18.06.2020 Views

Kamp is Lekker Tydskrif Julie 2020

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Julie 2020

HIER word stories gebou

VOORBLAD FOTO deur Rikus Truter


Forever

en vir altyd

Mpumalanga

Badplaas

A Forever Resort

Forever Hotel

@ Badplaas

Rex’s Ranch

A Forever Retreat

Amanzi Mountain

Reserve, A Forever Lodge

Waterfall

A Forever Lodge

Leopard’s Trail

A Forever Retreat

Loskopdam

A Forever Resort

Isiyala Game Lodge

A Forever Lodge

Matombu

A Forever Lodge

Silverfalls

A Forever Retreat

Forever Hotel

@ White River

Blyde Canyon

A Forever Resort

limpopo

Swadini

A Forever Resort

Phalaborwa Safari Park

A Forever Resort

Tshipise

A Forever Resort

Ramoswe

A Forever Lodge

Lapa Lodge

A Forever Lodge

Warmbaths

A Forever Resort

gauteng

wes-Kaap

VRYSTAAT

Forever Hotel @ Centurion Plettenberg, A Forever Resort Gariep, A Forever Resort

TEL: +27 (0)12 423 5600

EPOS: info@foreversa.co.za

WEBTUISTE: www.foreversa.co.za


Francois Otto

Storie deur: Lorinda Gerber

Wynand vd Merwe

Ryno Cloete

Grendelkamp!

Daar is niks wat `n huisgesin soveel energie kan gee

soos die woordjie ‘kamp’ nie.

Alles word gepak, behalwe die swaar meubels. Die

sleepwa is vol en kraak onder die gewig. Die res

van die items word op die agterste sitplek ingedruk

tussen ons kinders. Die karretjie sukkel `n bietjie

om weg te kom.

Pappa trap die petrolpedaal diep weg en die

enjinkap begin bewe.

Toe is ons weg. Ons ry 3 meter. Ons is hier. Ons

boude is seer gesit, lywe seer gery en ons is gedaan

van die inmekaar gekrimp sit. Maar daar moet tent

opgeslaan word en die kamparea moet reg voor

donker.

Dis `n gewriemel en `n gewerskaf. Na `n paar uur is

alles reg. Ons sit rustig agter oor op die

kampstoele. Ma teug aan haar wyntjie en Pa slaan

`n yskoue biertjie weg. Kleinsus kyk om haar rond

met `n erge frons tussen haar oë. Sy wil begin

praat, maar ons almal sê gelyktydig: “Moenie dit sê

nie.”

“Maar ….”

“Maar niks. Ons kamp,” sê boeta. Sussie druk en

draai haar groottoon in die grasperk, sug en skraap

al haar moed bymekaar: “Maar ons is nie by die see

nie!” “Dis `n bosveldkamp,” laat Ma hoor.

“Is nie,” sê sussie met `n bitterlike ongelukkige

uitdrukking op haar gesiggie: “Hierdie is maar net

ons voortuin!!”

“Nou wat het jy gedink?”

“Hierdie is grendelkamp!”

Martin Ooosthuizen

wil boeta vies weet:


“Ons gaan see toe"

Oom Albert, 'n skuilnaam, is nie meer met ons nie, so die

verleentheid is hom gespaar, maar die tante leef nog en

weet nie die volle waarheid nie. Hierdie storie het hy my vir

die reine waarheid vertel.


D

it was vroeg Desember en

daar is hard gewerskaf om

alles reg te kry vir die

Desember vakansie by die

see. Die tannie was

bedrywig in die kombuis, besig om

kleinkoekies en beskuit te bak. Oom Albert

was buite, om die draai by die afdak, besig

om die karavaan reg te kry vir sy jaarlikse

uittog na die see. Die karavaan is met

groot moeite onder die afdak uit sy

winterslaap uit gesleep en staan nou langs

die afdak. Die wielbearings is geghries en

bande nagegaan en gepomp.

Nou nog net buite om was en polish, binne

sal die tante self later kom skoonmaak en

regpak.

Die "stepleertjie", soos die oom hom

noem, is net te kort om lekker bo by die

karavaan se dak by te kom, so die langer

trapleer word ingespan.

Bo van dié leer af het mens natuurlik 'n

uitsig wat jy nie normaalweg van

grondvlak af het nie.

