02.12.2020 Views

KAMP IS LEKKER Desember 2020

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Desember 2020

HIER word stories gebou

CAMPING

MADE

EASY

https://bundutec.co.za

Thenextgenerationof

overlandingaccessorieshasarived

www.cawe.co.za

die eerste oogopslag kan jy sien dat die 444

Met

is om 'n voertuiguitleg te kan hanteer. Sy

ontwerp

smal vorm gly mooi langs 'n yskas of op die

lang

agter die voorste sitplekke in. Daar is

vloer

toegang tot die kragpunte sonder om jou

maklike

motor uit te pak. Die enigste punt aan die

hele

is die standaard 12V sigaretuitlaat,

agterkant,

jou yskasdrade van die res van die ander

wat

weghou. Selfs die punte aan die voorkant

punte

dit maklik om van voertuiglaaier na sonkrag

maak

ruil as jy vir 'n lang periode kamp opslaan. Ek

te

gevind dat die Lithium444 die naweek vir my

het

die gebruik van die 444 betref, werk alles

Wat

soos ek dit sou verwag het. Jy skakel dit

presies

aan en druk alles wat krag benodig by

eenvoudig

toestel in. Daar is geen moeilike knoppies oor

die

om dit te gebruik nie. Daar is slegs 'n ry blou

hoe

wat 'n eenvoudige weergawe gee van

LED-liggies

oorblywende batterylewe. Die agt proppe

die

die voorkant bevat drie 110V- en drie USB-

aan

wat jou in staat stel om feitlik enigiets in

poorte,

prop. te

ek die Flexopower Lithium444 begin

Nadat

het, is ek regtig beïndruk. Hulle het nêrens

gebruik

nie, maar dit eenvoudig en so effektief

afgeskeep

gehou. As jy op soek is na 'n eenvoudige

moontlik

wat ontwerp is om die behoefte aan 'n

eenheid

batterystelsel te vervang, dan is die 444

dubbele

5.5kg

Gewig:

30 x 13 x 18 cm

Groote(LBH):

oorgenoeg krag kon voorsien.

'n uitstekende keuse.

Ekstras: 1 x AC herlaai kabel

1 x Car 12V herlaai kabel

1 x Sonpaneel kabel met Anderson grys

aansluiting

N S K A M P K R A G W O R D

O

O O N T L I K G E M A A K D E U R

M

L E X O P O W E R S E M O J A V E

F

2 0 W S O N P A N E E L

2

Our Seatcovers are made using a synthetic fabric which is

incredibly tough, 100% waterproof and extremely

comfortable to sit on. A range of colours is available to suit

most modern design trends.

www.takla.co.za

Waar het jy die idee gekry?

Die idee is gevorm oor 'n aantal jare. Die oorspronklike konsep het ontstaan in 2006 toe ons groep Hentiesmanne

besluit het ons gaan Kamp op Torrabaai. As jy op Torrabaai gaan kamp moet jy selfversorgend wees. (

Yskas asook 'n Groot vrieskas vir die vis , kragopwekker, Drinkgoed ens." Vissermanne is altyd dors". As mens so

gaan kamp het jy baie pakplek nodig en 'n groot sleepwa . Ek het toe besluit om my bestaande sleepwa, wat ek

in 2005 gebou het in te rig vir die doel. 'n Topraamwerk asook 'n PVC‐seil is gemaak wat op die wa pas en oplig

sodat dit 'n dak vorm waaraan die tjoppertente aan kan vas haak. Maklik, eenvoudig ,en goedkoop.

Ons het so lekker gekamp dat ons besluit het om die volgende jaar op Myl 72 te kamp. Ek het toe die konsep

heelwat verander om dit bietjie meer privaat en gemaklik te maak. Die enigste probleem was dat dit nie baie

beskutting gebied het teen die elemente nie. Die wind is bitter koud so by die see. Hierdie opset het ek vir 'n

paar jaar gebruik om mee te kamp.

TWEEDE OPSET ( 2011 )

In 2011 besluit ek om die hele opset te verander om meer aan Ma se behoeftes te voldoen. Ek het 'n Nuwe

groter Bo‐seil gemaak asook sykante van ripstop , wat die opset heeltemal toe en privaat maak. My

"Rooftoptent het ek binne die sleepwa gemonteer, dus het ek nie nodig om 'n leer te klim om te gaan slaap nie,

en ek het sommer ook 'n aantrekkamer van 1.4m x 1.6m op die sleepwa.

Die kampopset het baie lekker gewerk en dit het geweldig aandag getrek op Hartenbos. Hordes mense het na die

opset kom kyk soms tot my frustrasie. Almal wou net weet watter maak is dit. Hier het ek besef ek het dalk iets

beet. Soos ons gekamp het het dit 'n paar probleme uitgewys wat ek vinnig sou moet aanspreek. Almal weet

Hartenbos se wind kan rof raak, so by so dat ek op elke hoekpal naderhand 3 toue en 4 penne moes inslaan om

die opset staande te hou. Die stres was so hoog dat van my hoekpale gebuig het in die wind. Gevolgtrekking was

: die opset is sterk genoeg maar is windsensitief en dit het te veel pale, penne en toue. Opslaan en afslaan is

moeite. Die PVC‐bo‐seil se afwerking was onooglik en te oop en dit het die wind probleem vererger.

Een van die ouens wat na my opset gekyk het vra toe vir my hoekom skryf ek nie in op die Wegsleep

kompitiesie nie. ( ECHO 4x4 Boswa ). Hier het die finale idee sy oorsprong gekry. Ek kon nou rustig

sit en alle probleme wat ek oor die jare ondervind het evalueer en 'n kampeerder ontwerp met

alles in wat nodig is, en wat nie 'n fortuin kos nie. Die idee was ook om 'n sleepwa te he deur die

jaar asook 'n kampeerder/Boswa as jy wil gaan kamp .

DIE NUWE FINALE ONTWERP MOES VOLDOEN AAN DIE VOLGENDE VEREISTES EN IS OOK SO

GEBOU

● Die kampeerder/ Boswa moet lig wees maar ook die sterkte en vrag van 'n volbloed boswa he . (

Die mikpunt was minder as 750 kg )

● Dit moet gerieflik wees. Dus Genoeg kombuiswerkspasie en 'n lekker slaap opset .

● Dit moet Koel wees binne al staan dit in die bloedige son. ( Dis hoekom dit ontwerp is met 'n

Skadunet seil 200mm hoog bo‐oor die Opset vir lugvloei )

● Dit moet privaatheid bied. ( ek verpes dit as alles so oop en bloot buite staan in die wind en weer

en vir almal om te sien. )

● Dit moet maklik, vinnig en moeitevry kan opslaan ( deur net een persoon )

● Dit moet windbestand wees. ( Dit is hoekom my tent 'n raamwerk het om te verseker dat daar die

minimum spanning op jou toue en penne is en dit maak dit uiters windbestand.)

