07.09.2019 Views

KAMP IS LEKKER September 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Camp is Lekker is a comfortable camp magazine with the best camp stories, most beautiful photos camping tips from campers in South Africa. This is where stories are built.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Camp is Lekker is a comfortable camp magazine with the best camp stories, most beautiful photos camping tips from campers in South Africa. This is where stories are built.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

By die Tropic of Capricon word

daar eers gestop vir die nodige kiekie of 3 voor

ons verder aanstoot.

Terug by ons kamp is daar nie baie tyd

om rond te kerjakker nie, want almal is opsoek

na ʼn langbroek en netjiese hemp (wat nie ʼn

khaki mag wees nie) want vanaand gaan ons

die braaivleisvuur & vuil

Coke’s verruil vir ietsie

meer elegant en

spesiaal by Sossusvlei

Lodge. Met die dat

Mariette later die jaar

haar 40ste verjaarsdag

sou vier het sy besluit

hoekom wag tot dan.

Sossusvlei Lodge se

buffet is wyd en suid

bekend en gaste van

orals oor die wêreld

kom besoek hierdie

stukkie juweel. ʼn

Ongelooflike ervaring

en bly dat ons hierdie

spesiale geleentheid

saam met Mariette en

haar familie kon geniet

het.

Bo: Smile mooi vir die kamera…!

By die Tropic of Capricorn

(Steenbokskeerkring)

Uiteindelik by Solitaire en die koue biere

waarna ons die laaste halfuur al uitgesien het,

moet eers wag want my linkervoorband het ʼn

tweestryd met ʼn klip verloor.

Dit is seker nie die regte medium hier om

my eie naam met ʼn plank te voeter nie, maar

na ʼn halfuur se verdomde gesukkel met ʼn Hi-

Lift Jack is die voorwiel uiteindelik geruil, te

danke aan Q20. As jy al met ʼn Hi-Lift Jack

gewerk het, sal jy weet waarvan ek praat.

Die blêrry jack was gou vergete toe die

eerste koue draft die keel af is. Na ʼn paar koue

verversings draai ons die neuse links op die

C19 en +/- 90km later ry ons Sossus

Oasis kampterrein binne. Kamp word op

geslaan, ʼn vinnige bier was die stof uit die keel

en dan is ons na die Sesriem Nedersetting om

die bekende Sesriem Canyon te gaan besoek.

Op ʼn ligter noot en iets wat ek altyd sal

onthou: Met diè dat ons al ons rommel moes

saamry tydens ons duine trip moes alle

blikkies bier & koeldranke plat getrap word om

sodoende spasie beter te benut in my asdrom

sak wat agter een van die spaarwiele gehang

het. Dus is die kinders so gewoond om hul

koeldrank blikkies plat te trap dat toe hulle

klaar is met hul koeldranke in hierdie netjiese

plek, gevul met oorsese gaste, toe word die

blikkies mooi oulik op die grond geplaas en

dan word daar baie tegnies en aandagtig raad

gegee om elk van hierdie blikkies so klein as

moontlik plat te trap. Alles speel soos in slowmotion

voor my af en voor ek kan keer word

blikkie op blikkie deur elke kind plat getrap –

ten aanskoue van geskokte gaste.. Hahaha!

Gou word daar verduidelik dat dit nie meer

nodig is om blikkies te verwoes nie, want hier

is nou geriewe waar dit weggegooi kan word.

Die volgende oggend (dag 19 van

ons toer) word die bekende Sossusvlei (soms

ook bekend as die Dooievlei) besoek. Hierdie

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!