Nou kan jy selfs bo-oor die heining tot

binne-in die bure se erf sien waar daar ook

aan die reggemaak is vir húl seevakansie,

maar op 'n heel ander wyse.

Buurvrou wil darem verseker haar fietse

lyfie is nie té wit tussen al die ander

bruingebrande lywe op die strand nie. Om

nie wit "bandjies'" oor haar skouers te hê

nie, lê sy daar in die privaatheid van haar

eie tuin, buite sig, so het sy gedink, "top

less" en "tan" met 'n groot sonhoed oor

haar oë.

Omdat oom Albert, met sy laphoed diep

oor sy oë getrek, vir die son, se oë is ook

nie meer van die skerpste nie, sukkel

bietjie met die fokus, en met dié dat son

se weerkaatsing van die karavaan se nat

lyf af hom ook gedeeltelik verblind, laat

rus hy sy oë elke nou en dan deur bietjie

die omgewing te bespied daar van sy

uitkykpos af. Dit is met dié dat hy iets in

die bure se tuin gewaar, en omdat hy nie

doodseker is oor wat hy sien nie, besluit

hy om dubbel seker te maak. Hy skuif die

staanleer nader aan die heining, om beter

te kan sien my kind. Hy klim so hoog as

wat hy kan op die leer. Om nog beter te

kan sien leun hy effe vorentoe om 'n

lastige tak bietjie weg te druk. Dié

swaartepunt verskuiwing saam met die los

grond van die blombedding maak toe dat

die leer omtuimel.

Met leer en al beland hy in die bure se erf.

Die buurvrou ruk die hoed van haar kop af

en sit vervaart regop. Voordat sy

heeltemal tot verhaal kan kom, groet die

oom met 'n baie beleefde "goeiemiddag"

en met sy leer onder die arm is hy by die

tuinhekkie uit oppad terug na sy eie erf.

Die Oom sê, daar was sleg én goed dié

Desembervakansie. Met sy regterskouer

wat met die vallery beseer is, het hy

besluit die visstokke kan maar net sowel

by die huis bly. Hy sal tog nie kan gooi óf

inkatrol nie. Met die ánder gooiery het dit

ook nie veel beter gegaan nie, hy sê my hy

kon skaars die bottel optel, wat nog van

die glas by sy mond kry.


Gawe mense het kom help tent opslaan,

omdat hulle nie kon "toesien dat 'n arme

kranklikke ou oom en sy vrou so moet

sukkel nie".

Die ou tante was heeltyd baie gaaf en

besorg oor haar ou man wat hom so

beseer het met sy onbaatsugtige karavaan

wassery, sodat hulle darem bietjie kon

wegkom vir die broodnodige uitspan by

die see. Sy het heeltyd omtrent alles agter

haar ou dierbaarste aangedra, selfs

aangebied om sy kos vir hom te sny.

Storie: Gerhard du Toit


CGEAR Sand-Free Mul mat

CGEAR Mul mat was originally designed as a deployable helimat to eliminate dirt, dust and debris from being

kicked up by the helicopters rotors when landing. The product was so successful that we applied it to camping.

The Mul mat is constructed with interna onally patented mul -layered kni ed technology. Using our

technology, it allows sand and dirt to simply fall through the mat, returning to the ground underneath and not

coming back up through the mat.

Product Capabili es (Benefits)

Sand and dirt fall readily through the mat

Lightweight, easy to setup & pack away

Reversible – green on one side and grey on the other

Can be used as a shade mat (Provides 90%+ UV protec on)

Or as a windbreak mat for screening

Liquid spills (drinks, etc.) go through the mat

Easy to wipe clean or hose down

Perfect for use under camp furniture

Non-absorbent and will not rot or mold

More environmentally friendly on the grass underneath the

mat than tarpaulins

Comes with its own drawstring carry bag

Technical Specifica ons

UV Protec on for 10 years

Mul layered

Reinforced edges

Rip stop technology, so any holes or tears do

not increase in size

Impervious to petro chemical spills

Mul ple stainless steel triangle rings

to peg the Mul mat down approximately every meter

Hand made in SA under patent agreement

CGEAR Africa

cgear_africa


Sand-Free

Multimat Groundsheet

Straight:

Sizes:

1.5 x 1.5m

1.5 x 4.0m

3.0 x 3.6m

3.0 x 4.5m

3.0 x 5.4m

3.0 x 6.5m

3.0 x 7.5m

Reversible:

