

hulle mishandel word…jy vermoed molestering…maar ons draai ons gesigte na die son,

want ons wil nie die skemer sien nie, ons wil nie die donker kant aanskou nie. Ons wil dit

nie herken nie. Hoeveel kinders word deur naaste familielede en vriende gemolesteer?

Die ouers vermoed, maar dink “wie hy , hy sal mos nooit so iets

doen nie?”

Ek dink aan die vrou van in haar vroeë vyftigs wat eendag totaal

en al ineengestort het…sy haat haar ma. Hoekom?? Maklik.

Mamma en papa was alkoholiste en hulle het elke naweek by

die “oom” gaan kuier. Die wonderlike oom het vir hulle gratis

drank verskaf en terwyl hulle so heerlik drink en dink alles is

honkey dory het hy haar gemolesteer en verkrag-elke naweek vir 2 jaar lank. Die ma het

een aand ingestap by die kamer waar die gawe oom besig was om haar te verkrag, maar

sy was te dronk om regtig te registreer en sy het uitgestap en die deur agter haar

toegemaak. Sy het jare later haar ma gekonfronteer net om te hoor-hy sal nooit so iets

doen nie jy lieg!!!

Volgende keer as daai stemmetjie in jou kop , wat elke keer eintlik die Heilige Gees is wat

jou attend maak, vir jou iets wys en sê: Kyk luister en DOEN IETS!!!

Met elke saak vir kindermishandeling, molestering, noem maar, op is die bure en ander

familie se woorde: “Ek het geweet of ek het vermoed iets is nie reg nie. As ek maar net

gevra het ; gerapporteer het”

Maar as is verbrande hout. Doen iets , rapporteer, praat, maar maggies doen iets…ons

kinders , ons toekoms hang daarvan af!!!!!!!!!! En wees wake up as iets te goed is om waar

te wees, as ‘n persoon te goed is om waar te wees. Dan is dit gewoonlik te goed om waar

te wees.

Mel Botes het ‘n lied geskryf vir Solidariteit Helpende Hand met die naam van Siels-

gebed en ek sluit af met die laaste woorde van die lied:

“Red ons kinders, RED ONS LAND.”

My lewe in ’n teekoppie

Sy staan in die middel van die arkade van ’n besige winkelsentrum en bekyk al die

bedrywighede om haar. Sy kom maar min hier. Haar

daaglikse sleur werkies en haar ander take hou haar

besig en het baie min tyd vir haarself. Hoe het haar

lewe so afgestomp geraak en hoe het dit gebeur dat

ander haar lewe so oorgeneem het. Dat alles net

altyd oor ander gaan? Om ander gelukkig te hou.

Sy moes net eenvoudig uit die huis wegkom.

Vanoggend druk die mure haar vas. Die paar sente

wat sy in haar broek se sak vasklem is al natgesweet

toe sy die bekende Supermark binnestap. Dit is besig

daarbinne en sy voel half uit haar plek. Mense stap met hoogvol trollies in die gange rond.

Sy kom voor die rak waar die skoonmaakmiddels uitgestal word,

Hope om van te kies, maar sy kan nie kieskeurig wees nie. Altyd

die goedkoopste handelsmerk is op haar lysie. Sy neem dit van

die rak en stap stadig na die betaalpunt Die dame voor haar pak

haar swaar gelaaide trollie uit. Sy merk al die

skoonmaakmiddels wat op die toonbank deurgly. Een na die

ander. Net die beste. Vir die badkamer, kombuis, vloere,

meubels, lugverfrisser, waspoeier. bleikmiddels, te veel om op

te noem. Sy kyk selfbewus af na haar pakkie in haar hand.

Hiermee moet sy alles doen. Die bad skoonmaak, vloere

skoonhou, wasgoed was en waar vlekke sit moet sy maar met

die hand probeer uitkry. Sy stap vinnig uit en gaan voor die groot venster van ’n bekende

koffiewinkel staan.

Haar blik gly oor die mense wat in die binnekant agter die glas sit. Hulle lag en gesels en

beduie terwyl stomende koppies koffie of tee voor hul neergeplaas word. Hier smul een

aan-aan ’n heerlike sny koek, daar een aan ’n ligte ontbyt. Dit lyk so gesellig. Hier in haar

lewe bestaan hulle stapelvoedsel meesal uit brood en eiers.

Sy wens sy het ’n vriendin gehad saam met wie sy so kon

kuier. Die vrou naaste aan die venster se hare is in ’n

netjiese en modieuse kapsel gesny. Selfbewus vat sy aan

haar eie hare. Dit is droog, die punte gebreek, sonder glans

in ’n poniestert agter haar kop vasgemaak. Sy vleg deur die

tafeltjies wat buite teen die muur staan. Wie doen hierdie

mense se daaglikse huiswerk, waar is hulle kinders. Hoe kry

hulle dit reg om in vandag se lewe nog so rojaal te lewe. Sy

stap by die ’n tafel verby en sy kan nie help om te hoor hoe

die een dame aan die ander sê dat sy verlore is sonder haar

skottelgoedwasser wat op die oomblik stukkend is. Sy kyk

af na die vrou se goedversorgde gekleurde naels en dan na

haar eie onversorgde hande. Haar naels is gebreek en haar

hand grof van in die water werk.

By ’n ander tafel hoor sy ’n vrou kla oor hoe moeilik dit met

hul gaan maar in dieselfde asem vertel sy ook van die

luukse ryding wat haar man nou gekoop het. Die vrou is

stylvol geklee en sy is seker daar sal is ’n bekende

handelsmerk op die kledingstuk wees. Sy draai haar gesig in

’n ander rigting en dink aan hul afgeleefde motortjie wat al

beter dae geken het en eintlik al in die museum hoort. Die

langbroek wat sy aan het se kleur is verbleik en haar skoene is besig om by die nate oop te

trek. Sy weet nie wanneer laas sy haar die weelde van ’n paar nuwe skoene kon toe-eien

nie.

Sy klim die paar trappies na die boonste terras net om te sien hoe ’n wel geklede man met

’n groep mense by ’n bekende eetplek se deur in verdwyn. Die laaste persoon se woorde

sny deur haar gemoed. “So goed van die man om sy werkers uit te neem vir ete.” Sy kry

seer as sy dink aan haar man. Hoe hard hy werk en onder watter omstandighede. Met ’n

minimum loon wat amper net genoeg is om hul huur huisie te betaal en dan moet baklei

om hart en siel bymekaar te hou. Sy verdwyn tussen die

magdom van mense op die sypaadjie. Beur haar weg terug

na haar huis. Terug na haar sleur werkies. om die hoek van

’n gebou staan twee jongmense en staar diep in mekaar se

oë. Sy kan nie help om terug te dink aan haar jong dae toe

alles nog sorgeloos was nie. Toe sy ook nog die gevoel van

romanse geken het nie, maar nou is dit weg. Nog net die

herinnering is daar. Die lewe het alles opgeslurp in die

stryd van voort bestaan. Die hoop op beter dinge het saam

met die mis voor die son verdwyn. Die trane wel in haar oë

op. Sy het die lewe vir haar so anders voor gestel.

Op die stoep van ’n bekende bank hoor sy hoe ’n vrou haar lot by ’n ander bekla omdat sy

feitlik nooit haar kinders en kleinkinders sien en vir die eerste keer daardie oggend besef

sy hoe gelukkig sy is. Haar kinders is oral om haar, sy sien haar

kleinkinders elke dag. ’n Effense glimlag vind haar mond se hoeke.

Iets wat sy lankal verleer het. Net voor sy die laaste draai na haar

huis vat hoor sy hoe ’n wel geklede vrou ’n boemelaar toesnou toe

hy haar om ’n aalmoes vra en dan in die boetiek verdwyn. Ek neem

my nat geswete kleingeld uit my broek se sak en gee dit aan die

boemelaar. Eintlik kon ek nie, maar ek wou en ek het. My hart voel

lig. want ek lewe!

CARTERS’ ARTS AND CRAFTS

Hoofstraat 8, Ou Kleuter land gebou, Moorreesburg

Ons is al 8 jaar in Moorreesburg en is so dankbaar om deel

van dié besondere gemeenskap te wees. Die mense hier

ondersteun ons op die wonderlikste manier, elke gesig is ‘n

welkome vriend. Die Swartland is een van die pragtigste

plekke in ons land, en ons sit sowaar in die hartjie daarvan.

Ons is een van daardie winkels waar u alles onder een dak kan kry - Kuns en Vlyt

Benodighede; Die mooiste handgemaakte Keramiek krale; Handgemaakte Geskenke;

Suiker kuns; Raamwerk; Kunsgalery; Tweedehandse boeke; en baie meer.

As u hou van kuns kan u gerus kom kyk na ons gallery waar ons skilderye vertoon en

verkoop van kunstenaars van ons dorp en gebied. Ons nooi ook kunstenaars van hierdie

mooi area om by ons te kom uitstal sodat die mense julle

werk kan waardeer en kan leer ken.

Meeste van die geskenke en items in ons winkel maak

ons self en die kennis wat ons so bekom het deel ons ook

graag met enigiemand wat advies nodig het. Ons gee ook

klasse kunsvlytenaars kan ook by ons aanklop om een tot

een klasse te reel sodat hulle individuele aandag kan

geniet. Die klasse is gewoonlik dan ‘n tyd waar ons saam

gesels, lag en mooi goed skep in ‘n informele atmosfeer.

As u professionele raamwerk soek is ons net die plek, hier kan u van eenvoudige rame tot

boks rame laat doen. Omdat ons self raam is ons diens baie vinnig en is bevoeg om u

advies te verleen en by te staan in u keuse van raam.

Vir die leser is daar ‘n verskeidenheid tweedehandse boeke

om van te kies en keur. Ons verruil dan ook en koop ook graag

ou boeke in.

Die eienaar, Elsje en haar dogter Paula kan gekontak word by

022 433 2244 / 072 877 5689.

Carters’ Arts and Crafts

Our shop is a haven for the tourist and visitor, where art by some of our own artists may

be viewed in the gallery and our handmade gifts and crafts may be bought. We supply the

materials for most arts and crafts, a framing division, second-hand books and also classes

for those wishing to learn about crafts. A restful atmosphere and friendly service is our

motto. We are situated in the Old Crèche building in the Main Road.

Dood is nie altyd so sleg nie.

Haai daar almal. Hoop dit gaan goed met julle almal en ek hoop ook dat julle nes ek hoop

dat die yskoue winter spoedig verby sal wees

Ek sit nou die dag en dink dink aan die heerlike warm somer dae van sonskyn en gesellige

aande om die braaivleis vuur. Die winter maak my soms so mismoedig en mistroostig en

tog weet ek dat dit nodig is. Ons het die reën en die koue nodig om weer balans in ons

wêreld te kry. Baie keer, wanneer ek by my rekenaar

op koue dae sit kom die gedagte van die dood by my

op

Ek weet dis nie altyd so lekker om aan die dood te dink

of om daaroor te praat nie .My simpatie ook aan ieder

en elk wat al daarmee te doen gehad het of iemand

aan die dood afgestaan het.

Aan die anderkant is dood nie so ‘n afskuwelike ding

nie en hier praat ek nie nou van ‘n fisiese dood van

iemand se geliefdes of vriende nie. Nee ek praat van ‘n

situasie of so iets.

Byvoorbeeld kan ek nie wag vir die lente om te kom nie en ek sien dus uit na die dood van

die winter al word dit volgende keer weer soortvan hergebore. Kyk nou net as daar ‘n veld

brand was .Die gras wat verskroei is, is dood, maar na ‘n tydjie kom daar weer nuwe

stingels uit en daar groei weer gras

Almal van ons was tog al in ‘n situasie of verhouding met iemand en as dit verby is en ons

besef dat die verhouding of situasie eintlik toksies was is ons dan bly dat dit verby is en

agter die rug is. Is dit dan ook nie die dood van ‘n situasie of verhouding nie. Baie keer

ontwikkel daar iets na die tyd wat nie vir ons sleg is nie en kan ons uit ons ondervindinge

leer en nie weer dieselfde foute maak nie.

Toe ek my sig verloor het was dit erger as fisiese pyn en dit was asof die wêreld waarin ek

gebly en gefunksioneer het dood gegaan het. Met tyd en deur hulp van wonderlike

vriende en familie is ek uit my kokon uit en was dit asof ek letterlik uit die dood uit

opgestaan het en ‘n nuwe begin gemaak het. Glo my jy mis

eers werklik iets in jou lewe as jy dit die dag verloor, maar

dit help nie om te gaan lê nie. Jy vind nuwe maniere om jou

uit te leef en jy leer om aan te gang en die beste van ‘n saak

te maak. Jy leer vining om te werk waarmee jy het en sit

jou hele hart daarin wat jy doen. So die dood is nie altyd so

sleg nie en kan jou soms help om jouself te vind en om jou

as mens sterker te maak. Dit hang net van die persoon self

af en wat die situasie n omstandighede is, want elke

situasie en person is uniek en verskil van mekaar al lyk dit

ook presies dieselfde vir ‘n buite stander.

Wel hier sluit ek vir eers af. Maak die beste van elke situasie en my simpatie aan die wat

hom/haar in ’n ervaring van hartseer bevind

Vriendelike Groete Ryno Herbert.

Prontuit Gesondheid

deur Corné Buitendag

In vandag se lewe is daar soveel hartseer wat ons op tye tref wat ons

dink ai Here U weet ek kan nie nog ‘n krisis hanteer nie. Dit is waar ons

verkeerd is want die Here sal nie iets op ons pad sit wat ons nie kan

deur maak nie .Die tye wat ons seker die meeste beproef word is in tye

van verlies van ‘n liefde, swaarkry, egskeidings en kleiner dinge wat

soos berge voel om oor te kom. Ons moet meer fokus om na ons self te

kyk. ‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. Kry ‘n gesonde uitkyk

op die lewe. Geestelike en liggaamlike gesondheid gaan gepaard en die

een ondersteun die ander. Kry ‘n goeie uitkyk op die lewe.

Mense wat met hartseer of verlies en selfs stress sit is geneig om

moeilik te onthou en deurmekaar te raak. Gee jouself kans om te

genees. Vat ‘n breek gee die liggaam en gees kans om te rus. Hartseer

is ‘n natuurlike antwoord op verlies. Dit is die emosionele lyding op

verlies of verandering. Elke persoon ervaar hierdie hartseer of verlies

op verskillende maniere. Party mense raak oor sensitief en angstig

ander toon weer geen emosies nie of hul gee glad nie om oor hul self

nie. Om hartseer , bang en alleen te voel is ‘n normale reaksie teenoor

verlies. Om te huil maak jou nie swak nie en jy hoef nie vir almal sterk

te wees nie. Wys jou ware gevoelens dit kan vir jou en dalk die mense

om jou help om makliker met hulle gevoelens te werk. Om die hartseer

en pyn te probeer ignorer maak dit net erger en so sal dit langer vat om

oor daardie hartseer gevoelens te kom. Ons moet die hartseer erken en

probeer om op ‘n gesonde manier oor dit te kom. Gee aandag aan jou

self en jou liggaam se behoeftes .Om deur hierdie hartseer en stress te

gaan is baie uitputtend en dit kan jou liggaam en brein uitput. Wees

geduldig met jouself .Nie almal huil wanneer hulle seer het nie en dit is

nie altyd nodig vir daardie spesifieke persoon om te huil nie. Hulle

hanteer seer op ‘n ander manier en dra daardie seer op ander wyse.

Hulle wys dit miskien nie maar vanaand agter toe deure worstel hulle

met hulself‘n Ander persoon moet nie geoordeel word omdat hulle rou

periode soveel korter is as wat party mense van hulle sal verwag nie.

