Kamp is Lekker November 2021
Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.
November 2021HIER word stories gebouRoadtripom LesothoTOP 5LEKKER KAMPPLEKKE inVrystaatVoorblad foto deur Rikus by Grootvadersbosch Cape NatureDit is die perfekte wegbreek 20km vanaf Heidelberg Wes-Kaap
- Page 2: Beskikbaarby
- Page 5 and 6: LAAI VANDAGDIE GRATISTOEP AF!app.ka
- Page 7 and 8: Ons “trippie” rondomLesothoToe
- Page 9 and 10: CAROCHALETOns eerste oornag stop wa
- Page 11 and 12: Ons Lekker Kampplekke Isuzu het bai
- Page 13 and 14: UITHOEKOns het laatmiddag by Uithoe
- Page 15 and 16: Na ons veetrek by Uithoek, het ons
- Page 17 and 18: CORPORATE BRANDINGOur most popular
- Page 19 and 20: Sand-FreeMultimat GroundsheetStraig
- Page 21 and 22: kampplek. Snaaks…’n aanknopings
- Page 23 and 24: Ons was egter net lus om lekker by
- Page 25 and 26: toe welliswaar niemand anders as Ph
- Page 27: FIND ANYWHEREGRABOUW,WESTERN CAPESL
- Page 31: VALSCHFONTEINVroeg die 9de Oktober,
- Page 35: Freshly brewed for life’s adventu
- Page 39 and 40: Ice Cold Anywhere!
- Page 41: Our Seatcovers are madeusing a synt
- Page 44 and 45: 2. Bassfeather Country LodgeBassfea
- Page 46 and 47: Flexopower has launched the Lithium
- Page 50 and 51: With You For The Long RunEXPLORE TH
November 2021
HIER word stories gebou
Roadtrip
om Lesotho
TOP 5
LEKKER KAMPPLEKKE in
Vrystaat
Voorblad foto deur Rikus by Grootvadersbosch Cape Nature
Dit is die perfekte wegbreek 20km vanaf Heidelberg Wes-Kaap
Beskikbaar
by
Bespreek vandag nog
info@debakkesantos.co.za |0760587135 | WhatsApp 064 783 6486
LAAI VANDAG
DIE GRATIS
TOEP AF!
app.kampislekker.co.za
Beste Kamp Toep in SA
CONFIDENT READY SAFE
TM
the byrna hd
EFFECTIVE PROTECTION
ALWAYS READY ALERT
less-lethal self-defence
LESS-LETHAL SECURITY
A POWERFUL, EXTREMELY EFFECTIVE CO2-POWERED PERSONAL SECURITY DEVICE
SAFE ALERT PREPARED
SELF-DEFENCE CONTROL
The patented
mechanical piercing
CONFIDENT READY SAFE
mechanism allows
the gas cylinder to sit
unpierced, ready to go.
EFFECTIVE PROTECTION
When the trigger is pulled, it
ALWAYS
simultaneously pierces the cylinder and
READY ALERT
shoots the first projectile.
LESS-LETHAL
The pepper filled ball projectile burst upon impact and
SECURITY
neutralizes the threat.
SAFE ALERT PREPARED
GET YOURS AT
SELF-DEFENCE CONTROL
CONFIDENT
NO PERMITS REQUIRED | NO BACKGROUND
READY
CHECKS | NO WAITING
SAFE
PERIODS
EFFECTIVE PROTECTION
ALWAYS READY ALERT
LESS-LETHAL
info@byrna.africa 086 182 0031
SECURITY
D’Urban Square, 26 Bella Rosa St, Rosenpark, Cape Town, 7550
@ByrnaAfrica
SAFE ALERT PREPARED
Ons “trippie” rondom
Lesotho
Toe daardie laaste skoolklok lui vir die sluit van die derde kwartaal, kom my seun, Karlo, met ‘n groot glimlag verby
gehardloop. Hy gaan skool op ‘n plaas net buite Riversdal, Hoër Landbouskool Oakdale. Na 2 minute is hy terug by die
bakkie…”Ons kan maar ry pappa” – en ek sê vir hom…”Jy het dan nog jou skoolklere aan”, waarop Karlo antwoord: “Ek
weet pappa, ek het net my skoolbaadjie in my koshuiskas gaan
bêre, ons kan maar ry…ek wil nie tyd verloor nie – dis vakansie…ek
sal êrens langs die pad gou ander klere aantrek.” En, op daardie
opgewonde en positiewe noot het ons die 10 dae vakansie
aangepak…Ons “trippie” rondom Lesotho – eindbestemming ATKV
Drakensville en ATKV Natalia.
Eerste stop by ‘n Padstal was by The Apple Crate Farmstall
voor UNIONDALE. LEKKER ROOSTERKOEK
By Oppi Vlak padstal tussen
Willowmore en Aberdeen kon
ons nie anders on net gou weer
te stop vir ‘n koffie nie.
By Graaf-Reinet het ons bietjie stil
gestaan Recollection Rides om ns die
ou motors te kyk.
CAROCHALET
Ons eerste oornag stop was by Middelburg, net
anderkant Graaf-Reinet – ons wou soveel as
moontlik kilo’s agter ons sit vanaf Riversdal,
sodat ons die volgende dag rustiger die pad kon
geniet. Ons het vroegaand aangekom by
Carochalet en die dame het gesê dat ons enige
plek op die kampterrein kon staan, maar dat sy
voorstel dat ons sommer digby die
ablusiegeboudjie opslaan. Die geboudjie is toe
eintlik baie oulik – ‘n klein sitkamergedeelte, ‘n
kombuisie met opwasgeriewe, ‘n eetkamertafel
met stoele waar ons lekker kon sit en eet en dan
die badkamertjie met ‘n stort, wasbak en toilet.
