02.09.2020 Views

Kamp is Lekker September 2020 tydskrif

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS
• No tags were found...

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

September 2020

HIER word stories gebou

Vyf dae Toer deur

Tankwa Karoo en

Cederberge

WEN 'n

Ingane Trailer

Waarde R260 000

VOORBLAD FOTO deur Karlo Truter

Forever

en vir altyd

Mpumalanga

Badplaas

A Forever Resort

Forever Hotel

@ Badplaas

Rex’s Ranch

A Forever Retreat

Amanzi Mountain

Reserve, A Forever Lodge

Waterfall

A Forever Lodge

Leopard’s Trail

A Forever Retreat

Loskopdam

A Forever Resort

Isiyala Game Lodge

A Forever Lodge

Matombu

A Forever Lodge

Silverfalls

A Forever Retreat

Forever Hotel

@ White River

Blyde Canyon

A Forever Resort

limpopo

Swadini

A Forever Resort

Phalaborwa Safari Park

A Forever Resort

Tshipise

A Forever Resort

Ramoswe

A Forever Lodge

Lapa Lodge

A Forever Lodge

Warmbaths

A Forever Resort

gauteng

wes-Kaap

VRYSTAAT

Forever Hotel @ Centurion Plettenberg, A Forever Resort Gariep, A Forever Resort

TEL: +27 (0)12 423 5600

EPOS: info@foreversa.co.za

WEBTUISTE: www.foreversa.co.za

MILEAGE

WARRANTY

NOW EXTENDED

TO 90 000KM

ON HANKOOK

DYNAPRO AT-M

RF10 TYRES

ON YOUR

15'' -18''

TYRES

WARRANTY

CONQUEROR

OFF-ROAD

Campers

Campers

COMPACT

Moet nie te ingehok voel!!

Ons gaan binne kort weer bos toe

wenneer die

“LOCKDOWN”verby is

besoek gerus ons NEWE webblad

waar ons hele reeks produkte

vertoon word!!

COMFORT

COMMANDER

COMPANION

UEV14

UEV17

PLACE

1 ST

PLACE

UEV25

1 ST 2019

OFF-ROAD TRAILER

2019

WWW. CONQUERORCONNECTION

.CO.ZA

Vyf dae Toer deur

Tankwa Karoo en Cederberge

Fotos eb teks deur: tracksntravel

D

ie eerste dag is die groot

ontsnapping uit die gewoel van

Kaapstad na Die Mond.

Ons verlaat Kaapstad so net na 7 die

oggend, gretig om die stad met al sy

geraas agter te laat. Ons ry eers met die

N1 langs deur Paarl, Wellington op die

R301 deur Bains Kloof. Dis ‘n pragtige pad

wat trek deur die growwe berge na Ceres.

Daarna Noordwaarts op die R303 met

laaste beskawing by Op-die-berg. Kort

voor lank kry ons Katbakkies pass,

voorheen ‘n skaap roete oor die

Skurweberge, wat die Koue Bokkeveld met

die Ceres Karoo en Tankwa Karoo verbind.

Hiervandaan vat die R355 grondpad ons

tot in die Tankwa met sy droë landskap en

klimaat, die pad baie bekend as ‘n bande

vreter, blaas ons die bande bietjie en

sonder enige teespoed tot by ons kamp

plek. Die son wat nou al hoog sit en die

temperatuur tot in die 40’s stoot. Ons

slaap plek vir die aand is Die Mond, ‘n

oasis met pragtige groen bome en

grasperke langs ‘n dam wat voed van die

Doring rivier. Tyd vir afkoel, ontspan en

die omgewing geniet.

D

ag twee het aangebreek en

vertrek vanaf Die Mond na

Tankwa Karoo Nasionale Park

Ons word wakker langs die water met die

son se eerste strale deur die bome. Die

gasstofie word aangesteek en die dag

word afgeskop met ‘n koppie boeretroos.

Dit is voor waarlik moeilik om kamp op te

slaan met die wete dat ons hierdie oasis

met sy water, koelte en gasvryheid moet

agter los.

Ons vat eers die R355 weer Suid, terug na

die Tankwa Padstal wat gister toe was en

geen besoek aan die Tankwa is kompleet

sonder ‘n stop hierso nie. Tyd om die

yskas vol te maak en daarna die pad aan te

durf na die park.

Met die warm son wat op ons neer skyn

en die hitte sigbaar op die horison ry ons

die park binne. Die laaste paar jaar se

droogte duidelik sigbaar met yl plante

groei en droë rivierbeddings.

Vanaand kamp ons by Perdekloof,

ingenes tussen twee riwwe in die kloof,

verseker een van ons top 5 kampplekke in

Sanpark parke. Die stilte en algehele

isolasie voorwaardelik sielskos.

D

ie derde dag verlaat ons Tankwa

Karoo en is onderweg na Biedouw

Kampterrein

Voor die eerste sonstrale is ons al op en

geniet die eerste koppie koffie. Dis beter

om hierso klaar kamp opgeslaan te hê

voor die son die klippe begin bak en die

dag se hitte op mens neer val. Om

gemsbokke in hul natuurlike habitat te

gewaar is altyd besonders, ons sien in die

Suide van die park baie meer as die

Noorde, alhoewel die park sekerlik meer

bekend is vir uitsigte en landskap as diere.

Oudebaasdam, ‘n hoogtepunt van die park

vir ons. Kurkdroog maar

asemrowend mooi, hierso

kan ons ‘n halwe dag

spandeer as dit nie vir die

hitte was en die feit dat

ons so effe verdwaal het

nie. Dit is ‘n algemene

gebeurtenis op ons toere

maar betaal gewoonlik

met pragtige plekke en

paaie wat minder gery

word.

Nadat ons uiteindelik ons

pad weer kry en eerder na

kaarte kyk as die gps, is

ons op die Ou pos roete.

Reg van die begin af is die

roete iets besonders, die

landskap en plantegroei

verander om elke draai en

stel nerens telleur nie,

woorde is nie genoeg om

dit te beskryf nie.

Die hitte vandag het nuwe

hoogtes beryk, om net uit

die kar te klim is byna

gevaarlik van die hitte. Die landskap bly

iets besonders, die is voorwaardelik ‘n

stukkie hemel in die hel. Die harde

landskap sal die hardste van siele nederig

kan maak. Op tye soos die maak dit sin

hoekom ons ‘n dorstige 4x4 het, om ons

na plekke soos die te neem waar mens se

batterye kan herlaai en kos te kry vir die

siel.

