07.09.2019 Views

KAMP IS LEKKER September 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Camp is Lekker is a comfortable camp magazine with the best camp stories, most beautiful photos camping tips from campers in South Africa. This is where stories are built.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Camp is Lekker is a comfortable camp magazine with the best camp stories, most beautiful photos camping tips from campers in South Africa. This is where stories are built.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

“Die 3de en laaste

been/week van ons

Namibië toer het

aangebreek en dit was

tyd om weer na die

Suide van hierdie

ongelooflike land te

beweeg.”

Ons manne het nog so bietjie “sandduin

ry” jukkerigheid in ons gehad en besluit dis tyd

dat die jongspan bietjie eerstehands die

gevoel kry hoe dit voel as jy ʼn duin storm met

alles wat jy het. Wel nou nie met pa se 4×4 nie,

maar liewers met ʼn gehuurde quadbike. As jy

Swakopmund besoek is ʼn avontuur na die

duine (enige iets van quadbike ry, fatbike ry,

afgly by duine, skidive, kameel ry…) ʼn moet.

Na die duine moes die sand natuurlik

eers uit gespoel word met ʼn koue bier of 4 en

die ideale watergat vir so ʼn taak is natuurlik die

bekende Swakopmund Brauhaus.

Dinsdagoggend, 2 Julie, word daar

afskeid van Paul,

Munnik & Streicher

geneem, wat oppad is

plaas toe naby Outjo.

Die res van ons is terug

na Walvisbaai waar ons

links draai op die C14 op

pad Sesriem toe waar

ons die aand sou kamp

by Sossus Oasis (dag 18

van ons toer).

Links: As jy Swakopmund

besoek is ʼn avontuur na die

duine (enige iets van quadbike

ry, fatbike ry, afgly by duine,

skidive, kameel ry…) ʼn moet.

Voor ons hierdie weeklange tog huis toe

aanpak kuier ons vir 2 dae (dag 16 & 17 van

ons toer) by Marina-hulle se strandhuis in

Swakopmund. Die tyd was gebruik om alles

weer skoon te kry (voertuie en klere), en so

ook die nodige proviand aan te koop. Lanklaas

die arme kinders so sien blink!

Marina se reis het ongelukkig tot ʼn einde

gekom en sy moes weer terug by die werk

wees.

Terwyl Paul vir Marina lughawe toe neem is

die vrouens die dorp in op hulle eie missie.

Die pad is aanvanklik goed en ons vorder

vinnig. Die Country raas oor die radio en die

kinders is doenig met hul eie gedagtes – dus

ʼn perfekte atmosfeer in die ou 80 Series.

By die kort draaitjies in die Khomas

area kry ons amper elke 10min ʼn huurvoertuig

wat verby ons vlieg. Net wanneer jy dink dit is

seker die laaste van hulle, dan kom daar nog

een gly-gly om die draai. Om alles te kroon

raak die pad ook so sleg dat ons letterlik

amper uitmekaar skud.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!