Buite die klein ablusieblok is ‘n sementblad met ‘n
tuinstelletjie.
Carochalet is in die middel van die dorpie Middelburg, in die Oos-
Kaap op die N9 tussen Colesberg en Graaff-Reinet geleë. As jy
eers by die hek van die terrein inry, kan jy nie jouself indink dat jy in
die middel van ‘n dorp is nie. Daar is 6 ongemerkte staanplekke,
almal met elektrisiteit. Die gronde is goed versorg en daar is selfs
‘n swembad waar kampeerders kan gaan afkoel na ‘n lang dag se
konsentreer op die pad. Behalwe die kampterrein in daar ook ‘n
verskeidenheid van selfsorgkamers en eenhede waarin jy kan
oorbly oppad na jou bestemming. Carochalet is bekostigbaar en ons sal weer daar stop vir oornag in die toekoms.
CAROCHALET
Tel: 082 253 9911
www.carochalet.co.za
S 31° 29.580" and E 24° 59.990"
Die volgende oggend het ons net na 6-uur die oggend in die pad geval – hierdie
keer oppad na een van ons lekker kampplekke, Uithoek.
Net voor Steynsburg het ons verby ‘n plaas gery – daar is
’n vreeslike groot fiets op die ingangsmuur aangebring.
Ons te draai, want ons was eintlik al almal lus vir ‘n bietjie
boeretroos. Toe ons op die plaaswerf stop, hoor ons ‘n
rasperstem vanaf die plaashuis…”Hak maar af!! Die paaie
is mooi en jy is lekker vroeg vir trap!” En daardie
rasperstem was oom Charles, trotse eienaar en heerser
oor die plaas. Rikus het gou vertel dat hy eintlik nie daar
is vir fietsry nie (net nie nou nie – ons sal beslis weer
kom), maar dat ons opsoek was na ‘n bietjie koffie. Oom
Charles het toe met ‘n groot glimlag vertel dat ons op die
regte dag en plek daar by hulle gestop het, want een keer
‘n maand, op ‘n Saterdag, hou hy en sy vroutjie ‘n boerebasaar
op die plaas. Hy vertel dat hy eintlik alombekend
is vir sy lekker hoendersosaties, maar dat die tannie se
vars pasteie ook baie lekker is. Ons het toe lekker koffie
bestel en terwyl ons die melk inroer, het die pasteie net uit
die oond gekom. Jammer
oom Charles, volgende keer
is dit die sosaties…die
pasteie se reuk was net te
lekker en was ontbyt toe
sommer lekker koffie en
Trek-2-Teebus-Pasteie!
Daarna moes ons groet,
maar ons gaan beslis weer
by oom Chales ‘n draai maak
– die oom het laat ons
belowe. Webblad:
www.trek2teebus.co.za
Ons Lekker Kampplekke Isuzu het baie aandag
getrek voor die Spar in Burgersdorp en ons moes
maar vining leer om ons Spar sakkies styf vas te hou
as jy stop om jou braaibroodjie bestandele te koop.
Niemand gryp my Spar sakkie nie.
Caritas Werfbederf
Geleë op die R26 en 23km vanaf Ladybrand Vrystaat.Die opstal bied sy
gaste met akkommodasie opsies wat wissel van selfsorg
woonwastaanplekke, Bekostigbare Akkommodasie, asook Troeteldier
vriendelike Deluxe Eenhede. Elkeen van hierdie tipes akkommodasie het 'n
toegeruste braaiplek beskikbaar, omring deur rustige en asemrowende
uitsigte, met ontbyt & aandete as opsionele ekstras.
Kontak: +27825701092 booking@caritaswerfbederf.co.za |
www.caritaswerfbederf.co.za/
The Cabin Farmstall & Deli op die R26 voor Ficksburg
was di tweet tyd vir kuier en koffie. Die Cabin bied die
moeë reisiger 'n lekker etes, plaaslike produkte en
handgemaakte kunsvlyt.
1 2 3 4 5
1
2
5
K: 079 492 5976 | thecabinfarmstall.deli@gmail.com
Constantia Cherry Farmstall op die
R26 Moes net gou stop vir ‘n
melktertjie
a b c
Oop: Maandag tot Sondag
(en alle vakansiedae)
08H00 – 17H00
https://constantiafarmstall.co.za/
constantia@ntelecom.co.za
3
a
b
4
c
UITHOEK
Ons het laatmiddag by Uithoek aangekom.Wat ‘n
pragtige kampplek! Al wat ek aan die eienaars kan sê
is…Well done – julle vaar uitstekend.
Uithoek is ‘n pragtige kampplek op ‘n plaas, geleë naby
Fouriesburg in die Vrystaat – op die Bethlehem pad en
ook naby die dorpie van Clarens.
Met ons aankoms is ons baie vriendelik verwelkom deur
Anne-Marie en De Wet. De Wet het dan ook vir ons ‘n
inligtingsblad gegee vir die 5km staproete – maar
natuurlik het Rikus en Karlo eerder die roete met die
Darrvin e-bikes aangepak die volgende dag. Die uitsig
vanaf die roete is asemrowend en beslis die moeite werd
om die 5km aan te pak.