Ons arriveer by ons kampplek vir die aand

by Biedouw. Lywe moeg en oorweldig

deur al die dag se ervaringe, ons slaan

vinnig kamp op onder die groot bome en

vat ‘n vinnige stap roete na ‘n naby geleë

waterval.

formasies. By Matjiesrivier Natuur

Reservaat besoek ons die Stadsaal grotte

en wêreld bekende boesman tekeninge.

Hiervandaan begin ons Noord Wes draai

op en oor die Uitkyk Pas na Algeria, ons

kamp vir die aand. Die kampplek kom

D

ag vier stoot ons aan vanaf

Biedouw na Algeria

Vroeg oggend verlaat ons die

Biedouw berge en ry Suid Oos na die

eerste klein dorp Wupperthal. Ongelukkig

het ‘n brand byna die hele dorp verwoes

vroeg in Januarie 2019 en byna 200 mense

huisloos gelaat.

Net na Wupperthal kruis ons die Tra-tra

rivier, by die vurk hou ons regs en vat die

4x4 roete oor die berg. ‘n Steil en nou pad

teen die kant van die berg al die pad tot

bo met die Tra-tra berge na links en

Cederberge regs.

Ons ry deur Eselbank en hou op die nou

klipperige pad met pragtige rots

hoogs aanbeveel en kan gedurende piek

tye maande vooruit vol bespreek wees.

Tussen die pragtige groot bome en nabye

swem gat geleë, maak ons ‘n vuurtjie vir

die aand en vertel stories rondom die vuur

tot die aand ons in trek

D

is dag vyf en ook die laaste dag

van ons toer en vertrek vanaf

Algeria na The Baths.

Soos ouder gewoonte skop ons die dag af

met ‘n koppie boeretroos. Die skadu’s lê

nog lank vanaf die hoe pieke om ons. Die

aand was koud en ons moes van ons

tweede kombers gebruik maak om warm

te bly. Vandag het ons ‘n kort afstand om

af te lê, ‘n grondpad wat al langs die N7 af

loop na Citrusdal. By die baddens het ons

ons laaste dag langs die swembaddens

spandeer en net ontspan. Ons het tuis

gekom as ryker mense. Weereens ontdek

dat nie almal van dwaal verlore is nie. Die

droë Karoo met sy kontrasterende

landskappe sal altyd ‘n plek in ons harte

hê.

Volg vir Tracks’nTravel op Instagram

https://www.instagram.com/tracksntravel/

Sand-Free

Multimat Groundsheet

Straight:

Sizes:

1.5 x 1.5m

1.5 x 4.0m

3.0 x 3.6m

3.0 x 4.5m

3.0 x 5.4m

3.0 x 6.5m

3.0 x 7.5m

Reversible:

Green one side

Grey other side

L-Shape:

Sizes:

Medium Large 4x4

3m

2m

2m 3.5m

5m

3m

5m

2m

3m

3m

5m

1.5m

6.5m 5m

Reversible: Grey Only

3.5m

2m

1.5m

3.5m

Visit our website for a variety of sand-free beach products available

CGEAR Africa

cgear_africa

THE ALL NEW

BUILT-IN SMART FEATURES

Wees voorbereid

Kamp is Lekker

Gaan orals

AUTOMOTIVE STAINLESS STEEL | ROOF RAILS

BUILT-IN AIR VENT | FRONT CAB SLIDER WINDOW

E-MARK BONDED GLASS | 3RD REAR BRAKE LIGHT

SLIDING WINDOWS | PATENTED MODULAR DESIGN

011 974 0370

SALES @ RSISMARTCANOPY.COM

NAMIBIË

DIE LAND VAN DIE

KOKER

BOOM

Woorde & Foto’s: PIERRE LABUSCHAGNE

Die eerste keer as jy by Noordoeweer oor die Oranjerivier

in Namibië inry, wonder jy wat maak jy hier…

Die oomblik as jy weer die land verlaat en terugdraai

huistoe, dan weet jy: hiernatoe moet ek terugkom…

Dis wat Namibië aan jou doen!

Dis `n land waar jy nog sterre kan pluk,

en waar tyd stilstaan…

Dis `n land waar jy in die stiltes

jou eie hart kan hoor klop…

Giant’s

Playground:

Keetmanshoop

Ek ken die Suide van

Namibië se paaie en

plekke al (amper) soos die

palm van my hand, en toe

ek dit aan my broer

voorstel om hulle so

bietjie te gaan rondwys,

was die bôl-aan-die-rol!

Sy familie was nog nooit

oor die Oranjerivier nie,

en ek begin dadelik

planne maak vir `n lekker

sirkelroete. Die

opgewondenheid begin

woel in my, en ek sien al

die reaksies as hulle vir

die eerste keer

bekendgestel word aan

die Suide:

Die Karasstreek!

M

aar ek waarsku vir hulle: “Oppas, want

Namibië doen snaakse goed met jou! So

onverwags! As jy daar aankom, dan wonder jy

met `n frons, en as jy daar wegry, dan verlang jy

klaar terug,” sê ek, en ek wag vir die reaksie…

My roete werk so:

Drie aande by Amanzi, reg langs die rivier! Johan

en Colleen van Amanzi voel al vir my soos familie,

want ek kom so gereeld daar dat ons al vir mekaar

begin vra hoe gaan dit met die troeteldiere by die

huis… Hulle gee vir ons `n staanplekkie teen die

rivier, en dit sorg klaar vir `n verandering in ons

gejaagde, oorwerkte gemoedere. Die rustigheid

begin insak met die tente wat staan, en die eerste

koue enetjie (dis tradisie) wat sak! My broer en

my skoonsus begin Namibië proe, en hulle gee

hulle goedkeuring vir die staanplek en die “vibe”

van die plek. “Wow”, hoor ek net heeltyd…

Deur die loop van die drie dae ry ons `n paar

draaie. Ek neem hulle via Ausenkehr al langs die

rivier na waar die Visrivier by die Oranje aansluit.

Die pad kronkel deur die Richtersveld, en hulle is

totaal onkant gevang deur die skoonheid van die

plek. Nog nooit het hulle so-iets gesien nie, en dis

maar nog die begin… Die volgende dag gaan wys

ek hulle waar die Rover, wat kamstig op Mars

rondgery het, se beeldmateriaal eintlik afgeneem

is. Ons ry tussen die berge in, Tandjieskoppe toe

en betreë `n anderwêreldse landskap. “Ja…” sê

ek, “dis waar hulle met die Rover die

Marslandskap afgeneem het…”, en naïf glo almal

my. Wel, dit lyk so! Dis `n landskap wat net sowel

op `n ander planeet kon wees… Tandjieskoppe is

eintlik `n geheim, en min mense weet van die

plek. Baie min mense kom daar, of was al daar, en

ek verkies dat dit so stukkie ongerepte

geheimenis bly. Ek bewaar my geheim veilig, en

deel dit net met `n uitgesoekte paar. Hulle staan

oorbluf oor die plek, en skielik lyk dit nie so

onmoontlik dat die Rover wél hier kon rondry nie,

want dis soos wat dit lyk, sê almal, en ons stem

saam dat die TV vir ons almal lieg! NASA was al die

tyd toe net in Namibië, stem ons in… en ons

bewonder die landskap met monde wat oophang

van verslaentheid – en ons is almal stil, tjoepstil!

