Kamp is Lekker Tydskrif Februarie 2020

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Ons het die maand gaan kuier by Bosfontein Baie meer as net klein plasie by Bela Bela. Ons besoek die karoo in die Wes Kaap. Toer saan deer die Kalahari Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Ons het die maand gaan kuier by Bosfontein Baie meer as net klein plasie by Bela Bela. Ons besoek die karoo in die Wes Kaap. Toer saan deer die Kalahari

02.02.2020 Views

`n Paar dinge om te doen: Suidelike Afrika en veral die Karoo, Sederberge en Richtersveld is alom bekend vir San-rotskuns. (Boesmantekeninge is dalk nie meer so polities korrek nie, maar dis soos dit in die volksmond bekend staan.) Middelberg is nie `n uitsondering nie. Jy sal hulle hier kry! Omdat ek bedag is daarop om daarvoor op te let soos ek stap, was ek gelukkig om op van die rotskuns af te kom. Ek was aangenaam verras! Neem `n waterbottel of drie saam, pak `n rugsak, en gaan soek daarvoor. Dalk is jy ook gelukkig! (Ek gaan nie te veel verklap van waar dit alles is nie, want jy sal verbaas wees om te sien hoe naby jy aan die kampplek van díe tekeninge te siene sal kry.) Reël met Heinn dat jy deurstap na die buurman se grond, en gaan soek daar tussen die klippe in die rante. Wees baie bedagsaam, want dit lyk soms meer na ligene en rotsmos, as kuns… Die hekkie is skuins agter die ablusieblok. Stap deur en gaan op `n soektog die berg-in. Onthou asseblief dat ALLE rotskuns beskou word as wêreld erfenis, en jy mag onder geen omstandighede daaraan raak of dit beskadig nie. (Ons praat van reusagtige boetes, en jy kan dalk jou voertuig ook kwyt wees as dit gekonfiskeer word! Om rotskuns te beskadig is erger as om kreef of diamante te smokkel…) Neem foto’s, en laat nét jou voetspore agter! Om te gaan stap het jy drie opsies: 1. Gaan stap op die plaaspaaie. Dis maklik, en jy kan vir kilometers gaan stap, sonder om enige ander siel te sien of hoor! 2. Stap in die kloof-af (of op). Dis maklik om die 4x4-roete te volg langs die kloof-af en dan in te draai kloof se kant toe en in die rivierloop op te stap. Die kloof self is nie `n maklike stap nie, en neem kennis dat kleiner kinders sal sukkel. Dit kos soms klim-en-klouter, en dis betreklik ver! Neem genoeg water saam, en sorg vir snoepgoed. Hou genoeg tyd opsy om nie te jaag nie, en hou jou oë oop vir klipspringers, dassies en kleiner wild. Voëls hou ook daarvan om langs die kranse te hou. En onthou, jy stap in die wildernis! Daar mag slange en skerpioene wees! Jy is in hulle plek! 3. As jy op die buurman se grond die berg-in wil gaan stap, moet jy net eers met Heinn bevestig. By die hekkie-uit hou jy links op die tweespoorpad. (Dit was vroeër die Hexrivier 4x4-roete). Die pad draai dan berg-in en teen die kop uit. Die roete is om die minste te sê asemrowend, want hoe hoër jy vorder, hoe beter raak die Karoovista’s! (LW: Geen 4x4 voertuie!) Neem weereens genoég water saam, want dis ook `n vermoeiende roete met die opgaan, maar elke treë werd! As jy bo-op die berg kom, kan jy die plaas van bo-af bekyk! Stunning! Die rotsformasies is betowerend… (en hou steeds jou oë oop vir rotskuns.) Dis `n bergfietsparadys! Sorg dat jou bande genoeg “sludge” in het, en/of jy het regmaakgoed byderhand, sit jou rugsak met water en peuselgoed (en dalk `n spaar buiteband) in, en durf die pad aan! Jou tong sal uithang van genoeg ry! Daar is ver en baie paaie om te verken. Weereens, is dit nie bedoel vir die hele gesin nie. Dis plaas- tweespoorpaaie waarop jy ry, en dis soms lekker tegnies. Pa en ouboet kan gaan longe toets, maar kleinsus moet eerder tuis wag… 4x4 is in! Jy mag so veel as wat jy wil die paaie met die ryding gaan probeer, en dan kan kleinsus voor sit! Dis uitsluitlik 4x4! Moenie met `n gewone bakkie die plaaspaaie aandurf nie! Jy kan in die moeilikheid beland met `n glyery, en daar is nie selfoonopvangs nie, óf Heinn en Carin kan dalk nie op die plaas wees om te kom help nie. Kyk ook mooi na die kaart, en volg die roetes soos dit hierop aangedui word. Daar is kleurkodes om te help met die aanwysings. Gekleurde klipstapels wys jou waar jy is. En hou groot asseblief op die pad! Moenie jou veldnutsvoetuig in die veld gaan toets nie – al dink jy hy kán daar ry! (Dis bloot net onbeskof om op `n boer se grond nie op sy paaie te hou nie!)