Uithoek se Kampterrein is op lowergroen grasperke.
Daar is genoeg staanplekke met genoegsame
koeltebome. Daar is ook ‘n paar geboude lapa’s waarby
kampeerders saam kan kuier. Met ons aankoms by
Uithoek was daar hoeka ‘n lekker groot groep wat op
verskillende staanplekke gekamp het, maar wat dan by
een van die lapa’s saamgekom het om te kuier en lekker
gesellig te verkeer. Al die staanplekke het elektrisiteit en
waterkrane. Die staanplekke is aan die voet van ‘n pragtige
hoë krans en ek kon my verkyk aan die natuurskoon van die
area om die kampterrein. Elke staanplek het ook ‘n los braaier
wat jy kan rondskuif sodat jy lekker kan braai.
Wat regtig ook uitstaan by Uithoek, is die netheid van hulle
pragtige ablusiegeriewe. Ek gee vir hierdie kampplek volpunte
vir die mooi ablusiegeriewe wat hulle aan kampeerders bied.
Daar is selfs ‘n groot uitkyk-vensters dat jy op die pragtige
krans kan opkyk terwyl jy by die wasbakke besig is.
Die swembad se blink blou water is ook ‘n groot lafenis en
mens kan luilekker om die swembad kuier voordat jy gaan vuurtjie aansteek vir die aand se lekker braai.
Ek wil regtig vir kampeerders van die omliggende omgewing uitnooi
om hierdie pragtige kampplek te besoek – so ook reisigers wat
elders heen oppad is en vir Uithoek op jou pad vind na jou
bestemming – hulle is beslis ‘n besoek werd. Behalwe die sowat 50
kampplekke, is daar ook pragtige selfsorg eenhede met die mooiste
uitsigte, maar natuurlik het ons eerder gekamp.
Uithoek – ons hoop om sommer gou weer by julle pragtige
kampplek te kom tentpenne vasslaan.
UITHOEK
www.uithoek.com
Tel: 062 505 6854
-25.5425838 , 28.2135354
Na ons veetrek by Uithoek, het ons by Clarens stilgehou,
hierdie keer net om diesel in te gooi, want ons wou graag
vinnig in die pad val om meer tyd te bestee deur die roete
by Golden Gate. Golden Gate kry sy naam naam van die
helder skakerings van goud wat deur die son op die
sandsteen kranse gegooi word. Die imposante Brandwagrots
is veral indrukwekkend. Die Golden Gate Nasionale
Park is in 1963 gestig met die uitsluitlike doel om die
sandsteenformasies te beskerm wat eens die skuiling vir
Boesmans was. Ons het langs die roete gestop en eers
die e-bikes afgelaai om ‘n entjie met die fietse te ry – wow
– dit was ongelooflik…Golden Gate het beslis nie
teleurgestel nie!
En toe was dit net so 80km verder se ry na ons
bestemming, ATKV Drakensville…LEKKER!!.
Ammo Cover 2-Up
CCB001
SKU:
Clothing Bag Deluxe
CCL001
SKU:
Ammo Pouch Quarters
CCB004
SKU:
Kitchen Caddy
CCH009
SKU:
Multi-purpose Bag
CCL007
SKU:
Bundu Bag
CCK001
SKU:
INNOVATIVE STORAGE
SOLUTIONS
Discover the
pilgrim within you!
021 905 5005 | info@campcover.co.za
www.campcover.co.za
CORPORATE BRANDING
Our most popular corporate gift is our FLAT PACK basic
Option 1 | R575 each | Minimum order of 20+
• R500 once off fee for new customers / artwork
• R59 each to laser cut logo onto 1 panel
• FREE branding on aluminium tongs & carry bag
Option 2 | R540 each | Minimum order of 50+
• R500 once off fee for new customers / artwork
• R55 each to laser cut logo onto 1 panel
• FREE branding on aluminium tongs & carry bag
Option 3 | R495 each | Minimum order of 100+
• No once off fee
• FREE laser cut logo onto 1 panel
• FREE branding on aluminium tongs & carry bag
We recommend laser cut onto 1 panel only to ensure no heat loss. Aluminium tongs are laser engraved and carry bags are
screen printed (1 colour only). Price is dependent on the items and quantities. All prices are excluding VAT.
We design and manufacture according to YOUR NEEDS so please contact us for more options:
Combining logos | Digital printing on the carry bags | Custom sizes | The possibilities are endless!
FLAT PACK MINI / biker FLAT PACK camper FLAT PACK deluxe
FLAT PACK deluxe long boma Or custom made to your needs
WWW.CAMPROD.CO.ZA
INFO@CAMPROD.CO.ZA | 082 325 5043 | 38 Fabriek street, Gants Plaza, Strand, rsa
VET
PRET
VA
KAN
SIE
Waar anders as 'n ATKV-oord?
See, berg of Bosveld. Daar is 'n ATKVoord
wat aan jou wegbreekbehoeftes
sal voldoen! Besoek ons webwerf vir
opwindende promosies!
www.atkvoorde.co.za
atkvoorde
www.facebook.com/ATKVOORDE
Sand-Free
Multimat Groundsheet
Straight:
Sizes:
1.5 x 1.5m
1.5 x 4.0m
3.0 x 3.6m
3.0 x 4.5m
3.0 x 5.4m
3.0 x 6.5m
3.0 x 7.5m
Reversible:
Green one side
Grey other side
L-Shape:
Sizes:
Medium Large 4x4
3m
2m
2m 3.5m
5m
3m
5m
2m
3m
3m
5m
1.5m
6.5m 5m
Reversible: Grey Only
3.5m
2m
1.5m
3.5m
Visit our website for a variety of sand-free beach products available
CGEAR Africa
cgear_africa
ATKV DRAKENSVILLE
ATKV DRAKENSVILLE
Goeie more en baie welkom by ATKV Drakensville!! Ons
kon die spontane glimlag in die groet hoor en met
daardie vriendelike verwelkoming het ons geweet…By
ATKV Drakensville gaan ons sommer baie lekker kamp!
