Kamp is Lekker Tydskrif Augustus 2020

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

03.10.2020 Views

Sleep, of ry beter met nuwe tegnologie Alle nuwe voertuie word deesdae gedryf deur elektronika wat kommunikeer met verskillende parte deur seine te stuur vanaf ‘n spesifieke sensor na ‘n mikroskyfie, waarna ‘n blikbrein dit analiseer. Jou voertuig se versneller is geensins anders, en deur middel van ‘n “Sport” of “Eco” modus op jou fabriek standaard voertuig te selekteer, kan die voertuig ‘n geheel ander persoonlikheid ontwikkel. Indien jou voertuig standaard een van hierdie wonder knoppies het, weet jy dat wanneer jy hierdie opsie selekteer, dit ‘n nuwe lewe in jou alledaagse enjin blaas. Waarheid is, dat dieselfde hoeveel perde onder die kap beskikbaar is, maar slegs baie vroeër inskop. Hoe is dit moontlik, my voertuig voel dan soveel anders, vra jy? “Sport mode” vereenvoudig Om dit eenvoudig te verduidelik, is dat deur middel van elektroniese seine, die voertuig se versneller pedaal ‘n sein stuur wat vertel dat die voertuig vinniger moet reageer. Waar jy gewoonlik jou pedaal 60% moes intrap om ‘n goeie versnelling te kry, hoef jy nou slegs 30% te trap om dieselfde werkverrigting te bewerkstellig. Met turbo aangedrewe enjins, maak dit die turbo vinniger omspoel, en dus vat dit baie van die turbo flouheid weg waarmee meeste van hierdie voertuie sukkel, en laat die toere vinniger klim. In gewoon geaspireerde voertuie, het dit ook dieselfde uitwerking om die toere vinniger te laat klim, en versnelling vinniger te laat plaasvind. Hierdie versterkte sein vanaf die elektroniese sensor, is dan ook hoekom jy dan weer met behulp van hierdie knoppie, jou voertuig na normaal kan laat terugkeer, selfs in die ry. “Eco mode” Soortgelyk aan die ‘Sport mode’ wat die voertuig vinniger laat versnel, vertraag die ‘Eco mode’ die versnelling, en verleen hulp om brandstof te bespaar deur die versneller te flous op dieselfde konsep as bo genoem. Dit sal ook hulp verleen met 4x4 voertuie wat dalk by tye stadiger versnelling verlang in moeilike hindernisse.

Footprint Performance verskaf ‘n eenheid, die Windbooster, wat dit nou moontlik maak om op enige voertuig wat ‘n elektroniese pedaal gebruik hierdie funksionaliteit te kan installeer. Dit maak die pret selfs meer deurdat jy nou nie net ‘n Sport, of Eco mode het soos in sommige standaard voertuie, maar vanaf 30 verskillende verstellings op die standaard model, en 50 op die luukse model beskikbaar om te verstel soos dit jou bestuurstyl, of situasie pas. Jy kan besluit of jy in die ‘Sport-mode’ wil ry wanneer jy sleep, ‘Racemode’ wanneer jy al die krane wil oopdraai, of dalk die meer ekonomiese verstelling verkies om brandstof te bespaar. Daar is selfs ‘n funksie wat jy op die eenheid kan verstel vir outomatiese of handrat voertuig optomisering. Die voertuig kan ook teruggestel word na normaal, en hoef nie heeltyd in een van hierdie modusse te funksioneer. Die eenheid is geskik vir diesel, of petrol voertuie met ‘n elektroniese versneller en kan saam met jou ‘Sport’ of ‘Eco’ funksie gebruik word indien die voertuig standaard daarmee uitkom. Dit bied slegs meer opsies vir hierdie tipe funksionaliteit as jy die Windbooster byvoeg. Om die vorige verduideliking te illustreer, is hierdie grafiek wat die vergelyking wys tussen ‘n gewone voertuig versnelling, en die modusse wat beskikbaar is op die Windbooster. Die groot voordeel van die Windbooster is dat jy nie ’n graad in elektroniese ingenieurswese nodig het om dit te kan installeer nie. Dit is regtig ’n geval van prop-inen-speel. Die Windbooster vir jou kar of bakkie kom met die korrekte proppe vir die spesifieke voertuig en jy prop net in. Dit word geïnstalleer tussen die versnellerpedaalmodule en die standaard versneller sensor, en hoef nie gedoen te word deur ‘n werkswinkel. Vir meer inligting gaan kyk gerus op www.footprintperformance.co.za/windbooster of kontak Jaco by info@footprintperformance.co.za vir ‘n lys van beskikbare voertuie.

Sleep, of ry beter met nuwe tegnologie

Alle nuwe voertuie word deesdae gedryf deur

elektronika wat kommunikeer met verskillende parte

deur seine te stuur vanaf ‘n spesifieke sensor na ‘n

mikroskyfie, waarna ‘n blikbrein dit analiseer. Jou

voertuig se versneller is geensins anders, en deur

middel van ‘n “Sport” of “Eco” modus op jou fabriek

standaard voertuig te selekteer, kan die voertuig ‘n

geheel ander persoonlikheid ontwikkel.

Indien jou voertuig standaard een van hierdie wonder

knoppies het, weet jy dat wanneer jy hierdie opsie

selekteer, dit ‘n nuwe lewe in jou alledaagse enjin

blaas. Waarheid is, dat dieselfde hoeveel perde onder

die kap beskikbaar is, maar slegs baie vroeër inskop.

Hoe is dit moontlik, my voertuig voel dan soveel

anders, vra jy?

“Sport mode” vereenvoudig

Om dit eenvoudig te verduidelik, is dat deur middel

van elektroniese seine, die voertuig se versneller

pedaal ‘n sein stuur wat vertel dat die voertuig

vinniger moet reageer. Waar jy gewoonlik jou pedaal

60% moes intrap om ‘n goeie versnelling te kry, hoef

jy nou slegs 30% te trap om dieselfde werkverrigting

te bewerkstellig. Met turbo aangedrewe enjins, maak

dit die turbo vinniger omspoel, en dus vat dit baie van

die turbo flouheid weg waarmee meeste van hierdie

voertuie sukkel, en laat die toere vinniger klim. In

gewoon geaspireerde voertuie, het dit ook dieselfde

uitwerking om die toere vinniger te laat klim, en

versnelling vinniger te laat plaasvind. Hierdie

versterkte sein vanaf die elektroniese sensor, is dan

ook hoekom jy dan weer met behulp van hierdie

knoppie, jou voertuig na normaal kan laat terugkeer,

selfs in die ry.

“Eco mode”

Soortgelyk aan die ‘Sport mode’ wat die voertuig

vinniger laat versnel, vertraag die ‘Eco mode’ die

versnelling, en verleen hulp om brandstof te bespaar

deur die versneller te flous op dieselfde konsep as bo

genoem. Dit sal ook hulp verleen met 4x4 voertuie

wat dalk by tye stadiger versnelling verlang in

moeilike hindernisse.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!