02.12.2020 Views

KAMP IS LEKKER Desember 2020

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Ek het in Mei 2012 besluit het om die Tora‐Kampeerder/boswa te begin bou

Diegene wat nog nie so‐iets aangepak weet nie hoeveel tyd gespandeer word op klein dinge wat

eintlik heel eenvoudig lyk . Soos die ontwerp en maak van die oplig‐meganisme van die dak van die

sleepwa waaraan al 4 die sytente permanent vasgeheg is. Die staalraamwerk, die top‐ en kantseile

het 'n redelike gewig en jy moet inagneem dit moet 2.7m gelig word vanaf die grond.

Die sleepwa het ook 4 ingeboude ligte met 'n standaard 220V plug op elke hoek van die sleepwa.

Hierdie was ook 'n klein maar tydrowende storie om te maak. Die kantdeksels van die sleepwa is so

ontwerp dat die gasstoof ingebou kon word . Die struktuur van die sykantdeksels moes ook baie lig

wees, so dat dit nie kan buig nie, want elkeen word net op een hoek gestut met 'n ketting. Hierdie is

die werksoppervlak in die kombuis.

Aangesien die Kampeeropset 'n los eenheid is wat net op die sleepwa gemonteer word was ek verplig

om alles met SS‐ boude te heg i.p.v vas‐sweis. Dus moes elke eenheid op sy eie gemaak word, wat ook

sy voordele het.

Ek beskou 'n boswa/kampeerder net as 'n pakplek van kamptoerusting en in my geval ook jou

slaapeenheid aangesien dit binne die wa is en nie bo‐op soos al die ander in die mark nie.

Die Sytente is vir my meer belangrik as die boswa self, aangesien dit die plek is waar jy moet kosmaak

, kuier asook aantrek ens . Gewoonlik is dit 'n nagmerie as jy die tent vir verskeie doeleindes moet

gebruik . Hier is my Boswa anders aangesien vertrekke geskep is vir die doel waarvoor dit gemaak is.

Jy het dus 'n Kombuis/opwas‐vertrek op sy eie. Jy het 'n Aantrekvertrek met 'n hangkas op sy eie. Jy

het 'n Slaapvertrek op sy eie. Jy het 'n BAR/kuier‐area op sy eie . Jy het ook 'n Badkamer, met 'n spieel

en wasbak op sy eie. ( sien vloerplan )

Gelukkig het ons in Potch 'n uitstekende Tentmaker ( Sarel, eienaar van CANVALODGE ) wat al my

tentwerk vir my gedoen het. Al wat ek moes doen is om die planne met "Cut en Final size" mates vir

hom te gee. Om 'n tent te ontwerp en te teken is baie moeiliker as wat mens dink en dit het heelwat

tyd inbeslaggeneem. Die maak was gelukkig sy probleem. ( wat weet ek nou van stik af ). Alle PVCwerk

doen ek self, sleepwa se dak, sakke ens. Ek plak dit op dieselfde manier as wat " rubberducks"

gebou word.

Die buigwerk van die Alluminium kantklappe en die raamwerk van die kaste het ek laat doen by

Chrisko staalwerke . Alle staal‐ ,sweis‐, spuit‐, en monteerwerk asook elektriese werk ens. het ek self

gedoen.

Die vraag hoe lank het dit geneem om te bou moet ek dalk opbreek in verskillende aspekte

Beplanning/Ontwerp/herbeplan/skoolgeldbetaal, dan eers bou, dit is die maklikste van die taak.

Spuitverf van topraam

Kombuiskant ( sien ligte)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!