Ons het vinnig probeer kamp opslaan, want ons wou gou
deel voel van die gemoedelike atmosfeer wat deel is van
die Drakensville kampterrein…Kampeerders wat
verbykom en vriendelik groet, kinders wat met groot
lekkerte verbyhardloop na een of ander kamp-aktiwiteit
of ouma en oupa wat lui-lekker verbystap oppad na die
Koswerf toe. Ons kon dadelik sien dat almal hulself
vreeslik geniet en dat ATKV Drakensville beslis ‘n lekker
kampplek is waar een en almal deel voel van die kamp –
en daarom ook weer en weer hier kom tentpenne
vaskap.
Ons vriendelike kamp-buurman, ‘n skoolhoof van
Lichtenburg, het vir ons vriendelik verwelkom en vir ons
kom se van watter kant af die wind waai, sodat ons kon
besluit hoe om ons kamp op te slaan – dis altyd lekker
as die bure dadelik kom kennis maak en bietjie advies
gee…dit laat mens dadelik welkom voel by die
kampplek. Snaaks…’n aanknopingsgesprek oor die
wind is meestal aan die orde van die dag as jy by jou
nuwe staanplek aankom.
Die ruim staanplekke by Drakensville het ‘n plaveiselblok
sodat elkeen se kamp-opset lekker kan staan (elke
staanplek is sowat 11m x 12m groot). Daar is ook
heelwat staanplekke met genoegsame skaduwee.
Alhoewel die oord met staanplekke baie groot is, voel
kampeerders nie dat hulle op-mekaar staan nie en kry jy
werklik die gevoel van ruimte en asem-skep. Die
ablusiegeriewe word deurentyd baie skoon gehou – ek
het een aand selfs 21h00 die ablusie besoek en daar
was toe steeds ‘n personeellid wat besig was om seker
te maak dat die ablusiegeriewe in ‘n uiters netjiese
kondisie is. By hierdie oord word daar ook gesorg dat
daar vroegoggend weer skoongemaak word, sodat ‘n
mens skoon ablusiegeriewe kan geniet met jou eerste
vroeg-oggend stort. Daar was deurentyd genoegsame
warm water by die ablusie – so dit was ‘n lafenis om gou
in die oggend klaar te maak vir die dag se pret en plesier
wat by die oord aangebied word. Dis asof almal
oorgehaal is om die dag se aktiwiteite by die oord aan te
pak en te geniet.
By ATKV Drakensville is daar geen rede om verveeld te
wees nie. Van monster-skaak, swem in die koue of
onderdak warmwater swembad (lekker!!!), op die
springmatte baljaar of om te gly met die waterwurm is
maar ‘n paar doendinge om oud en jonk mee te vermaak.
Daar word ook ‘n propvol vakansieprogram aangebied
en op so ‘n wyse word die kinders aan mekaar
bekendgestel en word daar sommer gou hegte vakansievriendskapbande
gesmee. Die seuns was veral
opgewonde om te kon spanne maak om teen mekaar
rugby te speel…daar was ‘n dapper meisiespan wat ook
deelgeneem het! En dan word daar ook Berg-spierkaskenades
aangebied…en ek haal my hoed af vir die
meisie wat daar vir die seuns en mans ‘n ding of twee
gewys het. Dit is opvallend dat die personeel van ATKV
Drakensville presies weet hoe om kampeerders aan die
gang te hou…sodat almal later lekker moeg en met ‘n
breë glimlag om die braaivleisvure kan sit om van die dag
se verrigtinge te vertel. Vir die dames is daar ook ‘n
lekker bederf - ‘n skoonheidsalon waar daar allerlei
behandelings aangebied word terwyl jy by die oord
kamp. Onthou dus om vroegtydig by pappa te skimp vir
‘n lekker massering by die oord se salon.
Die oggend na die rugby wedstryde het ek vroegoggend
wakker geword van iemand wat agter ons tent oor ‘n
telefoon praat – ek kon agterkom dat dit ‘n tienermeisie
was. Aan haar praat kon ek ook agterkom dat sy deel
was van die meisie-rugbyspan
wat die vorige dag deelgeneem
het aan die rugby-pret. Sy het
gesê …”Ouma, ek weet nie
waar hy bly nie en ek weet ook
nie wat sy naam is nie, maar
Ouma…in die rugbywedstryd
was hy so stip gefokus op my as
ek die bal kry…ek dink ons het
nou iets aan.” Ek het stilweg net
lag gekry vir die pure onskuld
van die jong meisie – so het
daar dalk al baie
vakansieromanses
ontstaan…Hierdie spesifieke
meisie moes dalk net eers
uitvind wie haar rugbyspeler is
met wie sy nou “iets aanhet” en
hoop haar rugbyspeler was wel
op haar gefokus en nie op die rugbybal nie…Wonder wat
haar ouma van haar romanse-storie gedink het. Dalk het
dit haar herinner aan haar eie jongmeisie dae by een van
die ATKV kamp-oorde waar sy vir oupa ontmoet
het…ons sal nooit weet nie.
