18.06.2020 Views

Kamp is Lekker Tydskrif Julie 2020

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Trudie Maree

MY Kampstorie

M

y verjaardag is om die draai.

Lekker. Ek word 50. Ek is baie

opgewonde. "Wat wil jy graag

doen met jou verjaardag?" vra manlief.

" Ek wil gaan kamp. Kom ons maak ‘n

paar vriende bymekaar dan gaan ons

Skuilkrans toe. Groot asseblief."

Skuilkrans is ń private plaas. Daar is nie

eintlik kampplek nie. Boere vroue en

kinders het daar geskuil in die Anglo

boereoorlog. Die eienaar van die plaas

het ook boeke geskryf oor die oorlog

en die omgewing. Manlief reël met die

eienaar, en hy stem in. Jippiieee! Geen

waens word saam gesleep nie, net tent

kamp. Almal stem in en Vrydag word

voertuie gepak. Vrydagaand om die

vuur word lekker stories uitgeruil en

almal is vroeggerig bed toe. Saterdag

oggend is ek eerste op en begin koffie

maak. Na lekker koffie en tuisgebakte

beskuit sing almal " geluk liewe

maatjie,". Ons besluit om teen die

koppie op te klim en kry ń ongelooflike

uitsig Villiers se kant toe. Toe die

manne begin honger raak, kies een

vriend ‘n kort paadjie af van die koppie

af. Tussen ‘n bos bome loop hy in ’n

botter spinnekop web vas, doen die

spider vastrap en draai vinnig om. Ons

het gelag en omtrent gedans tot terug

in di kamp. Die aand was die sterre so

naby, ek kon daaraan raak. Ons het tot

baie laat satteliete gesoek, gesels en

gekuier en baie gelag. Sondag oggend

was dit ontbyt en oppak. Dit was ń

onvergeetlike naweek saam met beste

vriende.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!