01.01.2022 Views

GOSSIP GAZETTE MAGAZINE - JANUARY 2022 - ISSUE 1

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Arnold gesels..

Hallo!

As jy hier lees is ons hopelik in 2022!

Daarom dat ek kan sê: “Voorspoedige en geseënde 2022!” Mag die jaar vir jou uitblom in heerlikheid.

Terwyl ek predikant was in Steynsrus en dit was tot Mei 2021, het ek elke Sondag ‘n kindermoment in die kerk

gehad, genoem na die bekende Jogurt en geskenkie – eiers, KInderjoy! Die bedoeling was dat die oomblik lekker

en verrrassend vir die kinders moes wees. Aan die einde van die diens kon die kinders altyd ‘n lekker uit ‘n kissie

voor in die kerk kom haal – so ‘n bederfie!

Hoekom praat ek hieroor? Eintlik wil ek oor die lekkers praat. By die U-Save in Steynsrus het ek elke Saterdag ‘n

sak gemengde sjokolade gaan koop – elke sjokolade getooi in sy mooi kleertjies van geel, groen, rooi, pers ens.

Die kinders kon uitsoek en as daar oorgebly het, het die kerkraad die res geneem om soet in die konsistorie op te

eet. Dus moes daar altyd toesig wees.

Maar nou, soos die tyd aangeloop het en besigheids mense skelmer geword het, het die sjokolade sakkie nie meer

net bestaan uit sjokolade nie, maar ook sommer met ‘n klompie toffies tussen die sjokolade. Afhangende van die

toestand van die wisseltande of ou tande kon dit maar taai wees.

‘n Lang storie om te sê dat ons jaar wat voorlê ook soos die sak sjokolade kan wees: dit kan opwindend,

veelkleurig, verassend wees en ons kan uitsien na elke geleentheid wat hom ontvou, want ek weet nie hoe dit sal

wees nie, maar ons kan sê: “Carpé Diem!” “Gryp die dag!” of soos Psalm 118:24 sê: “Dit is die dag wat die Here

gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees!”

Aan die anderkant is dit moontlik dat dit kan voel of ek elke keer die toffie kry en al die ander met die lekker

lekkergoed wegloop (soos Turkish delight in sjokolade..). Dan sê ons: “Ja, dis net my luck! Kyk hoe goed gaan dit

met ander, hulle floreer, het werk, geleenthede, maar ek bly sukkel, kry die agterkant van die lewe!” Dan vra ons of

ons altyd agter in die ry staan. Maar natuurlik is toffies ook lekkergoed, dit hou langer en maak sommer my kake

baie sterk. Uitdagings maak ons meer weerbare en afhanklike mense, mense wat in alles dankbaar is en aan God

vasklou en in hierdie proses die avontuur van die lewe ervaar.

Die vreemde van ‘n nuwe jaar is dat ons sekere “lekkers” van die vorige jaar ook oordra. Alles is nie op die oujaar

kan en klaar afgehandel nie. Ons dra baie van ons uitdagings oor na die nuwe lewensjaar. Sekere uitdagings of

probleme word dalk van jaar tot jaar oorgedra omdat ons sukkel om die toffies te bêre. Ons handel nie ons goed

van gister af nie. Ons hou die kwaad en onvergewensgesindheid binne ons. Ons stel uit om aan ons drome en

verhoudings te werk.

My raad is: kom ons maak die pakkie leeg sover ons kan, toffies en al.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!