Na dood vind iemand miskien weer liefde, vir jou is dit te gou maar

miskien help dit daardie persoon om makliker hul hartseer te verwerk.

Party mammas beweeg maklik aan na ‘n miskraam want hulle is reg om

daardie nuwe lewe te verwelkom hulle voel miskien daardie nuwe

baba sal help met die hartseer van die verlore baba. Dit klink vreeslik

maar hulle sal altyd daardie herinneringe by hulle koester en soms oor

hom of haar gesels met die nuweling om die herinneringe van die

verlore baba voort te dra. Mense wat geskei het en weer nuwe liefde

vind voel miskien hulle hartseer deur daardie persoon wat die

alleenheid en leemtes vul.

Mense beleef verlies op verskillende maniere party voel hulle is besig om mal te raak

ander voel dis net ‘n slegte droom en dat hulle gou gaan wakker word uit hierdie

nagmerrie.Mense twyfel dan soms in hul geloof. Gebruik jou geloof as

‘n kussing. Praat met die Here gesels elke oomblik met Hom en vra

Hom om hierdie hartseer van jou af weg te neem vra Hom om jou te

lei en dra. Bid gaan kerk toe om te verhoed dat jy wel in jou geloof

kan begin twyfel .Die rou proses kan ook gesien word as ‘n “roller

coaster” dit is op en af en dan voel jy op die 7de wolk en met een

herinneringe of gedagte val jy weer hard. Moeilike stadiums raak

minder met tyd. Dit vat baie tyd om hierdie stadium te haal .Jy kan

jare aan die hartseer werk maar met ‘n spesiale okkasie of troue selfs

die geboorte van ‘n kind kan die pyn weer deursyfer.

Mense wat terminaal siek is kan hierdie hartseer of rou anders

bevind. Party ontken die hartseer of situasie .Hulle raak kwaad en

soek iemand om te blameer vir dit wat gebeur die situasie raak vir

hulle te veel. Hulle probeer ‘n ooreenkoms met hulself en selfs God

maak om te se dat hulle sal meer kerk toe gaan of meer bid as Hy net

die siekte weg vat. Depressie is ‘n groot deel van die hartseer en

maak dat mense niks wil doen nie, nie wil reageer nie net in mekaar

wil sak. Na mense deur al hierdie fases gegaan het sal party dit

aanvaar en ander weer daar teen begin baklei.

Om die verskil tussen rou en depressie uit te ken is nie altyd maklik

nie aangesien hulle baie van die selfde simptome het .Met rou is jou

emosies op en af en is jy een oomblik gelukkig en op die ander baie

hartseer. Met depressie is die gevoel van leegheid en mismoedigheid

aanhoudend. Dit hou nie op nie. Daar is nie ‘n gevoel van geluk nie

die hartseer neem oor.

Wanneer ‘n verhouding of huwelik beëindig word is dit baie pyn vol

omdat dit die verlies van die gedeelde drome ook wys. Verhoudings

wat op ‘n hoe noot begin het, het baie hoop vir die toekoms gehad.

Wanneer sulke verhoudings eindig bevind ons baie teleurstelling,

stres en hartseer. Jou hele roetine, huis en verhoudings met die

familie of vriende word om ver gegooi met ‘n mislukte huwelik of

verhouding. Dit bring die onbekende na jou toekoms en maak ons

bang. Ons is bekommerd of ons wel iemand anders sal vind? Gaan

ons alleen op eindig? Al hierdie onbekende vra is vir ons erger as ‘n

ongelukkige verhouding of huwelik.

Dit is moeilik met die resessie en die dat daar soveel mense is wat

nou hulle werk moes verloor. Daar kan miskien armoede of swaarkry

volg wat mens kan laat sleg voel of selfs in ‘n depressie laat gaan. In

sulke tye sal daar moeilike keuses volg ‘n keuse of daar kos geëet gaan word en of die krag

betaal gaan word. Daar word dan ook gekies of die kar reggemaak moet word om werk

toe te gaan of daar dokter toe gegaan moet word oor die verkoue wat net nie gesond wil

word nie. Baie van hierdie besluite is moeilik en veroorsaak baie pyn. Vir party mense is

dit ‘n geveg na oorlewing elke dag .In die rolprent The Pursuit of Happiness is dit ‘n

gewone man wat sy werk verloor en dan veg vir oorlewing. Hy doen

alles moontlik om ‘n beter lewe vir hom en sy seun te hê. Hy baklei

fisies en emosioneel. Op die einde kom hy bo uit. Baie mense werk om

bo te wees en die beste posisie te bereik. Mense wat in armoede leef

se enigste gedagte is om te leef van dag tot dag. Hulle het nie ‘n droom

om die beste te wees nie maar net om nog ‘n dag kos op die tafel te sit.

Stres is ‘n groot deel van armoede en hulle bid en hoop dat hulle hulle

werk sal behou.

Wanneer jy deur armoede gaan weet jy is nie alleen nie daar is nog

soveel ander mense wat deur die selfde situasie gaan. Soms dink ‘n

persoon net aan oorlewing maar soms moet mens ‘n tree terug gee en

kyk wat die groter prentjie is en wat in die toekoms kan wees .Daar is

meer in die lewe as geld. Al gaan dit swaar maak moeite vir daardie

verhoudings. Gaan stap neem alles in en moet nie vergeet om die mooi

dinge in die lewe te geniet nie. Laat die mense weet dat jy in liefde

geleef het. Maak duidelik dat jou geloof jou hoop gegee het. Hou vas

aan al die mooi dinge.

Dit voel nie nou miskien of swaarkry goed is nie en of dit die beste is

nie. Die armer mense sien altyd die dinge raak wat meer bevoorregte

mense nie oplet nie. Die Bybel se dat God die armes gekies het om die

hemelse rykdom te kry .Dit beteken nie dat alle arm mense in die die

hemel sal wees nie maar God het gesê dit sal makliker vir die armer as

die weelderigste persoon wees. Bevoorregte mense maak dit ‘n

obsessie om al die weelde van die lewe te he. Jesus het self in

armoede geleef toe hy op aarde was. Onthou geld kan nie geluk,

liefde, vreugde, dankbaarheid of vriende en familie koop nie en

daardie dinge is al wag regtig saak maak in die lewe. Armoede is ‘n

realiteit in die wêreld. Dit hoef ons nie te verwoes nie. Ons kan mekaar

help so sal daar minder armoede wees. Fokus op die belangrike dinge

in die lewe.

Ons moet mense in ons lewe soek wat ons ondersteun en wil beskerm.

Sulke mense is altyd daar wanneer jy hulle nodig het om te help met

enige taak wat vir jou te groot is om aan te pak. Praat met mense wie

jy weet jy kan vertrou en op staat maak. Gesels met hulle en se hoe jy

voel jy sal beter voel as jy uiting gee aan die dinge wat so seer maak.

Vriende en familie is jou grootste ondersteuners op hierdie stadium.

As hierdie belangrike mense hulp aanbied aanvaar dit jy het dit nou

nodig. Praat met ‘n sielkunde of terapeut. Wanneer dinge teveel raak

praat met iemand dit help gewoonlik om uiting aan die gevoelens te

gee. Hulle kan jou miskien help om oor die emosies te kom of om daarmee te werk .Dit

help om jou gevoelens soms neer te skryf hou ‘n joernaal naby en skryf elke oomblik van

jou seer neer. Dit kan help om ‘n brief aan die verlore liefde te skryf om te se hoe jy hulle

mis en verlang. Maak ‘n foto album om herinneringe daar in te sit. Dit kan selfs help om

by ‘n goeie doel of organisasie betrokke te raak.

Kyk na jouself die brein en liggaam is aan mekaar vas en wanneer jy

fisies goed voel sal jy emosioneel ook beter voel. Jy moet genoeg slaap

oefening in kry en probeer om ‘n goeie eetlus te hê. Moet nie alkohol

misbruik nie dit affekteer die emosies. Rou het gewoonlik nie die hulp

van antidepressante nodig nie aangesien dit van die simptome sal

verminder maar jou nie sal help om die verlies te hanteer nie. Rou moet

deur gewerk word antidepressante sal net hierdie gevoel onderdruk

maar op die ou einde vertraag dit die rou proses. Dit sal beter wees om

‘n skedule op te stel in die begin net om jou in ‘n roetine te kry .Dwing

jouself om by die schedule te hou. Sit tyd uiteen vir oefening om ‘n

boek te lees of ‘n yoga klas by te woon. Dit sal wys wees om in die

eerste paar maande na die verlies nie belangrike besluite te neem nie.

Moet nie besluite neem om na ‘n ander stad toe te trek nie of jou werk

te los nie wag tot die emosionele stadium eers verby is en dan kan jy

daardie besluite neem.

Wees eerlik met jouself dit is deel van die rou proses. Moet nie aanhou

dink aan wie geblameer moet word of vir jouself blameer oor watter

foute jy gemaak het nie. As jy terug kyk kan jy leer uit die foute wat jy

gemaak het. Pyn is deel van die lewe. Dit is vir ons as mens die ergste

gevoel en emosie wat daar is maar ons is op die aarde geplaas deur ons

Hemelse Vader om hierdie emosies te ervaar en meer waardering aan

om te gee. Ek het altyd ‘n boek merkie naby wat sê ”my liewe kind Ek

het jou nooit verlaat nie. Die tye toe jy slegs een ry voetspore gesien

het, was die tye toe Ek jou gedra het”. Dit gee my altyd ‘n rustigheid om

te weet Hy dra ons wanneer ons nie meer self kan nie.

Goeie dag aan almal! My naam is Anette van Vuuren en ek is nuut hier by julle. Ek bid dat

elke woord wat ek skryf iemand daar buite sal raak en dat God die regte woorde in my

vingers sal sit soos wat ek hier skryf, om net goed te kan

doen vir ander en my diensbaar sal stel waar en vir wie dit

nodig vind.

Ek is betrokke by ‘n wonderlike plek wat mense van oral

oor en op elke vlak van die lewe help. Dit maak nie saak of

jy haweloos of ‘n verslaafde is nie. Hulle neem almal in en

doen absolute wonderlike werk! En die Here het my lewe

op daardie mense se pad gesit met ‘n rede. Ek het vir baie lank net geen doel meer met

my lewe gesien nie. Daar het die afgelope tyd geweldige seer en pyn in my lewe gebeur

en ek was werklik ten gronde. Maar toe neem my lewe hierdie ander pad (wat ek glad nie

beplan het nie) en nou het ek weer ‘n rede om op te staan elke dag, want my lewe het

weer ‘n doel. My probleme is nog steeds daar, maar God is so wonderlik dat Hy my nou

so besig hou, dat ek nie meer tyd het om te sit en top oor al my eie probleme nie. Hoeveel

van ons voel ook so? Hoeveel voel dat jou lewe nie regtig enige betekenis het nie? Of dat

jou lewe in so gemors en hartseer is dat jy nie meer ‘n uitkoms kan sien nie? Dalk

probleme met kinders, jou man, kinders, finansies, wat ook al. Maar glo my, ek was (en is

nog tot ‘n mate) presies daar. Ek was al so baie kere so baie na daaraan om net ‘n einde

te maak aan alles. Maar dan gebeur iets en dit asof ek net nie toegelaat word om te doen

wat ek wil doen nie. En daarna vrae ek myself baie keer:-

“hoekom word ek gekeer om nie net ‘n einde aan alles te

maak nie”? En ek het baie lank gesoek, gevra en gewonder

daaroor.

Maar vandag weet ek hoekom. Ek moes deur geweldig baie

hartseer en trauma gaan om nou in staat te wees om ander

te kan help. Is dit nie wonderlik nie? As jy nog nooit self in

sekere posisies in jou lewe was nie, hoe kan jy dan ander

werklik help en verstaan waardeur hulle gaan? Ek kan boeke vol skryf oor alles wat al

skeef geloop het in my eie lewe. Maar as ek nie al daardie smart moes ervaar het nie, dan

kon ek nie vandag doen wat ek doen om ander te help nie. En DIT is wat ek nog altyd wou

gedoen het. En baie keer kon ek nie verstaan hoekom ek dan nie die geleentheid kry om

dit te doen nie. Ek wou nog my lewe lank so graag betrokke raak by instansies of mense

wat hulp nodig het, maar deur die jare het ek al baie instansies gekontak en my hulp

aangebied en telkens is daar net vir my gesê dat hulle baie vrywilligers het en net gevra vir

geldelike hulp. Wat ek nooit kon gegee het nie. En toe besluit God

dat hy my eers heeltemal op my knieë moes dwing voordat ek

gereed was om werklik ander te help soos wat ek wil. En vandag is

ek in daardie posisie.

Ek is nie ‘n sielkundige of enige professionele persoon nie, maar ek

het wel ‘n graad in lewenslesse. En dis al wat nodig is om ander te

help. Geen medikasie kan gegee word aan iemand wat deur moeilike

omstandighede gaan nie. Maar as jy ‘n oor vir daardie

persoon bied, is dit die beste medikasie ooit. En as ek nie

deur sekere dinge in my lewe moes gaan nie, hoe kan ek

dan vir ander een sê: “ek weet hoe jy voel”?

As enige iemand vir my byvoorbeeld gesê het: ”ek weet

hoe jy voel”, wanneer ek byvoorbeeld gesukkel het met

my huwelik of probleme wat ernstig is met my kinders en

daardie persoon het nog nooit beleef wat ek beleef nie,

hoe kan ek so iemand glo? Dit is tog net menslik om so

te voel. So vandag stel ek my oop vir enige iemand wat ek op enige manier kan help, want

die lewe was my leerskool.

Sodra jy iemand anders help of selfs net na sy stories luister, besef mens dat jou eie

probleme dalk nie so groot is soos wat jy dink nie. Dit is die wonder daarvan. Dit laat

mens twee keer dink oor jou eie klagtes. En dan natuurlik as jy sien hoe iemand anders sy

probleme oorkom is dit geweldig inspirerend. Ek kan baie van sulke gevalle vertel. Maar

daar is tog altyd ‘n uitkoms. Miskien nie altyd soos ons dit wil hê nie, maar as ons net

bietjie geduldig is, sal die regte uitkoms wel kom. Maar ons as mens wil mos ons eie kop

volg en oorhaastig optree of besluite neem. Ek het geleer om geduldig te wees, want daar

is ‘n rede hoekom sekere goed in ons lewens gebeur. Daarvan kan ek getuig.

Ons moet ons oopmaak vir ander. Dan sal ons besef dat ons eerder elkeen ons eie pakkie

wil dra as die ander een sin. Ons dink baie ons pakkies is te swaar om te dra, maar daar is

altyd iemand anders wie se pakkie swaarder is. So hoe kies ons dan? Ek dra eerder aan

my eie pakkie, want ek weet wat daarin is. Ek het ook geleer dat positiewe denke,

positiewe reaksies aantrek. Dit is nie altyd maklik om dit te glo of te doen nie, maar dit is

wel wat gebeur. As ons heeltyd negatief is, dat trek ons dit na ons toe aan. Ek het dit al

beproef en dit is werklik so. Maar ek weet ook uit eie ondervinding dat mens nie altyd

kan positief bly nie. Dit is baie moeilik, ons is maar net gewonde sondige mense. Maar

dis juis dan wanneer jy na iemand anders se storie moet luister en

jouself afvra: ”Is my lewe regtig so sleg”? En meeste van die tyd besef

mens daarna dat daar altyd iemand anders is wie swaarder kry as ons

en waardeer mens weer wat jy het. Dit kan altyd slegter gaan. Hou

vas daaraan en maak werk van jou probleem. Vra hulp. Vra raad.

