02.12.2020 Views

KAMP IS LEKKER Desember 2020

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Ander ding wat regtig

belowend lyk is ‘n Baby Weber

braai wat met charcoal werk

en klein is vir pak; jy kan dit

op ‘n tafel laat staan vir

gemak, alhoewel ek nog dink

‘n regte-egte hout vuur is die

beste! Daai om die vuur sit en

droom of gesels met miskien

‘n koffiekan op die kole is deel

van kamplewe

Nuutste

toevoegings

tot my

kampgereedskap

Ek is lid van ‘n facebookblad -

Kamp Mal. Ek deel my storie

en vra waar kan ek ‘n

2dehandse gazebo of sytent

kry – Let wel in die KAAP!

Mense wat ‘n reaksie! Almal –

meestal in die Pretoria

omgewing -bied tente/gazebos

aan vir R2000 of R1650 (net

twee maal gebruik?) ens ens.

Ek skryf terug – Ek soek iets

góedkoop en maklik en in die

Kaap – en hier kry ek ‘n

boodskap van ‘n dame wat

kamp, wat glo die foto van my

kamptafel met ‘n bottel wyn

op gesien het, en sy bied ‘n ou

gazebo gratis aan in ruil vir

“bietjie van my wyn!” En sy

bly hier in Goodwood!

Ek is die volgende dag daar

met ‘n hele nuwe bottel wyn

en nou is ek die eienaar van ‘n

donkerblou en wit gazebo –

miskien moet ek byvoeg – ‘n

onkapabele eienaar – want ek

sal nooit die ding alleen kan

opslaan nie… dis klomp pale

met nommers en definitief ‘n

tweeman-job, met een wat

verkieslik weet wat hy doen!

Dan moet mens nog met die

Kaapse ook rekening hou.

Ander ding- daar sien ek mos

‘n klein Bushbaby weber-tipe

braai vir net R199.00 by ‘n

supermark- nogal met ‘n blou

deksel wat by my kar pas -

kyk, nou sal daar gebraai

word- en niks gesukkel met

nat hout soos laaskeer nie!

So tot na my

volgende

trippie bly ek

die Happy

Camper.

Denise

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!