● Dit moet aanpasbaar wees. ( Bv: vir net oornag, en kampplekke wat skraps is ens. )

● 'n Mens moet met gemak in jou slaapplek kan inklim sonder om 'n leer te klim.

● Die opset moet genoeg vloer‐ en pakspasie hê.

● Dit moet ingeboude ligte en plugs hê op elke hoek.

● Kaste en rakke moet verkieslik los eenhede wees sodat dit maklik aangepas kan word indien dit

nodig mag wees. (Ek het ook twee los kassies gemaak vir al die grootgoed in die kombuis )

Nota :My konsep Boswa planne is toe ingestuur maar ek het in my agterkop geweet die ouens soek

maar net weer nog 'n Boswa Waarvan daar letterlik honderde is, elk met sy eie pakuitleg. My

ontwerp was iewat buite die kassie, maar dit het baie meriete asook die feit dat dit relatief

goedkoop is om te bou en dat die wa meerdoelig is.

Ek het in Mei 2012 besluit het om die Tora‐Kampeerder/boswa te begin bou

Diegene wat nog nie so‐iets aangepak weet nie hoeveel tyd gespandeer word op klein dinge wat

eintlik heel eenvoudig lyk . Soos die ontwerp en maak van die oplig‐meganisme van die dak van die

sleepwa waaraan al 4 die sytente permanent vasgeheg is. Die staalraamwerk, die top‐ en kantseile

het 'n redelike gewig en jy moet inagneem dit moet 2.7m gelig word vanaf die grond.

Die sleepwa het ook 4 ingeboude ligte met 'n standaard 220V plug op elke hoek van die sleepwa.

Hierdie was ook 'n klein maar tydrowende storie om te maak. Die kantdeksels van die sleepwa is so

ontwerp dat die gasstoof ingebou kon word . Die struktuur van die sykantdeksels moes ook baie lig

wees, so dat dit nie kan buig nie, want elkeen word net op een hoek gestut met 'n ketting. Hierdie is

die werksoppervlak in die kombuis.

Aangesien die Kampeeropset 'n los eenheid is wat net op die sleepwa gemonteer word was ek verplig

om alles met SS‐ boude te heg i.p.v vas‐sweis. Dus moes elke eenheid op sy eie gemaak word, wat ook

sy voordele het.

Ek beskou 'n boswa/kampeerder net as 'n pakplek van kamptoerusting en in my geval ook jou

slaapeenheid aangesien dit binne die wa is en nie bo‐op soos al die ander in die mark nie.

Die Sytente is vir my meer belangrik as die boswa self, aangesien dit die plek is waar jy moet kosmaak

, kuier asook aantrek ens . Gewoonlik is dit 'n nagmerie as jy die tent vir verskeie doeleindes moet

gebruik . Hier is my Boswa anders aangesien vertrekke geskep is vir die doel waarvoor dit gemaak is.

Jy het dus 'n Kombuis/opwas‐vertrek op sy eie. Jy het 'n Aantrekvertrek met 'n hangkas op sy eie. Jy

het 'n Slaapvertrek op sy eie. Jy het 'n BAR/kuier‐area op sy eie . Jy het ook 'n Badkamer, met 'n spieel

en wasbak op sy eie. ( sien vloerplan )

Gelukkig het ons in Potch 'n uitstekende Tentmaker ( Sarel, eienaar van CANVALODGE ) wat al my

tentwerk vir my gedoen het. Al wat ek moes doen is om die planne met "Cut en Final size" mates vir

hom te gee. Om 'n tent te ontwerp en te teken is baie moeiliker as wat mens dink en dit het heelwat

tyd inbeslaggeneem. Die maak was gelukkig sy probleem. ( wat weet ek nou van stik af ). Alle PVCwerk

doen ek self, sleepwa se dak, sakke ens. Ek plak dit op dieselfde manier as wat " rubberducks"

gebou word.

Die buigwerk van die Alluminium kantklappe en die raamwerk van die kaste het ek laat doen by

Chrisko staalwerke . Alle staal‐ ,sweis‐, spuit‐, en monteerwerk asook elektriese werk ens. het ek self

gedoen.

Die vraag hoe lank het dit geneem om te bou moet ek dalk opbreek in verskillende aspekte

Beplanning/Ontwerp/herbeplan/skoolgeldbetaal, dan eers bou, dit is die maklikste van die taak.

Spuitverf van topraam

Kombuiskant ( sien ligte)

DETAIL VAN DIE FINALE PRODUK

Die vloerplanne gee die detail van die opset asook beskrywing van alles op die sleepwa asook die

tentedetail .

Die groot voordeel van die opset is dat jy net 6 regop pale asook die raamwerkpale en 10 penne

nodig het om die opset te maak staan. Alle toue is reeds vas aan die topseil. Dus is dit net vir haak

en styftrek. Wanneer jou tent 'n raamwerk het, het jy baie min spanning op jou toue en penne, Jou

opset is uiters windbestand. Die Gazebo slaan op in 3min. Hierdie Gazebo is ook uiters

Hierdie basiese opset word opgeslaan as jy net oornag of vir 'n dag of twee wil kamp. Net 4

regoppale en 4 penne is nodig om dit te maak staan. Neem gewoonlik so 15 min.

Die vooraansig wys hoe die

Skadunet bo‐op die opset pas.'n

200mm springstaal skuif deur die

hoekstukpype se buig asook boop

die dak waarin die skadunet

Die aantrekkamer kan ook

gebruik word vir iemand om in te

slaap as dit nodig is. So ook die

Kuierarea as dit opgeslaan is.

Die hangkas het twee hangplekke

wat elk 8 kleedingstukke kan

hang. As die flappe toe is, is die

hangkas oop as die flappe oop is

is die hangkas toe.

TEGNIESE DETAIL

Sleepwa se Gewig leeg = 330Kg

Sleepwa gelaai alles = 680Kg

Baklengte ( binne mate )= 2400mm

Bakwydte ( binne mate )= 1500mm

Dravermoee = 1.8 Ton

Die skadunet‐topseil was nie opgeslaan

nie want dit was vrek koud hier.