Luister na ander. Praat met iemand. Moenie op ‘n hopie gaan sit nie.

Niemand gaan jou jammer kry nie. Mense help ander wat hulle self wil

help. Dis ongelukkig hoe die lewe werk. Maar as jy hard genoeg soek,

sal jy wel iemand kry wat bereid is om na jou te luister en selfs saam

met jou na ‘n oplossing sal help soek. As jy nie vra nie, hoe gaan enige iemand bewus

gemaak word van jou probleem? Ek het dit gedoen my lewe lank en het net gevoel

niemand gee om nie. Maar toe ek uiteindelik besef dat ek daaroor moet praat, het ek van

alle kante af hulp en ondersteuning gekry. En baie keer op die vreemdste maniere.

Mense en plekke wat ek nooit gedink het in my probleme sal belangstel nie. Dis waar!

Die lewe loop maar vreemde draaie met mens, maar daar is altyd hoop! Dit moet ons

nooit vergeet nie. Al lyk jou situasie vir jou so groot soos ‘n berg. Glo my, daar is selfs vir

jou ‘n uitkoms! Daar is so baie dinge wat ek met julle kan deel wat in my lewe gebeur het

en wat vir my onmoontlik gelyk het om te oorkom. Maar dit

gebeur! En mens kom daardeur. Al lyk dit hoe donker om jou.

Staan op, staan sterk, glo, bid, leer by ander,

luister na ander, vra hulp, vra raad, maak jouself oop, soek die

antwoorde op jou probleme, sien dit raak en waardeer dit en

leer daaruit.

Dit is my boodskap wat ek met almal wil deel. Moet net nooit

hoop verloor nie. Maak nie saak hoe groot jou probleem,

bekommernis of hartseer is nie, daar is iemand daar buite wat

jou daardeur sal help dra.

Baie dankie vir die geleentheid om hierdie met julle te mag deel.

Ek hoop om my lewe nog meer beskikbaar te stel om ander te

kan help. Dit is my begeerte, gebed en roeping!

Indien enige een ooit met my wil praat of kontak, wees asseblief vry om dit te doen. Ek

sal my uiterste doen om te help waar ek kan. Net soos ander my weer help. Onthou net

een ding….DIT IS NOOIT TE LAAT NIE!

Dankie en heerlike en geseënde maand vir elkeen.

Anette van Vuuren.

Dagsê vrinne,

Staan en wonder verlede naweek wat ek saam met die steak gaan maak wat ons tydens

die rugby wil braai toe ek skielik onthou van my room-aartappels waarvan ek as kind

nooit genoeg kon kry nie... Kyk, daar is min dinge so lekker soos ‘n Sandveld aartappel in

room gebak. Die dissie kry nie “potato-bake” of iets dergeliks by nie maar die regte

goedjies om hom ekstra lekker te maak... Daar is natuurlik verskeie variasies van die

gereg, maar die eenvoudige reseppie soos wat hy van sy ma af gekom het bly maar die

lekkerste! Kom ons kry eers gou die “ingredients” soos ouma altyd gesê het bymekaar:

Room aartappels

6 Aartappels in skywe gesny

1 Ui in skywe gesny

Bakkie vars room

‘n Hand vol gerasperde mozzarellakaas

Pakkie wit uie soppoeier

½’e Koppie fyngekapte streaky bacon

Teelepel fyn knoffel

Koppie gekapte sampioene (opsioneel)

Sout

Varsgemaalde swartpeper

Knypie paprika of cayenne peper

Pak die aartappels en uie in lae in jou glasbak en geur met sout (nie te

veel aangesien soppoeier ook sout bevat) en swartpeper

Gooi ‘n bietjie van die gekapte sampioene tussen elke laag aartappel

en uie Strooi die pakkie soppoeier oor die aartappels

Meng die gekapte knoffel, gerasperde kaas en bacon stukkies saam en

gooi oor die aartappels

Geur met ‘n knypie paprika of cayenne peper

Gooi die houertjie room oor. Gooi ‘n bietjie melk in die houertjie, skud

die houertjie sodat die laaste bietjie room en melk meng en gooi ook

oor aartappels

Bak jou gereg teen 180 grade vir so 45 tot 60 minute en bedien saam

met jou braaivleis...

Vir ‘n lekker bykossie so teen die vuur het ek net die regte ding!...

Patat met marshmallow!

Neem jou heel klein patatjies en skrop hulle mooi

skoon met ‘n sponsie

Neem ‘n bietjie olie en vryf elke patatjie sodat die

outjie lekker blink

Plaas nou in die oondpan en bak in die oond teen

180 grade vir so 45 minute Na 45 minute behoort

die patat lekker sag te wees

Neem ‘n skerp messie en maak ‘n snit in die lengte van die patat en

stop/vul met marshmallows

Sit die oond op grill en los totdat die marshmallows lekker bruin is

Geniet net so heel langs die braaivleisvuur...

Ns. Die marshmallows kan vervang word met bruinsuiker

Nou toe vriende, steek op die vuur en laat ons jolig wees!

Weskus groete!

Tracy-Lee’s

Arts and Craft

Patch Work Paper Craft

Ruler, pencil, paint brush, scissors, celotape, double sided tape and a pot of PVA glue.

Your choice of craft’s papers and coloured tissue papers. Finely you will need an A4 piece

of card. Have news paper to hand to protect your work

space.

STEP. 1. Fold and cut you’re a4 board in half. Then

measure 3cm all around one half cutting carefully so

we can use the middle part as shown for or photo

frame stand

STEP. 2. Now celotape rolled up news paper all around the

frame as thick as you like. Try keeping it nice and round

and secure to the card frame. To tidy it up then celotape

plain white paper over the news papered frame.

STEP.3. Once you have cut out the back stand

you can cover the stand and back board with your chose

of paper and colour scheme. Pick about 5 or 6 different

coloured, textured and style craft’s paper. Go as bright or

colour coordinated as you like. Tear or cut into small

different sizes. And we ready for out next step.

STEP. 5. Then brush a layer of the PVA glue over nice

and thick, it gives it a protective and shiny film over the

frame once dry. Then accessorize as you like…for

instance pretty buttons, ribbons, dry leafs, feathers ect.

STEP.4. Time for the craft glue and paint brush….start

from one side and work your way around the frame over

lapping the pieces of paper so you don’t see any of the

white paper underneath when you are complete. Some

of the paper can be stubborn so tuck it away with tape

on the inside of the frame.

STEP.6. Fold the top of the stand about 2 cm to create the

bend that stands have. Now use the double sided tape to

help construct your frame put the tape along the top of the

back stand. And on three sides of the back board.

STEP.7. Ready, now assemble. Back stand to the top

middle of the back board, and then the back board to the

frame. But be careful to place it in the right place the first

time because we don’t want the paper to tear. Remember

to have the none taped side at the top or the side to slide

your photo’s in so they don’t fall out easy.

STEP. 8. To help the back stand to only open so wide so it

doesn’t fall over tape a small piece of ribbon between the back

stand and back board.

And there is the end product with a pretty picture. Some other idea’s you

could do the same technique on. Note books, phone books, diary, old photo

album, dry flower vases, and pot pourri bowels. And even revamp small old

table top.

Ontmoet vir Brokkel en Bam-Bam

Hoe verduidelik 'n mens die konsep van 'God' aan iemand

wat nog nooit van Hom gehoor het nie? Hoe stel 'n mens die

belangrikste 'Persoon' in die heelal voor as Hy onsigbaar is?

How do you explain the concept of ‘God’ to someone who

has never heard of Him before? How do you introduce the

most impor...

Hierdie is 'n lekker luister CD vir kinders! Die kinderstories is

geskryf saam met musiek wat God van 'scratch' af vir

kinders verduidelik. Die reaksie op hierdie CD is GEWELDIG POSITIEF! As jy 'n kind het of

weet van iemand wat het ouderdomme 3 - 8 jaar, doen jouself 'n guns en bestel hierdie

CD by my! Hy kos net R60 (plus R20 vir posgeld) op die oomblik.

Lees ‘n bietjie meer van die CD op die page self en laat my weet of jy belangstel. As jy

daarvan hou, ‘suggest’ asb die page vir al jou vriende met kinders en help my om hierdie

prettige stukkie evangelie met kinders oor die hele land te deel!

This is something really really cool!

Dankie vir jou tyd.

Pierre Vee.

http://www.facebook.com/pages/Brokkel-Bambam/106253379430153?ref=ts

Die hartjie

Eendag, lank lank gelede toe Brokkel een aand wakker

word (want nagapies draai mos altyd hulle dag en nag

om) besluit hy en Bam-bam om prentjies te teken.

Hulle hou baie daarvan om prentjies te teken – sommer

die hele dag lank!

“Kyk hierdie een” Brokkel wys sy prentjie vir Bam-bam.

Dis ‘n prentjie van ‘n botteltjie heuning! Nagapies hou

baie van heuning!

“Yummy!” se Bam-bam en die twee lag sommer lekker

– ha ha ha ha ha!

Brokkel en Bam-bam het al mooi geleer om die pakkie

vetkryt te deel. As die een met die groen vetkryt

inkleur, dan kleur die ander een met die bloue in. Op die oomblik teken Brokkel met die

geel vetkryt, want hy teken die heuning daarmee. Heuning is mos geel. Bam-bam teken

iets met die rooi vetkryt. Brokkel probeer loer wat sy teken, maar sy steek haar prentjie

vir hom weg.

“Wat teken jy?” vra Brokkel nuuskierig.

Bam-bam teken haar prentjie klaar en wys dit vir

Brokkel. Dis ‘n rooi hartjie!

“Wat is dit? Dit lyk soos twee nagapie-boudjies met

‘n punt wat onderstebo geteken is!” se Brokkel. Hulle

lag totdat hulle magies amper seer word vir die

‘boudjies’.

“Nee man!” se Bam-bam, “Dit is ‘n rooi hartjie! En ek

het dit spesiaal vir jou geteken, Brokkel.”

“Wat is ‘n hartjie?” vra Brokkel.

Bam-bam se vir Brokkel dat hulle vir die Wit Duif op die berg moet gaan kuier. Die Wit

Duif is baie slim. Hy het laas keer mooi vir Brokkel van God geleer – die Pappa wat alle

pappas gemaak het; en Hy sal ook mooi vir hulle kan leer wat ‘n hartjie is. Net voordat

hulle gaan, gee Brokkel ‘n lekker trek aan Bam-bam se lang stert. Die stoute karnallie hou

daarvan om dit te doen; en daar jaag die 2 nagapies mekaar al die pad die berg op!

Die Wit Duif sit op ‘n takkie van die enigste boom wat bo-op die berg is. Vandaar af kan hy

maklik alles raaksien wat in die bos gebeur. Almal hardloop altyd na die Wit Duif toe as

hulle iets nie verstaan nie.

“Hallo Brokkel. Hallo Bam-bam” groet die Wit Duif vriendelik. “Ek sien julle teken

prentjies vandag.”

“Oom oom, Bam-bam teken snaakse prentjies!” se Brokkel.

“Laat ek bietjie sien wat het julle daar geteken” se die Wit

Duif. Sy mooi wit vere staan sommer so uit in die donker nag.

“A! Dis ‘n mooi rooi hartjie – te pragtig!” se die Wit Duif.

“Ek het dit spesiaal vir Brokkel geteken, oom” se Bam-bam.

“Ooooo, dit beteken dat Bam-bam sommer baie van jou hou,

Brokkel.” se die Wit Duif.

“Is dit wat ‘n hartjie beteken, oom?” vra Brokkel nuuskierig.

“Ja, wanneer ‘n mens baie van iets hou, of wanneer ‘n mens lief is vir iets, dan teken ‘n

mens gewoonlik ‘n hartjie.”

Brokkel is ‘n bietjie deurmekaar, want hy het altyd gedink dat ‘n

mens se hartjie iets is wat binne in jou lyf klop. Maar voordat hy

nog kan vra, verduidelik die Wit Duif verder: “Elke mens het ‘n

hartjie wat binne in jou lyfie klop. Dit is die belangrikste ding in

jou hele lyfie, want dit hou jou aan die lewe. As jou hartjie ooit

iets oorkom, word jy sommer baie siek. So, as jy ‘n hartjie teken,

dan beteken dit ook dat iets vir jou baie, baie belangrik is.”

verduidelik die Wit Duif. “Kan julle aan iets dink wat vir julle

belangrik is? Iets waarvoor julle baie lief is?”

“Oom, ek is baie lief vir heuning! Dit is vir my baie belangrik.” se

Brokkel.

“Ja, dit laat ons hartjies sommer vinnig klop!” se Bam-bam, en hulle lag te lekker – ha ha

ha ha ha!

“Daar’s hy Brokkel! Nou verstaan jy mooi wat ‘n hartjie is.” se die Wit Duif. “Maar se vir

my, kan jy aan iemand dink wat lief is vir jou en vir wie jy baie belangrik is, Brokkel?”

“Ek dink my ma en pa, oom” se Brokkel.

“Heeltemal reg Brokkel, jy is baie baie belangrik vir hulle. En

weet jy wie nog? Daar’s iemand wat lief is vir jou wat jy nie

eers kan sien nie!” se die Wit Duif.

“Ek weet, ek weet!” roep Bam-bam uit, “God – die Pappa

wat al die pappas gemaak het!”

“Mooi Bam-bam!” se die Wit Duif “Hy is baie lief vir jou,

en... Hy hoop dat jy ook lief is vir Hom. Hy hoop dat jy ook

vir Hom jou hartjie sal gee, net soos wat Bam-bam vir

Brokkel ‘n prentjie van ‘n hartjie geteken het.”

Daardie môre vroeg, net toe die groot geel son sy koppie wou uitsteek, het die nagapies

almal in die bome gaan slaap (want nagapies draai mos hulle dag en nag om). Brokkel le in

sy bedjie en hy kyk hoe die laaste sterre verdwyn voordat die son uitkom. Hy kyk of hy nie

vir God kan raaksien daarbo by Sy huis waar niemand kan bykom nie, maar hy sien niks.

Brokkel is bly dat die Pappa wat alle pappas gemaak het ook sy nagapie pappa gemaak

het, want hy is baie lief vir hom.

“Ek wil graag my hartjie vir God gee, want Hy sorg mooi vir my” dink Brokkel. En toe, net

voordat Brokkel se ogies wil toeval om te slaap, skree Bam-bam: “Nag apie!” en Brokkel

antwoord terug: “Nag apie!” en dan lag hulle te lekker – Ha ha ha ha ha!

Pierre Vee

In gesprek met: MK Kunstenaar

’n Geweldige eer het my hierdie maand te beurt geval toe ek ’n VIP uitnodiging ontvang

na die launch van die kunstenaar MK se eerste CD vrystelling “New Beginning.”

Ongelukkig kon ek dit nie maak nie en het hy tog ingestem om ’n geskrewe onderhoud

met my te voer via e-pos. Ook het, het hy vir my ’n snit gestuur van sy album. ’n Pragtige

Spaanse lied, Si Volveras A Mi, van Josh Groban, deur MK gesing. Hoe heerlik verras was

ek nie met hierdie man se lieflike diep stem nie. Dit het gevoel ek kon die lied oor en oor

luister, wat ek tog in elk geval gedoen het, Kom ek stel hom aan julle bekend. (MK is

getroud met die lieflike Carien Da Camera.)

MK se reis het begin toe hy maar 5 jaar oud was. Hy het in groot kore gesing en opgetree.

Hy was voorwaar ’n leier en het uitgestaan bo sy vriende, Sy oorlede pa, Joaquin Da

Camara, was sy mentor in sy lewe en hy het hom die groot waardes geleer waaroor

musiek regtig gegaan het.

