18.06.2020 Views

Kamp is Lekker Tydskrif Julie 2020

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Francois Otto

Storie deur: Lorinda Gerber

Wynand vd Merwe

Ryno Cloete

Grendelkamp!

Daar is niks wat `n huisgesin soveel energie kan gee

soos die woordjie ‘kamp’ nie.

Alles word gepak, behalwe die swaar meubels. Die

sleepwa is vol en kraak onder die gewig. Die res

van die items word op die agterste sitplek ingedruk

tussen ons kinders. Die karretjie sukkel `n bietjie

om weg te kom.

Pappa trap die petrolpedaal diep weg en die

enjinkap begin bewe.

Toe is ons weg. Ons ry 3 meter. Ons is hier. Ons

boude is seer gesit, lywe seer gery en ons is gedaan

van die inmekaar gekrimp sit. Maar daar moet tent

opgeslaan word en die kamparea moet reg voor

donker.

Dis `n gewriemel en `n gewerskaf. Na `n paar uur is

alles reg. Ons sit rustig agter oor op die

kampstoele. Ma teug aan haar wyntjie en Pa slaan

`n yskoue biertjie weg. Kleinsus kyk om haar rond

met `n erge frons tussen haar oë. Sy wil begin

praat, maar ons almal sê gelyktydig: “Moenie dit sê

nie.”

“Maar ….”

“Maar niks. Ons kamp,” sê boeta. Sussie druk en

draai haar groottoon in die grasperk, sug en skraap

al haar moed bymekaar: “Maar ons is nie by die see

nie!” “Dis `n bosveldkamp,” laat Ma hoor.

“Is nie,” sê sussie met `n bitterlike ongelukkige

uitdrukking op haar gesiggie: “Hierdie is maar net

ons voortuin!!”

“Nou wat het jy gedink?”

“Hierdie is grendelkamp!”

Martin Ooosthuizen

wil boeta vies weet:

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!