’n Uiteensetting van die hoeveelheid)

Rofweg kan ek dit so opsom:

●Kantpanele se raamwerk is 2400mm x 500mm en bestaan uit 50x25x 1.6mm Rec‐tubing ( 1

lengte ) asook 30x30x2mm Hoekyster. ( 2 lengtes )

●Kantpanele se raamwerk is van 16mm x 16mm SQ en die kopkante is gebuig uit 2mm staal 60mm

diep met 'n 20mm lip op beide kante. ( 3 lengtes 16mm SQ )

●Die werksblaaie ( totale lengte van die 4 blaaie is 4.2 x 0.5 m ) is van 6mm Superwood wat waterdig

gemaak is en afgerond is met 25x25mm hoek‐aluminium.

●Regterkas is 150mm diep en 1100mm x 700mm staal raamwerk 1.6mm dik en het een rak ( vir

glase, Wyn en braaigoed ens.)

●Linkerkas is 230mm diep en 1100mm x 700mm staalraamwer 1.6mm dik en het twee rakke ( vir

alle eetgerei, kosgoeters, koffie suiker, ketel ens.)

Albei kaste is agter toe met Aluminiumplaat en geplak met mat, en alle rakke is afgewerk met 'n

25mm hoek‐Aluminiumstrook.

●Ongeveer 150 rivets is gebruik om die aluminiumplate en afrondings vas te rivet

●Die agterkant bo die wa se klap is gemaak van 19mm SQ en binne die raamwerk is 16mm

superwood wat behandel is teen water en "gestonechip" is. Die agterklap word gebruik as topblad op

die twee kassies waarin allerlei kombuisgoed soos potte panne ens. gepak word.

●Elektriese komponente bestaan uit 4 Plugs met omhulsels, 4 Ligte met 'fittings' en twee skakelaars

asook 6m driekoord elektriesedraad.

Die ligte se omhulsels is gemaak van Aluminium‐hoekstroke met gesnyde panele uit standaard

"Florescent lig covers" mens Koop dit los.

Tans word die krag op die eenkant ingeprop direk vanaf die kragbron en alles is opgekoppel op 220V.

Elke lig en plug skakel op sy eie aan en af via sy skakelaar.

Ek is besig om 'n kragkas te bou met 'n herlaaier, inverter ens in . om dit ook op 12V te kan opkoppel.

●Die tentseile is gemaak van Ripstop en 80% skadunet. Alle sypannele heg met 50mm Velcro vas . Dus

kan jy opsit wat jy wil en waar jy wil , afhangende van die omstandighede

●Die neuskas is gemaak van SS‐plaat 1.2mm dik. Dit was jare gelede gemaak vir my Koelerboks (160

Liter wat ek altyd my vis vanaf henties huistoe bring). Alle Seile word hierin gebere.

Waar was jy al met die waentjie? Waar wil jy nog gaan?

Ek was al 'n paar keer Henties, Torrabaai toe. In 2011 het ons Noordkaap, Augrabies, asook 'n groot

deel van die weskus vanaf Port Nolloth, Springbok, Hondeklipbaai, seelangs , kamp‐kamp getoer tot

by Hartenbos . In 2012 het ons gekamp op Gariep , Hartenbos, Waenhuiskrans, Onrus/Hermanus,

Kaap en toe Karoo Nas.park by Beaufortwes. Die jaar (2013) gaan ek die Natal se see en kampplekke

besoek . En later die jaar weer Henties toe en dan weer Kaap se kant toe. Desember‐maande bly

As jy dit weer sou doen, wat sou jy verander.

As ek jonger was sou ek dadelik die produk in die mark gesit het, want dit het 'n plek in die mark en

die koste is ongeveer 50% goedkoper as enige soortgelyke boswa met dieselfde toebehore . Dit is

ook 40% ligter as meeste boswaens. ( daar is mos altyd iets wat jy kan verbeter) .

My nuwe kampwa TORA-2 is ontwerp en gebou op die beginsel.

Waar bly jy en wat doen jy vir ’n lewe?

Ek woon in Potch al vanaf 1986 . Is tans afgetree . Ek het vir Waterwese gewerk as Ingenieurs‐

Opmeter vir 42 jaar. Was vir 25 jaar in bevel van die opmetingskantoor. My kantoor was vir meer as

16 jaar verantwoordelik vir alle onderwateropmetings ( dit is om die slik in damme te bepaal en om

nuwe volumes te bereken ) Die helfte van alle damme in die land was my verantwoordelikheid. Die

grondopmetingskomponent het bestaan uit lug‐ kontoer‐ kadastrale‐ en Defleksie ( verskuiwings en

versakkings) asook Pyplyne en struktuuropmetings. Ek het vir 6 jaar permanent in die veld gekamp

,tot die kinders moes skooltoe. daarna het ek vir nog 6 jaar permanent in die veld gebly en net

naweke of elke tweede naweek huistoe gegaan. So kamp is in my bloed. Weens my beroep het ek

basies die hele land vol gewerk.Daar is egter plekke waar ek nog nie was nie. Ek was ook op plekke

waar min of geen mens nog ooit was . ( Diep in die Knysna/Homtini klowe waar ons opmetings

gedoen het ) .

Op 15 Junie

2019 het die

Avontuur

Klub met `n

groep van 11

4x4 voertuie

vertrek na die

Soutpansberge

in Limpopo

om die lang

naweek te

spandeer

saam Johan

Klopper wat

die toer gelei

het.

Die eerste kamp

is aan die suide kant van

die berge en dit was n

redelike steil kronkel paadjie

tot by die kamp. Die paadjie

is 3 kilometer lank maar die

vlak bo see spieel het

geklim van 800meter na

1400meter toe die kamp

bereik is. Na daar kamp

opgeslaan is vir die wat met

grondtente kamp het ons

bonop die berg die wêreld

gaan bekyk van bo af.

Woorde & Fotos: JAN VAN GERVE

Die plantegroei is

asemrowend en die berg bo

is betrek met fynbos, net

soos die in die Kaap.

Proteas groei wild hier.

Johan Klopper het ons na

die Soutpansberg se eie

"God's Window" geneem.

Jy kruip op jou maag deur n

bossie en dan steek jy jou

kop oor die rand van die

rots en jy het n aansig wat

onbeskryflik mooi is!

Terug by die kamp is daar

nog stories vertel en dan is

daar potbrood gebak,

knoffel en kaas sampioene

gebraai vir voorgereg en

dan heerlike vleise gebraai

van vark , bees en hoender.

Die wind wat van bo af teen

die berg afgewaai het was

ysig koud. Amper 4

seisoene in een dag. Almal

het sommer vroeg ingekruip

na die lang dag vol

opwindinge.

Sondag more is

daar vir elke pappa n

sjokelade uitgedeel vir

vadersdag. Ons vertrek

vroeg na n kampplek aan

die noorde van die berg via

die Hanglip Woude

Natuurreservaat. Die is n

sprokiesmooi tropiese

reenwoud.

