02.12.2020 Views

KAMP IS LEKKER Desember 2020

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Waar was jy al met die waentjie? Waar wil jy nog gaan?

Ek was al 'n paar keer Henties, Torrabaai toe. In 2011 het ons Noordkaap, Augrabies, asook 'n groot

deel van die weskus vanaf Port Nolloth, Springbok, Hondeklipbaai, seelangs , kamp‐kamp getoer tot

by Hartenbos . In 2012 het ons gekamp op Gariep , Hartenbos, Waenhuiskrans, Onrus/Hermanus,

Kaap en toe Karoo Nas.park by Beaufortwes. Die jaar (2013) gaan ek die Natal se see en kampplekke

besoek . En later die jaar weer Henties toe en dan weer Kaap se kant toe. Desember‐maande bly

As jy dit weer sou doen, wat sou jy verander.

As ek jonger was sou ek dadelik die produk in die mark gesit het, want dit het 'n plek in die mark en

die koste is ongeveer 50% goedkoper as enige soortgelyke boswa met dieselfde toebehore . Dit is

ook 40% ligter as meeste boswaens. ( daar is mos altyd iets wat jy kan verbeter) .

My nuwe kampwa TORA-2 is ontwerp en gebou op die beginsel.

Waar bly jy en wat doen jy vir ’n lewe?

Ek woon in Potch al vanaf 1986 . Is tans afgetree . Ek het vir Waterwese gewerk as Ingenieurs‐

Opmeter vir 42 jaar. Was vir 25 jaar in bevel van die opmetingskantoor. My kantoor was vir meer as

16 jaar verantwoordelik vir alle onderwateropmetings ( dit is om die slik in damme te bepaal en om

nuwe volumes te bereken ) Die helfte van alle damme in die land was my verantwoordelikheid. Die

grondopmetingskomponent het bestaan uit lug‐ kontoer‐ kadastrale‐ en Defleksie ( verskuiwings en

versakkings) asook Pyplyne en struktuuropmetings. Ek het vir 6 jaar permanent in die veld gekamp

,tot die kinders moes skooltoe. daarna het ek vir nog 6 jaar permanent in die veld gebly en net

naweke of elke tweede naweek huistoe gegaan. So kamp is in my bloed. Weens my beroep het ek

basies die hele land vol gewerk.Daar is egter plekke waar ek nog nie was nie. Ek was ook op plekke

waar min of geen mens nog ooit was . ( Diep in die Knysna/Homtini klowe waar ons opmetings

gedoen het ) .

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!