18.06.2020 Views

Kamp is Lekker Tydskrif Julie 2020

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

D

it was vroeg Desember en

daar is hard gewerskaf om

alles reg te kry vir die

Desember vakansie by die

see. Die tannie was

bedrywig in die kombuis, besig om

kleinkoekies en beskuit te bak. Oom Albert

was buite, om die draai by die afdak, besig

om die karavaan reg te kry vir sy jaarlikse

uittog na die see. Die karavaan is met

groot moeite onder die afdak uit sy

winterslaap uit gesleep en staan nou langs

die afdak. Die wielbearings is geghries en

bande nagegaan en gepomp.

Nou nog net buite om was en polish, binne

sal die tante self later kom skoonmaak en

regpak.

Die "stepleertjie", soos die oom hom

noem, is net te kort om lekker bo by die

karavaan se dak by te kom, so die langer

trapleer word ingespan.

Bo van dié leer af het mens natuurlik 'n

uitsig wat jy nie normaalweg van

grondvlak af het nie.

Nou kan jy selfs bo-oor die heining tot

binne-in die bure se erf sien waar daar ook

aan die reggemaak is vir húl seevakansie,

maar op 'n heel ander wyse.

Buurvrou wil darem verseker haar fietse

lyfie is nie té wit tussen al die ander

bruingebrande lywe op die strand nie. Om

nie wit "bandjies'" oor haar skouers te hê

nie, lê sy daar in die privaatheid van haar

eie tuin, buite sig, so het sy gedink, "top

less" en "tan" met 'n groot sonhoed oor

haar oë.

Omdat oom Albert, met sy laphoed diep

oor sy oë getrek, vir die son, se oë is ook

nie meer van die skerpste nie, sukkel

bietjie met die fokus, en met dié dat son

se weerkaatsing van die karavaan se nat

lyf af hom ook gedeeltelik verblind, laat

rus hy sy oë elke nou en dan deur bietjie

die omgewing te bespied daar van sy

uitkykpos af. Dit is met dié dat hy iets in

die bure se tuin gewaar, en omdat hy nie

doodseker is oor wat hy sien nie, besluit

hy om dubbel seker te maak. Hy skuif die

staanleer nader aan die heining, om beter

te kan sien my kind. Hy klim so hoog as

wat hy kan op die leer. Om nog beter te

kan sien leun hy effe vorentoe om 'n

lastige tak bietjie weg te druk. Dié

swaartepunt verskuiwing saam met die los

grond van die blombedding maak toe dat

die leer omtuimel.

Met leer en al beland hy in die bure se erf.

Die buurvrou ruk die hoed van haar kop af

en sit vervaart regop. Voordat sy

heeltemal tot verhaal kan kom, groet die

oom met 'n baie beleefde "goeiemiddag"

en met sy leer onder die arm is hy by die

tuinhekkie uit oppad terug na sy eie erf.

Die Oom sê, daar was sleg én goed dié

Desembervakansie. Met sy regterskouer

wat met die vallery beseer is, het hy

besluit die visstokke kan maar net sowel

by die huis bly. Hy sal tog nie kan gooi óf

inkatrol nie. Met die ánder gooiery het dit

ook nie veel beter gegaan nie, hy sê my hy

kon skaars die bottel optel, wat nog van

die glas by sy mond kry.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!