MK was ook ’n Koor meester vir heelwat kerkkore waar hy meer as 150 lede gehad het. Hy

het ook die gawe om ’n wye verskeidenheid van vokale stemme, van bas tot bariton.

Die onderhoud

Vanwaar die naam MK?

‘n Paar jaar gelede het ‘n groot kompetisie gewen in KZN – almal mag net een liedjie

gesing het en dit was Mustang Sally van die Commitments. Ek het daardie kompetisie

gewen en was toe gekroon as die Mustang King.

Vertel ’n bietjie van jouself?

Ek’s eintlik ‘n skaam persoon, maar sodra ek op die

verhoog staan met ‘n skare voor my is dit my vrye tyd. Ek

hou daarvan om op tyd te wees en is baie erg oor my

klank – dit moet perfek wees as ek op die verhoog klim.

My vrou lag altyd en se net – ‘jy’s ‘n perfeksionis , maar

ons is nog steeds lief vir jou.’

Was die aanpassing van koorsang na ’n solosanger vir jou

’n groot aanpassing?

Nie regtig nie , ek dink dis omdat ek so groot variasie van al die stemme kan sing. Ek was

nog altyd gesien as ‘n leier , en ek dink dit maak dit effens makliker om as ‘n solosanger op

te tree as jy daardie tipe leefstyl aanpak. Mense sien jou as ‘n idol en dit gee mens ‘n

verskriklike ‘boost’ in die lewe. Mens se ondersteuners is ‘n kunstenaar se fondasie – ek

meen wie gaan jou shows bywoon of CD’s koop – jou ondersteuners!!!Baie dankie vir al

my ondersteuners by my shows sowel op Facebook.

Watter soort musiek sing jy die graagste?

Ek dink die feit dat ek groot geword het met die Goue Legendes en my oorlede pa ,

Joaquin Opperman Da Camara, wat my gehelp het met my musiek, het dit regtig ‘n diep

spoor in my hart getrap. Daar is baie gevoel in my musiek en a.g.v. van die diepheid wat

my stem kan bereik klink ek soms op ‘n druppel na Neil Diamond

of Elvis Presley. Selfs toe ons opvoerings gehad in 2009 –Die ‘

Route 66’ in Springs het ek die liedere vertolk van Elvis Presley,

Billy Ray Cyrus en Rocky Horror Picture Show.

Is New beginnings jou eerste CD wat jy bekendstel?

Ja dit is – en dis ‘ New Beginning’ Mens het een begin, een kans in

die lewe om ‘n verskil te maak.

Vertel meer van die tyd toe jy kore afgerig het ?

Dit was vir ‘n baie opwindend – groot kore van omtrent 150 lede. Dis nogal ‘n storie om

dissipline te handhaaf – maar ek was gelukkig – ek darem nooit probleme gehad nie. Dis

baie moeilik om iemand wat dalk nie ‘n stem kan sing nie , te help om ‘n ander stem te

vul. Mens moet subtiel wees. Soms was dit moeilik maar meeste van die tyd was net

‘awesome’ tye.

Jy het al saam met bekende name opgetree. Vertel ons jou gewaarwordinge tydens

hierdie optredes?

Wel ek het al ‘n hele paar kere saam Nico Booijse opgetree, by

die Boksburg Vlooimark, Wildlife Rally in Ellis Ras, by Liedjieboer

en vele andere plekke. Het al saam Giovanni ‘n paar liedjies

gedoen, was saam met Ruan De Waal by Gig Tyd so paar weke

terug by hulle kompetisie op ‘n Donderdag as ‘n gaskunstenaar.

Oscar Toorn, Lee Vaughn ag sommer ‘n klompie ander sangers…

As jy een van die kunstenaars moet uitsonder wie sal dit wees

en hoekom?

Lee Vaughn, ons is al baie lank vriende vir jare en maak nie saak waar ons optree of

hoeveel ondersteuners daar is nie hy bly plat op die aarde en ondersteun my ook baie in

my loopbaan en vriendskap.

Wat doen jy as jy die dag tyd het vir jouself. Hoe bring jy jou tyd deur?

Ek hou daarvan om met my hande te werk – goed te weld of iets te bou vir my twee

lifelike seuntjies – hulle hou my relatief BAIE besig…maar ek’s mal daaroor – hulle kyk ook

baie op na my en offer baie op vir die feit dat ek nou professioneel sing. Ek hou daarvan

om tyd aan my familie te spandeer en op ‘n ‘af dag’(wat ek nie optree nie) om hulle te

bederf en op pieknieks te vat .

Wat is jou gunsteling eetplek, kos en drankie? Na watter musiek luister jy graag en watter

leesstof vind jy interessant?

Definitief die Boma in Boksburg, my gunsteling kos is ‘n lekker stuk fillet steak – medium

tot rou. En dan is ek mal oor Kerrie. My gunsteling drankie is Jack Daniels en Coke of net

Coke… ek hou van musiek wat kultuur het en die ouer tipe musiek wat nog betekenis het.

Dan hou ek ook van club musiek so nou dan – dit hang af in watse ‘mood’ ek is.

As jy vyf mense kan nooit vir ete wie sal dit wees en waaroor sal

julle gesels?

Elvis Presley

NiaNell

Steve Hofmeyr

Theuns Jordaan

My vrou – Carien Da Camara

Ek dink ons almal sal definitief oor musiek praat , dalk ‘n paar liedere sing – want ons

almal het iets in gemeen – en dis die passie vir musiek.

Waar sien jy jouself oor vyf jaar van nou af ?

Baie suksesvol in my musiek loopbaan – definitief met 3 of 4 albums in die mark.

Watter raad het jy aan jong en opkomende sangers daarbuite?

Kunstenaars moet self werk aan hul loopbane – as jy nie gaan insit in jou drome nie gaan

jy niks uitkry nie. Werk hard , hou moet en wees vriendelik. Luister na almal se raad , maar

vat die wat jou gaan help in die lewe en jou loopbaan gaan bevorder. Maak ‘n sukses

daarvan. Onthou nie almal gaan altyd van jou musiek hou nie, maar maak die beste

daarvan en geniet dit.

Sjoe, dames is dit nie om ’n mens se knieë week te maak nie.

Beste Daleen

Ek is verskriklik bang. Ek weet nie of ek dalk besig is om mal te word nie. Ek voel met rukke

erg negatief en swaarmoedig. Ek dink dan dat ek myself wil dood maak. Gedagtes soos :”

Ek drink sommer n hand vol pille.” of “Ek sal sommer my polse sny” kom dan by my op. Ek

sal dan baie hard baklei met myself oor my negatiwiteit en probeer om positief te word.

Ek sal dan soms ‘n lekker tyd beleef saam met my gesin en wanneer ek in my bed klim

saans en my kop op die kussing neerlê dan kom die gedagte weer: “Ek wens ek was

dood.” Ek wil nie alleen wees nie want ek is so bang ek gaan myself dood maak. My

familie weet nie van hierdie gedagtes van my nie. Ek gaan eerder dood voordat ek vir

hulle se dit is wat ek voel en dink. Ek is so bang hulle dink ek soek net aandag. Ek wil nie so

wees nie

Moeg vir die lewe

Pretoria

Beste Moeg vir die lewe

Epos : daleenventer@live.com

Jou kort briefie is gelaai met soveel onuitgesproke emosie. Wat my opgeval het, is jou

woorde: Ek gaan eerder dood voordat my familie moet uitvind dat ek nie meer wil lewe nie.

Hierdie uitlating is die hart van ’n gefolterde siel. Hoeveel mense

sterf daagliks aan hul eie hand omdat hul dit eerder verkies as om

aan hul familie te vertel van hul gevoelens? Hoeveel naas

bestaandes staan daagliks langs ’n oop graf en sê : “As ek maar net

geweet het?”

Die ironie van die saak stamp my onderstebo. Besef ek as ouer,

vriend en familielid wat ek elke dag kommunikeer aan my kinders

my familie? Sien ek nou die boodskap wat ek uitstraal na die

rondom my wanneer die uitdruk van emosies geblokkeer word met

woorde soos: “Hou net op huil. Dit is nie iets om oor te huil nie!”

“ Daai ou het sy kop verloor omdat hy nie meer kon cope met die

lewe nie. Hoe tragies. Hy drink nou sy sorge weg. Ek hoop nie ek beland ooit daar nie.”

Of meer eenvoudig: “Moet net nie vir my sê jy kry dit nie reg nie. Jy probeer nie hard

genoeg nie.”

Of deur voorbeeld. Ma is woedend vir die buurvrou. Wanneer die buurvrou aan die deur

klop: “Nee, ek is nie kwaad vir jou nie. Ek verstaan dit is moeilik om jou vullis uit my jaart te

hou.” Wanneer die vrou by die hekkie uitloop gil ma op die kinders om hul speelgoed op te

tel en mor soos ’n stukkende enjin oor die simpel vrou wat dink ek moet haar stories vir

soetkoek opvreet.

Sien ons die ontmoediging daarvan om ons emosies uit te druk wat ons daagliks

kommunikeer?

Sien ons die ongesonde manier wat ons ons kinders leer oor

die praat van gevoelens? Sien ons die ongesonde maniere wat

ons aan ons kinders leer hoe om emosies te kommunikeer?

Hoeveel keer het ek gehoor van iemand wat probeer selfmoord

pleeg en dan sê iemand: “Hulle soek net aandag.” Presies. Daar

is ’n probleem hulle soek aandag en verstaan en liefde en

aanvaarding. Dit is nie net aandag soek nie ! Dit is aandag vestig

–genadiglik het die poging nie geslaag nie-op ’n groot

probleem. Ek weet daar is daagliks ongelooflik baie inligting oor

depressie maar dit is steeds ’n siekte wat misverstaan en

veroordeel word.

Liewe moeg geleef van Pretoria jy behoort jou dokter te gaan

sien .(Neee! Jy moet jou dokter gaan spreek asb. asb. asb. Dit kan jou lewe red. Dit kan jou

familie oneindige baie hartseer spaar. Dit kan jou help om jou doel in die lewe te bereik. Dit

kan ander mense help deur jou wat volheid lewe en daardeur ’n verskil in hulle lewe maak.

En dit kan iemand anders se lewe red-elke selfmoord gaan gepaard met ’n kettingreaksie.)

Hy sal die nodige medikasie verskaf wat jou sal help om die serotonien wanbalans wat

moontlik a.g.v. trauma ontstaan het reg te stel en daarna moet jy jou familie in jou vertroue

neem want jy het ’n ondersteuningstelsel nodig. Jou dokter kan depressie baie mooi aan hul

verduidelik. Jy sal verras wees oor die ondersteuning wat jy van hul ontvang. Daarna sal ek

’n goeie Pastorale berader aanbeveel wat jou sal help om deur jou onopgeloste seerkry te

werk en jou vaardighede te leer om jou emosies te hanteer. Jy sal dan later meer energie hê

om te begin stap of ligte oefening te doen. Vars lug en sonlig speel ’n groot rol in die

vervaardiging van serotonien wat jy so nodig het. Jy moet jou met positiewe mense omring

en nie altyd agter grappies en humor jou ware gevoelens wegsteek nie.

Onbeoordeelde groete

Daleen

Dit is Junie en Julie mans gesondheids maande by KANSA. Om vas te stel of

daar enige abnormaliteite is, moet mans 'n PSA ( prostaat spesifieke

antigene) toets laat doen. Indien hulle dit by 'n dokter laat doen, moet hulle

'n konsultasie fooi en die ontleding van die bloede betaal. Ons onderhandel

met ons plaaslike dokters om die bloed gratis te trek en met Path Care om

die ontleding van die bloede teen R80.00 te doen. Mans kan tydens Junie en

Julie 'n afspraak by enige van ons plaaslike dokters maak vir 'n PSA toets. Dit

sal slegs R80.00 kos. Dus 'n groot besparing. Vir enige navrae i.v.m. die PSA

toetse kontak Hester Smit by 022 482-1111.

AANDAG ! – Mans 45 jaar plus, laat doen gedurende

Junie & Julie ‘n toets @ R80 kontant by:

MALMESBURY:

Dr. Lategan/Dr. Van Zyl 022 482-4788

Dr. Brits & Vennote 022 482-1640

Dr. Fry 022 486-4355

Dr. Nell/Dr. Neethling 022 482-2552

Dr. Van Niekerk 022 482-4589

Dr. Kritzinger 022 482-1131

RIEBEEK WES/KASTEEL:

Dr. Oosthuizen: 022 461-2517

YZERFONTEIN:

Dr. Walters: 022 451-2941

Vir verdere navrae kontak

HESTER SMIT by022 4821111

Mense asseblief kontak

Cansa vir enige hulp i.v.m.

die PSA toetse.

Hierdie inligting is vir

mans in die Swartland

omgewing. As jy van ’n

ander area is skakel gerus

die nommer hierbo en hulle

sal jou die nodige inligting

gee

Die LOMA (Lig op my Akker) inspirasie.

Ons bly in die land van melk en heuning, maar ook in ‘n land waar die hoë lui die melk en

heuning vir hulself toegeëien het en dit met min simpatie vir die oorgrote sukkelende

meerderheid vir self gewin stroop. Die laer en middelklas inkomste groepe het oor die

laaste 20 jaar progressief verarm en die impak hiervan op miljoene werkloses het

gemeenskappe in haglike toestande gedompel. Ons het gesien hoe die arm klas letterlik

sterf van honger. Ons het diep gedelf uit ons eie sakke en gepoog om hier en daar nood te

verlig. Dit was egter ooit genoeg nie en ons het met ander mense begin praat. So het ek op

‘n tyd op “Facebook” afgekom en ander mense ook hierby betrek. Weens die groot nood

wat daar is het dit my en my vriende emosioneel begin ontwrig. En mens is maar mens, en

ek het my wroeginge met my vriende en familie en gemeenskap begin deel.

Een aand praat ek met ‘n vriendin wat in Miami, VSA woon. Sy kom oorspronklik van ‘n

plaas in die Kaap. Haar vraag aan my was: “En, hoe gaan dit met ons mense?” My antwoord

aan haar was: “Dit gaan vrot!”

En sy maak toe die voorstel aan my:

“Stig ‘n nie-winsgewende organisasie! Dan doop julle dit ‘Lig om my Akker’!”

Daardie aand was dit net ‘n gedagte (rokie). Ek praat toe met my vrou Zelna en vriendin

Maggie. Hul reaksie was baie positief en ons het begin planne maak. Op 14 Februarie 2012,

het ons nie-amptelik, ‘n vergadering gehou. Op 15 Februarie 2011 is amptelike vergadering

gehou en die NWO-aansoek is hierna ingedien. Na bietjie politiek met die Departement van

Sosiale Ontwikkeling is ons aansoek uiteindelik aanvaar. Op die 22ste Junie 2011 het ons ure

daar gaan sit en wag vir die sertifikaat.

Offisieel geregistreer ! Art 21 NWO.(nie winsgewende organisasie) Dit was die amptelike

geboortedag van Lig om my Akker. (LOMA) Intussen het 4 maande verloop en ons kon nie

stilsit nie. Ons het eers ons Hoofblad-groep op Facebook gestig. Die naam het verander van

Lig om, na Lig op, sodat ons tweetaligheid kon akkommodeer. Lig op my Akker/Light on my

Acre.(LOMA)

Die Here het intussen die LOMA embleem aangestuur. Daarmee saam het die Here die

opdrag op verskeie maniere vir my gegee. En die opdrag is dood eenvoudig om “Eenheid in

die Christus Liggaam te bewerk”. Dit het daartoe gelei dat ons doelgerig begin het om meer

LOMA blaaie/groepe op Facebook by te voeg. Die doel daarvan was om mense op alle

vlakke van hulle menswees te kon betrek en bereik. Gebaseer op wat Jesus in Sy Woord sê,

“Maar gaan leer wat dit beteken: “Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek’t

nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering” (Mat 9:13 Afrikaans ou

vertaling).

