04.08.2020 Views

Kamp is Lekker Tydskrif Augustus 2020

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

NONA ROSA Wegbreek

Text and Photo’s: Karlo Truter

S

omtyds is mens mos net lus om erens te gaan

kamp, maar om nie kilometers ver te ry om by

jou bestemming te kom nie. So het ek en my pa

besluit om by Nona Rosa Bush Camp te gaan ontspan.

Die kamp is slegs 20km vanaf ons huis hier in

Heidelberg in die Suid-Kaap – so dit was die ideale

wegbreek naby die huis.

Nona Rosa Wegbreek is halfpad tussen Heidelberg en

Witsand geleë. Witsand is sowat 17km vanaf Nona

Rosa en is ook ‘n baie gewilde bestemming vir

kampeerders wat hou daarvan om vis te vang. Die

Breërivier mond, waar Witsand geleë is, bied van die

beste visvang geleenthede in Suid-Afika. Die meeste

hengelaars besoek Witsand om kabeljou te vang.

Daar word nog gereeld kabeljoue van meer as 20kg in

die Breë rivier gevang. Ander visse wat hengelaars ook

kan vang is Grunter, Shad, Leervis (Garrick),

Stumpnose en Harders (Mullet). Sekere tye van die

jaar is Witsand ook baie gewild aangesien die walvisse

dan kom kalf by die see en toeskouers dan die

pragtige groot visse vanaf die rotse of vanaf die dek

van die gewilde Anchorage Beach Restaurant kan kyk

– as jy jou verkyker vergeet het, sal Tekkies, die

eienaar van die restaurant gou vir jou ‘n verkyker in

die hand stop.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!