02.12.2020 Views

KAMP IS LEKKER Desember 2020

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Vanwaar die idee?

LINKS BO: Denise McLoughlin se selfie in haar

MAZDA toerkar.

MIDDEL: Die MAZDA Toerkar

ONDER: Die Plaakboek en Prentjie

REGS: Grondpad se mooi

Ek wou lankal reis deur die

platteland van Suid Afrika – in

a camper; droom lustig voort

terwyl ek al die videos oor

roadtrips op YouTube kyk. In

die VSA word allerhande

voertuie in “campervans”

omskep! Baie verbaas sien ek

iemand in SA het ‘n klein kar -

‘n Uno - verander in ‘n toerkar

– en ek wonder oor my Mazda?

Ek is sak en pak na die slim

bron toe, kar word opgemeet

en ja ek kan in hierdie ou

Mazda-tjie slaap!

Groot was die opwinding toe

die kar (soos in die foto)

arriveer, terwyl ek nog

bedkussings mooi oortrek en

die nodige gordyntjies maak uit

die twee kante van ‘n ou

duvetoortreksel. Ek sit vir ure,

en kan net nie glo hierdie

droom is moontlik nie! Ek wil

hê dit moet vroulik en vintage

lyk.

Na die aankoop van ‘n

braairooster, ‘n blinknuwe

kampketel, klein 1-man

eierpannetjie en spaar

gashouertjie, kom ek al nader

na gereed – moet sê my moed

wou my soms begewe! Wil ek

regtig solo gaan?

Sommige vriende twyfel sterk

oor hierdie vrou-alleen reis en

waarskuwings laat my besef

my vriende gee om.

Maar nouja ek droom al lank

en hier is nou my kans op ‘n

redelike bekostigbare manier te

reis…

Op die foto hieronder is my

tafel wat buite gebruik word

op sy opvou bene, maar

saans word dit my bedside

tafel – die woorde wat ek

daarop ge-decoupage het

verwoord alles wat hierdie

avontuur vir my beteken!

So begin die beplanningpadkaarte,

boeke en google

word bekyk – ek weet net

dit moet by ‘n rivier wees -

dis hoe ek op die

Breederivier besluit - die

River Goose Camping net

buite Bonnievale – ‘n dorp

waar ek al voorheen was.

Vandaar vat ek ‘n pad oor

Stormsvlei en

Riviersonderend na Greyton,

nog ‘n mooi plek om te

verken (wat toe op die ou

end nooit gebeur het nie!)

Okt 2018

DENISE SE

ROADTRIPS IN DIE

MAZDA TOERKAR

MAZDA TOERKAR

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!