17.07.2013 Views

Vol. 254 - United Nations Treaty Collection

Vol. 254 - United Nations Treaty Collection

Vol. 254 - United Nations Treaty Collection

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

234 United Nations - Treaty Series 1956

in persoon wie se dienste wat geheel of hoofsaaklik verrig word in vliegtuie of

ander voertuie wat deur 'n inwoner van een van die gebiede in bedryf gehou

word, word as verrig in daardie gebied beskou.

4. Wanneer rente verkry word deur 'n persoon van 'n persoon (hieronder

die skuldenaar genoem) wat gewoonlik in een van die gebiede woonagtig is, en

die rente, by ontstentenis van die bepalings van hierdie paragraaf, aan belasting

in albei gebiede onderworpe sou gewees het, is daardie rente aan belasting

onderworpe slegs in die gebied waarin die skuldenaar gewoonlik woonagtig is :

Met dien verstande dat indien die skuldenaar gewoonlik in albei gebiede woonagtig

is, die rente aan belasting onderworpe is slegs in di6 gebied waarin die

rente toelaatbaar is as 'n aftrekking by die vasstelling van die skuldenaar se

belasbare inkomste.

Artikel XIII

Die belastingowerhede van die kontrakterende regerings ruil inligting uit

(dit wil s8 inligting wat ingevolge die onderskeie belastingwette van die kontrakterende

regerings beskikbaar is) wat nodig is vir die uitvoering van die bepalings

van hierdie Ooreenkoms of ter voorkoming van bedrog of vir die toepassing

van die wetsbepalings teen wetlike ontduiking in verband met die belastings

wat die onderwerp van hierdie Ooreenkoms uitmaak. Aldus uitgeruilde inligting

word geheim gehou en aan geen ander persone openbaar gemaak as di6 betrokke

by die aanslaan en invordering van die belastings wat die onderwerp van hierdie

Ooreenkoms uitmaak nie. Geen inligting word uitgeruil wat 'n handelsgeheim

of handelsproses aan die lig sou bring nie.

Artikel XIV

Hierdie Ooreenkoms tree in werking op die datum waarop die laaste van

al die dinge wat nodig is om die Ooreenkoms in elke gebied die krag van Wet

te gee, in beide gebiede gedoen is en is daarna as volg van krag :

(a) in die Unie, ten opsigte van aanslae vir die jaar van aanslag geindig

op die dertigste dag van Junie 1954 en daaropvolgende jare.

(b) in die Federasie, ten opsigte van aanslae vir die jaar van aanslag geindig

op die een-en-dertigste dag van Maart 1954 en daaropvolgende jare.

Artikel XV

Hierdie Ooreenkoms bly vir 'n onbepaalde tydperk van krag, maar enigeen

van die kontrakterende regerings kan op of voor die dertigste dag van September

in enige kalenderjaar na die jaar 1 956, kennis van opsegging aan die ander

kontrakterende regering gee, en in so 'n geval verval hierdie Ooreenkoms :

(a) in die Unie, ten opsigte van enige jaar van aanslag wat begin op of na

die eerste dag van Julie in die kalenderjaar wat volg op di6 waarin sodanige

kennis gegee is;

No. 3595

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!