02.12.2020 Views

KAMP IS LEKKER Desember 2020

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

GEHEIME WORD

ONTSLUIT

DEUR

MAKRO-

FOTGRAFIE

PIERRE LABUSCHAGNE praat die maand met ons

oor hierdie besonderse afdeling van fotografie

wat so dikwels afgeskeep word, bloot net omdat

ons nog nie geleer het om kleiner te kyk en te dink,

as bloot net die sigbare wêreld waaraan ons so

gewoond is nie.

Leer om te kyk!

Buk af en gaan grond-toe!

Trap en stap versigtiger!

Moenie haastig wees nie!

“Size does matter…”

Woorde en foto’s deur Pierre Labuschagne

LEER OM TE KYK!

Ons raak té gou té gewoond aan dinge rondom ons, en in die proses verleer ons

om te kyk! Anders gestel: Ons kyk, maar ons sien nie raak nie! Makro-fotografie

leer jou om weer te begin kyk na goed rondom jou wat net as vanselfsprekend

aanvaar word! Met my makro-lens dwing ek myself om meer oplettend te wees

oor wat rondom my gebeur in die mikro-kosmos rondom ons. Daar is net te veel

voorbeelde om te begin opnoem oor wat regtig oral om ons gebeur! Ek moes met

‘n skok besef hoeveel ek mis, en ek moes leer om weer te kyk!

Makro-fotografie is nie maklik nie. Dis ‘n gespesialiseerde afdeling daarvan, en

heel dikwels het mens gespesialiseerde toerusting nodig. Makro-lense is ook nie

goedkoop nie, en dit maak dit minder toeganklik vir die algemene publiek en self

vir amateurfotograwe. Tog is daar ‘n nuwe wêreld versteek in die miniatuur

kosmos rondom ons. Leer om weer die klein goedjies te begin raaksien, en jy sal

verstom staan oor wat daar alles te siene is…

BUK AF GROND-TOE!

Heel dikwels is die wêreld van makro-fotografie baie na aan die grond. Dit vra van

die fotograaf om laag te buk en te buig en om af te gaan tot op grondvlak –

letterlik! Insekte kan klim en klouter tussen die takke, en jy kan hulle raaksien op

oog-hoogte, maar sommige sampioene en varings is piepklein en groei net op die

grond – veral op verottende plantmateriaal, dieremis of reeds bestaande

kompos. Dis hoekom ons hulle so maklik miskyk. Baie van hulle is net te klein en

te laag.

Hoeveel keer stap

ons verby blare

wat ‘n paar

druppels op het na

‘n reënbui. Sonder

om te besef wat

ons mis, kan dit ‘n

pragtige makrofoto

inhou!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!