Die pad kronkel al

deur die denne plantasies

tot in Louis Trichardt, ons ry

teerpadlangs verder noord

deur die Hendrik Verwoerd

tonnels en draai dan af in n

westelike rigting na n

sandveldvlakte wat lekker

dik sand het waar jy jou

sandry vernuf kan toets.

Ons stop by n groot oop

stuk sand wat omring is

deur Pierneef bome. Hier

het almal n vinnige

middagete geniet waarna

vertrek word na ons tweede

kampplek. Smal

kronkelpaadjies tussen

Krematartbome tot by die

besonderse kampplek teen

n groot rots koppie. Op

hierdie plaas het n Buffel

die profisionele jagter Mnr

Bossie Mostert byne

doodgegaffel nadat Bossie

die gekweste buffel gaan

soek het paar weke van te

vore. Bossie het ons kom

vertel van sy noue

omkoming en ons het die

toer die Daggaboy toer

gedoop. Daggaboy is n

naam wat gegee is vir n

alleenloper Buffel bul wat uit

die trop geskop is.

Vanwaar die idee?

LINKS BO: Denise McLoughlin se selfie in haar

MAZDA toerkar.

MIDDEL: Die MAZDA Toerkar

ONDER: Die Plaakboek en Prentjie

REGS: Grondpad se mooi

Ek wou lankal reis deur die

platteland van Suid Afrika – in

a camper; droom lustig voort

terwyl ek al die videos oor

roadtrips op YouTube kyk. In

die VSA word allerhande

voertuie in “campervans”

omskep! Baie verbaas sien ek

iemand in SA het ‘n klein kar -

‘n Uno - verander in ‘n toerkar

– en ek wonder oor my Mazda?

Ek is sak en pak na die slim

bron toe, kar word opgemeet

en ja ek kan in hierdie ou

Mazda-tjie slaap!

Groot was die opwinding toe

die kar (soos in die foto)

arriveer, terwyl ek nog

bedkussings mooi oortrek en

die nodige gordyntjies maak uit

die twee kante van ‘n ou

duvetoortreksel. Ek sit vir ure,

en kan net nie glo hierdie

droom is moontlik nie! Ek wil

hê dit moet vroulik en vintage

lyk.

Na die aankoop van ‘n

braairooster, ‘n blinknuwe

kampketel, klein 1-man

eierpannetjie en spaar

gashouertjie, kom ek al nader

na gereed – moet sê my moed

wou my soms begewe! Wil ek

regtig solo gaan?

Sommige vriende twyfel sterk

oor hierdie vrou-alleen reis en

waarskuwings laat my besef

my vriende gee om.

Maar nouja ek droom al lank

en hier is nou my kans op ‘n

redelike bekostigbare manier te

reis…

Op die foto hieronder is my

tafel wat buite gebruik word

op sy opvou bene, maar

saans word dit my bedside

tafel – die woorde wat ek

daarop ge-decoupage het

verwoord alles wat hierdie

avontuur vir my beteken!

So begin die beplanningpadkaarte,

boeke en google

word bekyk – ek weet net

dit moet by ‘n rivier wees -

dis hoe ek op die

Breederivier besluit - die

River Goose Camping net

buite Bonnievale – ‘n dorp

waar ek al voorheen was.

Vandaar vat ek ‘n pad oor

Stormsvlei en

Riviersonderend na Greyton,

nog ‘n mooi plek om te

verken (wat toe op die ou

end nooit gebeur het nie!)

Okt 2018

DENISE SE

ROADTRIPS IN DIE

MAZDA TOERKAR

MAZDA TOERKAR

My Eerste Solo Road Trip

LINKS BO: Ontspan met my joernaal: Woorde

wat reis inspireer en ‘n glas wyn.

REGS BO: Beautiful Breede Rivier

River Goose Camp

Bonnievale Blue Moon:

Stanford

Ek vertrek met ‘n netjies gepakte kar, ‘n oorvol koelboks, togsak met klere, kampstoel, tentjie en

braaigoed onder die bed gepak. Allerhande ekstras vir die wis of die onwis – groot vrystaande flits –

volgelaai, ‘n kleiner liggie wat met twee batterye werk en twee kerse- daar is mos glo nie elektrisiteit by

die kampplek nie.

Die oulike boekrak –kassie

staan kiertsregop agter die

bestuurderssitplek, wanneer jy

in sleeping- mode is en

wanneer altwee voorste

sitplekke ver vorentoe geskuif

is. Terwyl ek ry is allerhande

goed op ‘n plek waar hy eers

later gebruik gaan word- so

word die bed langer gemaak

met ‘n houtraam wat inskuif

agter die voorste

passasierssitplek… en o weë

die draai-knop van die stoele

sit doer in die middel van die

kar- wel niemand het gesê dit

gaan maklik wees nie!’

So het ek sonbril op, musiek

MP3 dingetjie is in die

aansteker se plek en speel

lustig musiek. O ja ek het ‘n

signature tune: “ON THE ROAD

AGAIN “, van Willie Nelson –

dit voel so reg vir ‘n road trip!

‘n Verdere gadget is so ding

wat jou selfoon kan vashou op

die dashboard- sodoende kan

jy videos neem van die pad

terwyl jy kommentaar lewer of

selfs ‘n video maak van jou wat

praat…ja ek weet dit kan

gevaarlik wees maar voor die

dag verby is, het die

Sjineesgeboude ding afgeval

en is nog nooit teruggesit nie!

Ek ry al singende met my petjie

op my kop tot in Bonnievale –

stop vir broodjies en blitz. 8km

verder lê die kampterrein op

die Breederivier en het heerlike

koelte bome, is ongerep, maar

ek voel tog so bietjie alleen tot

twee jong paartjies hule tente

opslaan so 40 meter van my af

met ‘n bos tussen-in. Ek slaan

kamp op- herpak alles waar ek

dit wil gebruik – sit my oulike

tafel op, sit die ketel oor die

gas en haal diep asem op die

rivierwal. Lekker!

Later tog (probeer) ‘n vuurtjie

aansteek vir die geselligheid

(eintlik het ek sekere gaar

kosse saamgebring) Maar die

blitz is nie genoeg nie en die

ding rook- vind toe eers later

uit die hout was te nat.