Dus, by LOMA, is ons deure oop vir almal. En daar het al baie wondere gebeur. En alle eer,

aan God alleen.

Hoe die LOMA embleem ontstaan het.

Uit Mosselbaai !

Nadat Rosa Ellis, op 29 November 2009, die hemelruim bewonder het, en hierdie 4 foto’s

geneem het, het sy die volgende woorde ontvang………..

“Ek is die lam van God”

Haar eie beskrywing van, hoe dit by haar te wete gekom het vervolg……………………………

“Ek was in ‘n halwe beswyming was bewus van niks en niemand anders nie trane het

gevloei en na ek Hom belowe het om vir almal te wys en op

my foon di foto oopgemaak het het ek diep binne my die

woorde Ek is die lam van God gehoor”

Hierdie laaste foto is die LOMA embleem omdat ek aan Rosa

beloof het om haar te help om dit vir die mense van Jesus te

wys.

Dinge het begin groot en gekompliseerd raak.

In Januarie 2012 het Mariette Pretorius aan boord gekom en

sy is offisieel as die Skakelbeampte by LOMA aangestel. Mariette het verklaar: “Dit is my

doel om LOMA op die “map” te sit en mense te help om hande te neem en mekaar te begin

help!” Ons het die koerante genader en daar is reeds vier koerantartikels in onder andere

die Beeld en Rekord gepubliseer. Hierdie inisiatief het ons ‘n R42000 skenking van splinter

nuwe skoolklere vir Westerlig Laerskool in Danville laat toeval waarmee 150 kindertjies met

nuwe skool uitrustings geseën was. Ons beplan nog uitreik aksies deur die loop van die jaar

soos om byvoorbeeld Tehuise, ensovoorts te ondersteun.

In ons LOMA Helpende Hande Pretoria Wes/West area is ‘n wonderlike egpaar genaamd

Riska en Chappies. Hierdie twee mense het selfs voor die verskyning van LOMA ongelooflike

werk uit hul eie sakke vir die gemeenskap in Danville gedoen en is vandag in samewerking

met LOMA voorwaar ‘n rolmodel vir wat LOMA regdeur ons land beplan. Met behulp van

ons sertifikaat en ook vele ander skenkers het hierdie mense in ‘n jaar meer as verdubbel in

hul onselfsugtige gemeenskapsdiens. Hul sorg op +- weeklikse basis al dat meer as 135

gesinne voedsel en ander hulp ontvang.

Ons is tans besig om die LOMA Lente Musiek konsert die 8ste September by Liedjieboer in

Midrand te bemark om fondse in te samel ten einde die LOMA infrastruktuur in plek te kry.

LOMA het ook so pas met die hulp van Tinus Nel (Organisasie bestuur Adviseur) begin met

‘n proses om die bestuurstrukture en –stelsels te vestig en te verseker dat LOMA sake op

gesonde organisasie- en besigheidsbestuur beginsels bedryf word.

LOMA het sowat 50 filiaal Facebook blaaie/groepe geskep wat ‘n wye reeks gratis dienste

kan aanbied - van berading tot mediese dienste. LOMA poog om in elke groep ‘n kenner op

daardie spesifieke terrein te betrek om mense met advies te kan bystaan. Mense met

behoeftes of nood kontak LOMA hoofsaaklik via die Facebook LOMA Groepe waar hulle lede

is of hulle verskaf inligting van mense in die onderskeie areas wat hulp nodig het waarna die

Bestuur/Admins ondersoek gaan instel.

Dinge het te groot en gekompliseerd geraak en ons was genoodsaak nog blaaie/groepe te

stig.

LOMA se beoogde geografiese bedieningsarea is ons land Suid Afrika.

Ons aanvaar donasies van enige aard.

LOMA se bank rekening besonderhede is as volg.

Nedbank Cheque/Tjek 1010496468

Centurion.

Mense kan ons gerus kontak by;

0727442027

mariette@loma.co.za

info@loma.co.za

Baie baie dankie dat ons Lig op my Akker kan voorstel aan die publiek deur julle tydskrif.

Vriendelike groete

Mariette Pretorius

LOMA Skakel beampte

Twee nuusblad artikels

REKORD OOS

Warm harte sorg vir warm winters klere

Mariëtte Pretorius deel vir een van die behoeftige leerlinge van Laerskool Wester li ’n pakkie

met ’n splinternuwe skoolbroek, trui, Drymac-baadjie, skoene en kouse uit.

Mia Spies

’n Flenter ou skooltrui, kaalvoet en sonder ’n baadjie is hoe talle

leerlinge in Danville die winter sou moes aandurf maar te danke

aan ’n barmhartige Samaritaan gaan die koue maande meer

draaglik wees vir bykans 140 leerlinge aan Laerskool Westerlig.

Na ’n Rekord-leser ’n berig oor die groot behoefte in die

omgewing gelees het, het hy sowat R40 000 geskenk sodat

behoeftige leerlinge nie kaalvoet en sonder truie skool toe hoef te

gaan nie. Hy het met die liefdadigheidsorganisasie, Lig op my Akker

(Loma), gewerk wat huisvesting, voedsel, klere, werk en berading

aan minderbevoorregtes gee.

Die Warm Harte-veldtog is Loma se eerste groot projek en nie eers hulle het so ’n vrygewige

donasie verwag nie.

Volgens Loma-koördineerder, Mariëtte Pretorius, maak elke kledingstuk ’n verskil in ’n kind

se lewe. “Dit is ongelooflik om te weet dat mense nog omgee vir mekaar en mekaar wil

help,” het sy met trane in haar oë gesê. “Loma wil sorg dat geen kind hierdie winter koud

hoef skool toe te gaan nie. “Daar is baie kinders wat bitter swaar kry en koud en honger is.

Ek dink nie die mense daar buite besef watter groot behoefte reg onder hul neuse is nie.”

Volgens Laerskool Westerlig se skool-hoof, Erich Cloete, gaan hierdie skoolklere skenking ’n

groot impak op die leerlinge se lewens hê. Die meeste van hul skoolklere was tot dusvêr van

die klere bank of oudleerlinge afkomstig. “Dit is die eerste keer dat baie van hulle ’n nuwe

kledingstuk dra. Dit gee weer hul menswaardigheid terug, omdat hulle ook nou netjies kan

lyk,” het Cloete gesê.

Cloete het gesê dat dit die kinders soos gelykes laat voel, tot hul selfbeeld bydra, meer

geleenthede bied en beter laat vaar met hul skoolwerk. “Dit is nie lekker om te konsentreer

as jy koud kry nie, dit is van onskatbare waarde vir ons kinders se toekoms,” het Cloete gesê.

Loma beplan om dié veldtog op kinders, bejaardes, haweloses en mishandelde mense te

fokus, maar sê ook dat hulle na enige behoeftiges wil uitreik met kos,

klere, komberse, meubels en enige ander items wat jy oorbodig in jou

huis beskou.

“Ons vra dat Suid-Afrikaners ons ondersteun oor die kleur, ras en

kultuur grens,” het Pretorius bygevoeg.

Navrae: Mariette 072-744-2027

REKORD OOS VRYDAG 20 APRIL 2012

Harte klop warm dié winter

Die winter kruip al nader en daar is baie mense wat na die koue weer opsien.

Lig op my Akker (Loma) is ’n geregistreerde liefdadigheidsorganisasie wat huisvesting,

voedsel, klere, werk en berading aan minderbevoorregtes gee. Hulle beplan om vanjaar die

koue seisoen bietjie meer draaglik te maak met hul Warm Harte-veldtog.

Volgens Loma-koördineerder, Mariette Pretorius, beplan hulle om hierdie winter regoor die

land ’n verskil te maak.

“Daar is mense wat swaar kry. My hart breek as ek ’n kind sien wat in die winter kaalvoet

moet skool toe loop omdat hy nie skool skoene kan bekostig nie.”

Hulle beplan om die veldtog op kinders, bejaardes, haweloses en mishandelde mense te

mik, maar het ook gesê dat hulle na enige behoeftiges wil uitreik met kos, klere, komberse

meubels en enige ander items wat inwoners oorbodig in hul huis beskou.

“Ons vra dat Suid-Afrikaners ons ondersteun oor die kleur-, ras- of kultuur grens heen,” het

Pretorius bygevoeg.

Navrae: Johan 076-878-3629.

SOOS N DIEF IN DIE NAG!

Deur Willene Clair Venter

‘n Hele paar jaar gelede was ek deel van ‘n sekere kerkgenootskap en in my dag tot dag

handelinge het my paaie met die van ‘n lewenslustige,

passievolle vrou gekruis.

Medium lengte, medium bruin hare, konserwatiewe

kleredrag, maar dit is presies hier waar die gewoon

geëindig het en diepe geluk en dankbaarheid vir lewe uit

haar uitgestraal het. Haar naam was Joan en sy sou in

meer maniere as een my lewe verryk en verander.

Joan het in die buurdorp gewoon met haar 2 tiener seuns en getroud met ‘n ingenieur wat

buite die land gewerk het. Dus was sy beide Ma en Pa vir die seuns. Die oomblik wat jy Joan

ontmoet het, was dit haar glimlag wat jou eerste opval. ‘n Oop welkom, kom sit en kuier

gevoel het oor jou gekom. Soos die noodlot wou bepaal het ons in dieselfde vrouens groep

geëindig wat ek bestuur het. Vir my was Joan ‘n fonds. Sy kon werklik haar hand orals bysit

en het die geaardheid gehad waarby almal baat gevind het. Kort voor lank het ons buite die

normale kerk routine begin ontmoet. Aangesien my dogter in laerskool was op dieselfde

dorp as Joan se seuns, het ons kuiers ‘n diepe vriendskap rondom koppies tee en koffie

gegroei. Ek het Joan se vriendinne leer ken en ons het werklik mekaar kon bystaan deur alle

tye van blydskap of nood. ‘n Handjie bysit was normal en die morele ondersteuning het jou

altyd daardie hupstoot gegee wat jy nodig gehad het.

Joan het ‘n anderse sin vir humor gehad en met twee tiener seuns

was dit seker ook nodig. Haar seuns was 15 en 16 onderskeidelik en

presies op die stadium waar hulle nie werklik saam met Ma gesien

wou word nie. Dit is alles vererger deurdat Joan ‘n stok oue borrie

geel Passat bestuur het. Die konserwatiewe Ma en die ou kar was

glad nie waarmee jy gesien wou word nie. Na vele versoeke om

hulle ‘n blok van die skool aft e laai of op te tel vêr buite sig van vriende, het Joan besluit

genoeg is nou genoeg. Een oggend was sy net klaar met die mannetjies se streke. Joan kry ‘n

eina eina toppie, ‘n onaardige kort romp (eintlik ‘n verskoning vir die word romp), die

hoogste hakke moontlik sonder om plat op jou gesig te val en ‘n paar egte visnet sykouse.

Daar verander die konserwatiewe Joan in Joan die straatvrou kompleet met die erg makeup

en hairdo. Die borrie geel Passat word ingeklim en Joan gaan maak haar parker plek direk

voor die skool en sy staan mooi buite voor die kar om hulle te groet. Albei seuns kon haar

nie gou genoeg terug binne die kar boender nie, maar Joan het hulle mooi geleer waarvoor

jy skaam kry en wat nie. Sy was nooit weer gevra om hulle enige ander plek op of af te laai

nie.

Die nimlike vrou het my voorgestel aan kleremaak en saam met ‘n

paar ander dames is my eetkamer tafel omskep in ‘n klere

vervoerband om klere te maak vir die kerk se blyspel. Joan het vas

geglo in haar vriendinne, en het jou dit nooit laat vergeet dat

volgens haar, kon jy enige iets op aarde doen en goed doen. ‘n

Oproep om te vra dat ons almal bymekaar kom by iemand se huis, aangesien sy geweet het

daar is ‘n problem, was heel normal en die oplossing is altyd saam gevind. Emosionele,

finansiële of fisies, saam het ons onder Joan se leiding ‘n oplossing gevind. Iemand wat

geldelik nood gehad het, het ‘n pakkie kos op die voorstoep gekry en geweet die

vriendekring weet, is daar vir hulle en respekteer hulle nog deur die tye. Die vriende kring

het deur huweliks probleme, kinder probleme en heelwat ander dinge gewerk. Jy het net

geweet daar was mense wat omgee en deur die omgee maak hulle jou sterker. ‘n Siekte het

‘n pot kos verseker want wie weet nie alte goed hoe jy voel oor kos maak as jy siek is, as jou

beste vriendin nie. Joan was die hart en siel van die vriendskap en het my die woord

onbaatsugtig geleer. Ek kon leer hoe om ‘n baie goeie vriendin te wees en wat die klein

dinge in die lewe jou lewe verander, ten goede.

Ons persoonlike vriendskap het dag na dag gegroei en Joan het meer soos ‘n suster gevoel

as vriendin. Haar man het elke 2 tot 3 maande vir ‘n paar dae teruggekom Suid-Afrika toe.

So het ons mans mekaar deur ons vriendskap ontmoet en mekaar ook geleer ken. Met een

van haar man se vlugtige besoeke terug in SA, is soos gewoonlik ‘n braai gereël en het ons 2

families heerlik die Vrydag aand saam gekuier. My dogtertjie het die aand, net na ete, siek

begin raak en erg begin opgooi. Joan was onmiddellik by om te help skoonmaak en maag

medikasie toedien voor ons terug huis toe ry. Die volgende oggend het Joan self begin

tekens toon van ‘n maag aandoening en ek het ‘n pot hoendersop

gaan aflewer by haar huis. Haar man was net terug vir ‘n week en wou

baie graag sy familie in Kimberley gaan besoek vir sy ma se

verjaarsdag. Hulle planne was om die Sondag deur te ry Kimberley toe

en ons sou na hulle diere en huis omsien. Ek het Joan ‘n groot drukkie

gegee en gevra of hulle nog steeds sou deurry aangesien sy so olik

voel. Sy het gesê as sy beter voel, beslis. Nadat ek hulle ‘n lieflike rit

toegewens het en die sleutel gekry het is ek voort huis toe. Net na 10 daardie aand het hulle

besluit om te vertrek en deurnag te bestuur Kimberley toe. Net na 3 Sondag oggend lui ons

huis telefoon en toe ek haar man se stem hoor, het ek geweet iets groots was fout. Hulle

geel Passat het net buite Middelburg die pad verlaat en gerol. Hy en die twee seuns was

ongedeerd maar Joan is opslag dood. Die nuus het so onwerklik geklink. Soos iets wat jy oor

die nuus hoor op TV of oor die radio. Niks het waar gevoel nie. Toe ek 6uur die volgende

oggend Joan se voordeur opsluit en haar huis binnestap, het die

werklikheid my vol in die gesig getref. Ek sou nooit weer klop en haar

haastige stap deur toe hoor nie. Ek sou nooit weer die telefoon kon

optel en haar nommer skakel nie, of weer by haar kombuis tafel kom sit

en iets nuuts leer nie. Net 5 ure vanaf haar oproep om te sê hulle

vertrek nou, sou ek nooit weer haar stem hoor nie. Net binne ‘n paar

uur het haar lewe en ons vriendskap tot ‘n einde gekom,

Dit is nou ongeveer 11 jaar al vandat Joan oorlede is maar soos ek hier

sit en skryf kan ek haar gesig voor my sien en kan ek nog steeds haar stem hoor. Joan het my

die waarde van egte vriendskap geleer, sy het my geleer hoe om dinge nie te ernstig op te

neem nie, en lank voor die tyd van Life Coaching, het Joan my geleer om in myself te glo.