Ons drie dae by Amanzi is nét te vinnig

verby, en ons pak vir Keetmanshoop. By

Noordoewer `n vinnige hervul by die Engen en `n

koffietjie vir die pad, en ons is op die B2 oppad

Noord. So klompie kilometers Noorde toe

verander die plat Karoo-landskap na heuwels en

koppe, en dan berge. Dis mooi, en ons stop so nou

en dan eers langs die pad om in te neem (en af te

neem). Ek weet hoekom is ek verlief op die Suide

van Namibië, want dis – soos

altyd, pragtig! Keetmans kom

nader en ons stop by `n

lekker padstal (Kitchen

51) vir `n vars brood,

vars geparste

pomelosap, biltong

en droëwors en

snuisterye – en dit

was `n woes lekker

stop. Mens kom mos

by sommige

padstalle en dis

sommer net lekker

daar. Kitchen 51 was so

een. Ons wou amper nie

weer ry nie…

Net na Keetmans draai ons af op

die M29/C17, oppad na die

Kokerboomwoud, en ons betreë so stukkie

lanklaas-geskraapte grondpad (wat `n vreemde

verskynsel is in die Suide, want hulle grondpaaie

is gewoonlik soos geen ander in die hele wye

wêreld nie!) Onwetend kry my broer se voertuig

`n “slow puncture” (wat ons eers die volgende dag

ontdek toe sy bakkie so halfmas staan en wag om

gelaai te word). Ek het vergeet om vir hom te sê

om sy banddruk af te bring na 1.8 Bar en om sy

spoed op 80km/h te hou. Die skade was klein,

want hulle kon dit die volgende dag in Keetmans

binne 20 minute weer regmaak…

Giant’s Playground en die kokerboomwoud het

nie teleurgestel nie. Ek kry van die mooiste foto’s

denkbaar, want die wind het gewaai, en daar was

stof in die lug, wat gesorg het vir iets anders as

net die gewone wolklose blou Namibië lugruim.

Ek was self nog nie by Giant’s Playground nie, en

het voorheen nog net daar verbygery. As jy daar

uit jou motor klim, voel dit weereens of jy op `n

ander planeet rondloop. Dis `n landskap wat

amper onrealisties anders lyk. Klipstapels en

kokerbome omsingel jou met `n teenwoordigheid

wat jou vul met hernude respek teenoor ons

Skepper. Sy hande het die klippe perfek gestapel,

en met die bome tussen-in maak dit `n prentjie

wat in jou geheue vasbrand as iets wat jy vir altyd

sal en wil onthou. Jy voel klein.

Die volgende oggend is ek so teen half-vyf

uit die (warm) komberse en ek

stap gepanser teen die vroegoggendkoue

uit in die

kokerwoud in. Ek wil

sterre afneem met die

bome en ek wil daar

wees as die son sy

eerste strale oor die

horison druk. Dis vrek

koud, en ek byt vas.

Die stof in die lug en

die wolkies help om

lekker kiekies te maak.

Alles werk saam en ek

word beloon vir die vroegopstaan

in die koue. Ek is `n

gelukkige fotograaf, en

kampeerder!

Tyd om verder te ry. Vanaf Keetmans kies ons pad

na Aus se kant, en ons klim af op die C14 verby

Bethanien na Helmeringhausen toe. Ons is oppad

Tirasberge toe… Ek moet myself eers in die rede

val om te noem van die vetplantversameling by

Alte Kalkofen Lodge. Dis een van die grootste

privaat versamelings van plaaslike en Suid-

Afrikaanse veldvetplante, in die wye wêreld – en

dis indrukwekkend, om die minste te sê. Jy het in

jou lewe nog nie so-iets gesien nie. Doen moeite

volgende keer en gaan beleef díe juweeltjies wat

met groot sorg en liefde versorg en gekweek

word. Jy sal absoluut verstom staan! Die lodge is

op die B4 geleë voor jy Kubis kry in die rigting Austoe.

Die grondpaaie se toestand is fantasties, en

ons ry gemaklik tot by Helmeringhausen waar ons

eers stop vir `n koeldrank en `n peuseltjie.

Sommer daar by die bekende algemene

handelaar - `n tipiese plattelandse winkel met van

`n olifant tot `n dooie poeliesman… Jy kan iets van

alles hier kry. Elke keer as ek hier stop, dan dink

ek ek moet vir my nog van hulle Koedoevellies

koop, en wraggies ry ek weer daar weg sonder my

paar vellies. Dis dom, en ek is baie spyt. Ek sal

maar net weer moet gaan, dink ek so by myself…

Dis alom bekend dat die C13 (tussen

Helmeringhausen en Aus) en die D707 (wat weer

aansluit by die C27 by Spes Bona) van die mees

besienswaardige paaie in Namibië is – en daar is

goeie rede! Dis nou noodwendig wat landskap

betref. In Engels praat ons van “scenic”. Hier moet

jou voet nie swaar wees nie. Jy moet tyd hê as jy

díe paaie wil ry en bekyk, want oral, maar oral

waar jy kyk, is mooi! “Mooi” is nie regtig die regte

woord nie, want dis mooi wat hier diep-diep

binne jou kom vasbrand. Moenie haastig ry as jy

in die omgewing is nie, want die Tirasberge wil jou

sommer omvou met `n warmte en gasvryheid wat

jou wil maak bly.

Die uitsig van die boonste staanplek is soos ek

nog nooit by `n kamp- of staanplek gesien het nie.

Dit was vir ons almal `n spesiale bederf!

Terwyl ons hier was, het ons `n dag uitgesit om

Luderitz te besoek. Dis nogal `n entjie se ry, en dit

het ons die hele dag geneem vir `n heen-en-weer.

Luderitz is een van daai dorpe wat jy so “once-ina-blue-moon”

besoek. As jy een maal daar was, is

dit nie nodig om binne die volgende paar jaar

weer daar te draai nie. Dis ook nie so baie

aangenaam om daar te kamp nie, want die wind

waai jou tent onder jou uit nog voordat jy `n pen

in die grond kan slaan. En dis nie sommer `n

briessie nie… Dis `n wind wat die Kaapse Suid-

Ooster se naam bôllie maak! Jy wil nie daar kamp

in `n tent nie. Nie in so `n wind nie.

