02.12.2020 Views

KAMP IS LEKKER Desember 2020

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

vermoed. Hy besluit toe een aand, nadat ons

gebraai het om onder die karavaan te gaan

inkruip om die hout-dief vas te trek. Die

volgende oggend kon my ma nie verstaan waar

my pa is nie, want sy kom toe agter dat hy nooit

kom inkruip het nie…en waar kry sy toe vir Oom

Bokkie, vas aan die slaap onder die karavaan…Ai

Kaspaas!

M

y pa se gunsteling kamp-kos was

varsgebakte warm brood, dik gesmeer

met tuisgemaakte appelkooskonfyt en

kaiings wat hy in die swartboompot op die vuur

gemaak het. As daar nie warm brood was nie,

het ons die kaiings geeët saam met growwe

mieliepap. Ons monde was almal blink van die

lekkerte se eet. Ek deel graag hoe hy die kaiings

gemaak het.

en braai die blokkies vet stadig uit in jou

swartboompot oor matige hitte.

Roerbraai die vetjies totdat dit bruin gebraai is en

op die uitgebraaide vet begin dryf. Gooi dan die

uitgebraaide vet deur ‘n staal sif. Gooi die kaiings

dan terug in die kastrol en braai die kaiings dan

verder totdat dit mooi ligbruin van kleur is. Dit

moenie brand nie, want dan smaak die kaiings

bitter – en dan is almal onnodig kwaad vir

mekaar…lol. Skep jou kaiings uit op

kombuispapier en gooi lekker growwe sout en

peper daaroor en bedien dadelik met jou lekker

warm brood en moenie die tuisgemaakte

appelkooskonfyt vergeet nie!

Moenie die uitgebraaide vet weggooi nie – jy

gebruik dit om jou uie in te braai wanneer jy later

potjiekos maak by die kamp.

1-2 kg sagte vet van ‘n bees, skaap of vark. Daar

moet nog bietjie vleis aan die vet wees. My pa

het soms die vet van die slagskaapstertjies gevat.

Sny die vet in cm blokkies. Sorg dat jou kole reg is

“Ai, verlang ek nou na Witsand se dae.

Dit was lekker tye op Witsand, toe dit

nog net ‘n klein ou dorpie was.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!