03.03.2013 Views

Inspirasie - Weebly

Inspirasie - Weebly

Inspirasie - Weebly

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

DIE PAPPA deur Pierre Vee

Eendag, lank lank gelede was daar 2 nagapies. “Nagapies” is klein diertjies – so groot soos

‘n man se hand. Hulle het lang sterte en groot blink bruin oë. Nagapies slaap dwarsdeur

die dag in groot bome van die bos, maar as dit donker word en dis tyd vir kinders se

slaaptyd, dan begin die avonture van nagapies eers. Ons storie gaan oor 2 nagapies met

die name van Brokkel & Bam-bam.

Brokkel en Bam-bam is 2 maatjies wat in 2 bome langs mekaar bly. Brokkel is die

mannetjie nagapie en hy is partykeer nogal ‘n stoute karnallie! Bam-bam is die vroutjie

nagapie en sy is baie soet en baie, baie mooi met ‘n pragtige lang wollerige stert. Brokkel

hou nogal daarvan om aan haar stert te trek van tyd tot tyd. Dan jaag Bam-bam hom in

die bos. Elke aand wanneer die groot geel son sak, kom Brokkel en Bam-bam bymekaar

om saam te speel. Hulle speel sommer baie lekker saam en dan, wanneer die son weer

opkom is dit slaaptyd vir hulle. Dan gaan hulle na hulle bedjies toe in die hoë bome en

Brokkel skree vir Bam-bam: “Nag apie!” en Bam-bam

antwoord terug: “Nag apie!” en dan lag hulle te lekker – Ha ha

ha ha ha!

Een aand toe Brokkel wakker word (want nagapies draai mos

hulle dag en nag om), soek hy sy pappa, want hy was lekker

honger. Brokkel hardloop op met die boom en af met die

boom, maar die pappa nagapie is nêrens te vinde nie. “Pappa!

Pappaaaa!” roep hy, maar pappa is weg.

“Wat gaan aan Brokkel?” vra Bam-bam. Sy kom

aangehardloop nadat sy die geraas hoor.

“Ek is honger en my pappa is weg” snik Brokkel.

“Dalk is hy in die bos besig om kos in die bos te soek, kom ons gaan soek hom” sê Bambam.

En daar gaan die 2 nagapies in die donker nag die bosse in opsoek na die pappa nagapie.

Hulle soek hierdie kant en daardie kant, hulle gaan kyk tussen die lang gras, hulle kyk

onder die klippe, hulle gaan kyk daar ver by die stroompie, hulle gaan kyk selfs in al die

gaatjies, maar hulle kry niks.

Brokkel begin te huil. “Wat as my pappa vir altyd weg is?”

“Moenie huil nie Brokkel,” sê Bam-bam “Ek is seker ons sal hom wel kry. Hier! Ek het vir

jou ‘n stukkie heuning by die bye gekry om te eet.”

Nagapies sê nooit nee dankie vir heuning nie! Hulle hou baie van die soet soet smaak wat

so op hulle tongetjies smelt.

Maar Brokkel is nie nou lus vir soetigheid nie! Sy pappa is weg en dis al waaraan hy kan

dink!

“Ek weet wat ons kan doen!” sê Bam-bam opgewonde “Kom ons gaan na die Wit Duif toe

wat in die boom bly wat op die berg is. Hy sal weet waar jou pappa is.”

Dit was nie lank nie, of die 2 nagapies hardloop so vinnig as wat hulle kan die berg op.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!