Ons kampplek

stamp my om!

Daar is net twee staanplekke, en as mens vir 7 of

8 persone per staanplek bespreek , dan boek hulle

beide die staanplekke op jou naam uit! Jy het die

hele plek vir jouself! Tiras Guest Farm… Onthou

die naam! Jy gaan aangenaam verras word!

Tiras Guest Farm se boonste

staanplek, is maklik een van die

lekkerste plekke ooit waar ek al my

tentjie opgeslaan het!

Die uitsig was kos vir my siel…

Iets wat my baie teleurgestel het was

Kolmanskoppe. Dis ook `n besoek wat enigeen

wat Luderitz besoek, moet aftiek op die “to-do”

lysie. Wat ek nie geweet het nie (omdat ek al daar

was van tevore, en nie bewus was van die

veranderinge nie), was dat Kolmanskoppe nou

13h00 toemaak vir gewone dagbesoekers. As jy

inkom voor 13h00, kos dit R100 per persoon,

maar as jy na 13h00 wil ingaan moet jy R300 per

persoon betaal. Dis nuut. Dit beteken dan dat

enige persoon wat die plek wil besoek `n

fotografie permit moet koop teen R300 – wat

myns insiens `n totale uitbuitery is! En dit maak

nou nie eers saak of jy wel `n fotograaf is of nie. Jy

moet maar hoes as jy wil in! Swak! Dit maak my

vies, en dis tot hulle eie nadeel, want ek redeneer

toe so: In plaas daarvan dat hulle R700 sou bekom

van ons normale besoekersfooi, sou dit ons R2100

kos – en wie kan dit bekostig!? Toe kry hulle niks!

Ons was heeltemal bereid om R100 per persoon

te betaal, maar dis eenvoudig mal om R300 per

persoon te betaal net omdat ons na 13h00 daar

aangekom het – en nou almal fotograaf-fooie

moes betaal! Die rede vir ons laatkom ( en glo my,

dit was met enkele minute, was as gevolg van my

eie voorstel om eers deur te ry Luderitz toe en

sommer eers gou te gaan “Vis-en-Chips” by die

hawe, en dan oppad terug by Kolmans te stop. Dis

mos `n logiese redenasie, maar minwetende van

die toegangstye (en fooie) wat verander het, was

ons te laat. Toe kry hulle niks! (Ek kon darem van

buite die draadheining met my lang lens weer so

kiekie of wat steel… ).

Hierdie R300 fotografiepermit is nou `n nuwe

ding wat sy kop uitsteek in Namibië, en ek laaik

dit niks! Uuuurrrggghhh! (Ek moes dit by die

Kokerboomwoud ook betaal om na sononder en

voor sonop te kan gaan sterrefoto’s neem! Dit

voel vir my verkeerd, want ons het daar gekamp,

en ek dink dit kan by jou kampfooi ingesluit wees

as jy daar oornag of kamp! – Iewers ruik ek lont

met díe nuwe R300-besigheid!)

Vier ikoniese huisies wat jy op die

pad kry tussen Aus en Luderitz.

(Die onderste twee is bekende

bakens by Kolmanskoppe – wat ek

met my lang lens kon gaps!)

Die Visrivier Canyon was `n hoogtepunt.

Dis altyd `n hoogtepunt!

Hobas was volgende op die lysie. Alles

wel, en ons boek in. Dit was by verre ons duurste

stopplek, want buiten die R250 per persoon per

nag, moet jy nog `n addisionele R65

“Conservation / Park fee” ook betaal – per dag!

Ons het vir twee aande daar geslaap en dit was

duur – want die ablusieblok se krag was af – geen

ligte en piknagdonker as jy in die aand wil gaan

fluit – en om alles te top: geen warm water! Swak!

Ek was so teleurgesteld, want mens betaal `n armen-been

vir kampplek daar en dan dít ook nog. Ek

kry so die gevoel dat Namibië se toerismebedryf

so bietjie skeef begin loop… Nie dat daar nie voete

of toeriste is nie, maar ek vermoed onraad by die

bestuur van sake. Ek ervaar soortgelyke dinge by

ander NWR-oorde ook, en dit krap so bietjie aan

my, want Suid-Afrikaanse toeriste se geld is duur!

Ek het R630 vir twee aande betaal vir kamp, dan

verwag mens ten minste `n ablusieblok waarvan

die ligte werk – en warm water in die winter! Dis

nie snaaks nie. Vir die sewe van ons was dit `n

lywige, stewige R4410 in hulle sakke – en daai

kampplekke het nie `n tekort aan toeriste en

kampeerders nie. Hulle maak geld, en niks word

in onderhoud teruggeploeg nie! Ek het in 2018

presies dieselfde in Etosha ervaar, en mense kla

geweldig baie oor Ai-Ais ook! Sies, NWR! Gelukkig

is daar talle ander plekke soos by Tiras waar alles

werk, en jy vir baie billike pryse kan kamp met

warm water en krag!

Die Visrivier Canyon was egter `n hoogtepunt. `n

Plek wat jou op jou knieë dwing… Die twee dae

daar was iets wat elke Namibië toeris moet

beleef! Dis `n plek wat jou verander, want dis

groot, en dit kom sit diep in jou binneste – soos

Namibië maar met mens doen.

Tyd vir huistoe, en ons was hartseer! Namibië sien

my (en die hele familie (beslis)) gou weer – want

jy wíl terugkom! Kokerboomland! Hy maak so met

jou!

Die pad vanaf Hobas tot by Ausenkehr is vereker

een van my top-10 paaie in die hele wêreld! Ek

kan daai pad oor-en-oor-en-oor ry, en nooit

genoeg kry nie. Meer nog: die hele pad se

oppervalk is oorgedoen en dit ry so sag en so glad

soos seep. Wat `n plesier om sulke grondpaaie te

ry… Ek was half ongelukkig toe ek weer die teer

raak tussen Ausenkehr se wingerde. Aaitog,

hoekom moet `n mens werk? Seker maar om

vakansie te hou, nê? En ja, ek laaik Namibië

kwaai! Maar dit weet julle al… Kyk maar na al die

mooie kiekies!

Die Suide van Namibië:

Plek van die Kokerboom…

Sterre, stof in die lug en wolkies wat beweeg in die wind,

maak `n perfekte kombinasie…

Die Melkweg oor Namibië se kokerbome…

Mmmm… darem mooi!

Die volgende oggend is ek so teen half-vyf uit die (warm) komberse en ek stap gepanser teen

die vroeg-oggendkoue uit in die kokerwoud in. Ek wil sterre afneem en ek wil daar wees as

die son sy eerste strale oor die horison druk. Dis vrek koud, en ek byt vas. Die stof in die lug

en die wolkies help om lekker kiekies te maak met mooi kleure. Alles werk saam en ek word

beloon vir die vroeg-opstaan in die koue. Ek is `n gelukkige fotograaf, en kampeerder!