Terug by die kamp… Ons skoolhoof-buurman en sy vrou
het elke oggend vroeg klaargemaak en van die oulike
kuier-plekkies in die omgewing gaan besoek voordat
hulle dan bietjie later weer teruggekom het kamp toe.
Hulle het ons vertel van die lekker pizza restaurantjie en
Ons was egter net lus om lekker by die oord self te
ontspan.
Ferdi Pieterse het ons ook een oggend met die golfkarretjie
kom oplaai en vir ‘n toer deur die oord geneem.
Hy is deel van die oordspan en het vir ons opgewonde
vertel van die geskiedenis van Drakensville en van wat
nog alles vir die oord beplan word. Hy het beslis ‘n
passie vir die oord en om met mense te werk is ook vir
hom baie lekker. Hy is beslis ‘n aanwins by ATKV
Drakensville. Daar wag beslis nog groot en lekker dinge
vir ATKV Drakensville – en ons is saam met Ferdi
opgewonde oor die vooruitsigte!
Die Lekker Kampplekke span het vanaf die Wes-Kaap
gery om hierdie lekker oord in Kwazulu-Natal te kom
besoek en sal beslis weer hier kom kamp. Die oord is
egter slegs sowat 3 ure se ry vanaf Johannesburg of
Bloemfontein – en slegs 2 en ‘n half uur se ry vanaf
Durban. Kom kamp gerus hier, Lekker Kampplekke sal
beslis hierdie kampplek as een van die lekker
kampplekke in Suid-Afrika aanbeveel. Maak so gou as
moontlik jou volgende bespreking by ATKV Drakensville
– dit is die kamp die moeite werd! En onthou – as jy nie
lus is vir kamp nie, is daar ook ‘n verskeidenheid van
selfsorg akkomodasie waarin jy en jou familie kan kom
ontspan.
Ons was regtig nie lus om op te slaan by ATKV
Drakensville nie, maar het darem die troos gehad dat ons
aanskuif na ‘n volgende ATKV oord. ATKV Natalia was
volgende op ons kamproete…LEKKER!
die lekker wynkelder wat nie te ver van die oord af is nie.
Dus, as jy lus het om die dag ‘n bietjie uit te ry – is daar
beslis ‘n paar plekke in die omgewing wat jy kan besoek.
ATKV DRAKENSVILLE
WOONWA-EN-KAMPEERTERREIN
(80 STAANPLEKKE)
Kontak nommer: 036-4386287
Naaste dorp: Bergville (40km)
GPS: S 28.613120 E 29.124420
Webblad: https://drakensville.co.za/
ATKV NATALIA
ATKV NATALIA
Oppad na ATKV Natalia, het ek ‘n sms vanaf Natalia se
oordbestuur ontvang met ‘n skakel na ‘n elektroniese
intekenvorm. Loret kon dus sommer op die pad reeds
inteken met al die besonderhede wat die oord benodig
vir ons paar dae se kamp en ontspan by ATKV Natalia.
Dit is toe ook so, toe ons indraai by ATKV Natalia, sê die
man by die toegangsbeheer dat ons reeds ingeteken is
en het ons maklik verduidelik waar ons staanplek was.
Ek was beslis beïndruk met die flinke diens!
Natalia is net 40 km suid van Durban en ‘n heerlike
tropiese paradys! Behalwe vir die kampplekke, is daar
ook ‘n blok selfsorg woonstelle vir gaste wat nie wil kamp
nie.
By ons staanplek aangekom, was die weer nog nie reg
om op te slaan nie…ons was nie dadelik lus om in die
reën tentpenne vas te slaan nie. Ons het toe besluit om
eers by die oordbestuur te gaan inloer voordat ons iets
lekker te ete by die Koswerf sou gaan nuttig.
Phillip du Plessis is die vermaakkoördineerder /
bemarker van ATKV Natalia. Sommer met die intrapslag
en kennismaking kon ons sien dat hierdie man ‘n
onophoudbare lewenslus het en het hy dadelik vir ons
van sy passie vir die oord vertel. Ons sou deur die loop
van die paar dae se kamp presies sien hoe opgewonde
Phillip regtig oor sy pligte by die oord is.
By die Koswerf word die lekkerste pizza’s, spaghetti
bolognaise, slap tjips, roomys, warm en koue drankies te
koop aangebied – om maar ‘n paar te noem. Ons het op
die stoep gesit en ons eetgoed geniet, toe ons ‘n
bekende stem oor die luidsprekers hoor blêr …En dit was
toe welliswaar niemand anders as Phillip du Plessis nie!
Alhoewel dit steeds gereën het, was Phillip weer op sy
pos om die vakansiegangers aan die gang te hou…en
hy het homself beslis goed van sy taak gekwyt. Een van
die speletjies wat hulle gespeel het was NOOT VIR
NOOT. Dit was baie komies om te sien hoe die ouer
persone opvlieg en na Phillip toe hardloop as hulle een
van die ou liedjies van toeka se dae herken het. Toe “Es
‘n dapper muis” begin speel, het daar sommer ‘n hele
paar gryses-van-dae vorentoe gehardloop – die kinders
moes maar bontstaan met die paar manne wat verwoerd
vorentoe gebeur het om eerste by Phillip uit te kom…Die
man wat die prys toe wen vir “Dapper Muis”, was BAIE
opgewonde. Hy en sy vrou het later verby ons gestap
waar ons by die Koswerf gesit het…sy vroutjie het
vasberade vooruit gestap en hy agterna met ‘n groot
glimlag op sy gesig (so asof hy ‘n bak room gekry het)
en teen haar rug vasgesing…”Ek’s ‘n dapper muis”. O
jitte, ek dink sy moeilikheid was naby, want mamma was
nie baie ingenome met hom vir een of ander rede
nie…Maar ag wat – as pappa vanaand se
braaivleisvuurtjie aansteek en vir haar ietsie skink was
alles seker weer reg…Ek hoop so vir die Dapper-Muis-
Omie se part.
