15.04.2020 Views

kamp is Lekker tydskrif Mei 2020

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Ons het die maand gaan kuier by Seweweekspoort in die Karoo en in die Namib woestyn met 'n Karavaan

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Ons het die maand gaan kuier by Seweweekspoort in die Karoo en in die Namib woestyn met 'n Karavaan

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Na ‘n goeie nag se rus, is dit weer die ketel

wat fluit, met ‘n vars koppie koffie om die dag

af te skop. Ons maak n klein ontbyt en val

weer in die pad; vandag is dit die

Swartbergpas wat voorlê. Ons is terug op die

N1 rigting Prince Albert toe vir ‘n vinnige

koffie by goeie vriende; dis hier waar die

Swartbergpas begin.

Die Swartbergpas is ‘n moet vir enige

avoontuurlustige. Die pas is sowat 27km lank

en destyds gebou deur Thomas Bain, met die

hulp van ongeveer 250 krygsgevangenes

vanaf 1881 tot 1888. Daar is verskeie

uitkykpunte wat die mooiste uitsigte

waarborg. Ons het so ongeveer ‘n uur gery

totdat ons die einde van die pas bereik het.

Eventueel kom ons weer op die R62 net voor

Calitzdorp, waar ons stop vir ‘n ligte

middagete.

Terug deur die Seweweekspoort (vir ‘n 3de

keer) bly dit steeds aanskoulik. Ons stop kortkort

vir mooi fotos. Vir enige entoesiastiese

fotograaf, bied die karoo vele fotogeleenthede

van windpompe tot bouvalle tot

landskappe , nie eers te praat van die

ongelooflike sterre nie, die opsies is

eindeloos!

Vir ons laaste aand maak ek ‘n lekker

hoenderpastei (braai “pie”) saam met

soetpatat-skyfies. Wat kan dan nou lekkerder

wees as om onder die doringbome om ‘n

kampvuur te sit? Dis ‘n hartseersaak om te

dink dat ons die volgende dag moet oppak om

terug te keer huis toe.

As jy stilte en afsondering van die samelewing

soek, is Porcupine (terselfde tyd sentraal

genoeg vir ontdekking) net die regte plek.

Vir my, word die Klein Karoo perfek

uitgebeeld in Theuns en Juanita se liedjie:

“Ken jy die pad na ‘n plek wat n merk in jou

hart los? Ken jy die spore van saamwees deur

die droë Karoo?”

Danksy die volgende produkte, verseker dit ‘n gemaklike en gerieflike kamp, elke keer:

Snomaster yskas, National Luna battery-stelsel, Frontrunner “roofrack” met bykomstighede, Campmor tent

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!