Mount D’Urban Namibië

Mount D’Urban oppad na Helmeringhausen op die

C14 - Namibië. Gemaklike geboude staanplekke

elkeen met warmwater (gas) in `n pragtige

badkamer en eenvoudige werkoppervlakte met `n

wasbak vir kosmaak. Tien, alles-in-een, luukse

staanplekke met elk ‘n indrukwekkende uitsig en

vuurmaakplek op die stoep!

h t t p s : / / w w w . m o u n t d u r b a n . c o m . n a /

Leeuloop in Botswana

“Pa, kom gou! Leeu!”

Hardus: “Waar?”

Jaco: “Agter die bakkie!”

Ons gaan die grens oor by McCarthys Rest. By die

grenspos word al die formaliteite afgehandel. Eers

besluit hulle ons tamaties moet uit, maar dan gee hulle

toe en dit mag saam. Vol nonsens!

By Tsabong neem ons brandstof in en besoek ‘n winkel

vir ‘n paar benodigdhede en dan is ons op pad na die

park. Die pad is skaflik totdat ons die sand tref en

daarvandaan is dit klippe kou, of moet ek sê sand sluk.

Dis warm en die sand vreeslik dik en los. Ons beur

voort, ent-ent is dit net genade wat die wiele aan die

draai hou… totdat die Prado nou regtig vassteek. Die

boswa wat rem help ook nou nie juis om die saak te

verbeter nie.

Die Mabuasehube-avontuur. 30 Okt tot 3 Nov

2014

Die soektog na die koning van die diere (Leeus)

Oppad na Mabuasehube

30 Oktober Dis Donderdagmôre dou voor dag toe

ons uit Kathu vertrek na Mabuasehube in Botswana.

Ons ry met die teerpad, maar heel gou is ons op ‘n

skurwe grondpad en voel ons die stem van die

wildernis roep.

Ons stop om bande af te blaas vir die skurwe

grondpad.

Woorde & Foto’s :

Jaco sien ons dilemma en kom kyk. Hy besluit om sy

boswa af te haak en ons uit te sleep. So gesê, so

gedaan. Die sand is so warm dat dit ‘n stryd is om

staande te bly, maar sonder te veel moeite is ons uit

en daar kry Jakkals die eretitel van “Official Recovery

Vehicle for Prados”. Ons motor het sowaar gebloos,

maar daar gaan ons toe darem weer en dit sonder

enige verdere verleentheid vir bestuuder of voertuig.

By die die ingangshek na die park kry ons die nodige

formaliteite agter die rug en vat die “hop-along” pad na

ons betemming by Mpayathutlwa pan. Dit is nou 14h30

en snikheet.

Tot ons teleurstelling is daar ander mense op ons plek.

Hardus het eers gedink dat hy die staanpleknommers

verkeerd gehad het en ry na die volgende staanplek,

maar nee, dit was tog reg. Ons het intussen die mense

geïdentifiseer as ons vriende van Bosveldsig. Ons

gesels eers ‘n rukkie en verneem dat hulle vorige dag

die leeus daar by die stortuitlaat by die staanplek

gesien drink het en toe daar naby gaan lê het. Hulle

slaan toe hulle tente af en verskuif na Mabuasehube

pan waar hulle bespreek was.

Ons het gemsbokke, springbokke, volstruise en

steenbokkies langs die pad en in die pan gesien. Dis

aie droog in die Kalahari, want dis waar ons amptelik

nou is. Teen laatmiddag staan ons kamp en ons is baie

tevrede met die resultaat. Jaco se tent staan teen die

A-raam, sodat dit deel vorm van hulle stoepie.

Ons braai en ek en Cas was die skottelgoed, terwyl

Hardus en Jaco gaan stort. Hulle ry met die bakkie vir

veiligheid, maar eintlik terwille van die ligte. Dis nou

ongeveer 20h00 en Jaco staan met die kollig en rondlig

vir ogies, tewyl Hardus gaan stort. Meteens roep Jaco:

“Pa, kom gou! Leeu!” Hardus: “Waar?” Jaco: “Agter die

bakkie!” Hardus storm uit in sy geboortepakkie, swaai

die handdoek soos ‘n huladanser rond en skree: “Hiert,

hiert!” terwyl Jaco die kollig in die rondte draai dat dit

soos ‘n vuurtoring se waarskuwingslig lyk. Hardus duik

agter in die bakkie met sy nat bas, terwyl Jaco roep:

“Oupa, Leeu!” Ons spring in die Prado en ry ook

daarheen, en jou waarlik; ‘n yslike maanhaarleeu lê en

water drink by die stort se uitlaat.

Ons neem foto’s vir ‘n vale terwyl Hardus maar so stilstil

agter in die bakkie sit met die handdoek oor hom

om sy naaktheid te bedek. Agterna sou Jaco die hele

petalje met kleur en geur aan ons oorvertel. Ons het

gelê soos ons lag, maar hy het besluit om liewers vuil

te gaan slaap aangesien die leeu besluit het om

sommer sy lêplek vir die nag daar te maak.

Ons gaan later terug woonwa toe en ons stort in die

boswa, Cas eerste. Elke keer as ek die stortkraan

oopdraai maak die pomp ‘n knorgeluid en dan brul die

leeu. Ek maak die ‘logiese’ afleiding dat die leeu dink

ek terg hom en besluit om nie te stort nie en vang net

‘n vinnige was en afspoel met die stort.

“Die leeu het die hele nag daar gelê en gebrul sodat al

wat leef en beef daarvan moes kennis neem. Daar het

later in die nag nog 2 of 3 leeus by hom aangesluit.

Hardus en Jaco het hulle die hele nag gemonitor, maar

ons het net gehoor as die spulletjie te erg gebrul het en

ons uit ons slaap gewek het.”

Daar het ook ander leeus uit die omgewing teruggebrul

vir hulle. Die vuilbaarde het reg deur ons kamp gestap,

tussen die woonwaens en die A-raam deur. Op een

stadium het daar ook ‘n bruin hiëna kom water drink.

Die volgende môre het net die groot leeuspore deur die

kamp gewys waarlangs hulle geloop het. Dit was nou

regtig ‘n nag om nooit te vergeet nie!

