02.12.2020 Views

KAMP IS LEKKER Desember 2020

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hierdie

sampioentjie op

die grond was

skaars 5mm hoog,

en ek sou dit

heeltemal miskyk

as ek nie spesifiek

na goedjies gesoek

het vir my makrolens

nie!

Wat ‘n juweeltjie!

NEEM JOU TYD!

Die prys is groot vir die geduldiges! Insekte en diertjies is skrikkerig vir groot en

gevaarlike goed wat vibrasies en skaduwees maak. Dis potensiële bedreigings,

en hulle sal maklik op die vlug slaan of wegkruip as hulle bedreig voel. In die bos

of in die veld kan jy maar rustig gaan sit en wag vir die bewegings om jou om te

begin gebeur. Sodra die diertjies nie meer bedreig voel nie, sal hulle normaal

voortgaan met hulle dagtaak, en jy kan skiet na hartelus!

TRAP VERSIGTIG!

Baie diertjies en plantjies is so klein dat jy nie eers gaan

agterkom dat jy dit stukkend of dood trap nie. Wees

baie bedagsaam dat jy nie skade maak as jy

onoplettend in die bos of veld stap nie. Dis nie moeilik

om ‘n rykdom van lewe onder jou voete te mis, of te

vernietig nie!

Toe díe Bloukoppie

begin gemaklik en

rustig raak met my

teenwoordigheid,

het hy my begin

toelaat om

omtrent tot

teenaan hom te

kom met die lens!

KLEIN KAN GROOT WEES!

Ons maak ‘n fout om te dink kleur en “mooi” is

net beskore vir die groot en gevaarlik. Of ons is

opsoek na die “Groot-5”! Olifante, Leeus… Ons

soek en bewaar Renosters – wat reg is, maar ons

bedreig eweveel die habitat van skoenlappers

en skaars fynbos. So baie mis ons dit, en onder

ons voete is daar ‘n wêreld van kleur en lewe wat

jy net gaan sien as jy stop, afbuk en begin soek

daarvoor. Doen jouself die guns!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!