Kamp is Lekker Tydskrif Augustus 2020
Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.
Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Footprint Performance verskaf ‘n eenheid, die
Windbooster, wat dit nou moontlik maak om op enige
voertuig wat ‘n elektroniese pedaal gebruik hierdie
funksionaliteit te kan installeer. Dit maak die pret selfs
meer deurdat jy nou nie net ‘n Sport, of Eco mode het
soos in sommige standaard voertuie, maar vanaf 30
verskillende verstellings op die standaard model, en
50 op die luukse model beskikbaar om te verstel soos
dit jou bestuurstyl, of situasie pas. Jy kan besluit of jy
in die ‘Sport-mode’ wil ry wanneer jy sleep, ‘Racemode’
wanneer jy al die krane wil oopdraai, of dalk
die meer ekonomiese verstelling verkies om brandstof
te bespaar. Daar is selfs ‘n funksie wat jy op die
eenheid kan verstel vir outomatiese of handrat
voertuig optomisering. Die voertuig kan ook
teruggestel word na normaal, en hoef nie heeltyd in
een van hierdie modusse te funksioneer. Die eenheid
is geskik vir diesel, of petrol voertuie met ‘n
elektroniese versneller en kan saam met jou ‘Sport’ of
‘Eco’ funksie gebruik word indien die voertuig
standaard daarmee uitkom. Dit bied slegs meer opsies
vir hierdie tipe funksionaliteit as jy die Windbooster
byvoeg.
Om die vorige verduideliking te illustreer, is hierdie
grafiek wat die vergelyking wys tussen ‘n gewone
voertuig versnelling, en die modusse wat beskikbaar is
op die Windbooster.
Die groot voordeel van die Windbooster is dat jy nie ’n
graad in elektroniese ingenieurswese nodig het om dit
te kan installeer nie. Dit is regtig ’n geval van prop-inen-speel.
Die Windbooster vir jou kar of bakkie kom
met die korrekte proppe vir die spesifieke voertuig en
jy prop net in. Dit word geïnstalleer tussen die
versnellerpedaalmodule en die standaard versneller
sensor, en hoef nie gedoen te word deur ‘n
werkswinkel.
Vir meer inligting gaan kyk gerus op
www.footprintperformance.co.za/windbooster of
kontak Jaco by info@footprintperformance.co.za vir
‘n lys van beskikbare voertuie.