Toe volg die drama van my

Mazda gereed kry vir slaap –

die sg sleeping -mode. Ek kom

agter jy moet maar elke keer

as jy iets wil he eers iets

anders uit die pad skuif. maar

ek WOU mos kamp in’n kar. Ek

verleng die bed maar moet

seker maak ek het alles uit die

koelboks daar onder. Ek sit

boekkassie regop- alweer

oorleun en sitplek skuif! Ek

moet die mooi oorgetrekte

skoendoos met my brille en

pille, kers en vuurhoutjies (vir

die nag) en my oorfoontjies om

radio te luister op my slimfoon

eers uitgrawe en byderhand

kry. Nou kom die tafelblad so

langwerpig langs die bed en

rus op die twee sitplekke- voor

en die een wat agter oorgebly

het (omdat ek in die stad ‘n

derde mens will kan vervoer)

Hierop pas alles wat enige

mens langs sy bed sou wil hê –

vir my natuurlik boeke en ligte,

water, pille, powerbank vir die

selfoon se laai ‘n eetdingetjie

vir laatnag. Nou moet die “boot

“mos toe en sy blink sonskerm

moet op vir privaatheid – nouja

díe is ook met toutjies ens vas.

Probleem is ek kry nie die”

boot” om behoorlik toe te maak

nie- iets keer- ek skuif goed en

probeer alles en begin

mompel/skel.

“Dis nou net daar wat

ek die twee fris

jongmanne – my buregaan

haal om te help!”

Hulle kan net nie glo die tannie

gaan in hierdie karretjie slaap

nie, en alles lyk so gerieflik??

Ten einde laas moes hulle net

my matraskussings dieper

inskuif vir die knip om te werk.

Mense, weet julle hoe lekker

slaap mens met so oop kar

venster langs jou- op jou sagte

kussings met jou drie liggies vir

lees en hier vlak by jou sing die

voëls en kriek die kriekies en

vloei die rivier! Heerlik- net ‘n

skietgebed dat ek tog nie in die

nag sal moet toilet toe gaan

nie want dis bitterdonker en

nie so naby nie!! En raai- toe

slaap ek regdeur en wat ‘n

mooi prentjie om te sien as jy

wakker word en die lug is vars.

Die tweede dag daar was ‘n

hoogtepunt! Mense wat my

ken weet hoe mal ek is oor in

riviere swem en roei…ek sit

nog so lekker met my laptop

en ‘n koue Windhoek biertjie

toe sien ek hier kom ‘n kano

met 2 manne verby geroei! Ek

spring op en waai en roep/vra

is dit hulle kano en waar kan

ek een kry and “lo and behold”

hulle roep: “Would you like to

have a go?” Toe spring ek vir

die naaste jetty- hulle gaan

haal so ewe ‘n lifejacket en ek

sit voor met die een spaan, en

nodeloos om te sê - ek is in die

sewende hemel want dis mos

my prentjie van kamp by ‘n

rivier!! Ek neem fotos en ‘n

video en toe ek hoor hulle is

met ‘n kerkkamp daar toe weet

ek- dit kan net die Here wees

wat alles so perfek bewillig!

Daar kom toe ook ‘n ander

jong paartjie wat ‘n klein

tentjie opslaan reg by my- en

ons raak aan gesels en later

braai hy sommer my twee

skaaptjoppies en dun

kaaswors.

So het elke ding sy

plek en moet dit in ‘n

sekere volgorde

ingepak en weer

uitgepak word. Oh

the joys of camping!!

Let op my oggend

teetafel met

teepotjie en fyn

koppie, wat praat

hulle van glamping?

So kan kamp ook

romanties raak in

die ware sin van die

woord.

Ja-nee River Goose

sal my beslis weer

sien.

Ons drink van hulle pink gin

en sit gesellig en lees terwyl hy

probeer visvang maar die wind

hou nie op met waai niedaarom

het ook nog nie in die

rivier gaan swem nie!

En so kom my tweede nag se

slaap en ek rig my in met ‘n

kers ook om vir die al- flouer

lig van die groot flits (wat so

lekker by die vuur werk vir die

braai) op te maak. Ek slaap

soos ‘n baba- en ek weet

hierdie road trip ding gaan vir

my werk!!

Toe ek oppak en ry en ek kom

bo by die teerpad toe voel ek

weer die tintelende besef dat

ek regtig nou ‘n road trip doenop

my eie – lekker vry om te ry

of te bly. En die gevoel van

selfstandigheid laat my opkyk

na die foto van my Ouma

Troskie – wat ek voor in die

karliggie se plek gesit het – sy

wat my inspireer het om te

reis!! Kom wat wil. Groot

respek vir die feit dat sy op

ouderdom 78 alleen Europa toe

is vir ‘n toer. Nou loop ék die

pad Ouma – net op kleiner

skaal.

Nou raak die pad meer

onbekend –gaan nou oor

Stormsvlei na Riviersonderend

en dan wil ek tóg die grondpad

agterom na Greyton neem al

waarsku almal teen

grondpaaie. Ek voel nou

sommer braaf. Skielik sien ek

‘n padstal/restaurant by die

Stormsvlei rivier en net daar

stop ek en sjoe wat ‘n oulike

retro plek is dit! Nuwe

tydskrifte op koffietafels, Wilde

Braambos likeur om te proe,

heerlike tee en skons en

padstalgoeters om te koop! Dis

nou mos reis- stilhou, fotos

neem, tee drink, en geniet…

Net daar begin my dag

verkeerd loop. Ek vat die

grondpad- lyk nie te sleg niemaar

die berge en plase is toe

nie so baie mooi nie - en die

pad is plek –plek maar

sinkplaat en dis stof en dis ver!

Ek sien ook my selfoon is besig

om vinnig pap te word. Toe ek

uiteindelik by Greyton kom en

ek sien die kampplek- wat op

die Internet gespog het met

twee riviere wat daar saamloop

ens ens, toe voel ek glad nie

veilig of seker nie. Ek sien ek is

alleen daar- die ablusie is

basies en ver en waar is die

riviere? Die vrou in beheer is

ongeërg oor die digte bosse

tussen jou en die

rivierstroompies. Die bosse is

donker en ek besluit híer bly ek

nie. Nou is dit 2nm en baie

warm en my foon is feitlik pap.

Ek moet nou ‘n ander slaapplek

vind. Ek bestel roomys en

sjokoladesous by ‘n vriendelike

koffiewinkel terwyl my foon

bietjie laai en hoor dat daar nie

‘n ander kampplek naby is nie.

Nou dink ek Botrivier?

