02.12.2020 Views

KAMP IS LEKKER Desember 2020

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die oulike boekrak –kassie

staan kiertsregop agter die

bestuurderssitplek, wanneer jy

in sleeping- mode is en

wanneer altwee voorste

sitplekke ver vorentoe geskuif

is. Terwyl ek ry is allerhande

goed op ‘n plek waar hy eers

later gebruik gaan word- so

word die bed langer gemaak

met ‘n houtraam wat inskuif

agter die voorste

passasierssitplek… en o weë

die draai-knop van die stoele

sit doer in die middel van die

kar- wel niemand het gesê dit

gaan maklik wees nie!’

So het ek sonbril op, musiek

MP3 dingetjie is in die

aansteker se plek en speel

lustig musiek. O ja ek het ‘n

signature tune: “ON THE ROAD

AGAIN “, van Willie Nelson –

dit voel so reg vir ‘n road trip!

‘n Verdere gadget is so ding

wat jou selfoon kan vashou op

die dashboard- sodoende kan

jy videos neem van die pad

terwyl jy kommentaar lewer of

selfs ‘n video maak van jou wat

praat…ja ek weet dit kan

gevaarlik wees maar voor die

dag verby is, het die

Sjineesgeboude ding afgeval

en is nog nooit teruggesit nie!

Ek ry al singende met my petjie

op my kop tot in Bonnievale –

stop vir broodjies en blitz. 8km

verder lê die kampterrein op

die Breederivier en het heerlike

koelte bome, is ongerep, maar

ek voel tog so bietjie alleen tot

twee jong paartjies hule tente

opslaan so 40 meter van my af

met ‘n bos tussen-in. Ek slaan

kamp op- herpak alles waar ek

dit wil gebruik – sit my oulike

tafel op, sit die ketel oor die

gas en haal diep asem op die

rivierwal. Lekker!

Later tog (probeer) ‘n vuurtjie

aansteek vir die geselligheid

(eintlik het ek sekere gaar

kosse saamgebring) Maar die

blitz is nie genoeg nie en die

ding rook- vind toe eers later

uit die hout was te nat.

Toe volg die drama van my

Mazda gereed kry vir slaap –

die sg sleeping -mode. Ek kom

agter jy moet maar elke keer

as jy iets wil he eers iets

anders uit die pad skuif. maar

ek WOU mos kamp in’n kar. Ek

verleng die bed maar moet

seker maak ek het alles uit die

koelboks daar onder. Ek sit

boekkassie regop- alweer

oorleun en sitplek skuif! Ek

moet die mooi oorgetrekte

skoendoos met my brille en

pille, kers en vuurhoutjies (vir

die nag) en my oorfoontjies om

radio te luister op my slimfoon

eers uitgrawe en byderhand

kry. Nou kom die tafelblad so

langwerpig langs die bed en

rus op die twee sitplekke- voor

en die een wat agter oorgebly

het (omdat ek in die stad ‘n

derde mens will kan vervoer)

Hierop pas alles wat enige

mens langs sy bed sou wil hê –

vir my natuurlik boeke en ligte,

water, pille, powerbank vir die

selfoon se laai ‘n eetdingetjie

vir laatnag. Nou moet die “boot

“mos toe en sy blink sonskerm

moet op vir privaatheid – nouja

díe is ook met toutjies ens vas.

Probleem is ek kry nie die”

boot” om behoorlik toe te maak

nie- iets keer- ek skuif goed en

probeer alles en begin

mompel/skel.

“Dis nou net daar wat

ek die twee fris

jongmanne – my buregaan

haal om te help!”

Hulle kan net nie glo die tannie

gaan in hierdie karretjie slaap

nie, en alles lyk so gerieflik??

Ten einde laas moes hulle net

my matraskussings dieper

inskuif vir die knip om te werk.

Mense, weet julle hoe lekker

slaap mens met so oop kar

venster langs jou- op jou sagte

kussings met jou drie liggies vir

lees en hier vlak by jou sing die

voëls en kriek die kriekies en

vloei die rivier! Heerlik- net ‘n

skietgebed dat ek tog nie in die

nag sal moet toilet toe gaan

nie want dis bitterdonker en

nie so naby nie!! En raai- toe

slaap ek regdeur en wat ‘n

mooi prentjie om te sien as jy

wakker word en die lug is vars.

Die tweede dag daar was ‘n

hoogtepunt! Mense wat my

ken weet hoe mal ek is oor in

riviere swem en roei…ek sit

nog so lekker met my laptop

en ‘n koue Windhoek biertjie

toe sien ek hier kom ‘n kano

met 2 manne verby geroei! Ek

spring op en waai en roep/vra

is dit hulle kano en waar kan

ek een kry and “lo and behold”

hulle roep: “Would you like to

have a go?” Toe spring ek vir

die naaste jetty- hulle gaan

haal so ewe ‘n lifejacket en ek

sit voor met die een spaan, en

nodeloos om te sê - ek is in die

sewende hemel want dis mos

my prentjie van kamp by ‘n

rivier!! Ek neem fotos en ‘n

video en toe ek hoor hulle is

met ‘n kerkkamp daar toe weet

ek- dit kan net die Here wees

wat alles so perfek bewillig!

Daar kom toe ook ‘n ander

jong paartjie wat ‘n klein

tentjie opslaan reg by my- en

ons raak aan gesels en later

braai hy sommer my twee

skaaptjoppies en dun

kaaswors.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!