Elke dag dra ek haar wysheid saam en al vergeet ek haar stem of hoe sy gelyk het, Joan se

impak op my lewe het dit verewig verbeter.

Oorwin jou probleme…

Wanneer ʼn probleem wat vir jou soos die dood lyk aan jou deur klop…wat maak jy?

Julle het dit al seker oorgekom dat jy in ʼn situasie beland waar jy baie probleme ervaar en

dit voel asof jy alleen die berg moet klim.

Die lewe hou daarvan om moeilike dinge na ons kant toe te gooi en dan maak dit ook nog

sulke klein spasie waarin ons dit moet oplos soda tons nie ander mense seermaak met die

besluite wat jy neem nie.

Elke keer wat jy so ʼn probleem voor jou sien is dit

groter as die vorige een en jy voel net weer dis

onoorwinbaar, maar laat ek nou vandag vir julle

sê, niks is saam met God onoorwinbaar nie.

God het vir ons in die Bybel belowe dat Hy nooit

iets met ons sal laat gebeur wat ons nie kan

hanteer nie en al glo ons dit nie altyd nie, bly dit

steeds waar.

Ons almal ken die bekende verhaal van Dawid en

Goliat, saam met God het Dawid wat nog n jong tiener was die reuse probleem oorwin net

omdat hy geglo het God sal hom help.

My gunsteling vers en my leuse vir die lewe is “Twee is better as een, Prediker 4:9” en met

dit het ek al baie probleme oorwin.

So volgende keer as die probleem aan jou deur klop, vra vir God wat om te doen voor jy

na allerhande oplossings wil gryp want God sal jou nooit in die steek laat nie en onthou

altyd, Twee is beter as een…

God wéét

Wie kan die seer wegvat as dit so diep gewortel lê?....dit is

gevoelens wat telkemale in woorde omgesit word wat oor

my lippe kom. `n Bitter pyl wat op my afgeskiet is,

ongevraagd het dit my gees deurboor. My siel is geanker in

die Skepper weet ek en glo ek ...maar hoekom sukkel ek dan

vandag so om my Skepper te hoor? Dit Is die gedagtes wat

Melissa deurboor waar sy lewensloos voor haar sit en uit

staar.

Tarah du Toit

Ja, almal sê “Jammer oor jou verlies”, maar weet hulle wat ek regtig deurgaan? Kan

iemand my pyn minder maak wanneer ek nagte deur my huis dwaal as gedagtes en

herinneringe skreeu in my kop? Dan kom die vrae by my op “Hoekom het U dit toegelaat?

Wat het ek verkeerd gedoen om my geliefde te verloor!!?” Weer en weer kom die

gedagte by my op; oor en oor skreeu Ps 34;19 in my gees ,“Die Here is naby die wat

gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.”

Ek is te bang om kerk toe te gaan. Daardie jammer gesigte

wat my agterna staar en somtyds `n druk op my skouer gee.

Altyd dieselfde mense. Ek wil vir hulle skreeu: “Ek is nie `n

swakkeling nie!!.” Wat ek nodig het is iemand wat my sal dra,

iemand om my nagte korter te maak, iemand om net te luister

hoe ek binnekant voel. Hoekom is daar so min mense wat ek

vertrou? Hierdie gedagte maak my bang. Vertroue is `n groot

woord vir mense wat nie geleer het om te vertrou al kry hulle

seer nie. Om te vertrou, al word jy uitmekaar geruk nie. Dit bring `n bitter smaak in my

mond as ek daaraan dink.

Nee, ek mag nie oordeel nie. Hierdie gedagte moet ek afskiet. Hoe kan ek die Onse Vader

bid as ek nie kan vergewe nie. Sonder vergifnis is daar geen vertroue. Hoe kan ek verwag

dat God my moet vergewe as ek nie kan vergewe nie. “Nee nee!!” uiter sy die woorde

wat diep binne in haar lê. “Abba Vader gee dat ek kan vergewe die wat ek nou net

veroordeel het. Gee dat U Heilige Gees my binne gesond maak. Gee my die krag en

wysheid om alles te aanvaar wat mense wil deurbring om simpatie te bewys. Leer my om

ander se optrede te verstaan. Versterk my gees sodat ek hierdie winterseisoen kan

uitstap met Jesus aan my sy”, bid Melissa saggies.

Die wekker gaan langs Melissa af. Sy wip soos sy skrik. Vies vir haarself, omrede sy

weereens die son sien opkom het...wakker en weereens met gedagtes van struwelinge.

Sy hoor klein voetjies die gang af slop. Melissa kyk op en sien haar blondekopseuntjie in

die deur staan met sy teddie in die een hand . Ogies op `n skrefie en haartjies wat plek

plek regop staan, kom die opdrag oor die lippies: “Ek is honger mamma.” Vir `n sekonde

lê die deernis op haar gesig wanneer sy na haar seuntjie kyk, maar dit word weer vinnig

vervang met bitterheid wat opkruip na haar gesig. “Hoe kon die Skepper van die heelal,

dit toelaat om haar alleen te los met `n klein seuntjie wat sy

moet grootmaak.. alleen?!!” Al weer vrae en nogmaals vrae.

Wanneer gaan sy ophou om toe te laat dat twyfel in haar

Skepper die oorhand kry? Melissa het met `n spoed haar

laptop in die sak gedruk en die papiere gegryp wat op die

tafel lê. Vandag gaan `n lang dag wees weet sy, dink sy.

Alles het so vinnig gebeur. Dit voel soos gister maar dis al `n paar weke wat sy sukkel om

haarself te vind in hierdie situasie. Sy is soos `n lopende robot. Pap maak in die oggende,

Riaan aantrek vir skool, werk toe jaag om betyds te wees vir vergaderings, almal gelukkig

stel wat oor haar pad kom, want dit is mos wat `n Christen doen, dan nie? Alles plastiek,

lag op die regte oomblik, grappies wanneer dit verwag word. Ag, alles maak my net siek,

is gedagtes wat haar al weer teister.

Die oggend verloop alles weer soos gewoonlik en Melissa word weer vasgevang in haar

eie wêreld en haar werksomstandighede. Vir die soveelste keer sak sy in haar gemakstoel

neer wat haar liggaam die bietjie rus gee as daar `n kansie is.

Haar oog vang `n onbekende blou papier op haar lessenaar.

Snaaks gaan dit deur haar gedagtes, niemand in hierdie afdeling

gebruik blou papier nie. Met onsekerheid maak sy die papier

oop en wonder of dit regtig vir haar bedoel is. Sê nou dis vir

iemand anders, sy wil nie inbreek maak op ander se privaatheid

nie. Maar tog is dit die nuuskierige deel van haar persoonlikheid wat wil sien wat daar

geskryf staan. Sy lees die paar woordjies en daar verskyn `n frons tussen haar wenkbroue.

Weer en weer lees sy die reëltjie:

Hoekom is daar so baie siele wat wegsink in bekommernisse, gebeurtenisse, en situasies

wat hulle onderkry?

Wie kan dit wees wat haar so goed ken om deur haar masker te kan sien? Sy doen alles

volgens die boek. Nooit is daar iets wat sy laat uitglip nie. Haar houding is dan altyd

normaal en professioneel.

Liewe leser.

Ek het `n kort verhaaltjie aan jou voorgelê. Of moet ek sê die realiteit van dinge wat om

ons aangaan vir jou geskets is in `n storie. Hoeveel mense gaan dit nie deur wat ek so pas

beskryf het nie. ..of dalk miskien jyself? Ek wil vandag hierdie blou briefie voor jou hart se

deur los.

Hoekom is daar so baie siele wat wegsink in bekommernisse, gebeurtenisse, en situasies

wat hulle onderkry? Laat my toe om jou gedagtes vas te vang vir `n paar oomblikke deur

jou te bemoedig.

Niemand kan jou pyn verlig of wegvat nie. Net jy en jy alleen het die krag en vermoë om

daardie herinneringe van goed of sleg wat vasgevang is in jou brein te verwerk.

Herinneringe wat somtyds deur gebare of woorde teruggebring kan word deur mense (al

is dit vreemde mense). Terugflitse wat alles terugbring na die geheue kamer van jou

brein. Somtyds kan daardie prentjie wat gevorm word in jou brein jou laat lag en somtyds

kan dit ook seer veroorsaak in jou siel dimensie, wat emosies na vore bring.

Daardie emosies het in invloed op jou brein wat `n patroon van denkwyses veroorsaak.

Hierdie patroon van denkwyse word omgesit in `n manier van praat, hoe jy ook jouself

voel, of hoe jy jou omstandighede sien waarin jy verkeer. Daardie manier van spreek in

jou eie lewe, en so ook in ander se lewens, word dan `n leefwyse. Dit vriend of vriendin

kan jou hele lewe beïnvloed: goed of sleg.

Liewe leser, ek wil graag hê dat jy moet weet dat daar genesing kan plaasvind in jou siel

dimensie. Sodra daar genesing plaasvind sal daardie terugflitse jou nie meer kan seermaak

nie. Jou denkwyse sal `n ander patroon ontwikkel. Jou manier van praat sal verander, en

dan jou leefwyse ook vernuwe.

Die brein is `n kragtige instrument wat die liggaam beheer. Sodra jou brein besoedel is

met denke van seerkry en jy dit nie uit jou gedagtes kan kry nie, kan jou lewe op die ou

einde verander in hel op aarde. Vriend en vriendin, jy het nie nodig om dag en nag

geteister te word deur vrae wat jy nie antwoorde op kan kry nie. Dit besoedel jou hele

menswees; so ook jou geliefdes en naaste om jou.

Ek wil jou graag help deur jou te bemoedig dat wanneer jy jou seerkry by die Skepper van

die heelal neersit (want Hy is liefde), jou seerkry minder en minder sal word. Ja, dit sal nie

oornag verdwyn soos baie van ons hoop nie. Maar wanneer jy jou krag in Jesus Christus

vind en weet dat daar geen ander persoon op aarde soveel deurgegaan het vir jou en my

nie nie, sal dit berusting bring in jou siel dimensie. Jesus het op daardie kruis geskreeu:

“Dit is volbring!”, wat eintlik beteken: “Ek het alles oorwin, selfs die dood. Wie soek sal

vind, wie klop sal daar voor oopgemaak word, wie vra sal ontvang.” Jesus het alles

volbring. Soek jou krag en nuwe denkwyse in Sy krag en Sy denkwyses.

Gaan dit maklik wees? Ongelukkig sal ek `n nee moet sê,

want ons het `n vyand wat rondloop soos `n brullende leeu.

Lees mooi: soos `n brullende leeu, hy is nie `n brullende leeu

nie. `n Vyand wat jaloers is op God se skepping “na Sy

beeld”, wat alles in sy vermoë sal doen om ons af te trek

saam met hom in sy donker put in. Daar waar geen hoop,

geen liefde, geen genade is nie. Want sien leser, die vyand

het nie hoop nie want hy ken die Bybel beter as jy. Hy weet

dat sy einde die vuurpoel van hel is. Hy het geen liefde nie, want hy het een doel voor oë

en dit is om liefde te verwoes en dit uitmekaar te skeur, sodat daar nie `n eenheid kan

wees nie. Hy het geen genade nie, want hy is n leuenaar en `n dief. Om liefde te verwoes

moet hy net `n leuen inbring, sodat hy alles kan steel en verskeur wat voor hom kom.

Hoe vind jy jou berusting in die God van liefde as die vyand vir jou heeldag en aldag sê dat

God dinge in jou lewe veroorsaak het omrede Hy jou straf? God is liefde - verstaan dit.

God neem nie weg of straf nie. Baie sal met my stry, maar laat ek dit oopmaak vir jou.

God het in Gen 1:28 die mens geseën nie geoordeel nie. Die vyand het twyfel gebring in

die mens om God te bevraagteken. Hoekom? Omrede hy die liefde wou breek deur `n

leuen. Gen 3:1 het die vyand gevra: “Het God regtig gesê....?” Dit leser is `n twyfel wat

geskep is in die brein. As God robotte wou maak om volgens Sy septer te leef, was daar

nie iets soos keuses nie. Ons is na God se beeld geskape. Met ander woorde God het `n

keuse gehad wat Hy wou skape of nie. Dit is hoekom ons vandag `n keuse het om God te

aanbid of nie. Jy het n keuse om die vyand te oorwin in jou gedagtes.

Laastens wil ek nie van ons mans vergeet nie. Omrede ons

vrouens meer emosioneel ingestel is as mans, sukkel ons meer

om oor pyn te kom. Ons sukkel meer om ons emosies te

beheer as mans. Vrouens, jou man is nie soos `n bees nie. Hy

het `n hart van goud, maar dit kos van ons kant af om te delf

in sy hart totdat ons by die goud uitkom. Somtyds is daar

klippe en rotse wat ons sukkel om uit te kry. Mans kan ook

seerkry. Mans raak ook bang. Mans kan ook somtyds nie `n antwoord hê op sekere vrae

nie. Daarom wil ek graag vir die manlike lesers net so iets gee om te kou. Gaan dink

daaroor manne: wat van julle seerkry en verwerping? Tim La Haye het gesê:

“What a person does is the result of what he is. If a man is weak and without principle, he

will follow the path of least resistance to an early grave. If he is hostile, self-centered,

overbearing, or domineering, he will become aggressive, troublesome, and in most cases,

lawless, respecting the laws of neither man nor God. Remember, what you are

determines what you do.”

Manne moenie toelaat dat die aanslae van die vyand julle harte in klippe verander nie.

Abba Vader, gee dat elke leser sal inneem en dit wegbêre in

hulle harte wat hulle nou net gelees het. Gee genesing in hulle

siel dimensie, sodat hulle weer die lewe en ook hulleself in die

oë kan kyk. Vader, gee antwoorde waar daar vrae is, gee

blydskap waar daar trane is, gee berusting waar daar

depressie is. Die grootste van alles is Vader, gee genade waar

daar insinking van `n siel is, sodat daardie siel weer sy of

haar eerste liefde kan ontdek, wat Sy lewe geoffer het op `n

kruis deur Sy liefde te bewys vir alles en almal wat Hom nie

ken nie.

Amen.

Hartseer in ’n koevert

Lynette Botha

Vir Sandra van Jaarsveld was die begin van die week maar soos die begin van alle ander

dae en weke. Sy staan op met ‘n lang gaap en rek lekker la-a-ank en skop haar komberse

af. Sy sien iets op haar spieëlkas, ‘n koevert. Sy spring uit

die bed en gryp die koevert. Dis aan haar geadresseer. In

Gerhard se handskrif, maar wat kan dit tog wees? Hy’s

vanmôre dan nog vriendelik hier weg werk toe. Wat sou die

brief beteken? Haar hande bewe.

Sy haal ‘n enkelbladsy uit die koevert. Bewend gaan sy op

haar bed sit en vou die briefie oop. “Liewe Sandra, Ek is

jammer, maar ek kannie meer in ‘n leuen leef nie. Daar’s iemand anders. My prokureur sal

jou vandag kontak met besonderhede oor die egskeiding .Jammer. Ek wens jou alles van

die beste toe. Gerhard.”

Sy lees die brief weer en weer en weer. Dis tog wat daar staan. Sy val agteroor op die bed

en begin hartverskeurend huil…… wat gaan aan??? Waar het sy verkeerd gegaan? Is sy so

lelik of vet? Sy voel-voel so aan haar heupe en besluit, nee, dis nie dit nie. Sy spring op en

soek na haar selfoon. “Waar is die ding tog?” praat sy met haarself en trane loop oor haar

wange. Sy voel so leeg, so seer. Hoekom! Hoekom! Hoekom!