Die ontspanningsterrein by ATKV Natalia beskik oor ‘n
lekker groot swembad met ‘n kleiner swembadjie vir die
kleiner kinders. Die waterwurm is ook ‘n groot
aantrekking en dan geniet oud en jonk ook om die puttputt
te speel of om te kyk wie die beste skuiwe by die
reuse-skaak kan maak – skaakmat! Die springmatte hou
oud en jonk besig en die strand-volleyball hou die
kompeterende kampeerders op hulle tone. Daar is ook
‘n lokaal waar die jong klomp teen mekaar kan pool
speel. Wat ons veral geniet het, was die braaigeriewe
wat by die swembadarea is. Daar is ‘n klomp braaiplekke
langs mekaar met kuierbankies, dus kan kampeerders
sommer by die swembadarea braai of potjie maak sodat
hulle steeds deel kan voel van die aktiwiteite wat by die
swembadarea aangebied word.
Ons staanplek het ‘n uitsig oor die see gehad en was ‘n
entjie van die spoorlyn, maar ek kan julle verseker dat
die treine wat soms nou en dan verbykom regtig nie
enige steurnis is nie. Daar is ‘n sekuriteitskantoor by die
brugoorgang wat oor die treinspoor na die strand lei.
Dan as jy aan die anderkant van die brug is, is daar ‘n
houtpaadjie tot by die strand waar jy lekker tussen die
branders kan baljaar. Die oord is nogal groot, so daar is
ook heelwat staanplekke wat selfs op ‘n ander terras
geleë is. Die tuine by die oord is goed versorg en dit was
vir ons lekker om te gaan stap deur die oord se
kampterrein om te sien hoe die ander kampeerders hulle
kamp uitsit en opslaan.
Terug by ons staanplek het die weer opgeklaar en kon
ons gou kamp opslaan en ons vuurtjie aan die gang kry
– saligheid. Ons het toe ook met al die buurkampeerders
rondom ons kennis gemaak…en
weliswaar, een van ons bure is toe weereens ‘n
skoolhoof. Ons wil graag die kinders van SA bedank dat
hulle die skoolhoofde van die land aan die kamp
hou…lol.
Daar is verskeie ablusieblokke in die oord. Die ablusie
wat ons gebruik het, was digby ons staanplek. Die
ablusie was deurentyd pynlik netjies gehou deur die
personeel aan diens. Daar is ook ‘n munt-wassery vir
wasgoed en droog sodat jy nie met vuil klere hoef terug
te keer huis toe nie.
Te gou was ons paar dae by ATKV Natalia op ‘n einde –
as mens mos pret het gaan die tyd net te vinnig verby,
maar ons gaan beslis weer binnekort by hierdie pragtige
oord gaan kamp. Maak vir jou en jou gesin ‘n bespreking
by ATKV Natalia – jy sal beslis nie spyt wees nie.
Volpunte vir ATKV Natalia!
Kontak nommer: 031 - 916 4545
Naaste dorp: Winkelspruit (3km) Durban (40km)
GPS: S 30.12193 E 30.84570
Webblad: https://natalia.co.za/
FIND ANYWHERE
GRABOUW,
WESTERN CAPE
SLIMLINE II ROOF RACK
ROOF TOP TENT
GAS BOTTLE HOLDER
WATER TANK & MOUNT
DOUBLE JERRY CAN HOLDER
YOUR JOURNEY CONTINUES WITH
OFF-ROAD TOUGH ADVENTURE GEAR,
SO YOU CAN FIND YOUR ANYWHERE.
#FINDANYWHERE
FRONTRUNNEROUTFITTERS.COM
ROOF RACKS | ACCESSORIES | ADVENTURE GEAR
https://www.skemer.shop/
sales@skemer.shop
VALSCHFONTEIN
Vroeg die 9de Oktober, het ons weer die pad aangedurf,
terug Wes-Kaap toe.
Ons oornagstop was by Valschfontein Karavaanpark. Die
karavaanpark is ‘n oornagstop op ‘n plaas in die
Sterkfontein omgewing, sowat 60km vanaf Queenstown.
Die plaas is naby die N6 en ideaal vir gaste op die Route 56
tussen Molteno en Dordrecht of vir gaste wat reis op
roete tussen Gauteng en Oos-Londen.
Behalwe vir die kampplekke is daar ook selfsorg fassiliteite
beskikbaar. Die ablusie en kombuis was pynlik netjies. Met
ons besoek het die oom op die plaas aangebied dat ons
sommer in sy karavaan oorslaap, synde ons die volgende
oggend bitter vroeg weer in die pad moes val. Ons het die
gebaar baie waardeer en het beslis gebruik gemaak van die
aanbod.
Die volgende oggend kon ons vroeg opstaan en net die
paar goedjies in die bakkie laai. Dit was bitter koud
daardie oggend en die oom vertel ons dat dit al -19 grade
op die plaas gemeet was.
