Kamp is Lekker Tydskrif Augustus 2020

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

03.10.2020 Views

NONA ROSA Wegbreek Text and Photo’s: Karlo Truter S omtyds is mens mos net lus om erens te gaan kamp, maar om nie kilometers ver te ry om by jou bestemming te kom nie. So het ek en my pa besluit om by Nona Rosa Bush Camp te gaan ontspan. Die kamp is slegs 20km vanaf ons huis hier in Heidelberg in die Suid-Kaap – so dit was die ideale wegbreek naby die huis. Nona Rosa Wegbreek is halfpad tussen Heidelberg en Witsand geleë. Witsand is sowat 17km vanaf Nona Rosa en is ook ‘n baie gewilde bestemming vir kampeerders wat hou daarvan om vis te vang. Die Breërivier mond, waar Witsand geleë is, bied van die beste visvang geleenthede in Suid-Afika. Die meeste hengelaars besoek Witsand om kabeljou te vang. Daar word nog gereeld kabeljoue van meer as 20kg in die Breë rivier gevang. Ander visse wat hengelaars ook kan vang is Grunter, Shad, Leervis (Garrick), Stumpnose en Harders (Mullet). Sekere tye van die jaar is Witsand ook baie gewild aangesien die walvisse dan kom kalf by die see en toeskouers dan die pragtige groot visse vanaf die rotse of vanaf die dek van die gewilde Anchorage Beach Restaurant kan kyk – as jy jou verkyker vergeet het, sal Tekkies, die eienaar van die restaurant gou vir jou ‘n verkyker in die hand stop.

N ona Rosa Wegbreek is ‘n baie rustieke kamp, aan die voet van ‘n 55 meter hoë krans geleë. Die kamp is op ‘n werkende plaas en daar is dus geen verkeer wat jou rus en vrede gaan verstoor nie. Die krans keer ook die wind af en kamp jy dus beskut aan die voet van die hoë rots formasie. Die bush camp is ideaal vir kampers wat in ‘n groep wil gaan kamp en nie deur ander kampeerders gesteur wil word nie. Daar is ‘n groot lapa in die middel van die kampterrein. Die lapa het ‘n oop dak en daar is rustieke stoele en banke in die lapa. Die lapa beskik oor ‘n groot geboude klipbraai en braaiblad waar kampeerders kan vuur maak om te braai of om ‘n lekker potjie te maak. Die rustieke badkamers is ‘n grasdak houthut met 2 storte, 2 toilette en ‘n wasbak. Daar is genoegsame warm water aangesien die warm water voorsien word via ‘n gas geyser. Vir opwas van skottelgoed is daar ‘n klein opwasarea. Daar is nie elektrisiteit by die kamp nie, maar daar is saans sonkrag lig beskikbaar. Die water by die kamp is vars en drinkbaar – dus is dit nie nodig om water aan te ry nie. Daar is ook nie selfoon ontvangs by die kamp nie, maar as jy teen die bult uitloop sal jy wel ‘n oproep kan maak. Weens die aard van die grondpad, sal ek nie aanbeveel dat jy met ‘n gewone karavaan by die Boskamp gaan kamp nie, maar boswaens en kampeerders met tente is welkom om te kom kamp by Nona Rosa. Gewone sedan voertuie kan ook Nona Rosa bereik, maar baie lae “clearance” voertuie sal sukkel om by die kamp te kom. Ek en my pa, Rikus het die oggend by die Boskamp wakker geword met die helder roep van die visarend – dis mos die lekkerste wekker wat mens voor kan vra…en het dadelik in die lapa ‘n vuurtjie gaan aansteek vir ons vroegoggend koffie. Ek het vir ons ‘n lekker kamp-ontbyt gemaak en toe was ons manne reg om die dag aan te pak. Ons het ‘n entjie gaan stap en uitgekyk vir die menigte voëls wat by Nona Rosa te sien is – daar is al sowat 117 spesies aangeteken in die omgewing. Ons het baie lekker gekuier by Nona Rosa en sal beslis weer ‘n naweek wegglip om by Oom Cecil Uys op Nona Rosa te gaan kamp. https://www.lekkerkampplekke.co.za/kampplek/nona -rosa-wegbreek/ GPS: S 34°14″44.99988′, E 20°49″44.00004′ Tel: 082 907 2479

N

ona Rosa Wegbreek is ‘n baie rustieke kamp,

aan die voet van ‘n 55 meter hoë krans geleë.

Die kamp is op ‘n werkende plaas en daar is

dus geen verkeer wat jou rus en vrede gaan verstoor

nie. Die krans keer ook die wind af en kamp jy dus

beskut aan die voet van die hoë rots formasie. Die

bush camp is ideaal vir kampers wat in ‘n groep wil

gaan kamp en nie deur ander kampeerders gesteur wil

word nie.

Daar is ‘n groot lapa in die middel van die

kampterrein. Die lapa het ‘n oop dak en daar is

rustieke stoele en banke in die lapa. Die lapa beskik

oor ‘n groot geboude klipbraai en braaiblad waar

kampeerders kan vuur maak om te braai of om ‘n

lekker potjie te maak. Die rustieke badkamers is ‘n

grasdak houthut met 2 storte, 2 toilette en ‘n wasbak.

Daar is genoegsame warm water aangesien die warm

water voorsien word via ‘n gas geyser. Vir opwas van

skottelgoed is daar ‘n klein opwasarea. Daar is nie

elektrisiteit by die kamp nie, maar daar is saans

sonkrag lig beskikbaar. Die water by die kamp is vars

en drinkbaar – dus is dit nie nodig om water aan te ry

nie. Daar is ook nie selfoon ontvangs by die kamp nie,

maar as jy teen die bult uitloop sal jy wel ‘n oproep

kan maak.

Weens die aard van die grondpad, sal ek nie

aanbeveel dat jy met ‘n gewone karavaan by die

Boskamp gaan kamp nie, maar boswaens en

kampeerders met tente is welkom om te kom kamp

by Nona Rosa. Gewone sedan voertuie kan ook Nona

Rosa bereik, maar baie lae “clearance” voertuie sal

sukkel om by die kamp te kom.

Ek en my pa, Rikus het die oggend by die Boskamp

wakker geword met die helder roep van die visarend –

dis mos die lekkerste wekker wat mens voor kan

vra…en het dadelik in die lapa ‘n vuurtjie gaan

aansteek vir ons vroegoggend koffie. Ek het vir ons ‘n

lekker kamp-ontbyt gemaak en toe was ons manne

reg om die dag aan te pak. Ons het ‘n entjie gaan stap

en uitgekyk vir die menigte voëls wat by Nona Rosa te

sien is – daar is al sowat 117 spesies aangeteken in die

omgewing.

Ons het baie lekker gekuier by Nona Rosa en sal beslis

weer ‘n naweek wegglip om by Oom Cecil Uys op

Nona Rosa te gaan kamp.

https://www.lekkerkampplekke.co.za/kampplek/nona

-rosa-wegbreek/

GPS: S 34°14″44.99988′, E 20°49″44.00004′

Tel: 082 907 2479

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!