Green one side

Grey other side

L-Shape:

Sizes:

Medium Large 4x4

3m

2m

2m 3.5m

5m

3m

5m

2m

3m

3m

5m

1.5m

6.5m 5m

Reversible: Grey Only

3.5m

2m

1.5m

3.5m

Visit our website for a variety of sand-free beach products available

CGEAR Africa

cgear_africa



Vertaalfoutjie

K

an jy glo die Franse is mal oor kamp? Le

camping, noem hulle dit. En dis nie so ‘n

gesellige affêre soos hier nie – jy pak jou

tent en gaan sit stoksiel-alleen by die le campinggrond

vir die hele le weekend sonder om met ‘n

siel te praat. Ek was nogal ‘n bok vir kamp en

moes die kans vat om dit te beleef al is dit nou

Oorsee. (Hotelpryse in Europa is ook nie ‘n grap

nie).

Eers moet ons die spyskaart probeer ontsyfer.

Oisirs is pretkamp, so ‘n mengsel woonhuise en

kampplekkies. Tourisme meng weer

karavaanstaanplekkies en tente. Aire naturelle is

net vir tente. Dan moet jy nog net besluit tussen

camping à la ferme (plaaskamp) en camping

sauvage (natuurkamp). Ek kies toe maar die

natuurkamp in die nasionale park by Forez-

Livradois en daar sit ek af met my eenmantentjie,

‘n rooster en ‘n sakkie met klere.

hou hy op die vuur. Ek sien die vet begin swart

brand.

“I think you must take it off the braai,” sê ek

senuweeagtig. Ek is mos geleer ‘n vleisie moet so

gebraai word dat ‘n goeie veearts hom nog kan

deurhaal as hy moet.

“Brai, oui.”

Na so ‘n rukkie is die tjop oordentlik gebrand en

pikswart. Hy sit dit versigtig op ‘n bordjie, met

twee snye bagette en kaas, groenvye. En wragtig,

sal hy nou vir mý die gebrande vleis gee? Die

twee eet te smaaklik terwyl ek my doodwurg aan

my stuk droë swart houtskool.

Die kampterrein is heel netjies en beskaafd, so

tussen die bome. Ongelukkig is die lug grys en

reënerig en nog voor ek my tentjie kon opslaan

begin dit te stort. Gelukkig kamp daar nog twee

sauvages daar langs my om te help en ek sit gou

genoeg lekker binne in my tentjie.

Die aand haal ek my rooster uit en begin my hout

pak. Die Fransmanne het ook toe al begin uitpak

– lang brode, kase, confitures en ‘n bottel wyn. Ek

kon sien hulle kyk maar hongerig na my

roostertjie tjops en wink hulle toe maar nader. In

my swak Frans en hulle swak Engels kan ons

darem op ‘n manier kommunikeer en die een

laaitie bied aan om die rooster vir my te hanteer.

“Braai,” sê ek vir hom.

“Brai?” Hy lyk heel verbaas.

“Braai,” verduidelik ek weer en hy trek sy skouers

op.

Maandag toe ek weer selfoon-ontvangs het speel

ek maar weer op my Franse-taal-toep. Een van

die woordeskat-woorde wat ek terloops raaklees:

brai. Dit beteken glo “teer” – soos in swart soos

teer!

Volgende keer sal ek maar vir tjops á la rouge vra.

Naam en Van

MY Kampstorie Estelle Nagel

Na so ‘n rukkie haal hy die eerste tjoppies af en

sit dit op twee border, maar die laaste tjoppies


Jonathan Small se Kamp storie

O

ns liefde vir kamp is in ons bloed.

Daar is niks beter as om net jou

wa te pak, en vir ma en kinders te

laai en bos toe te mik. Dit doen ons so veel

as moontlik so gereeld as moontlik. Die

Small's moet 1 keer ʼn maand gaan kamp.