VALSCHFONTEIN
+2782 928 0442
Ons het laatmiddag weer by die huis gearriveer – moeg van die lang
dag se ry op die pad, maar met dankbare harte vir 10 dae se lekker
kamp. Ons maak weer so!
KAMPWENK
Belangrike dinge wat kampeerders hulself behoort af te vra
voordat hulle ‘n bestemming kies, sluit in:
• Is daar elektrisiteit en warm water by die kampplek?
• Winter: is daar staanplek waar ek die meeste van die dag lekker in die sonnetjie
kan bak? Somer: is daar bome vir skaduwee?
• Is die kampterrein troeteldier-vriendelik? Dis immers lekker om so nou en dan die
viervoetige vriende saam te neem om te kamp.
• Wat is die toestand van die grondpad na die kampplek? Benodig ek ’n hoër
grondvryhoogte of 4x4?
• Wat is daar vir die kinders om te doen by die kampplek?
• Is daar ‘n winkel vir die goetertjies wat tuis vergeet is? Kan ek hout uit die
omgewing optel of of by die kampterrein koop?
Freshly brewed for life’s adventures
Enjoy gourmet coffee on the go!
w w w . p r o t e a c o f f e e . c o . z a
i e t r o t s e b a n d e b o r g v i r
D
e k k e r K a m p p l e k k e s e
L
s u z u b a k k i e
I
w w w . l e k k e r k a m p p l e k k e . c o . z a
Ice Cold Anywhere!
Kontak: Mark
0734252938
Our Seatcovers are made
using a synthetic fabric
which is incredibly tough,
100% waterproof and
extremely comfortable to
sit on. A range of colours
is available to suit most
modern design trends.
www.takla.co.za
Vrystaat Vlaktes
LEKKER KAMPPLEKKE | Top 5: Limpopo
Suid-Afrika is bekend as ‘n land met van die héél mooiste natuurskoon ter wêreld en Rikus van
Lekker Kampplekke meen die beste manier om dit te ervaar, is natuurlik om te kamp
1. Tava Lingwe Game Lodge
Tava Lingwe Game Lodge is heerlik verwyder
van die stadsgeraas en bied besoekers saligheid
vir die siel. Elkeen van die 80 staanplekke beskik
oor sy eie kragpunt en die gemeenskaplike
ablusiegeriewe word netjies onderhou (daar is ook
twee familie badkamers). Die jongklomp word
heerlik besig gehou met ‘n groot swembad,
speelarea, tafeltennis, minigholf, snoekertafels,
buitelug-skaak en ’n vlugbalbaan. Verder is daar
heelwat staproetes vir besoekers asook wildsritte.
NAASTE DORP: Vredefort / Viljoenskroon (25 km)
WINKEL: Ja
TROETELDIERVRIENDELIK: Nee
VISVANG: Nee
SELFOONOPVANGS: Beperk
TOEGANKLIKHEID: Teer
TARIEWE: R400 per nag, per staanplek vir een voertuig en vier mense per nag (tot ses mense
per staanplek word toegelaat – addisionele koste word tydens bespreking bevestig).
*Verskeie selfsorgeenhede is beskikbaar wat wissel vanaf R520 per nag.
KONTAK: +27 71 179 5833 | info@tavalingwe.co.za | www.tavalingwe.co.za
2. Bassfeather Country Lodge
Bassfeather Country Lodge is ‘n
weggesteekte juweel, sowat 2 ure se ry
vanaf Johannesburg. Die kampterrein is
sowat 9km buite die dorpie Reitz aan
die Noord-oos Vrystaat geleë. Die
omgewing is pragtig en die groot dam by
die Lodge is ‘n groot aantrekkingskrag
vir kampers. Bring gerus jou boot saam
om op die dam te geniet.
NAASTE DORP: Reitz (9km) 45min se ry
na Clarens
WINKEL: Ja
TROETELDIERVRIENDELIK: Vooraf
reëling
VISVANG: Ja (dam en rivier)
SELFOONOPVANGS: Ja
TOEGANKLIKHEID: Grondpad
TARIEWE: Vanaf R160.00
KONTAK: +27 82 378 6991| www.lekkerkampplekke.co.za/kampplek/bassfeather-country-lodge/
3. Riverrun Vakansieoord
Riverrun Vakansieoord is op die
Vaalrivier geleë met asemrowende
natuurskoonen heerlike aktiwiteite
wat ook hengel insluit. Elkeen van
die 31 staanplekke (16 daarvan op
die rivieroewer) het ‘n 6 x 6 m
plaveiselblok, braai, water en
kragpunte. Daar is twee
swembaddens en die rivier
binnebande (tubes) bied ure se pret
vir oud en jonk – kom dryf lekker
rustig af met die rivier of spat mekaar
nat vir pret en plesier.
NAASTE DORP: Parys /
Potchefstroom (35 km)
WINKEL: Ja
TROETELDIERVRIENDELIK: Ja
VISVANG: Ja (rivier)
SELFOONOPVANGS: Ja
TOEGANKLIKHEID: Grondpad (begaanbaar vir nie-vierwielaangedrewe voertuie, maar motors
met ‘n hoër grondvryhoogte vaar beter op die 16 km grondpad)
TARIEWE: Vanaf R400 per staanplek
KONTAK: +27 71 584 2160 | bookings@riverrunresort.co.za | www.riverrunresort.co.za
4. Kasteelkop Gasteplaas
As jy hou van stilte en afsondering, is
Kasteelkop Gasteplaas die ideale plek
vir jou. Die gasteplaas bied ‘n unieke
plaaservaring, slegs ‘n klipgooi vanaf
Gauteng (170km). Daar is vyf
staanplekke (elkeen met ‘n kragpunt) en
ablusiegeriewe in ‘n historiese ou skuur.