31 Oktober Die manne ry uit en vind 3 leeus in die

pan. Een van hulle was diselfde leeu wat die vorige

aand by die water was. Hulle kon hom aan die hap in

sy een oor herken. Volgens Jaco het hulle by nadere

ondersoek gevind dat die ander twee tieners was,

besig met lelike dinge. Hulle het skynbaar nog nie

gehoor van die bevolkingsontploffing nie. Hulle sien

weer gemsbokke, een blouwildebees, springbokke,

volstruise, een bruin hiëna en vroeër ook drie jakkalse

by ‘n watergat.

Die aand sien ons ‘n bont/bruin hiëna by die drinkplek

by die kamp. Later die nag het daar weer ‘n leeu kom

water drink, maar ons slaapkouse het hom nie gesien

nie, net gehoor. Die leeus het weer die hele nag deur

gebrul dat die aarde om ons sidder. Die volgende môre

sou ons sien dat een se spoor teenaan die woonwa

verbygaan, net langs die sonpaneel verby. Mensig,

daardie groot poot sal ‘n mens darem hard klap!

1 November Cas is vroeg op en sien twee groot leeus

by die drinkplekkie. Hy roep en ons ander vlieg op om

te kom kyk en kiek. Hulle is gou klaar gedrink en stap

weg. Dis ‘n mannetjie en ‘n wyfie en Jaco herken hulle

as die twee stoute tieners. Hulle stap net ‘n entjie weg

en gaan lê in die gras. Hulle lawaai met mekaar en stap

later ‘n entjie verder weg en gaan lê langs die pad,

waar hulle die hele dag sou bly lê, al bakleiende en

knorrende vir mekaar.

Cas sien dat die yskas en vrieskas hulle temperatuur

goed gehou het en besluit om die motor te koppel sodat

die batterye kan laai voordat ons weer sou ry. Toe hy

wil koffie maak, sien hy eers dat die krag nou af is in

die woonwa. Hulle maak die kragkas oop en vind dat

‘n draad gebrand het wat hulle nie kan herstel nie. Ons

is baie teleurgesteld want die hele opset het so

fantasties goed gewerk.

Vroeër het ‘n man met ‘n Amarok Jaco se

sonkragliggie by die drinkplek stukkend gery. Die

Vermeulens kom groet en maak hulle watertenk vol

voordat hulle oor die duine na Nossob vertrek. Hulle

sien die stukkende liggie en toe hulle hoor dis die

Amarok-man, sê Connie dat dit Jan Coetzee is en sy

adres is 820 Governmentlaan, Pretoria. Ons het baie

gelag oor die eksakte kennis wat hy van die man gehad

het

Ons pak op en trek na die privaatkamp langs dieselfde

pan. Nou het ons g’n stort, toilet of water nie, maar ons

kyk uit op die watergat. Heel gou vind ons egter uit dat

die roofdiere nie hou van die vrot water in die watergat

nie, so ons leeutande is getrek. Ons slaan tent op in

die sweet van ons aangesig. Ons kry warm en toe word

ons dors. Toe ons later uitry, sien ons volgens Jaco

ook maar net kol-kol iets.

Ons ry om die pan en vind weer die twee stoute tieners

waar ons hulle die oggend gelaat het. Hulle lyk net

moeër en maerder en lê nou binne-in die pad, op hulle

rugge. Ons laat hulle in vrede en ry verder. By die

watergat sien ons ‘n bruinhiëna. Lelik maar lieflik. Die

natuur is so veelsydig!

Hardus en Jaco neem twee ‘Solar Champion

Showers’, elk met 20l water na die storte waar ons

vroeër was en maak hulle bo-aan die staander vas en

daar het ons ‘n heelike warm stort, stukkende

kragkabel of nie. Daar is ‘n klein openinkie in die

paalomheining om die stort en ek is baie bang dat die

nuwe bewoners van die plek dalk deur die openinkie

mag loer. Van die kamp af sien ons ‘n rooihartbees in

die pan stap. Ons sou hom die volgende môre weer

daar sien.

Ons maak potjie, maar die wind waai ons amper

deurmekaar. Daardie nag klap die seile op die tent

soos die Nuwelandskare as die Stormers tog ‘n slag

ook ‘n drie druk. Dit het kort-kort ook ‘n bietjie gedrup,

maar nooit juis gereën nie. Net die wind wat tekere

gaan asof duisend duiwels hom jaag.

sien ons die mooiste twee voëls in ‘n boompie vlak by

die pad, nie baie groot nie, dalk valkies. Ons het foto’s

geneem en sal later probeer om hulle te identifiseer.

Ons sien ook ‘n koedoe en vind ‘n mooi kampplek by

Lesholoago, kompleet met rooi trekker en al. Die toilet

is egter totaal horribaal!

Ons ry terug kamp toe en gaan maak ‘brunch’ waarna

ons in die bed spring om warm te word, want mensig,

dis koud. Dit het intussen ook begin reën.

Vroeg-vroeg maak ons vuur om te braai, want die hout

is nat. Hulle gebruik houtskool om die vuur te begin en

sit dan dun stokkies bo-oor. Hardus en Jaco ry gou om

te gaan kyk hoe die water blink op die klipbanke in die

pan. Intussen sien ek en Cas hoedat drie bakkies op ‘n

ry staan en kyk na iets aan die oorkant van die pan.

Ons het nie ‘n verkyker nie en wonder waarna die

mense so lank kyk. Later sien ons hoedat Jaco-hulle

terugkom, maar dan ry hulle verby. Ons besluit om ook

te gaan kyk, al is ons baie bang dat die vuur gaan

uitbrand. Ons lus vir leeu-kyk wen en ons ry. Ons ry

almal na die plek en sien net twee pronkende poue en

volstruise, geen leeus! Toe ons by die kampplek

terugkom, het die vuur heerlik gebrand, net reg om die

stompe op te sit. Ons neem die pragtige

sonsondergang na die reën af. Jaco en Hardus gaan

gou toilet en stort toe. Die vrou wat daar kamp, kom

met ‘n flits aan en vra wat hulle kom maak en of hulle

nou gaan stort. Ons lag lekker oor soveel

nuuskierigheid. Daarna het ons lekker gebraai, twak

gepraat, bietjie in die dagboek geskryf en toe die mooi

groot vuur bewonder, doodgegooi en gaan slaap, want

dit was te koud vir kampvuur-sit.

2 November Ons ry vroegoggend, en ek bedoel

vroeg, 6h15 uit. Ons ry rondom Mayathutlwa en kry

niks, net vir Jan Coetzee en toe weet ons waarom hy

die lig stukkend gery het! Sy bril het net halwe lense en

hy het duidelik deur die verkeerde plek gekyk.

Toemaar Jan, ons is nie meer kwaad nie. Dan ry ons

om Mabuasehube pan. Hier kry ons volstruise, een het

in die droeë grond gesink want hy loop borshoogte in

die sand, aldus Hardus. Natuurlik maar net die voël wat

koud kry en vir hom ‘n diep nes geskrop om in te skuil.

