01.01.2022 Views

GOSSIP GAZETTE MAGAZINE - JANUARY 2022 - ISSUE 1

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Ons gaan die oujaar uit met Covid se omicron en gaan die nuwe jaar weer daarmee binne en as ons nie oppas nie,

kom die volgende golwe daarvan wat baie mense siek maak,

hartseer maak, arm maak, onseker maak, vasketting aan

hulle huise.

Kortom beinvloed dit ons hele lewe en lewensstyl. Ons is

nie daaraan oorgelewer soos wat ons dink nie. Dit is in ons

hande. Ons verantwoordelike of onverantwoordelike

optrede gaan die toekoms bepaal.

Probeer maar om die goeie en lekker lekkers uit te soek.

Luister altyd na goeie en verantwoordelike raad. Pas jou

gesondheid op, bly fiks, bou verhoudings, veral met die

Here, jou naaste en jouself, werk hard, maak die beste

gebruik van elke geleentheid, pasop vir die invloed van

massa media, lag baie, ook vir jouself!

Agur in Spreuke 30:7,8,9 se gebed maak my baie

opgewonde, dalk meer as Jabes s’n: “7 Net twee dinge vra

ek van U; moet my dit tog nie weier nie; daarna kan ek sterf:

8 moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie;

Moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek

nodig het,

9 sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: “Wie is nie Here?” nie,

en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie.”

Sterkte met die uitdagings van geloof, ouderdom, werk, skool, sport, verhoudings, veiligheid, ekonomie en ook as

siekte en hartseer op jou pad kom.

God is getrou en sal nooit die werke van sy hande laat vaar nie (dit sluit jou in).

Groete

Arnold Smith (dr. Arnold Smith is ‘n geregistreerde pastorale berader.)

0722215671

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!