Caledon? Het ondertussen

besluit ek wil nog net een aand

kamp want huislike dinge roep

my terug. Niks op Genadendaldie

SAPS op Caledon praat van

Vloedbos so 29 km uit op die

Bredasdorp pad—dis warm en

my foon is net so entjie gelaai

– ek ry en ry – is naderhand 30

km van Napier en ek wil juis

eerder in die rigting v d Kaap

gaan- so toe ek skielik ‘n

afdraaipad na Stanford 23 km

sien, toe vat ek hom. Dit word

laat en ek raak nou moeg van

al die onsekerheid. Kry

gelukkig ‘n oase naby Stanford

- Blue Moon- in ‘n mooi tuin

met ‘n houthuis-kombuisie,

skoon geriewe, ‘n boom

hangmat en elektrisiteit het! Ek

eet sommer oorskiet vleis en

kruip vroeg in met ‘n selfoon

wat vet gelaai is – so dit voel

goed! Die R150 vir die nag was

dit werd.

Ek ontdek net voor ek ry dat

hulle ook ‘n plaasdam het vir

swem, maar ek is nou op pad

na die dorpie Stanford met sy

outydse huise, mooi tuine en

oulike winkeltjies. Omdat ek

weet die Kleinrivier daar is

swembaar het ek op hierdie

warm dag my swemklere onder

aan. Ek vind die mooiste plek

om te swem en dis

“exhilarating” om alleen in die

rivier te swem-ek keer sommer

‘n huishulpie voor om van my

fotos te neem.

Lekker afgekoel pak ek die pad

huis toe- via Hermanus oor die

Theewaterskloofdam – wat

weer water in het- en oor die

Franschhoekpas. Ek kom warm

en moeg tuis maar baie

tevrede en gelukkig met my

eerste solo road trip!

Hierbo is my

lekker bed

waar ek

sommer vroeg

ingeklim het…

Die lekker van Road trips!

Aangesien my volgende road trip nog voorlê wil ek in hierdie nuusbrief kyk na wat werk met die

kampstorie, en wat nie! Ek begin sommer by die eintlike road trip – kyk mens moet mos seker darem by

‘n paar dorpe verbyry-dit ís mos ‘n reis en die opwinding van die langpad is deel daarvan; dit kan maar

‘n grondpad ook wees: -off the beaten track!

LINKS: Langpad,grondpad

teerpad en windpompe!

REGS: Die Studebaker van

daardie jare- Ouma s’n was

ook so groen!

Ek onthou die opwinding van baie vroeg opstaan as kind en donker die pad vat vir ‘n vakansie, natuurlik

met die onvermydelike padkos in ‘n mandjie – die gewone soos frikkadelle, hardgekookte eiers en

toebroodjies afgesluk met koffie uit ‘n fles. Net daar het ek hierdie avontuurlus van reis ontwikkel – ek is

altemit darem my Ouma Troskie se kleindogter en sy het sommer Europa toe gereis op 78 jaar! Sy het

summier in haar Studebaker Champion geklim en Kaap toe gery vir die Van Riebeeck feesjaar.

Ja daar is ‘n tyd en plek vir

vlieg en lekker outydse treinry,

maar daar is iets baie romanties

aan ‘n road trip! Nooit gedink

ek sal met my 20 jaar oue

karretjie weer die langpad

aandurf nie…maar die Internet

se YouTube het my tot nuwe

insig gebring- want in Amerika

omskep die nomadies-geneigde

mense al wat ‘n ryding is in ‘n

sogenaamde campervan! Tot

ou skoolbusse word ‘n

rondreisende huis! En hulle is

nogal ernstig ook oor die

“off the grid” ding –hulle het

dikwels hulle eie krag en

gebruik bv “Compost toilets.”

Dankbaar…

Terug na my toerkar ervaringkan

nóu nog nie glo dat ek

sulke half-sorgelose en

betreklike goedkoop reise kan

neem nie!

Gelukkig is hier talle mooi

roetes om te ry in die Wes –

Kaap. My kop staan ook

verder Karoo toe – meer

hieroor later…

Praktiese

benodighede

Ek het agtergekom wat

belangrik is vir my en wat kan

maar bly. Ek moet musiek hê

vir die ry- radio is goed tot jy

die sein verloor, maar ‘n

vriendin gee toe vir my die

oulikste FM Modulator waarop

jy musiek laai en dan in die

motor se sigaretaansteker sit

en dit deur jou motorradio

speel. Wat ‘n plesier!!

Ek het agtergekom wat belangrik

is vir my en wat kan maar bly.

Ek moet musiek hê vir die ryradio

is goed tot jy die sein

verloor, maar ‘n vriendin gee toe

vir my die oulikste FM Modulator

waarop jy musiek laai en dan in

die motor se sigaretaansteker sit

en dit deur jou motorradio speel.

Wat ‘n plesier!!

Nog iets is padkos- of darem

tenminste ‘n paar lekkernye en

koue water. ‘n Sonbril, ‘n

padkaart en wat ook lekker is, is

‘n selfoonhouer wat jy aan die

dashboard vassit. Ek neem dan

soms my stem op met die

selfoon wat kommentaar is op

die reis.

Kampplek

voorkeure

Wat die kampplek betref, ek

moes al vir ‘n paar vriende

gerusstel dat ek nie soos die

Amerikaners sal “stealth

camping “doen nie- dis nou as

jy sommer by ‘n groot

parkeerarea of iewers in ‘n

straat of langs die see in jou

motor slaap terwyl jy nie eintlik

daar mag wees nie- hulle maak

vensters op verskeie maniere

toe sodat niemand weet van

hulle nie. Hulle sal byvoorbeeld

sommer gaan stort of was by ‘n

publieke plek soos ‘n gym…

Nee ek sal maar daai

avontuurtjie los en by

kampplekke met behoorlike

ablusies en sekuriteit oornag.

Maar hier begin ek uitsoekerig

raak – en moet dus vooraf my

navorsing doen oor

slaapplekke.

* Ek soek ‘n rustige kampplek

naby water- see, rivier of

swembad met genoeg skadu.

* Ek wil eerder voëls hoor en

die gekabbel van water bo

besige kommersiële vakansieoorde

met jou bure se musiek

of kinders wat raas!

* Skoon ablusies met warm

storte.

* Elektrisiteit is nie noodsaaklik

nie- ek verkies lamplig, kerslig,

flitslig – veral as jy so lekker

sterk losstaande flits het— so

sien jy ook makliker die sterre.

* Sekuriteit Rustigheid is een

ding maar mens wil ook nie te

afgesonderd wees nie- ek is

immers ‘n vrou op my eie!

* Wat ook nogal vir my werk is

‘n dorpie binne ry-afstand –een

wat ‘n koffiewinkel en dalk ‘n

oudhede winkel het. Ek geniet

dit om fotos van plattelandse

kerke en ander ou geboue te

neem. Algemene handelaars of

kleindorp- informele

supermarkte is ook anders en

interessant- ek het tot al

papierpoppe, dorpie se winkel

gekry!