Hierna ry ons na Lesholoago pan en op pad daarheen

3 November Die volgende oggend het ons 05h00

opgestaan en begin om ons kamp af te breek vir die

terugtog. Gelukkig het die reën oornag gewyk en ons

tente was droog. Die manne het flink gehelp solank ek

binne reggepak het. Teen 7h30 het ons vertrek, maar

weer oor die wippende paadjie. Om en by 09h00 het

ons die park verlaat en die terugtog aangepak.

Gelukkig het die reën die sand hard gemaak sodat die

voertuie sommer ligvoets oor die sand gedraf het. Aan

die park se grens het ons gestop en eers geëet.

Daarna was dit maar weer aanstoot.

By Tsabong het ons eers weer die winkel besoek vir

koeldrankies en die spesiale stortseep waarna ek

gesoek het.

Teen 12h30 was ons by die grens. Dit het gelukkig nie

te lank geneem nie en heel gou was ons weer op pad.

Teen 15h00 was ons veilig tuis.

Dit was ‘n heerlike wegbreek geleentheid en wie weet,

as die geleentheid hom voordoen, maak ons dalk weer

so.

30 Okt tot 3 Nov 2014

Sleep, of ry beter met nuwe tegnologie

Alle nuwe voertuie word deesdae gedryf deur

elektronika wat kommunikeer met verskillende parte

deur seine te stuur vanaf ‘n spesifieke sensor na ‘n

mikroskyfie, waarna ‘n blikbrein dit analiseer. Jou

voertuig se versneller is geensins anders, en deur

middel van ‘n “Sport” of “Eco” modus op jou fabriek

standaard voertuig te selekteer, kan die voertuig ‘n

geheel ander persoonlikheid ontwikkel.

Indien jou voertuig standaard een van hierdie wonder

knoppies het, weet jy dat wanneer jy hierdie opsie

selekteer, dit ‘n nuwe lewe in jou alledaagse enjin

blaas. Waarheid is, dat dieselfde hoeveel perde onder

die kap beskikbaar is, maar slegs baie vroeër inskop.

Hoe is dit moontlik, my voertuig voel dan soveel

anders, vra jy?

“Sport mode” vereenvoudig

Om dit eenvoudig te verduidelik, is dat deur middel

van elektroniese seine, die voertuig se versneller

pedaal ‘n sein stuur wat vertel dat die voertuig

vinniger moet reageer. Waar jy gewoonlik jou pedaal

60% moes intrap om ‘n goeie versnelling te kry, hoef

jy nou slegs 30% te trap om dieselfde werkverrigting

te bewerkstellig. Met turbo aangedrewe enjins, maak

dit die turbo vinniger omspoel, en dus vat dit baie van

die turbo flouheid weg waarmee meeste van hierdie

voertuie sukkel, en laat die toere vinniger klim. In

gewoon geaspireerde voertuie, het dit ook dieselfde

uitwerking om die toere vinniger te laat klim, en

versnelling vinniger te laat plaasvind. Hierdie

versterkte sein vanaf die elektroniese sensor, is dan

ook hoekom jy dan weer met behulp van hierdie

knoppie, jou voertuig na normaal kan laat terugkeer,

selfs in die ry.

“Eco mode”

Soortgelyk aan die ‘Sport mode’ wat die voertuig

vinniger laat versnel, vertraag die ‘Eco mode’ die

versnelling, en verleen hulp om brandstof te bespaar

deur die versneller te flous op dieselfde konsep as bo

genoem. Dit sal ook hulp verleen met 4x4 voertuie

wat dalk by tye stadiger versnelling verlang in

moeilike hindernisse.

Footprint Performance verskaf ‘n eenheid, die

Windbooster, wat dit nou moontlik maak om op enige

voertuig wat ‘n elektroniese pedaal gebruik hierdie

funksionaliteit te kan installeer. Dit maak die pret selfs

meer deurdat jy nou nie net ‘n Sport, of Eco mode het

soos in sommige standaard voertuie, maar vanaf 30

verskillende verstellings op die standaard model, en

50 op die luukse model beskikbaar om te verstel soos

dit jou bestuurstyl, of situasie pas. Jy kan besluit of jy

in die ‘Sport-mode’ wil ry wanneer jy sleep, ‘Racemode’

wanneer jy al die krane wil oopdraai, of dalk

die meer ekonomiese verstelling verkies om brandstof

te bespaar. Daar is selfs ‘n funksie wat jy op die

eenheid kan verstel vir outomatiese of handrat

voertuig optomisering. Die voertuig kan ook

teruggestel word na normaal, en hoef nie heeltyd in

een van hierdie modusse te funksioneer. Die eenheid

is geskik vir diesel, of petrol voertuie met ‘n

elektroniese versneller en kan saam met jou ‘Sport’ of

‘Eco’ funksie gebruik word indien die voertuig

standaard daarmee uitkom. Dit bied slegs meer opsies

vir hierdie tipe funksionaliteit as jy die Windbooster

byvoeg.

Om die vorige verduideliking te illustreer, is hierdie

grafiek wat die vergelyking wys tussen ‘n gewone

voertuig versnelling, en die modusse wat beskikbaar is

op die Windbooster.

Die groot voordeel van die Windbooster is dat jy nie ’n

graad in elektroniese ingenieurswese nodig het om dit

te kan installeer nie. Dit is regtig ’n geval van prop-inen-speel.

Die Windbooster vir jou kar of bakkie kom

met die korrekte proppe vir die spesifieke voertuig en

jy prop net in. Dit word geïnstalleer tussen die

versnellerpedaalmodule en die standaard versneller

sensor, en hoef nie gedoen te word deur ‘n

werkswinkel.

Vir meer inligting gaan kyk gerus op

www.footprintperformance.co.za/windbooster of

kontak Jaco by info@footprintperformance.co.za vir

‘n lys van beskikbare voertuie.

WITTEBROOD

in die

WOESTYN

Woorde & Foto’s: LEA ERASMUS

…die gaan

g’n tropiese

wegbreek

wees nie...

Ons skiet

woestyn

toe.

M

et ‘n hart vol vreugde en opwinding het

ons die trou-venue opgepak saam met

ons familie en vriende na ‘n plaas-kamp

troue by De Skaap naby Napier in die Overberg.

Ek sien so uit na die Natal noordkus, strand en

woud... ‘n tropiese-Afrika wittebrood. Francois het

‘n paar leidrade gelos en ek is nou oortuig van die

bestemming.

