KAMP IS LEKKER Desember 2020
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Nostalgie ini

Witsand

met kaiings in die pot

“ Toe ons kinders was het ons altyd op Witsand gaan kamp. My pa het

altyd op die almanak gekyk wanneer die skole sluit en dan het hy al die

vorige dag sy karavaan deurgery Witsand toe om te gaan kamp opslaan.

Dan as die skoolklok lui, moes ons spring…want pa wou ini Witsand kom.

O

ns het altyd vir ‘n hele maand gaan

kamp, want pa wou visvang op die

Breederivier. Groot kabeljoue en elwe

was gereeld aan die lyn. As dit laagwater was het

hy eers oorgegaan na die sandbank om te gaan

krewels pomp vir aas, en dan het ons lekker op

die sand baljaar totdat hy genoeg aas gehad het

om vir die res van die dag te hou. Ek onthou my

ma het destyds sommer dadelik die vis ingelê as

pa ‘n kabeljou uitgetrek het.

My pa, Oom Bokkie, se bynaam op Witsand was

Kaspaas, omdat hy die vreeslikste stories kon

opdis wat ons kinders natuurlik almal vir soetkoek

opgeeët het. Hy het eendag vertel dat hy ‘n

krokodil uitgetrek het uit die rivier uit en dat die

krokodil op die Lucky Strike botel se

kroegtoonbank lê. Die kinders het die paar

kilometer na die botel gestap…alles tervergeefs!

Terug by die kamp was hulle nie baie gelukkig

met oom Bokkie nie, maar hy het volgehou hy het

hulle net ‘n waardige les geleer en dit was dat ‘n

mens nooit ‘n visserman se storie moet glo

nie…seker ook maar waar…

Daardie jare het die boere ook sommer vir ‘n

maand kom kamp. Ek onthou goed hoe een van

die boere se vragmotors by die kamp ingery het.

Daar was hangkaste, hout beddens, dik matrasse

en nog wat afgelaai op die kampstaanplek, want

die boer wou nie sukkel nie – hy wou lekker

kamp! En net na die vragmotor is daar die eerste

vrag rooipitjie hout afgelewer op die staanplek.

Gepraat van hout, my pa het altyd sy rooipitjie

hout onder sy karavaan gepak. So kom hy toe

agter dat sy hout ‘n bietjie vinniger opraak as

waarvoor hy beplan het en het natuurlik onraad