Warm water word verkry deur die donkie
wat daagliks gestook word. Aktiwiteite
sluit perdry, bergfiets roetes, staproetes
en voëlkyk in. Jy kan ook afkoel in die
plaasdam.
NAASTE DORP: Frankfort (25 km)
WINKEL: Nee
TROETELDIERVRIENDELIK: Ja – vooraf reëling
VISVANG: Ja (rivier)
SELFOONOPVANGS: Ja
TOEGANKLIKHEID: Grondpad (begaanbaar vir nie-vierwielaangedrewe voertuie).
TARIEWE: R100 per persoon per nag en R100 per staanplek (koste sluit hout in).
*Selfsorgeenhede is beskikbaar teen R1 500 per nag.
KONTAK: +27 82 8500 170 | kasteelkopguestfarm@gmail.com | www.kasteelkopguestfarm.net
5 Deelfontein Boskamp & Gasteplaas
Die boskamp op die plaas Deelfontein is in die
hart van die Vredefort Koepel, weggesteek in
die ruie bosveld van die Koepel. Die boskamp in
hierdie wêreldnatuurerfenisgebied – sowat 140
km vanaf Johannesburg – bestaan uit drie
grasdakhutte met altesaam 16 stapelbeddens, ‘n
toegeruste lapa, ‘n boma, ‘n swembad en
wasgeriewe. Deelfontein Boskamp is ingerig vir
stappers op die meerdaagse staproete
(Vredefort Meteoriet Staproetes) en beskik oor
beperkte plek vir kampeerders (slegs een
staanplek vir ‘n boswa en ’n paar tente).
NAASTE DORP: Vredefort (14 km) / Parys (20
km)
WINKEL: Nee
TROETELDIERVRIENDELIK: Ja – vooraf reëling
VISVANG: Nee
SELFOONOPVANGS: Beperk
TOEGANKLIKHEID: Grondpad (begaanbaar vir nie-vierwielaangedrewe voertuie)
TARIEWE: Vanaf R180 per persoon per nag
KONTAK: +27 83 280 9784 | gerhard@deelfontein.co.za | www.deelfontein.co.za
* Pryse en geriewe uiteengesit is gebaseer op inligting ontvang – dit is onderhewig aan
verandering sonder kennisgewing. – Red.
Dankie aan Avontuur Afrika wat die Artikel saamgestel het.
https://4x4afrika.com/
Flexopower has launched the Lithium 555, an
upgrade on the Lithium 444, showing a new
design, new and improved ports, and Watts
power. It gives you hours of convenience while
camping, but also while at your home for
household appliances – Dual functionality!
The Lithium 555 is a portable power station that
can be used to charge and run various items on
an outdoor adventure, for example, fridges, lights,
electronics at camp, and cameras to capture the
moments.
There might not always be power where you are
traveling, but with the Flexopower Lithium 555,
you can rest assured.
Li555 is the only Lithium power station with a
replaceable battery. Once the battery has
reached the end of its service life, simply return to
Flexopower or an authorized dealer and get a
new Li-battery installed and continue using it for
another couple of years. All other products are
typically discarded.
It is easy to charge, with solar panels, the
cigarette lighter of your car, or the closest
electricity port, giving you hours of convenience
wherever you are and where is needed.
The Lithium 555 is such a multi-functional product
that you can use it for camping, in and around
the house with household items, especially when
load-shedding starts or working from home.
The Li555 has 2 x SA 3 prong AC plugs. Pure
convenience. All other power stations have to
have an adapter first before AC can be used.
For more information, visit www.flexopower.co.za
or email info@flexopower.com
O N S K A M P K R A G W O R D
M O O N T L I K G E M A A K D E U R
F L E X O P O W E R S E M O J A V E
2 2 0 W S O N P A N E E L
With You For The Long Run
EXPLORE THE ISUZU RANGE
The Isuzu bakkie is a stand out
performer on or off the road. With the
legendary Isuzu engines, beefed up
torque, power and intuitive
transmission, the ISUZU is all you
need to pump up any business or
adventure.
www.bolandmotorgroup.co.za
Top 10
Travel & Holiday
Guides
BESKIKBAAR
BY:
Adverteer jou besigheid hier
volblad advertensie vanaf R995pm
Stuur n epos aan: admin@lekkerkampplekke.co.za
Rikus Truter
Kamp
Paklys
2 2 2 , 9 0 0
F o l l o w e r s
2 8 , 4 4 4
f o l l o w e r s
C u s t o m e r s
( 7 7 2 5 6 )
D o w n l o a d s
P a g e V i e w s
3 , 1 8 4 , 3 8 5 o o r
1 2 m d e t y d p e r k
W e b b l a d
g e b r u i k e r s
5 1 2 , 6 5 3
1 6 5 4 2 9 V i e w s
a a n l y n
t y d s k r i f
J a n . 2 0 2 0
9 1 % v a n o n s g e b r u i k e r s e n L e d e w o o n i n S u i d - A f r k a
Gegrond op statistiek en databasis van 300 000 plus lede
Jy is welkom om met ons kontak te maak om jou
kampverwante besigheid te adverteer.