Ons kamp met ʼn Conqueror Comfort en as

ons aan kom by ons kamp plek dan spring

ons almal in ʼn rat en dan word daar

opgeslaan. Kleinboet haal die penne en

toue uit ouboet hou als vas sodat pa kan

opslaan en ma wel ma hou ons dop en

maak seker als loop soos stroop. Die

manne weet voordat hulle kan pad vat om

die kamp te verken moet die wa eers

staan en die dak moet op wees. Sodra ons

by daai punt kom dan sien jy net ʼn stof

streep soos hulle daai fietse trap om die

plek te verken. Dis net hier waar ʼn mens

dan besef dat die kinders net so lief is vir

God se skepping soos ons en dat hulle uit

hulle vel klim as dit by kamp kom. Hierdie

land van ons het soveel om te gee en ons

wil soveel gedoen kry as wat ons kan.

Kamp maak jou los van als en almal en dis

net hier waar ons al ons goed agter ons sit

en die buitelug in asem en lewe. Kamp is

ons lewe en om lekker te kamp maak als

net soveel beter. Ons sal kamp tot ons nie

meer kan nie en as ons eendag daar by

ons skepper sit gaan ons net verder kamp

want ons glo dat ons nooit genoeg sal kan

kamp nie.


MILEAGE

WARRANTY

NOW EXTENDED

TO 90 000KM

ON HANKOOK

DYNAPRO AT-M

RF10 TYRES

ON YOUR

15'' -18''

TYRES

WARRANTY


Sleep, of ry beter met nuwe tegnologie

Alle nuwe voertuie word deesdae gedryf deur

elektronika wat kommunikeer met verskillende parte

deur seine te stuur vanaf ‘n spesifieke sensor na ‘n

mikroskyfie, waarna ‘n blikbrein dit analiseer. Jou

voertuig se versneller is geensins anders, en deur

middel van ‘n “Sport” of “Eco” modus op jou fabriek

standaard voertuig te selekteer, kan die voertuig ‘n

geheel ander persoonlikheid ontwikkel.

Indien jou voertuig standaard een van hierdie wonder

knoppies het, weet jy dat wanneer jy hierdie opsie

selekteer, dit ‘n nuwe lewe in jou alledaagse enjin

blaas. Waarheid is, dat dieselfde hoeveel perde onder

die kap beskikbaar is, maar slegs baie vroeër inskop.

Hoe is dit moontlik, my voertuig voel dan soveel

anders, vra jy?

“Sport mode” vereenvoudig

Om dit eenvoudig te verduidelik, is dat deur middel

van elektroniese seine, die voertuig se versneller

pedaal ‘n sein stuur wat vertel dat die voertuig

vinniger moet reageer. Waar jy gewoonlik jou pedaal

60% moes intrap om ‘n goeie versnelling te kry, hoef

jy nou slegs 30% te trap om dieselfde werkverrigting

te bewerkstellig. Met turbo aangedrewe enjins, maak

dit die turbo vinniger omspoel, en dus vat dit baie van

die turbo flouheid weg waarmee meeste van hierdie

voertuie sukkel, en laat die toere vinniger klim. In

gewoon geaspireerde voertuie, het dit ook dieselfde

uitwerking om die toere vinniger te laat klim, en

versnelling vinniger te laat plaasvind. Hierdie

versterkte sein vanaf die elektroniese sensor, is dan

ook hoekom jy dan weer met behulp van hierdie

knoppie, jou voertuig na normaal kan laat terugkeer,

selfs in die ry.

“Eco mode”

Soortgelyk aan die ‘Sport mode’ wat die voertuig

vinniger laat versnel, vertraag die ‘Eco mode’ die

versnelling, en verleen hulp om brandstof te bespaar

deur die versneller te flous op dieselfde konsep as bo

genoem. Dit sal ook hulp verleen met 4x4 voertuie

wat dalk by tye stadiger versnelling verlang in

moeilike hindernisse.


Footprint Performance verskaf ‘n eenheid, die

Windbooster, wat dit nou moontlik maak om op enige

voertuig wat ‘n elektroniese pedaal gebruik hierdie

funksionaliteit te kan installeer. Dit maak die pret selfs

meer deurdat jy nou nie net ‘n Sport, of Eco mode het

soos in sommige standaard voertuie, maar vanaf 30

verskillende verstellings op die standaard model, en

50 op die luukse model beskikbaar om te verstel soos

dit jou bestuurstyl, of situasie pas. Jy kan besluit of jy

in die ‘Sport-mode’ wil ry wanneer jy sleep, ‘Racemode’

wanneer jy al die krane wil oopdraai, of dalk

die meer ekonomiese verstelling verkies om brandstof

te bespaar. Daar is selfs ‘n funksie wat jy op die

eenheid kan verstel vir outomatiese of handrat

voertuig optomisering. Die voertuig kan ook

teruggestel word na normaal, en hoef nie heeltyd in

een van hierdie modusse te funksioneer. Die eenheid

is geskik vir diesel, of petrol voertuie met ‘n

elektroniese versneller en kan saam met jou ‘Sport’ of

‘Eco’ funksie gebruik word indien die voertuig

standaard daarmee uitkom. Dit bied slegs meer opsies

vir hierdie tipe funksionaliteit as jy die Windbooster

byvoeg.

