02.12.2020 Views

KAMP IS LEKKER Desember 2020

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Ja daar is ‘n tyd en plek vir

vlieg en lekker outydse treinry,

maar daar is iets baie romanties

aan ‘n road trip! Nooit gedink

ek sal met my 20 jaar oue

karretjie weer die langpad

aandurf nie…maar die Internet

se YouTube het my tot nuwe

insig gebring- want in Amerika

omskep die nomadies-geneigde

mense al wat ‘n ryding is in ‘n

sogenaamde campervan! Tot

ou skoolbusse word ‘n

rondreisende huis! En hulle is

nogal ernstig ook oor die

“off the grid” ding –hulle het

dikwels hulle eie krag en

gebruik bv “Compost toilets.”

Dankbaar…

Terug na my toerkar ervaringkan

nóu nog nie glo dat ek

sulke half-sorgelose en

betreklike goedkoop reise kan

neem nie!

Gelukkig is hier talle mooi

roetes om te ry in die Wes –

Kaap. My kop staan ook

verder Karoo toe – meer

hieroor later…

Praktiese

benodighede

Ek het agtergekom wat

belangrik is vir my en wat kan

maar bly. Ek moet musiek hê

vir die ry- radio is goed tot jy

die sein verloor, maar ‘n

vriendin gee toe vir my die

oulikste FM Modulator waarop

jy musiek laai en dan in die

motor se sigaretaansteker sit

en dit deur jou motorradio

speel. Wat ‘n plesier!!

Ek het agtergekom wat belangrik

is vir my en wat kan maar bly.

Ek moet musiek hê vir die ryradio

is goed tot jy die sein

verloor, maar ‘n vriendin gee toe

vir my die oulikste FM Modulator

waarop jy musiek laai en dan in

die motor se sigaretaansteker sit

en dit deur jou motorradio speel.

Wat ‘n plesier!!

Nog iets is padkos- of darem

tenminste ‘n paar lekkernye en

koue water. ‘n Sonbril, ‘n

padkaart en wat ook lekker is, is

‘n selfoonhouer wat jy aan die

dashboard vassit. Ek neem dan

soms my stem op met die

selfoon wat kommentaar is op

die reis.

Kampplek

voorkeure

Wat die kampplek betref, ek

moes al vir ‘n paar vriende

gerusstel dat ek nie soos die

Amerikaners sal “stealth

camping “doen nie- dis nou as

jy sommer by ‘n groot

parkeerarea of iewers in ‘n

straat of langs die see in jou

motor slaap terwyl jy nie eintlik

daar mag wees nie- hulle maak

vensters op verskeie maniere

toe sodat niemand weet van

hulle nie. Hulle sal byvoorbeeld

sommer gaan stort of was by ‘n

publieke plek soos ‘n gym…

Nee ek sal maar daai

avontuurtjie los en by

kampplekke met behoorlike

ablusies en sekuriteit oornag.

Maar hier begin ek uitsoekerig

raak – en moet dus vooraf my

navorsing doen oor

slaapplekke.

* Ek soek ‘n rustige kampplek

naby water- see, rivier of

swembad met genoeg skadu.

* Ek wil eerder voëls hoor en

die gekabbel van water bo

besige kommersiële vakansieoorde

met jou bure se musiek

of kinders wat raas!

* Skoon ablusies met warm

storte.

* Elektrisiteit is nie noodsaaklik

nie- ek verkies lamplig, kerslig,

flitslig – veral as jy so lekker

sterk losstaande flits het— so

sien jy ook makliker die sterre.

* Sekuriteit Rustigheid is een

ding maar mens wil ook nie te

afgesonderd wees nie- ek is

immers ‘n vrou op my eie!

* Wat ook nogal vir my werk is

‘n dorpie binne ry-afstand –een

wat ‘n koffiewinkel en dalk ‘n

oudhede winkel het. Ek geniet

dit om fotos van plattelandse

kerke en ander ou geboue te

neem. Algemene handelaars of

kleindorp- informele

supermarkte is ook anders en

interessant- ek het tot al

papierpoppe, dorpie se winkel

gekry!

Kampplek

voorkeure

Wat my voorbereiding en pak

van die Mazda betref- sal ek

dalk net minder klere en

gebruiksgoed saam neem- ek

hoef seker nie régtig my

porselein teepot en fyn koppie

saam te neem nie, en ek moet

beslis my koelboks wat as

yskas dien op ‘n meer

toeganklike plek pak. ‘n Seil

afdak of gazebo langs my kar

sal ook welkom wees- plek om

goed uit te haal en daar te

los??

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!