KAMP IS LEKKER Desember 2020
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
STAANRIB

(LAMSRIB)

RESEP EN FOTO:

ELSABIE TEMPLETON

Een heel lamrib gesmeer met olyf olie en

gesprinkel met suurlemoenpepper kruie

(die Ina Paarman ene het reeds sout in, so

nie nodig vir ekstra sout).

Spuit jou toeknyp rooster met kleefvrye

sproei aan die binnekant waar jou ribbetjie

aan die kante gaan raak.

Sit die rib in die rooster. maak toe en maak

seker die twee handvatsels is stewig vas

met die draad skuif ogie. Maak hardehout

vuur met 3 stukke hout op een kant van jou

Weber. Sodra die ergste vlamme begin

afneem. sit jou rooster regop op die kant

teenoor die vuur en hou in posisie met stuk

draad wat aan die Weber se handvatsel vasgemaak is en dan gebuig op die ander punt

om hakie te vorm wat aan die rooster gehak word.

Hou maar jou ribbetjie dop en draai in die begin so elke 15 minute

om, sodat albei kante van die ribbetjie eweredig gaar kan word.

Onthou om ook só te draai dat die kante wat bo is na onder gaan en

so stadig maar seker gaar word.

Sprinkel elke keer met suurlemoensap. As dit lyk ofjou kole begin

uitbrand en jou hitte begin afneem, sit net een stuk hout op 'n slag

op om die hitte konstant op medium te behou.

As jou vuur te warm is, gaan jou ribbetjie brand voor hy gaar is.

Hierdie ribbetjie het so 2 en half ure gerooster voordat ek dit

afgehaal het.

Ek het dit bedien met gebakte aartappel met creme fraiche

(suurroom) en eenvoudige tamatie & blaarslaai.

RESEPTE