Toe ons die pad vat en die roete vat ons deur

Robertson en Tulbagh, dog ek dit is nogals ‘n

(groot) ompad! Toe ons op die N7 klim en die

pragtige Sederberge langs ons verbygaan het ek

geweet my raaiskoot was verkeerd...die gaan g’n

tropiese wegbreek wees nie...ons skiet woestyn

toe. Namibië as wittebrood bestemming was ‘n

puik keuse - “Francois, you did good!”

fgelee, soms verlate maar helder en

A

verstommend mooi! Vir twee weke het ons

getoer deur die woestyn en Damaraland,

‘n lekker roete vir ‘n 14 dag self-ry

wittebrood deur Namibië.

Wanneer gaan ons?

Meeste mense verkies om Namibië in die winter

vakansie aan te pak vir die gematige weer en

hanteerbare temperature, maar dit pas nie mooi

by die trouseisoene van Suid Afrika nie. Ons twee

is oor nuwejaar en vroeë Januarie daar en dit was

fantasties! As jy nie in jou voertuig die dag ry nie,

is daar baie plekkies in die woestyn wat lekker

skaduwee en koelte verskaf. Meeste lodges waar

‘n mens kamp het ‘n swembad en kroeg,

aktiewiteite kan in die oggend of laatmiddag

gedoen word om die hitte van middag te vermy en

daar is wel baie skadu bome en rotsoorhange wat

in die mooiste kampplekke omskep is regdeur die

land.

Wenk: As jy op ‘n wittebrood gaan, laat

weet die kampplekke vroegtydig, jy sal

verbaas wees hoe baie van die plekke vir

jou ‘n afgelee en meer privaat kampplek sal

gee. ‘Ask and you shall receive’.

Hoe pas kamp en self-ry

nou by ‘n wittebrood?

Namibië gee alleen-reisigers die kans om die

bestemming heel romanties te maak.

Oranjerievier kayak ervarings, sonsondergang

kelkies op ‘n massiewe rotsbank by Spitzkoppe,

hand in hand stap deur die duine van Sossusvlei,

slaap onder die sterre in die Namib Naukluft

Nasionale Park (baie vêr van ander mense), toer

deur die oulike dorp Swakkopmund en geniet ‘n

G&T in ‘n swembad wat oor rooi kalahari vlaktes

uitkyk.

elf-ry kamp wittebrode kan net so

S

opwindend, romanties en rustig wees soos

‘n Thai’se eiland of Europese toer… ons

beveel die eersgenoemde aan omdat dit in

deesdae se ekonomie baie goedkoper

uitwerk en ‘n briljante manier is om ‘n huwelik af te

skop. ‘n Self-ry toer vereis ‘n paartjie om redelik

vinnig saam besluite te neem oor hoe hulle ‘n dag

wil deurbring en waar om te ry, om take om die

kamp te deel, om saam lekker disse voor te berei,

om vinnig enige verskille op te los en om lekker te

gesels oor planne voorentoe terwyl jul die langpad

aanpak. ‘n Self-ry toer kom met sy uitdagings en

onverwagte terugslae soos gebarste bande, vassit

in sand en ander onbeplande

gebeurtenisse...maar dit is mos hoe die lewe

werk. Daar is meer lekker as enigeiets anders en

julle doen dit saam.

Wat as ek nie heeltyd wil

kamp nie?

Daar is natuurlik ook vir diegene wat nie van

kamp hou nie of ‘n luukse ervaaring verkies, baie

geleenthede om in lodges, selfsorg huisies en

permanente tent akkommodasie orals oor die land

te bly. Geniet plaaslike kosse en van die beste

Namibiese wildsvleis, salami en biltong! Daar is

selfs ‘n klein bakkery in die middel van nêrens die

beste appeltert op aarde maak! Stop waar jy wil

en ervaar wat jul harte begeer in Namibië. Self-ry

is sekerlik die lekkerste ry!

“Om ‘n wittebrood in Afrika

te beplan mag dalk uitdagend

en onbekend wees, maar

paartjies kan Ultimate Routes

vertrou om vir hulle ‘n

onvergeetlike ervaring te reël

en bespreek. Ons pas enige

roete aan volgens jou

behoeftes en sorg dat julle as

paartjie ‘n unieke, romantiese

ervaring kan geniet. Dit geld

vir roetes deur Suid Afrika,

Namibië, Botswana,

Zimbabwe en Mosambiek.”

Kontak ons gerus vir roete beplanning en

besprekings

Ultimate Routes

www.ultimateroutes.co.za

Ice Cold Anywhere!

CAMPING

MADE

EASY

https://bundutec.co.za

Our Seatcovers are made using a synthetic fabric which is

incredibly tough, 100% waterproof and extremely

comfortable to sit on. A range of colours is available to suit

most modern design trends.

www.takla.co.za

MELKTERT JAFFLES

Lewer 4

Jy benodig:

150 ml melk

2 eiergele

20 g koekmeel

60 g suiker

5 ml vanielje geursel

8 snye witbrood

botter, vir smeer

kaneelsuiker

KLIK

Klits 4 eetlepels van melk met die eiergele.

Gooi die meel en suiker daarby en klits tot

glad.

Verhit die orige melk oor lae hitte tot dit

begin kook. Roer vinnig die eiermengsel

daarby en hou aan roer tot verdik. Kook

saam vir 1 minuut, roer aanhoudend. Die vla

kan baie maklik aanbrand. Gooi die vanieljegeursel

by en roer goed saam.

Botter die brood en sorg dat die gebotterde

snye na buite wys. Skep van die melktertpap

in die middel en bedek met nog ’n sny .

Rooster in ’n jafflepan tot bros en goudbruin.

Sprinkel kaneelsuiker oor en geniet dadelik.

Built with the serious off-roader in mind

The NEW Ingane trailer is ready to follow you wherever you dare to go!

Easy to tow, manage and set up, take a look at this camping champ’s

features:

Double bed mattress,

Grey tent with fly sheet,

LED lights,

Outside kitchen

Pop-up shower with high-pressure geyser,

100l water tank including pump and plumbing,

2500kg auto-reverse braked axel ,

36-inch leaf springs and shocks

Get a quote today: www.infanta4x4.co.za

Stand a chance to WIN your very own Ingane Trailer with our Infanta 4x4 raffle draw!

To enter simply purchase your ticket for R500 (banking details below) using your

contact number as a reference and you’re in the running

Competition is limited to 500 tickets only! *R500 = 1 entry

Banking details:

Account Name: INFANTA 4X4 COMPETITION

ABSA Account Number: 9359373468

Account Type: Savings

SWIFT code: ABSAZAJJ

Waarde

WEN

R260 000

Top 10

Travel & Holiday

Guides

Koffie smaak net

beter by die

kampvuur

10 DAE EETPLAN VIR KAMPEERDERS

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!