Om die vorige verduideliking te illustreer, is hierdie

grafiek wat die vergelyking wys tussen ‘n gewone

voertuig versnelling, en die modusse wat beskikbaar is

op die Windbooster.

Die groot voordeel van die Windbooster is dat jy nie ’n

graad in elektroniese ingenieurswese nodig het om dit

te kan installeer nie. Dit is regtig ’n geval van prop-inen-speel.

Die Windbooster vir jou kar of bakkie kom

met die korrekte proppe vir die spesifieke voertuig en

jy prop net in. Dit word geïnstalleer tussen die

versnellerpedaalmodule en die standaard versneller

sensor, en hoef nie gedoen te word deur ‘n

werkswinkel.

Vir meer inligting gaan kyk gerus op

www.footprintperformance.co.za/windbooster of

kontak Jaco by info@footprintperformance.co.za vir

‘n lys van beskikbare voertuie.


THE ALL NEW

BUILT-IN SMART FEATURES

Wees voorbereid

Kamp is Lekker

Gaan orals

AUTOMOTIVE STAINLESS STEEL | ROOF RAILS

BUILT-IN AIR VENT | FRONT CAB SLIDER WINDOW

E-MARK BONDED GLASS | 3RD REAR BRAKE LIGHT

SLIDING WINDOWS | PATENTED MODULAR DESIGN

011 974 0370

SALES @ RSISMARTCANOPY.COM


Trudie Maree

MY Kampstorie

M

y verjaardag is om die draai.

Lekker. Ek word 50. Ek is baie

opgewonde. "Wat wil jy graag

doen met jou verjaardag?" vra manlief.

" Ek wil gaan kamp. Kom ons maak ‘n

paar vriende bymekaar dan gaan ons

Skuilkrans toe. Groot asseblief."

Skuilkrans is ń private plaas. Daar is nie

eintlik kampplek nie. Boere vroue en

kinders het daar geskuil in die Anglo

boereoorlog. Die eienaar van die plaas

het ook boeke geskryf oor die oorlog

en die omgewing. Manlief reël met die

eienaar, en hy stem in. Jippiieee! Geen

waens word saam gesleep nie, net tent

kamp. Almal stem in en Vrydag word

voertuie gepak. Vrydagaand om die

vuur word lekker stories uitgeruil en

almal is vroeggerig bed toe. Saterdag

oggend is ek eerste op en begin koffie

maak. Na lekker koffie en tuisgebakte

beskuit sing almal " geluk liewe

maatjie,". Ons besluit om teen die

koppie op te klim en kry ń ongelooflike

uitsig Villiers se kant toe. Toe die

manne begin honger raak, kies een

vriend ‘n kort paadjie af van die koppie

af. Tussen ‘n bos bome loop hy in ’n

botter spinnekop web vas, doen die

spider vastrap en draai vinnig om. Ons

het gelag en omtrent gedans tot terug

in di kamp. Die aand was die sterre so

naby, ek kon daaraan raak. Ons het tot

baie laat satteliete gesoek, gesels en

gekuier en baie gelag. Sondag oggend

was dit ontbyt en oppak. Dit was ń

onvergeetlike naweek saam met beste

vriende.



Ice Cold Anywhere!


Our Seatcovers are made using a synthetic fabric which is

incredibly tough, 100% waterproof and extremely

comfortable to sit on. A range of colours is available to suit

most modern design trends.

www.takla.co.za


2021 TOERDATUMS:

04/01/2021 – 10/01/2021

14/01/2021 – 20/01/2021

23/01/2021 – 29/01/2021

22/02/2021 – 28/02/2021

20/03/2021 – 26/03/2021

10/05/2021 – 16/05/2021

08/07/2021 – 14/07/2021

17/10/2021 – 23/10/2021

16/11/2021 – 22/11/2021

BOTSWANA KALAHARI PANNE TOER

-

17 AUGUSTUS – 23 AUGUSTUS 2020

31 AUGUSTUS – 6 SEPTEMBER 2020

You Tube VIDEO

Stoftrappers spesialiseer in 4x4 wildkamp toere.

