02.12.2020 Views

KAMP IS LEKKER Desember 2020

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Waar het jy die idee gekry?

Die idee is gevorm oor 'n aantal jare. Die oorspronklike konsep het ontstaan in 2006 toe ons groep Hentiesmanne

besluit het ons gaan Kamp op Torrabaai. As jy op Torrabaai gaan kamp moet jy selfversorgend wees. (

Yskas asook 'n Groot vrieskas vir die vis , kragopwekker, Drinkgoed ens." Vissermanne is altyd dors". As mens so

gaan kamp het jy baie pakplek nodig en 'n groot sleepwa . Ek het toe besluit om my bestaande sleepwa, wat ek

in 2005 gebou het in te rig vir die doel. 'n Topraamwerk asook 'n PVC‐seil is gemaak wat op die wa pas en oplig

sodat dit 'n dak vorm waaraan die tjoppertente aan kan vas haak. Maklik, eenvoudig ,en goedkoop.

Ons het so lekker gekamp dat ons besluit het om die volgende jaar op Myl 72 te kamp. Ek het toe die konsep

heelwat verander om dit bietjie meer privaat en gemaklik te maak. Die enigste probleem was dat dit nie baie

beskutting gebied het teen die elemente nie. Die wind is bitter koud so by die see. Hierdie opset het ek vir 'n

paar jaar gebruik om mee te kamp.

TWEEDE OPSET ( 2011 )

In 2011 besluit ek om die hele opset te verander om meer aan Ma se behoeftes te voldoen. Ek het 'n Nuwe

groter Bo‐seil gemaak asook sykante van ripstop , wat die opset heeltemal toe en privaat maak. My

"Rooftoptent het ek binne die sleepwa gemonteer, dus het ek nie nodig om 'n leer te klim om te gaan slaap nie,

en ek het sommer ook 'n aantrekkamer van 1.4m x 1.6m op die sleepwa.

Die kampopset het baie lekker gewerk en dit het geweldig aandag getrek op Hartenbos. Hordes mense het na die

opset kom kyk soms tot my frustrasie. Almal wou net weet watter maak is dit. Hier het ek besef ek het dalk iets

beet. Soos ons gekamp het het dit 'n paar probleme uitgewys wat ek vinnig sou moet aanspreek. Almal weet

Hartenbos se wind kan rof raak, so by so dat ek op elke hoekpal naderhand 3 toue en 4 penne moes inslaan om

die opset staande te hou. Die stres was so hoog dat van my hoekpale gebuig het in die wind. Gevolgtrekking was

: die opset is sterk genoeg maar is windsensitief en dit het te veel pale, penne en toue. Opslaan en afslaan is

moeite. Die PVC‐bo‐seil se afwerking was onooglik en te oop en dit het die wind probleem vererger.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!