Kampplek

voorkeure

Wat my voorbereiding en pak

van die Mazda betref- sal ek

dalk net minder klere en

gebruiksgoed saam neem- ek

hoef seker nie régtig my

porselein teepot en fyn koppie

saam te neem nie, en ek moet

beslis my koelboks wat as

yskas dien op ‘n meer

toeganklike plek pak. ‘n Seil

afdak of gazebo langs my kar

sal ook welkom wees- plek om

goed uit te haal en daar te

los??

Ander ding wat regtig

belowend lyk is ‘n Baby Weber

braai wat met charcoal werk

en klein is vir pak; jy kan dit

op ‘n tafel laat staan vir

gemak, alhoewel ek nog dink

‘n regte-egte hout vuur is die

beste! Daai om die vuur sit en

droom of gesels met miskien

‘n koffiekan op die kole is deel

van kamplewe

Nuutste

toevoegings

tot my

kampgereedskap

Ek is lid van ‘n facebookblad -

Kamp Mal. Ek deel my storie

en vra waar kan ek ‘n

2dehandse gazebo of sytent

kry – Let wel in die KAAP!

Mense wat ‘n reaksie! Almal –

meestal in die Pretoria

omgewing -bied tente/gazebos

aan vir R2000 of R1650 (net

twee maal gebruik?) ens ens.

Ek skryf terug – Ek soek iets

góedkoop en maklik en in die

Kaap – en hier kry ek ‘n

boodskap van ‘n dame wat

kamp, wat glo die foto van my

kamptafel met ‘n bottel wyn

op gesien het, en sy bied ‘n ou

gazebo gratis aan in ruil vir

“bietjie van my wyn!” En sy

bly hier in Goodwood!

Ek is die volgende dag daar

met ‘n hele nuwe bottel wyn

en nou is ek die eienaar van ‘n

donkerblou en wit gazebo –

miskien moet ek byvoeg – ‘n

onkapabele eienaar – want ek

sal nooit die ding alleen kan

opslaan nie… dis klomp pale

met nommers en definitief ‘n

tweeman-job, met een wat

verkieslik weet wat hy doen!

Dan moet mens nog met die

Kaapse ook rekening hou.

Ander ding- daar sien ek mos

‘n klein Bushbaby weber-tipe

braai vir net R199.00 by ‘n

supermark- nogal met ‘n blou

deksel wat by my kar pas -

kyk, nou sal daar gebraai

word- en niks gesukkel met

nat hout soos laaskeer nie!

So tot na my

volgende

trippie bly ek

die Happy

Camper.

Denise

GEHEIME WORD

ONTSLUIT

DEUR

MAKRO-

FOTGRAFIE

PIERRE LABUSCHAGNE praat die maand met ons

oor hierdie besonderse afdeling van fotografie

wat so dikwels afgeskeep word, bloot net omdat

ons nog nie geleer het om kleiner te kyk en te dink,

as bloot net die sigbare wêreld waaraan ons so

gewoond is nie.

Leer om te kyk!

Buk af en gaan grond-toe!

Trap en stap versigtiger!

Moenie haastig wees nie!

“Size does matter…”

Woorde en foto’s deur Pierre Labuschagne

LEER OM TE KYK!

Ons raak té gou té gewoond aan dinge rondom ons, en in die proses verleer ons

om te kyk! Anders gestel: Ons kyk, maar ons sien nie raak nie! Makro-fotografie

leer jou om weer te begin kyk na goed rondom jou wat net as vanselfsprekend

aanvaar word! Met my makro-lens dwing ek myself om meer oplettend te wees

oor wat rondom my gebeur in die mikro-kosmos rondom ons. Daar is net te veel

voorbeelde om te begin opnoem oor wat regtig oral om ons gebeur! Ek moes met

‘n skok besef hoeveel ek mis, en ek moes leer om weer te kyk!

Makro-fotografie is nie maklik nie. Dis ‘n gespesialiseerde afdeling daarvan, en

heel dikwels het mens gespesialiseerde toerusting nodig. Makro-lense is ook nie

goedkoop nie, en dit maak dit minder toeganklik vir die algemene publiek en self

vir amateurfotograwe. Tog is daar ‘n nuwe wêreld versteek in die miniatuur

kosmos rondom ons. Leer om weer die klein goedjies te begin raaksien, en jy sal

verstom staan oor wat daar alles te siene is…

BUK AF GROND-TOE!

Heel dikwels is die wêreld van makro-fotografie baie na aan die grond. Dit vra van

die fotograaf om laag te buk en te buig en om af te gaan tot op grondvlak –

letterlik! Insekte kan klim en klouter tussen die takke, en jy kan hulle raaksien op

oog-hoogte, maar sommige sampioene en varings is piepklein en groei net op die

grond – veral op verottende plantmateriaal, dieremis of reeds bestaande

kompos. Dis hoekom ons hulle so maklik miskyk. Baie van hulle is net te klein en

te laag.

Hoeveel keer stap

ons verby blare

wat ‘n paar

druppels op het na

‘n reënbui. Sonder

om te besef wat

ons mis, kan dit ‘n

pragtige makrofoto

inhou!

Hierdie

sampioentjie op

die grond was

skaars 5mm hoog,

en ek sou dit

heeltemal miskyk

as ek nie spesifiek

na goedjies gesoek

het vir my makrolens

nie!

Wat ‘n juweeltjie!

NEEM JOU TYD!

Die prys is groot vir die geduldiges! Insekte en diertjies is skrikkerig vir groot en

gevaarlike goed wat vibrasies en skaduwees maak. Dis potensiële bedreigings,

en hulle sal maklik op die vlug slaan of wegkruip as hulle bedreig voel. In die bos

of in die veld kan jy maar rustig gaan sit en wag vir die bewegings om jou om te

begin gebeur. Sodra die diertjies nie meer bedreig voel nie, sal hulle normaal

voortgaan met hulle dagtaak, en jy kan skiet na hartelus!

TRAP VERSIGTIG!

Baie diertjies en plantjies is so klein dat jy nie eers gaan

agterkom dat jy dit stukkend of dood trap nie. Wees

baie bedagsaam dat jy nie skade maak as jy

onoplettend in die bos of veld stap nie. Dis nie moeilik

om ‘n rykdom van lewe onder jou voete te mis, of te

vernietig nie!

Toe díe Bloukoppie

begin gemaklik en

rustig raak met my

teenwoordigheid,

het hy my begin

toelaat om

omtrent tot

teenaan hom te

kom met die lens!

KLEIN KAN GROOT WEES!