Alhoewel ons nie natuurgidse is nie en beperkte kennis

van Fona en Flora in die Kalahari het, neem ons jou wel

na een van Afrika se ware wildernisgebiede.Die panne

wat ons besoek is almal wildkamp met geen geriewe nie;

almal ry die nodige water, kos en proviant saam.Hierdie

is ‘n gesinstoer en word daar genoeg tyd gemaak vir

kamp op en afslaan asook baie foto’s neem

Stoftrappers

verskaf:

Ervare 4x4 gids met

voertuig en diesel.

Alle kampfooie.

Alle transit fooie.

Konsessie fooie.

2-Rigting radio.

Vroegoggend Koffie &

beskuit.

Die eerste aand se braai

met potbrood.

Stoftrappers verskaf op

‘n alternatiewe aand

potbrood as bykos en

poeding.

ONE MORE POINT

R3 800.

HERE!

00 per

persoon (2020 prys)

R4 370.00 per

YOU HAVE ROOM

persoon (2021 prys)

FOR ANOTHER ONE

HERE!


Toerprogram as volg:

Ons ontmoet mekaar 14:00 in Sekoma waar ons volmaak met brandstof. Ons eerste wildkamp is op ‘n pan by

Sekoma. Hier gee Stoftrappers ‘n braai met Mari se bekende potbrood.

DAG 1. 203km SEKOMA – WILD KAMP

Ons vertrek vroeg na ons wild kamp.

DAG 2. 224km WILD KAMP 1 – KAA HEK

Ons vertrek vroeg na KAA hek. Fotograwe, ons kan nie wild vooraf bespreek nie, maar wees op die uitkyk vir

Gemsbokke, Springbokke en Volstruise. Middag ete is langs die pad.

DAG 3. 65km KAA HEK – KAA PAN

Voor ons vertrek na KAA pan, ry ons eers vandag in die Kgalagadi Transfrontier Park.

DAG 4. 30km KAA PAN - NAME PAN

Die tweespoor paadjie is ‘n goeie weerspieëling van die mooi in die Kalahari. Wees op die uitkyk vir Honey Badgers.

DAG 5. 185km NAME PAN - MASETLHENG PAN

Ons vertrek vroeg na Masetlheng pan. Ons ry deur Hukuntsi, waar ons brandstof, water en aankope by n supermark kan

doen. Wees op die uitkyk vir Arende, Springbokke, Jakkalse, Rooihartbeeste, Volstruise en Meerkatte.

DAG 6. 78km MASETHLENG PAN - BOSKAMP

Vroeë oggend wildsrit en ons verlaat Masethleng Pan ná ontbyt, ons Boskamp in die KD1 area. Ons stop gereëld vir

foto’s. Wees op die uitkyk vir pragtige versamelvoël neste.

DAG 7. 221km BOSKAMP - KANG

Ons vertrek vroegoggend na Kang. Ons ry deur die interessante dorpie Hukuntsi . Dis ons laaste aand saam en ons

neem afskeid van vriende.

Jou verantwoordelikheid:

Eie voertuig, brandstof en kamptoerusting.

Herwinningstoerusting en kompressor.

Voertuig moet herwinningspunte voor en agter hê.

Eie water, drinkgoed, peuselgoed en maaltye.

Aand se ete en verblyf in Kang. (Kan daar kamp of in ‘n kamer slaap.)

4 Groot sakke hout per voertuig of 6 klein sakke hout per voertuig.

Eie mediese voorraad.

Voertuig moet genoegsame brandstof dra vir 800km 4x4 diksand ry. Diesel voertuie word bereken op 4.5km/liter en

petrol teen 3km/liter.

Al die toere is boswa / sleepwa & familie vriendelik.



Kinder Klub

kamp

karavaan

tent

braai

swembad

lekker

gras

hardloop

vakansie

familie

speel

Gebruik die eerste letter van elke prent om die geheime boodskap te ontsyfer

__________________________________________________________. _______________________ ---------------- -------------------------------------------


Top 10

Travel & Holiday

Guides


KOOP


Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!