“Ons gaan see toe"Oom Albert, 'n skuilnaam, is nie meer met ons nie, so dieverleentheid is hom gespaar, maar die tante leef nog enweet nie die volle waarheid nie. Hierdie storie het hy my virdie reine waarheid vertel.
Dit was vroeg Desember endaar is hard gewerskaf omalles reg te kry vir dieDesember vakansie by diesee. Die tannie wasbedrywig in die kombuis, besig omkleinkoekies en beskuit te bak. Oom Albertwas buite, om die draai by die afdak, besigom die karavaan reg te kry vir sy jaarlikseuittog na die see. Die karavaan is metgroot moeite onder die afdak uit sywinterslaap uit gesleep en staan nou langsdie afdak. Die wielbearings is geghries enbande nagegaan en gepomp.Nou nog net buite om was en polish, binnesal die tante self later kom skoonmaak enregpak.Die "stepleertjie", soos die oom homnoem, is net te kort om lekker bo by diekaravaan se dak by te kom, so die langertrapleer word ingespan.Bo van dié leer af het mens natuurlik 'nuitsig wat jy nie normaalweg vangrondvlak af het nie.Nou kan jy selfs bo-oor die heining totbinne-in die bure se erf sien waar daar ookaan die reggemaak is vir húl seevakansie,maar op 'n heel ander wyse.Buurvrou wil darem verseker haar fietselyfie is nie té wit tussen al die anderbruingebrande lywe op die strand nie. Omnie wit "bandjies'" oor haar skouers te hênie, lê sy daar in die privaatheid van haareie tuin, buite sig, so het sy gedink, "topless" en "tan" met 'n groot sonhoed oorhaar oë.Omdat oom Albert, met sy laphoed diepoor sy oë getrek, vir die son, se oë is ooknie meer van die skerpste nie, sukkelbietjie met die fokus, en met dié dat sonse weerkaatsing van die karavaan se natlyf af hom ook gedeeltelik verblind, laatrus hy sy oë elke nou en dan deur bietjiedie omgewing te bespied daar van syuitkykpos af. Dit is met dié dat hy iets indie bure se tuin gewaar, en omdat hy niedoodseker is oor wat hy sien nie, besluithy om dubbel seker te maak. Hy skuif diestaanleer nader aan die heining, om beterte kan sien my kind. Hy klim so hoog aswat hy kan op die leer. Om nog beter tekan sien leun hy effe vorentoe om 'nlastige tak bietjie weg te druk. Diéswaartepunt verskuiwing saam met die losgrond van die blombedding maak toe datdie leer omtuimel.Met leer en al beland hy in die bure se erf.Die buurvrou ruk die hoed van haar kop afen sit vervaart regop. Voordat syheeltemal tot verhaal kan kom, groet dieoom met 'n baie beleefde "goeiemiddag"en met sy leer onder die arm is hy by dietuinhekkie uit oppad terug na sy eie erf.Die Oom sê, daar was sleg én goed diéDesembervakansie. Met sy regterskouerwat met die vallery beseer is, het hybesluit die visstokke kan maar net sowelby die huis bly. Hy sal tog nie kan gooi ófinkatrol nie. Met die ánder gooiery het ditook nie veel beter gegaan nie, hy sê my hykon skaars die bottel optel, wat nog vandie glas by sy mond kry.