Ons maak ‘n fout om te dink kleur en “mooi” is

net beskore vir die groot en gevaarlik. Of ons is

opsoek na die “Groot-5”! Olifante, Leeus… Ons

soek en bewaar Renosters – wat reg is, maar ons

bedreig eweveel die habitat van skoenlappers

en skaars fynbos. So baie mis ons dit, en onder

ons voete is daar ‘n wêreld van kleur en lewe wat

jy net gaan sien as jy stop, afbuk en begin soek

daarvoor. Doen jouself die guns!

Nostalgie ini

Witsand

met kaiings in die pot

“ Toe ons kinders was het ons altyd op Witsand gaan kamp. My pa het

altyd op die almanak gekyk wanneer die skole sluit en dan het hy al die

vorige dag sy karavaan deurgery Witsand toe om te gaan kamp opslaan.

Dan as die skoolklok lui, moes ons spring…want pa wou ini Witsand kom.

O

ns het altyd vir ‘n hele maand gaan

kamp, want pa wou visvang op die

Breederivier. Groot kabeljoue en elwe

was gereeld aan die lyn. As dit laagwater was het

hy eers oorgegaan na die sandbank om te gaan

krewels pomp vir aas, en dan het ons lekker op

die sand baljaar totdat hy genoeg aas gehad het

om vir die res van die dag te hou. Ek onthou my

ma het destyds sommer dadelik die vis ingelê as

pa ‘n kabeljou uitgetrek het.

My pa, Oom Bokkie, se bynaam op Witsand was

Kaspaas, omdat hy die vreeslikste stories kon

opdis wat ons kinders natuurlik almal vir soetkoek

opgeeët het. Hy het eendag vertel dat hy ‘n

krokodil uitgetrek het uit die rivier uit en dat die

krokodil op die Lucky Strike botel se

kroegtoonbank lê. Die kinders het die paar

kilometer na die botel gestap…alles tervergeefs!

Terug by die kamp was hulle nie baie gelukkig

met oom Bokkie nie, maar hy het volgehou hy het

hulle net ‘n waardige les geleer en dit was dat ‘n

mens nooit ‘n visserman se storie moet glo

nie…seker ook maar waar…

Daardie jare het die boere ook sommer vir ‘n

maand kom kamp. Ek onthou goed hoe een van

die boere se vragmotors by die kamp ingery het.

Daar was hangkaste, hout beddens, dik matrasse

en nog wat afgelaai op die kampstaanplek, want

die boer wou nie sukkel nie – hy wou lekker

kamp! En net na die vragmotor is daar die eerste

vrag rooipitjie hout afgelewer op die staanplek.

Gepraat van hout, my pa het altyd sy rooipitjie

hout onder sy karavaan gepak. So kom hy toe

agter dat sy hout ‘n bietjie vinniger opraak as

waarvoor hy beplan het en het natuurlik onraad

vermoed. Hy besluit toe een aand, nadat ons

gebraai het om onder die karavaan te gaan

inkruip om die hout-dief vas te trek. Die

volgende oggend kon my ma nie verstaan waar

my pa is nie, want sy kom toe agter dat hy nooit

kom inkruip het nie…en waar kry sy toe vir Oom

Bokkie, vas aan die slaap onder die karavaan…Ai

Kaspaas!

M

y pa se gunsteling kamp-kos was

varsgebakte warm brood, dik gesmeer

met tuisgemaakte appelkooskonfyt en

kaiings wat hy in die swartboompot op die vuur

gemaak het. As daar nie warm brood was nie,

het ons die kaiings geeët saam met growwe

mieliepap. Ons monde was almal blink van die

lekkerte se eet. Ek deel graag hoe hy die kaiings

gemaak het.

en braai die blokkies vet stadig uit in jou

swartboompot oor matige hitte.

Roerbraai die vetjies totdat dit bruin gebraai is en

op die uitgebraaide vet begin dryf. Gooi dan die

uitgebraaide vet deur ‘n staal sif. Gooi die kaiings

dan terug in die kastrol en braai die kaiings dan

verder totdat dit mooi ligbruin van kleur is. Dit

moenie brand nie, want dan smaak die kaiings

bitter – en dan is almal onnodig kwaad vir

mekaar…lol. Skep jou kaiings uit op

kombuispapier en gooi lekker growwe sout en

peper daaroor en bedien dadelik met jou lekker

warm brood en moenie die tuisgemaakte

appelkooskonfyt vergeet nie!

Moenie die uitgebraaide vet weggooi nie – jy

gebruik dit om jou uie in te braai wanneer jy later

potjiekos maak by die kamp.

1-2 kg sagte vet van ‘n bees, skaap of vark. Daar

moet nog bietjie vleis aan die vet wees. My pa

het soms die vet van die slagskaapstertjies gevat.

Sny die vet in cm blokkies. Sorg dat jou kole reg is

“Ai, verlang ek nou na Witsand se dae.

Dit was lekker tye op Witsand, toe dit

nog net ‘n klein ou dorpie was.”

STAANRIB

(LAMSRIB)

RESEP EN FOTO:

ELSABIE TEMPLETON

Een heel lamrib gesmeer met olyf olie en

gesprinkel met suurlemoenpepper kruie

(die Ina Paarman ene het reeds sout in, so

nie nodig vir ekstra sout).

Spuit jou toeknyp rooster met kleefvrye

sproei aan die binnekant waar jou ribbetjie

aan die kante gaan raak.

Sit die rib in die rooster. maak toe en maak

seker die twee handvatsels is stewig vas

met die draad skuif ogie. Maak hardehout

vuur met 3 stukke hout op een kant van jou

Weber. Sodra die ergste vlamme begin

afneem. sit jou rooster regop op die kant

teenoor die vuur en hou in posisie met stuk

draad wat aan die Weber se handvatsel vasgemaak is en dan gebuig op die ander punt

om hakie te vorm wat aan die rooster gehak word.

Hou maar jou ribbetjie dop en draai in die begin so elke 15 minute

om, sodat albei kante van die ribbetjie eweredig gaar kan word.

Onthou om ook só te draai dat die kante wat bo is na onder gaan en

so stadig maar seker gaar word.

Sprinkel elke keer met suurlemoensap. As dit lyk ofjou kole begin

uitbrand en jou hitte begin afneem, sit net een stuk hout op 'n slag

op om die hitte konstant op medium te behou.

As jou vuur te warm is, gaan jou ribbetjie brand voor hy gaar is.

Hierdie ribbetjie het so 2 en half ure gerooster voordat ek dit

afgehaal het.

Ek het dit bedien met gebakte aartappel met creme fraiche

(suurroom) en eenvoudige tamatie & blaarslaai.

RESEPTE

Werner Pretorius

0829290824

info@borderx.co.za

ICE COLD

Anywhere

Top 10

Travel & Holiday

Guides

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!