Bring al jou “gunne” en kanonne saam! Heinn het `n veilige 800m gong-skietbaan wat jy mag gebruik om jou skietgoed te toets, in te skiet, of sommer net te geniet! Handwapens, en jaggewere of haelgewere is ewe welkom – natuurlik alles wettig en gelisensieër! Bring jou eie ammunisie, en kom skiet jou frustrasies uit op die gonge! Lekker man, lekker! Bevestig net vooraf met Heinn as jy wil gaan skiet, sodat almal bewus kan wees daarvan. Dit gaan maar net oor veiligheid op die plaas! Carin het perde, en sy ry graag, en gereeld. Teen ekstra tariewe en met spesiale vergunning – en afhangende van jou perdryvaardighede – kan jy met haar reël vir `n saamrygeleentheid. Die perde is mak, het natuurlik elkeen `n naam, en dis heerlik om sommer rustig vir `n uur of wat in `n rigting in te gaan perdry saam met haar. Vra gerus vir haar hoe dit werk. Daar is `n paar zebra’s, blouwildebeeste, elande en (heelwat) ribbokke op die plaas. Dis nie `n offisiële wildplaas nie, maar hulle het wild sommer vir “eie gebruik” en of om te besigtig. Gaan soek maar self waar hulle aan die wei is. Jy sal hulle kry – iewers op die plaas. Hou jou oë oop vir klipspringers, en die ribbokke, want hulle is heel wild, en menssku. Sterrekyk, en fotografie? `n Fotograaf se droom. Ek het op hierdie plaas al van my lekkerste foto’s van my loopbaan geneem! Bring jou kamera, en kom neem sterre af, of staan voor die son op en gaan wag vir die eerste strale op `n mooi plekkie tussen die klipformasies iewers op die plaas! Met donkermaan is dit lekker om romanties na die melkweg te lê en staar! As jy gelukkig is, kan jy nog `n mooi kiekie ook daarvan saamneem huistoe! Die Karoo in sy eenvoud sal jou verbaas oor die skoonheid wat jy kan vasvang met die lens. Met `n bietjie geduld, en so bietjie “commitment” om voor die son uit te wees, sal jy beloon word! Bo: Die populierbos en die kampplek van `n rapsie hoër gesien. Onder: Die son en die maan, en die sterre…! As jy betyds op is vir die eerste sonstrale, of bietjie later lê en wag vir die sterre, kan jy beloon word… Die melkweg hou wag oor Middelberg!

Bring al jou “gunne” en kanonne saam! Heinn het `n

veilige 800m gong-skietbaan wat jy mag gebruik om jou

skietgoed te toets, in te skiet, of sommer net te geniet!

Handwapens, en jaggewere of haelgewere is ewe

welkom – natuurlik alles wettig en gelisensieër! Bring

jou eie ammunisie, en kom skiet jou frustrasies uit op

die gonge! Lekker man, lekker! Bevestig net vooraf met

Heinn as jy wil gaan skiet, sodat almal bewus kan wees

daarvan. Dit gaan maar net oor veiligheid op die plaas!

Carin het perde, en sy ry graag, en gereeld. Teen ekstra

tariewe en met spesiale vergunning – en afhangende

van jou perdryvaardighede – kan jy met haar reël vir `n

saamrygeleentheid. Die perde is mak, het natuurlik

elkeen `n naam, en dis heerlik om sommer rustig vir `n

uur of wat in `n rigting in te gaan perdry saam met haar.

Vra gerus vir haar hoe dit werk.

Daar is `n paar zebra’s, blouwildebeeste, elande en

(heelwat) ribbokke op die plaas. Dis nie `n offisiële

wildplaas nie, maar hulle het wild sommer vir “eie

gebruik” en of om te besigtig. Gaan soek maar self waar

hulle aan die wei is. Jy sal hulle kry – iewers op die plaas.

Hou jou oë oop vir klipspringers, en die ribbokke, want

hulle is heel wild, en menssku.

Sterrekyk, en fotografie? `n Fotograaf se droom. Ek het

op hierdie plaas al van my lekkerste foto’s van my

loopbaan geneem! Bring jou kamera, en kom neem

sterre af, of staan voor die son op en gaan wag vir die

eerste strale op `n mooi plekkie tussen die

klipformasies iewers op die plaas! Met donkermaan is

dit lekker om romanties na die melkweg te lê en staar!

As jy gelukkig is, kan jy nog `n mooi kiekie ook daarvan

saamneem huistoe! Die Karoo in sy eenvoud sal jou

verbaas oor die skoonheid wat jy kan vasvang met die

lens. Met `n bietjie geduld, en so bietjie “commitment”

om voor die son uit te wees, sal jy beloon word!

Bo: Die populierbos en die kampplek van `n rapsie hoër gesien.

Onder: Die son en die maan, en die sterre…! As jy betyds op is

vir die eerste sonstrale, of bietjie later lê en wag vir die sterre,

kan jy beloon word… Die melkweg hou wag oor Middelberg!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!