In so baie van ons vroue se lewe gebeur die verhaal van Sandra daagliks. Daardie skielike

verwerping, die eensaamheid, die doodse gevoel in jou binneste. So baie vroue bereik

breekpunt in hul lewens en weet nie wat om te doen na so trauma in hul lewens nie. Elke

person hanteer verwerping op ‘’n ander manier. Dis so ’n teer onderwerp, en so baie

mense pleeg selfmoord en andere weer raak verslaaf aan drank en/of dwelms……

Selfmoord word aangedryf deur depressie. Dis ‘n siektetoestand a.g.v. ‘n wanbalans in

chemise stowwe wat afskei in jou brein, maar so baie kom dit nie agter voor dit te laat is

nie. Mens voel of jy in ‘n diep donker gat is en of jy alles op ‘n afstand aanskou. Die seer

van so skeiding is soms erger as die dood, want by die dood is geen verwerping

teenwoordig nie.. hier wéét jy jy’s verwerp, vir iemand anders om jou plek in te neem.

Iemand anderste is nou in jou man se hart.

Wanneer die fisiese dood aan jou deur kom klop, gaan jy deur ‘’n tydperk van rou. En soos

die tyd aanstap begin jy aanvaar dat die person weg is, maar jou “memories” is altyd daar.

Dis soos ‘n dagboek wat jy rustig kan deur blaai en glimlag oor die lekker tye saam, maar

by ‘n huwelik wat sterf, is dit mie dieselfde nie.

Eers kom die doodstyding van jou egskeiding: hy’t iemand anderste. Nou word jou

plaasvervanger aan jou bekend gestel. Jy’s nie meer nodig nie. Daarna kom die hofsaak:

die begrafnis en dan is jy alleen met wat ook al hy vir jou los. Na jy van die hof af kom is al

wat jy oorhet van jou huwelik, dalkies net ‘n foto en goed wat jul saam gekoop het.

Impulsiwiteit speel ook dan sommer ‘n reuse rol in hierdie saak. Jy raak van als wat jou

aan “hom” laat dink ontslae. Skeur als op wat jy in die hande kry. Gooi sy koffiebeker

stukkend teen die muur……… Nou moet jy weer van als af van vooraf begin. Daar kom ‘n

dag wanneer jy voor die spiel gaan staan en jy vir jouself gaan kyk asof jy jouself weer vir

die eerste keer raaksien. Jy skrik jou boeglam vir die gesig wat na jou terugstaar vanuit die

spieël en jy kom met ‘n skok agter hoe jy jouself begrawe het in jou seer.

Swart kringe onder jou oë, jou wangbene steek uit, bleek in

jou gesig en jou hare!!!!!! Dis nag!!! Skielik besef jy jy moet

iets aan jou selfdoen. Soos jy omdraai val jy oor iets en dan

sien jy hoe lyk jou woonstel. Dis net vuil klere en skoene en

leë koeldrank bottels en gefrommelde papier waar jy kyk.

Die kombuis lyk ook nie veel beter nie………

Dis wanneer jy begin om te besef iets het gesterf binne jou. Daar is ‘n doodsheid, en jy

weet jy moet iewerste begin om weer lewend te word.

Daar is hoop na egskeiding. Daar is lewe. Mens moet net jou kop skoon kry en op jou

knieë gaan, want my liewe vriendinne, daar is net een Kragbron en dit is Jesus. Ek sluit af

met ‘n teksvers uit die Woord van God en hoop dat dit iemand sal aanraak in ‘n

soortgelyke situasie:

Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op

julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir

julle siele; want my juk is sag en my las is lig. (Mat 11:28-30)

dat ’n seun gaan wees.

Die hartseer was duidelik op Hanna se gesig te

lees toe sy die dokter se spreekkamer verlaat. Dit

was asof hy die doodsvonnis oor haar uitgespreek

het. Sy woorde: Jy sal nooit kan kinders hê nie “

maal in haar kop. sy en haar man het so uitgesien

na hul eerste baba en nou hierdie nuus. Hoe gaan

sy die nuus aan hom oordra.

Hanna se ouers het geweier om hierdie nuus te

aanvaar. Hulle het gebid tot die Heer. Soms na die

stilte van die berge gegaan om te bid. Hulle het

geweet by God beskaam die hoop nooit nie. Toe

sien Lettie , Hanna se ma, ’n visie van ’n sonar

foto en sy het geweet hulle gebede is verhoor. Een

aand onder gebed wys die Here aan Lettie, Hanna

se ma, die beeld van ’n seun en toe was sy

heeltemal seker dat Hanna tog ’n baba gaan hê en

Die tyd het aangestap en steeds bly Hanna se skoot leeg. Met die tyd het sy dit al begin

aanvaar dat sy nooit ’n baba in haar arms sou hou nie. Toe gebeur die wonderwerk. ’n

Droom word waar. Alle gebede is bewaarheid daardie dag toe Hanna jubelend by die

dokter se spreekkamer uitkom. Haar hart het amper uit haar borskas gebars van blydskap.

In teenstelling met die laaste keer, kon sy nie vinnig genoeg by die huis kom om hierdie

vreugdevolle nuus aan haar mense oor te dra nie. Sy was swanger. Soos Sara van ouds het

die Here haar hoop waar gemaak. Wat dan ook heel gepas was, want Hanna se derde

naam was Sara.

Hanna het die lewe geskenk aan ’n pragtige

babaseuntjie. Op 28 Julie 2005 word ’n Engelkind met

die mooiste blou oë gebore. Op dieselfde dag as sy oupa

Frikkie. Hy was sy oupa se oogappel. Oral waar Hanna

gegaan het met klein Frikkie het mense na hom gestaar.

Hy het mense tot stilstand gebring en hulle het openlik

erken dat hulle nog nooit so ’n mooi baba gesien het

nie. Hy was Hanna se klien “Angel” Hanna het ’n klein

winkeltjie vanaf haar huis bedryf. Klein Frikkie,

vernoem na sy oupa, het bedags by haar in die winkel gebly. Hy het die mooiste glimlag

gehad en was ’n baie gesonde baba. Met die geringste teken van ’n verkoue het sy

mamma hom dokter toe geneem. Angel was baie lief daarvoor om met sy mamma te

speel. Hy het haar gesig met sy handjie gevryf en hulle het neusie-neusie gespeel.

Met sy eerste verjaardag het Hanna van Vereeniging af Welkom toe gery om Frikkie se

verjaarsdag by sy oupa hulle te gaan vier, want die tweetjies verjaar mos saam. Die 29ste

Julie neem ons foto’s. Later toe ons die ontwikkelde foto’s ontvang kry ek die

onmiskenbare reuk van blomme Ek ys tot in my voete en ek weet dat wanneer ek die

reuk kry iemand na sy ewige tuiste gaan verhuis. Later het die angsgevoel my behoorlik

eet, want ek kry weer ’n visie. Hierdie keer van Hanna wat by ’n oop graffie staan en huil

en sy is twee weke swanger.

Die oggend van die 8ste Augustus bel ek Hanna en sê sy moet tog asseblief vir Frikkie

mooi oppas.

9 Augustus: Die dag voor Frikkie se dood kom daar twee vrouens met ’n Bob haarstyl, by

die winkeltjie aan om sjokolade te koop. Hulle het na Frikkie gekyk en aan Hannah gesê

dat hulle haar seuntjie kom haal het. Hanna het die geld by die dames geneem en

geglimlag en na Frikkie gekyk en gesê dat niemand haar Angel sal vat nie, want hy behoort

aan haar. Toe sy opkyk om die vrouens se kleingeld te gee, was hulle weg. Sy het na buite

gehardloop om hulle te keer , maar hulle was nêrens te siene nie.

10 Augustus; Dit is baie vroeg in die oggend ure toe Theuns vir Hanna wakker maak. Hy

staan met Angel in sy arms. Theuns is paniekbevange en deel haar mee dat Angel nie

asemhaal nie. Sy vlieg op en ontbied nooddienste. Hulle het vir meer as ’n uur gesukkel

maar tevergeefs. By ondersoek is gevind dat Angel ’n rare virus onder

lede gehad het

Angel was weg. Verhuis na sy ewige tuiste. In hierdie tyd het Hanna

onthou van die vrouens wat by die winkel was en sy het tot die besef

gekom dat hulle twee engele moes gewees en gekom het om Hanna

te waarsku dat hulle hom kom haal. Hulle het teruggekom en die

kleine mensie kom haal na sy hemelse Pappa. Hanna was in ’n toestand en haar ouers het

haar saam met hulle Welkom toe geneem. Met klein Angel se begrafnis het Hanna

geweier dat sy haar Angel alleen sal laat ry. Haar ouers het toe die kissie in die motor

vervoer sodat Hanna tot op die einde saam met haar pragtige klein seuntjie kon wees.

Haar wonderwerkie met die pragtige glimlag en mooiste blou oë wat nou verewig stil was.

Nooit sou sy weer sy laggie hoor, in sy oë kyk , sy sagte handjies teen haar wange voel en

met hom neusie neusie speel nie. Min het sy geweet dat sy reeds op daardie tydstip twee

weke swanger was nie. Hanna was op sterk kalmeermiddels. Haar ma het ’n gevoel gekry

dat sy nie die pille moet gebruik nie. Dat dit nie gesond is nie.

Dit is vyf maande later. Hanna word wakker en sien iets op

haar bors lê. Met die eerste gewaarwording dink sy dit is ’n

spinnekop en klap dit verskrik van haar bors af, Sy staan op

om verder ondersoek in te stel na die voorwerp wat sy

afgeklap het en sien dit is hartjie wat van hare gevleg is. Sy tel

dit op. Sy versteen in haar spore. Die hare was dieselfde kleur

as haar klein Angel s’n. Sy haal ’n stukkie hare uit wat sy gebêre het na sy eerste haarsny

om dit te vergelyk. Dit het ooreengestem. In ons harte het ons geglo dat dat dit ’n

boodskap van ons klein Angel was om te sê dat hy gelukkig is en dat sy mamma ophou

moes treur en die toekoms met vrede in te gaan.

Die Here het vir ons ’n pragtige wonderwerkie gegee om ons te leer wat vriendelikheid,

nederigheid en liefde is voor Hy hom weer geneem het. Ons lief kind. Ons Angel. En die

Here het weer gegee Vier maande later is ’n pragtige babadogter gebore wat so baie na

haar boetie lyk Frik en Lettie Venter

Kinderhoekie

deur

tannie Heksie

Ronnie Renoster is hartseer.

Goggabie staan die oggend baie vroeg op. Sy voel lus vir die mooi dag. Die voëltjies in

Dennebos kwetter en sing al te vrolik. Sy rek haar monster lyfie uit en groet opgewonde

die voëls en beweeg flink deur die dennebos om na haar maats te gaan soek. Goggabie

hoor iemand baie hartseer huil. Wie sal dan so hartseer wees wonder Goggabie . Sy

wikkel haar pers en pienk monster lyfie vinniger om te gaan kyk waar sy kan help.

Goggabie sien vir Ronnie , haar renoster maatjie. Dit is Ronnie wat so huil. Voor Ronnie

op die grond lê sy boetie. Sy horing is afgesny en hy het baie pyn. ” Wat het gebeur

Ronnie ?”, vra Goggabie ontsteld. “Dit was die stropers, wat my boetie se horings

afgesny het. Hy leef darem gelukkig nog. Ek dink hy het vreeslik baie pyn. Pappa sê dis

slegte mense wat dit doen. Hulle kry baie geld vir ons renoster

horings. Die mense sê dis vir medisyne. My pappa sê dit is nonsens,

ons horings beteken niks vir medisyne nie. Die mens is geldgierig,”

vertel Ronnie. “Agge nee, dit is verskriklik Ronnie. Ek wens ons kan

iets doen”, sê Goggabie. “Ja Goggabie ons moet so gou as moontlik

iets doen. Baie renosters gaan dood . Ons is besig om uit te sterf. As dinge so aan gaan sal

daar nie meer renosters vir die nageslag wees om te geniet nie” , sê Ronnie.

“Wat raas so in die lug? “, vra Goggabie. “ Dis ‘n helikopter, die natuurbewaarders kom

kyk of hulle my boetie kan help. Hulle sal hom kom inspuit teen die pyn en sy wond skoon

maak. Kom ons skuif agter die bos in en kyk hoe hulle werk Goggabie “ , sê Ronnie .

Die natuurbewaarders werk vinnig, hulle ken hulle werk baie goed. Hulle is net so hartseer

en praat met mekaar so deur die werk. “Ai, ek is al so moedeloos.

Elke dag kry ons ‘n renoster sonder ‘n horing. Ek is net bly die een

het dit gemaak Hy is een van die gelukkigste renosters. Daar is so

baie wat dit nie maak nie “, sê bewaarder een. Ja, dit is hartseer ,

God het die aarde en alles daarop aan ons toevertrou . Ja, dit is

hartseer . God het die aarde so mooi en awesome gemaak en dan

vernietig party mense dit. In Genesis 1 : 26 en 28 sê God ons mense moet heers oor die

oor alles wat op die aarde is en oor alles in die lug en die see. Is dit hoe die mense heers

oor alles wat mooi is te vernietig “ , sê bewaarder nommer twee.

“So ja , ou renostertjie jy is baie gelukkig. Jy sal oorleef, ons sal jou more weer kom

besoek. Jy moet baie water drink en rus Jy sal sommer gou weer gesond wees. Sien jou

more weer “groet die wildbewaarders die renoster. Die wildbewaarders klim in die

helikopter en vlieg weg.

Toe die wildbewaarders weg is kom die twee maats agter die bos uit. Ronnie kom gee sy

boetie ‘n drukkie, hy is baie bly sy boetie gaan dit maak. Goggabie sien vir Moeder Aarde.

Sy is ook hartseer oor die renosters.

“Moeder Aarde wat kan ons doen om die renosters re red? “ vra Goggabie. “ Ek wens ek

het geweet Goggabie. Dit is nie lekker om die renosters so te sien nie. Die regering sal ‘n

baie groot straf moet uitdink teen die horing stropery. Ek hoor nou die dag op die nuus

dat mense soos veeartse ook al betrokke is. Ronnie en Goggabie het julle geweet ‘n

renoster horing is van keratien gemaak? “ “ Wat is keratien , Moeder Aarde ? vra

Goggabie. “ Keratien is van dieselfde stof soos mens hare en naels , Goggabie “ sê Moeder

Aarde. “Moeder Aarde my ma sê sy het nou die dag ‘n man hoor praat dat hy vir homself

‘’n Buda beeld gekoop het wat van renoster horing gemaak is. Sy vriendin was baie kwaad

vir hom. Hy sê hy is onskuldig , hy het nie die renoster dood gemaak nie “ , vertel Ronnie.“

Wel of hy dit nou gekoop het en of iemand anders die renoster vermoor het , hy is net so

skuldig. Mense moenie organisasies ondersteun deur artikels wat van die stof gemaak is

te koop nie. Kyk net hoe seer het jou boetie gekry Ronnie “ , sê Moeder Aarde vir die twee

maats. “ Dis waar Moeder Aarde ek het al my renoster trane uitgehuil oor my maatjies

wat oorlede is. Ek kan dit nie meer hanteer nie” , sê Moeder Aarde

hartseer.

Moeder Aarde dink en dink. Sy dink so diep dat daar skielik ‘n windstorm

opkom. Die bome draai en swaai hulle takke in die lug rond. Die blare

wat afval dwarrel in die lug rond. Dis net stof waar jy kyk . Skielik kry

Moeder Aarde ‘n idee en die bome se takke hou op om te swaai. “Maats

ek weet van ‘n idee hoe die mensekinders kan probeer om ‘n verskil te maak met die

renosterhorings,” sê Moeder Aarde. “ Vertel ons asseblief. Moeder Aarde elke idee al is

dit ook hoe klein kan help,” roep Goggabie opgewonde uit.

”Maats julle moet na julle klasonderwysers toe gaan, sê vir hulle

elke kin in die klas moet vir die president ‘n brief skryf . Hulle

moet in hulle eie woorde vertel hoe hulle voel oor die stropery van

die renoster horings. Jy my maat wat vandag hier lees is die

toekoms . Jy kan ‘n verskil maak. Sê ook vir julle onderwysers om al

die ander klasse en skole in jou omgewing ook uit te daag om ‘n

brief te skryf. Julle kan ook ‘n munt legging by die skool hou. Julle pak kleingeld in die

vorm van ‘n renoster uit. Die geld kan gebruik word om medisyne te koop vir die

renosters se horings wat afgesny is beter te maak. Bel julle plaaslike koerant om foto’s te

neem van die munt legging. Die briewe moet julle onderwyser aan die president stuur.

Kom jongmense maak ‘n verskil , red die renoster vir julle nageslag. “

Maats vandag gaan ons vir Ronnie en sy

familie maak. Gebruik die prentjie hier onder

en volg die stappe.

Benodighede

• ‘n plastiek 2 liter koeldrank bottel

• Swart permanente Koki

• Skêr

• Grys verf, kwaste , water, plastiek glas

• Gatjie drukker

• 30 gekleurde krale

• Gare

Maak so:

1) Knip die gladde deel van die bottel uit. Vra ‘n

grootmens om jou te help.

2) Druk die stukkie plastiek plat op die renoster

prentjie en trek die patroon na met die Koki. Maak

4 renosters.

3) Knip elke renoster uit.

4) Verf die renosters grys. Laat droog word.

5) Teken ogies en ‘n mondjie met die Koki.

6) Druk ‘n gaatjie in die ruggie en in die voorste

been van die renosters.

7) Ryg ‘n stukkie tou deur vyf kraletjies dan ‘n

renoster , ryg die gare deur elke gaatjie van renosters

dan weer 5 kraletjies . hou so aan tot al jou

renosters ingeryg is. Eindig met 5 krale. Knoop die

gare lekker styf vas aan laaste kraal.

Siedaar , jy het Ronnie en sy familie gemaak. Hang

dit op in jou kamer om jou te herinner hoe spesiaal

renosters is.

Die storie is in my boek Goggabie help die aarde , waaraan ek nog skryf. Die boek is

propvol inspirasie hoe om die aarde te help met weggooi goed.

Die donker wolk se rede

deur Emetia Heck

Toe 'n wingerdboer een oggend soos oudergewoonte gereed maak vir 'n besoek deur sy

plantasie, steek hy met skok in sy spore vas toe hy prentjie voor hom aanskou. Sy hele

wingerd is 'n pikswart wrak, aan die brand gesteek deur 'n wraaksugtige siel of dalk een of

ander natuur bui. Miljoene hoekoms jaag deur sy gedagtes en dis ongelooflik moeilik om

nie soos die huidige plantasie te voel nie ...swart en donker mismoedigheid!

Na n rukkie waag hy dit om die graad van skade te gaan vasstel en groot was sy verbasing

toe hy heel agter in sy wingerd ontdek dat 'n nuwe deel besig was om te groei. Met al die

welige takke in die pad, was hierdie nuwigheid nie moontlik nie. Nou was die

moontlikhede legio ...

'n Swart geklede skare omsirkel 'n oop graf. Alles voel in

versmorende oormaat ...die harts mense se drukkies, die peperduur

helder blomme wat die hele gedoente se grysheid probeer verbloem

...en dan ...die rebellerende emosies, weggesteek agter 'n oorgroot

sonbril ...wat weier om die werklikheid te aanvaar. Iets is weggeruk,

onverwags gesteel en nou moet jy aan 'n manier dink om die donker

grouheid binne jou te verlig.

Ons rebelleer net soos die boer as donker en koue tye ons siel beset. Ons ontleed elke

moontlike brokkie inligting en probeer die logika en rede insien ...op ons manier ...en deur

ons oë. Hierdie pikswart tydperk is grensloos. Ons harte ken baie skatte wat ons in 'n graf

moes begrawe het ...soms uit eie keuse, maar partykeer is dit uit ons lewens gepluk en

sukkel ons nou nog om aan die leemte gewoond te raak of dit met iets soortgelyks te vul.

Die ywerige mamma ken baie angswekkende oomblikke in die dokter se spreekkamer

waar hy net weer haar vrees bevestig het ...sy sal nie die vreugde

ervaar om 'n sagte lyfie teen haar vas te hou nie. Sal haar siening

oor moederskap ooit weer dieselfde wees? Watter emosies warrel

deur haar met die blote klank van 'n kinderstem? Hoe beïnvloed

dit haar gevoel teenoor vrouwees?

'n Romantikus het 'n kasteel vol drome wat hy van kleintyd af vol

maak. Sy troudag is 'n hoogtepunt ...hy kan uiteindelik sy planne uit die kasteel gaan haal

en dit toepas. Die ridder laai sy Juliet op die perd en ry weg na hul kasteel toe, wat hulle

saam nog voller gaan maak met die drome wat hulle nou saam

gaan deel. Die sprokie kry egter 'n onaangename wending as

hy ontnugter word met die gedagte dat hy alleen aan sy kasteel

bou. Juliet laat die perd buite in die koue en as hy weer tot

besef kom, dring dit deur dat hy vergeet het hoe om perd te ry

en wat sy kasteel betref ...is alles dik onder swart stof!

'n Jong dame koester al van haar vlegsel dae af die droom om 'n gehoor met die

asemrowende melodieë van 'n viool te bekoor. Weens haar ouers se finansiële situasie,

moes sy noodgedwonge hierdie droom se vlerkies knip en het sy haar beroepskeuses

uitgeoefen in die rigting van iets meer standvastig. Gaan sy ooit daardie

sensasionele instrument in haar arms kan vashou of is daardie droom

nie vir haar beskore nie?

Juan is 'n ambisieuse sakeman. Daar is egter iets belangriker wat vir

hierdie man waarde dra daarom is sy verhouding met sy werknemers

van 'n hoe en waardevolle kwaliteit. Almal wonder hieroor. Hulle weet nie dat hierdie

man 'n lang storm verduur het nie. Hy was al van kleins af gretig met nuwe idees, maar sy

selfmotivering was feitlik al dryfveer vir sy sukses. Fotorame van draad, liplekker koekies

en enigiets wat sy maats se flukse hande kon skep, het hy met vlymskerp oorredings

vermoë verkwansel. Dit het laat aande buite in die strate geverg en somtyds was die

gesigte agter die voordeure minder vriendelik. Hy het die waarde van menseverhoudinge

geleer toe hy met sy vriende moes onderhandel en ook as die potensiële kliënte hom 'n

kans gegee het om sy sjarme ten toon te stel.

Trish worstel die afgelope paar maande 'n intense sielestryd. Weens veranderings in die

maatskappy, is sy onlangs afgedank. Sy moes noodgedwonge haar lewenstyl aanpas waar

'n welige huis haar tuiste was, moet sy nou sente bymekaar skraap om 'n woonstel met 'n

vriendin te deel. Sy's nou afhanklik van ry geleenthede aangesien die fondse wat haar

verkoopte motor ingebring het, aangewend moes word vir basiese benodigdhede. Haar

afsydige houding teenoor haar hart mense moes verander aangesien sy hulle nou nodiger

as ooit het. Sy is ook vol 'n duisend hoekoms!

Ja, ons wil antwoorde hê, redes waarom ons die onaangename,

stormagtige tydperk in ons lewe moet deurmaak. Het die noodlot sy

mes in vir ons? Word ons gestraf? Ons dink onsself in 'n warboel in.

Die kinderlose ma is dalk beskore om haar toewyding en liefde te wy aan 'n sterker band

met haar lewensmaat. Die romantikus moet besluit of sy perd en kasteel veilig is by

Juliet. Die aspirante musikant leer baklei vir haar droom ten spyte van haar agtergrond.

Juan se ambisie sou nie so sterk gewees het sonder die voortdurende toewyding nie. Sou

hy suksesvol gewees het as hy toegelaat het dat een onvriendelike gesig hom afgeskrik

het? Watter ramp moes Trish eers tref voordat sy opnuut die waarde van ewige skatte

moes ontdek? Watter deel van hierdie mense moes 'n doods tydperk deurstaan sodat 'n

nuwe lewe weer moontlik kon wees?

Elke winter tydperk in ons siel verberg 'n mooi verrassing. Ons

moet net die nodige geduld gebruik om dit ten volle te ervaar.

Die wingerdboer sou glad nie die potensiële nuwe plantjie

raakgesien het as die ander takke nie teen die grond in pikswart

roet was nie ...

Gelapte stukkies vel

Daleen Venter

Ek is nie ‘n ou vir bloed en wonde nie. Ek raak paniekerig as my kinders se tone bloei of

iemand sy vinger raak sny. As ek net ‘n druppeltjie bloed sien skakel my

oorlewingsmeganisme af en ek draai soos ‘n dronk papegaai op ’n stok rond.

Wanneer hul dus sê “nie vir sensitiewe kykers nie” dan is dit nou vir my bedoel. Die aand

toe hul vir Pippie op Carte Blanché wys druk ek egter deur en verkyk my aan die wonder

wat Suid –Afrika aangegryp het. Daardie aand droom ek , ek kry lappies vel vir my gesig.

(Ek is nog altyd sensitief vir my onegalige vel) Ek droom my vel om my gesig word gelap

stukkie vir stukkie, plek- plek oorvleuel dit en maak ‘n

rofie. Die dokter sê ek moet nie aan dit karring nie en dit

los dat dit mooi aangroei. Die medici vertel my hoe mooi

dit lyk en hoe fantasties die operasie was. Ek is bly

daaroor al lyk dit nog nie heeltemal glad en egalig nie. Ek

droom toe dat ek na my familie toe gaan en gaan spog

oor my mooi vel. Maar almal sien die riwwe raak en wil

die velletjies afskeur. Ek probeer keer maar hul hou aan

dat dit sleg lyk en nie mooi gaan heel nie. Hul bly karring

aan die stukke vel tot die bloed in strome oor my gesig

loop. Gelukkig skrik ek toe wakker want soos ek reeds

gesê het verloor ek mos kop as ek bloed sien.

Die volgende oggend maak dit vir my 100% sin wat ek gedroom het. Die geestelike

funksionering van die mens werk dieselfde. Ons sien net nie die brand slagoffer se

stukkende lyfie nie. Ons sien nie die suksesverhale van hart vel oorplantings so duidelik

soos Pippie se veloorplanting nie. Ons samel nie so gretig geld in vir iemand wat se hart in

‘n swart kool gebrand is nie. Hoekom nie? Anders as fisiese beserings wat jou verlam en

totaal afhanklik maak van ander, maak hart beserings ons hardkoppig , hard, selfsugtig,

weg-stoterig. Ons onttrek van ander. Seer hartige mense is onbeskof, onvriendelik,

hoogmoedig, bakleierig, onredelik, eiesinnig. Onbeskofte, onvriendelike , hoogmoedige,

bakleierige, onredelike en eiesinnige mense is nou nie juis bejammerenswaardige mense

nie. Hul word gevloek en vervloek, geoordeel, veroordeel, verstoot, beskinder, verwerp en

vermy deur die samelewing en christene. Geen geldjies word ingesamel vir hulle, bid

groepe wat wel gevorm word is meestal veroordelend. Koerantartikels is krities,

beledigend en verdoemend.

Wanneer hierdie verbrande harte ‘n vel oorplanting kry…wat nie derduisende rande kos

nie maar meer kos as al die gekloonde vel in die wêreld , vat dit baie seerkry, drama,

spuite, trane, sagte hande, liefdevolle ondersteuning, opregte gebede, stilte tye, woede,

wysheid, tydsberekening en kennis om die nuwe lappies vel perfek aan die skoon

geskuurde rou hart te werk. Die herstellende persoon word nie noodwendig met sorg

deur die samelewing hanteer na die delikate operasie van maande nie. Die brose persoon

staan met wankelrige wit beentjies vol vuur en vlam in die ou bekende samelewing,

opgewonde om weer deel te wees van die wêreld en deel met almal sy nuwe oor gelapte

hart…ons kyk na die riwwe en onegalige vel en ons toring aan die nuwe vel. Elke afkeer

hou wat die pasiënt gee, word met minagting en beterweterigheid hanteer. Ons karring

aan hom oor jakkalsse wat van haar maar nie snaar verander, skynheiligheid word aan

hom toegeken, sy opregte bedoelings word bevraagteken, foute van die verlede word

soos skerp klippe na die brose vel gegooi.

Wanneer ons die gesogte vrede besit wat almal begeer, die helder lig van passie uitstraal

maak dit die wat dit nie het nie, seer. Hulle verstaan dit nie en doen dit nie doelbewus nie

maar hul trek mens uitmekaar. Miskien lê die antwoord juis in

die woorde dat hul dit nie verstaan nie. Omdat hul nie verstaan

wil hul dit verklaar. Omdat hul nie hierdie onvoorwaardelike

liefde verstaan nie , probeer hul dit verklaar deur dit te toets

met negatiewe reaksie. Woede, aanvallende gedrag,

veroordeling.

Soos wat ons by Jesus leer van die saad wat op verskillende

plekke geval en gegroei of doodgegaan het in die Vergelyking

van die Saaier, so is die een wat se hart vel deur die Kundige

Geneesheer oorgeplant is, die laslappie wat die toets sal

deurstaan. Die harts verandering wat net bolangs verander het, sal gou deur die wêreld se

rukkende hande weer verhard . Die skoongeskropte hart met splinternuwe vel sal die

rukkende hande saggies afweer, moedig omhels, liefdevol hul seer harte versorg en deel

wees van die span wat die volgende harts vel gaan lap.

Is die tyd ooit reg.

Hulle sê jy moet huil as iemand gebore word en dat jy

die dood moet vier. Maar hoe vier jy dit as jy die een

wat jy lief het aan die dood moet af gee. Mens moet dit

sien dat wanneer een van ons geliefdes sterwe dat hulle

aan die ander kant vir ons wag hulle wag vir ons want

eendag gaan ons almal saam die ewige lewe in gaan

saam met God. So die trane wat ons stort vir die wat nie meer

saam met ons is nie is eintlik verniet, want hulle is op n beter

plek waar daar geen meer hartseer of pyn is nie en waar daar

net geluk te vinde is. So moenie vrees vir hulle nie hulle kon nie

op n beter plek gewees het nie. Dood kom soms skielik en dit

vang jou heel onverwags dit gee jou geen tyd om jouself reg te

maak of bye te sê nie. En soms kom dood met tyd en jy kan bye

sê maar jy is nog steeds nie reg daarvoor nie. Al weet ons hulle

is in n beter plek maak dit dit nie makliker nie. Jy het altyd

daardie bekommernisse van het hulle geweet hoe jy voel het jy genoeg vir hulle gesê wat

hulle vir jou beteken. Jy wens skielik jy het hulle beter behandel. So om al die seer en

onsekerheid te voorkom leef jou lewe reg en maak seker dat die mense om jou weet wat

hulle vir jou beteken.

Tessa van der Walt

Namens die Inspirasie span wil ons graag ons diepste

meegevoel betuig aan Daleen Venter (ons berader) en

haar familie met die heengaan van haar oupa.

Michelle hierdie blad is spesiaal vir jou

Die Einde.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!